Sondag 19 Augustus 2001
Inhoudsopgawe
Ras en intelligensie: die argument vir ‘n korrelasie
Agtergrond by swart Amerikaanse aandrang op vergoeding vir slawerny
Kopiereg voorbehou op die inhoud.
KRYT verskyn weekliks. Telnr. 011 325 0817. Faks 011 325 0819. E-pos: inlig@praag.org.
Redakteur: Dan Roodt. Grafiese versorging: Karin Roodt. Administrasie: Monya Crause. Medewerker by hierdie uitgawe: Harold Owen.
Ras en
rassisme
Die polarisering wat
in Suid-Afrika gepaardgaan met die owerheid se gehamer op rassekwessies moet nie
onderskat word nie. Die
aankondiging van Minister Penuell Maduna dat daar “rassehowe” ingestel gaan
word, is onses insiens ‘n onheilspellende ontwikkeling.
“Rassisme” is op
sy beste ‘n subjektiewe begrip. In
‘n multi-kulturele land soos Suid-Afrika is mense reeds eeue lank besig om
mekaar te stereotipeer en soms uit te skel.
Solank as wat dit nie lei tot konflik of geweld nie, hoef dit nie gesien
toe word as ‘n patologiese geneigdheid wat deur prosesse van ideologiese
suiwering behandel moet word nie. Waar
mense oortredings begaan soos aanrandings, verkragtings en moord, bestaan die
nodige wetgewing reeds om die skuldiges te straf. Die manier waarop rassisme, wat niemand verlede jaar by die
nasionale konferensie daarteen te Sandton kon definieer nie, nou verhef word tot
‘n spesiale euwel wat met wortel en tak uitgeroei word, wek die kommer dat die
soort klimaat wat in die ou Sowjet-Unie gegeld het jeens “vyande van die
staat”, enersyds, of “kommuniste” tydens die McCarthy-era in Amerika,
andersyds, kan ontstaan. ‘n
Rassismehof gaan moeilik objektiewe uitsprake kan lewer te midde van ‘n
klimaat van suspisie jeens blankes en veral Afrikaners.
Die manier waarop rassisme gedefinieer word as uitsluitlik ‘n “blanke
siekte”, terwyl antipatie van swartmense teenoor blankes blykbaar hieraan
ontkom, skep ‘n verdere probleem.
Verhore waar
rassekwessies ter sprake kom met oorbeklemtoning deur die media, veral die
staatsbeheerde media wat regstreeks onder politieke beheer staan, kan die proses
van polarisering wat reeds in Suid-Afrika aan die gang is, net verder aanhelp.
Watter voordele daar
ook al aan verbonde kan wees om die bevolking te suiwer van rassistiese ideë en
gevoelens, kan nie vergoed vir die groot risiko’s wat aan etniese polarisering
verbonde is nie.
Vir wat dit werd is,
plaas ons in hierdie uitgawe ‘n repliek op die stuk deur Norman Bernard in
‘n vorige uitgawe wat verder ingaan op die rassedebat, geskryf deur Harold
Owen.
Let wel:
beide mnr. Bernard en
mnr. Owen se artikels word geplaas
in die belang van debatvoering oor hierdie uiters omstrede kwessie. Nòg die redaksie van KRYT, nòg PRAAG neem enige standpunt
in in dié debat.
*
Assimilasie en die regte van minderhede
Geruime tyd reeds is
daar ‘n kommerwekkende dissonansie in Suid-Afrika rondom die oorgang na
meerderheidsregering. Tydens die
aanvanklike euforie ná 1994 is dit aangebied as sou daar ‘n skikking
plaasgevind waaraan alle partye deelgeneem het, en wat ‘n demokratiese bestel
sou geskep het waarin elkeen se regte beskerming sou geniet.
Veral onder die Mandela-regering het die skikkingsgedagte oorheers,
hoewel daar steeds in die agtergrond die retoriek van bevryding en “oorwinning
oor die vyand” weerklink het.
Tans onder die
Mbeki-bewind wil dit voorkom asof die skikkingsgedagte geheel en al vergete
geraak het, en “oorwinning ná die lang stryd” voer die botoon.
In hierdie opsig word dit by die dag duideliker dat daar ‘n verskil in
regte en aansprake tussen die oorwinnaars en die oorwonnenes bestaan.
Die huidige onderwysplan en nuwe kurrikulum van Minister Kader Asmal maak
voorsiening daarvoor dat ‘n « nuwe identiteit » via die skole
geskep moet word sodat oorwonne etniese minderhede soos byvoorbeeld Afrikaners
geassimileer kan word. Dit word nie
in soveel woorde gestel nie, maar by ‘n sorgvuldige lees van die nuwe
onderwyskurrikulum is dit waarop dit neerkom.
Tydens die opbloei van Europese nasionalisme in die negentiende eeu het
groter etniese groepe wat kleineres militêr verslaan het, hulself dikwels die
reg opgeëis om laasgenoemde via agressiewe taalimperialisme en staatsmag te
assimileer ten einde hul eie groep groter te maak.
Dit wat in Suid-Afrika geïmpliseer word met die eufemisme
“inklusiwiteit” kom op dieselfde neer.
Desnieteenstaande is
die wêreld nie meer in die negentiende eeu nie. Die “reg van verowering” geld, veral ná die
Hitler-episode, kwalik meer, en daarom maak die SA regering ‘n fout as hy dink
dat die “oorwinning” aan hom regte gee om Afrikaners te assimileer.
Elders op die PRAAG-webwerf, publiseer ons die Europese Protokol oor
Regte van Minderhede waarin dit duidelik gestel word dat geen meerderheid
homself die reg tot assimilasie kan opeis nie.
Dit is klinkklaar dat die reg om Afrikaans te praat, om Afrikaanse skole en universiteite te bedryf, asook dié van Afrikaners om onbeperk tot die arbeidsmark te mag toetree, nie sonder ‘n stryd gaan geskied nie. Terwyl groot dele van die ou Afrikaner-establishment steeds hierdie stryd probeer vermy deur die publiek te paai met eulogieë aan ons de jure-regte onder die huidige grondwet, stel meer en meer mense belang in die de facto-situasie wat een van toenemende oorheersing en pogings tot assimilasie is.
* * *
Nou die dag verneem
Kameraad Castor dat daar by een Afrikaanse kampus sprake daarvan is dat die
persentasie MIV-positiewe studente iets soos 40% is, en wel onder blanke
Afrikaners. Die mite dat VIGS net
‘n « swart siekte » is, word hiermee finaal die nek ingeslaan.
By al die ander probleme wat Afrikaners in die gesig staar, soos ‘n lae
bevolkingsgroei en emigrasie, kan VIGS ook gevoeg word as iets wat die
minderheid nog minder gaan maak. Hoe gouer daar ‘n spesiale bewustheid oor VIGS onder
Afrikaners kom, hoe beter.
*
*
*
“Witmense
is nie mense nie”, aldus mnr. Joseph Msika, Vise-President van Zimbabwe.
Kameraad Castor wonder of hierdie
siening wat deur sommige radikale afrosentriste ondersteun word, ook een of
ander tyd gaan opgang maak in Suid-Afrika.
Een verklaring wat op die Internet te siene is deur ‘n Amerikaanse
groep beweer dat blankes “ysmense” is wat deur paring met ape ontstaan het.
Hul onmenslikheid is ook te wyte aan ‘n gebrek aan melanien.
Klink omtrent so samehangend soos ons presidensiële vigsteorie.
*
Karl Marx het gesê dat “godsdiens die opium van die volk is”. Duidelik het hy nie Afrikaners in gedagte gehad nie, want hulle opium is rugby en bier. Week na week staar hulle gefikseerd na hulle televisieskerms met die bierkannetjies in die hand, en in die week daarna word in die pers en op kantoor lykskouing gehou oor die uitslag. Dít, terwyl hulle taal, hul identiteit en hul hele toekoms in die spel is oral waar die owerheid vergader, en hulle daagliks in hul huise aangeval word. Vroeër jare was daar altyd bordjies buite op die hekke met die woorde “Pasop vir die hond”. ‘n Meer gepaste inskripsie deesdae buite Afrikanerwonings sou wees: “Vat maar alles, los net die bier en die TV met M-Net-dekodeerder.”
* * *
deur Harold
Owen
In antwoord op
mnr. Norman Bernard se stelling (in Die korrelering van
ras en intelligensie) dat korrelasie tussen ras en intelligensie op
‘n drogredenasie berus, glo ek nie dat hy die probleem met die nodige diepgang
en sonder vooroordeel benader het nie.
Enkele jare gelede
reeds het ‘n mens by die lees van The Bell Curve deur Hernstein en
Murray daarvan bewus geraak dat die verskil in gemiddelde IK tussen swart en wit
ongeveer een standaardafwyking verteenwoordig. Terwyl die gemiddelde blanke IK 100 is, met bo-gemiddelde en
onder-gemiddelde individue rondom die gemiddeld versprei in ‘n sogenaamde
lognormale verspreiding of “klokvorm”, is die gemiddelde IK vir swart
Amerikaners 85. Nou moet ons egter
onthou dat swart Amerikaners dikwels ook van gemengde afkoms is, na aanleiding
van die “one drop rule” wat tydens slawerny gegeld het.
Die vergelykbare gemiddeld vir Afrikane suid van die Sahara is nie 85
nie, maar 75.
Uiteraard is hierdie
‘n gelade en omstrede onderwerp. Die
skrywers van The Bell Curve vergelyk die bespreking van rasverskille in
ons tyd met dié van seks tydens die Victoriaanse era. Daar heers ‘n groot taboe op diskussie aangaande
rasverskille in byvoorbeeld intelligensie, wat veronderstel is om die saak van
gelykheid te dien. Mnr. Bernard is
self iemand wat die a priori van rasgelykheid ondersteun, want soos hy sê,
“En nou uiteindelik, na die hart van die
saak. Wat daarvan, hiernatoe of
daarnatoe? Mense is wie hulle is, en niks kan ons onthef van ons
verantwoordelikheid om hulle te aanvaar soos ons hulle vind en hul aan te
moedig of te tugtig alleenlik op die grondslag van hul individuele meriete
nie. Buitendien sou ‘n mens mense alleenlik kon beoordeel volgens 'n
gemene
deler of as gevalle binne 'n kategorie soos "ras" indien jy aannames
sou
maak wat beide onsamehangend en aanstootlik is. Pas wanneer dit eers besef
is en die resultate van die soort vrae wat ons hier in oënskou geneem het as
irrelevant beskou word, sal geen sosiale gevolge van enige aard bedink word
as uitvloeisel daarvan nie.”
Dit klink asof mnr. Bernard hiermee sou wou sê dat die bevinding dat verskillende rasse nie gemiddeld oor dieselfde kognitiewe vaardigheid of intelligensie sou beskik nie, noodwendig een of ander “finale oplossing” vir die minder intelligentes sou oproep. Dus, sodra ons erken dat rasse nie eenders en in alle opsigte gelyk is sover dit hul eienskappe, hetsy fisiek of intellektueel, betref nie, verander ons noodwendig in nazi’s wat die “laer rasse” sou wou uitwis. Die oordeel oor wat ‘n laer of ‘n hoër ras sou verteenwoordig, laat ek geheel en al buite bespreking, aangesien ek dit soortgelyk aan mnr. Bernard ‘n aanstootlike tipering sou vind. Dit impliseer ook ‘n waardeoordeel waartoe ek my nie aangetrokke voel om te vel nie. In elk geval is daar radikale Afrosentriste wat beweer dat witmense se aangetrokkenheid tot logika en intellektuele spekulasie van hulle gevoellose “ysmense” maak sonder menslikheid wat deur swart “krygers” uitgewis behoort te word. ‘n Lid van die Zimbabwiese regering het onlangs gesê dat “witmense nie mense is nie”. Vanuit ‘n sekere gesigspunt kan ‘n hoër gemiddelde intelligensie van een ras ook as ‘n negatiewe eienskap gesien word wat dieselfde soort volksmoordreaksie oproep as wat gewoonlik gekoppel word aan enige siening wat laer intelligensie by mense van swart Afrika-afkoms bespeur.
Mnr. Bernard behoort ook die volgende te oorweeg: in Suid-Afrika volg daar geweldige sosiale gevolge van die, myns insiens ongetoetsde, aanname dat rasgelykheid bestaan in kognitiewe vermoë. Neem byvoorbeeld ons onderwysstelsel. Tot en met 1994 is aanstellings gemaak en vergoeding betaal aan onderwysers streng in terme van akademiese kwalifikasie. Afgesien daarvan dat almal dit as regverdig ervaar het, het dit boonop die gelukkige newe-effek gehad dat dit onderwysers aangespoor het om ook nagraadse kwalifikasies te verwerf. Baie van ons het die voorreg gehad om onderwysers met Meestersgrade te hê, en skoolhoofde met doktorsgrade. Sedert Minister Sibusiso Bengu die stelsel radikaal verander (sommige sou sê ontwrig) het, is aanstelling, bevordering, ens. geensins meer gekoppel aan kwalifikasie of selfs aan ondervinding nie. Die persoon wat tans tweede in bevel is van die Gautengse Onderwysdepartement beskik oor ‘n Standerd Agt-sertifikaat met twee jaar ondervinding. Uiteraard is hierdie persoon swart. Moontlik het sy die vermoë om eendag miskien vir ‘n doktorsgraad te kwalifiseer, moontlik nie. In elk geval het sy tot dusver nog geen blyk daarvan gelewer nie, en is bloot aangestel op grond van “regstellende aksie” wat bedoel is om sosiale rassegelykheid op kunsmatige wyse te bevorder.
Die gedagte wat ‘n mens by mnr. Bernard wil tuisbring, is die volgende: die aanname van gelyke intellektuele vermoëns by mense van verskillende rasse mag dalk ewe of meer negatiewe gevolge hê as die teenoorgestelde, veral as dit met fanatisme en ongeag die gevolge vir die stelsel gevoer word. Die gedagte dat mense van ‘n lae gemiddelde intelligensie hul lewens met hul baie kinders in plakkershutte moet slyt, is sekerlik verskriklik, maar is die idee dat begaafde individue met die intellektuele vermoëns om dalk ons wêreld te verryk met hul skeppinge, denke en bydraes, uitgesluit moet word bloot op grond van hul ras, nie selfs aakliger nie? Op ‘n manier is dit reeds besig om in Suid-Afrika te gebeur, want blanke studente met goeie punte wat vir alle praktiese doeleindes blyke toon van intelligensie en die vermoë om die kursus te slaag, word weggewys van universiteite ter wille van oënskynlik minder goed bedeelde swartmense in terme van heersende rassekwotas.
Dit is moeilik om te verstaan waarom The Bell Curve soveel omstredenheid in die VSA veroorsaak het. Dit bevat slegs een hoofstuk oor rasverskille in IK, en die res is ‘n nogal interessante en oortuigende argument wat wil beweer dat IK, of abstrakte intelligensie of dan net daardie kwaliteit wat sommige mense “slimmer” as ander maak, wel gekorreleer is met sosiale gedrag soos geneigdheid tot misdaad, geweld, tienerswangerskappe, ens. Volgens hulle is intelligente mense selfs meer produktief as minder intelligentes, wat intuïtief sin maak aangesien hulle waarskynlik probleme vinniger kan oplos as hul minder begaafde eweknieë.
Geweldsmisdaad in Suid-Afrika tussen blank en swart korreleer insgelyks met intelligensie. Sekere navorsers aan SA universiteite het reeds oor baie jare bevind dat swartmense gewoonlik laag toets op IK, en dat slegs ‘n baie klein groepie hieraan ontkom, wat heeltemal in pas is met die idee van ‘n normaalverspreiding een standaardafwyking laer as die blanke een. Hierdie soort navorsing word natuurlik nie aan die groot klok gehang nie, maar Rushton siteer een toets wat redelik onlangs aan die Universiteit van die Witwatersrand gedoen is waarin bevind is dat swart eerstejaars ‘n gemiddelde IK van 84 gehad het teenoor die 100 van die blankes.
Diegene wat die a priori van rasgelykheid verdedig, sou as teenargument aanvoer dat enige swart persoon in Suid-Afrika noodwendig “ontneem” is van opleiding, sielkundig beskadig deur apartheid, en onder ander omstandighede dieselfde kognitiewe vaardigheid as sy blanke eweknie sou gehad het. Natuurlik is sommige swartmense ewe kognitief vaardig as blankes, maar in terme van die verspreidingsargument is hulle ver in die minderheid. Interessant is dat slegs 4 000 swart kinders jaarliks matriekwiskunde op die hoër graad slaag, terwyl die vergelykbare syfer vir blankes wat uit ‘n veel kleiner bevolking kom, iets soos 38 000 is. Die feit dat onderwysers in die oorwegend swart skole dikwels ondergekwalifiseer en swak is, verduidelik slegs ‘n gedeelte van hierdie groot verskil in prestasie; dit mag ook wees dat hierdie onderwysers bloot die gemiddelde IK en vermoëns van hul groep weerspieël.
Bogaande opmerkings is bloot bedoel om aan te toon dat die aanname van rasgelykheid sover dit IK en intellektuele vermoëns betref, enorme sosiale implikasies het want dit leen hom tot grootskaalse “social engineering” via regstellende aksie, diskriminasie teen blankes, die verwoesting van ‘n land se intellektuele kapitaal, alles in die naam van gelykheid. Die gedagte dat ‘n revolusie om rasgelykheid te bewerkstellig soos wat in SA aan die gang is, ten minste ewe verwoestend kan wees as een wat klasgelykheid wil instel soos in Stalin se Rusland of Mao se Sjina, is nie so vergesog nie.
Anders as wat voorstanders van gelykheid sou wou voorgee, is diegene wat getuienis van rasverskille sien, geen kranksinnige verregses nie, of ten minste kom hulle nie so oor in hul geskrifte nie. Rushton, die skrywer van Race, Evolution and Behavior, sowel as Levin, die outeur van Why Race Matters, verantwoord al hul stellings en is dikwels baie versigtig in hul gevolgtrekkings. Hierteenoor vind ek die voorstanders van rasgelykheid soos Gould en Jarred Diamond onverdraagsaam teenoor hul opponente, dikwels erg spekulatief, en vermeng hulle dikwels wetenskap met moralisme of taboe. Die feit dat iemand soos Michael Levin, ‘n professor in filosofie aan die Stadsuniversiteit van New York met ‘n ooglopend Joodse van, dit gewaag het om ‘n besliste stelling in te neem téén rasgelykheid sover dit intellektuele vermoëns betref, sê iets aangaande die stand van die debat wat besig is om buite nagtelike samekomste van die Ku Klux Klan te beweeg en nader aan die hoofstroom van intellektuele debat in die Weste.
Net soos wat dr. Barney Pityana mag beweer dat Suid-Afrika die land is wat vir die res van die wêreld “onderwyser kan speel” sover dit rassisme betref vanweë apartheid, so mag dit wees dat ons uitrafelende maatskaplike stelsel onder dwang van ‘n aggressiewe poging om rasgelykheid te bewerkstellig, die doodskoot mag verteenwoordig vir die polities-korrekte taboes oor rasverskille.
Laat my nou antwoord op enkele van mnr. Bernard se besware, met verwysing na die literatuur oor die onderwerp.
Die argument dat navorsing oor rasverskille noodwendig lei tot gevaarlike sosiale beleid, kastrasie van lae IK-gevalle, selfs volksmoord, gaan nie op nie. Soos wat Levin opmerk, het die fisika vir ons die atoombom gegee, maar dit het nie die fisika gediskrediteer nie. Die feit dat vele Westerse regerings in die verlede rassewetenskap misbruik het om inbreuk te maak op mense se regte, doen geen afbreuk aan die korrektheid aldan nie van bevindings aangaande rasverskille nie. Die morele en politieke implikasies van sulke bevindinge is een van vele sodanige kwessies wat die wetenskap aan die mens opdring, soos byvoorbeeld die wenslikheid aldan nie van menslike kloning, geneties-gewysigde voedsel, en someer. Laat ons nie die boodskapper skiet nie, maar eerder die boodskap probeer verstaan. En: soos ek reeds hierbo geargumenteer het, is die a priori van rasgelykheid reeds besig om negatiewe gevolge in te hou vir ‘n land soos Suid-Afrika waar mense vervreem word, en letterlik uit hul geboorteland verdryf word weens rassekwotas wat afgedwing word op ‘n ewe onregverdige manier as wat die nazi’s Jode uit poste verdryf het.
Ek is bevrees dat mnr. Bernard dieselfde fout as Gould et al maak as hy hom opstel teen beide die begrip “ras” en die begrip “IK” of “intelligensie”. Gould is van mening dat daar meer genetiese variasie binne rasgroepe self bestaan as tussen groepe; om daardie rede wil hy beweer dat daar net een “menseras” bestaan. Nietemin hoef ‘n mens net Suid-Afrika te besoek om te sien hoe die huidige regering sonder moeite haarfyn tussen rasse kan onderskei, en geen blanke sou toelaat om selfs as ‘n Kleurling deur te gaan nie. Uiteraard is vele mense van gemengde ras, en het daar oor millennia uitruiling van gene plaasgevind; nietemin kan ons bloot op gesigvorm, velkleur en selfs reuk tussen mense van die drie hoofrassegroepe, naamlik Europeërs, Oosterlinge en swart Afrikane onderskei.
Indien hierdie fisieke verskille so ooglopend is, waarom kan daar nie ook intellektuele en hormonale verskille bestaan nie?
Die argument dat intelligensie onmeetbaar is, dat dit berus op kultuur- en klasverskille, dat dit deur omgewing en opvoeding bepaal word en daarom oor geen oorerflike komponent beskik nie, kan ook terugverwys word na die fisieke verskille tussen mense en tussen groepe. Die gedagte dat enigiemand met die regte voeding, opleiding, asook sosiale omgewing, ‘n loopbaan in teoretiese fisika kan volg, is vergesog, ewe vergesog as wat iemand met ‘n goeie afrigter en die regte dieet die wêreldhoogspringkampioen kan word.
Sport, en veral atletiek is ‘n fassinerende Darwiniaanse wêreld waar die bestes bo uitkom, en onbeskaamd gebruik maak van hul genetiese voordele, sonder enige regstellende aksie.
Dit is ‘n bekende feit dat geen blanke man nog ooit die honderd meter vir mans onder tien sekondes gehardloop het nie. Nietemin het vele swartmans dit al gedoen, en as die atlete terugsak in hul wegspringblokke by die Olimpiese Spele in dié item, is daar kwalik ‘n blanke onder hulle. Die genetiese voordeel van swartmense by kortafstandnaellope is al opgesom met: “white men can’t run”. Niemand word hierdeur geskok nie. Dog indien mens sou sê, “Black men are not theoretical physicists or chess grand masters” sou dit as skandalig ervaar word. As oorerflikheid en voortreflikheid binne rasgrense ‘n rol speel by sport, waarom kan dit nie die geval wees by die sport van intellektuele mededinging en prestasie nie?
Vele van die kritici van The Bell Curve het rondborstig erken dat hulle nie die boek gelees het nie, wat hulle egter nie verhoed het om ‘n teenargument in boekvorm daarteenoor op te stel nie. ‘n Groot deel van die dispuut rondom IK wentel rondom die houdbaarheid, aldan nie, van Spearman se g-faktor. g sou die meetbare abstrakte intelligensie wees waarmee toetse “gelaai” word. Hoe meer g-gelaai toetse is, hoe swakker doen swartmense gemiddeld in sulke toetse. Selfs al verwerp mens die gedagte dat g bestaan, en dat intelligensie meetbaar is, moet ‘n mens tog toegee dat sommige mense beter vaar met die oplossing van konseptuele probleme as ander, dit wat die skrywers van The Bell Curve opsom met “some people are smarter than others”. Die blote bestaan van die adjektief “slim” in die meeste tale impliseer dat mense in staat is om so ‘n eienskap in ander raak te sien. Die byna fundamentalistiese ontkenning van die bestaan van “slim” by voorstanders van rasgelykheid lyk inderdaad vreemd.
Vroeë kommentators op rasverskille sover dit intelligensie betref, het veral gewys op die byna algehele gebrek aan enige tegnologiese of wetenskaplike denke in Afrika voordat Westerlinge aktief tot die kontinent toegetree het. Volgens negentiende-eeuse sendelinge was die enigste vorm van tegnologie waaroor swartmense in Suid-Afrika beskik het, die smelt van yster in miershope met behulp van ‘n blaasbalk wat van ‘n dier se blaas gemaak is. Sekere Westerlinge wat tot radikale groen partye behoort, sien waarskynlik wetenskaplike denke as geheel en al negatief, maar dit is tog in ‘n mate ‘n aanduiding van ten minste enkele intelligente individue in ‘n gemeenskap indien daardie gemeenskap sy omgewing wetenskaplik kan begin verstaan, en sodoende die velammende uitwerking van towerkragverduidelikings vir die omgewing kan ontkom.
Een van die argumente wat Michael Levin aanvoer, is dat diegene wat rasverskille raaksien, bloot reageer op waarneembare verskynsels. Hierteenoor verwerp die voorstanders van rasgelykheid enige getuienis van verskille, en plaas die onus op hul opponente om te bewys dat hulle aanname van gelykheid foutief is. Veel eerder beweer Levin behoort die voorstanders van rasgelykheid te bewys dat hul hipotese korrek is. Hulle behoort te toets vir gelykheid, en dan die getuienis te lewer. Kennelik word dit nie gedoen nie, en word diegene wat bevindinge lewer dat daar wel rasverskille bestaan, beide fisiek en wat intellektuele kapasiteit betref, gedemoniseer as nazi’s en verregse voorstanders van volksmoord.
Een van die punte waarop Bernard ook verkeerd is, is sy bewering dat skrywers oor rasverskille daarop uit is om die voortreflikheid van hul eie ras vas te stel en te besing. Dit mag so gewees het in die negentiende eeu toe elke Europese nasie sy eie weergawe van ‘n Herrenvolk-teorie gehad het, maar dit is beslis nie meer die geval nie.
Die meeste skrywers soos Rushton, Murray/Hernstein, asook Levin, bevind dat nie blankes nie, maar Oosterlinge die intelligentste is. Blykbaar toets Oosterlinge gemiddeld 106 op I.K.-toetse, veral wat wiskundige vermoëns betref. Die enigste blankes wat werklik uitstyg op IK-toetse is Jode, wat ‘n gemiddeld van 115 het. Hierdie soort bevindings strook met ons alledaagse empiriese ervaring, aangesien vele Oosterlinge presteer op wiskundige gebied, goeie ingenieurs uitmaak, ens. Ook Jode is oorverteenwoordig op wetenskaplike gebied en in professies wat hoë kognitiewe vaardighede vereis.
Levin voer sy argument baie ver in dié opsig dat hy beweer dat daar selfs waarheid in rassestereotipes is. Die stereotipe dat swartmense meer sensitief, meer geneig tot woede, met groter aanvoeling vir ritme is as blankes, word vir hom gestaaf deur empiriese waarneming. Sedert die vroegste tye het Europeërs kommentaar gelewer op die groter seksuele dryfkrag van Afrikane, en volgens Rushton se gegewens aangaande die gereeldheid van seksbeoefening van getroude en ongetroude pare in die Verenigde State is dit wel so. Oosterlinge, daarenteen, het ‘n baie lae libido en het veel minder geslagsgemeenskap as swartmense of blankes.
Levin voer ook aan dat die beheptheid met rassisme en regstellende aksie sou wou hê dat swartmense meer soos blankes moet wees, dat hulle oor ‘n hoër lewenstandaard behoort te beskik, minder kinders behoort te hê, meer geneig behoort te wees tot sosiale organisasie, beter te presteer op skool en in die sakewêreld, ens. Die feit dat hulle nie dieselfde prestasie as blankes toon nie, word dan aan die omgewing, of sosialisering, apartheid of die slawegeskiedenis toegeskryf. Volgens hom bestaan die moontlikheid dat swartmense reeds goed presteer volgens hul eie portuurgroep.
As ‘n mense hierdie redenasie deurtrek na Suid-Afrika, sou mens kon beweer dat swart Suid-Afrikaners reeds die hoogste mate van materiële welvaart bereik het wat nog ooit vir mense van hul ras op die Afrikakontinent beskore was. Voordat VIGS toegeslaan het, was die lewensverwagting en kindersterftesyfer onder swart Suid-Afikaners die beste wat dit nog ooit was.
Die vraag is waarom daar soveel ontevredenheid moet bestaan en waarom daar so ‘n geweldige hoeveelheid politieke programme behoort te wees in ‘n poging om swartmense materieel en intellektueel met blankes gelyk te stel. Die ervaring in die huidige Suid-Afrika is dat dit tot groot frustrasie aan beide kante van die rasseverdeling lei, en gedoem is om nie te werk nie.
Totdat swartmense in beduidende getalle toetree tot die kognitief veeleisende studierigtings soos ingenieurswese, wiskunde en rekeningkunde sal die agterdog bly bestaan dat slegs ‘n klein aantal daartoe in staat is. Die gevaar bestaan egter dat, in ‘n poging om deur middel van rassekwotas die aantal swart ingenieurs, wiskundiges en rekenmeesters kunsmatig te verhoog, die standaard van dié professies verlaag word en dat die land as geheel daaronder gaan ly. Wie wil ná alles in ‘n hoë gebou werk of oor ‘n brug ry wat deur ‘n ingenieur ontwerp is wat bloot op grond van sy ras sy kwalifikasie behaal het? Wie wil ‘n snydokter besoek wat bloot op grond van sy ras deurgekom het?
Die angsvallige pogings om gelyke gemiddelde intelligensie aan mense van verskillende rasse toe te dig, berus daarop dat daar teen die minder intelligentes gediskrimineer sou word. In homogene samelewings waar daar ‘n normaalverspreiding van meerdere en mindere intelligente mense bestaan, word daar immers nie teen enige IK-groep gediskrimineer nie; elkeen beskik oor die spreekwoordelike gelyke kans op alle terreine. Onder toestande van afgedwonge rasgelykheid, is dit duidelik dat daar diskriminasie teen mense van blanke of Oosterse afkoms is, in dié opsig dat hulle moet “plek maak” vir swartmense wat slegs op grond van hul ras plekke aan opvoedkundige instellings behaal of aanstellings in maatskappye bekom. Dikwels plaas gevorderde regstellende aksie in Suid-Afrika groot druk op blankes in die stelsel wat ‘n geweldige graad van kognitiewe bydrae moet lewer, ook aan diegene wat bó hulle aangestel is. Dit lei tot ‘n absurde situasie waar mense aangestel en bevorder word op grond van ras, en nie op grond van bekwaamheid nie.
Eerder as wat die dogma van rassegelykheid in vermoë, ook op kognitiewe gebied, tot groter regverdigheid en billikheid ly, het dit die teenoorgestelde effek. ‘n Erkenning van die teenoorgestelde sal groter billikheid vir almal in die hand werk, en ‘n meer doeltreffende maatskaplike sisteem sal meer welvaart kan skep waarby almal kan baat, ook die minder intelligentes.
Die vermoede dat Afrikane nie self in staat is om gevorderde tegnologiese stelsels uit te dink, te onderhou en uit te brei nie, word deur Levin as volg beredeneer:
“Afrocentrists describe the industrial revolution as ‘happening’ to Europe, but technological innovations don’t happen; they are produced by human ingenuity.
That the absence from Africa of advanced material culture is more than an accident is confirmed by the failure of postcolonial Africa to sustain the technology left by whites. A journalist writes:
‘While the Belgians were often consummately patronizing to their African subjects, they installed an efficient colonial administration. In time, they introduced health care, water projects, education, telephones and power lines, helping to turn this once isolated village (Kikwit, Zaire) into one of the most affluent and best-tended cities in the core of equatorial Africa. Today, the legacy of Kikwit’s colonial past is swiftly disapppearing. “Civilisation is coming to an end here,” said Rene Kinsweke, manager of Siefac, a chain of food stores, as he spoke of how Kikwit has become a dispiriting tableau of chaos and catastrophe. “We’re back where we started. We’re going back into the bush.”’”[1]
In dieselfde tyd as wat Westerse en Oosterse lande ‘n ongekende bloeitydperk beleef het oor die afgelope twintig jaar, het Afrikalande al verder teruggesak. Voedselproduksie in Afrika is tans laer as in 1970; in ‘n land soos Zambië het ondervoeding toegeneem van 5% tot 25%.
Levin vra die volgende pertinente vraag:
“It again begs the question to explain the disintegration of postcolonial Africa on the failure of Europeans to prepare it for independence. Who prepared Europe for independence? Why aren’t England and France still divided into feuding tribes? Why were Africans ‘unprepared’ during the millennia before contact with whites?”
‘n Verdere geval wat volgens hom die gedagte uitdra dat mense van Afrika-afkoms nie in staat is om Kaukasiese tegnologie in stand te hou nie, is Haïti. ‘n Mulatto-rebellie het Haïti na onafhanklikheid gelei in 1804. Die Franse het in die voorafgaande periode paaie gebou, asook brûe en besproeiingstelsels. Hierdie stelsels het teen 1915 verval toe die Verenigde State tussenbeide getree het om Haïti ekonomies en polities te stabiliseer; in die 72 jaar voor dit was daar 102 revolusies en staatsgrepe. Die Marines het die plek verlaat in 1934 nadat die infrastruktuur herbou is, telefone weer in werkende toestand gebring is, en nadat jong Haïtiërs opgelei is in landboukundigheid. Amerikaanse banke het ‘n groot rol in die ekonomie begin speel. Dog teen 1958 is hierdie verbeteringe weer eens afgebreek; ‘n besoekende historikus het bevind dat “telefone weg is, paaie kwalik meer bestaan, hawens toegeslik is, dokke uitmekaar val... sanitasiegeriewe en elektrisiteit in ‘n gevaarlike toestand van verval is.” Sedertdien het die situasie verder agteruigegaan, en ‘n tweede Amerikaanse intervensie het ‘n paar jaar gelede tot ‘n einde gekom.[2]
Rondom Suid-Afrika het presies dieselfde gebeur as in Haïti: in Zambië het swartmense die kopermyne in die ryk “Kopergordelgebied” in 1975 genasionaliseer, myne wat op daardie stadium in ‘n werkende en winsgewende toestand was. Binne twintig jaar het dit so agteruitgegaan dat die myne onlangs aan hul oorspronklike eienaars, blanke Suid-Afrikaners, oorgedra is. Tans is dieselfde blanke Suid-Afrikaners besig om hulle weer in ‘n werkende toestand te kry. Ook paaie in Zambië het geheel en al agteruitgegaan, en die helfte van die nasionale begroting bestaan uit donateursfondse. Mosambiek het van ‘n land met ‘n florerende hawe en toerismebedryf onder die Portugese koloniale administrasie teruggesak tot die armste land ter wêreld. Weer eens speel blanke Suid-Afrikaners, die gehate rassistiese wittes, tans ‘n leidende rol in die verskaffing van kundigheid om Maputo se hawe te laat herstel, die elektrisiteitsnetwerk in werkende orde te kry, en ‘n pad te bou na die hoofstad toe.
Net Noord van Suid-Afrika is daar tans ‘n eindspel aan die gang waar mnr. Robert Mugabe sy land se ekonomie op sy knieë dwing ter wille van sy eie hebsug en sug na mag. Sogenaamde “oorlogsveterane” breek infrastruktuur af en verjaag blankes wat met hul kundigheid, tegnologie en kapitaal die land se voedselproduksie en belangrikste ekonomiese sektor, die landbou, aan die gang hou. Zimbabwe is nog ‘n voorbeeld van ‘n redelik gesofistikeerde land wat ná dit onder swart beheer gekom het, binne twintig jaar so agteruitgaan het dat vrese van voedseltekorte en hongersnood ontstaan het.
Die agteruitgang van polisiëring, staatshospitale, asook die paaienetwerk in Suid-Afrika, sedert groot getalle swartmense die bestuurstelsel oorstroom het, hoewel nog nie so erg soos in die res van Afrika nie, is ooglopend.
Hoewel dit nie hardop gesê word nie, presteer swartmense in bestuursposisies in Suid-Afrikaanse sakeondernemings, op enkele uitsonderings na, swak en in die winsgedrewe sektor is 93% van die topbestuur steeds blank omdat die nodige mensemateriaal onder swartmense wat reeds geslagte lank tersiêre opleiding ontvang, nie gevind kan word nie. Ook die openbare sektor kan nie meer funksioneer, soos onder apartheid, sonder bystand deur buitelanders en nie-regeringsorganisasies wat dikwels uit die buiteland befonds word nie.
Al hierdie getuienis van dit wat Levin noem, swart Afrikane se “onvermoë om Kaukasiese tegnologie in stand te hou”, vra om ‘n verklaring wat die tradisionele polities-korrekte clichés oor kolonialisme en apartheid nie meer kan beantwoord nie. Daar is net twee verklarings: kultuurverskille of rasgebaseerde verskille in IK waarvoor daar nou al te veel getuienis opgehoop het om te kan ignoreer. Gegewe die feit dat mense uit ‘n groot verskeidenheid kulture en taalgroepe in die wêreld wat tot die Oosterse of Europese rasgroepe behoort, dit reeds kon regkry om ekonomies en intellektueel suksesvol te wees, is die waarskynlikheidsbalans besig om te swaai in die rigting van ‘n bevestiging van die vermoede dat ‘n lae gemiddelde IK ‘n perk op swart Afrikane se algemene prestasie plaas.
Die Bell Curve-argument, naamlik dat sosiale wangedrag soos misdaad, geweld en gebrekkige ouersorg korreleer met lae IK by individue, ongeag ras, sou ‘n groot deel van die wanorde wat in Afrikalande suid van die Sahara heers, kon verduidelik.
Levin, Michael. Why race matters –race differences and what they mean. Westport, Conn.: Praeger, 1977.
Rushton, J. Philippe. Race, evolution and behavior. New Brunswick, NJ: Transaction Publishers, 2000.
Herrnstein en Murray. The bell curve – intelligence and class structure in American life. New York: The Free Press, 1994.
[1] Levin, Why race matters, bl. 120.
[2] Ibid., bl. 121.
* * *
10. David Bositis is 'n spesialis op rasseaangeleenthede by die Joint Centre for Political and Economic Studies in Washington. Hy beweer die reparasiediskussie is nie nuut nie. "Dit dateer van die einde van die Amerikaanse Burgeroorlog toe generaal Sherman voorgestel het om aan elke vrygemaakte slaaf twintig hektaar grond en 'n muil te gee."
* * *