Sondag 26 Augustus 2001
Inhoudsopgawe
Selfbeskikking vir Europese minderhede as 'n politieke fokus vir minderheidsregte in Suid-Afrika
Rasgebaseerde IK-vergelyking as determinisme van wát?
Grond en grondbesitregte : die skandvlek leef voort !
Kopiereg voorbehou op die inhoud.
KRYT verskyn weekliks. Telnr. 011 325 0817. Faks 011 325 0819. E-pos: inlig@praag.org.
Redakteur: Dan Roodt. Grafiese versorging: Karin Roodt. Administrasie: Monya Crause.
Medewerker by hierdie uitgawe: Sara, P.J. Lourens, Johann Wingard
Geregverdigde
vrese
Vandeesweek het Radio
Sonder Grense ‘n opname onder hul luisteraars gedoen waarin die vraag gevra
is: “Is die gebeure in Zimbabwe
ons voorland in Suid-Afrika?” Hierop
kon luisteraars “ja” of “nee” antwoord.
Nie minder nie as
87,35% van die RSG-luisteraars het die ja-stem uitgebring.
RSG is die grootste
radiostasie in Afrikaanse met landswye dekking oor ‘n breë spektrum van
luisteraars. Hierdie uitslag
verteenwoordig dus ‘n skokkende stem van wantroue in die huidige bestel, en
die vermoë van die huidige regering om die soort anargie en verval wat tans in
Zimbabwe plaasvind, te verhoed. Afgesien
van Zimbabwe, wat deur Mbeki se beleid van « stille diplomasie »
vererger is, is daar ander kommerwekkende faktore wat aanleiding gee tot die
getraumatiseerde gevoel onder die Afrikanerbevolking.
Hulle is:
Onder die
omstandighede is dit duidelik dat die sosiale kontrak wat in 1994 aangegaan is
tussen die verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika besig is om sterk uit te
rafel, en dat die sentrale staat nie meer die veiligheid en kultuurregte van sy
burgers kan waarborg nie.
Dit het daarom
allernoodsaaklik geword dat daar na oplossings vir die Afrikanerbevolking gesoek
word wat die voortbestaan van Afrikaans, asook die fisieke voortbestaan van die
taal se sprekers, kan waarborg. Die
argument oor selfbeskikking, ‘n tiende kultuurprovinsie, ‘n veilige hawe
waarheen Afrikaners sou kon terugkeer in die geval van rasse- of etniese geweld
soos nou in Zimbabwe, begin ‘n nuwe dringendheid verkry en dit is ‘n kwessie
wat onses insiens vorentoe met intelligensie en verbeelding ondersoek moet word.
Aanvanklik toe daar
agtien maande gelede begin is met die debat oor taalregte, is daar gesê dat dit
‘n “regse” maneuver is. Soos
wat die kompleksiteit van hierdie debat ontvou het, was dit duidelik dat hierdie
stereotipe beskuldiging ongegrond en kwaadwillig was. Dieselfde behoort die kwessie van selfbeskikking te geld.
Die feit dat enkele mense met baarde en khakiklere dit ook in die verlede
aangehang het, maak geen verskil aan die geldigheid van Afrikaners se aansprake
op grondgebied en op kultuur- en taalregte in Suid-Afrika nie.
Sodanige regte word internasionaal allerweë erken, en heel onlangs het
die ANC die Palestyne se eis om ‘n eie tuisland as “ondonderhandelbaar”
beskryf en dit onvoorwaardelik gesteun. Wat
geld vir die Palestyne, geld ook vir Afrikaners.
Die vinnige verengelsing van Suid-Afrika het ‘n probleem geskep in die
sin dat Afrikaans en die sprekers van die taal nie meer inpas in die omliggende
Engelse landskap nie.
Op ‘n manier het
die ANC self gekies dat Afrikaans uitgesluit word, en so die betoog vir
selfbeskikking onvermydelik gemaak vir almal wat die Afrikaanse taal en kultuur
liefhet. Terwyl daar na ‘n
hinterland vir Afrikaans gesoek word, wat as basis vir die taal sal dien, moet
daar insgelyks sorg gedra word dat minderheidsregte steeds aan Afrikaans
toegestaan sal word in die res van Engelse Suid-Afrika.
Kulturele outonomie moet die wagwoord wees, en die stryd om Afrikaanse
skole uit die versmorende omhelsing van die sentrale Onderwysministerie los te
maak, sal eersdaags moet begin.
Meer as ooit staan Afrikaners voor ‘n oorlewingstryd. Hulle hoef net Noord van die grens te kyk om te sien waarheen apatie, belangeloosheid en die askies-tog-houding van die De Klerk-geslag hulle sal bring.
*
Twee groot swart partye
Die manier waarop die
Mbeki-bewind hom teruggewend het na elkeen van die mislukte prinsipes van
pan-Afrikanisme, is ‘n studie op sigself werd.
Die enigste verskil is dat, terwyl pan-Afrikanisme elders in Afrika met
sosialisme en Sowjet-styl sentralistiese beplanning gepaardgegaan het, word dit
in Suid-Afrika toegepas tesame met ‘n neo-liberale ekonomiese beleid van
privatisering en streng monetêre beleid. Nou
het Cosatu en die SAKP besluit dat hiedie teenstrydigheid nie langer geduld sal
word nie, en dit lyk asof ‘n skeuring tussen die twee “alliansievennote”
onvermydelik is.
Enigeen wat dink dat
die opposisie hierdeur enige groot voordeel gaan trek, moet weer besin.
Die bestaan van twee groot partye wat meeding om steun onder die breë
massa swart kiesers kan baie maklik ‘n radikaliserende effek hê op die
Suid-Afrikaanse politiek. Elkeen
kan probeer om te bewys dat hy meer populisties is as s mededinger.
Cosatu sal dit doen deur middel van nasionalisering en sosiale regte vir
werkers, minimum lone, ens., terwyl die ANC die vertroude Afrikanistiese pad sal
stap van versnelde regstellende aksie, swart beheer oor die ekonomie en anti-wit
antipatie.
Die sogenaamde
“doodskus”-logika sal veroorsaak dat geeneen van dié partye hom hoegenaamd
sal kan assosieer met enige billike behandeling van minderheidsgroepe nie.
Dat Afrikaners nog meer gemarginaliseer uit hierdie dreigende skeuring
gaan tree, met die potensiaal om deur een of die ander as sondebok of slaansak
gebruik te word, is gewis.
Die behoefte aan verbeeldingryke en daadkragte Afrikanerleierskap om uit dié politieke mynveld te navigeer, was nog nooit so groot en so dringend nie.

Selfbeskikking vir Europese minderhede as 'n politieke fokus vir minderheidsregte in Suid-Afrika
deur
Johann
Wingard
Die
kwessie van Kulturele Selfbeskikking is belangrik vir almal wat voel dat sy
kultuur (nie net die taal nie) bedreig mag word. Vanweë die verwarring wat
rondom die begrip bestaan, en waardeur die begrip ‘n “regse” politieke
kleur gekry het, sou dit miskien nuttig wees om die situasie rondom hierdie
onderwerp, soos wat dit tans in Europa daar uitsien, kortliks met
mede-Afrikaners te deel.
Dit is vry algemeen bekend dat minderheidsvolke in Europa reeds kulturele selfbeskikking geniet, in soverre hulle dit kan en wil bekostig. In 1993 reeds is die “Text of the proposal for an additional protocol to the Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms, concerning persons belonging to national minorities” deur die Council of Europe aanvaar en sedertdien deur die EU lidlande onderteken. Ierland en Finland was die heel laastes wat dit moes doen. Dit is die sogenaamde stabiliteitspakket waaraan nuwe aansoekers vir EU lidmaatskap moet voldoen.
Die Duitse minderheid in België is
‘n uitstekende voorbeeld van ‘n minderheid met beperkte selfbeskikking.
Die gebied wat hulle bewoon vorm deel van die
Arrondissement Verviers, Liége provinsie in die Walloonse Streek in die
Ooste van België en grens aan Duitsland. Daardie
Duitse gemeenskap is ongeveer 90 000 in totaal, en hul eie regering het ‘n wye
reeks magte. Sekere van hul magte,
byv. openbare vervoer en paaie word volgens ooreenkoms deur Franssprekende
Walonië gehanteer. Hierdie klein
Duitse minderheid se magte strek sover dat hul parlementjie in Eupen, presies
soos dié van Vlaandere en Walonië, ook die Maastricht Verdrag moes aanvaar
voordat België by die EU kon aansluit. Kwalik
so groot soos dié van Centurion, het hierdie gemeenskap hul eie universiteit en
ander opleidingsgeriewe, skole ens. Hier
word Frans en Nederlands benewens Duits op skool aangebied wat studente ook
nuttige landsburgers maak. Daardie
gemeenskappie geniet meer de facto en de
jure outonomie as wat provinsies in die nuwe Suid-Afrika vandag geniet.
Alhoewel
hierdie Duitse gemeenskap na Duitse radio en televisie kyk, lê hul lojaliteit
by die Belgiese Koninklike gesin en is hulle, anders as in Duitsland,
hoofsaaklik Katoliek. Hulle beskou hulself as Belge in murg en been en is
dankbaar dat hulle as ‘n minderheid, die geleentheid het om hul eie strukture
op demokratiese wyse en sonder inmenging van ander taalgroepe of politici, in
stand te mag hou. Dis hoe die
stabiliteitspakket in die praktyk werk.
In
1995 was die ANC regering se raadgewers bewus van die EU se
Stabiliteitsinstrument toe ons met hulle oor selfbeskikking gesprek gevoer het.
Hul verweer was toe dat dit nie op Suid-Afrika se situasie van toepassing
kan wees nie, aangesien apartheid internasionaal “as ‘n misdaad
teen die mensdom” verklaar en aanvaar was, en diegene wat voordeel uit
apartheid getrek het, kan hulle nie nou skielik op internasionale beskerming van
hierdie aard beroep nie. Ek het
dieselfde politieke argument by die Universiteit van Fribourg, Switzerland
tydens ‘n konferensie oor selfbeskikking daar gehoor.
Destyds het oud Pres. Mandela se skaduwee van morele gesag en
geloofwaardigheid oor die Suid-Afrikaanse politieke toneel gelê en sy boodskap
van versoening, asook die wonderwerk van ‘n vreedsame magsoorgawe, het die
kwessie van selfbeskikking vir Afrikaners vireers op die agtergrond geskuif.
Die Vryheidsfront wat homself as ‘n Volkstaatparty
(liewer as parlementêre verteenwoordigers van ‘n kulturele
minderheidsgroep) geposisioneer het, se steun het van ongeveer 450 000 na
ongeveer 100 000 in die tweede verkiesing gekrimp, deurdat kiesers die volkstaat
idee as praktiese vorm van selfbeskikking verwerp het.
Ander kwessies het waarskynlik tans ‘n hoër politieke prioriteit vir
die kiesers.
Gesien
teen die agtergrond van die Mbeki-regering se Afrika fundamentalisme, asook die
plaasmoorde, regstellende aksie en simpatie met Mugabe se anti-wit optredes, wat
deur sommige as vorms van etniese suiwering vertolk word, word nuwe
anti-Afrikaanse persepsies daagliks geskep en lyk die politieke toneel vandag
baie anders. As teenvoeter vir sulke verslegtende en veranderende persepsies,
word wit op swart rassisme egter nou weer in die kollig geplaas, met die doel
dat die situasie in Suid-Afrika uitgesonder moet word en buite die aanvaarde
internasionale norme van kulturele selfbeskikking beoordeel moet word.
Suid-Afrika se blankes, en die Afrikaners in die besonder, word dus
herhaaldelik gedemoniseer en sodoende van internasionale erkenning gestroop.
Rassiste kan nie met selfbeskikking vertrou word nie!
Hierdie permanente skuldoplegging moet Afrikaners van menslike
fatsoenlikheid en reg tot selfbeskikking vir altyd weerhou. Enige vorm van
selfbeskikking druis in teen die regeringsbeleid wat mag juis moet sentraliseer.
Die Afrikaanse media help lustig (miskien onkundig) hiermee saam deur die
persepsie te versterk dat Afrikaners nie weet hoe om mag te hanteer nie en in
wese morele misdadigers is.
Dit
is interessant dat daar in die EU se Handves nie van die regte van groepe
gepraat word nie, maar dat “Every
person belonging to a national minority shall have the right to express,
preserve and develop in complete freedom his/her religious, ethnic, linguistic
and/or cultural identity, without being subjected to any attempt at assimilation
against his/her will.
2. Every person belonging to a national minority may exercise
his/her rights and enjoy them individually or in association with others.”
Dit
bring die konsep van groepsregte heel elegant in lyn met die liberaal
demokratiese begrip van individuele menseregte, wat dit op die “domain
for international co-operation” plaas en buite die alleenbevoegdheid van
individuele state se regerings neem. Net
soos volksmoord en skendings van menseregte as interne sake van ‘n land
aanvaar word, plaas hierdie handves groepsregte op dieselfde basis.
Belangwekkend is veral artikels 5, 11 en 12.2.
Hierin word owerhede verbied om munisipale grense of van kiesafdelings so
te manipuleer dat nasionale minderhede deur getalle van ander groepe oorheers
sal word. (Orania se weerstand teen
die nuwe munisipale afbakening moet teen hierdie agtergrond gesien word).
Historiese selfbeskikking moet volgens die handves behoue bly.
So ‘n reëling sou aan Pretoria byvoorbeeld, ‘n permanente
Afrikaanssprekende stadsraad gegee het, aangesien Mamelodi nooit in Pretoria
Distrik geleë was nie, maar in die Cullinan distrik.
Mamelodi met sy groter getalle, word egter nou kunsmatig, arbitrêr en
internasionaal onwetmatig by ‘n ander kleiner homogene gemeenskap ingedeel
sodat die hoofstad in ‘n Afrikastad getransformeer kan word en om die
belastingbasis van Pretoria se Afrikaners vir Mamelodi te tap.
Pretoria-Oos
saam met Centurion, interessant genoeg, is ‘n ideale plek vir kulturele
selfbeskikking, as die mense dit sou wou hê en die regering dit wou toelaat,
want die Afrikaanse meerderheid daar is groter as 70% en die getalle meer as
driehonderdduisend met meer as ‘n eeu se bewese selfbeskikking agter die rug.
Dit kon ‘n soort Liechtenstein of finansiële hoofstad van Afrika word.
Dis
tragies dat genoemde EU Handves, wat reeds tydens die Kemtonparkse
onderhandelings beskikbaar was, nie in die voorlopige of finale Grondwet vervat
kon word nie. Destyds wou “nuwe
Volkstaters” weens gebrek aan ‘n alternatiewe lewensvatbare beleid, geen
ander vorm van selfbeskikking, anders as ‘n “soewereine Volkstaat” gehad
het nie en het hulle die konsep van kulturele selfbeskikking totaal verwerp.
Hulle kon buitendien ook nie ooreenkom oor ‘n gebied vir ‘n Volkstaat nie.
Die tydsberekening was egter volmaak om stabiliteitshalwe die EU dokument
in die voorlopige Grondwet ingeskryf te gekry het.
Nou gaan dit jare neem om soiets aanvaar te kry en, wanneer die situasie
uiteindelik ondraaglik begin word vir Afrikaners, gaan dit nog ‘n helse
bakleiery en moddergooiery afgee. Hieronder
volg die volledige teks van die Handves vir diegene wat sou belangstel om
iets meer van kulturele selfbeskikking te weet:
Nogtans sal dit almal baat as druk op die staat geplaas word om hierdie
dokument te erken en te onderteken. So
‘n aksie sal die kwessie van minderheidsregte polities fokus en minderhede in
Europa die geleentheid bied om ons in hierdie strewe te steun.
______________________________________________________
Text
of the proposal for an additional protocol to the Convention for the Protection
of Human Rights and Fundamental Freedoms, concerning persons belonging to
national minorities
The
member states of the Council of Europe, signatory, hereto,
1.
Considering that the diversity of peoples and cultures with which it is imbued
is one of the main sources of the richness and vitality of European civilisation ;
2. Considering the
important contribution of national minorities to the cultural diversity and
dynamism of the states of Europe ;
3.
Considering that only the recognition of the rights of persons belonging to a
national minority within a state, and the international protection of those
rights, are capable of putting a lasting end to ethnic confrontations, and thus
of helping to guarantee justice, democracy, stability and peace ;
4.
Considering that the rights concerned are those which any person may exercise
either singly or jointly ;
5.
Considering that the international protection of the rights of national
minorities is an essential aspect of the international protection of human
rights and, as such, a domain for international co-operation,
Have
agreed as follows :
Article 1
For
the purposes of this Convention, the expression ‘‘national minority'' refers
to a group of persons in a state who :
a. reside
on the territory of that state and are citizens thereof ;
b. maintain
longstanding, firm and lasting ties with that state ;
c.
display distinctive ethnic, cultural, religious or linguistic characteristics ;
d. are
sufficiently representative, although smaller in number than the rest of the
population of that state or of a region of that state ;
e.
are motivated by a concern to preserve together that which constitutes their
common identity, including their culture, their traditions, their religion or
their language.
Section 2 —
General principles
1. Membership of a
national minority shall be a matter of free personal choice.
2. No disadvantage shall
result from the choice or the renunciation of such membership.
Article 3
2.
Every person belonging to a national minority may exercise his/her rights and
enjoy them individually or in association with others.
Article 4
All
persons belonging to a national minority shall be equal before the law. Any
discrimination based on membership of a national minority shall be prohibited.
Article 5
Deliberate
changes to the demographic composition of the region in which a national
minority is settled, to the detriment of that minority, shall be prohibited.
Section 3 -
Substantive rights
Article 6
All
persons belonging to a national minority shall have the right to set up their
own organisations, including political parties.
Article 7
1.
Every person belonging to a national minority shall have the right freely to use
his/her mother tongue in private and in public, both orally and in writing. This
right shall also apply to the use of his/her language in publications and in the
audiovisual sector.
2.
Every person belonging to a national minority shall have the right to use
his/her surname and first names in his/her mother tongue and to official
recognition of his/her surname and first names.
3.
In the regions in which substantial numbers of a national minority are settled,
the persons belonging to a national minority shall have the right to use their
mother tongue in their contacts with the administrative authorities and in
proceedings before the courts and legal authorities.
4.
In the regions in which substantial numbers of a national minority are settled,
the persons belonging to that minority shall have the right to display in their
language local names, signs, inscriptions and other similar information visible
to the public. This does not deprive the authorities of their right to display
the above-mentioned information in the official language or languages of the
state.
Article 8
1.
Every person belonging to a national minority shall have the right to learn
his/her mother tongue and to receive an education in his/her mother tongue at an
appropriate number of schools and of state educational and training
establishments, located in accordance with the geographical distribution of the
minority.
2.
The persons belonging to a national minority shall have the right to set up and
manage their own schools and educational and training establishments within the
framework of the legal system of the state.
Article 9
If
a violation of the rights protected by this protocol is alleged, every person
belonging to a national minority or any representative organisation shall have
an effective remedy before a state authority.
Article 10
Every
person belonging to a national minority, while duly respecting the territorial
integrity of the state, shall have the right to have free and unimpeded contacts
with the citizens of another country with whom this minority shares ethnic,
religious or linguistic features or a cultural identity.
Article 11
In
the regions where they are in a majority the persons belonging to a national
minority shall have the right to have at their disposal appropriate local or
autonomous authorities or to have a special status, matching the specific
historical and territorial situation and in accordance with the domestic
legislation of the state.
Section 4 -
Implementation of the protocol
Article 12
1.
Nothing in this protocol may be construed as limiting or restricting an
individual right of persons belonging to a national minority or a collective
right of a national minority embodied in the legislation of the contracting
state or in an international agreement to which that state is a party.
2.
Measures taken for the sole purpose of protecting ethnic groups, fostering their
appropriate development and ensuring that they are granted equal rights and
treatment with respect to the rest of the population in the administrative,
political, economic, social and cultural fields and in other spheres shall not
be considered as discrimination.
Article 13
The
exercise of the rights and freedoms listed in this protocol fully applies to the
persons belonging to the majority in the whole of the state but who constitute a
minority in one or several of its regions.
Article 14
The
exercise of the rights and freedoms listed in this protocol are not meant to
restrict the duties and responsibilities of the citizens of the state. However,
this exercise may only be made subject to such formalities, conditions,
restrictions or penalties as are prescribed by law and necessary in a democratic
society in the interests of national security, territorial integrity or public
safety, for the prevention of disorder or crime, for the protection of health or
morals or for the protection of the rights and freedoms of others.
Section 5 —
Final clauses
Article 15
No
derogation under Article 15 of the Convention from the provisions of this
protocol shall be allowed, save in respect of Article 10 of the latter.
Article 16
No
reservation may be made under Article 64 of the Convention in respect of the
provisions of this protocol.
Article 17
The
States Parties shall regard the provisions of Articles 1 to 11 of this protocol
as additional articles of the Convention and all the provisions of the
Convention shall apply accordingly.
Article 18
This
protocol shall be open for signature by the member states of the Council of
Europe which are signatories to the Convention. It shall be subject to
ratification, acceptance or approval. A member state of the Council of Europe
may not ratify, accept or approve this protocol unless it simultaneously
ratifies or has previously ratified the Convention. Instruments of ratification,
acceptance or approval shall be deposited with the Secretary General of the
Council of Europe.
Article 19
1.
This protocol shall enter into force on the first day of the month following the
date on which five member states of the Council of Europe have expressed their
consent to be bound by the protocol in accordance with the provisions of Article
18.
2.
In respect of any member state which subsequently expresses its consent to be
bound by it, the protocol shall enter into force on the first day of the month
following the date of the deposit of the instrument of ratification, acceptance
or approval.
Article 20
The
Secretary General of the Council of Europe shall notify the member states of the
Council of :
a. any
signature ;
b. the
deposit of any instrument of ratification, acceptance or approval ;
c.
any date of entry into force of this protocol ;
d. any
other act, notification or communication relating to this protocol.
In
witness whereof the undersigned, being duly authorised thereto, have signed this
protocol.
Done
at Strasbourg this day of , in English and French, both texts being equally
authentic, in a single copy, which shall be deposited in the archives of the
Council of Europe. The Secretary General of the Council of Europe shall
transmit certified copies to each member state of the Council of Europe.
1. Assembly
debate on 1 February 1993 (22nd Sitting) (see Doc. 6742, report of the
Committee on Legal Affairs and Human Rights, Rapporteur : Mr Worms ;
and Doc. 6749, opinion of the Political Affairs Committee, Rapporteur : Mr
de Puig).
2. The term ‘‘Convention'' in this text refers to the Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms.
* * *
Rasgebaseerde IK-vergelyking as determinisme van wát?
deur Sara
Lees ook die vorige bydraes in ons rasdebat:
Norman Bernard: Die korrelering van ras en intelligensie
Harold Owen: Ras en intelligensie: die argument vir 'n korrelasie
Wie van ons sal ooit die
gevreesde IK-toetse van ons skooldae vergeet?
Daardie dag wat die onderwyser die papiere sonder vooraf waarskuwing
uitgedeel het wat moes bepaal wie die slimste in die klas, wie die domste en
watter outjies maar gewoon middelmatig is.
Ek onthou nog goed dat my onderwyser met die pak op die arm voor die klas
gestaan het en gesê het: “Ek hoop julle het almal ’n goeie brekfis gehad,
want vandag skryf julle IK-toetse”. Ek
onthou my paniek: sênou Braampie Kotze is slimmer as ek.
Ek was altyd ’n kortkop voor hom in wiskunde en Afrikaans en Engels,
maar die dag wat die inspekteur gekom het, was Braam uitgesonder as meneer se
beste leerling. Ek onthou ook vir
Okkie langs my, wat goddelike goed met sy hande kon toor uit hout, ou
koeldrankblikkies, draadjies, motorbuitebande, enigiets wat hy in die hande kon
kry. Okkie, die paas-vir-wit outjie
van die Kalkplato wat volgens meneer so dom was soos die grond waarop sy pa
bywoner was. Okkie, wat vandag vier
plase en ’n hele reeks groothandel-slaghuise besit.
Okkie het seker maar die departement se IK-toets gedop, want hy’t
meeste van die tyd net sit en kyk vir die ding, pen tussen die krulhare agter
die oor.
Die aanname is dat
wetenskaplike studie met ’n doel geskied waarby die breë samelewing baat kan
vind, want dit sou tog waansinnig wees om soveel geld en tyd as wat uitgerekte
wetenskaplike prosesse vereis aan te wend uit blote nuuskierigheid.
Wat sou die doel wees waarvoor rasvergelykende IK-toetsing gedoen en
ontleed word anders as ter motivering van een groep se meerderwaardige status
teenoor ’n ander?
Dit is vir my duidelik dat
Harold Owen in sy repliek op Norman Bernard se skrywe probeer wegskram van
kwessies wat met hierdie vraag verband hou.
Ongelukkig kan ’n debat oor sosiobiologiese determinismes nie sinvol
plaasvind indien die doel van die oefening nie uitgespel is nie en dit is hier
waar die aanhangers van Hernstein en Murray in die verleentheid kom omdat hulle
noodwendig hulle rassistiese agenda sal moet openbaar as hulle sin wil gee aan
die gesprekvoering rondom vergelykende intelligensie tussen die rasse.
Boonop is daar die feit dat
geen klinkklare uitsluitsel bestaan dat menslike intelligensie meetbaar en
vergelykbaar is oor kulturele en etniese grense heen nie.
Ek was verheug om die verwysing na Stephen Jay Gould in Kryt se opsomming
van die Amerikaanse standpunte te sien. Daar
bestaan gewoon nie ’n toets wat alle omgewings-, kulturele en ander
verwysingsraamwerkfaktore wat eie aan etniese of ander sosiale subgroepe is,
uitskakel nie. Daarom kan geen
legitieme vergelykings getref word nie en is die hele debat eintlik ’n
doodloopstraat.
Ek glo ook nie dat dit vandag
meer toepaslik is om bloot te praat van IK as ’n breë veralgemeende begrip
sonder om die besondere aanleg of talente van ’n individu in ag te neem nie.
Dis nie verniet dat uitdrukkings gebruik word soos “Jannie het ’n kop
vir wiskunde” of “Sannie is ’n kunsmens” of “Okkie se hande staan vir
niks verkeerd nie”. ’n
Samelewing bestaan uit mense wie se talente mekaar komplimenteer sodat die
geheel by die verskeidenheid kan baat. Daar
is geen rede hoekom hierdie model nie ook in ’n moderne rasvermengde
samelewing kan voortgesit word nie. Dit
is wanneer neweprodukte soos meerderwaardigheid, inhaligheid en rassisme die kop
in die breë ontwerp uitsteek dat die potensiaal van hierdie balans ondermyn
word.
Norman Bernard skryf dat hy
homself oor die onderwerp uitspreek omdat die aansprake en teensprake van die
ras en intelligensie debat “iets van essensiële logiese en morele betekenis
mis…” Ek sluit aan by sy
standpunt dat in ’n ordentlike samelewing geen sosiale gevolge behoort te
spruit uit enige ontdekking, waarskynlik gewaande ontdekking, wat moontlik
gemaak kan word in die loop van sulke navorsing nie.
Dit is ook die rede hoekom ek as leek my wil uitlaat in hierdie debat.
Ter wille van diegene wat wil voortgaan om hulle rasmeerderwaardigheid te
koppel aan toetsing volgens Westerse maatstawwe en veral die wat hulle
rasgedrewe motiewe probeer verdoesel deur te sê dat die Sjinese en die Jode
darem slimmer as hulle eie kaukasiese rasgenote getoets het, verwys ek na ’n
Afrika-perspektief in die moraliteit van die hele kwessie.
Dit het direk betrekking op mnr. Owen se standpunt dat negroïde
samelewings nie in staat is om kaukasiese tegnologie in stand te hou nie en ook
sy geïmpliseerde aanname dat kaukasiese tegnologie noodwendig die redding van
swart Afrikane is.
Daar is min uitsprake so
grensloos arrogant as dié van kaukasiërs wat beweer hulle het die swartman in
Afrika kom red met hulle tegnologie en infrastruktuur.
Daar is ook min só oneerlik. Kaukasiese
setlaars het Westerse tegnologie en infrastruktuur na Afrika gebring om hulle
eie lewens te vergemaklik en hulle ekonomiese aktiwiteite in Afrika te
fasiliteer, nie om die “wilde” inboorlinge wat hulle hier aangetref het te
kom help nie. Die Europeërs wat
Afrika kom koloniseer het, het dit gedoen ter wille van die welvaart van hulle
eie samelewings in Europa en om geen ander rede nie.
As gevolg hiervan het die
vasteland met sy geïsoleerde samelewings opgeslurp geraak in ’n Westerse
ekonomiese, industriële en godsdienstige wêreld wat die maatstaf sou verskaf
waaraan alle aspekte van die lewe gemeet word.
Afrika het ingetrek geraak in ’n wêreld wat die eeue-oue ritme van die
kontinent versteur het en waarby sy boorlinge nooit een honderd persent sou kon
aanpas sonder om feitlik alle aspekte van hulle eie kultuur te versaak nie.
Dit is die dilemma van Afrika en ja, mnr. Owen, ook Haïti en al die
ander verowerde plekke waar die “earth religions” plek moes maak vir die
manier waarop Westerlinge dinge doen. En
die inboorlinge ’n god moes begin aanbid van wie hulle min verstaan het, sodat
hulle minder barbaars kon wees en die kaukasiese indringers gemakliker kon voel
in hulle teenwoordigheid.
Ek glo dat die nasate van die
setlaars van destyds, ons, die blankes en kleurlinge wat hulle vandag in Afrika
bevind en nie werklik meer ’n heenkome elders het wat hulle waarlik hulle eie
kan noem nie, ook boorlinge van Afrika geword het.
Dit is egter belangrik om te besef dat ons van Afrika is en nie andersom
nie. Ons bewandel die grond
waaronder die ontslape liggame van millenia se “amadlozi” lê en dit is nie
realisties om aan Afrika te probeer ontkom deur die kultuurerfenis van sy
oerboorlinge te ontken nie. Ook nie
om te probeer om Europa hier te simuleer nie.
Ons kan nie bo alle twyfel daarop aanspraak maak dat dit werklik vir
Afrika beter was om in die nuwe wêreld ingelyf te word nie en ook nie bloot
aanneem dat swart Afrikane ook so daaroor voel nie.
Terwyl sommige van die leiers
en toonaangewers onder die jong generasie swart Afrikane verlei raak deur die
simbole van Westerse welvaart, krepeer die massas op die voorvadergronde wat
aansienlik gekrimp het om plek te maak vir die setlaars en die industrieë van
die nuwe wêreld totdat hulle uiteindelik geen keuse het as om te verstedelik en
weggeruk te word uit die tradisionele ondersteuningsomgewing waar hulle kinders
gesond kan grootword nie. In
hierdie opset verval baie van die tradisies wat eeue lank hulle samelewings
gereguleer het voordat hulle die reëls en implikasies van die nuwe wêreld
genoegsaam verstaan om volgens die norme van die base van daardie samelewing op
te tree. Hier word hulle getoets en
beoordeel om hulle waarde te bepaal vir die werking van ’n samelewing waarvan
hulle glad nie die groter prent kan sien nie en ook nie oor ingelig word nie.
Swartmense moet meeding in ’n kulturele opset wat vir hulle sekondêr
is. Selfs al sou ’n mens dit
sonder protes aanvaar en die moraliteit van hoe dit gebeur het buite rekening
laat, kan jy nogsteeds nie wegkom van die onverantwoordbaarheid van Westerse
toetsing nie. Die argument dat ’n
hele generasie reeds in Westerse terme opvoeding ontvang het, sal ook nie
waterhou nie, hulle was in ’n onderwysstelsel wat glad nie daarop gemik was om
die leerlinge op te voed om te kan interpreteer wat die wisselwerking van die
verskillende sosiale en wetenskaplike dissiplines met mekaar is nie, wat nie
eers daarin kon slaag om sy eie kaukasiese kinders sodanig te leer nie.
Die mense van Afrika is uniek.
Dat die kaukasiese samelewing hulle wil toets en hulle waarde vir ’n
kaukasiese samelewing wil bepaal aan die hand van kaukasiese modelle is daardie
samelewing se probleem en sy dwaling, net soos wat die bevinde
“onaanpasbaarheid” van die swartman in die wêreld wat die kaukasiers hier
kom skep het die kaukasiers se probleem is.
As mense ontneem word van hulle erfgoedere en in ’n omgewing gedompel
word wat hulle nie die geleentheid gegun word om hulle eie te maak nie, kry jy
sosiale probleme, misdadigheid en opstand.
Restitusie sal altyd geëis word op welke wyse die eiser goeddink.
Ek wil nie betrokke raak by die
Amerikaanse aspekte van hierdie debat nie, omdat dit ’n hele nuwe blik wurms
oopmaak, behalwe om te sê dat in daardie geval net soos hier in Afrika, het die
kaukasiërs hulleself ongenooid in die prent gesit wat nou vir hulle so swart
geword het. Die slawe van drie
honderd jaar gelede uit Afrika, wie se nasate nou so ’n lastigheid geword het
vir die Amerikaners, het nie aansoek gedoen vir die poste waarvoor hulle ontvoer
is nie.
Terloops, mnr. Owen, die
uitdrukking waarna u verwys, is eintlik: “White men can’t jump”.
Dit is ’n basketbalgesegde onder die negerspelers in Amerika wat verwys
na “dunking”, waar die speler letterlik hoog genoeg spring en genoeg “hang
time” bewerkstellig om die bal met sy hand deur die hoepel te sit in plaas van
op die grond te staan en die doel te skiet.
Dit is skouspelagtig, net soos die atletiesheid van die blinkswart manne
wat die spel speel.
Daar is misdade gepleeg teen die mensdom van Afrika: misdade van onderwerping, afdwinging, stropery van die kontinent en ontvoering in die naam van beskawing en vooruitgang. Die sondes van die vaders word besoek aan die kinders… só sê die Bybel van die kaukasiërs se God.
* * *
Grond en grondbesitregte : die
skandvlek leef voort !
deur P.J. Lourens
Op
papier het die "internasionale" grense van die voormalige tuislande en
self-regerende gebiede onder jubelende gedawer met die gekrap van 'n pen sedert
1994 verval , en parallel daarmee die outonomiteit van die gewraakte
"Bantoestans". Die verwagting was en is nog steeds groot onder bykans
elke nuwe ingelyfde Suid-Afrikaanse burger dat hy/sy nou synde eersteklas burger
ook binnekort sou kon deel in die rykdom en voordele van private eienaarskap van
grond wat eertyds deur die Staat - en by name die Minister van Grondsake - in
trust gehou was , maar grootliks egter nog steeds gehou word. Wetgewing , en met
spesifieke ver-wysing na die Wet op Opgradering van Grondbesitregte , Wet No.
112 van 1991 , asook die Wysigingswet No. 34 van 1996 en ander relevante
wetgewing , was sedert 1991 gepromulgeer , maar vordering met die toepassing
daarvan en dus groot-skaalse
oordrag van eienaarskap vanaf Staat na privaat is oor die algemeen so gebrekkig
dat die agterstand groter en beslis nie kleiner word nie. Die toe-passing van
wetgewing is primêr die verantwoordelikheid van amptenare van die Staat , en
dit is presies waar die grootste probleem blyk te wees aangesien die wetgewer
met sank-sie van die regering/parlement/kabinet die promulgasie daarvan
bekragtig het , maar weinig daaraan doen as die staatsmasjinerie nie in staat is
om die inwer-kingstelling daarvan te hanteer en te monitor nie. Die regering van
die dag is dus indirek daarvoor te blameer en op talle ander gebiede herhaal
hierdie bizarre situasie homself , deurdat die regering stapels wetgewing en
spesifiek 'n liberale grondwet aan die ganse wêreld verkoop sonder genoeg
sub-stansie om dit te ondervang.
Sedert
die Nasionale Party die ideologie van afsonderlike ontwikkeling in die
sestigerjare nuwe momentum gegee het met die daarstelling en implimentering van
die tuislande en selfregerende gebiede , het min egter verander en miljoene
mense wag nog steeds elke dag meer ongeduldig vir die dag wanneer hulle diepste
wens sover dit grondbesit betref vervul sal word. Dit gaan egter nog baie lank
duur te oordeel aan die manier waarop die huidige regering die aangeleentheid
hanteer. Ongeveer drie-en-dertig vorme van wetgewing spreek in effek die
vraag-stuk van grondhervorming op hierdie stadium (teoreties) tot mindere of
meerdere
Die
ou Nasionale Party met Dr. Hendrik Verwoerd aan die spits het die
totstand-koming van die tuislande gepropageer wel wetende dat wetgewing en
kapasiteit nie beskikbaar was vir die manifistering van die beginsel van privaat
grondbesit of private eienaarskap vir die "burgers" van die nuut
gevormde eilande binne die (erkende) grense van die R.S.A. nie. Hoofsaaklik om
daardie rede het die tweede-handse stelsel van "Vergunning tot
Okkupasie" of "Permission to Occupy" (PTO) inslag gekry (en wat
vandag binne kommunale of tradisionele verband nog erken word) maar vir die
doeleindes van sekuriteit van titel op geen denkbare manier enige
noemenswaardige status tot die effek kan verkry nie. Die grootste persen- tasie
van grond - met spesifieke verwysing na standplase wat individueel geokkupeer
word en wat destyds aan die tuislande oorgedra was - was nie behoorlik
kadastraal opgemeet en geregistreer in die Aktekantore van die vier voormalige
Indien
daar verder met 'n vergrootglas na die propaganda veldtogte van beide eras gekyk
word - al is die ANC nog maar kort van sewe jaar aan bewind - is dit verbasend
dat daar so min en deur so min mense ophef gemaak word van eienaarskap , en dit
beteken per sy eienaarskap in volle en vrye titel en nie deur die blote
okkupasie van grond nie deur die bv. gefabriseerde tweedehandse PTO
("Permission To Occupy"" stelsel nie. Geen vorm van
privaatgrondbesit wat nie ondervang word deur
'n kadastrale stelsel en waarvan die integriteit nie bevraagtekenbaar is nie ,
sal enige substansie verleen aan die beoogde proses om privaat eienaarskap
moontlik
te maak vir die breë bevolking van 'n land nie. Suid-Afrika se kada-strale
opmetingstelsel word internasionaal nog steeds baie hoog aangeskryf , en so in
die stilligheid doen die Direktoraat Opmetings en Kartering werk van uit-nemende
gehalte deurdat die kantore van die Landmeters-generaal ondersoeke en
goedkeuring van dokumente in bykans sonder uitsondering binne dertig dae
af-handel. Dit alles word moontlik gemaak deur bevoegde amptenare wat die
stelsel effektief bestuur , en veral sedert kragtige rekenaars die afgelope vier
jaar suksesvol met die operasionele omgewing geintegreer was. Ten einde
regverdigheid te laat geskied moet 'n mens hier krediet gee aan die
besluitnemers aan rege-ringskant , en met verdere en spesifieke verwysing na die
feit dat die privaat-sektor deurentyd geken was en nog steeds geken word tydens
die program om 'n nog meer effektiewe
en bekostigbare stelsel 'n werklikheid te maak.
Die
tradisionele leiers van Suid-Afrika en deur hulle verkose liggaam CONTRALESA
maak geen geheim daarvan dat hulle nie bereid is om afstand te doen van die
magsbasis wat vir alle praktiese doeleindes bekom was deur die Verwoerd
ideo-logie nie , al is dit hoofsaaklik van toepassing op grond wat deel
uitgemaak het van die gebiede onder bespreking. Afgesien daarvan dat die
tradisionele leiers ook in verreweg die meeste gevalle bloot Staatsgrond de
facto okkupeer verstaan hierdie mense blykbaar nie altyd die kompleksiteit van
die situasie nie. Grond is niks werk indien dit o.a. vanuit landbou- , kommersiële-
en industriële
perspektief
geen beleggingswaarde bied nie , en daar boonop ook nie verant- woordelik besit
en bestuur word nie. Die Staat wat verreweg die grootste grond-besitter en
eienaar van derduisende eiendomme onder bespreking is , kan by im-plikasie
weereens nie meer direk verantwoordelik gehou word vir die agteruitgang en selfs
sterilisasie van (spesifiek) landbougrond nie , aangesien die meerder- heid van
die mense woonagtig in die gebiede ondersteuners van die regerende party is ,
toegegee , die meerderheid het die regerende party twee keer aan be- wind gestem
en die beloftes wat met beide verkiesingsveldtogte gepaardgegaan het , was
waarskynlik deurslaggewend van aard in hierdie verband , nou , en vir 'n
onbepaalde tydperk in die toekoms. Noodwendig ontstaan die vraag nou hoe lank
hierdie blindelingse lojaliteit gaan voortduur , en te oordeel na die tendens in
Afrika en die steun wat vryheidsbewegings oor 'n lang tydperk na bevryding
ge-niet , is dit 'n verdere en sterk aanduiding dat dit nie oornag gaan verander
nie. Hierdie scenario staan in skrille kontras met die verantwoordelikheid wat
normaalweg gepaardgaan met private eienaarskap van grond , en dit dui
onteen-seglik daarop dat private eienaarskap van grond 'n primêre fondament van
die vryemarkstelsel vorm. Daar bestaan 'n aantal (verwerplike) leerstukke - wat
veral deur die aanhangers van marxistiese ideologië gekoester word - dat
privaat grondbesit geensins bydrae tot beter grondbestuur , beter benutting en
groter verantwoordelikheid nie , maar dan is dit ook waar dat marxiste meestal
in 'n gekkeparadys lewe en die beste hedendaagse voorbeeld in die
Suider-Afrikaanse konteks is waarskynlik pres. Robert Mugabe van Zimbabwe wat
deur sy eie lands- burgers beskou word as 'n geestelik versteurde , ideologies
bankrot en ongeba-lanseerde despoot wat krampagtig aan mag bly klou , wel
wetende dat hy dit reeds bykans totaal deurgetrek het.
Ten
einde enige revolusie te laat slaag moet daar aan spesifieke vereistes voldoen
word , en die oordrag van mag vanaf ‘n wit minderheid na ‘n swart
meerderheid - wat min of meer beskryf kan word as ‘n onderhandelde revolusie
–
is
geen uitsondering in die verband nie. Dit is ‘n feit dat , soos in Zimbabwe ,
die ANC bewind se grootste steun in die landelike gebiede van Suid-Afrika lê.
Maak die ANC daardie kiesers gelukkig deur te voldoen aan al die behoeftes en
gehoor te gee aan al die eise - wat in elk geval nie realisties haalbaar is nie
- t.o.v. behuising , werksgeleenthede en besikbaarstelling van grond sal dit
noodwendig meebring dat kiesers apaties raak teenoor politieke bedrywighede en
dit is juis waar die grootste bedreiging mag intree. So , die ANC – waarvan
baie invloedryke lede goed geskool is in die Marxistiese en Lenistiese
leerstellings – het geen ander keuse as om die kiesers “kwaad en
gefrustreerd” te hou nie , alhoewel dit op(subtiele) maniere gedoen word wat
nie deur die massas verstaan word nie. Wanneer daar druk op die politieke
meesters geplaas word , word die rassekaart o.a. eenvoudig uitgehaal en
rondgeswaai , en die kieserskorps val met volle eerbewys agter die meesters in.
Dit bring ons terug na die korttermyn oplossings , want die langtermyn realiteit
is disinvestering , kapitaalvlug , emigrasie van hoogs geskoolde blankes en by
implikasie die bespoeding van agteruitgang tot en met daarstelling van ‘n
Afrika staat westerse invloed en vooruitgang vir alle praktiese doeleindes
beperk is tot donasies , skenkings en die verskaffing van toerusting en
tegnologie.
Dit
is interessant en insiggewend , maar ook ongelooflik onrusbarend vir die- gene
wat besef hoe effektief en strategies die tradisionele leiers tussen die
regering en tot sekere mate ten koste van die gewone burger posisie ingeneem
het. Trouens , so effektief dat die regering lankal by implikasie ingestem het
om deur die tradisionele leiers met hulle mense te praat , en watter geselek-
teerde inligting bereik nou die mense deur hierdie "erkende" medium ?
Wat eienaarskap betref presies wat die meerderheid van tradisonele leiers wil hê
die
volk moet hoor ! Kyk 'n mens verder na die ANC Regering te vermoë om
vraagstukke te systap en omwelkome kritiek van die tafel af te vee , sou dit
baie naïef wees om te verwag dat hierdie vraagstuk spoedig opgelos of effektief
aangespreek
sal word. Deur die fokus te verskuif na onteiening van tradisioneel blanke grond
word sensasie gewek , en blykbaar is die onteiening van een blanke boer se plaas
is meer opspraakwekkend as die gebrek aan eienaarskap in volle en vrye titel van
'n paar duisend gesinne op een enkele plaas wat aan die Staat be-
hoort.
Die ellende wat deur armoede en werkloosheid te weeg gebring word - pri-mêr
veroorsaak deur die beleid van afsonderlike ontwikkeling - en wat skrikwek-kende
afmetings in groot dele van landelike Suid-Afrika aangeneem het , is 'n muilband
der muilband vir die bewindhebbers en die ANC kan doen net wat hy wil maar
verantwoordelikheid sal hy op 'n stadium moet aanvaar vir sy oënskynlike
onvermoë om die probleem vinning en effektief aan te spreek. Net so seker sal
Robert Mugabe op 'n stadium verantwoordelikheid sal moet aanvaar vir sy
hoof-aandeel aan die totale agteruitgang en verwagte ineenstorting van die
ekonomie van Zimbabwe en alles wat onvermydelik daarmee gepaard sal gaan.
Grondhervorming
moet plaasvind en die onreg van die verlede moet sonder twyfel aangespreek word
, maar sonder dat die mense wat deur beide die Nasionale Party en die ANC as
kanonvoer gebruik was - en beslis nog gebruik word al het die speelveld verander
- weer in die spervuur beland. Enige saak het bykans altyd twee kante , en daar
word van tyd tot aangevoer dat indien die kiesers bereid is om hierdie onreg
onbepaald te verdra verdien hulle dit wat na hulle kant toe kom.
Dit
is egter redelik simplisties gestel , aangesien die kompleksiteit en volle
perspektief van grondbesit ongelukkig buite die verwysingsraamwerk val
van
die individu wat nie 'n sekere vlak van opvoeding bereik het nie , en daar lê
dus harde werk voor die die beleidsmakers , afgesien daarvan dat dieselfde mense
nou die raamwerk(e) geskep het vir die nuwe era waarin private grondeie-naarskap
vir die grootste persentasie van die Suid-Afrikaanse bevolking 'n werklikheid
kan word. Die regering word deurlopend gewaarsku om nie selektief te werk te
gaan met die vraagstuk van grondhervorming en grondverdeling en boonop
terselfdertyd die intellek van sy mense te onderskat nie , maar dit lyk egter of
daar alewig 'n geneigdheid bestaan om die triomf van die 1994 en 1999
verkie-singsoorwinnings te lank en intens te vier , en word die magsmeerderheid
wat die ANC nou op bykans alle terreine verkry het en veral na die afloop van
die muni-sipale verkiesing in 2000 , gebruik as 'n stok om andersdenkendes mee
by te kom in plaas daarvan om die reg op bewind as "'n Sertifikaat van
Erken-ning" voorop te plaas en al die mense van die land regverdig te dien.
Ons
is dus onafwendbaar op pad na 'n situasie soortgelyk aan die' van Zimbabwe ,
alhoewel die verloop van sake waarskynlik nie so dramatiese en sensasioneel sal
wees nie. Voorts geskied dit oor 'n langer tydperk en die gemene deler , m.a.w.
die feit dat die Mbeki regering nie die proses met blatante kru rassisme en
staatsgeïnspireerde terrorisme aanvuur nie , ontbreek in hierdie geval. Blanke
ontvolking van die platteland , en met spesifieke verwysing na landbougrond ,
het sedert die begin van die negentigerjare momemtum gekry , en die alomteen-
woordige veiligheidsituasie sowel as ongunstige landboutoestande het sedert 1994
die proses versnel. Verskeie landbouprojekte wat ten tye van die bestaan van die
tuislandera van stapel gestuur was staan bankrotskap in die gesig , met die
Ze-bediela Sitrusprojek sekerlik die bekendste of eerder berugste op hierdie
sta-dium. In die meeste gevalle het die verlies aan kundigheid en bestuursvermoë
die oorhand gekry en kan die vervangingskontingent net eenvoudig nie die mas
opkom nie. Staatsinmenging en politieke propaganda het verder bygedra dat
produkti-witeit so agteruitgegaan het dat dit as niks anders as 'n massiewe
verlies op enige balansstaat gereflekteer kan word nie.
Ek
herinner my die versoenende woorde van Robert Mugabe se oorwinningstoespraak toe
hy in 1980 aan bewind gekom het , alhoewel hy onder omstandighede nie veel van
'n ander keuse gehad het nie. Daarmee gelykstaande trek ek direk 'n parallel na
die woorde van Thabo Mbeki verlede jaar in die parlement toe hy onder groot druk
'n meer pragmatiese en eietydse toespraak voorgelees het. Vyf jaar in die toe-
koms gaan Thabo Mbeki se toespraak iets van die verlede wees , maar die honger
na eienaarskap van die grondloses gaan nie sonder ingryping stilgemaak word nie
, en stabiliteit - met die subkontinent van Afrika se ekonomie voor in die linie
- kan gevolglik in die slag bly. Dit sal Suid-Afrika stewig op die pad na
uit-eindelike ondergang plaas. Die geharde marxiste in die geledere van die ANC
en
waarvan
verskeie senior kabinetsposte bekleë , mag moontlik met die steun van baie
ander marxiste in hulle geledere op 'n stadium waterskeidingsbesluite moet neem
ten einde o.a. eenheid binne die drieparty alliansie te beskerm , en dit kan net
sowel wees dat hierdie kameraderie swaarder gaan weeg as blanke voort- bestaan
en welvaart in hierdie land. As dit gebeur het in Zimbabwe en in baie ander
lande in Afrika is daar geen rede om te redeneer dat dit nooit hier sal gebeur
nie.
Skrywer is 'n Raadgewende / Konsulterende Professionele Landmeter tans besig met 'n MSc/Phd navorsingsverhandeling aan die Universiteit van Pretoria. Die onder-werp is opgradering van Grondbesitregte / van informele nedersettings in lande-like gebiede van Suid-Afrika.
*
* *