K R Y T

Sondag 26 Augustus 2001

Inhoudsopgawe

Kommentaar

Selfbeskikking vir Europese minderhede as 'n politieke fokus vir minderheidsregte in Suid-Afrika

Rasgebaseerde IK-vergelyking as determinisme van wát?

Grond en grondbesitregte : die skandvlek leef voort !


Kopiereg voorbehou op die inhoud.

KRYT verskyn weekliks.  Telnr. 011 325 0817.  Faks 011 325 0819.  E-pos:  inlig@praag.org.

Redakteur:  Dan Roodt. Grafiese versorging:  Karin Roodt.  Administrasie:  Monya Crause.

Medewerker by hierdie uitgawe:  Sara, P.J. Lourens, Johann Wingard

Kommentaar

Geregverdigde vrese

Vandeesweek het Radio Sonder Grense ‘n opname onder hul luisteraars gedoen waarin die vraag gevra is:  “Is die gebeure in Zimbabwe ons voorland in Suid-Afrika?”  Hierop kon luisteraars “ja” of “nee” antwoord.  Nie minder nie as 87,35% van die RSG-luisteraars het die ja-stem uitgebring.

RSG is die grootste radiostasie in Afrikaanse met landswye dekking oor ‘n breë spektrum van luisteraars.  Hierdie uitslag verteenwoordig dus ‘n skokkende stem van wantroue in die huidige bestel, en die vermoë van die huidige regering om die soort anargie en verval wat tans in Zimbabwe plaasvind, te verhoed.  Afgesien van Zimbabwe, wat deur Mbeki se beleid van « stille diplomasie » vererger is, is daar ander kommerwekkende faktore wat aanleiding gee tot die getraumatiseerde gevoel onder die Afrikanerbevolking.  Hulle is:

Onder die omstandighede is dit duidelik dat die sosiale kontrak wat in 1994 aangegaan is tussen die verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika besig is om sterk uit te rafel, en dat die sentrale staat nie meer die veiligheid en kultuurregte van sy burgers kan waarborg nie.

Dit het daarom allernoodsaaklik geword dat daar na oplossings vir die Afrikanerbevolking gesoek word wat die voortbestaan van Afrikaans, asook die fisieke voortbestaan van die taal se sprekers, kan waarborg.  Die argument oor selfbeskikking, ‘n tiende kultuurprovinsie, ‘n veilige hawe waarheen Afrikaners sou kon terugkeer in die geval van rasse- of etniese geweld soos nou in Zimbabwe, begin ‘n nuwe dringendheid verkry en dit is ‘n kwessie wat onses insiens vorentoe met intelligensie en verbeelding ondersoek moet word.

Aanvanklik toe daar agtien maande gelede begin is met die debat oor taalregte, is daar gesê dat dit ‘n “regse” maneuver is.  Soos wat die kompleksiteit van hierdie debat ontvou het, was dit duidelik dat hierdie stereotipe beskuldiging ongegrond en kwaadwillig was.  Dieselfde behoort die kwessie van selfbeskikking te geld.  Die feit dat enkele mense met baarde en khakiklere dit ook in die verlede aangehang het, maak geen verskil aan die geldigheid van Afrikaners se aansprake op grondgebied en op kultuur- en taalregte in Suid-Afrika nie.  Sodanige regte word internasionaal allerweë erken, en heel onlangs het die ANC die Palestyne se eis om ‘n eie tuisland as “ondonderhandelbaar” beskryf en dit onvoorwaardelik gesteun.  Wat geld vir die Palestyne, geld ook vir Afrikaners.  Die vinnige verengelsing van Suid-Afrika het ‘n probleem geskep in die sin dat Afrikaans en die sprekers van die taal nie meer inpas in die omliggende Engelse landskap nie.

Op ‘n manier het die ANC self gekies dat Afrikaans uitgesluit word, en so die betoog vir selfbeskikking onvermydelik gemaak vir almal wat die Afrikaanse taal en kultuur liefhet.  Terwyl daar na ‘n hinterland vir Afrikaans gesoek word, wat as basis vir die taal sal dien, moet daar insgelyks sorg gedra word dat minderheidsregte steeds aan Afrikaans toegestaan sal word in die res van Engelse Suid-Afrika.  Kulturele outonomie moet die wagwoord wees, en die stryd om Afrikaanse skole uit die versmorende omhelsing van die sentrale Onderwysministerie los te maak, sal eersdaags moet begin.

Meer as ooit staan Afrikaners voor ‘n oorlewingstryd.  Hulle hoef net Noord van die grens te kyk om te sien waarheen apatie, belangeloosheid en die askies-tog-houding van die De Klerk-geslag hulle sal bring.

*

Twee groot swart partye

Die manier waarop die Mbeki-bewind hom teruggewend het na elkeen van die mislukte prinsipes van pan-Afrikanisme, is ‘n studie op sigself werd.  Die enigste verskil is dat, terwyl pan-Afrikanisme elders in Afrika met sosialisme en Sowjet-styl sentralistiese beplanning gepaardgegaan het, word dit in Suid-Afrika toegepas tesame met ‘n neo-liberale ekonomiese beleid van privatisering en streng monetêre beleid.  Nou het Cosatu en die SAKP besluit dat hiedie teenstrydigheid nie langer geduld sal word nie, en dit lyk asof ‘n skeuring tussen die twee “alliansievennote” onvermydelik is.

Enigeen wat dink dat die opposisie hierdeur enige groot voordeel gaan trek, moet weer besin.  Die bestaan van twee groot partye wat meeding om steun onder die breë massa swart kiesers kan baie maklik ‘n radikaliserende effek hê op die Suid-Afrikaanse politiek.  Elkeen kan probeer om te bewys dat hy meer populisties is as s mededinger.  Cosatu sal dit doen deur middel van nasionalisering en sosiale regte vir werkers, minimum lone, ens., terwyl die ANC die vertroude Afrikanistiese pad sal stap van versnelde regstellende aksie, swart beheer oor die ekonomie en anti-wit antipatie.

Die sogenaamde “doodskus”-logika sal veroorsaak dat geeneen van dié partye hom hoegenaamd sal kan assosieer met enige billike behandeling van minderheidsgroepe nie.  Dat Afrikaners nog meer gemarginaliseer uit hierdie dreigende skeuring gaan tree, met die potensiaal om deur een of die ander as sondebok of slaansak gebruik te word, is gewis.

Die behoefte aan verbeeldingryke en daadkragte Afrikanerleierskap om uit dié politieke mynveld te navigeer, was nog nooit so groot en so dringend nie.

boontoe

  * * *

Selfbeskikking vir Europese minderhede as 'n politieke fokus vir minderheidsregte in Suid-Afrika

deur Johann Wingard

Die kwessie van Kulturele Selfbeskikking is belangrik vir almal wat voel dat sy kultuur (nie net die taal nie) bedreig mag word. Vanweë die verwarring wat rondom die begrip bestaan, en waardeur die begrip ‘n “regse” politieke kleur gekry het, sou dit miskien nuttig wees om die situasie rondom hierdie onderwerp, soos wat dit tans in Europa daar uitsien, kortliks met mede-Afrikaners te deel.

Dit is vry algemeen bekend dat minderheidsvolke in Europa reeds kulturele selfbeskikking geniet, in soverre hulle dit kan en wil bekostig.  In 1993 reeds is die “Text of the proposal for an additional protocol to the Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms, concerning persons belonging to national minorities” deur die Council of Europe aanvaar en sedertdien deur die EU lidlande onderteken.  Ierland en Finland was die heel laastes wat dit moes doen.  Dit is die sogenaamde stabiliteitspakket waaraan nuwe aansoekers vir EU lidmaatskap moet voldoen.

Die Duitse minderheid in België is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n minderheid met beperkte selfbeskikking.  Die gebied wat hulle bewoon vorm deel van die  Arrondissement Verviers, Liége provinsie in die Walloonse Streek in die Ooste van België en grens aan Duitsland. Daardie Duitse gemeenskap is ongeveer 90 000 in totaal, en hul eie regering het ‘n wye reeks magte.  Sekere van hul magte, byv. openbare vervoer en paaie word volgens ooreenkoms deur Franssprekende Walonië gehanteer.  Hierdie klein Duitse minderheid se magte strek sover dat hul parlementjie in Eupen, presies soos dié van Vlaandere en Walonië, ook die Maastricht Verdrag moes aanvaar voordat België by die EU kon aansluit.  Kwalik so groot soos dié van Centurion, het hierdie gemeenskap hul eie universiteit en ander opleidingsgeriewe, skole ens.  Hier word Frans en Nederlands benewens Duits op skool aangebied wat studente ook nuttige landsburgers maak.   Daardie gemeenskappie geniet meer de facto en de jure outonomie as wat provinsies in die nuwe Suid-Afrika vandag geniet.

Alhoewel hierdie Duitse gemeenskap na Duitse radio en televisie kyk, lê hul lojaliteit by die Belgiese Koninklike gesin en is hulle, anders as in Duitsland, hoofsaaklik Katoliek.   Hulle beskou hulself as Belge in murg en been en is dankbaar dat hulle as ‘n minderheid, die geleentheid het om hul eie strukture op demokratiese wyse en sonder inmenging van ander taalgroepe of politici, in stand te mag hou.  Dis hoe die stabiliteitspakket in die praktyk werk.

In 1995 was die ANC regering se raadgewers bewus van die EU se Stabiliteitsinstrument toe ons met hulle oor selfbeskikking gesprek gevoer het.  Hul verweer was toe dat dit nie op Suid-Afrika se situasie van toepassing kan wees nie, aangesien apartheid internasionaal “as ‘n misdaad  teen die mensdom” verklaar en aanvaar was, en diegene wat voordeel uit apartheid getrek het, kan hulle nie nou skielik op internasionale beskerming van hierdie aard beroep nie.  Ek het dieselfde politieke argument by die Universiteit van Fribourg, Switzerland tydens ‘n konferensie oor selfbeskikking daar gehoor.  Destyds het oud Pres. Mandela se skaduwee van morele gesag en geloofwaardigheid oor die Suid-Afrikaanse politieke toneel gelê en sy boodskap van versoening, asook die wonderwerk van ‘n vreedsame magsoorgawe, het die kwessie van selfbeskikking vir Afrikaners vireers op die agtergrond geskuif.  Die Vryheidsfront wat homself as ‘n Volkstaatparty  (liewer as parlementêre verteenwoordigers van ‘n kulturele minderheidsgroep) geposisioneer het, se steun het van ongeveer 450 000 na ongeveer 100 000 in die tweede verkiesing gekrimp, deurdat kiesers die volkstaat idee as praktiese vorm van selfbeskikking verwerp het.  Ander kwessies het waarskynlik tans ‘n hoër politieke prioriteit vir die kiesers.

Gesien teen die agtergrond van die Mbeki-regering se Afrika fundamentalisme, asook die plaasmoorde, regstellende aksie en simpatie met Mugabe se anti-wit optredes, wat deur sommige as vorms van etniese suiwering vertolk word, word nuwe anti-Afrikaanse persepsies daagliks geskep en lyk die politieke toneel vandag baie anders. As teenvoeter vir sulke verslegtende en veranderende persepsies, word wit op swart rassisme egter nou weer in die kollig geplaas, met die doel dat die situasie in Suid-Afrika uitgesonder moet word en buite die aanvaarde internasionale norme van kulturele selfbeskikking beoordeel moet word.   Suid-Afrika se blankes, en die Afrikaners in die besonder, word dus herhaaldelik gedemoniseer en sodoende van internasionale erkenning gestroop.  Rassiste kan nie met selfbeskikking vertrou word nie!  Hierdie permanente skuldoplegging moet Afrikaners van menslike fatsoenlikheid en reg tot selfbeskikking vir altyd weerhou. Enige vorm van selfbeskikking druis in teen die regeringsbeleid wat mag juis moet sentraliseer.   Die Afrikaanse media help lustig (miskien onkundig) hiermee saam deur die persepsie te versterk dat Afrikaners nie weet hoe om mag te hanteer nie en in wese morele misdadigers is.

Dit is interessant dat daar in die EU se Handves nie van die regte van groepe gepraat word nie, maar dat “Every person belonging to a national minority shall have the right to express, preserve and develop in complete freedom his/her religious, ethnic, linguistic and/or cultural identity, without being subjected to any attempt at assimilation against his/her will.

2. Every person belonging to a national minority may exercise his/her rights and enjoy them individually or in association with others.”  Dit bring die konsep van groepsregte heel elegant in lyn met die liberaal demokratiese begrip van individuele menseregte, wat dit op die “domain for international co-operation” plaas en buite die alleenbevoegdheid van individuele state se regerings neem.  Net soos volksmoord en skendings van menseregte as interne sake van ‘n land aanvaar word, plaas hierdie handves groepsregte op dieselfde basis. Belangwekkend is veral artikels 5, 11 en 12.2.  Hierin word owerhede verbied om munisipale grense of van kiesafdelings so te manipuleer dat nasionale minderhede deur getalle van ander groepe oorheers sal word.  (Orania se weerstand teen die nuwe munisipale afbakening moet teen hierdie agtergrond gesien word).  Historiese selfbeskikking moet volgens die handves behoue bly.  So ‘n reëling sou aan Pretoria byvoorbeeld, ‘n permanente Afrikaanssprekende stadsraad gegee het, aangesien Mamelodi nooit in Pretoria Distrik geleë was nie, maar in die Cullinan distrik.  Mamelodi met sy groter getalle, word egter nou kunsmatig, arbitrêr en internasionaal onwetmatig by ‘n ander kleiner homogene gemeenskap ingedeel sodat die hoofstad in ‘n Afrikastad getransformeer kan word en om die belastingbasis van Pretoria se Afrikaners vir Mamelodi te tap.  

Pretoria-Oos saam met Centurion, interessant genoeg, is ‘n ideale plek vir kulturele selfbeskikking, as die mense dit sou wou hê en die regering dit wou toelaat, want die Afrikaanse meerderheid daar is groter as 70% en die getalle meer as driehonderdduisend met meer as ‘n eeu se bewese selfbeskikking agter die rug.  Dit kon ‘n soort Liechtenstein of finansiële hoofstad van Afrika word.

Dis tragies dat genoemde EU Handves, wat reeds tydens die Kemtonparkse onderhandelings beskikbaar was, nie in die voorlopige of finale Grondwet vervat kon word nie.  Destyds wou “nuwe Volkstaters” weens gebrek aan ‘n alternatiewe lewensvatbare beleid, geen ander vorm van selfbeskikking, anders as ‘n “soewereine Volkstaat” gehad het nie en het hulle die konsep van kulturele selfbeskikking totaal verwerp. Hulle kon buitendien ook nie ooreenkom oor ‘n gebied vir ‘n Volkstaat nie.  Die tydsberekening was egter volmaak om stabiliteitshalwe die EU dokument in die voorlopige Grondwet ingeskryf te gekry het.  Nou gaan dit jare neem om soiets aanvaar te kry en, wanneer die situasie uiteindelik ondraaglik begin word vir Afrikaners, gaan dit nog ‘n helse bakleiery en moddergooiery afgee. Hieronder  volg die volledige teks van die Handves vir diegene wat sou belangstel om iets meer van kulturele selfbeskikking te weet:  Nogtans sal dit almal baat as druk op die staat geplaas word om hierdie dokument te erken en te onderteken.  So ‘n aksie sal die kwessie van minderheidsregte polities fokus en minderhede in Europa die geleentheid bied om ons in hierdie strewe te steun.

 
______________________________________________________

Text of the proposal for an additional protocol to the Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms, concerning persons belonging to national minorities

 

Preamble

The member states of the Council of Europe, signatory, hereto,

1. Considering that the diversity of peoples and cultures with which it is imbued is one of the main sources of the richness and vitality of European civilisation ;

2. Considering the important contribution of national minorities to the cultural diversity and dynamism of the states of Europe ;

3. Considering that only the recognition of the rights of persons belonging to a national minority within a state, and the international protection of those rights, are capable of putting a lasting end to ethnic confrontations, and thus of helping to guarantee justice, democracy, stability and peace ;

4. Considering that the rights concerned are those which any person may exercise either singly or jointly ;

5. Considering that the international protection of the rights of national minorities is an essential aspect of the international protection of human rights and, as such, a domain for international co-operation,

 

Have agreed as follows :

 

Section I — Definition

 

Article 1

 

For the purposes of this Convention, the expression ‘‘national minority'' refers to a group of persons in a state who :

a. reside on the territory of that state and are citizens thereof ;

b. maintain longstanding, firm and lasting ties with that state ;

c.  display distinctive ethnic, cultural, religious or linguistic characteristics ;

d. are sufficiently representative, although smaller in number than the rest of the population of that state or of a region of that state ;

e.  are motivated by a concern to preserve together that which constitutes their common identity, including their culture, their traditions, their religion or their language.

 

Section 2 — General principles

 

Article 2

1. Membership of a national minority shall be a matter of free personal choice.

2. No disadvantage shall result from the choice or the renunciation of such membership.

 

Article 3

  1. Every person belonging to a national minority shall have the right to express, preserve and develop in complete freedom his/her religious, ethnic, linguistic and/or cultural identity, without being subjected to any attempt at assimilation against his/her will.

2. Every person belonging to a national minority may exercise his/her rights and enjoy them individually or in association with others.

 

Article 4

 

All persons belonging to a national minority shall be equal before the law. Any discrimination based on membership of a national minority shall be prohibited.

 

Article 5

 

Deliberate changes to the demographic composition of the region in which a national minority is settled, to the detriment of that minority, shall be prohibited.

 

Section 3 - Substantive rights

 

Article 6

 

All persons belonging to a national minority shall have the right to set up their own organisations, including political parties.

 

Article 7

 

1. Every person belonging to a national minority shall have the right freely to use his/her mother tongue in private and in public, both orally and in writing. This right shall also apply to the use of his/her language in publications and in the audiovisual sector.

2. Every person belonging to a national minority shall have the right to use his/her surname and first names in his/her mother tongue and to official recognition of his/her surname and first names.

3. In the regions in which substantial numbers of a national minority are settled, the persons belonging to a national minority shall have the right to use their mother tongue in their contacts with the administrative authorities and in proceedings before the courts and legal authorities.

4. In the regions in which substantial numbers of a national minority are settled, the persons belonging to that minority shall have the right to display in their language local names, signs, inscriptions and other similar information visible to the public. This does not deprive the authorities of their right to display the above-mentioned information in the official language or languages of the state.

 

Article 8

 

1. Every person belonging to a national minority shall have the right to learn his/her mother tongue and to receive an education in his/her mother tongue at an appropriate number of schools and of state educational and training establishments, located in accordance with the geographical distribution of the minority.

2. The persons belonging to a national minority shall have the right to set up and manage their own schools and educational and training establishments within the framework of the legal system of the state.

 

Article 9

 

If a violation of the rights protected by this protocol is alleged, every person belonging to a national minority or any representative organisation shall have an effective remedy before a state authority.

 

Article 10

 

Every person belonging to a national minority, while duly respecting the territorial integrity of the state, shall have the right to have free and unimpeded contacts with the citizens of another country with whom this minority shares ethnic, religious or linguistic features or a cultural identity.

 

Article 11

 

In the regions where they are in a majority the persons belonging to a national minority shall have the right to have at their disposal appropriate local or autonomous authorities or to have a special status, matching the specific historical and territorial situation and in accordance with the domestic legislation of the state.

 

Section 4 - Implementation of the protocol

 

Article 12

 

1. Nothing in this protocol may be construed as limiting or restricting an individual right of persons belonging to a national minority or a collective right of a national minority embodied in the legislation of the contracting state or in an international agreement to which that state is a party.

2. Measures taken for the sole purpose of protecting ethnic groups, fostering their appropriate development and ensuring that they are granted equal rights and treatment with respect to the rest of the population in the administrative, political, economic, social and cultural fields and in other spheres shall not be considered as discrimination.

 

Article 13

 

The exercise of the rights and freedoms listed in this protocol fully applies to the persons belonging to the majority in the whole of the state but who constitute a minority in one or several of its regions.

 

Article 14

 

The exercise of the rights and freedoms listed in this protocol are not meant to restrict the duties and responsibilities of the citizens of the state. However, this exercise may only be made subject to such formalities, conditions, restrictions or penalties as are prescribed by law and necessary in a democratic society in the interests of national security, territorial integrity or public safety, for the prevention of disorder or crime, for the protection of health or morals or for the protection of the rights and freedoms of others.

 

Section 5 — Final clauses

 

Article 15

 

No derogation under Article 15 of the Convention from the provisions of this protocol shall be allowed, save in respect of Article 10 of the latter.

 

Article 16

 

No reservation may be made under Article 64 of the Convention in respect of the provisions of this protocol.

 

Article 17

 

The States Parties shall regard the provisions of Articles 1 to 11 of this protocol as additional articles of the Convention and all the provisions of the Convention shall apply accordingly.

 

Article 18

 

This protocol shall be open for signature by the member states of the Council of Europe which are signatories to the Convention. It shall be subject to ratification, acceptance or approval. A member state of the Council of Europe may not ratify, accept or approve this protocol unless it simultaneously ratifies or has previously ratified the Convention. Instruments of ratification, acceptance or approval shall be deposited with the Secretary General of the Council of Europe.

 

Article 19

 

1. This protocol shall enter into force on the first day of the month following the date on which five member states of the Council of Europe have expressed their consent to be bound by the protocol in accordance with the provisions of Article 18.

 

2. In respect of any member state which subsequently expresses its consent to be bound by it, the protocol shall enter into force on the first day of the month following the date of the deposit of the instrument of ratification, acceptance or approval.

 

Article 20

 

The Secretary General of the Council of Europe shall notify the member states of the Council of :

a. any signature ;

b. the deposit of any instrument of ratification, acceptance or approval ;

c.  any date of entry into force of this protocol ;

d. any other act, notification or communication relating to this protocol.

 

In witness whereof the undersigned, being duly authorised thereto, have signed this protocol.

 

Done at Strasbourg this day of , in English and French, both texts being equally authentic, in a single copy, which shall be deposited in the archives of the Council of Europe. The Secretary General of the Council of Europe shall transmit certified copies to each member state of the Council of Europe.

1. Assembly debate on 1 February 1993 (22nd Sitting) (see Doc. 6742, report of the Committee on Legal Affairs and Human Rights, Rapporteur : Mr Worms ; and Doc. 6749, opinion of the Political Affairs Committee, Rapporteur : Mr de Puig).

   Text adopted by the Assembly on 1 February 1993 (22nd Sitting).

2. The term ‘‘Convention'' in this text refers to the Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms.

boontoe

* * *

 

Rasgebaseerde IK-vergelyking as determinisme van wát?

deur Sara

Lees ook die vorige bydraes in ons rasdebat:

  Norman Bernard:  Die korrelering van ras en intelligensie

Harold Owen:  Ras en intelligensie:  die argument vir 'n korrelasie

Wie van ons sal ooit die gevreesde IK-toetse van ons skooldae vergeet?  Daardie dag wat die onderwyser die papiere sonder vooraf waarskuwing uitgedeel het wat moes bepaal wie die slimste in die klas, wie die domste en watter outjies maar gewoon middelmatig is.  Ek onthou nog goed dat my onderwyser met die pak op die arm voor die klas gestaan het en gesê het: “Ek hoop julle het almal ’n goeie brekfis gehad, want vandag skryf julle IK-toetse”.  Ek onthou my paniek: sênou Braampie Kotze is slimmer as ek.  Ek was altyd ’n kortkop voor hom in wiskunde en Afrikaans en Engels, maar die dag wat die inspekteur gekom het, was Braam uitgesonder as meneer se beste leerling.  Ek onthou ook vir Okkie langs my, wat goddelike goed met sy hande kon toor uit hout, ou koeldrankblikkies, draadjies, motorbuitebande, enigiets wat hy in die hande kon kry.  Okkie, die paas-vir-wit outjie van die Kalkplato wat volgens meneer so dom was soos die grond waarop sy pa bywoner was.  Okkie, wat vandag vier plase en ’n hele reeks groothandel-slaghuise besit.  Okkie het seker maar die departement se IK-toets gedop, want hy’t meeste van die tyd net sit en kyk vir die ding, pen tussen die krulhare agter die oor. 

Die aanname is dat wetenskaplike studie met ’n doel geskied waarby die breë samelewing baat kan vind, want dit sou tog waansinnig wees om soveel geld en tyd as wat uitgerekte wetenskaplike prosesse vereis aan te wend uit blote nuuskierigheid.  Wat sou die doel wees waarvoor rasvergelykende IK-toetsing gedoen en ontleed word anders as ter motivering van een groep se meerderwaardige status teenoor ’n ander? 

Dit is vir my duidelik dat Harold Owen in sy repliek op Norman Bernard se skrywe probeer wegskram van kwessies wat met hierdie vraag verband hou.  Ongelukkig kan ’n debat oor sosiobiologiese determinismes nie sinvol plaasvind indien die doel van die oefening nie uitgespel is nie en dit is hier waar die aanhangers van Hernstein en Murray in die verleentheid kom omdat hulle noodwendig hulle rassistiese agenda sal moet openbaar as hulle sin wil gee aan die gesprekvoering rondom vergelykende intelligensie tussen die rasse. 

Boonop is daar die feit dat geen klinkklare uitsluitsel bestaan dat menslike intelligensie meetbaar en vergelykbaar is oor kulturele en etniese grense heen nie.  Ek was verheug om die verwysing na Stephen Jay Gould in Kryt se opsomming van die Amerikaanse standpunte te sien.  Daar bestaan gewoon nie ’n toets wat alle omgewings-, kulturele en ander verwysingsraamwerkfaktore wat eie aan etniese of ander sosiale subgroepe is, uitskakel nie.  Daarom kan geen legitieme vergelykings getref word nie en is die hele debat eintlik ’n doodloopstraat. 

Ek glo ook nie dat dit vandag meer toepaslik is om bloot te praat van IK as ’n breë veralgemeende begrip sonder om die besondere aanleg of talente van ’n individu in ag te neem nie.  Dis nie verniet dat uitdrukkings gebruik word soos “Jannie het ’n kop vir wiskunde” of “Sannie is ’n kunsmens” of “Okkie se hande staan vir niks verkeerd nie”.  ’n Samelewing bestaan uit mense wie se talente mekaar komplimenteer sodat die geheel by die verskeidenheid kan baat.  Daar is geen rede hoekom hierdie model nie ook in ’n moderne rasvermengde samelewing kan voortgesit word nie.  Dit is wanneer neweprodukte soos meerderwaardigheid, inhaligheid en rassisme die kop in die breë ontwerp uitsteek dat die potensiaal van hierdie balans ondermyn word. 

Norman Bernard skryf dat hy homself oor die onderwerp uitspreek omdat die aansprake en teensprake van die ras en intelligensie debat “iets van essensiële logiese en morele betekenis mis…”  Ek sluit aan by sy standpunt dat in ’n ordentlike samelewing geen sosiale gevolge behoort te spruit uit enige ontdekking, waarskynlik gewaande ontdekking, wat moontlik gemaak kan word in die loop van sulke navorsing nie.  Dit is ook die rede hoekom ek as leek my wil uitlaat in hierdie debat.  Ter wille van diegene wat wil voortgaan om hulle rasmeerderwaardigheid te koppel aan toetsing volgens Westerse maatstawwe en veral die wat hulle rasgedrewe motiewe probeer verdoesel deur te sê dat die Sjinese en die Jode darem slimmer as hulle eie kaukasiese rasgenote getoets het, verwys ek na ’n Afrika-perspektief in die moraliteit van die hele kwessie.  Dit het direk betrekking op mnr. Owen se standpunt dat negroïde samelewings nie in staat is om kaukasiese tegnologie in stand te hou nie en ook sy geïmpliseerde aanname dat kaukasiese tegnologie noodwendig die redding van swart Afrikane is. 

Daar is min uitsprake so grensloos arrogant as dié van kaukasiërs wat beweer hulle het die swartman in Afrika kom red met hulle tegnologie en infrastruktuur.  Daar is ook min só oneerlik.  Kaukasiese setlaars het Westerse tegnologie en infrastruktuur na Afrika gebring om hulle eie lewens te vergemaklik en hulle ekonomiese aktiwiteite in Afrika te fasiliteer, nie om die “wilde” inboorlinge wat hulle hier aangetref het te kom help nie.  Die Europeërs wat Afrika kom koloniseer het, het dit gedoen ter wille van die welvaart van hulle eie samelewings in Europa en om geen ander rede nie. 

As gevolg hiervan het die vasteland met sy geïsoleerde samelewings opgeslurp geraak in ’n Westerse ekonomiese, industriële en godsdienstige wêreld wat die maatstaf sou verskaf waaraan alle aspekte van die lewe gemeet word.  Afrika het ingetrek geraak in ’n wêreld wat die eeue-oue ritme van die kontinent versteur het en waarby sy boorlinge nooit een honderd persent sou kon aanpas sonder om feitlik alle aspekte van hulle eie kultuur te versaak nie.  Dit is die dilemma van Afrika en ja, mnr. Owen, ook Haïti en al die ander verowerde plekke waar die “earth religions” plek moes maak vir die manier waarop Westerlinge dinge doen.  En die inboorlinge ’n god moes begin aanbid van wie hulle min verstaan het, sodat hulle minder barbaars kon wees en die kaukasiese indringers gemakliker kon voel in hulle teenwoordigheid. 

Ek glo dat die nasate van die setlaars van destyds, ons, die blankes en kleurlinge wat hulle vandag in Afrika bevind en nie werklik meer ’n heenkome elders het wat hulle waarlik hulle eie kan noem nie, ook boorlinge van Afrika geword het.  Dit is egter belangrik om te besef dat ons van Afrika is en nie andersom nie.  Ons bewandel die grond waaronder die ontslape liggame van millenia se “amadlozi” lê en dit is nie realisties om aan Afrika te probeer ontkom deur die kultuurerfenis van sy oerboorlinge te ontken nie.  Ook nie om te probeer om Europa hier te simuleer nie.  Ons kan nie bo alle twyfel daarop aanspraak maak dat dit werklik vir Afrika beter was om in die nuwe wêreld ingelyf te word nie en ook nie bloot aanneem dat swart Afrikane ook so daaroor voel nie. 

Terwyl sommige van die leiers en toonaangewers onder die jong generasie swart Afrikane verlei raak deur die simbole van Westerse welvaart, krepeer die massas op die voorvadergronde wat aansienlik gekrimp het om plek te maak vir die setlaars en die industrieë van die nuwe wêreld totdat hulle uiteindelik geen keuse het as om te verstedelik en weggeruk te word uit die tradisionele ondersteuningsomgewing waar hulle kinders gesond kan grootword nie.  In hierdie opset verval baie van die tradisies wat eeue lank hulle samelewings gereguleer het voordat hulle die reëls en implikasies van die nuwe wêreld genoegsaam verstaan om volgens die norme van die base van daardie samelewing op te tree.  Hier word hulle getoets en beoordeel om hulle waarde te bepaal vir die werking van ’n samelewing waarvan hulle glad nie die groter prent kan sien nie en ook nie oor ingelig word nie.  Swartmense moet meeding in ’n kulturele opset wat vir hulle sekondêr is.  Selfs al sou ’n mens dit sonder protes aanvaar en die moraliteit van hoe dit gebeur het buite rekening laat, kan jy nogsteeds nie wegkom van die onverantwoordbaarheid van Westerse toetsing nie.  Die argument dat ’n hele generasie reeds in Westerse terme opvoeding ontvang het, sal ook nie waterhou nie, hulle was in ’n onderwysstelsel wat glad nie daarop gemik was om die leerlinge op te voed om te kan interpreteer wat die wisselwerking van die verskillende sosiale en wetenskaplike dissiplines met mekaar is nie, wat nie eers daarin kon slaag om sy eie kaukasiese kinders sodanig te leer nie. 

Die mense van Afrika is uniek.  Dat die kaukasiese samelewing hulle wil toets en hulle waarde vir ’n kaukasiese samelewing wil bepaal aan die hand van kaukasiese modelle is daardie samelewing se probleem en sy dwaling, net soos wat die bevinde “onaanpasbaarheid” van die swartman in die wêreld wat die kaukasiers hier kom skep het die kaukasiers se probleem is.  As mense ontneem word van hulle erfgoedere en in ’n omgewing gedompel word wat hulle nie die geleentheid gegun word om hulle eie te maak nie, kry jy sosiale probleme, misdadigheid en opstand.  Restitusie sal altyd geëis word op welke wyse die eiser goeddink. 

Ek wil nie betrokke raak by die Amerikaanse aspekte van hierdie debat nie, omdat dit ’n hele nuwe blik wurms oopmaak, behalwe om te sê dat in daardie geval net soos hier in Afrika, het die kaukasiërs hulleself ongenooid in die prent gesit wat nou vir hulle so swart geword het.  Die slawe van drie honderd jaar gelede uit Afrika, wie se nasate nou so ’n lastigheid geword het vir die Amerikaners, het nie aansoek gedoen vir die poste waarvoor hulle ontvoer is nie. 

Terloops, mnr. Owen, die uitdrukking waarna u verwys, is eintlik: “White men can’t jump”.  Dit is ’n basketbalgesegde onder die negerspelers in Amerika wat verwys na “dunking”, waar die speler letterlik hoog genoeg spring en genoeg “hang time” bewerkstellig om die bal met sy hand deur die hoepel te sit in plaas van op die grond te staan en die doel te skiet.  Dit is skouspelagtig, net soos die atletiesheid van die blinkswart manne wat die spel speel. 

Daar is misdade gepleeg teen die mensdom van Afrika: misdade van onderwerping, afdwinging, stropery van die kontinent en ontvoering in die naam van beskawing en vooruitgang.  Die sondes van die vaders word besoek aan die kinders… só sê die Bybel van die kaukasiërs se God.

boontoe

* * *

Grond en grondbesitregte : die skandvlek leef voort !

deur P.J. Lourens

Op papier het die "internasionale" grense van die voormalige tuislande en self-regerende gebiede onder jubelende gedawer met die gekrap van 'n pen sedert 1994 verval , en parallel daarmee die outonomiteit van die gewraakte "Bantoestans". Die verwagting was en is nog steeds groot onder bykans elke nuwe ingelyfde Suid-Afrikaanse burger dat hy/sy nou synde eersteklas burger ook binnekort sou kon deel in die rykdom en voordele van private eienaarskap van grond wat eertyds deur die Staat - en by name die Minister van Grondsake - in trust gehou was , maar grootliks egter nog steeds gehou word. Wetgewing , en met spesifieke ver-wysing na die Wet op Opgradering van Grondbesitregte , Wet No. 112 van 1991 , asook die Wysigingswet No. 34 van 1996 en ander relevante wetgewing , was sedert 1991 gepromulgeer , maar vordering met die toepassing daarvan en dus  groot-skaalse oordrag van eienaarskap vanaf Staat na privaat is oor die algemeen so gebrekkig dat die agterstand groter en beslis nie kleiner word nie. Die toe-passing van wetgewing is primêr die verantwoordelikheid van amptenare van die Staat , en dit is presies waar die grootste probleem blyk te wees aangesien die wetgewer met sank-sie van die regering/parlement/kabinet die promulgasie daarvan bekragtig het , maar weinig daaraan doen as die staatsmasjinerie nie in staat is om die inwer-kingstelling daarvan te hanteer en te monitor nie. Die regering van die dag is dus indirek daarvoor te blameer en op talle ander gebiede herhaal hierdie bizarre situasie homself , deurdat die regering stapels wetgewing en spesifiek 'n liberale grondwet aan die ganse wêreld verkoop sonder genoeg sub-stansie om dit te ondervang.

Sedert die Nasionale Party die ideologie van afsonderlike ontwikkeling in die sestigerjare nuwe momentum gegee het met die daarstelling en implimentering van die tuislande en selfregerende gebiede , het min egter verander en miljoene mense wag nog steeds elke dag meer ongeduldig vir die dag wanneer hulle diepste wens sover dit grondbesit betref vervul sal word. Dit gaan egter nog baie lank duur te oordeel aan die manier waarop die huidige regering die aangeleentheid hanteer. Ongeveer drie-en-dertig vorme van wetgewing spreek in effek die vraag-stuk van grondhervorming op hierdie stadium (teoreties) tot mindere of meerdere mate aan , en verskeie van die statute was gepromulgeer hoofsaaklik om be-staande wetgewing uit te brei en/of om bloot stukrag aan die implimentering daarvan te verleen. Die bestaan van enige vorm van wetgewing is egter irrelevant indien dit nie toegepas of afgedwing word nie , en dit is weereens 'n verdere bewys van wat besig is Suid-Afrika te gebeur. 

Die ou Nasionale Party met Dr. Hendrik Verwoerd aan die spits het die totstand-koming van die tuislande gepropageer wel wetende dat wetgewing en kapasiteit nie beskikbaar was vir die manifistering van die beginsel van privaat grondbesit of private eienaarskap vir die "burgers" van die nuut gevormde eilande binne die (erkende) grense van die R.S.A. nie. Hoofsaaklik om daardie rede het die tweede-handse stelsel van "Vergunning tot Okkupasie" of "Permission to Occupy" (PTO) inslag gekry (en wat vandag binne kommunale of tradisionele verband nog erken word) maar vir die doeleindes van sekuriteit van titel op geen denkbare manier enige noemenswaardige status tot die effek kan verkry nie. Die grootste persen- tasie van grond - met spesifieke verwysing na standplase wat individueel geokkupeer word en wat destyds aan die tuislande oorgedra was - was nie behoorlik kadastraal opgemeet en geregistreer in die Aktekantore van die vier voormalige Provinsies nie.

Indien daar verder met 'n vergrootglas na die propaganda veldtogte van beide eras gekyk word - al is die ANC nog maar kort van sewe jaar aan bewind - is dit verbasend dat daar so min en deur so min mense ophef gemaak word van eienaarskap , en dit beteken per sy eienaarskap in volle en vrye titel en nie deur die blote okkupasie van grond nie deur die bv. gefabriseerde tweedehandse PTO ("Permission To Occupy"" stelsel nie. Geen vorm van privaatgrondbesit wat nie ondervang word  deur 'n kadastrale stelsel en waarvan die integriteit nie bevraagtekenbaar is nie , sal enige substansie verleen aan die beoogde proses om privaat eienaarskap

moontlik te maak vir die breë bevolking van 'n land nie. Suid-Afrika se kada-strale opmetingstelsel word internasionaal nog steeds baie hoog aangeskryf , en so in die stilligheid doen die Direktoraat Opmetings en Kartering werk van uit-nemende gehalte deurdat die kantore van die Landmeters-generaal ondersoeke en goedkeuring van dokumente in bykans sonder uitsondering binne dertig dae af-handel. Dit alles word moontlik gemaak deur bevoegde amptenare wat die stelsel effektief bestuur , en veral sedert kragtige rekenaars die afgelope vier jaar suksesvol met die operasionele omgewing geintegreer was. Ten einde regverdigheid te laat geskied moet 'n mens hier krediet gee aan die besluitnemers aan rege-ringskant , en met verdere en spesifieke verwysing na die feit dat die privaat-sektor deurentyd geken was en nog steeds geken word tydens die program om 'n nog meer  effektiewe en bekostigbare stelsel 'n werklikheid te maak.

Die tradisionele leiers van Suid-Afrika en deur hulle verkose liggaam CONTRALESA maak geen geheim daarvan dat hulle nie bereid is om afstand te doen van die magsbasis wat vir alle praktiese doeleindes bekom was deur die Verwoerd ideo-logie nie , al is dit hoofsaaklik van toepassing op grond wat deel uitgemaak het van die gebiede onder bespreking. Afgesien daarvan dat die tradisionele leiers ook in verreweg die meeste gevalle bloot Staatsgrond de facto okkupeer verstaan hierdie mense blykbaar nie altyd die kompleksiteit van die situasie nie. Grond is niks werk indien dit o.a. vanuit landbou- , kommersiële-  en industriële

perspektief geen beleggingswaarde bied nie , en daar boonop ook nie verant- woordelik besit en bestuur word nie. Die Staat wat verreweg die grootste grond-besitter en eienaar van derduisende eiendomme onder bespreking is , kan by im-plikasie weereens nie meer direk verantwoordelik gehou word vir die agteruitgang en selfs sterilisasie van (spesifiek) landbougrond nie , aangesien die meerder- heid van die mense woonagtig in die gebiede ondersteuners van die regerende party is , toegegee , die meerderheid het die regerende party twee keer aan be- wind gestem en die beloftes wat met beide verkiesingsveldtogte gepaardgegaan het , was waarskynlik deurslaggewend van aard in hierdie verband , nou , en vir 'n onbepaalde tydperk in die toekoms. Noodwendig ontstaan die vraag nou hoe lank hierdie blindelingse lojaliteit gaan voortduur , en te oordeel na die tendens in Afrika en die steun wat vryheidsbewegings oor 'n lang tydperk na bevryding ge-niet , is dit 'n verdere en sterk aanduiding dat dit nie oornag gaan verander nie. Hierdie scenario staan in skrille kontras met die verantwoordelikheid wat normaalweg gepaardgaan met private eienaarskap van grond , en dit dui onteen-seglik daarop dat private eienaarskap van grond 'n primêre fondament van die vryemarkstelsel vorm. Daar bestaan 'n aantal (verwerplike) leerstukke - wat veral deur die aanhangers van marxistiese ideologië gekoester word - dat privaat grondbesit geensins bydrae tot beter grondbestuur , beter benutting en groter verantwoordelikheid nie , maar dan is dit ook waar dat marxiste meestal in 'n gekkeparadys lewe en die beste hedendaagse voorbeeld in die Suider-Afrikaanse konteks is waarskynlik pres. Robert Mugabe van Zimbabwe wat deur sy eie lands- burgers beskou word as 'n geestelik versteurde , ideologies bankrot en ongeba-lanseerde despoot wat krampagtig aan mag bly klou , wel wetende dat hy dit reeds bykans totaal deurgetrek het.

 

Ten einde enige revolusie te laat slaag moet daar aan spesifieke vereistes voldoen word , en die oordrag van mag vanaf ‘n wit minderheid na ‘n swart meerderheid - wat min of meer beskryf kan word as ‘n onderhandelde revolusie –

is geen uitsondering in die verband nie. Dit is ‘n feit dat , soos in Zimbabwe , die ANC bewind se grootste steun in die landelike gebiede van Suid-Afrika lê. Maak die ANC daardie kiesers gelukkig deur te voldoen aan al die behoeftes en gehoor te gee aan al die eise - wat in elk geval nie realisties haalbaar is nie - t.o.v. behuising , werksgeleenthede en besikbaarstelling van grond sal dit noodwendig meebring dat kiesers apaties raak teenoor politieke bedrywighede en dit is juis waar die grootste bedreiging mag intree. So , die ANC – waarvan baie invloedryke lede goed geskool is in die Marxistiese en Lenistiese leerstellings – het geen ander keuse as om die kiesers “kwaad en gefrustreerd” te hou nie , alhoewel dit op(subtiele) maniere gedoen word wat nie deur die massas verstaan word nie. Wanneer daar druk op die politieke meesters geplaas word , word die rassekaart o.a. eenvoudig uitgehaal en rondgeswaai , en die kieserskorps val met volle eerbewys agter die meesters in. Dit bring ons terug na die korttermyn oplossings , want die langtermyn realiteit is disinvestering , kapitaalvlug , emigrasie van hoogs geskoolde blankes en by implikasie die bespoeding van agteruitgang tot en met daarstelling van ‘n Afrika staat westerse invloed en vooruitgang vir alle praktiese doeleindes beperk is tot donasies , skenkings en die verskaffing van toerusting en tegnologie.

 

Dit is interessant en insiggewend , maar ook ongelooflik onrusbarend vir die- gene wat besef hoe effektief en strategies die tradisionele leiers tussen die regering en tot sekere mate ten koste van die gewone burger posisie ingeneem het. Trouens , so effektief dat die regering lankal by implikasie ingestem het om deur die tradisionele leiers met hulle mense te praat , en watter geselek- teerde inligting bereik nou die mense deur hierdie "erkende" medium ? Wat eienaarskap betref presies wat die meerderheid van tradisonele leiers wil hê

die volk moet hoor ! Kyk 'n mens verder na die ANC Regering te vermoë om vraagstukke te systap en omwelkome kritiek van die tafel af te vee , sou dit baie naïef wees om te verwag dat hierdie vraagstuk spoedig opgelos of effektief

aangespreek sal word. Deur die fokus te verskuif na onteiening van tradisioneel blanke grond word sensasie gewek , en blykbaar is die onteiening van een blanke boer se plaas is meer opspraakwekkend as die gebrek aan eienaarskap in volle en vrye titel van 'n paar duisend gesinne op een enkele plaas wat aan die Staat be-

hoort. Die ellende wat deur armoede en werkloosheid te weeg gebring word - pri-mêr veroorsaak deur die beleid van afsonderlike ontwikkeling - en wat skrikwek-kende afmetings in groot dele van landelike Suid-Afrika aangeneem het , is 'n muilband der muilband vir die bewindhebbers en die ANC kan doen net wat hy wil maar verantwoordelikheid sal hy op 'n stadium moet aanvaar vir sy oënskynlike onvermoë om die probleem vinning en effektief aan te spreek. Net so seker sal Robert Mugabe op 'n stadium verantwoordelikheid sal moet aanvaar vir sy hoof-aandeel aan die totale agteruitgang en verwagte ineenstorting van die ekonomie van Zimbabwe en alles wat onvermydelik daarmee gepaard sal gaan.

 

Grondhervorming moet plaasvind en die onreg van die verlede moet sonder twyfel aangespreek word , maar sonder dat die mense wat deur beide die Nasionale Party en die ANC as kanonvoer gebruik was - en beslis nog gebruik word al het die speelveld verander - weer in die spervuur beland. Enige saak het bykans altyd twee kante , en daar word van tyd tot aangevoer dat indien die kiesers bereid is om hierdie onreg onbepaald te verdra verdien hulle dit wat na hulle kant toe kom.

 

Dit is egter redelik simplisties gestel , aangesien die kompleksiteit en volle perspektief van grondbesit ongelukkig buite die verwysingsraamwerk val

van die individu wat nie 'n sekere vlak van opvoeding bereik het nie , en daar lê dus harde werk voor die die beleidsmakers , afgesien daarvan dat dieselfde mense nou die raamwerk(e) geskep het vir die nuwe era waarin private grondeie-naarskap vir die grootste persentasie van die Suid-Afrikaanse bevolking 'n werklikheid kan word. Die regering word deurlopend gewaarsku om nie selektief te werk te gaan met die vraagstuk van grondhervorming en grondverdeling en boonop terselfdertyd die intellek van sy mense te onderskat nie , maar dit lyk egter of daar alewig 'n geneigdheid bestaan om die triomf van die 1994 en 1999 verkie-singsoorwinnings te lank en intens te vier , en word die magsmeerderheid wat die ANC nou op bykans alle terreine verkry het en veral na die afloop van die muni-sipale verkiesing in 2000 , gebruik as 'n stok om andersdenkendes mee by te kom in plaas daarvan om die reg op bewind as "'n Sertifikaat van Erken-ning" voorop te plaas en al die mense van die land regverdig te dien.

 

Ons is dus onafwendbaar op pad na 'n situasie soortgelyk aan die' van Zimbabwe , alhoewel die verloop van sake waarskynlik nie so dramatiese en sensasioneel sal wees nie. Voorts geskied dit oor 'n langer tydperk en die gemene deler , m.a.w. die feit dat die Mbeki regering nie die proses met blatante kru rassisme en staatsgeïnspireerde terrorisme aanvuur nie , ontbreek in hierdie geval. Blanke ontvolking van die platteland , en met spesifieke verwysing na landbougrond , het sedert die begin van die negentigerjare momemtum gekry , en die alomteen- woordige veiligheidsituasie sowel as ongunstige landboutoestande het sedert 1994 die proses versnel. Verskeie landbouprojekte wat ten tye van die bestaan van die tuislandera van stapel gestuur was staan bankrotskap in die gesig , met die Ze-bediela Sitrusprojek sekerlik die bekendste of eerder berugste op hierdie sta-dium. In die meeste gevalle het die verlies aan kundigheid en bestuursvermoë die oorhand gekry en kan die vervangingskontingent net eenvoudig nie die mas opkom nie. Staatsinmenging en politieke propaganda het verder bygedra dat produkti-witeit so agteruitgegaan het dat dit as niks anders as 'n massiewe verlies op enige balansstaat gereflekteer kan word nie.

 

Ek herinner my die versoenende woorde van Robert Mugabe se oorwinningstoespraak toe hy in 1980 aan bewind gekom het , alhoewel hy onder omstandighede nie veel van 'n ander keuse gehad het nie. Daarmee gelykstaande trek ek direk 'n parallel na die woorde van Thabo Mbeki verlede jaar in die parlement toe hy onder groot druk 'n meer pragmatiese en eietydse toespraak voorgelees het. Vyf jaar in die toe- koms gaan Thabo Mbeki se toespraak iets van die verlede wees , maar die honger na eienaarskap van die grondloses gaan nie sonder ingryping stilgemaak word nie , en stabiliteit - met die subkontinent van Afrika se ekonomie voor in die linie - kan gevolglik in die slag bly. Dit sal Suid-Afrika stewig op die pad na uit-eindelike ondergang plaas. Die geharde marxiste in die geledere van die ANC en

waarvan verskeie senior kabinetsposte bekleë , mag moontlik met die steun van baie ander marxiste in hulle geledere op 'n stadium waterskeidingsbesluite moet neem ten einde o.a. eenheid binne die drieparty alliansie te beskerm , en dit kan net sowel wees dat hierdie kameraderie swaarder gaan weeg as blanke voort- bestaan en welvaart in hierdie land. As dit gebeur het in Zimbabwe en in baie ander lande in Afrika is daar geen rede om te redeneer dat dit nooit hier sal gebeur nie.

 

Skrywer is 'n Raadgewende / Konsulterende Professionele Landmeter tans besig met 'n MSc/Phd navorsingsverhandeling aan die Universiteit van Pretoria. Die onder-werp is opgradering van Grondbesitregte / van informele nedersettings in lande-like gebiede van Suid-Afrika.

boontoe

* * *