|
Konfederale AfrikanerForum |
Datum
: 30 September 2003 |
|
Eerste verslag van die komitee vir ekonomiese opheffing en
werkskepping |
Bladsy:
1
|
Inhoudsopgawe
|
Afdeling |
Titel |
Bladsy |
4
Ontleding van die opdrag aan die komitee
5
Faktore wat werkloosheid veroorsaak
6
Geraamde omvang van die werkloosheidsprobleem
7
Faktore wat werkskepping negatief beinvloed
8
Faktore wat kapitaalvoorsieners negatief beinvloed
9
Die behoefte aan ‘n inisiatief vir werkskepping
10
Raamwerk waarbinne ‘n oplossing geformuleer moet word
__________________________________________________________________________________________
Die volgende afkortings is deurgaans gebruik in hierdie verslag, waar elke afkorting die betekenis het soos daarteenoor aangedui.
Op die maandvergadering van KAF gehou op Saterdag 6 September 2003 is ‘n besluit aanvaar dat ‘n permanente Ekonomiese Opheffings- en Werkskeppingskomitee van KAF in die lewe geroep word.
Die volgende persone is verkies tot hierdie komitee:
· Mnr Andries Lombaard
· Mnr Ben Pieters
· Mnr Jaap Kelder
· Mnr. Dan Roodt
Die opdrag aan die EOW is soos volg omskryf:
“Om aandag te
skenk aan en voorstelle te formuleer ten einde die ekonomiese opheffing van die
Afrikaner aan te spreek, met spesifieke verwysing na die ernstige vlakke wat
werkloosheid tans aanneem onder Afrikaners.”
Die EOW is tydens gemelde vergadering opdrag gegee om by die eersvolgende vergadering van KAF ‘n eerste verslag uit te bring.
Die EOW het, tydens hul eerste vergadering gehou op Woensdag 10 September te Pretoria, die aspek van ekonomiese opheffing van die Afrikaner in breë trekke bespreek. Die gevolgtrekking waartoe gekom is deur die EOW was dat ekonomiese opheffing oor ‘n baie breë boeg gegooi kan word. Die EOW en selfs KAF sal waarskynlik min of geen bydrae kan lewer anders as vanuit ‘n politieke oogpunt en dat veel eerder gefokus moet word op werkskepping.
Daar is dan ook besluit dat the EOW tydens die volgende vergadering van KAF sal voorstel dat die titel en opdrag aan EOW heroorweeg word.
Dit word aanbeveel dat:
· die titel verander word tot die Werkskeppingskomitee;
· die opdrag aan die komitee verander word om as volg te lees:
“Om aandag te
skenk aan en voorstelle te formuleer ten einde die ernstige vlakke wat
werkloosheid tans aanneem onder Afrikaners, met prakties uitvoerbare oplossings
aan te spreek.”
Dit is waarskynlik nie moontlik om al die tersaaklike faktore wat bydra tot die toename in werkloosheid onder blankes in die algemeen en Afrikaners in die besonder, volledig uit te lig nie.
Die volgende aspekte kan egter toegelig word:
Die onvermydelike werklikheid wat alle werknemers en eienaars van besighede in die gesig staar, is dat tegnologiese vooruitgang kan beteken dat die vraag na die produkte / diense wat ‘n onderneming lewer, sal opdroog.
‘n Voorbeeld hiervan is tikmasjiene en alle produkte wat daarmee saamgaan. Met die bekendstelling van persoonlike rekenaars, drukkers en programmatuur in die middle 80s het die verkope van elektroniese tikmasjiene begin afneem.
Die vraag na produkte verander soos gebruikers se smaak verander, of weens tegnologiese vooruitgang.
‘n Voorbeeld van eersgenoemde is voorkeure vir sekere voedselsoorte wat verander soos gebruikers meer bewus word van hul gesondheid.
‘n Goeie voorbeeld van die veranderende vraag weens tegnologiese vooruitgang is te vinde in die komper wêreld, waar kompers wat nie grafiese vermoëns het nie, glad nie meer gebruik word nie.
Vervaardigers van produkte skuif gereeld hul fabrieke na ander lande waar ekonomiese voordele meer aantreklik is, of fabrieke word gesluit en produksie vermoëns gekonsolideer by een of meer fabrieke, ten einde administratiewe koste te bespaar, of om die voordele van groter bestellings en vervaardigings volumes te geniet.
Werknemers van so ‘n fabriek wat gesluit word, kan hulself dikwels sonder werk bevind, veral in ‘n geval waar so ‘n vervaardiger ‘n groot werkverskaffer in die omgewing was.
Ekonomiese siklusse veroorsaak gereelde personeel afleggings deur werkgewers as gevolg van dalende vraag na produkte.
In die onlangse verlede
het die goudmyn sektor veral te kampe met dalende opbrengste vir goudproduksie
weens die sterk SA geldeenheid. Marginale
goudmyne is besig om produksie in te kort of selfs te
sluit.
Ander
aspekte is:
·
Skuld teen rente wat ’n vals monetêre beleid en skynwelvaart tot gevolg
het.
·
Ekonomieë wat grootliks diens-georienteerd en minder produksie gedrewe
geword het wat ’n ekonomie van skaarsheid moontlik maak.
·
Manipulering van kommoditeitspryse om kosproduksie te vernietig of om beheer
daaroor te verkry. Ons moet tog ag
slaan daarop dat die boere in alle fastette geteiken word.
Die Suid Afrikaanse ekonomiese omgewing het gedurende die afgelope dekade grootskaalse politieke inmenging van regeringskant gesien. Duisende blanke werkers op alle vlakke van die staatsdiens is afgelê in ‘n grootskaalse proses om swart personeel aan te stel.
Doelbewuste voorkeurbehandeling vir nuwe aanstellings in die openbare sektor en by groot maatskappye in die privaatsektor, is aan die orde van die dag.
Die middeljarige Afrikaner man is inderdaad ‘n bedreigde spesie in terme van sy vermoë om werk te kry in Suid Afrika.
‘n Hartseer aspek van ons moderne samelewing is die gereelde verskynsel van mense wie mekaar uitbuit deur middle van gou-ryk-word skemas. Verskeie piramied-skemas het in die laaste jare die lig gesien en telkens het honderde mense letterlik miljoene Rande daarin belê en verloor.
Hierdie skemas is baie aantreklik en diegene wie vroeg genoeg daarby betrokke raak, maak gewoonlik buitengewone winste, maar geeneen van hierdie skemas is volhoubaar nie, aangesien latere deelnemers se fondse bloot gebruik word om deelnemers wie vroeër ingespring het, te betaal.
Die meeste deelnemers plaas al hul aftree fondse in so ‘n skema, of mense gaan leen selfs geld by banke ten einde dit te belê. Wanneer die skema dan ineenstort, vind gesinne hulself skielik in ‘n ernstige geldverknorsing en staan die kans om alles te verloor.
Min statistiek is tans beskikbaar wat die omvang en impak van werkloosheid onder Afrikaners weergee. Die SSA het sopas aangedui dat totale werkloosheid onder alle bevolkingsgroepe tans 31% van die ekonomies aktiewe bevolking bedra. Hierdie verhouding beteken dat sowat 5,3 miljoen mense werkloos is.
Dit is waarskynlik veilig om te aanvaar dat werklose Afrikaners as a persentasie van die ekonomies aktiewe Afrikanerbevolking aansienlik laer is as die markgemiddelde. In absolute getalle mag dit egter steeds etlike duisende mense beloop, en dit is waar die probleem opgesluit is. Daar is eenvoudig te min inisiatiewe om hierdie mense te help en by te staan om weer ‘n eerbare bestaan te voer.
Dit mag moontklik waardevol wees om ‘n informele dog betroubare landwye opname te maak onder Afrikaners, ten einde die omvang van die probleem te bepaal.
Verskeie faktore het ‘n negatiewe invloed op die vermoë van ‘n land of gemeenskap om werkskepping in die hand te werk.
Die belangsrikste hiervan, in ‘n Suid Afrikaanse opset, is na die mening van die EOW, die beskikbaarheid van werkskapitaal. Ons beskou dit as die enkel grootste rede waarom entrepreneurskap nie behoorlik van die grond af kom in SA nie. Ons wei ook ‘n volle afdeling hieraan – sien 8 .
Entrepreneurs begin gewoonlik ‘n onderneming deur dit aanvanklik self te finansier. Dit is egter selde of ooit voldoende en soos ‘n besigheid groei en vooruitgang toon, benodig dit onvermydelik meer en meer befondsing ten einde die groei patroon te handhaaf.
Werkskapitaal word tipies aangewend in die finansiering van vaste toerusting, debiteure en voorrade. Verskaffers en banke ten opsigte van gestruktureerde lenings vir toerusting, is goeie bronne van kapitaal, maar dit is nie voldoende nie.
Die Suid Afrikaanse finansiële markte is glad in ingestel om KMOs op ‘n groot skaal te ondersteun met risikokapitaal nie. Alhoewel meer as voldoende bronne van fondse bestaan, is dit selde toeganklik vir diegene wie nie in staat is om kollaterale sekuriteit te verskaf nie.
Business Partners is ‘n mate van uitsondering op hierdie reël in die sin dat hulle ‘n mengsel van ekwiteit- en leningskapitaal sal beskikbaar stel. Kollaterale sekuriteit moet egter steeds verskaf word.
Hierdie Anglo-Saksiese benadering is die enkele grootste rede waarom ons ekonomie nie onder die voorstes in die wêreld gereken of ooit gereken sal word nie. In teenstelling hiermee het die na-oorlogse ekonomie in Duitsland en dìe van Singapoer sedert die jare 70 uitsonderlike groei getoon weens die omvangryke ondersteuning aan KMOs in die vorm van risikokapitaal.
SAVCA is gedurende 2000 geloods en het ‘n groot aantal lede, waarvan al die banke en groot risikokapitaal voorsieners lede is. Daar is ook ‘n hele aantal gespesialiseerde klein tot mediumgrootte ondernemings wat lid is van SAVCA.
Stemme gaan gereeld op vir die grootskaalse verslapping van die doolhof regulasies en registrasies van owerheidskant waaraan KMOs onderhewig is voordat met besigheid begin kan word. Banke is nou ook onderworpe aan die toepassing van streng beheermaatreëls voordat so ‘n onderneming ‘n bankrekning mag open.
In vergelyking met ontwikkelde lande is Suid Afrika steeds, relatief gesproke, ‘n paradys waar entrepreneurs KMOs kan begin.
Dit is onwaarskynlik dat die regulatoriese omgewing meer gebruikersvriendelik sal word in die toekoms vir die voornemende KMOs. Ons sal eerder ‘n geleidelike beweging na nog meer regulasies sien.
Entrepreneurs begin gewoonlik ‘n onderneming deur dit van hul private woonhuis af te bedryf. Indien ‘n produk vervardig word, word dit dikwels eers in die motorhuis gedoen. Dit is egter selde of ooit voldoende en soos ‘n besigheid groei en vooruitgang toon, benodig die entrepreneur groter en meer toepaslike werksruimte.
Baie min mikro-tipe fabrieksruimte bestaan in Suid Afrika. Business Partners het ‘n klein aantal sodanige fabrieke opgerig wat verhuur word.
Dit is egter nie voldoende nie en is in elkgeval net beskikbaar in ‘n paar van die groter stede.
Die eienaars van KMOs beskik selde indien ooit oor al die kennis en ondervinding wat nodig is om so ‘n onderneming suksesvol te bedryf. Hul ondervindsvelde is tipies beperk tot die tegniese aspekte soos vervaardiging / montering, of tot die verkoops- en bemarkingsfunksies van die onderneming.
‘n Behoefte bestaan vir inligting en advies rakende die ander sleutelfunksies soos bestuur, aankope, administrasie, inligtingstegnologie, finansiering, verkope, bemarking, personeel, distribusie ens.
Finanierders – sien 7.1 – plaas sonder uitsondering ‘n hoë premie op hierdie aspek van die besigheid, naamlik die mate waartoe ‘n entrepreneur ondersteuning kan kry ten einde hom / haar instaat te stel om die besigheid suksesvol te bedryf.
Hierdie afdeling fokus net op die probleme wat die voorsieners van kapitaal ondervind ten opsigte van die beskikbaarstelling van risikokapitaal aan KMOs.
Die voorsieners van werkskapitaal aan entrepreneurs moet in baie gevalle hul eie befondsing gaan werf in die kapitaalmark, of van groothandel voorsieners soos banke en versekeringsmaatskappye.
In baie gevalle word sodanige befondsing voorsien deur sulke groothandel befondsers onder spesifieke voorwaardes, soos byvoorbeeld:
· die ekonomiese sektore waarin besigheid gedoen mag word;
· minimumgrootte van bedrae geleen / belê in KMOs; en
· die omvang van die risiko’s wat geneem word.
Sulke beperkende reëls kan beteken dat befondsing nie beskikbaar is vir baie KMOs nie.
Leners vind dit moeilik om in noue kontak te bly met KMOs. Sulke ondernemings wat in kleiner dorpe gevestig is en aangewese is op die plaaslike tak van ‘n bank op die dorp, sal min simpatie en ondersteuning kan verwag. Gespesialiseerde kennis om met KMOs te deel, is gevestig binne die hoofkantore van banke en die groot risikofonds bestuurders, wie ongelukkig almal in Johannesburg of Kaapstad gesetel is.
Kapitaalvoorsieners is dit eens, sonder uitsondering, dat die ordegrootte van die werkskapitaal wat beskikbaar gestel word, nie onder ‘n bedrag wat tans op sowat R500,000 gepen is, moet val nie. Die rede hiervoor is eenvoudig: die koste van bestuur wat die kapitaalvoorsiener moet lewer ten einde die belegging op te pas en die KMO voldoende by te staan en van raad te bedien – raad wat dikwels buite die bestek van die kapitaalvoorsiener se werksomgewing val – is so hoog dat ‘n kleiner belegging nie die nodige opbrengs lewer om steeds winsgewend te wees nie.
Verder het ondervinding hulle geleer dat die groter belegging / lening in direkte verhouding staan tot die KMO se vermoë om al die risiko’s wat so ‘n KMO in die gesig staar – sien 7 – suksesvol aan te spreek.
Die koste van bestuur van ‘n beleggings / leningsportefeulje van ‘n kapitaalvoorsiener is hoog. Dit vereis gespesialiseerde kennis en ondervinding sowel as ingewikkelde stelsels, wat duur is. Hierdie indirekte kostes moet verhaal word in die vorm van ‘n opbrengs op die belegging / lening aan ‘n KMO.
Hieruit kan afgelei word dat die minimumgrootte van die belegging aan die een kant, en die rente / heffings aan gelde gekoppel aan die belegging / lening andersyds, sekere minimum vlakke moet haal, anders sal die kapitaalvoorsiener verkies om nie die transaksie af te sluit nie.
KMOs se kontantvloei patrone word direk beinvloed deur die betalings wat ontvang word van hul kliënte. Tensy ‘n KMO met die publiek deel en vaste aftrekorder fasiliteite met sodanige kliënte gereël het, het KMOs selde ‘n vaste, gladde kontantvloei stroom waarop staatgemaak kan word. Debiteure is bekend daarvoor dat hul betalings maak op of ongeveer maandeinde en dat hulle op hul beurt weer afhanklik is van wanneer hule eie debiteure betaal.
Om hierdie rede is kapitaalvoorsieners dikwels ongeneë om betrokke te raak by KMOs se finansiering, aangesien terugbetaling so onseker is.
Soos aangeraak onder 7.4 , het die meeste entrepreneurs nie voldoende algemene bestuursondervinding nie. Hulle is gewoonlik goed onderlê in hul tegniese of bemarkingsgebiede en is instaat om ‘n produk of diens van ‘n hoë gehalte af te lewer, maar is nie noodwendig instaat om ‘n KMO te bestuur nie.
Weens hierdie risiko skram baie kapitaalvoorsieners weg van KMOs.
Weens die onsekere kontantvloei patrone van KMOs is die gereelde maandelikse betaling van ‘n leningspaaiement aan die kapitaalvoorsiener, nie altyd moontlik nie. Die mees algemene metode is vir die kapitaalvoorsiener om by wyse van ‘n bank debietorder die paaiement te vorder, of vir die KMO om die bedrag verskuldig, elektronies oor te plaas.
Laasgenoemde metode plaas egter die KMO in beheer van die betalingsproses en dit skep weereens ‘n riskante benadering uit die oogpunt van die kapitaalvoorsiener.
Daar is min twyfel dat die nie-finansieringsondersteuning wat KMOs benodig, dikwels die hoofrede is waarom kapitaalvoorsieners wegbly uit hierdie marksegment. Menige lid van SAVCA sal dadelik erken dat die besluit om ‘n belegging te maak dikwels geneem word op sterkte van die oënskynlike vermoë van die entrepreneur om die ondersteuningsdienste elders te bekom.
Nadat so ‘n belegging gemaak is, is dit moeilik vir die kapitaalvoorsiener om nie betrokke te raak by aspekte van die ondersteuningsdienste nie, sonder om die verhaalbaarheid van die belegging / lening op risiko te plaas nie.
Min twyfel bestaan by die EOW dat ‘n enorme behoefte bestaan onder Afrikaners vir ‘n werkskeppingsinisiatief. Die Vaalrivier-gebied waar die Krion skandaal honderde gesinne sonder geld, heenkome of werk gelaat het, is maar een sprekende voorbeeld van die dringendheid van die probleem.
Die EOW is van mening dat ‘n oplossing vir die ontplooiing van ‘n werkskeppingsinisiatief van KAF aan die volgende moet voldoen:
Enige werkskeppingsprojek wat KAF wil aanpak gaan befondsing benodig. Hierdie moet dan ook die eerste prioriteit wees van enige werkskeppingsaksie wat KAF wil loods.
Alle werkskeppingsprojekte moet prakties uitvoerbaar wees. Daar is geen sin in om groot nasionale projekte te definieër en tyd / aandag daaraan af te staan, as dit nie prakties uitvoerbaar is nie.
Die beplanning, implementering en bestuur van enige projek van hierdie aard sal baie toewyding, tyd en aandag verg van verskeie persone. Ten einde seker te maak dat elke projek die grootste moontlike kans op sukses het, moet die klem val op haalbare, klein lokale projekte wat binne ‘n relatief kort tydperk beplan en geloods kan word.
Elke projek moet los staan van elke ander projek – KAF moet verkieslik nie probeer om ‘n enkele inisiatief in verskeie stede en dorpe gelyktydig te loods nie.
Naas befondsing is die belangrikste faktor wat sukses sal waarborg al dan nie, die proses om die regte projekleiers te vind.
Nie KAF as ‘n oorkoepelende liggaam of enige van die staande komitees van KAF is instaat om enige sodanige projek direk te bestuur of te beheer nie. Elke projek moet ‘n toegewyde, ervare sakeman aan die stuur van sake hê. Elke projekleier moet ook sy eie fondse op die spel plaas.
Die mate waartoe die struktuur, bestuur, planne en projekte binne die werkskeppingsinisiatief van KAF prakties haalbaar lyk, sal ‘n direkte invloed hê op die omvang van ondersteuning wat dit sal geniet onder Afrikaners. Sonder sodanige ondersteuning in elke dorp en stad is die inisiatief doodgebore.
Die volgende skematiese uiteensetting verduidelik die voorgestelde benadering van EOW:
Die eerste taak van KAF is om die totstandkoming van ‘n kapitaalfonds – die KAF Fonds - te loods. Sodanige fonds moet ‘n formele struktuur hê en as ‘n aparte regs-entitiet geinkorporeer wees. Dit sal aanvanklik nie ‘n geregistreerde bank wees nie.
Die fonds se uitvoerende en nie-uitvoerende bestuur moet ervare sakemanne van integriteit wees. Die bestuur sal drie primêre take hê:
· Om ekwiteitsfondse te werf onder SA individue en maatskappye. Addisionele bronne van ekwiteitsbefondsing in die internasionale netwerke van instellings en individue wie soortgelyke inisiatiewe ondersteun, moet ook ontwikkel word;
· Om werkskapitaal - in die vorm van ekwiteit en lenings - beskikbaar te stel aan KAF Projekleiers wie geïdentifiseer is as goeie entrepreneurs;
· Om sake te doen op ‘n winsgrondslag, maar met die verstandhouding dat ‘n veel groter mate van besigheidsrisiko geneem sal word in vergelyking met die sake wat ‘n bank of kapitaalverskaffer sou doen. Mnr. George Soros, die wêreldbekende sakeman en filantroop het immers gesê dat ‘n ontwikkelingsfinansierder probeer nie hard genoeg nie as hy nog nie geld verloor het nie.
Die tweede taak – en dit hou eintlik nooit op nie – is om individue te werf in elke dorp en stad wie se belangstelling en passie is om mede-Afrikaners by te staan om weer op hul voete te kom. Hierdie persone moenie naiewe dromers wees wie nog nooit besigheid vir hul eie rekening en risiko gedoen het nie. Dit moet ook nie mense wees wat uit en uit op winsbejag ingestel is en net geld wil uitleen aan mede-Afrikaners teen 300% per jaar nie.
Ons is op soek na ervare sakemanne & -vroue wie ‘n suksesvolle met wins-bejag onderneming op die been wil bring as ‘n KAF Projekleier wat die volgende sakefokus het:
· KMOs in sy / haar omgewing identifiseer en help vestig;
· Die KMOs met risikokapitaal by te staan om mee te begin;
· Ondersteuningsdiense te lewer aan die KMOs en ander besighede in die onmiddellike omgewing;
· Mikro-fabrieksruimte te bekom of op te rig, wat verhuur word aan die KMOs.
· Moet baie naby sy / haar KMO kliënte beweeg sodat enige probleme dadelik geïdentifieer en aangespreek kan word.
· Leningspaaiemente word persoonlik ingevorder, waar die paaiementsiklusse verskil van onderneming tot onderneming;
· Die risikokapitaal moet ‘n opbrengs lewer wat ooreenstem met die mate van risiko geneem, terwyl die dienste wat gelewer word ‘n mededingende prys moet dra. Die KAF Projekleier moet uit hierdie inkomste strome ‘n goeie bestaan kan maak.
Elke projek moet fokus op en beperk wees tot ‘n klein geografiese gebied. Elke projek sal intensiewe, toegewyde werk van die KAF Projekleier vereis. Hy / sy gaan immers ‘n hele aantal KMOs help vestig, befonds en van raad bedien en met sy oog gedurig gehou op die vermoë van elke KMO om weer die risikokapitaal wat uitgeleen, is, terug te betaal.
Hy / sy sal ook klem lê op die oprigting / beskikbaarstelling van mikro-tipe fabrieksruimte op die dorp. ‘n Byekorf benadering is beslis die mees suksesvolste en stel al die KMOs onderling instaat om mekaar van raad te bedien en toerusting oor en weer te gebruik.
Die KAF Fonds sal ekwiteit en lenings beskikbaar stel aan die KAF Projekleiers op gunstige voorwaardes, maar sonder om die hoë mate van risiko daaraan verbonde, uit die oog te verloor. Die KAF fonds sal nooit besigheid doen met ‘n KMO direk nie.
Die bestuur van die KAF Fonds sal op hul beurt weer die entrepreneur bystaan met raad en advies oor die help wat laasgenoemde weer verleen aan die KMOs in sy omgewing.
Die risikokapitaal wat die KAF fonds beskikbaar stel aan die KAF Projekleier, moet ‘n opbrengs lewer wat ooreenstem met die mate van risiko geneem, terwyl die dienste wat gelewer word ‘n mededingende prys moet dra. Die KAF Fonds moet uit hierdie inkomste strome ‘n redelike opbrengs toon op die aandeelhouers- en beleggersfondse.
Die KAF Projekleier sal met sy / haar plaaslike owerheid onderhandel ten einde die nodige grond te bekom vir die oprigting van mikro-tipe fabrieke, of bestaande fabrieke wat leeg staan, huur van die eienaars daarvan.
Niks verhoed die KAD Projekleier om ook fondse uit ander bronne te bekom vir die doeleindes van sy / haar besigheid nie. Die KAF Fonds wil nie en kan nie die enigste bron van befondsing wees nie. Dit wil bloot optree as katalisator vir ‘n beweging wat die ekonomiese opheffing van die Afrikaner ten doel het.
Sonder om enigsins beperkend te wees by wyse van ‘n lys van tipiese mikro-ondernemings wat deur die KAF Projekleier ondersteun sal word, kan die volgende ondernemings geïdentifieer word:
· Skrynwerkers
· Loodgieters
· Metaalwerkers
· Eletrisiëns
· Boukontrakteurs
· Mense wie opleiding verskaf
· Reisagente
· Toergidse
· Mense wie rekeningkundige / admindienste lewer
· Vragagente
· Waardeerders
· Eiendomsagente
· ens
Die EOW beveel aan dat KAF dit oorweeg om so ‘n sensus opname van stapel te stuur.
Die EOW beveel aan dat KAF dit oorweeg om ‘n taakspan aan te stel wie die ontwerp, struktuur, naam, visie, strategie, aksieplanne, uitvoerende bestuur en bedryfsreëls van die KAF Fonds sal formuleer.
ooo0ooo