Voordele
van Praaglidmaatskap
-
Een
gratis boek per jaar, asook 20% afslag op alle Praagboeke.
-
'n
Gratis e-posadres van die POP-tipe waarvoor
internetdiensverskaffers tussen R20 en R50 per maand vra en wat u
op u rekenaar of selfoon kan gebruik.
-
Goedkoop
korttermyn- en ander versekering deur Momentum, 'n filiaal van die
First Rand-groep, asook beleggings in al 800 Suid-Afrikaanse
effektetrusts via Momentum.
-
Toegang
tot inligting en deelname aan stimulerende gesprekke op die
Praagwebwerf, Praaggeselsforum, Praagposlys, Praagkletskamer, ens.
-
En
natuurlik het u saam met duisende ander Afrikaanslesende
internetreisigers toegang tot www.praag.org,
een van die mees besoekte webwerwe in ons taal.
Raak
betrokke by PRAAG en word deel van die oplossing!
Verskillende soorte Praaglidmaatskap:
1. Studentelidmaatskap R30 p.m. of R360
p.j.
2. Gewone lidmaatskap R55 p.m. of R660
p.j.
3. Korporatiewe lidmaatskap R700 p.m.
of R8 400 p.j.
Nadat u aangesluit het, sal ons u per
e-pos kontak om betaling met u te reël, hetsy per maandelikse
internetbetaling, hetsy per debietorder.
Wat is PRAAG?
PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep)
is 'n nie-partypolitieke beweging wat veg vir die voortbestaan van
Afrikaans en die Afrikaner in Suid-Afrika.
Die stryd geskied veral op die
volgende gebiede:
1.
Taalhandhawing:
Deur
taalaksies, publikasies en openbare debat word Afrikaans gehandhaaf en
bevorder.
2.
Ideologie en kommunikasie
Moderne
kommunikasietegnologie en media is besig om die wêreld en die aard
van politiek te verander. Die Afrikaner se oorheersing deur ander
groepe in Suid-Afrika geskied ook nie openlik militêr nie, maar word
deur middel van ideologie, propaganda, die aanblaas van skuldgevoelens
en beheer oor die staatsmedia (SAUK), asook skoolleerplanne, ens.
toegepas. Daarom is PRAAG aktief in die afbreek van die heersende
staatsideologie met sy verguising van die Afrikaanse taal, kultuur,
tradisie en geskiedenis. Ons hou ons besig met die skep van 'n nuwe
ideologie wat tot ons bevryding sal lei.
3.
Gekoördineerde optrede teen geweldsmisdaad
PRAAG
is uiters besorg oor die graad van geweldsmisdaad in die land wat
besig is om 'n etniese/rasse-aard aan te neem. In samewerking met
ander Afrikaanse organisasies is ons aktief besig om gekoördineerde
optrede daarteen te organiseer. Ons is ten gunste van 'n landwye
netwerk van buurtwagte, plaaswagte en selfs 'n vorm van diensplig
sodat ons gemeenskap teen tierende geweldsmisdaad beskerm kan word.
4.
Afrikanereenheid
PRAAG
is reeds drie jaar lank besig met inisiatiewe om bestaande Afrikaanse
organisasies in een beweging saam te snoer ten einde gekoördineerd
teen geweldsmisdaad, naamsveranderings, taaldiskriminasie en verval in
infrastruktuur te kan optree.
Die tyd is nou ryp vir 'n oorkoepelende Afrikanerraad wat namens die
Afrikaner kan praat en 'n veilige toekoms vir ons kan beding. Intussen
verseker PRAAG dat die stryd op voetsoolvlak voortgesit word.