|

Herposisionering
van PRAAG - 'n voorstel
Optog
vir Afrikaans 14 Augustus 2002
Optog
vir Afrikaans 14 Augustus 2002!!!!!!!!
Saamtrek op Brandfort 31 Mei 2002
Protesvergaderings
teen naamveranderings
Plakkaataksie
op kampusse
PRAAG-voorlegging
aan die Gerwel-komitee
Argitektuurstudente
veg om Afrikaans by UOVS
Oudtshoornvergadering
12 April 2001
Pretoriavergadering
27 Maart 2001
Punt
Geselsradio-reddingsaksie
Persverklaring
oor Punt op 16 Maart 2001
Persverklaring
PRAAG/Groep 63 oor verengelsing van universiteite
Om
die Waarheidskommissie te vergeet - bestelbesonderhede
Boekbekendstelling
8 Maart 2001
PRAAGnuusbrief
21 Februarie 2001
PRAAGveragadering
1 November 2000 te Kemptonpark
PRAAGbyeenkoms
op 27 September 2000 te Kemptonpark
Persverklaring
in memoriam Lukas Rautenbach 18 September 2000
PRAAGvergadering
13 September 2000
bo
boontoe
Optog
vir Afrikaans 14 Augustus 2002!!!!!!!!
AFRIKAANS
14
Augustus 2002 12:00
Sê
nee vir verengelsing!
Sê
nee vir Kader Asmal se meesterplan
om
Afrikaans te verdryf uit ons skole en universiteite!
Vertrekpunt
vir optog: Piazza,
Tukkie-kampus.
Wys
jou staal vir jou taal!
Almal
welkom, kom stap saam met PRAAG-Tuks op GRA-dag,
bring
jou eie plakkaat of banier.
Inligting:
0836512179 of 0824901036
boontoe
Saamtrek op Brandfort 31 Mei 2002 Die
gemeenskap van Brandfort, asook die fotograaf Paul Alberts, in
samewerking met PRAAG, organiseer 'n reuse-saamtrek op 31 Mei 2002
om die einde van die Tweede Vryheidsoorlog te gedenk. Meer
besonderhede sal aangekondig word in die pers en in die media. Dit
is van sleutelbelang vir die taalstryd en die algemene
voortbestaan van die Afrikaanssprekende bevolking in Suid-Afrika
dat soveel mense as moontlik hierdie historiese byeenkoms op
Brandfort moet bywoon. Raak betrokke! Kontak ons
dringend by inlig@praag.org,
en vind uit watter bydrae u of u organisasie kan maak t.o.v. die
organisering van die saamtrek. Hier
volg 'n stuk wat in Rapport verskyn het op 17 Maart 2002 waarin
dr. Dan Roodt meer verduidelik aangaande die byeenkoms:
‘n
Nuwe begin vir Afrikanerdom
Max
du Preez se ad hominem-aanval op my twee weke gelede in hierdie
rubriek was myns insiens die laaste skoot deur politiek korrekte
Afrikanerdom in ‘n desperate poging om die groeiende beweging na
Afrikanereenheid te stuit. Eerder as wat ek beledig daardeur gevoel het, beskou ek dit
as ‘n pluimpie. Dit
voel asof ek nou die vrugte pluk vir die taamlik eensame stryd wat
ek reeds die afgelope drie jaar onverpoosd gevoer het op die
internet, in die pers en nou ook op die TV om aan die Afrikaner sy
selfrespek, asook trots in sy taal en geskiedenis, terug te gee.
Op
KykNET twee Sondae gelede, het Max probeer om my te sink deur my
te koppel aan Verwoerd en apartheid.
Ek het egter al sy los balle met rente teruggekolf, en soos
‘n briefskrywer aan dié blad verlede week wou beweer, het Max
‘n beurtnederlaag gely.
Die
Skuldbrigade van politiek korrektes is uitgeknikker en die pad is
oop vorentoe. Die
energie wat die Afrikaanse debat oor die afgelope paar jaar
opgewek het, moet nou gemonster en gerig word op ‘n teiken.
Die kwessies oor taalidentiteit en minderheidsregte wat met
soveel felheid tussen ons gedebatteer is, moet na die nasionale en
selfs internasionale arena uitgebrei word.
Hoe
gaan ons dit regkry? vra u. Wel,
‘n Boer maak ‘n plan, soos hulle sê.
Iemand met ‘n baie blink gedagte is die fotograaf Paul
Alberts wat saam met die plaaslike gemeenskap op Brandfort ‘n
groot saamtrek reël op 31 Mei vanjaar om die einde van die Tweede
Vryheidsoorlog te gedenk.
Brandfort
gloei van die simboliek. Dit
is hier waar 2 000 vroue en kinders gesterf het in ‘n
konsentrasiekamp 100 jaar gelede.
Tydens ‘n pseudo-herdenking drie jaar gelede het die Duke
of Kent en die ANC se Winkie Direko in opdrag van Thabo Mbeki
die Afrikaner ‘n klap in die gesig gegee deur geen persoon uit
hul geledere op die podium toe te laat nie, selfs nie eens ‘n
polities neutrale persoon soos die historikus Fransjohan Pretorius
nie.
Slegs
die Britse gesneuweldes en ‘n handjievol swartmense se dood mog
herdenk word, nie die eintlike slagoffers van die volksmoord nie.
Dit is
soos om Jode te verbied op die terrein van Dachau of Auschwitz, en
slegs Duitsers of Pole daar toe te laat.
Soos Afrikaans
tans onderdruk word, só word daar gepoog om ons geheue, ons
geskiedenis, ons simbole, ons sin vir wie ons is van die aardbol
af te vee.
Brandfort
is internasionaal bekend. Hierheen
is Winnie Mandela verban, hier het Verwoerd sy matriek geskryf en
Vincent van Gogh se broer, Cornelius, gesterf.
Op 31 Mei 2002 gaan ons opnuut die dorp aan die groot klok
hang deur ‘n nuwe begin vir die Afrikaner aldaar aan te kondig.
Pieter
Fourie, die dramaturg van “Boetman”-faam, gaan praat oor die
vroue en kinders se lyding. Die
skoolkinders van Brandfort gaan ‘n kranslegging doen op die
grafte, en ook deelneem aan koorgesang, saam met die oumense.
Paul
Alberts het my gevra om ‘n “epogmakende” toespraak te lewer.
As dit binne my vermoë is, gaan ek alles waaroor
Afrikaners die afgelope drie jaar rusie gemaak het, Boetman en die
res, in een geheel saamvoeg met ons lang geskiedenis vanaf die
volksplanting in 1652. Dit moet die nuwe begin wees, ‘n oorspronklike geluid
waarmee ons die ideologiese mat onder die ANC gaan uitruk en hom
sprakeloos gaan laat.
Om
dit duidelik te maak aan Mbeki, Direko en die Duke of Kent
dat die Afrikaner nie dood en begrawe is nie, gaan ons Die Stem
sing, nét Die Stem. Ons gaan
ook ‘n baie ou Afrikaanse vlag hys, die Prinsevlag.
Andersins
bekend as die “oranje-blanje-blou”, het hierdie vlag saam met
Van Riebeeck Kaap toe gekom, ná dit aanvanklik opgemerk is in
1572 op die barrikades van die Geuse oftewel “bedelaars” ten
tye van Nederland se onafhanklikheidstrewe teen Spanje en die
Hertog van Alva. Die
Prinsevlag het net drie kleure, sonder die koloniale tooisels van
1928 toe dit onder genl. Hertzog
in gebruik geneem is. Dit is ouer as die Franse Rewolusie, en het vele Europese vlae geïnspireer.
In 1630 het
Nederland die boonste baan na rooi verander, en het die Prinsevlag
‘n weeskind geword, tot nou toe.
Danksy
die 1994-vlag wat simbool geword het van multikulturele
Suid-Afrika, kan ons nou die oranje-blanje-blou opnuut omhels as
‘n enkel Afrikaanse vlag. Dit
moet die vaandel word van ons kulturele en identiteitseenheid wat
politieke en godsdiensverskille oorstyg.
In
hierdie tyd van multikulturele Empaaier en globalisering kan dit
vir ons opnuut ‘n simbool van vryheid en eenheid word, om oral
te vertoon waar Afrikaners vergader, hier of in die diaspora, by
kunstefeeste, sportwedstryde, herdenkings en byeenkomste.
Soos die Vlaminge maak met hul geliefde Vlaamse Leeu, moet
elke Afrikaner ‘n Prinsevlag besit, en moet ons dit agterop ons
motors plak sodat ons mekaar in die oggendverkeer kan herken.
In die Londense moltrein sal ‘n reissak met die
Prinsevlag subtiel die teenwoordigheid van nog ‘n Afrikaner
reklameer.
31
Mei 2002 op Brandfort. U
en ek en elke gekneusde Afrikanerhart het daar ‘n afspraak.
boontoe
Protesvergaderings
teen naamveranderings
Versprei die volgende aan almal wat
u ken:
Soos u weet, word daar 'n reeks
skandalige naamveranderings beplan in die Noordelike Provinsie
waar die name van oorspronklike Voortrekkerdorpe soos Pietersburg,
Nylstroom, Ellisras, Naboomspruit en Warmbad wat deur
Afrikaners/Boere aangelê is, verwyder gaan word en vervang gaan
word deur òf name van sporthelde òf afrikanistiese name wat niks
te make het met die oorspronklike dorpsleggings nie.
Alle Afrikaanse koerante, o.a. Beeld
en Rapport, het reeds in hul hoofartikels hul teenkanting teen
hierdie onnodige en kwetsende naamveranderings uitgespreek.
Soos PRAAG reeds te kenne gegee het in
'n persverklaring oor die naweek, kom hierdie naamveranderings
neer op toponimiese etniese suiwering en anti-Afrikaanse
xenofobie. Ons mag nie toelaat dat die ANC hiermee wegkom
nie. Nie net Afrikaanse name nie, maar ook Afrikaans self is
onder skoot in hierdie suiweringsaksie wat teen die Grondwet en
teen internasionale reg indruis.
Daarom vra ons elke Afrikaanssprekende
en simpatieke anderstaliges om hul steun aan 'n landwye
protesaksie teen naamveranderings toe te sê. Soveel mense
as moontlik moet die protesvergaderings bywoon, maar dit moet
opgevolg word met briewe aan die pers, asook straatbetogings en
boikotte van plaaslike belasting sodat die regerende ANC sal
agterkom: TOT HIERTOE EN NIE VERDER NIE!
Ons hoef nie hierdie Mugabeagtige
streke te duld nie, want ons is nie Zimbabwiërs nie.
Hier volg die besonderhede van die
twee protesvergaderings:
Vergadering 1:
Pietersburg: Pietersburg
Laerskool, hoek van Dorp en Vorsterstraat (lg. tydelik bekend as
Thabo Mbekistraat). As mens blykbaar inkom in Pietersburg,
hou jy reguit aan met Grobler, tot by Dorpstraat, draai regs
daarin en die volgende straat is Vorsterstraat, met die skool op
die hoek.
Datum: Woensdag 6 Februarie.
Tyd: 18h30
Kontakpersoon,
Mnr. Johan Willemse, Vryheidsfront, Kontaknommer: 015-2970946 /
072 197 3134
Vergadering 2:
Nylstroom: N.G. Kerksaal Nylstroom (staan bekend as die
Wit Kerk)
Datum: Woensdag 6 Februarie
Tyd: 18h00 vir 19h00
Gereël deur die Gemeenskapsraad van Waterberg, Voorsitter
is prof. Hendrik van der Wateren wat ook die kontakpersoon is by
telnr. 014 717 3649.
Maak seker dat u een van die vergaderings bywoon. Vertel
vir al u familie en vriende daarvan en sorg dat hierdie epos
landwyd versprei.
Die stryd vir Afrikaans en Afrikaanse plekname gaan voort!
Dan Roodt
PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep)
boontoe
PLAKKAATAKSIE
OP KAMPUSSE (Augustus 2001)
PRAAG
het sopas met 'n plakkaataksie op die vyf Afrikaanse kampusse begin
om die verengelsing wat deur die Minister en sommige
universiteitsowerhede afgedwing word, daar te stuit. Verdere
bewusmaking onder studente oor hul taalregte volg binnekort.
Hier is die reeks van drie plakkate:
  
boontoe
11
Junie 2001
VOORLEGGING
DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) AAN DIE GERWELKOMITEE OOR
AFRIKAANS IN DIE HOËR ONDERWYS
Die
probleem
a.
Oor die afgelope
aantal jare het Afrikaans drasties agteruitgegaan op vele gebiede,
onder andere op dié van die hoër onderwys waar die taal selfs
aan Afrikaanse universiteite ‘n minderheidstaal geword het.
b.
Twee prosesse is
verantwoordelik vir die algemene agteruitgang van Afrikaans as
taal waar die verlies aan hoër funksies sienderoë gebeur:
globalisering en die S.A. regeringsbeleid wat Afrikaans nie
goedgesind is nie. Minister Kader Asmal het by meer as een geleentheid ‘n
vyandige houding teenoor Afrikaans ingeneem, Afrikaanse skrywers
en intellektuele soos Breyten Breytenbach en Hermann Giliomee as
“aspirant-separatiste” beskryf en met verwysing na die
universiteite in die besonder gemeen dat die Afrikaanse
universiteite nie vinnig genoeg verengels nie.
Die betrokke Minister het hom in die Hoër Onderwysplan ten
gunste van die assimilasie van Afrikaners uitgespreek en wil om
daardie rede nie sien dat Afrikaanse universiteite verder ‘n
Afrikaner- of Afrikaanse identiteit in stand hou nie.
Hoe
om die probleem te benader
Die
kultuurkwessie
Dat
Afrikaans as onderrrigtaal in die hoër onderwys besig is om te
taan, spreek byna vanself. Vele
studente aan Afrikaanse kampusse, ook aan die Universiteit van
Pretoria, beweer dat sekere kursusse nie meer in Afrikaans
aangebied word nie. In sommige gevalle word lesings na Engels omgeskakel omdat
‘n enkele buitelandse student in die klas nie Afrikaans verstaan
nie en nie bereid is om dit te aan te leer nie.
Onses
insiens is daar ‘n dieperliggende filosofiese kwessie ter sprake
wat gaan om die aard van die Suid-Afrikaanse staat, die inhoud van
“Suid-Afrikanerskap” en “Afrikanerskap”, asook die aard
van “demokrasie” in Suid-Afrika.
Indien
die wens van die Minister van Onderwys om Afrikaners geassimileer
te sien, voorrang sou geniet, is daar geen saak uit te maak vir
Afrikaanse universiteite nie, en behoort die taal verder ondermyn
en selfs onderdruk te word. Die
skep van ‘n Engelssprekende “geïntegreerde” Suid-Afrikaanse
nasie in terme van ‘n simplistiese “nasiebou”-model sou
beteken dat Afrikaanse universiteite soos hulle in die verlede
bestaan het, moet verdwyn. Hierteenoor
is dit opvallend dat daar tot dusver geen druk van die Minister,
of uit enige ander oord, was op Engelstalige universiteite om
gehoor te gee aan die veeltaligheidsklousules in die Grondwet nie,
wat die indruk skep dat Engels wel die gekose taal van
“nasiebou” en “integrasie” verteenwoordig.
Tans
is daar geen aandrang dat universiteite opsy gesit behoort te word
vir dosering in die ander Afrikatale nie, en daarom laat ons dié
probleem vir die oomblik tersyde.
Wat geld vir Afrikaans, geld egter ook in ‘n beduidende
mate vir hierdie tale.
Hoewel
Afrikaans en Engels onder die vorige bewind soms oor dieselfde kam
geskeer is, en daar vanuit owerheidskant weinig klem gelê is op die
groot kultuurverskille tussen Afrikaans- en Engelssprekendes, kom
sodanige verskille tans baie duidelik na vore noudat “blanke
nasiebou” verval het. Trouens,
die gedagte dat mense van Europese afkoms in Suid-Afrika saamgesnoer
behoort te word, gaan terug na Britse koloniale beleid na afloop van
die Anglo-Boereoorlog toe “versoening” onder Lord Milner ‘n hoë
prioriteit geniet het.
Die
sentrum van die Engelse kultuur in Suid-Afrika is elders, gesetel in
Brittanje en veral Noord-Amerika waar waardes soos individualisme en
materialisme, soos uitgedra deur die Amerikaanse popkultuur, geld.
Ook die opkomende klas van verengelsde swartmense neem hul
waardes uit die Afro-Amerikaanse kultuur wat nie veel verskil van
die hoofstroom Angel-Saksiese kultuur nie.
Tydens sy onlangse besoek aan Groot Brittanje is President
Mbeki geloof vir sy Britse kultuur, wat deur ‘n skrywer in die
Observer opgesom is as “sy stil styl, sy sportbaadjies, krom pyp,
presiese Engelse uitspraak en sy ‘Engelse vriendskappe’”, wat
aantoon in watter mate selfs die huidige President van Suid-Afrika
eerder ‘n Brit verteenwoordig as iemand wat ‘n bepaalde inheemse
kultuur uitdra.
Die
Engelse kultuur is veel meer permissief in die hantering van
dissipline op skool, en die inskerping van gemeenskapswaardes geniet
geen prioriteit nie. Hierteenoor
is die Afrikaanse kultuur sterk gewortel in ons land self, en is
Afrikaanssprekendes veel minder individualisties en materialisties
as Engelssprekendes. Afrikaanse
skole plaas sterk klem op dissipline, asook die verwerwing van ‘n
Afrikaanse en plaaslike kultuur tesame met ‘n seker mate van
godsdienstigheid. Op
die Universiteit van Pretoria se kampus is daar studentegroepe met
beduidende steun onder die studerende bevolking wat die slagspreuk
“Afrikaans, Christenskap en standaarde” gebruik om hul waardes
in ‘n neutedop uit te druk.
Onses
insiens is dit die demokratiese reg van alle Afrikaanssprekendes om
skole, kleuterskole en universiteite te geniet waar Bildung
in die sin waarin Von Humboldt, die vader van die
Verligtingsuniversiteit, kan plaasvind en waar die Afrikaanse taal
en kultuur in die wydste sin aan ‘n volgende geslag oorgedra kan
word.
Die
finansiële argument
Volgens
statistieke dra Afrikaanssprekendes ongeveer 36% van die totale
belastings in Suid-Afrika by, meer as enige ander taalgroep, die
Engelse taalgroep hierby ingesluit.
Hiervolgens bereken is die bydrae van die Afrikaanse
taalgemeenskap tot die Onderwysbegroting in die omtrek van R19
miljard waarvan net ‘n klein gedeelte deur die staat aangewend
word vir onderwys in Afrikaans; die res word gebruik om onderrig in
Engels te finansier. Afrikaanssprekendes,
wie se kultuur aangeval word deur globalisering en Amerikanisering,
se belastings word dus gebruik om Engels te subsidieer!
In
enige oplossing vir die taalprobleem wat tans in die onderwys geld,
en waar Afrikaanse skole en universiteite die knie moet buig voor
Engels, moet hierdie aspek, net soos die kulturele, in ag geneem
word.
Akademiese
vryheid en universitêre outonomie
Onder
die vorige bewind is blanke universiteite verbied om meer as ‘n
sekere aantal swart studente in te neem, en in sekere vakrigtings
moes dit geskied met ministeriële toestemming.
Dit is met reg ervaar as ‘n onbillike ingryping in die
outonomie van die universiteit en as ‘n bedreiging vir akademiese
vryheid, in weerwil van die feit dat hierdie studente natuurlik
toegang had tot die sogenaamde tuislanduniversiteite waar hulle in
die rigting van hul keuse kon studeer.
Die
huidige bewind is egter besig om presies dieselfde weg in te slaan
deur in te meng in die bestuur van die universiteite, die
aanstelling van akademici en lede van universiteitsbestuur te
verpolitiseer, uitsprake oor die godsdiensbenadering van die
Potchefstroomse universiteit, ens.
Die
taalkwessie aan Afrikaanse universiteite raak die outonomie van
daardie universiteite ten nouste en ons vrees dat die dreigende
houding wat die Minister met sekere van sy uitsprake ingeneem het,
eintlik akademiese vryheid in Suid-Afrika wil opskort op ‘n veel
radikaler manier as wat die ou NP dit gedoen het.
Hierdie
is ‘n uiters kommerwekkende ontwikkeling.
Die
korttermynoplossing vir die universiteite
Onses
insiens is die korttermynoplossing om eenvoudig die status quo te
handhaaf aan die vyf Afrikaanse universiteite.
Daar bestaan steeds ongeveer 19 Engelstalige universiteite
sodat geen student kan beweer dat hy of sy die reg ontsê word om in
Engels te studeer nie. Om
ideologiese redes kan dit egter gebeur dat Afrikaanse studente hul
reg verloor om in hul moedertaal te studeer.
Die
situasie in die Suid-Kaap is reeds benard vir Afrikaanstaliges wat
wil gaan studeer. Daarom
moet die Oudtshoorn-inisiatief om ‘n satellietkampus van
byvoorbeeld die U.S. aldaar te vestig ondersteun word deur alle
belanghebbendes - ook die Minister wat fondse, indien nodig, behoort
te verskaf. Die fisieke
infrastruktuur bestaan reeds op Oudtshoorn met die ou
onderwyskollege, sportgronde, ens.
Vele
Afrikaanssprekendes in dié omgewing is arm en sonder toegang tot
tersiêre opleiding. Weiering
om hulle tegemoet te kom deur die huidige owerheid sal geïnterpreteer
word as ‘n doelbewuste poging om Afrikaanstaliges van opleiding te
weerhou ten einde die “Engels über alles-beleid” af te dwing.
e.
Die langtermynoplossing
Die
huidige stelsel waar ‘n Engelse minister moet beskik oor
Afrikaanse universiteite, technikons, skole en kleuterskole en
voortdurend poog om sy waardes en sy siening van “wat goed is vir
Afrikaanssprekendes” af te dwing, is onhoudbaar.
Nêrens ter wêreld in ‘n demokratiese land sal so ‘n
situasie geduld word nie, en in ander veeltalige lande soos België
of Québec beskik elke taalgroep oor sy eie Minister van Onderwys.
Die
uitspraak van die Minister in sy Hoër Onderwysplan,
"…although
the historically white Afrikaans-medium universities are gradually
moving towards the adoption of a combination of dual and
parallel-medium language strategies, language continues to act as a
barrier to access at some of these institutions. This is especially
the case at the undergraduate level within some of the universities.
Furthermore, even where a dual and parallel-medium language policy
is in place, its implementation remains uneven as not all the
courses within a degree or diploma programme are offered in dual and
parallel-medium mode. This is unacceptable and cannot
continue."
verteenwoordig
‘n skokkende aandrang op verengelsing en is geformuleer vanuit
‘n Brits-etnosentriese blindheid en kulturele narcisme wat
inderdaad totalitêr aandoen. Opsigself
is dit, tesame met die betrokke Minister se pleidooi dat die
Afrikaanse identiteit moet verdwyn, die beste aanduiding van die
onbevoegdheid en illegitimiteit van enige Engelse minister om oor
Afrikaanse opvoedkundige instellings te beskik.
Dit
is daarom ons oorwoë mening dat die durende oplossing vir die
huidige dooiepunt oor Afrikaanse universiteite sou wees om kulturele
outonomie aan Afrikaanssprekendes toe te staan waarvolgens
opvoedkundige en kulturele instellings vanuit die Afrikaanse
gemeenskap self bedryf sou word, sonder inmenging van ander
taalgroepe wat noodwendig soms chauvinisties en hovaardig staan
teenoor Afrikaanssprekendes en hul behoeftes.
Gegewe die
enorme bydrae van veral Afrikaners tot die staatskas, is hulle
geregtig hierop en is dit finansieel haalbaar.
Indien
nie-Afrikaanssprekendes verkies om aan Afrikaanse universiteite te
studeer deur medium Engels, soos tans, behoort dit in ‘n
oorgangsfase toegelaat te word, maar met die voorbehoud dat hulle
ten minste een jaar Afrikaans loop ten einde blootgestel te word aan
die Afrikaanse letterkunde en kultuur.
Dit wil voorkom asof Afrikaans die laaste dyk teen ‘n
algemene kulturele imperialisme verteenwoordig wat dreig om
Suid-Afrika te oorspoel en die bevolking te laat met ‘n dekadente,
veramerikaniseerde, oppervlakkige en uitheemse kultuur, iets wat as
“gedwonge interne emigrasie” omskryf kan word.
Ons
vra dus aan dat die Grondwet gewysig word ten einde ‘n Afrikaanse
Minister van Onderwys en Kultuur aan te stel, wat aangewys sal word
deur ‘n Kultuurraad wat deur die Afrikaanse gemeenskap self
verkies sal word.
Indien
ander kultuurgroepe in Suid-Afrika dieselfde regte opeis, behoort
dit ook aan hulle toegestaan te word, alhoewel die huidige
fassinasie met Engels as die panasee vir opvoeding, veral hoër
opvoeding, in daardie geledere dit kwalik binne die afsienbare
toekoms in die vooruitsig stel.
Gegewe
die tweehonderd jaar van koloniale bevoordeling van Engels in
Suid-Afrika, en wat onbeskaamd deur die huidige bewind voortgesit
word, verdien Afrikaans “kulturele regstellende aksie” ten einde
die skade wat dit in die verlede aangedoen is, veral aan die einde
van die negentiende eeu en vroeë twintigste eeu, ongedaan te maak.
Die
alternatief: ‘n
taalstryd
Afrikaans
word allerweë deur taalkundiges erken as ‘n wonderwerk wat op die
Afrikavasteland plaasgevind het, waar ‘n spreektaal met baie lae
status binne minder as ‘n eeu opgehef is tot ‘n volwaardige
kultuur- en wetenskapstaal. Dit
het egter nie vanself plaasgevind nie, en geslagte skrywers,
taalkundiges, woordeboekmakers, terminoloë en die gewone publiek
het hieraan meegewerk.
Eerder
as wat hierdie proses gesien word as ‘n voorbeeld vir die ander
inheemse tale, wil dit voorkom asof die ANC-regering wil hê dat
Afrikaans sy “plek moet ken” en moet terugkeer na ‘n lae
status-posisie, gelykstaande aan die ander nege tale waarvan die
sprekers dit nie aanwend as kultuurtale en wetenskapstale nie. Daar is selfs weinig skrywers en digters in dié tale wat nie
eerder hulself deur medium van Engels uitdruk nie.
Afrikaans
het in die verlede oorleef téén die wense in van die magtige
Britse Ryk en terwyl Afrikaanssprekendes vasgevang was in intense
armoede. Dit ly geen
twyfel dat ‘n taalstryd onder die huidige omstandighede ewe
suksesvol gevoer sal kan word nie, gegewe die verbeterde ekonomiese
posisie van die taal se sprekers, toegang tot media en veral nuwe
kommunikasietegnologie soos die Internet.
Afrikaans
het in sy kort geskiedenis getoon dat die invloed van skrywers,
filosowe, dramaturge, intellektuele en ander kultuurmense aangewend
kan word om die volk in beweging te bring ten einde onderdrukkende
taalmaatreëls van hulle af te werp en volwaardige amptelike
erkenning vir hul taal te verwerf.
Ons wys u ook op die rol van Goethe, Herder en Lessing wat ná
die Pruisiese neerlaag by Jena in 1806 teen Napoleon die Duitse
letterkunde opgebou het tot die mees voortreflike van sy tyd in
Europa, en so die voortbestaan van ‘n verslane volk verseker het.
Die blote bestaan van die Afrikaanse letterkunde gaan
verseker dat Afrikaans nie as kultuurtaal uitgerangeer sal word nie.
Die
aandrang op onderrig in inheemse tale is ook in pas met onlangse
verwikkelinge in Afrika, soos byvoorbeeld die Asmaraverklaring van
Januarie 2000 wat die haglike opvoedkundige agterstande in Afrika
toeskryf aan die obsessie met die koloniale tale en die ontkenning
van internasionale navorsing wat allerweë die voordele van
moedertaalonderrig besing.
Ons
hoop dus dat hierdie enkele menings nuttig sal wees om die Minister
van Onderwys te oortuig van die enigste redelike oplossing, naamlik
groter kulturele outonomie vir Afrikaans, nie-inmenging in die sake
van universiteite en die behoud van al vyf die huidige instellings
vir Afrikaans. Weens
hul vespreidheid oor die hele land, kan die aantal Afrikaanse
universiteite nie net beperk word tot een of twee nie, wat sou
beteken dat Afrikaanssprekendes doelbewus agtergestel sal word
teenoor hul Engelstalige eweknieë wat hoofsaaklik in drie groot
stede saamgetrek is.
Die
Afrikaanse publiek koester hoë verwagtinge in verband met die
universiteitstaalkwessie, en sien uit na ‘n billike oplossing wat
sou beteken dat die verengelsingsproses onmiddellik gestuit moet
word. Enige verdere
tekens van arrogansie, hovaardigheid of “julle sal maak soos ons sê”
sal ‘n proses van polarisasie in Suid-Afrika aan die gang sit wat
dalk vorentoe in die geskiedenis as ‘n keerpunt gesien sal word.
Ons
sien dus uit na u antwoord op die menings wat hierin uitgespreek
word, en hoop van harte dat die huidige Hoër Onderwysplan met sy
aandrang op groter verengelsing aan Afrikaanse universiteite
drasties en binnekort hersien sal word.
Die
uwe,
Dr. Daniël François Roodt
Direkteur
PRAAG
(Pro-Afrikaanse Aksiegroep)
boontoe
*
* *
'n
Groep Afrikaanse argitektuurstudente veg om Afrikaans in hul lesings
te behou aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat:
Posbus
12447
Brandwag
9324
22Feb.2001
Prof.
G.N.van Wyk
Dekaan
Natuurwetenskappe
UOVS
Geagte
prof. Van Wyk
INTIMIDASIE
OOR AFRIKAANSE KLASSE BY ARGITEKTUUR
Graag
wil ek u versoek om die posisie en beleid ten opsigte van Afrikaans as
voertaal aan die UOVS aan my te verduidelik.
·
Het
studente die reg om in Afrikaans klasse te
kry ?
·
Kan
Afrikaanssprekende dosente weier om in Afrikaans klas te gee ?
By
Argitektuur het die Afrikaanssprekende derdejaarstudente ‘n versoek
aan Prof. Ora Joubert gerig om in Afrikaans klas te ontvang (Bylaag
A). Een-en-twintig uit
‘n klas van sewe-en-twintig het die versoek gerig.
Haar antwoord was dat sy weens tydsgebrek sou voortgaan met
tweetalige klasse. Iemand anders sou aangestel word om met haar Afrikaanse
klasse te help. Hierdie
voorstel was aanvaarbaar.
Wat
egter vir my onaanvaarbaar is, is dat daar nou ‘n intimidasieveldtog
teen Afrikaanssprekende studente wat op Afrikaans aandring, gevoer
word. Dit laat hulle skuldig voel en dwing hulle moreel om
tweetalige klasse by te woon. Daar
word vir Afrikaanssprekende studente gesê hul aandrang kos die
universiteit ekstra geld want ekstra dosente moet nou aangestel word.
·
Waarom
moet Afrikaanse dosente dan hul Afrikaanse klasse in soms geradbraakte
Engels herhaal sonder ekstra betaling ?
·
Waarom
kan Afrikaanssprekende dosente dan nie hul klasse in Afrikaans herhaal
nie ?
·
Wat
is die beleid van die universiteit en mag Afrikaanssprekende dosente
weier om in Afrikaans klas te gee ?
Tweetalige
klasse is vir my nie aanvaarbaar nie want in praktyk word die
Afrikaans al minder en die Engels al meer totdat ons uiteindelik byna
net in Engels klas het. Ons
betaal tans R 2 174,00 vir die spesifieke vak.
Ons
as Afrikaanssprekende studente word geïntimideer deur stellings soos
: “ dit kos die
departement Argitektuur baie geld om ‘n ekstra Afrikaanssprekende
dosent aan te stel “ of
“die geld kan baie
beter bestee word deur ‘n skyfieprojekter te koop as om ‘n aparte
Afrikaanse dosent aan te stel”.
Is
die stellings korrek of is my vertolking dat dit intimidasie is korrek
?
Kom
salarisse en apparaat nie uit verskillende fondse nie ?
Ek
skryf hierdie brief aan u omdat ek bevrees is vir meer intimidasie by
Argitektuur. Ek het tot
dusver elke jaar ‘n akademiese beurs ontvang en wil nie graag dat my
punte benadeel word omdat ek op Afrikaans aandring nie.
Graag
sal ek skriftelik antwoorde op my vrae en vrese wil ontvang.
Die
uwe
Dalena
Steyn
boontoe
*
8 Februarie 2001
Geagte
Prof Joubert en Personeel
,
Na
prof. Ora Joubert se beroep op studente om nie emosioneel te wees oor
die taalkwessie nie, en veral na die eerste tweetalinge lesing in die
Omgewingsgeskiedenis en Teorie klas van die derdejaars, die volgende:
1)
die meerderheid studente in die klas is Afrikaanssprekend ( 21
uit 27 studente of 77,7 %) terwyl al die Engelsprekendes Afrikaans kan
verstaan.
2)
Studente wat nie vlot tweetalig is nie, mis nuanses in die
klas. Indien hul sekere
vakke druip, moet ‘n jaar herhaal word.
Hierdie probleem kan groter afmetings aanneem indien veral ‘n
moeilike vak soos Omgewingsgeskiedenis en Teorie gedeeltelik in Engels
aangebied word, en daar nog meer begrippe as vreemd ervaar gaan word. Die feit dat al die handboeke wat in hierdie vak gebruik word
net in Engels beskikbaar is, is al ‘n nagmerrie vir die
Afrikaanssprekendes, en dit word duidelik as gekyk word na die
druipsyfer van hierdie vak.
3)
Daarby betaal studente per vak en is hulle seker geregtig om
die volle ure waarvoor hulle betaal in die taal van hulle keuse klas
te kry.
4)
Afrikaans is die enigste Afrikataal wat aan die UOVS gebesig
word en is nie
kolonialisties nie maar regionaal aan hierdie streek.
Graag
verneem ons dan:
A:
Bestaan die universiteit se beleid van tweetaligheid nog ?
B:
Is dit ‘n departementele besluit om klasse tweetalig aan te
bied ?
C:
Is daar ‘n minimum aantal studente nodig om ‘n klas aan te
bied in die taal van die studente se keuse?
Ons
is van mening dat die UOVS baie Afrikaanssprekende studente sal
afstaan aan ander universiteite as dit bekend word dat hier eensydig,
en veral in klasse waar die Afrikaanssprekendes die meerderheid is,
begin word met tweetalige klasse.
In praktyk beteken dit Engelse klasse.
Graag
verneem ons van u wat die posisie is voor ons volgende klas, en
versoek ons graag om ons klasse in Afrikaans te ontvang.
Afrikaanssprekende
Derdejaarsgroep 2001
boontoe
Geagte
PRAAGlid, -belangstellende,
Dinge
gons hier by PRAAG, en daarom is daar baie om te vertel. In
volgorde van belangrikheid, dus:
1.
OUDTSHOORN-VERGADERING OP 12 APRIL IN DIE QUEENSHOTEL
Die
PRAAGvergadering te Oudtshoorn vind plaas op
Donderdag
12 April 2001
om
12h00 middag
in
die Queenshotel se eetkamer, Baron van Rheedestraat, Oudtshoorn
Laat
weet asseblief indien u dit kan bywoon per kerende epos, net om 'n
idee te kry van getalle.
2.
PUNT GESELSRADIO-aksie
Tot
dusver is die doemprofete verkeerd bewys, en Punt saai steeds uit.
Ons aksie vorder stadig maar seker om die stasie geherkapitaliseer
te kry, en ons gebruik allerlei verbeeldingryke maniere om die
nodige kapitaal te verkry. Ná die mooi reaksie van PRAAGlede
om geld te skenk, was ons in staat om 'n bydrae te maak om die
omroepers 'n voorskot op hul salarisse te betaal. Meer oor
hierdie aksie soos ons vorder. Daar is egter steeds 'n risiko
dat die tyd ons inhaal en ons nie alles in plek kan kry voordat dit
te laat is nie.
3.
PUNT-EN-PRAAG-taalteleton
Vandeesweek
hou PRAAG 'n taalteleton op Punt Geselsradio om geld in te samel vir
die taalstryd en ons het tot dusver goeie resultate behaal.
Dit is ook die eerste keer dat so 'n teleton vir Afrikaans gehou
word, wat weer eens toon dat PRAAG in weerwil van sy uiters beperkte
middele verbeelding gebruik waar geld tekort skiet. Binne 'n
kort tyd het ons al veel meer bereik in die taalstryd as party ander
organisasies met miljoene rande in die bank. Die teleton maak
gebruik van kort klankinsetsels met musiek en slagspreuke soos
"wys jou staal vir jou taal". Vorentoe gaan hierdie
soort geldinsamelingsaksie meermale van stapel gestuur word, want
ons wil betrokke raak op 'n verskeidenheid fronte om Afrikaans te
bevorder.
4.
AKSIE OM ROBERTSONS FOOD SERVICES OOR TE HAAL TOT AFRIKAANS
Ons
is reeds 'n hele paar weke in gesprek met Robertsons Food Services
in Durban om dié maatskappy te oorreed om Afrikaans op sy produkte
te gebruik. Dit behels natuurlik die bekende reeks speserye en
kruie, maar ook handelsmerke soos "Doom". Tot dusver
het ons met die Verkopedirekteur, mnr. Don Reich, asook mnr. Malcolm
Lyle, Besturende Direkteur van die Verbruikersprodukte, gepraat.
Die kwessie word op die sakelys van Robertsons se Raadsvergadering
op 25 April geplaas, en PRAAG gaan 'n gedetailleerde dokument voorlê
oor waarom dit absoluut noodsaaklik is dat Afrikaans op die
produkte behoort te verskyn.
5.
VERMOË OM DIREKTE DEBIETE TE DOEN VIA ABSABANK
Ons
is steeds besig om alles in plek te sit om lede se bankrekeninge
direk te kan debiteer, ten einde dit vir mense makliker te maak om
tot PRAAG by te dra, sonder enige moeite. Selfs baie klein
bedrae sal geïn kan word. Ons het besluit dat die kleinste
maandelikse bedrag wat ingevorder kan word, vasgestel sal word op
R6,20. Omdat die bankkoste R1,20 bedra vir so 'n debiet, wil
ons sorg dat ons darem ten minste R5,00 op dié manier invorder.
Uiteraard sal die meeste mense heelwat meer bydra, maar studente en
werkloses kan so ook hul deel lewer vir die taalstryd.
6.
NUWE ELEKTRONIESE TYDSKRIF
Ook
om aan PRAAG-bydraers 'n tasbare bewys te lewer van ons dankbaarheid,
het ons besluit om vanaf 1 Junie maandeliks 'n elektroniese tydskrif
te publiseer. Soos met alles by PRAAG dink ons groot, en dit
gaan nie maar net 'n parogiale klein tydskriffie wees nie, maar 'n
aktuele blad in Afrikaans wat die wêreld gaan stormloop via die
Internet. Ons mikpunt is om ten minste 'n 100 000 lesers
hiermee te bereik. Die titel van die blad? "KRYT".
Dus eerder 'n krytskrif as 'n gewone tydskrif. Die brieweblad
sal uiteraard bekend staan as "Uitkryt". Die
prototipe waarna ons tans kyk lyk baie goed en dit gaan 'n eerste
wees in Afrikaans om 'n geheel en al elektroniese tydskrif vir die
algemene publiek op die mark te sit, dit nogal geheel en al gratis,
soos dit Internetprodukte betaam. Tel solank u kryt op en laat
weet wat dink u van die idee!
7.
VERSLAG OOR DIE UNIVERSITEITE
Tydens
die PRAAG-vergadering op 27 Maart (sien notule hieronder
aangeheg) is daar besluit om 'n PRAAG-standpunt oor die
Universiteite se taalkwessie op te stel en aan dr. Jakes Gerwel te
oorhandig. Dosente wat aan universiteite verbonde is kan
asseblief hul insette aanstuur. Op die oomblik dink ons
radikaal hieroor: daar moet 'n herskikking van die hele
stelsel kom, verkieslik met 'n Afrikaanse Minister van Onderwys,
naas die Engelse Minister, voorsien van 'n afsonderlike begroting
vir Afrikaanse universiteite, skole en ander instellings. As
daar enige konsolidasie plaasvind, moet dit tussen instellings uit
dieselfde taalgemeenskap wees. Die huidige tweetaligheid is
die dood in die pot vir Afrikaans en bloot 'n rusplek op pad na
volslae verengelsing. Sodra ons 'n konsepdokument opgestel het,
sal dit wyd gesirkuleer word vir kommentaar alvorens dit aan die
owerhede voorgelê word.
8.
PRAAG-SAMBREEL BY OUDTSHOORN
Ten
tye van die Kunstefees, vanaf eerskomende naweek, sal PRAAG 'n
groterige sambreel met ons beroemde banier wat verlede jaar diens
gedoen het tydens die Transnet-betoging in solidariteit met Lukas
Rautenbach, reg langs die ATKV-tent hê wat beman sal word deur
taalstryders.
9. DEBAT
BY OUDTSHOORN
'n
Debat sal plaasvind in die Boekeparadys (C.P. Nelmuseum) te
Oudtshoorn op Donderdag 12 April net ná afloop van die
PRAAG-vergadering om 14h30 oor die tema van Afrikanerskuld met as
deelnemers Dan Roodt en Chris Louw vir die nee, en Ampie Muller en
Fanie du Toit vir die ja, met Jannie Gagiano as skeidsregter.
Die debat is goedgunstiglik gereël deur die tydskrif INSIG.
Indien u in Oudtshoorn is, maak gerus ook 'n draai aldaar.
10.
AANSTELLING VAN SEKRETARESSE
Mej.
Monya Krause sal voortaan alle sekretariële pligte vir PRAAG
hanteer en sy is reeds sedert enkele weke gelede betrokke by die
verspreiding van ons boeke, beantwoording van navrae, ens. Sy
kan bereik word by ons permanente telefoonnommer 011 325 0817 en
faks 011 325 0819 tydens kantoorure.
10.
NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 27 MAART 2001 TE PRETORIA (sien
hieronder)
11.
BRIEF AAN NEW YORK TIMES OOR PLAASMOORDE (sien hieronder)
******************************************************************************************************
NOTULE VAN DIE PRAAGVERGADERING GEHOU OP 27 MAART 2001 TE PRETORIA
1. Punt
Dr.
Dan Roodt skets die situasie by Punt Geselsradio en die verskillende
strategieë wat gevolg word tydens die reddingspoging. 'n
Taalteleton sal gehou word vanaf 2 April 2001 op lug by dié
radiostasie.
2.
Fondsinsameling
Daar
bestaan 'n groot behoefte om verdere fondse in te samel indien PRAAG
effektief wil wees t.o.v. sy doelstellings. Sodra die
debietorderstelsel aan die gang is, sal ons moet sorg dat klein
maandelikse bedrae geïn word soos tans reeds die geval is, maar dan
op 'n baie groter skaal.
3.
Kontak met studenteleiers op Pretoriakampus
Kontak
is gemaak met studenteleiers, onder andere van die Vryheidsfront se
Jeugbeweging, ten einde met hulle in gesprek te tree oor die
taalkwessie aan die Universiteit.
4.
Rekenaarspeletjies in Afrikaans
Dit
is belangrik dat rekenaarspeletjies in Afrikaans ontwikkel moet word
ten einde die jeug te betrek.
5.
Populêre media
Daar
is te min populêre kultuurprodukte in Afrikaans, soos byvoorbeeld
ontspanningsleesstof. Afrikaanse wetenskapfiksie, speurverhale
en hygliteratuur behoort uitgegee te word. PRAAG moet hier ook
kommersieel dink en saamwerk met ander individue/organisasies om
sulke boeke te bemark en te versprei.
6.
Praag-T-hemde
Blykbaar
is nie almal bewus daarvan dat PRAAG steeds oor T-hemde beskik met
ons "De Stijl"-ontwerp en die webwerfadres daarop nie.
Die vergadering voel dat meer mense hiervan bewus gemaak moet word.
7.
Elektroniese tydskrif
Die
gedagte ontstaan dat PRAAG 'n elektroniese tydskrif behoort uit te
gee, wat tersaaklike aktuele kwessies vir Afrikaanssprekendes onder
die loep neem. Mnr. Christo Oosthuizen en dr. Dan Roodt sal
hieraan aandag gee.
8.
Brieweblad
'n
Oproep word gedoen om meer briewe vir die PRAAG-webwerf se
brieweblad te skryf.
9.
Universiteite
Daar
bestaan een uit ‘n groep van 100 studente by UP wat nie hul kursus
in Afrikaans geskryf kan kry nie. Dus is daar reeds
diskriminasie teen Afrikaanssprekendes by dié "Afrikaanse"
universiteit.
Die
hele universiteitstaalkwessie word bespreek en daar word gevoel dat
PRAAG sterk hieroor moet standpunt inneem. Daar moet buite die
huidige opset gedink word en 'n pleidooi gelewer word dat twee
afsonderlike Onderwysdepartemente opgerig behoort te word vir
Afrikaans en vir Engels sodat Afrikaanstalige universiteite, skole
en ander instellings op hul eie kan konsolideer en saamwerk sonder
dat daar verengelsingsdruk bestaan.
PRAAG
sal 'n verslag met aanbevelings oor die taalkwessie aan
universiteite opstel en voorlê aan die Gerwel-komitee.
Die
vergadering verdaag.
boontoe
Geagte
PRAAGlid -belangstellende,
Hiermee
'n paar kwessies wat u aandag verdien:
1.
PUNT-Redding
Alhoewel
ons nog nie by die teikenbedrag van R400 000 uitgekom het vir die
onmiddellike verligting van die salarisbehoefte van die omroepers
nie, het ons reeds 'n aansienlike som geld ingesamel oor die
afgelope twee tot drie dae. Baie dankie aan almal wat tot
dusver bygedra het. Indien u nog nie bygedra het nie, herhaal
ek ons bankbesonderhede:
ABSA
Fourways
Taknr.
632-905
Reknr.
4052326604
Rekeningnaam:
PRAAG
Fondse
vanaf PRAAG sal aan Punt beskikbaar gestel word by wyse van 'n
lening met onderliggende sekuriteit, en die opsie om ons lening om
te skakel in 'n aandeelhouding sodra die nodige beleggers gevind is.
Intussen
werk ons ook aan 'n kapitaalgewaarborgde struktuur om die risiko vir
voornemende beleggers te verminder. U sal op hoogte gehou word
van ons vordering. Ons het reeds vir Punt aan een potensiële
belegger voorgestel, en 'n aanbieding van die sakeplan het gister
plaasgevind by Punt se kantore in Midrand. Oor die volgende
paar dae sal daar ook ander wees.
2.
Uit-Beeld op ons webwerf
Die
Johannesburgse koerant Beeld publiseer dikwels nie kritiese briewe
wat ontvang word nie, en daarom het ons dit goed gedink om 'n
rubriek op die PRAAG-webwerf te begin met hierdie titel
UIT-BEELD
Ons
verwelkom alle briewe wat vir publikasie geweier is deur Beeld, of
wat kommentaar op Beeld self bevat. Party dae buig Beeld so
agteroor om polities korrek voor te kom dat sommige mense dit al die
"Prawda van die Noorde" noem. Oor die afgelope paar
dae byvoorbeeld het die koerant byna slaafagtige onderhoude
gepubliseer met die omstrede dr. Barney Pitanya van die
Menseregtekommissie, asook met die staatskrywer en kulturele
kommissaar van die ANC, mnr. Wally Serote. Mnr. Pityana veral het met
'n glimlag op die middelblad van Beeld gepryk in die tipe grootte
wat herinner aan plakkate van Fidel Castro in die teenswoordige Kuba
of openbare afbeeldings van Voorsitter Mao in die bloeityd (in meer
as een sin!) van die Kulturele Revolusie. Serote poog vergeefs
om die oplaaiende misnoeë van Afrikaanssprekendes oor die
vertrapping van hul taal deur 'n sentralistiese, neo-koloniale
owerheid te paai deur te speel op die skuldgevoel oor Soweto in
1976.
Hierteenoor
het Beeld 'n gesamentlike aanval geloods op Praag en die Groep van
63 in 'n hoofartikel meer as 'n week gelede, verwysende na 'n
persverklaring waarvan die inhoud nooit in die koerant se blaaie
bekend gemaak is nie. Reaksies van beide PRAAG en die Groep
van 63 is nie gepubliseer op die brieweblad nie, waarskynlik omdat
dit as "ideologies onsuiwer" of "kontra-revolusionêr"
beskou word. Hieruit moet 'n mens aflei dat Beeld in die
dispuut wat taalstryders opponeer teenoor die Minister van Onderwys,
mnr. Kader Asmal, inderdaad die Asmal-kant gekies het soos dit 'n
staatsgesinde orgaan betaam.
Hiermee
saam stuur ek beide reaksies wat hopelik vandag reeds op ons webwerf
gepubliseer sal word by
www.praag.org
onder
die rubriek UIT-BEELD. Lees dit gerus en verrtel al u vriende
van die nuwe rubriek wat witwarm briewe gaan bevat wat die Prawda
van die Noorde uit selfsensuur nie wil publiseer nie of wat
kommentaar bevat op die nogal komieklike politieke standpunte wat
die blad soms inneem. Ons nooi almal uit om kommentaar op
Beeld te lewer, en sodoende die samisjdat aan die gang te hou teen
Prawda.
3)
Teleton vir Afrikaans
Uit
erkentlikheid teenoor PRAAG vir ons pogings om Punt Geselsradio te
red, en om beleggers daarvoor te werf, het die stasie ingestem om
ook sy kant te bring vir Afrikaans en die taalstryd. Ons het
ooreengekom om in die week van 2 April 'n weeklange
TELETON
VIR AFRIKAANS
te
hou waartydens daar direk op die lug geld ingesamel gaan word vir
die taalstryd. Ons mikpunt is 'n hele paar miljoen rand.
Alwyn Bruinders, ster van die gewilde sepie "Vetkoekpaleis",
gaan optree as "mnr. Afrikaans" vir die week en
maatskappye en individue aanmoedig om geld te skenk aan PRAAG sodat
ons die taalstryd vanjaar behoorlik kan voer met taalaksies
gerig teen elemente in beide die privaat- en openbare sektore wat
Afrikaans misken of uitfasseer. Nommer een op ons lys is
natuurlik die Minister van Onderwys, mnr. Kader Asmal, wat die
Afrikaanse universiteite wil dwing om te verengels, en lyk my ook
die Kubaanse beleid teenoor godsdiensvryheid wil invoer. (In
1982 het Fidel Castro byvoorbeeld 'n Kubaanse Christenskrywer by
name Valladarès vrygelaat wat 27 jaar in 'n hok opgesluit was sodat
hy gebruik van sy spiere verloor het en nie meer kon loop toe hy
vrygelaat is ná druk deur die destydse Franse regering nie.)
Ander gebiede waar fondse bestee gaan word vir taalaksies is:
-
verbruikersmaatskappye wat nie Afrikaans op hul produkte druk nie;
-
staatsdepartemente wat nie Afrikaanse vorms beskikbaar stel of mense
toelaat om Afrikaans by die werkplek te gebruik nie;
-
arm Afrikaanssprekendes wat nie toegang het tot Afrikaanse
leesmateriaal nie
-
andertaliges wat deur die staat daarvan weerhou word om ook toegang
tot Afrikaans en leesmateriaal in dié taal te verkry;
-
bewaringsprojekte waar die staat onwillig is om boeke of ander
argiefmateriaal in Afrikaans te bewaar (daar was enkele maande
gelede 'n geval waar argiefstukke uit die tydperk van die ZAR
eenvoudig weggesmyt is);
-
'n landwye diktee-kompetisie vir skoliere en volwassenes ten einde
kennis van die Afrikaanse spelreëls en grammatika op te skerp soos
wat dit in verskeie Europese lande gevoer word, met afdelings vir
moedertaalsprekers en nie-moedertaalsprekers;
-
uitreikprojekte na Afrikaanssprekendes in die diaspora in Australië,
Kanada, Engeland, Wes-Europa, ens. waar ouers steeds hul taal na hul
kinders kan oordra, en die moontlikheid van Afrikaanse skole in die
buiteland;
-
publikasies en heruitgawes van Afrikaanse boeke wat uit druk uit is;
-
die befondsing van 'n alternatiewe geskiedenisprojek teenoor die
staatsgeskiedenis wat die African National Congress en South African
Communist Party tans laat skryf met behulp van ses miljoen rand
wat bewillig is deur Nedcor, MTN, South African Breweries, ens.;
Ons
doen 'n beroep op almal wat sterk voel oor die saak vir Afrikaans om
deel te neem aan die Teleton, ook skrywers, akteurs en ander
openbare figure wat dit aan die publiek kan oordra hoe ernstig die
krisis is waarin ons ons bevind met 'n owerheid wat by monde van sy
Minister van Onderwys hom ten doel stel om Afrikaans uit die
universiteite te weer, asook om ons geheue te vernietig by wyse van
'n propagandistiese geskiedenis waarmee kinders op skool geïndoktrineer
gaan word om hul eie verlede en hul eie kultuur te haat. Dat
privaatmaatskappye so lamsakkig is dat hulle swig voor politieke
druk om sulke projekte rojaal te befonds, is 'n verdere aanduiding
dat Suid-Afrika reeds op 'n glybaan na totalitarisme verkeer.
Solidêre
groete,
Dan
Roodt
PRAAG
Posbus 3103
Dainfern
2055
tel. +27113250817 faks +27113250819
selfoon +27(0)824901036
boontoe
Geagte
PRAAG-lid/belangstellende,
PRAAG
het reeds van gister af betrokke geraak by 'n aksie om Punt Radio
van ondergang te red. Alhoewel dit oor groot potensiaal, asook
bekwame en toegewyde mense, beskik, sukkel die stasie reeds geruime
tyd om die mas op te kom vanweë onvoldoende kapitaal, 'n opgehoopte
skuldlas as gevolg van swak bestuur in die verlede, negatiewe
publisiteit, ens. PRAAG, en dit beteken ons almal, asook
elkeen wat sterk voel vir Afrikaans, het onderneem om te sorg dat:
1)
die omroepers so gou moontlik weer 'n salaris ontvang. (Hulle
werk reeds drie maande soos bittereinders sonder vergoeding in
die hoop dat nuwe aandeelhouers vir die stasie gevind kan word.)
2)
'n nuwe aandeelhouer/s gevind word wat beide Afrikaans en die stasie
se belange op die hart dra.
Hierdie
is 'n konstruktiewe aksie om 'n belangrike Afrikaanse bate te behou,
die enigste onafhanklike Afrikaanse stasie waarop mense vryelik hul
mening kan lug. Soos wat ons vorder in die stryd vir Afrikaans
en om 'n plek in Suid-Afrika te vind, kan so 'n medium van kardinale
belang wees om mense in te lig oor aktuele sake, en ook vir die
publiek om hul gevoelens te betuig
Dit
ly by my geen twyfel dat PRAAG weer eens, soos met die
Parmalat-aksie, suksesvol gaan wees nie.
U
sal voortdurend per epos op hoogte gehou word van die vordering wat
ons maak. Dit mag wees dat ons binne die volgende dae 'n
beroep op Praaglede gaan doen om ook finansieel by te dra tot
hierdie reddingsaksie. Indien wel, sal dit op die volgende
basis geskied:
Alle
skenkings aan PRAAG om Punt Radio te help sal onmiddellik beskikbaar
gestel word by wyse van 'n lening aan die stasie ten einde die
omroepers se salarisse te betaal. PRAAG word sodoende een van
Punt Radio se krediteure. Sodra Punt bykomende kapitaal bekom
het, sal hierdie lening terugbetaal word aan PRAAG waarna ons op een
of meer van die volgende kan besluit:
1)
PRAAG-skenkers se geld word eenvoudig terugbetaal; of
2)
dit word elders aangewend in die taalstryd; of
3)
die terugbetaalde gelde word in 'n trust gestort met die naam "Vriende
van Punt", wat aandele in Punt Radio opneem; of
4)
'n kombinasie van die drie.
Gee
asseblief vir my terugvoering hierop. Hou te alle tye dit voor
oë dat hierdie aangeleentheid uiters DRINGEND is, want ons tyd om
in te gryp is min. Ekself is besig om al my professionele
kundigheid en kontakte te gebruik om ook langs ander weë
1)korttermynoorbruggingsfinansiering vir Punt te vind, asook 2)
langtermynaandeelhouers wat die stasie op 'n gesonde finansiële
grondslag kan plaas.
Solidêre
groete,
Dan
Roodt
17 Maart 20001
**********************************************************************************************************
HIER
VOLG NOU DIE PERSVERKLARING WAT GISTER (VRYDAG 16 MAART) UITGEREIK
IS:
"Hiermee
reik PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep) die volgende mediaverklaring
uit:
Punt
Radio speel 'n belangrike rol om Afrikaanssprekendes ingelig te hou
en om 'n Afrikaanstalige identiteit beide in Gauteng en in die Wes-Kaap
in stand te hou. Dit is die enigste Afrikaanse geselsradio in
die land.
PRAAG,
asook die breë Afrikaanse gemeenskap, kan onder geen omstandighede
toelaat dat die stem van Punt stil word nie. Tans saai die
radiostasie, in weerwil van ernstige finansiële probleme, steeds
vier-en-twintig uur per dag uit. Die moedige omroepers en
bestuur wat reeds drie maande sonder enige vergoeding werk om Punt
op die lug te hou, verrig niks minder as 'n heldedaad vir
Afrikaans nie.
Tydens
'n vergadering tussen PRAAG en die bestuur van Punt op Donderdag 15
Maart is daar ooreengekom om die volgende te doen:
- PRAAG
werp onmiddellik alles in die stryd om Punt van potensiële
ondergang te red.
- PRAAG
onderneem om binne die volgende paar dae korttermynfondse te
vind om die omroepers se salarisse te betaal sodat die stasie
kan aanhou uitsaai.
- PRAAG
het reeds 'n aantal korporatiewe finansieringspesialiste genader
wat bereid is om binne 'n baie kort tyd alternatiewe
aandeelhouers te vind ten einde die stasie se langtermyntoekoms
te verseker.
- Die
bestuur en omroepers van Punt Radio sal met hiernieude ywer die
stasie uitbou en bemark ten einde 'n groot sukses daarvan te
maak, maar ook om 'n sleutelrol vir Afrikaans te vervul.
- Die
stasie is onbeskaamd pro-Afrikaans en het hom bereid verklaar om
verbeeldingryke aksies ter bevordering van Afrikaans te
ondersteun, soos byvoorbeeld 'n "Teleton vir
Afrikaans" waartydens luisteraars kan inbel om geld te
skenk vir die huidige taalstryd ten einde universiteite, skole
en ander instellings van dreigende verengelsing te red.
PRAAG en Punt Radio is tans besig om die konsep van 'n "Teleton
vir Afrikaans" te bespreek, en nad
|