praag.org Pro-Afrikaanse Aksiegroep

Pro-Afrikaanse Aksiegroep

Onderwysowerheid vir Afrikaners

E-pos Afdruk PDF
Sedert 1994 is alle Afrikaanse onderwysinstellings, hetsy skole, hetsy universiteite, konstant deur die ANC-regering ondergrawe, afgetakel of selfs tot niet gemaak in die naam van sogenaamde "transformasie". Terwyl skole soos Laerskool Mikro, Hoërskool F.H. Odendaal en Ermelo-hoërskool gepoog het om deur duur en ingewikkelde hofsake hul taalregte te verdedig, is talle Afrikaanse skole geïntimideer en sonder slag of stoot verengels. Veral op die platteland ry ouers hul kinders tot sover as 200 km per dag aan om hulle in Afrikaans te laat onderrig omdat hul plaaslike dorpskool die slagoffer van "transformasie" geword het. "Transformasie" beteken nie net Engels en dikwelse rassewrywing nie, maar ook wanbestuur, korrupsie, elektrisiteit of ander dienste wat nie betaal word nie en toilette wat in so 'n haglike toestand verval dat geen Afrikanerkind van sulke geriewe gebruik wil maak nie.
 
 Wat die Afrikaanse universiteite betref, is die toestand nog veel erger as by skole. Taal- en rassediskriminasie teen Afrikanerstudente het 'n alledaagse verskynsel geword. Van die vyf Afrikaanse universiteite wat oor geslagte deur Afrikaners opgebou is, kan slegs die Potchefstroomkampus van die Noordwes-universiteit tans nog as 'n Afrikaanse kampus beskou word. Die onlangse besluit om van die US 'n tweetalige instelling te maak, het die doodsklok vir Afrikaans aan Stellenbosch gelui en taalkenners verwag dat Engels binne enkele jare Afrikaans uit die lesingsale sal verdryf terwyl rassekwotas soos by die Universiteit van Pretoria in professionele studierigtings ingestel sal word om Afrikanerstudente van die reg te beroof om vrylik die kwalifikasies van hul keuse na te streef.
 
 Nie eens in die tydvak van die Britse Ryk en van pro-Britse SAP-regerings is daar soveel skreiende onreg teen die Afrikaner en Afrikaans gepleeg nie. Vandaar hierdie petisie wat oor twee of drie weke aan die topbestuur van die regerende ANC, onder andere aan mnr. Jacob Zuma, oorhandig sal word.
 
 Daarom vra ons elke Afrikanerouer, -student en -hoërskoolleerling, asook diegene wat self in die verlede aan ons voortreflike Afrikaanse skole of universiteite gestudeer het, om onverwyld die petisie hieronder te teken en ook landwyd en internasionaal onder alle Afrikaners te versprei.
 
Hier is gereedskap om die petisie te onderteken en te versprei:
 
  • Kliek op die skakel om die petisie aanlyn te voltooi -  http://www.praag.org/aksies/petisie.html
  • Gebruik die "Recommend this article" skakel en stuur dit aan jou vriende en kennisse
  • Kliek op die knoppies regs bo "PDF en "Druk" om dit te druk en te voltooi en terug te faks aan: 0866797849
  • SMS die woord ONDERWYS aan 34110 gevolg deur jou naam en van
 
 
Titel
Naam VanAdres
Poskode
Stad of Dorp
Land
Telefoon
Selnommer
E-pos     
          
          
          
          
          
          
          
          
          
          
          
          
          
          
          
          
          
          
          
 
Laas Opdateer ( Sondag, 01 Maart 2009 19:59 )  

Nuus Bulletin

Twitter

Jy is nou hier: Tuis Aksies Aksies Onderwysowerheid vir Afrikaners