
AFRIKANERRAADREFERENDUM
PER SMS
Elke
Afrikaner móét stem!
DIE
REFERENDUMVRAAG: Steun u die stigting van 'n verkose
Afrikanerraad deur wie Afrikaners hul regte sal hervestig? Ja of
Nee?
As
u in Suid-Afrika is, moet u per sms stem, soos in die volgende
paragraaf verduidelik word. Indien u u in die buiteland
bevind, moet u op die Afrikanerraadwebwerf
stem.
Sms
"ja" of "nee" aan nommer 38883 met
die sleutelwoord "AR"
tussen twee spasies en sonder enige aanhalingstekens, kommas,
punte of ander leestekens, asook u naam, ID-nommer of
geboortedatum. Elke SMS
kos R10. L.W. Onthou die
steutelwoord "AR" op die boodskap anders gaan die
stelsel nie u stem herken nie.
Kry
u ook u vriende en familie om te stem! Hierdie is die eerste
keer sedert 1994 dat spesifiek Afrikaners die geleentheid kry om
hul stem te laat hoor oor hoe hul toekoms daar behoort uit te
sien.
WAAROM
BEHOORT AFRIKANERS 'N AFRIKANERRAAD TE STIG?
Die
meeste Afrikaners bekla vandag die gebrek aan leierskap in eie
geledere. 'n Demokraties verkose Afrikanerraad skep 'n meganisme
om nuwe leierskap na vore te bring wat deur openbare debat en 'n
nuwe visie die apatie en moedeloosheid op grondvlak kan
teenwerk. So 'n Raad kan die bedingingsmag van die
Afrikanergemeenskap uitbou en as demokraties verkose
verteenwoordigers optree, sowel teenoor die Suid-Afrikaanse
regering as teenoor die buiteland. Die volgende kwessies kan op
'n konkrete wyse deur die Raad aangespreek word deur beleid te
formuleer, maar ook huidige reaksies van Afrikaners daarteen te
koördineer en te inspireer:
-
Agteruitgang van Afrikaans en Afrikaanse instellings
-
Diskriminerende wetgewing in die vorm van regstellende
aksie en swart bemagtiging
-
Chauvinistiese naamsveranderings
-
Verarming van Afrikaners
-
Geweld teen boere
-
Grondhervorming
-
Ongebreidelde misdaad
-
Taaldiskriminasie
-
Grootskaalse emigrasie
WIE
IS DIE LEDE VAN DIE HUIDIGE TUSSENTYDSE AFRIKANERRAAD?
Dan
Roodt
Jaap
Kelder
Marthie
Richter
Lydia
van Eeden
Andries
Lombaard
Louis
Lagrange
Piet
Kotzé
Piet
Liebenberg
Ivan
Martins
Tim
van der Westhuizen
Jaco
Strauss
Ernie
Fabel
Pol
Doussy
Albert
Smook
Annette
Kenneally
Gideon
Meiring
Henk
van de Graaf
WAARVOOR
STAAN DIE TUSSENTYDSE AFRIKANERRAAD?
Die
Tussentydse Afrikanerraad poog om Afrikaners saam te snoer ten
einde vraagstukke aan te spreek wat die Afrikanergemeenskap
spesifiek raak. Die Raad is nie betrokke by partypolitieke
organisasies nie. Die hoofdoelwit van die huidige lede is om so
gou moontlik 'n demokraties verkose raad daar te stel wat die
Afrikanergemeenskap sal verteenwoordig.
KONTAKBESONDERHEDE
Indien
u meer wil weet, finansiële skenkings wil maak of betrokke wil
raak, raadpleeg gerus die webwerf http://www.afrikanerraad.org.
REFERENDUM
Vanaf
12 Mei tot 30 Junie 2005 word 'n referendum gehou waarvan die
vraag soos volg lui:
Steun
u die stigting van 'n verkose Afrikanerraad deur wie Afrikaners
hul regte sal hervestig?
SMS
"ja" of "nee" aan 38883, tesame met die
sleutelwoord "AR", u naam, ID-nommer of geboortedatum.
Die
referendum word deur 'n onafhanklike ouditeur geoudit om te
verseker dat dit deursigtig en eerlik geskied. Dit is die eerste
keer dat selfoontegnologie vir 'n grootskaalse volkstemming van
dié aard in die land gebruik word. Daar is op dié medium
besluit omdat die meeste Afrikaners toegang tot selfone, hetsy
hul eie, hetsy dié van 'n familielid, het. Elke SMS kos R10,
wat ook pogings om die uitslag te manipuleer,
sal fnuik.