
Paul
Kruger 100 jaar 14 Julie 2004
President
Paul Kruger van die ZAR se afsterwe 100 jaar gelede is herdenk met
'n parade op Kerkplein rondom sy standbeeld deur die Nasionale
Seremoniële Wag en die doedelsakorkes van die SA Geneeskundige
Dienste. Dit was deel van die Woensdagparade wat gereël
word deur me. Lamé Ebersohn van Café Riche op die plein. Dr. Dan Roodt van PRAAG het die saluut geneem.
Standbeeld van Oom Paul teen die
Hoëveldse winterlug
Die Nasionale Seremoniële Wag
marsjeer vanuit 'n systraat na die plein (klik op foto vir
vergroting)
Die SAGD-orkes in Skotse drag
Lamé Ebersohn stel vir dr. Dan
Roodt voor
Die Nasionale Seremoniële Wag ná die vlaghysing
Soldate van die SANW by die geleentheid
Dr. Roodt in gesprek met Franse omstanders op die
pleinErkenning: Alle foto's is deur
Riaan Roux van Loki-produksies. 'n Video-opname van die
geleentheid is ook beskikbaar.
boontoe