wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

 

PRAAG/AFRIAL-samewerkingsooreenkoms

Geteken op Vrydag 25 November 2005

 

 
 
 

SAMEWERKINGSOOREENKOMS

 

Aangegaan tussen:

Die AFRIKANER ALLIANSIE, 'n behoorlik gekonstitueerde organisasie met 'n grondwet, simbole, gesagstrukture en toekomsvisie, en grondwetlike bepalinge in sake die aangaan van Nasionale Alliansies

hierna AFRIAL genoem en

die PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP, 'n behoorlik gekonstitueerde kultuurorganisasie

wat die handhawing van Afrikanerbelange, veral Afrikaanse taalbelange, wil bevorder,

hierna PRAAG genoem

en gesamentlik na verwys as die PARTYE.

 

Nademaal AFRIAL en PRAAG dieselfde toekomsvisie van 'n individueel verkose Verteenwoordigende Afrikanerraad deel en

nademaal AFRIAL homself reeds deur sy grondwet gekonstitueer het as 'n raad wat Afrikanerbelange verteenwoordig en nademaal PRAAG reeds sy gewig agter 'n Tussentydse Afrikanerraad (TAR) ingegooi het, wat in September 2004 deur die Konfederale Afrikanerforum (KAF) in die lewe geroep is en

nademaal albei die PARTYE op die bogenoemde wyses daarna streef om 'n volksverteenwoordigende Afrikanerraad daar te stel en albei die PARTYE van mening is dat dit sinneloos is om hul pogings te dupliseer en derhalwe deur middel van hierdie KONFEDERALE SAMEWERKINGSOOREENKOMS, hul kragte wil saamsnoer, maar

aangesien albei die PARTYE begerig is om hul onderskeie identiteite en interne selfbeskikking te behou en as afsonderlike organisasies voort te bestaan en

nademaal die PARTYE bereid en begerig is om óók met ander Afrikaner-organisasies wat die bogenoemde ideaal van 'n verkose Volksverteenwoordigende Afrikanerraad deel, saam te werk,

verklaar AFRIAL EN PRAAG nou soos volg:

1. Om as verskillende organisasies, onafhanklik van mekaar en met behoud van eie identiteite en interne selfbeskikking, voort te bestaan, maar om kragte saam te snoer ten einde 'n verkose Volksverteenwoordigende Afrikanerraad so spoedig moontlik en met die medewerking van so veel as moontlik ander Afrikanerorganisasies wat hierdie ideaal deel, tot stand te bring.

2. Om, wanneer 'n Volksverteenwoordigende Afrikanerraad tot stand gekom het, AFRIAL en PRAAG, met behoud van eie identiteit en interne selfbeskikking, elk na eie keuse en op eie wyse, ondersteunend tot die bogenoemde Afrikanerraad, sal optree en ander betrokke Afrikanerorganisasies sal aanmoedig om dieselfde te doen.

3. Dat PRAAG, as aktiewe lid van die TAR die Konfederale Afrikanerforum(KAF) sal versoek om so spoedig moontlik, 'n openbare vergadering in die OU RAADSAAL te reël en dat die Partye tot hierdie ooreenkoms alle tersaaklike Afrikanerorganisasies sal aanmoedig en uitnooi om die genoemde vergadering by te woon, ten einde die TUSSENTYDSE AFRIKANERRAAD (TAR), as gesamentlike aksie voort te sit.

4. Dat die TAR versoek word om, in die lig van hierdie ooreenkoms te herstruktureer en om as gesamentlike aksie van alle partye tot hierdie ooreenkoms op die basis van gelyke aandeel in die proses, die proses, wat tot die verwesenliking van die ideaal van 'n VOLKSVERTEENWOORDIGENDE AFRIKANERRAAD moet lei, sal rig en bestuur in deurlopende konsultasie met al die partye wat by hierdie ooreenkoms betrokke is en hierna betrokke mag raak.

5. Dat  die genoemde Konfederale Werkkomitee die volgende handelinge sal verrig:

5.1 'n Gesamentlike verklaring sal uitreik waarin hierdie bilaterale samewerkingsooreenkoms bekend gemaak sal word, ten einde die behoefte aan samewerking ter bereiking van die ideaal van 'n verkose Afrikanerraad, in volksgeledere te beklemtoon; en

5.2 voelers na ander tersaaklike Afrikanerorganisasies sal uitsteek met die oog op die verbreding van hierdie bilaterale samewerkingsooreenkoms tussen AFRIAL en PRAAG, tot 'n multilaterale ooreenkoms waaraan die grootste moontlike aantal Afrikanerorganisasies deel kan hê.

Geteken te PRETORIA op hierdie 25ste dag van November 2005

 

NAMENS AFRIAL: ........................................

 

NAMENS PRAAG: ........................................

 

MEDE-ONDERTEKENAARS:

 

 

boontoe