Dan
Roodt
AWEREGS
politieke
essays

PRAAG
|
AWEREGS
bevat van Dan Roodt se mees opspraakwekkende essays
soos „Pas aan en sterf ” waarvoor hy reeds internasionale
bekendheid verwerf het.
Elke
moontlike onderwerp in die hedendaagse politiek word gedek:
Afrikaanse onderwys, regstellende aksie, rassekwotas in
sport, grondhervorming, naamsveranderings, die taalstryd, Zimbabwe
of wegholmisdaad. In navolging van NP van Wyk Louw,
beweeg die skrywer egter ligvoets van dié aktuele kwessies
na tydlose wyshede met aanhalings uit die wêreld
se groot staatsmanne en filosowe.
Nie
net is die boek prikkelend en leesbaar geskryf nie, maar daar
word ook praktiese voorstelle gedoen oor hoe ons uit die huidige
politieke moeras kan ontsnap deur die stigting van ʼn demokratiese
Afrikanerraad, skakeling met die buiteland en paraatheidskursusse
teen misdaad.
Selde
is daar al sulke konsekwente en snydende kritiek teen die „Euromasochisme”
van ʼn Amy Biehl of die dekadente oorgawepolitiek van
onlangse Afrikanerleiers gelewer. Want, sê die skrywer:
„In Afrika waar die begrippe ‚mag’ en ‚krag’ ʼn
sleutelrol speel, word welwillendheid en die
bereidheid om ander te dien dikwels as
ʼn teken van swakheid gesien … Om jouself sterk te maak,
jouself te beskerm, en sodoende die respek van ander af te dwing,
is ʼn veel gesonder oorlewingsbeginsel as om gedurig die
knie te buig of mooi broodjies te bak in die hoop
dat die swaard van die ander by jou sal
verbygaan.” |