boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

                  

BOEKWINKEL

Outeur: Stephen SmithNegrovoorblad.JPG (25066 bytes)

Titel: Negrologie

ISBN: 0-9584635-9-X

Aantal bladsye: 288

Prys: R160, BTW en posgeld ingesluit

Omslag en mates: Slapband op 105g papier, 205 x 140mm.

Verskyningsdatum: 20 Oktober 2005

Koop die boek nou deur op dié knoppie te klik:

Of bestel die boek deur die volgende tolvrye nommer (slegs binne Suid-Afrika) te skakel: 0800220224.

Negrologie het met die onlangse verskyning daarvan opskudding in Frankryk veroorsaak. Die skrywer het vir die eerste keer eerlik en sonder om doekies om te draai na Afrika se mislukkings gekyk. 

Sedert die einde van die Koue Oorlog in 1989 word die wereld verstom deur die onophoudelike konflik, hongersnood en verval in Afrika suid van die Sahara. Selfs . modelland soos die Ivoorkus het oor die afgelope jare in duie gestort en dieselfde paadjie as Liberie, Sierra Leone, die Demokratiese Republiek van die Kongo en ander oorlogsgebiede bewandel. Naas burgeroorloe word Afrika deur vigs en tropiese siektes, asook korrupte en onbekwame staatsadministrasies geteister. Die skrywer blameer sowel die Afrikane, wat verslaaf is aan hulp van buite, as die Europeers wat maar te gretig is om daardie hulp te verskaf en sodoende hul skuldige gewete te salf. Smith spreek hom veral uit teen die Negrologie, oftewel die kultus van die swart identiteit en swart bewussyn. Dit noop Afrikane om die oorsaak van hul probleme by kolonialisme of apartheid te gaan soek, in plaas van by hul eie tekortkominge. In die laaste hoofstuk bied die skrywer in . uitgebreide gedeelte van 36 bladsye . interessante blik van buite op Suid-Afrika. 

Negrologie is reeds in 2004 met die Franse Televisieprys vir die beste nie-fi ksieboek van die jaar bekroon. 

Stephen Smith is van Amerikaans-Duitse afkoms en was tot onlangs Afrika-redakteur van die gesaghebbende Franse koerant, Le Monde. Hy doen reeds meer as twintig jaar verslag oor die kontinent en word as een van die voorste Afrikakenners en -joernaliste in Europa beskou.