boekwinkel 

chronologie

menings

opstelle

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

 tuis

                  

BOEKWINKEL

 

Outeur: Lydia van EedenSaakblad2.JPG (223069 bytes)

Titel: Die verlore saak

ISBN: 0-9584635-2-2

Aantal bladsye: 176

Prys: R120, BTW ingesluit

Omslag en mates: Slapband op 105g papier, 205 x 140mm.

Verskyningsdatum: 21 September 2004

L.W.: Die prys in Suid-Afrika is R120, waarby R20 posgeld en verpakking ingesluit is.

L.W. Die prys vir buitelandse kopers is R100 + R60 posgeld (lugpos) en verpakking = R160. (Laat ongeveer 7 tot 10 dae toe vir buitelandse bestellings om aan te kom.)

Ná sy Frans op universiteit gestudeer het, laat die vier-entwintigjarige Ingrid se kennis van dié taal haar by die Nasionale Intelligensiediens in Pretoria beland waar sy die propagandaveldtog teen die ou regering moet monitor.

Maar dis nie lank nie, of sy word onder dekking Parys toe gestuur om betrokke te raak by aksies om Suid-Afrika se saak te bevorder teen die felle aanslag van die ANC en sy kommunistiese bondgenote in Europa. Onder die vals naam, Monique de Villiers, moet sy nou vrou-alleen die mas opkom, met net af en toe 'n ontmoeting met haar hanteerder, die sogenaamde Boere-James Bond, Leon Strydom.

As Ingrid, of Monique, in 'n verhouding met 'n Franse joernalis beland, vermoed sy min dat hyself insgelyks deur N.I. betaal word, totdat sy uitvind dat sy voortaan as sy hanteerder moet optree.

Sy bevind haar toenemend in 'n grys gebied sonder 'n duidelike reg of verkeerd en probeer haar bes om staande te bly, totdat een ding na die ander begin skeef loop ...

In hierdie openhartige vertelling maak die leser kennis met die skadukant van mag waarvan niemand ooit in die koerante lees nie. In geen riller is dit nog ooit so getrou uitgebeeld nie: die werklike slagveld waar die stryd om beheer van die land gevoer is, daar waar hy wat dophou dikwels ook self dopgehou word. 

 

Lydia van Eeden het in die tagtigerjare Frans studeer en daarna vier jaar in Parys deurgebring. Ná 'n aantal jare in die skemerwêreld van spioenasie werk sy nou in die parfuumbedryf. Sy woon tans in Pretoria. In haar vrye tyd vertaal sy Franse tekste.

 DIE VERLORE SAAK – LYDIA VAN EEDEN

Hoekom ná al die jare?

“As die boek een doel moet bereik, is dit om mense te laat besef hoe mens op ‘n persoonlike vlak geraak is, dat daar niks glamorous aan die werk is nie. En dat ons moet leer om nie bang te wees vir verandering nie.”

- Uittreksel uit Jo-Ann Floris se onderhoud met Lydia van Eeden, wat op 30 Oktober 2004 in Beeld verskyn het.

“Verloorders moet ook die kans gegun word om die geskiedenis te help skryf.”

- Uittreksel uit Roline Norval se onderhoud, wat op 2 Desember 2004 in die Algoa Sun verskyn het.

“Chris Louw se Boetman is die bliksem in-debat in 2000 het alles weer oopgekrap...’Ek het lank probeer uitpluis waaroor als eintlik gegaan het. Die nuwe geslag sal nie maklik verstaan hoekom ons so ontredderd gevoel het nie. Ons het vir ‘n saak geveg. Manne het aan die grens daarvoor gesterf, ek en my kollegas het ons lewe op die spel geplaas. En toe verkrummel als.’”

- Martie Swanepoel, Sarie, Oktober 2004

Wat sê die resensente van Die Verlore Saak?

“Dit is...boeiend as grafiek van die gemoedstemming van ‘n geheime agent, toe en nou. Ook uit ‘n gender studies-perspektief is dit interessante leesstof.”

- Naomi Morgan, Die Volksblad, 29 November 2004

“What makes it good material for one of those desperate French movies about outsiders, is the picture of moral chaos that spreads in concentric waves as the apartheid edifice starts crumbling – especially in France, where Western agencies pounce on the South Africans...and every spy seems to spy on every other one.”

- Hans Pienaar, The Star, 23 November 2004

“In hierdie roman, wat op die titelblad as ‘n roman-à-clé beskryf word, kry die leser te doen met werklike gebeure, dikwels van ‘n skandalige aard, wat onder die dekmantel van fiksie aangebied word. ‘n Bekende eietydse voorbeeld hiervan is Primary Colors, wat in 1996 verskyn het, oor die wel en weë van Bill Clinton.”

- Marius Crous, Die Burger, 12 Desember 2004