chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

terug  na briewe

          argief:

boontoe

Dan Roodt, 13/04/2001: Brief aan KRIT

Ek is verbaas dat die KRIT  soveel gewig verleen aan die emosionele reaksie van enkele individue op my opmerkings oor die positiewe aspekte van apartheid.  Dit is gemaak binne die konteks van Afrikanerskuld, en was bedoel om die onhoudbare stereotipe wat wil hê dat apartheid ‘n vorm van nazisme was, te weerlê.

Indien dit mense ontstel, moet hulle insgelyks onsteld wees oor my boek Om die Waarheidskommissie te vergeet, waar ek die gelykstelling tussen apartheid en nazisme veel breedvoeriger bestry.  Ek kan net aflei dat die gegriefde persone nog nie my boek gelees het nie, en ek beveel dit aan as ‘n korreksie op hul fantasmagoriese blik op ons geskiedenis, met ‘n prozac of twee.

Ek is self iemand wat gely het onder die junta van Broeders en militariste wat onder apartheid dikwels ons lewens versuur het.  Dit verhoed my egter nie om rasioneel met die verlede om te gaan en dit in gebalanseerde terme te beskryf nie.

Dit sou ‘n kwade dag wees in Suid-Afrika as emosionele verontwaardiging die plek van redelike diskussie moet inneem en dat ons historiese feite moet verswyg wat nie ooreenstem met die heersende dogma nie.

Dan Roodt

boontoe

Dan Roodt, 10/04/2001: Die Engelse Demokratiese Alliansie

Volgens inligting wat versprei is deur mnr. Louis Venter van die Vryheidsfront, span die ANC en DA saam om Afrikaans te verdryf uit die Vaaldriehoek se plaaslike rade.  Daar gaan by 'n eersvolgende raadsvergadering op Vereeniging, wat deesdae bekend staan as Emfuleni, 'n mosie ter tafel gelê word waarin Engels aanvaar word as die enigste amptelike taal.  Natuurlik is dit geheel en al strydig met die Grondwet.

Water- en elektrisiteitsrekeninge word reeds sedert onlangs in die Vaaldriehoek (ofte wel Sedibeng in "newspeak") slegs in Engels uitgestuur, en die nuusbrief is insgelyks verengels.  Dit is nou in weerwil van die 95% inwoners wat òf Sotho òf Afrikaans praat, en waarvan 50% blykbaar nie Engels verstaan nie.

Die manier waarop die DA, noudat hy verseker is van Afrikaanse steun, die taal versaak om lustig mee te doen aan die ANC se kolonialistiese vergrype, is onses insiens verregaande.  Dit roep in herinnering die feit dat die voormalige DP tydens die grondwetlike onderhandelinge vóór 1994 Engels as enigste amptelike taal voorgestaan het.

Blykbaar is die DA besig om terug te keer na sy vroeëre identiteit toe die partybase vanuit Houghton en Seepunt neergesien het op die "Dutchmen" wat intussen sy stemvee geword het.  Ook mnr. Marthinus van Schalkwyk maak dikwels mens se ore seer op die radio as hy poog om mense te beïndruk met vrot-Engels, ons nuwe nasionale taal.

Op sy minste behoort die DA apologie aan te teken vir die anti-Afrikaanse houding wat hy in die Vaaldriehoek ingeslaan het, by monde van sy leier mnr. Tony Leon, wat tot onlangs toe nog taamlik gereeld Afrikaans gepraat het in 'n berekende poging om die party as Afrikaans-simpatiek voor te stel.  Indien nie, verdien die party geen steun van Afrikaanssprekendes nie, en behoort dit verdoem te word om terug te val op sy oorspronklinke Engelse steunbasis in Houghton of Constantia.

Dan Roodt

boontoe

Dan Roodt, 02/04/2001: Letter to the Editor of the New York Times

Dear Sir,

Your article on farm violence in South Africa (31 March) is so preposterous that it reminds one of the propaganda of former East European regimes.  Whereas white farmers are currently the victims of farm attacks by black criminals, you portray them as the villains.  This is the same line of argument used by supporters of the nazi's who claim that Jews deserved their fate because they were exploiting the Germans.

Your article is devoid of any factual basis, and if you can name even one incident where a farmer raped a female labourer, I will buy you a case of French champagne.  You state that "hundreds of blacks have been beaten, raped and murdered by white farm owners and managers and private security personnel".  If you can cite any names of such victims, once again, it will come as a great surprise to us here in South Africa who are unaware of anything of the sort.

Such claims have mostly been made by some government spokesmen who are embarrassed by their inability to offer even the most basic kind of protection to isolated homesteads in rural areas.  Whereas the ethnic cleansing of Afrikaner farmers who ensure the bulk of commercial food production in this country is well documented, with thousands of criminal cases of murder, assault, robbery and rape before the courts, very few cases of farmers abusing their labourers are known.  The current spate of killings visited upon farmers have nothing to do with any employer-employee relationship as the killers are usually complete strangers motivated by greed and the example of land grabbing in Zimbabwe north of South Africa.  Cultural factors also play a role, in that some blacks believe that their ancestral spirits have been angered by commercial exploitation of land.  As it is, only 7% of land in South Africa is arable, and the idea of returning to subsistence farming in the African style is simply out of the question as the black population has been multiplied by twenty in the last century, thanks to improved diet and health care.

At best you are extrapolating some of the pathologies of black-white relations in the U.S. onto South Africa.  It is, however, disturbing when a publication such as the New York Times that pretends to be a serious newspaper can get it so completely wrong on an issue about which a lot of information and research are already available in South Africa, and may even be consulted on the Internet.

Dan Roodt

Author
P O Box 3103
Dainfern
2055
tel. +27113250814 fax +27113250819
cellphone +27(0)824901036

boontoe

André Kotzé, 05/02/2001: SAL en Afrikaans

Ek het met gemengde gevoelens kennis geneem van die nou reeds bebaarde
veldtog teen Parmalat op grond van etikette op plasties houertjies (wat nie
maklik verwyder kan word nie).   Parmalat koop darem my boerevriende se melk
en as multi-nasionale maatskappy belê hulle in Suid-Afrika (vreemde valuta,
kundigheid, kruisbestuiwing ens).  In beginsel is ek sedert die dae toe
mense uit restourante gestap het as hulle nie in Afrikaans bedien word nie,
teen sulke tipe boikotte.

'n Veel meer lofwaardige poging sou wees om ons eie Suid-Afrikaanse Lugdiens
aan te spreek oor hulle onwilligheid om Afrikaanse diens te lewer.  British
Airways/Com Air praat op Maandagoggende nie-perfekte maar welkome Afrikaans
op RSG - oor Rooidagvlugte ens.  Daarenteen, kla Chris Louw (redakteur
Monitor) dat hulle nie Afrikaaanse respons op media-navrae van die SAL kan
kry nie.  BA/ComAir doen aankondigings in Afrikaans op hul vlugte en selfs
op Heathrow lughawe.  SAL doen aankondigings, slegs in Engels op die
binnelandse vlugte waarop ek en my kenisse ry.  Op Binnelandse lughawens
hoor mens slegs Engels.  Telefoniese en e-pos navrae aan SAL word konsekwent
in Engels beantwoord, selfs al praat/skryf ek in Afrikaans.  Ek is bevrees
dat SAL, soos die SABC, sonder formele boikotte, die prys vir hul taalbeleid
(politieke dienstigheid?) sal betaal.  As iemand by die SAL net kan besef
dat as hulle wil privatiseer en winsgewend wil wees, moet hulle Afrikaanse
sake-lesse by Multichoice (Kyknet en Supersport) gaan neem.

Maar die mees positiewe soort bevordering van Afrikaans is die soort wat by
die Klein-Karroo Kunstefees plaasvind.  Op die ou end sal die media-dekking
en gewildheid van die fees self sake-ondernemings nader trek en bloot op
grond van die reklamegeleenthede Afrikaans leer gebruik.


André Kotzé

boontoe

Dan Roodt, 12/10/2000: Brief aan The Guardian

 Dear Sir,

In response to Christopher Hope’s piece about the new South Africa being just like the old one (The Guardian 11/10/2000), one can only marvel at his capacity for stereotyping everything in South Africa over forty years of our history.  That is not to say that his perceptions of intolerance and a growing totalitarianism in this country are incorrect, but I am afraid Mr. Hope’s understanding is limited by his own very ethnic perspective on our problems.

The old South Africa was bedevilled by dumb people in shorts whom we know to be Afrikaners, and the new one suffers from blacks in power who wear designer clothes but do not possess the intelligence and acumen of white English liberals (like Mr. Hope).

Mr. Hope prides himself on having had his work banned by the ridiculously conservative censors of Mr. Lammie Snyman’s generation.  I secretly suspect that authors such as Mr. Hope and Ms. Nadine Gordimer bribed some poor old censor with prim values to briefly prohibit their clichéd works so as to boost the sales in the U.K. and the U.S., the markets for which they were written in the first place, and that were far beyond the reach of the South African censors.  Of course, the bannings were always overturned on appeal, but for a few months they used to be able to bask in the glory of being compared to Solzhenitsyn or some Cuban dissident rotting in a cage somewhere.

The notion that everyone got hauled away by security policemen in the old South Africa for voicing notional criticisms of government is so far removed from the truth that only the more gullible reader of The Guardian could possibly believe it.  I know of would-be Marxist revolutionaries whose crypto-communist treatises on the apartheid state were written with government subsidies from the Human Sciences Research Council.  These days the HSRC is subsidising Africanist science and will definitely not fund any research that deviates from official ideology.

In the old days people used to say that the white English liberal in South Africa “talked Progressive Party, voted United Party (the conservative English opposition) and thanked God that the Nats were in power”.  I read Mr. Hope’s eulogy of Wits University, his alma mater, with a smile.  He is probably unaware that the leading professors at that institution have recently decamped to that erstwhile citadel of “Afrikaner stupidity”, the University of Pretoria, where Afrikaner pragmatism has dealt somewhat more effectively with “transformation”.

Mr. Hope probably made a fortune out of apartheid, that silly ethnic ordering that ultimately collapsed for all the reasons we know.  However, it is becoming clearer by the day that South Africa has a serious problem of ethnic co-existence, differential value systems, as well as racial and linguistic animosities which our current “winner takes all” constitution modelled on Westminster cannot accomodate.

While Mr. Hope sneers from the colonial metropole, some of us have to try and think through the severe and difficult problems facing South Africa.  Many Afrikaners were previously intimidated by the brand of supercilious facetiousness of people like Mr. Hope who have the ear of the great Anglo-Saxon empire.  To my mind, this colonial inability to see things for what they are in South Africa is becoming self-derisory.  We may be living out our local tragedy, in all its naked violence and social decay, but the laugh is really on you, Mr. Hope, and your arrogant belief that you understand anything about South Africa at all.

Dan Roodt, Johannesburg

boontoe

Dan Roodt, 10/10/2000: Brief aan Beeld oor Carel Niehaus se anachronistiese tirade

Ná ek mnr. Carel Niehaus se anachronistiese tirade teen apartheid en die sogenaamde morele skuld daaraan verbonde gelees het (Beeld, 10 Oktober), kon ek dit nie verhelp om ‘n paar redelike besware daarteen te opper nie.  Al weet ‘n mens by voorbaat dat dit futiel sou wees.

Mnr. Niehaus meen dat “sommige wat vir apartheid gemoor en gemartel het, voor die WVK verskyn het”.  Ongeveer vierduisend of meer oortreders wat vir die ANC, PAC en AZAPO gemoor het, en wat deur die howe skuldig bevind is, is in die vrywaringswette van 1991 en 1992 kwytgeskeld en het nooit voor die WVK verskyn nie.  Hierdeur is die indruk gewek dat slegs die Veiligheidsmagte menseregteskendings begaan het, en nie ook die lede van genoemde bewegings wat o.a. deur die ou Sowjet-Unie gefinansier is en ten doel gehad het om Suid-Afrika te onderwerp aan ‘n totalitêre stelsel wat gemodelleer sou wees op dié in die voormalige Oos-Europa.

Mnr. Niehaus behoort die groothartigheid te hê om te erken dat hyself aan die illusie van die klasselose maatskappy geglo het, of miskien steeds glo en hom ewe min kan roem op ‘n vlekkelose verlede as die gemiddelde ondersteuner van apartheid.

Ek is seker ek praat namens baie as ek sê dat ek hoegenaamd nie deur apartheid bevoordeel is nie, vanaf ‘n baie vroeë ouderdom krities was teenoor die meer buitensporige elemente van die beleid, en daarom geen rede het om hoegenaamd verskoning daarvoor te vra nie.  Die gelykstelling van apartheid met nazisme deur die ANC, wat self die inval in Praag deur die Sowjet-Unie in 1968 uitdruklik gesteun het, en hom geassosieer het met die mees verdrukkende régimes ter wêreld, soos dié van Kuba of Libië, is so absurd dat dit net met minagting verwerp kan word.

Die omgekeerde rassisme wat tans geld is ten minste ewe erg as apartheid, en daarom behoort mnr. Niehaus twee keer om verskoning te vra, eenkeer omdat hy hom met ‘n stalinistiese beweging vereenselwig het en boonop wou deelneem aan stedelike terreur, en ‘n tweede keer omdat hy die openlike anti-wit rassisme van die huidige bewind probeer goedpraat.

Feit is dat Suid-Afrika die enigste land in sub-Sahara-Afrika is met ‘n redelik ontwikkelde ekonomie waaruit almal tans voordeel trek.  Selfs tydens die apartheidsera het swartmense meer motors besit as al hul eweknieë op die res van die kontinent saam.  Voeg daarby dat swartmense vir ‘n baie lang tyd slegs 3% tot die staatskas van Suid-Afrika bygedra het, terwyl miljarde rande aan die ou tuislande oorgedra is by wyse van projekte deur ontwikkelingskorporasies, asook om tradisionele leiers in styl te onderhou, en dit is duidelik dat mnr. Niehaus se moralistiese en ekstremistiese lesing van ons geskiedenis geen water hou nie.

Mnr. Niehaus se pleidooi vir “nederigheid” deur die sogenaamde “wittes” is niks minder as ‘n aandrang daarop dat hulle moet afstand doen van hul grondwetlike regte en hulself onvoorwaardelik moet onderwerp nie.  Dit kan die “Lucy-sindroom” genoem word, na aanleiding van Coetzee se Disgrace waarna hy insgelyks verwys.  Lucy se denke is dermate aangetas deur die ideologie van wit skuld dat sy Afrikanisering verwelkom, en berus daarin dat sy na willekeur verkrag mag word deur drie jong swartes in ‘n wêreld waar wetteloosheid seëvier en waar die polisie en die regstelsel gesien word as reste van ‘n immorele eurosentrisme.

Die pad na versoening in Suid-Afrika is vir die ANC en sy geesgenote soos mnr. Niehaus om af te sien van hul eie rasseteorieë en Afrikanistiese drome, en te probeer om ‘n paar van ons praktiese probleme soos misdaad, korrupsie, werkloosheid, die toestand van die paaie in die Oos-Transvaal, asook die haglike matriekuitslae, op te los.  Die sondebok van wit rassisme is nou al so holrug gery dat dit nie langer die klaaglike mislukkings van die huidige bewind kan verdoesel nie.

Dan Roodt

boontoe

Dan Roodt, 09/10/2000: Rassisme en heksery – repliek aan Gerrit Brand

Dit is soms moeilik om reaksie uit my mede-Afrikaanssprekendes te kry, nieteenstaande die kulturele, politieke en toenemend ook ekonomiese krisis waarin hulle hul bevind.  Daarom is ek verheug dat Gerrit Brand dit goedgevind het om so breedvoerig op my - kennelik provokatiewe - stuk oor “Sangomas of Newton” te reageer.  Soos aanvanklik verlede jaar met die aanvang van die taaldebat, hoop ek dat dit die begin kan wees van ‘n besinning oor kultuurverskil in Suid-Afrika, want die ontkenning hiervan is besig om die Suid-Afrikaanse maatskappy helaas in ‘n vorm van anargie en ongekende maatskaplike geweld te dompel.  Trouens, menige waarnemer het al daarop gewys dat Suid-Afrika een van die gevaarlikste plekke op aarde is, en dat ‘n mens se kanse om hier ‘n gewelddadige dood te sterf byvoorbeeld groter is as in plekke waar militêre konflik onlangs plaasgevind het, soos in die voormalige Joego-Slawië.

Ek het dit geensins bedoel as ‘n studeerkamerobservasie à la Kant wat nooit Königsberg verlaat het, maar dit tog goedgevind het om ‘n antropologie te skryf waarin die “negers van Afrika” voorgestel word as uiters primitiewe mense wat so “praatsiek is dat jy hulle met stokke moet slaan om hulle stil te kry nie.”  My voorlopige aanmerkings oor ons probleem is juis ontketen deur onlangse empiriese ervarings, soos by die Konferensie oor Rassisme waar dit duidelik was dat daar ‘n haas onoorbrugbare kloof tussen kultuurgroepe in Suid-Afrika bestaan, sodat mense gladnie “met mekaar kommunikeer nie”.  Veral dr. Pallo Jordan se sterk anti-wit en anti-Westerse uitsprake was vir my ontstellend omdat dit die begin kan wees van ‘n soort pogrom teen almal wat nie tot die tradisionele “swart” Afrikagroep behoort nie.  Trouens, die moontlikheid van volksmoord op wittes en veral Afrikaners in die afsienbare toekoms in Suid-Afrika is myns insiens nie uitgesluit nie, gesien die sterk antipatie teenoor enigeen wat nie tot die “meerderheid” binne sy rasse- en kultuurbetekenis behoort nie.

Hier moet ek jou ontnugter oor die “Afrika-” in Afrikaner, wat volgens jou aan ons “die kans” moet gee, of ons moet besweer teen verwerping.  Ek herinner jou aan die onlangse uitspraak van President Thabo Mbeki, op 11 Augustus tydens die Oliver Tambo-lesing, waar hy gesê het dat “die wittes” tot ‘n “uitlander-heersersklas” (“foreign ruling class”) behoort.  ‘n Mens moet ook onthou dat die Jode in die vooroorlogse Duitsland totaal geïntegreer was in terme van taal, kultuur en gewoontes, maar dat ‘n baie geringe godsdiensverskil gernoeg rede was om hulle die slagoffers van ‘n volksmoord te maak.  Myns insiens is daar ontstellende ooreenkomste in die “sondebok-status” wat Afrikaners in Suid-Afrika beklee, en dié van die Jode in Nazi-Duitsland wat ook vir die probleme van hiperinflasie, werkloosheid, ens. tydens die Weimar-republiek geblameer is.

Jou tipering van my stuk as ‘n rassistiese uitbarsting is nie korrek nie.  Ek probeer juis wegkom van die rassedebat wat so sterk deur die regering aangedryf word, en wat Cicero se uitroep verdien:  illud quam incredibile, quam absurdum!  Die ekonomiese, politieke, kulturele en talige dimensies in ons land kan nie alles tot ras of rassisme gereduseer word nie.

 Ek poog geensins om die saak van Afrikaans aan ‘n anti-swart sentiment te koppel nie.  Die gerehabiliteerde pan-Afrikanisme van ons swart élite word egter juis in Engels gevoer, en ‘n anti-Afrikaanse houding is deel hiervan.  Dit ly geen twyfel dat daar van Afrikaanssprekendes verwag word om hulleself te verengels ten einde deel te word van die “nuwe nasie” nie.  Dat hierdie strategie deels ook uitgedink is deur die tradisionele (meesal blanke) aanhangers van die “imperiale gedagte” in Suid-Afrika, spreek vanself.  Feit is egter dat Engels die taal is van die Afrika-renaissance, hoe paradoksaal en teenstrydig dit ookal mag voorkom, en dat Afrikaans in die weg daarvan staan.

My opmerkings is bloot bedoel as ‘n eerste vraagstelling en tereg wil ek nie op dié stadium tot enige gevolgtrekkings kom nie.  Die moontlikheid dat daar ‘n groot paradigmaverskuiwing in Suid-Afrika aan die gang is, weg van ‘n Westers-georiënteerde logika na Afrika-denke, is so voor die hand liggend dat dit my verbaas dat Gerrit Brand dit as so omstrede ervaar.

Deels berus my opmerkings natuurlik op ‘n skepsis aangaande die kulturele relatiwisme wat in die Weste begin geld het ná die Tweede Wêreldoorlog.  Ons almal is geskool in hierdie tipe denke wat die “gelykheid van kulture” geponeer het, en die postmodernisme as “kritiek van die blanke ideologie” soos Jacques Derrida dit geformuleer het, is natuurlik afgelei daarvan.  In die huidige Suid-Afrika egter, word dit by die dag duideliker dat kulturele relatiwisme, hoewel aantreklik in terme van die tradisionele gelykheidsideaal in die Weste, in die praktyk skrikwekkende afmetings kan aanneem omdat ons oor geen kriteria meer beskik om progressiewe, rasionele wetenskap te verdedig teenoor, by gebrek aan ‘n beter term, “primitiewe kennis” nie.

Jou eie repliek, Gerrit, is ‘n sprekende voorbeeld hiervan as jy die teorie van elementêre partikels wat na twee-en-‘n-halfduisend jaar se wetenskapsbeoefening in die Weste tot stand gekom het, vergelyk met ‘n geloof in geeste.  Binne die kulturele relatiwisme is alles gelyk, fisika of bygeloof, maar jou gesonde verstand sê vir jou dat die een tog iewers “hoër as” die ander geskat moet word.  Ook kan partikel-teorie aangewend word om kernkragsentrales te bou, wat veral Europese lande van al hul elektrisiteit voorsien.  Indien daar iewers voorvadergeeste is wat die ligte laat brand, moet jy my asseblief sê.  Van die ekstreme afrikaniste postuleer die bestaan van ‘n Afrika-wiskunde, wat te herlei is na redelik eenvoudige maniere van objekte te tel, ens.  Om elementêre rekene wat enige laerskoolkind kan bemeester gelyk te stel met die differensiaal- en integraalrekening wat Leibniz en Newton afsonderlik in die sewentiende eeu geformuleer het, asook ander verbysterende en geniale ontdekkings sedertdien in die wiskunde, maar ook op ander gebiede soos die fisika, biologie, sterrekunde, ens., ens., spreek nie net van naïwiteit nie, maar berus op ‘n fundamentalistiese begrip van kennis.  Myns insiens lei kulturele relatiwisme altyd tot fundamentalisme, want het die Pous nie binne die relatiwisme gelyk dat die son om die aarde draai eerder as Galileo wat beweer dat die aarde om die son wentel nie?  Binne ons konteks is die “kennis” van die sangoma dan ewe geldig as dié van Newton of Einstein, want daar is geen kriteria om tussen die twee te besluit nie.

‘n Voorbeeld van kulturele relatiwisme wat lei tot fundamentalisme is die steun wat die Franse filosoof, Michel Foucault, aan die Imam Khomeini toegesê het aan die beginstadium van die Iranese rewolusie.  Foucault het die strengheid van die Westerse tradisie, die kille blik van die eksamen of eksaminering, hetsy in sy mediese vorm, hetsy in sy opvoedkundige manifestasies, gekritiseer en sodoende ‘n relatiwisme gevestig waarbinne alle kennisvorme ewe geldig is – ook dié van godsdienstige fanatici en samelewings uit die ystertydperk.

Deel van my huidige skepsis oor kulturele relatiwisme is gemik teen die postmodernisme, dus sou dit verkeerd wees om dit as “rassisme” te sien, want dan is ek ook rassisties jeens die dominante filosofiese en intellektuele tradisie in die Weste wat hierdie relatiwisme geponeer het.  Trouens, Afrikanisme is in daardie sin ook ‘n Westerse ideologie omdat dit Afrika verstaan vanuit hierdie relatiwisme, en in samehang daarmee.  Dit is uiters interessant hoe Afrikaniste binne ons eie konteks ‘n “gemengde diskoers” bedryf van nostalgie oor verlore tradisies, pan-Afrikanistiese politiek en modieuse Westerse selftwyfel soos geformuleer deur beide die Franse skool wat van Lévi-Strauss afstam en die Amerikaanse skool wat terug te voer is na Boas, die leermeester van Margaret Mead.

By sy onlangse besoek aan Suid-Afrika, het ‘n ander Franse denker, Régis Debray, gesê dat “om vandag ‘n rewolusionêr te wees, moet jy iets van ‘n tradisionalis wees”, en hiermee is ek dit roerend eens.  Die geveg om Afrikaans te behou is ‘n onderdeel van die groter stryd om ‘n mens se tradisie te red van die dubbele aanslag van relatiwisme en fundamentalisme.  Hoewel PRAAG van plan is om ‘n konferensie te reël oor die Afrika-renaissance waar ons graag die leidende denkers van dié beweging wil vra om aan ons te verduidelik presies waaroor dit gaan, is my voorlopige siening daarvan toenemend negatief, want die onderliggende fundamentalistiese inslag is duidelik.  Dit gaan om ‘n “terugkeer na die oorsprong”, ‘n herontdekking van die “verlore Afrika”, en ‘n gepaardgaande verwerping van verligte denke in die Westerse sin.

In my toespraak verlede maand aan die RAU tydens die bespreking oor “Die toekoms van Afrikaans” (sien http://www.praag.org onder die rubriek “opstelle”) het ek na die volgende aanhaling uit N.P. van Wyk Louw verwys, wat die verhouding van Afrikaans teenoor beide die Weste en Afrika só opsom:

“Afrikaans is die taal wat vir Wes-Europa en Afrika verbind; dit suig sy krag uit dié twee bronne; dit vorm ‘n brug tussen die groot helder Weste en die magiese Afrika – die soms nog so ónhelder Afrika; hulle is albei groot magte, en wat daar groots aan hulle verenig kan ontspruit – dít is miskien wat vir Afrikaans voorlê om te ontdek.”[1]

 Die opvatting van ‘n brugtaal tussen Afrika en die Weste is interessant, ook in ‘n konseptuele sin.  Anders as Kant, of enige kontemporêre Westerse relatiwis, het ons immers ervaring van Afrika, en ons afkeer aan sekere elemente van tradisionele Afrika-kultuur, soos byvoorbeeld dit wat met toorkuns te make het, asook die vervolging van hekse en towenaars, die verklaring van natuurverskynsels met verwysing na magiese denkbeelde,  ens., spruit uit ons ervaring.  Tydens die politieke stryd gedurende die hervormingsperiode wat uitgeloop het op die 1994-verkiesing, is ongeveer 400 mense gedood in halssnoermoorde wat myns insiens ‘n vorm van ritualistiese moord was.  ‘n Bekende voorstander van die Afrika-renaissance, prof. Nthuli, het onlangs verduidelik dat die konsep “halssnoer” ‘n belangrike rol in Zoeloerites speel, veral tydens die huwelik, en hy het vertel hoe al die jongmeisies onder Cesthwayo uitgemoor is omdat een van hulle teenoor die ou krygers aan wie hulle gegee is na ‘n oorwinning, gesê het, “die halssnoer pas nie”.

Myns insiens verdien die manier waarop tradisionele Afrika-gebruike en konsepte inspeel op ons huidige werklikheid veel meer aandag.  Ek wou mense prikkel om oor hierdie kwessie te begin dink.  Daar is ‘n sekere koloniale opvatting wat sou wou hê dat swartmense in Suid-Afrika een en almal ‘n tabula rasa is wat na willekeur opgevul kan word met Westerse (Engelse) kultuur.  Meer en meer is dit egter duidelik dat hierdie ‘n naïewe en skadelike gedagte is, omdat die vervreemding van swartmense wat hulle artikuleer as ‘n ervaring van “rassisme”, regstreeks hieraan verbind is.

O ja, rassisme het deesdae in Suid-Afrika so ‘n breë betekenis, soos ook geblyk het by die Konferensie oor Rassisme, dat die mees verregse AWB-ondersteuner saam met die mees verligte persoon wat hom bloot verset teen die absolutisme van “alle wittes is rassiste” geklassifiseer word as laakbare “rassiste”.  Die Menseregtekommissie se pseudo-Freudiaanse geloof dat “die ontkenning van rassisme die grootste aanduiding van rassisme is by enige blanke” maak deel uit van hierdie stereotipe van “die witte” of “die blanke” wat tans by ons gedy.

In die goeie ou eurosentriese tradisie gaan ek my nie aan enige beskuldiging van kettery steur nie, en bloot hierdie kwessies probeer deurdink ten einde nader aan ‘n oplossing vir Suid-Afrika se probleme te probeer kom.  Niks is vir my heilig nie, nie die konsep “rassisme” nie, en ook nie eens “demokrasie” nie.  Dit is vir my die toppunt van kolonialisme om te dink dat indien demokrasie ‘n aanvaarbare politieke stelsel in Wes-Europa en Noord-Amerika is, dit ook noodwendig die beste oplossing is vir Afrika, en vir Suid-Afrika.  Onthou:  Hitler het via die stembus, en daarom “demokraties” aan bewind gekom.  So ook Robert Mugabe.  Universele stemreg is geen waarborg vir ‘n rasionele en menslike stelsel nie, soos ons by die dag in Suid-Afrika ontdek.  Dit nou tersyde, want die huidige onderwerp is steeds kultuurverskille.

Afrikaans is daarom, en hier herhaal ek bloot Van Wyk Louw se gedagte, ‘n “derde term” wat ontkom aan die digotomie Afrika/die Weste.  Afrikaans is vir my modernisme, wat reëlreg staan teenoor die pre-modernisme van tradisionele Afrika.  Natuurlik is tradisionele Afrika vir altyd verander deur die kontak met Westerse kultuur, en is elemente daarvan vir goed verlore, maar die Rousseauistise ophemeling van die tradisionele kultuur as synde “meer menslik, minder kil”, ens., waarvan daar ook in jou brief sprake is, is myns insiens gegrond op ‘n illusie.  Veral onder die gemilitariseerde groepe kusbewoners soos die Xhosas en Zoeloes was daar dikwels tirannieke opperhoofde soos Tsjaka en Dingaan.  Daar is een weergawe van Tsjaka se reaksie op sy moeder, Nandi, se dood as sou hy omstanders wat nie hard genoeg gehuil het nie, voor die voet laat doodmaak het.  Ook die opvolging van opperhoofde het by wyse van sluipmoorde geskied, en dit sou ‘n interessante studie wees om te bepaal watter eienskappe ‘n leier nodig het om onder sulke omstandighede sy posisie te bekom en te behou.  Voeg daarby die werklik onmenslike behandeling van vroue, en die prentjie is allermins die idille wat vandag om ideologiese redes aan ons voorgehou word.

Jou betoog gaan grotendeels uit van die gedagte dat alle menslike kultuur ‘n gemene basis het en dat almal op een of ander manier kousale logika gebruik.  Natuurlik is alle mense biologies verwant en diegene wat hoegenaamd geen kontak met hul werklikheid kon bewerkstellig nie, het lank reeds uitgesterf weens honger of is uitgeroei deur hul vyande.  As ‘n mens pyn voel, spreek dit vanself dat jy ‘n oorsaak daarvoor gaan soek, maar as jou oë nie die mes of doring kan sien wat jou steek nie, eindig die ooreenkoms tussen primitiewe kousaliteit en wetenskaplike kousaliteit presies daar.  Om jou pyn toe te skryf aan ‘n fisiologiese proses wat uitgaan vanaf ‘n baie presiese begrip van die molekulêre werking van liggaamselle en om dit toe te skryf aan ‘n mistieke proses van beïnvloeding deur voorvadergeeste is nie twee benaderings binne ‘n omringende “wetenskap” nie; die een is wetenskap en die ander nie.

Gerrit Brand is kennelik ‘n groter kenner as ek op teologiese gebied, en ek erken my tipering van tradisionele Bantoegodsdiens as politeïsme is nie bevredigend nie, maar watter ander term moet ons dan gebruik, want blykbaar is “animisme” ook nie aanvaarbaar nie?  Ek is egter bevrees dat monoteïsme binne die Joods-Christelike tradisie ‘n baie spesifieke betekenis het, en daar is baie interessante teoriëe oor die ontstaan daarvan tydens die Joodse ballingskap in Babilonië, en ek dink nie die blote bestaan van ‘n Opperwese binne ‘n bepaalde kultuur is noodwendig daarmee vergelykbaar nie.

Ek stem beslis nie saam dat Afrikaners blote besoekers in Suid-Afrika is nie.  Trouens, op ‘n sekere manier dink ek dat ons ‘n gepriviligeerde aanspraak op Suid-Afrika het as ons vaderland op ‘n manier wat Afrikaniste nie het nie, aangesien hulle hulself beroep op ‘n kontinentale of “swart” indentiteit wat ewe seer in die Kongo of Gaboen uitgeleef kan word, terwyl ons taal en kultuur onlosmaaklik verbind is aan Suid-Afrika en Namibië.  Afrikaanssprekende bruinmense het reeds “eerste nasie”-status by die Verenigde Nasies verkry, en die afstammelinge van die KhoiSan kan ewe seer die ander groepe van watter velkleur ookal, beskuldig van “setlaar”-status.  Dit is egter myns insiens ‘n steriele argument, en die ooreenkoms daarvan met die ideologie van ver-regse groepe wat “Europa vir die blanke Europeër” wil opeis, is nie toevallig nie.

Ek is bevrees dat Gerrit Brand, wat my van een of ander vorm van etnosentrisme wil beskuldig, self baie soos ‘n Europeër dink, al hou hy nie van my breë onderskeid tussen “Indo-Europeërs” en “tradisionele Afrikane” nie.  (Ek dink dit is duidelik dat dit geen rasseonderskeid is nie, maar eerder taalkundig en kultureel, “Indo-Europees” synde ‘n kategorie in die taalkunde.)  Kulturele relatiwisme is ‘n salon-filosofie wat as luukse in Europa verdra kan word; na alles stel Europeërs die reëls vas in hul eie land en as deel van die Europese Unie.  By ons sit ons met die probleem dat nie net ons taal bedreig word nie, maar ook ons denkwyse.  En ander besluit vir ons watter reëls sal geld, wat ons kinders op skool sal leer, wat op TV uitgesaai sal word, ens., ens.

Lévi-Strauss maak iewers die punt aangaande die Inoeïet dat hulle kultuur oor ‘n “opening” beskik het wat dit koloniseerbaar gemaak het.  In ‘n sekere sin beskik die Afrikaanse kultuur ook oor so ‘n opening, want die Calvinistiese tradisie met sy klem op skuld en erfsonde maak dit maklik manipuleerbaar en vernietigbaar indien daar op hierdie element gefokus word.  Die manier waarop sekere Afrikaners aanhoudend besig is met ‘n emaskulerende aanblaas van skuld by die breë bevolking toon dat die Afrikaanse kultuur geen groter vyand het as diegene in ons midde nie.  Ons gebrek aan ‘n metropool stel ons insgelyks weerloos teenoor ‘n gewetenlose teenstander wat sou kon besluit om ons finaal uit te wis.  Nie ‘n enkele Europese moondheid was bereid om die Boererepublieke selfs net van logistieke hulp te voorsien gedurende die Tweede Vryheidsoorlog teen Engeland nie.  Die kontras tussen die Britse ontsteltenis onlangs na die moord op vier blanke Zimbabwiërs wat natuurlik Engelssprekend was, en die volslae stilte in die Weste oor die huidige plaasmoorde waarin 900 boere in Suid-Afrika reeds dood is, stem ‘n mens ook tot nadenke.

Ek is geensins besig om die Westerse geskiedenis te probeer voorhou as per se voortreflik nie, en natuurlik was daar bloedige oorloë, volksmoord onder die Nazi’s, Leopold se skrikbewind in die Kongo waar kinders se hande afsgeny is as hul ouers nie genoeg rubber getap het nie, ens.  Enige logika kan wantoegepas word, maar ek dink ons sou moet erken dat daar wel in die Weste vooruitgang was vanaf ‘n primitiewe stamtoestand tot die beskawing met sy tegnologiese wondere wat ons vandag geniet, en waartoe nie-Westerlinge ook toegang het.  “Menseregte” was ‘n Westerse uitvindsel, en dit was ook hulle wat slawerny eerste afgeskaf het.  Die relatiwistiese ontkenning van vooruitgang lei daartoe dat daar min te kies is tussen die lewe in ‘n modderhut met towerkragte as jou enigste vorm van verklaring vir die meer komplekse elemente in jou werklikheid, en die verfynde en verwikkelde omgang met begrippe wat die moderne Westerse beskawing kenmerk en waarin Afrikaans ook, sy dit dan geografies op die periferie, deelagtig is.  Trouens, in ‘n sekere sin het ons ‘n “Afrikaanse beskawing” geskep, en is ons besig om dit te verdedig, soos altyd, teen ‘n tweeledige aanval vanuit die metropolitaanse empaaier en dit wat ek baie polities onkorrek, moet ek erken, ‘n “neo-primitiwisme” genoem het, en wat plaaslik teen ons geloods word ten einde ons taal, letterkunde, musiek, en lewenswyse af te breek en in te lyf by die nuwe kultuur wat geskep moet word by wyse van ‘n terugkeer na die oorsprong, en ‘n herwaardering van ‘n pre-wetenskaplike oertoestand.

Die waarde van Afrikaans binne die Suid-Afrikaanse verband is meer as net folklore of letterkunde of “kultuur” in die eng sin van die woord.  Dit wil my voorkom asof Afrikaans ook draer kan wees van ‘n moderniseringsproses, juis omdat dit begrip en toleransie het vir pre-moderne mondelinge kulture.  Engels gee mense net toegang tot die moderne by wyse van ‘n uitwissing van die eie kultuur en ‘n kolonisering wat onder die huidige omstandighede in elk geval meer en meer onhaalbaar lyk.  Afrikaans het nog nooit klem gelê op die kolonisering van ander nie, maar tree eerder as ‘n soort eksemplaar van modernisering op binne ‘n Afrikaverband.  Indien Afrika ooit aan sy huidige middeleeuse toestand met oorloë, volksmoord, korrupsie en verval – dink maar aan die Economist se “hopelose kontinent”-tipering wat op grond van die feite nie onbillik is nie – gaan ontsnap, sal dit ‘n versnelde modernisering moet deurmaak soos wat die Afrikaanse kultuur sedert die einde van die negentiende eeu ondervind het.  Hierdie proses kan net binne, en met behulp van, die Afrikatale self plaasvind.

Omdat ek redelik pessimisties is dat so ‘n proses wel binne die afsienbare toekoms op dreef gaan kom, moet ons eerste prioriteit die onverskrokke verdediging van ons beskawing-in-die-kleine wees.  Afrikaans is nie maar net ‘n taal tussen ander nie, maar die draer van daardie kleiner beskawing waaraan ons steeds elke dag skep, en waartoe enigeen toegang het.  Die vrugte van daardie beskawing is, hoe ontoereikend en gering ookal, daar vir almal om te sien wat Suid-Afrika besoek, en staan in skrille kontras teenoor die post-koloniale eindspel – the post-colonial endgame, daar is nou ‘n begrip wat jy kan terugstuur na die empaaier – wat oor die afgelope veertig jaar in Afrika noord van die Limpopo plaasgevind het.

Ja, ek neem sekerlik ‘n risiko om dinge oor so ‘n breë boeg te gooi en die heersende opvatting van kulturele relatiwisme uit te daag, maar dan lyk dit nie asof ons vorentoe enige keuse gaan hê nie.  Daarvoor is die proses waarin ons ons bevind eenvoudig te radikaal.

Die beskuldiging van rassisme wat daar teen my gemaak word, is maar net nog ‘n variasie van die etiket van “regs” wat daar ‘n jaar gelede na my kant geslinger is omdat ek dit durf waag het om te argumenteer ten gunste van gelyke behandeling van Afrikaans teenoor ander tale in Suid-Afrika.  My stuk oor “Sangomas of Newton” behandel duidelik ‘n kenteoretiese probleem met radikale politieke implikasies in Suid-Afrika.  By die Rassismekonferensie, waarop ons regering terloops ses miljoen rand geblaas het, was dit tydens die besprekingsessies duidelik dat niemand “rassisme” kon definieer nie, en ek meen dat Gerrit Brand en ander wat probeer om my met die rassismekwas by te kom eers twee definisies sal moet verskaf, te wete:

1)      wat is “ras”?

2)      wat is “rassisme”?

en daarna moet aandui hoe ek my skuldig maak aan dié twee begrippe afkomstig uit die negentiende-eeuse Westerse biologie.

Om iemand in die huidige Suid-Afrika as ‘n “rassis” te brandmerk, het presies dieselfde vorm as beskuldigings van heksery, omdat dit ‘n aanklag is wat onbewysbaar is en daarom is die teendeel (onskuld daaraan) ook onbewysbaar.  In die tradisionele Bantoekulture is hekse of towenaars gewoonlik aan ‘n marteldood onderwerp ná so ‘n beskuldiging.  Hoewel ek myself in die laaste instansie as ‘n Afrikaan beskou, is ek nie bereid om my identifikasie met Afrika so ver te voer dat ek vrywillig na die brandstapel gaan stap ná die sangoma haar vinger na my gewys het nie.



[1] Louw, N.P. van Wyk.  “Laat ons nie roem nie” in Versamelde prosa 2.  Kaapstad:  Human & Rousseau, 1986, bl. 182.

Dan Roodt

boontoe

Tim Lauwers, 03/10/2000:  Uitruil van kultuurprodukte kan Afrikaans en Nederlands verryk

"Dis vir ons 'n hartsaak, nie 'n wiskunde probleem nie." dit vat voor mij
het vraagstuk van Afrikaans-Nederlandse taalhereniging goed samen. Rationeel
is het voor iedereen duidelijk dat taalhereniging een win-winoperatie is
voor beide partijen. Inderdaad Jennie Terblanche: het is een emotioneel
probleem: liever niet met Nederlands in hetzelfde huis al is dat in ons
eigen voordeel. Eigenlijk is dit heel raar.
Het is toch merkwaardig: Afrikaans en Nederlands zijn nu geen vrienden, nog
niet zo lang geleden waren ze passionele minnaars. Tot 1920 bestond er een
harmonieuze taalverhouding tussen de twee "talen": Afrikaans en Nederlands.
Ze werden als één beschouwd. Nederlands als de kultuur- en amptelijke taal
en afrikaans als de informele omgangstaal. Beiden werden koesterend aan het
hart gedrukt. In 1925 werd Afrikaans zelfs grondwettelijk aan Nederlands
gelijkgesteld.
De amptelijke taal van alle Boererepublieke was Nederlands. Hoe is die
liefdesverhouding kunnen omslaan tot de huidige koele verhouding ?

En zelfs al is de liefde er niet meer, dan kan je als koppel toch de vraag
stellen of een volledige scheiding wel verstandig is. Jennie, wat denk jij
van een LAT-relatie ? We delen hetzelfde dak en muren, maar ieder gaat zijn
eigen weg: Afrikaans wordt als een sub-norm in het Nederlandse taalgebied
ondergebracht, met behoud van een zekere eigenheid. Afrikaans zet stappen
terug naar Nederlands, zodat uitwisseling van kultuurprodukten (boeke,
tydskrifte, ensiklopedië, rekenaarprogrammatuur, video's,
rekenaarspeletjies, tv-programme) mogelijk wordt. Dit zou een grote steun
zijn voor het bedreigde Afrikaans in Zuid-Afrika, maar ook het Nederlandse
taalgebied verrijken.

Tot slot nog dit:"Waarom sou ons nou besluit om weer Hollands te word ?"
Hier ben ik het totaal mee oneens. Nederlands wordt ook door miljoenen
niet-Hollanders gebruikt. En ook de Voortrekkers en "die Boer" spraken
Nederlands, moet je hen dan ook Hollanders noemen ?
groeten,

Tim Lauwers

boontoe

Dirk van Rensburg, 02/10/2000: Afrikaans is vir Afrikane

Ek begryp nie hoe daar na die sogenaamde Afrikaners as 'n Dietse volk verwys
kan word nie. Met vanne soos Le Roux, Terreblanche en Smit(h) is dit tog
duidelik dat ons 'n vermenging is van almal wat destyds in die Kaap aangekom
het en selfs die wat alreeds hier was.

Interessante geskiedenis toe daar in 1793, na wetgewing wat bepaal het dat
persone in rassegroepe geklassifiseer moes word, 'n kommissie aangestel is
om te bepaal wie blank, kleurling, swart of asier was. Lees gerus Jan Rabie
se "Waar jy sterwe" om 'n idee te kry van die petalje waar broers, in
sommige gevalle, in verskillende groeperings geplaas is.

Afrikaans het juis sy ontstaan hieraan te danke gehad en is Afrikaans tot
vandag toe die eiendom van die ontwikkelaars daarvan en nie die eiendom van
enigiets Diets of "blank" Europees nie. Die "Kleurlinge" voel net so sterk
oor Afrikaans as moedertaal as enige europese afstammeling.

Dit is so dat Nederlands die basis van Afrikaans gevorm het, slegs omdat dit
die destydse regeringstaal was. Afrikaans het nou so ver ontwikkel dat
Nederlanders dit nie meer volg nie. Ons het ons eie idioom, humor en
karakter.

Afrikaans is vir Afrikane.

Dirk van Rensburg

boontoe

Peter Louw, 26/09/2000:  Onvertaalde Engelse advertensies

Die afgelope maande was dit vir my opvallend dat sekere Afrikaanse koerante
toenemend neig om Engelse advertensies en reklame onvertaald te publiseer.
Veral Engelstalige, geillustreerde glans-reklamebylaes om meubels,
rekenaars, kruideniersware ens. te adverteer, word net so as gemorspos in
jou andersins Afrikaanse koerant gevoeg. Wat egter erger is, is dat onder
meer advertensies oor werksvakatures al hoe meer onvertaald in Engels
verskyn. Dit is 'n tendens wat ek reeds in Die Burger en Rapport opgemerk
het.

Vroeer was daar vertalers by die koerante wat hierdie advertensies vertaal
het. Wat het van hulle geword? Is daar ander koerante waar hierdie tendens
bespeur kan word? Wat is volgende: Engelse berigte? Dubbelmedium-koerante
wat later heeltemal verengels? Ek wil Praag-mense vra om op die uitkyk te
wees vir hierdie tendens en om, waar nodig, 'n brief aan die betrokke
koerant te skryf om daaroor te kla.

Praag-groete

Peter Louw

boontoe

Paul de Keyzer, 24/09/2000: “n Warm hart vir Suid-Afrika

'Vandae het ek in die Staart gelees oer praag.'

Sorry, ik versta zuid Africaans, maar ik kan het niet schrjven.

Toen ik een tiener was, was ik verliefd op het liefelijke Zuid-Africaans, dat nauw aanleunde bij mijn eigen moedertaal, het Vlaams, Nederlands. Op school leerden wij liedjes in het Zuid- Africaans en wij zongen allemaal om ter luidst.

Maar zo stilaan kwamen er berichten over stoute praktijken van mensen die deze lieve taal hanteerden en zo kwam het, dat er geen Zuid-Africaans meer gezongen werd in de school.  Wij vonden dat spijtig en treurden er eigenlijk om.

Na de omwenteling in Zuid Africa is er weer wat hoop. Zo heb ik via e-pos al enkele keren met zuid- africaanse mensen in contact geweest. Begin jaren '90 ben ik eens gaan kijken in het land, waar een derivaat van mijn eigen taal gesproken wordt. Om een of andere reden voel ik mij tot het zuid-africaans aangetrokken.

Mijns inziens zou het officiële Zuid-Afirca er alleen maar baat bij hebben om aan  de Africaanse taal een vowaardig statuut te geven.

Alleen a in de zakelijke contacten met de lage landen zou Zuid Africa hiervan profiteren. Om niet te spreken van interculturele contacten en uitwisselingen op intermenselijik vlak. Veel mensen hier dragen Zuid Africa een warm hart toe, nu de apartheid er niet meer bestaat.  Als wij mekaar kunnen verstaan in onze eigen taal, dan zouden de intermenselijke contacten stellig op een intenser vlak kunnen verlopen.

 Met vriendelijke groetjes,

 Paul de Keyzer

 boontoe

Alex Koster, 24/09/2000: Werk saam as teenwig teen oorheersende invloed

Beste Vrienden,

Ik ben een in Engeland opgegroeide Nederlandstalige. Mijn mening over
"Afrikaans hoort by Nederlands - Petrus van Eeden" is dat onze verschillende
taalgemeenschappen, Afrikaans en Nederlands, er baat bij zouden hebben om
meer samen te werken, vooral op culturele, literaire en media uitwisseling,
zodat dit als een soort tegenwicht kan werken op overheersende
anglo-saksische invloed, vooral wat de Afrikaans sprekende taalgemeenschap
betreft, maar ook in toenemende mate in Nederland en Vlaanderen.

Ik ben echter tegen het idee om de Nederlandse en Afrikaanse spelling naar
elkaar toe te trekken. Ik denk niet dat de eerste stap zou moeten zijn dat
Afrikaners de Nederlandse taal als "moedertaal" en Afrikaans als een soort
van dialect van het Nederlands zouden moeten beschouwen, omdat de klok
moeilijk terug gedraaid kan worden naar 1920.  Ik denk dat krachtigere
culturele banden tussen beide taalgemeenschappen voldoende besef zal
opwekken dat er meer baat is bij het behouden van de diversiteit die voor
beide talen een verrijking is, dan het geforceerd kunstmatisch besturen van
taal met het oog op een soort van "taal-samensmeltings" proces. Als ik naar
de Engelse en de Nederlandse schrijfwijze kijk, dan vergelijk ik twee
uitersten. De Engelse schrijfwijze die sinds de tijd van "Shakespeare" heel
weinig verandering heeft ondergaan, en daardoor vervreemd is geraakt met de
ontwikkeling van de Engelse spreektaal, en, aan de andere kant, de
Nederlandse schrijfwijze, die de laatste 50 jaar zo hevig en kunstmatig is
aangepast met nieuwe spellingsregels om het Nederlands makkelijker te maken,
terwijl er vaak waanzinnige nieuwe spellingsregels voor in de plaats worden
gezet. Ook is het natuurlijk voor Nederlandstaligen heel erg leuk dat ze na
het leren van de laatste spellingswijzigingen, vijf jaar later zich weer aan
nieuwe spellingsregels moeten aan passen!

De invloed van de Engelse taal is, zonder twijfel, overweldigend en is het
Afrikaans aan het "veranderen."  De Afrikaner is in zovere beinvloed door
het Engels dat hij Engelse zinsconstructies aanneemt met Afrikaanse woorden.
Op dit punt vind ik dat Petrus van Eeden weer gelijk heeft. Ook heeft hij
gelijk wat betreft de rijke schat aan Nederlandstalige popmuziek,
literatuur, TV en radio in Nederland en Vlaanderen.  Kijk maar bijvoorbeeld
naar het aanbod van Nederlandstalige kinderprogramma's in Nederland en
Vlaanderen, en vergelijk dat met Afrikaanstalige kinderprogramma's in Zuid
Afrika.  Zou er een rijker aanbod van Afrikaanstalige kinderprogramma's zijn
als Nederlandstalige?  Ik vrees van niet!  Nee, Afrikaanstalige kinderen
kijken (alleen?) naar Engelstalige TV programma's.

De sociale en culturele dominantie van het Engels brengt mee dat
Afrikaanssprekenden hun wereld ten dele via het Engels beleven en
conceptualiseren waardoor hun Afrikaanse taalgebruik diepgaand door het
Engels wordt beinvloed.  Zo drastisch is de Engelse invloed dat de
Afrikaanse spreektaal na anderhalve eeuw van intiem contact een mengtaal aan
het worden is.  De Afrikaanse spreektaal wordt op alle niveaus door deze
invloed geraakt: de uitspraak, de woordenschat en ook de grammatica.

Het Afrikaans is tot het einde van de negentiende eeuw spreektaal gebleven.
In de negentiende eeuw bedienden Afrikaanstaligen zich zowel van het
Nederlands als van het Engels als cultuurtalen.  De nauwe aanraking met
vooral het Nederlands is de standaardisering van het Afrikaans ten goede
gekomen.  Doordat de ontwikkelende Afrikaanse standaardtaal veel aan het
Algemeen Beschaafd Nederlands ontleende, kreeg het Standaardafrikaans heel
snel zijn beslag.

Als Afrikaners, 100 jaar na het verliezen van de Anglo-Boerenoorlog, hebben
kunnen leren leven met de Engelse taal, (de taal van de oude vijand) waarom
dan ook niet met het Nederlands? (een dochtertaal van het Afrikaans).  Het
Nederlands heeft ongetwijfeld een hoofdrol gespeeld in het ontstaan van het
Afrikaans, en misschien zal het ook nog wel een toekomstige rol kunnen
spelen in het behoud van het Afrikaans, tenzij er over 50 tot 100 jaar geen
Afrikaanstaligen van betekenis meer zijn in Zuidelijk Afrika.

Het Afrikaans IS een bedreigde taal van overwegend Nederlandse afkomst.  Het
Nederlands is, op het moment,  NIET een bedreigde taal en wordt nu zelfs
door meer dan 20 miljoen mensen gesproken.

Vriendelijke groeten van,

Alex Koster
Student Geschiedenis, Media en Communicatie Wetenschappen,
Cambridge, V.K.

boontoe

Petrus van Eeden, 24/09/2000: Die Afrikaner is ‘n Dietse volk

Ek  het die briewe gelees en dit baie interessant gevind.

Ek wil alleen dit vertel: Die Afrikaner is 'n Dietse volk. Deur ons ganse geskiedenis was Nederlands die kultuurtaal van die Afrikaner en Afrikaans ons omgangstaal. Hierdie harmonieuse taalverhouding vind mens ook terug in vele groot taalgebiede. As u ooit in Europa kom wil ek u uitnodig om die taalsituasie in Switserland te bekyk. Die Duitstalige Switser gebruik 'n eie omgangstaal, waarop hy trouens baie trots is. MAAR die kultuurtaal van hierdie Switser is Standaardduits. Hierdie standaardvariëteit gebruik hy in alle formele taalregisters (tv-nuus, koerante, toesprake, parlementêre debatte ens). Die omgangsvariëteit gebruik hy tuis.

Hierdie taalsituasie het ons ook in Suid-Afrika geken. Toe Nederlands nog ons kultuurtaal was en Afrikaans ons omgangstaal, was ons taal en kultuur vir ons so belangrik dat ons bereid was om 'n Anglo-boereoorlog binne te gaan en ook 'n Groot Trek aan te pak - ter verdediging van hierdie skone taal en kultuur. Die Afrikaner het eeue lank die Nederlandse taal aan die hart gedruk en gekoester. Presies dieselfde taal laat hy vandag links lê. Ons het Engels in die arm gaan neem, want met kleine Afrikaans alleen, kan ons nie 'n volwaardige kultuurlewe aan die Afrikaner bied nie.

My voorstel is derhalwe dat ons weer op Nederlands moet gaan leun, soos wat ons eeue lank gedoen het en dat ons Nederlands moet gebruik om Afrikaans aan te vul waar Afrikaans nie kan bykom nie. Alle rekenaars in Suid-Afrika loop op Engels (Windows, Word, Outlook, ens), terwyl dit op Nederlands kon geloop het. Wat van musiek en tydskrifte en rekenaarspelletjies en video's in Nederlands. Tog moet ons beken dat ons mense verengels het. Liewer Engels as in 'n taal wat vir 95% Afrikaans is.

Ek wil uit die laaste stuk van jou brief aflei dat die Europeesheid van Nederlands jou pla. Is Engels dan ook 'n Europese taal nie? Ek vestig jou aandag daarop dat die meeste Afrikaanse lande 'n Europese taal as amptelike taal het en hierdie taal vir die formele registers uitsonder, maar dan gebruik hierdie volkere eie omgangsvariëteite vir die informele registers.

Groetnis,

Petrus

MY MOEDERTAAL IS MY VADERLAND!

Te besigtig op: www.afrikaans.nu

boontoe

Petrus van Eeden, 24/09/2000: Vlaams en Afrikaans?

VLAAMS en AFRIKAANS?

Dit het my opgeval dat talle Afrikaners meen dat Vlaams 'n taal is wat los
staan van Nederlands en dis onwaar. Ek het 4 jaar in Vlaandere gewoon. Toe
ons daar aangekom het, wou ek graag ''Vlaams'' gaan leer het. Dit kon nie,
om die eenvoudige rede dat Vlaams as kultuurtaal nie bestaan nie. Dit word
op geen taalskool of universiteit aangebied nie.

In Vlaandere woon daar 6 miljoen Vlamingen. Hierdie mense gebruik 'n Vlaamse
dialek as ''spreektaal'', maar hul ''skryftaal'' is Nederlands. Hierdie
harmonieuse verhouding tussen omgangs- en kultuurtaal het ons ook 'n eeu
gelede geken tussen Afrikaans (omgangstaal) en Nederlands (kultuurtaal) in
Suid-Afrika. Tot en met vandag skryf die Vlaming steeds nie soos hy praat
nie en is heel tevrede daarmee. In Vlaandere was daar ook 'n poging gewees
om van Nederlands af te stap op Vlaams (bekend as die ''spellingsoorlog''),
maar dit het misluk.

Vandag word daar hard gewerk in Vlaandere om die Nederlandse standaardtaal
baas te raak as spreektaal. Hierdie beweging behaal gestaag sukses. Per
geslag word daar van die Vlaamse dialek afgestap op Standaardnederlands as
omgangstaal. Dit word nie alleen uit ondersoek besvestig nie, maar kan
gewoon op straat beluister word: die derde generasie praat onverstaanbaar,
die tweede generasie praat 'n redelike verstaanbare taal, maar die jeug
praat 'n klokheldere verstaanbare Nederlands.

Die Vlaming kon met sy taal die Afrikaanse weg gaan volg het. Hy het nie.
Die Vlaming wou gaan praat-soos-hy-skryf: die pad na Nederlands toe. Die
Afrikaner wou gaan skryf-soos-hy-praat: die pad van Nederlands af weg. Die
Vlaming staan vandag met sy voete in die enorme Nederlandse taal en
kultuurskat, waar ons ook eens in gestaan het. Die Vlaming het die wyse
taalweg gevolg. Ons die onwyse. Vandag pluk ons die wrange vrugte langs
hierdie pad. Afrikaans is klein met weinig status en hy bied sy gebruiker
weinig.

Ons het bondgenote nodig. Ons taal ook. Kom ons kyk weer in die rigting van
Nederlands, soos ook die Vlaming dit doen. Kom bekyk my argumentasie op
www.afrikaans.nu in hierdie verband.

Drs. P.P. van Eeden
Tjalk 44
1276 EB Huizen
Nederland

boontoe

Alex Koster, 24/09/2000: Is Nederlands dan ‘n bedreiging vir Afrikaans?

Antwoord op: Jennie Terblanche, 23/09/2000: Nederlands is Europees en
Afrikaans is Afrikaans:

Uit de laatste paragraaf lijkt het net alsof "na honderde jare se stryd (om
tog in Vadersnaam as 'n groep ons eie ding te doen)" de Afrikaner de
Anglo-Boerenoorlog heeft GEWONEN, er nogsteeds een onafhankelijke
boerenrepubliek bestaat, en het Afrikaans NIET bedreigd wordt in haar
bestaan!

Hieruit blijkt dat, bij vele Afrikaners, de Nederlandse taal eerder wordt
gezien als een bedreiging voor het bestaan van het Afrikaans dan het Engels,
zelfs tot aan het moment dat het Afrikaans "deur Engels ingesluk word".

Zou de Nederlandse taal in Zuid Afrika werkelijk meteen een bedreiging
vormen voor het Afrikaans, erger dan het Engels, of zou de Afrikaanse
taalgemeenschap Nederlandstalige culturele invloeden kunnen benutten om de
verengelsing van het Afrikaans tegen te gaan?

Ik laat anderen deze vraag beantwoorden!

Vriendelijke groeten van,

Alex Koster
Student Geschiedenis, Communicatie en Media Wetenschappen,
Cambridge, V.K.

boontoe

Alex Koster, 24/09/2000: Nederlandse televisie in Suid Afrika ?

Beste vrienden van Praag,

Het is makkelijk om een stereotype beeld te vormen over een groep of volk
als de afstanden groot zijn en de communicatie slecht.  Misschien zou het
helpen om de Nederlandse TV via sateliet ook te richten op Zuidelijk Afrika.
Wat misschien wel interesant is, is dat de Nederlandse Wereldoproep, die
Nederlandstalige korte-golf radio uitzendingen verzorgd naar de hele wereld,
nu, in samenwerking met de NOS (Nederlandse Omroep Stichting) een nieuw
sateliet kanaal heeft opgericht, die uitsluitend gericht is op Nederlanders
die in het buitenland wonen of op vakantie zijn.  In Europa, vooral in
Spanje
en aan de Middellandse Zee, zijn er 's zomers zo'n 0,5 miljoen Nederlanders
buiten de lands-grenzen.

Dit kanaal heet "BVN TV".  BVN betekend "Beste Van Nederland". Op dit kanaal
zijn de beste eigen produkties te zien van de landelijke Nederlandse TV
kanalen, "Nederland 1, TV 2 en Nederland 3" ( ....er zijn ook een stuk of 6
andere Nederlandse TV kanalen, maar dat zijn commerciële sateliet zenders)

Dit kanaal is speciaal gericht op "Nederlandstaligen buiten Nederland", en
zendt sinds 1995  uit naar geheel Europa, sinds 1998 het Midden Oosten en
sinds september 1999 naar Noord Amerika en het Carribisch gebied, incl. de
Nederlandse Antillen en Suriname (via drie verschillende satelieten.)

Misschien dat veel stereotypes, die de Afrikaner over de Nederlander heeft,
veranderen zouden als ze naar het Nederlandse nieuws zouden kijken of naar
een Nederlandstalige soap-serie of drama.  Dan zie je mensen en hun
problemen, hun vreugde en verdriet, niet alleen maar een kort nieuws
fragment op Zuid Afrikaanse TV over alleen maar anti-apartheid demonstraties
in Nederland.  Ook zou het beter zijn als Nederlanders wat meer in de media
hoorden over Afrikaners, in plaats van alleen maar reportages over de
Afrikaner Weerstands Beweging.  Dan is het toch geen wonder dat beide volken
een kortzichtig beeld van elkaar krijgen! In Nederland kan men bevoorbeeld
niet alleen Nederlandse TV zenders ontvangen, maar ook Belgische, Duitse,
Spaanse, Turkse, Arabische, Italiaanse, Engelse en Amerikaanse.  Ookal
versta je misschien geen Italiaans, toch kan je zien op hun TV dat het
gewone mensen zijn, die lachen als ze blij zijn, en huilen als ze verdriet
hebben.  Dit klinkt misschien wel een beetje simpel, maar zelfs zo iets laat
je de menselijke kant zien van een volk, niet alleen maar een ongevoelig
nieuws fragment!

Misschien zou dit helpen een duidelijker beeld te scheppen voor de
gemiddelde Afrikaner over Nederlanders, want de afstanden tussen onze volken
en het gebrek aan contacten zorgt er snel voor dat zowel de Nederlander als
de Afrikaner makkelijk een vervormd en stereotype beeld krijgt van elkaar,
bijvoorbeeld als het enige wat een Afrikaner over Nederlanders hoort via
korte nieuws-berichten komt, dan krijg je gauw een vervrongen beeld van de
gemiddelde Nederlander.

Met vriendelijke groet,

Alex Koster
Student,
Cambridge, V.K.

boontoe

Schalk Jacobsz, 23/09/2000: ‘n Aand van Uys Krige se poësie

Dag, al julle Praagmatiete(?)! Julle word een en almal uitgenooi om vir ons, DIE BYWONERS, te kom kuier in die Trap-der-Jeugd-sentrum van Woensdag 27 September af op Woensdae, Vrydae en Saterdae om 18h30. Ons bied 'n aand van Uys Kruge se poësie aan onder die titel "Sol y Sombra". Die program begin met "Ouverture" en sluit met Uys Krige se briljante vertaling van Lorca se "Klaaglied vir Ignatio Sanchez Mejias." Jaco Pretorius verskaf die musikale web waarop ons spin met Uys se woorde

Indien u wonder wie DIE BYWONERS is:  Schalk Jacobsz en Elma Potgieter.

Die Trap-der-Jeugd-sentrum is op die hoek van 8ste straat en Annetweg langs Milnerpark.  Dit is so ‘n entjie by die gasfabriek verby – op die hoek by die eerste robot suid van die gasfabriek – suidoos van die Cottesloe-kerk (aan die voet van sy bult).  U kan by Computicket seker maak dat u ‘n stoel sal hê om op te sit.  So nie, kan u ‘n kans vat en teater toe kom – daar is staanplek agter in die saal.

Herman Teirlinck, die Vlaamse toneelpedagoog, het die volgende te sê gehad oor toneel in sy Dramatisch Peripatetikon:

“Er is geen realisatie van mededeling zonder het aanwezige publiek.  Het publiek is de tweede persoon van de mededeling, niet de gevende, wél de ontvangende – maar die ontvakelijkheid reageert onophoudelijk op het agerend spel zelf.  Zodat het ganse verschijnsel, in wezen tot zijn elementaire waarden herleid, een wisselwerking is tussen de samespelers – die wij in globo acteurs zullen noemen – en de tot ontroeren gedwongen toeschouwers, die dan de reacteurs zijn.  Op zulke actie en reactie steunt het dramatische kunstproces.  Met of zonder die wisseling van acties leeft of sterft de dramatiek.”

Die acteurs gaan daar wees.  Sodra die reacteurs aankom het ons toneel.  Ons wag vir julle.

Schalk Jacobsz

boontoe

Jennie Terblanche, 23/09/2000: Nederlands is Europees en Afrikaans is Afrikaans

Tim, ons wil nie Afrikaans laat oplos in Nederlands nie. Alhoewel jou voorstel goeie statistieke oplewer en uit jou beskouing seker 100% sin maak, bied dit ons geen troos om deur Nederlands ingesluk te word nie. Ons luister dikwels na Nederlandse en Belgiese musiek, lees tot soms 'n Nederlandse boek, maar dit verg inspanning om te verstaan. My kinders sing hul eie woorde saam met die Nederlandse liedjies, omdat hulle nie verstaan wat hulle hoor nie.  Nederlands is Europees en Afrikaans is Afrikaans. Die feit dat ons en ons taal vir honderde jare op Afrika grond gebak en vervorm het, skep 'n kernprobleem vir enige gedagtes van assimilering met ons oorsprong. Ons is nie Europeërs nie en ook nie Afrikane nie, nog minder Oosterlinge, alhoewel ons voorsate en ons taal uit al daardie groepe gebore is. In hierdie geval geld die Gestalt teorie: "Die geheel is meer as die somtotaal van sy dele".

Die meerderheid Afrikaners wat hier woon kom uit geslagte van dwarstrekkers teen die owerheid wat hulle wil "oplos" in een of ander vorm van Imperialisme. Waarom sal ons nou, na honderde jare se stryd (om tog in Vadersnaam as 'n groep ons eie ding te doen) besluit om weer Hollands te word. Nie dat ons enigsins 'n probleem het met Hollands-wees nie, maar omdat ons nie Hollands is nie.

Ons het weer 'n stryd om te stry, maar jou oplossing klink na saamwoon met familie in dieselfde huis, terwyl ons liewer ons eie klein huisie wil bewoon. Dis vir ons 'n hartsaak, nie 'n wiskunde probleem nie.

Buitendien sê julle "pirate" waar ons "seerower" sê.

Groete,

Jennie Terblanche

boontoe

Tim Lauwers, 22/09/2000: Vlaamse lessen voor Afrikaans

VLAAMSE LESSEN VOOR AFRIKAANS

Afrikaans is in Zuid-Afrika een weggooi-taal: de taal lijkt niet te zullen
overleven, ze wordt onzichtbaar. De taal vecht een strijd die op voorhand al
verloren lijkt. Dit omdat ze moet opboksen tegen een wereldtaal van een veel
hoger prestige: Engels.
Toch leert ons de geschiedenis dat een zeer kleine taal toch de David kan
zijn die de Goliath kan overwinnen: kijk maar naar de Vlaamse taalstrijd.

In 1900 was België een overwegend franstalig land, met enkel Vlaamse
dialekten gesproken door de lagere klassen. Frans was de toenmalige
wereldtaal, de taal van diplomatie, wetenschap,overheid, universiteiten, .
Vandaag is België voor 60% Nederlandstalig, met zes Vlaamse universiteiten.
Wat zijn nu de ingrediënten van dit succesrecept ?

1.  Taalgebiede
Een exclusief taalgebied waar een taal konstitutionele erkenning geniet is 
het meest waardevolle element in de overleving van een kleine taal.
Veeltaligheid doodt de kleinere talen, omdat men dan spontaan overschakelt
naar de meest efficiënte taal en de taal die het hoogste prestige heeft. Een
proces dat zich nu voor onze ogen in Zuid-Afrika afspeelt.
Het Vlaamse voorbeeld bevestigt dit: men heeft geijverd voor twee exclusieve
taalgebieden Frans-Nederlands en geen nationale tweetaligheid. Dit was een
gelukkige keuze: overal waar toch voor tweetaligheid gekozen werd (Brussel)
is het Nederlands zo goed als verdwenen.
2.  Taaleenheid
De Vlaamse dialekten in 1900 kwamen voor 80 % overeen met Nederlands.
Men heeft aangesloten bij de Nederlandse kultuurtaal en Vlaams als
omgangstaal blijven gebruiken. Ook dit was een goede keuze, want waar dit
niet is gebeurd (Frans-Vlaanderen in Frankrijk) zijn de Vlaamse dialekten
verdwenen.
Afrikaans kom lexicografisch voor 95 % met Nederlands overeen, Afrikaans
heeft er dus enkel voordeel bij om bij de Nederlandse kultuurtaal aan te
sluiten.
3.  Taalaksie
De Vlaamse taalstryd is gewonnen door voortdurende taalaksie: betoginge,
pamflette, . Ook nu nog duurt de stryd voort. Denk maar aan het "Taal Aktie
Komitee" of "De Gordel", een sportieve manifestatie van tienduizende
Vlaminge tegen verfransing.

Die eenheid met Nederlands is drastisch en gevoelig, maar toch
onoverkomelijk als Afrikaans wil overleven.
Enkele bezwaren:
1.  Vernederlandsing heeft hetzelfde resultaat als verengelsing: Afrikaans
verdwijnt.
Onwaar, door verengelsing verdwijnt Afrikaans nu voor 100 %. Door
aansluiting bij de Nederlandse kultuurtaal, kan de Afrikaanse omgangstaal
voor 100 % behouden blijven, de Afrikaanse kultuurtaal moet maar enkele
procenten aangepast worden.

2.  Afrikaans is 'n aparte taal, aansluiting bij Nederlands is onmogelijk
Onwaar, Afrikaans en Nederlands komen lexicografisch voor 95 % overeen.
Nederlands- en afrikaanstaligen kunnen elkaar zonder één taalles verstaan.
Bovendien bewijst het Vlaamse voorbeeld dat dit wel mogelijk is, de Vlaamse
dialekten wijken immers nog veel verder af van de Nederlandse kultuurtaal.
3.  Die geografisch afstand is te groot
Onwaar, zulke afstanden komen vaak voor. Enkele voorbeelden:
Engeland-Australië, Nederland-Suriname en Quebec-Frankrijk.

Uiteindelijk zal elke Afrikaanssprekende met een beetje gezond verstand
inzien dat zijn toekomst bij Nederlands ligt. Afrikaans is besig om te sink.
En ons staan op die wal en slaan die drenkeling gade. Waarom doen ons nie
iets nie? Afrikaans-Nederlandse taalhereniging is die oplossing.

Tim Lauwers, Brussel, België

boontoe

Annesu de Vos, 22/09/2000: Oor toordokters en dissipline

By my laaste skrywe aan/oor Dan Roodt en Praag in hierdie
briewerubriek (sien my bydrae getiteld "Kameraadjie Klits Hard met
die Coke-blik") het ek die stelling gemaak dat ek graag die gesprek
wil oophou met hierdie organisasie en nie hulle sieninge wil negeer
of weggooi nie.

Hierdie sensitiewe ingesteldheid teenoor Praag het gekom as't ware
deur 'n wilsbesluit, om die eenvoudige rede dat hulle, anders as die
apatiese meerderheid wat hier op Litnet geraas maak en rondwiebel,
opstaan vir dit waarin hulle glo ('n taal; Afrikaans; iets wat deel
is van my ook; iets wat my "anders" maak in die samelewing waar ek
funksioneer/gebrekkig funksioneer miskien juis omrede my kennis van
'n ander planeet waar hierdie taal gepraat word ...) en die feit dat
ek respek het vir die gegewe dat hulle bereid is om uitdrukking te
gee aan hulle oortuigings.  Dit op sigself is 'n karaktertrek wat
bewonderenswaardig moet wees deesdae waar meeste mense konsentreer
op huispaaiemente en die besluit om te lapdoek of te papierdoek in
'n land sonder herwinningsfasiliteite ... waar kry iemand nog
energie om aan iets te glo, om homself op risiko te plaas daarvoor,
om sy mond oop te maak en uitdrukking te gee aan 'n beginsel?

Ek is self 'n moeder en ek is enigsins minder van 'n vuurvreter in
die mate waarin ek iemand het wat van my afhanklik is:  ek sal twee
keer dink voor ek met die munisipaliteit, die stadsraad, die
plaaslike MP of MPP, raas oor enigiets hier waar ek woon.  En ek
leef in 'n samelewing waar my opinie gerespekteer word, waar ek
werklik demokratiese regte het; waar niemand dit waarskynlik teen my
sal hou as ek sou opstaan vir regte wat ek tans nie het nie.  Dan se
groep het nie die regte waarvoor hulle hier veg nie, anders sou daar
sekerlik nie 'n geveg gewees het nie.  Dit op sigself is genoeg om
my te laat stop en my twee keer te laat dink.

Ek self neem natuurlik die standpunt in dat daar sterk historiese
redes is hoekom hulle nie hierdie regte het nie; dat dit goed is so;

dat die "opgaan in die meerderheid" 'n absurde formulering is omdat
Thabo Mbeki jou nie gevra het om in so iets "op te gaan" nie ... hy
het jou uitgelos in jou ryk voorstad witman en jy kan verdomp
dankbaar wees dat Annatjie de Vos *nie* sy minister van behuising is
nie want was sy dit, het sy jou huis waarskynlik probeer
nasionaliseer om dit vir die armes te gee ... nogtans het ek
simpatie met Praag.  Dit is waarskynlik 'n funksie van my
outomatiese identifisering met 'n "underdog" ... 'n underdog is vir
iemand soos ek 'n onweerstaanbare entiteit.

Daar is mense hier, Ernst byvoorbeeld, wat baie gevoelig is vir die
konsep van 'n tweegesig.  Nog erger vir hom is 'n "Anglo-Janus"
tweegesig:  'n kulturele konsep waarop ek so min as moontlik ingaan
want ek is lief vir my gekose land.  Tog weet ek waarvan Ernst praat
en ek is in die laaste instansie lojaal teenoor die waarheid en kan
nie professioneel lieg nie.

Ek is eens op 'n tyd deur 'n astroloog gewaarsku oor die feit dat,
ondanks my Leo-sonteken, ek onder 'n sterker invloed verkeer deur
middel van my "Gemini Rising" ... my rysende teken ('n ingewikkelde
konsep wat slegs ondersoek kan word as jy iemand se sterrekaart het,
m.a.w. die presiese minuut waarop die persoon gebore is sowel as die
dag en datum), die Tweeling, wat aan my blykbaar 'n soort mistieke
perspektief gee wat in staat is om 'n saak absoluut van twee kante
te sien.  Ek sien dus Praag se saak, en die ANC se saak, ten opsigte
van Afrikaans absoluut met dieselfde oog.  Ek bevind my polities aan
die kant van die regering maar slegs 'n monster sonder 'n hart sou
Praag kon wegwys.

Na wat gebeur het met meneer Lukas Rautenbach, 'n man wat sy werk
verloor het omdat hy in Afrikaans met sy Afrikaanssprekende publiek
gepraat het (iets wat volgens die Grondwet sy reg is), en toe begin
hy 'n besigheid omdat dit die enigste ding is wat mens kan doen
wanneer jy uitsigloos sit (vra my ... ek doen dit dertien en 'n half
jaar lank hier) ... en toe is dit kruideniersware wat hy in 'n
township moes aflewer en hy is vermoor vir die lewensmiddele wat hy
by hom gedra het ... wanneer jy so iets sien en jou rug daarop
draai, dan het jy, soos ek dit in my gedig oor Soweto stel, geen
gewete nie.  Gewete is nie 'n ding wat by my in short supply is nie.
Skaar ek my dus by Praag?  Nee.  Ek opponeer hulle, maar ek doen dit
met betrokkenheid omdat ek in die laaste instansie omgee.  My eerste
lojaliteit is aan Kirby van der Merwe wat dit duidelik stel dat hy
geen belang het by so 'n taalstryd nie.  So lank Kirby en Rashad so
voel, voel ek ook so.  Ek het egter meegevoel ("compassion" ... die
Engelse woord klink in hierdie geval minder skynheilig as die
Afrikaanse!  Is daar 'n rede?) met Praag.  Ek het opregte compassion
vir mevrou Susan Rautenbach en hierdie is nou Anglikaans-om-'n-rede
want meegevoel is bullshit.  Die Boeddha het compassion.  "Of the
compassionate" is a concept I trust.  Meegevoel is wat
kerkbasaartannies by begrafnisse het, en dit is deel van die
verskriklike irrelevantheid van my jeug.  Verstaan julle al wat
kultuur is?  Om 'n woord soos "meegevoel" te kan reinig van sy
assosiasies sodat hy street cred kan verwerf:  nou ja, dit is 'n
werk vir Dan Roodt en nie vir my nie.  Hy kry dit nogal reg.

Gevolg?  Moontlikheid op dialoog?  Ek is gewillig om so op te tree
as iemand dit van my vra.  Julle kan dit wegwys as die graanvlokkie
van die week, of daarop ingaan dat dit 'n unieke geleentheid is om
met 'n Afrikaanse mond ANC-taal te kan praat sonder probleme, sodat
daar miskien tog 'n bevordering van begrip kan plaasvind.  Bowendien
is ek neutraal want ek is mos 'n selferkende uitlander.

Ek het geen simpatie met mense wat apartheid wil terugvind nie.  My
kennis van Dan Roodt is geensins dat hy iemand is wat hierdie
stelsel terugsoek nie.  Sommige van sy stellinge is skokkend in
terme van die huidige bestel; persoonlik is ek nou al bietjie
gewoond daaraan en as hy vir my beweer dat niemand onder apartheid
"gedwing" was om in die tuislande te woon nie omdat ek vir hom
verseker dat niemand in Kanada gedwing word om op reservate te bly
nie (mense kies om daar te bly omdat dit so radikaal gesubsidieer is
deur die regering dat mens daar geweldig baie dinge gratis kan kry
... dit is die teenoorgestelde van apartheid en terloops, die paar
ouens wat destyds in die apartheidspropagandiste se hande gespeel
het met daardie gewraakte besoek aan SA het GEEN street cred onder
die eerste nasies hier nie) ... as Dan vir my so 'n stelling maak
weet ek dat hy sonde soek, en my manier om dit te hanteer is deur
nie vir die versoeking te val nie.  Ek glimlag maar net, en verseker
hom dat ons nie oor apartheid gaan veg nie want ek weet mos wat
apartheid was ... en ek het die ernstigste vermoede dat hy dit net
so goed weet soos ek.  Sewentien miljoen arrestasies later, en
hoeveel miljoene huise platgevee, en niemand is gedwing om in die
tuislande te bly nie?  Hehehehehe ek het deesdae 'n bosbefokte sin
vir humor omdat ek sulke interessante vriende het.  Hulle is
absoluut interessanter as die tannies om die hoek wat met my oor
"dissipline" argumenteer omdat ek nie in "dissipline" glo nie
(dissipline is 'n grootmens se verskoning vir onbeskoftheid teenoor
'n kind) en my kind dus die soetste kind in die stad is en hulle my
weer om daardie rede nie kan verdra nie, terwyl hulle hulle
tweejariges uit die liefde van hulle harte dissiplineer deur
stellings te maak soos "eat this ham sandwich coz it's all you get
'til supper and I'm not a line order cook."  Waar was ek nou weer?
Dis die Piat D'Or want ek het nie 'n idee nie.  O ja, by Wagner en
die Walkure.

Ons het meer as 2500 CDs in ons huis, almal klassieke musiek (nou ja
hulle behoort nie aan my nie maar ek het "toegang tot" hulle en dis
in ons kommunistiese boek maar dieselfde as besitreg ...) en ek het
nog nooit na Wagner geluister nie.  Ek is eroties oor Mahler (kom in
die hemel met die Resurrection), maar Wagner is vir my 'n
angs-aanval.  Ons het hom hier maar ek wantrou die ou.  My rede is
dieselfde rede as die Staat van Israel s'n.  Die Staat van Israel
het in 1992 eers die moed gekry om Wagner op te voer.  Vanaand is my
oomblik van moed:  ek gaan die Walkure na hierdie brief aanpak
desondanks die feit dat ek eenmaal in die malhuis was omdat ek geglo
het die moltrein is die trein na Auschwitz en dat ek vir ewig op die
trein vasgekeer sou wees.  (Dit was na 'n eksperiment van tien dae
sonder slaap omdat ek wou sien of mens regtig doodgaan as jy nie
slaap nie:  die antwoord is nee, mens gaan nie dood nie, maar jy kan
wel op 'n papnat snelweg sit en die karre ry dwarsdeur jou.  Glo
julle in die ewige lewe?)

Hulle het my later vrygelaat omdat ek my beroep het op my
demokratiese reg om sulke behandeling te weier.

Ek het die trauma van die 20ste eeu sleg oorleef en my vriende is te
regs vir my gesondheid.  Wat de hel kan mens maak in so 'n situasie?
Help jou vriende, want vanoggend skryf Rudi Swanepoel al weer vir my
en die Burger oor 'n verskriklike gebeurtenis en Dan praat van
"maatskaplike geweld" en ek weet waarvan hulle praat en ek is
persoonlik nie die grootste bewonderaar van toordokters nie hoewel
ek van Ayurveda en Chinese medisyne en "staan op en loop" hou ... ek
het 'n probleem met toordokters omdat sekere manifestasies van hulle
kuns vir my te gewelddadig is en ek het dus 'n vooroordeel teen
toordokters hoewel ek aan voorvadergeeste glo.  (Ouma Anna sit hier
op my skouer en sy beaam alles wat ek beweer.)

Ek gaan beslis weer mense hier irriteer omdat hulle my uitinge as
inkoherent beskou.  Wie de hel is Annamarie Marais?  Hoekom val
meisies met name soos Annamarie, my aan?  Wat het ek aan hierdie
mense gedoen om so iets te verdien?  Nogtans sal ek jubel want hulle
gee 'n fok om oor wat ek dink.  Niemand hier te lande doen dit nie,
dit belowe ek julle, tensy daar 'n geldelike gewin aan verbonde is.
Hence my irrational emotional attachment to this abusive public.

Waar was ek nou weer?  O ja, by Wagner.

Ek dink dat Dan vir Simunye misverstaan.  Simunye was vir my op my
besoek aan julle verlede jaar een van die min mooi dinge waaraan ek
kon vashou.  Ek dink dat mense soos Dan onnodig bedreig voel deur
Simunye omdat hy dink dat Simunye 'n plaasvervanger is vir Wagner.
Thabo Mbeki is 'n Shakesperiaan soos min.  Hoekom het iemand 'n
probleem?  Een van Thabo se vriende bly hier in hierdie stad saam
met my, sou waarskynlik kon inloop in 'n regeringspos daar omdat sy
street cred al die pad terugloop na 1976 toe en tog doen hy dit nie:
hoekom?  Omdat hy 'n vrye mens is en 'n vrou en 'n kind in Holland
het en sy tyd verdeel tussen Kanada en Holland.

Breyten jy het die absoluutste snert gepraat toe jy beweer het dat
dit moeilik is om swart te wees.  Ek is so swart soos kome kan en ek
het nog nooit 'n probleem gehad nie behalwe met wit Suid-Afrikaners.
Dan glo vas dat ek as enigiets aanvaar sou kon word in Suid-Afrika
behalwe as "swart."  Hy weet nie dat ek 'n sangkompetisie gewen het
met 'n Zoeloe-oorlogsliedjie wat ek by my ANC-pelle geleer het nie,
dat my "Westerse" verwerking van "Bangakanani" soos 'n Stellenbosse
koor met sewentien stemme klink en dat die Kanadese my 'n toekenning
gegee het by 'n nasionale musiekkompetisie.  Ek weier verdomp om te
glo dat my velkleur vandag in Suid-Afrika sou saak maak, tensy julle
praat van 'n winkelsentrum in Pretoria waar ek nog steeds lelike
vuil kyke kry by wit vrouens omdat ek 'n "wit" ma is met 'n "bruin"
kind.  Hier is my "bottom line."  Terwyl my kind vir die taalstryd
'n statistiek sou wees, "bruin Afrikaanssprekende" ... noem ons 'n
diaper slegs 'n doek wanneer ons in 'n spottende luim verkeer,
vergeet ons geheel en al van Liewe Heksie, leer hy nie
Afrikaans nie, en verdien hierdie publiek 'n gedig van sy ma die dag
wanneer julle goed genoeg word om die bruin van 'n wit doek af te
leer verwyder en die doek te herwin.  HOU OP om mense soos Jakes
Gerwel te beledig deur onderhoude te voer wat vrae bewat soos "wat
is 'n kleurling" en "wat beteken dit vir u om bruin te wees?"  Die
feit dat iemand soos hy van Rwanda af terugvlieg waar hy probeer
help en julle donders nie eens 'n konsep het van wat hy daar doen
nie, en dat hy dan moet terugkom om nonsensvrae soos hierdie te
beantwoord, konstateer my redes vir my onvertrek na julle land.  Is
die boodskap al duidelik?  Must I martyr myself completely through
this brutal process of stating the obvious to those who possess the
three Rs and ought to know better?

Ek is so swart soos die nag in jou boek, wit Afrikaner, en jy is aan
my verbind deur 'n liefdesband wat jy nie kan regeer nie.

I am a pantheist.  Me and Spinoza both.  Laas keer toe ek dit beweer
het wou die psigiater my as skisofreen kategoriseer omdat hy die
woord "Spinoza" nie geken het nie en gedink het dis 'n woord wat ek
opgemaak het, soos skisofrene blykbaar doen.  Hierdie publiek ken
egter sy Spinoza:  it recommends you absolutely, Dan.  Die stelsel
hier ken weer sy menseregte.  Toe daardie donderse dokter dit doen
met Spinoza roep ek 'n prokureur en is dit die einde van die
psigiatrie in my lewe.  Ander mense glo aan die storietjie van die
"chemiese wanbalans."  Ek weer ken 'n confidence trick wanneer hy
agter 'n bril vir my gluur.  'n Dokter wat nie sy boekies gelees het
nie omdat iemand vergeet het om die boekies vir hom voor te skryf?
Is kultuur nog so onbelangrik, Jeanne, vergeleke met die
verheerlikte projek "mapping the human genome?"

Ek glo aan die wet meer as aan enige ander ding.  As God is my
lawyer, my witness, my hairdresser and my judge.  En 'n mens wat
beweer dat hy in 'n demokratiese bestel leef, en wat nie wil opstaan
teen misdaad nie, is gewoon 'n slapgat liberal sonder 'n konsep van
demokrasie.  Misdaad is misdaad is misdaad en jy beledig nie die
Afrikakultuur deur te beweer dat ek en Thabo Mbeki nie weet wat
misdaad is nie.

Nou toe, God het nie "mono" nie, Hy is nie siek nie, Hy is
doodverveeld met die menslike politiek en wil graag aanbeweeg na 'n
leefbare realiteit wat binne ons eie leeftyd moontlik sal word.  Sy
enigste probleem is tsotsis.  Soos julle ...

Met liefde,

Annesu.

boontoe

Dan Roodt, 21/09/2000: Sangomas of Newton?

As ek na die debat hier op SêNet kyk, dan lyk dit vir my asof almal rondom die probleem draai en draai, maar dit nie mooi raaksien nie, amper asof geblinddoek soos in daardie kinderspeletjie waar jy die donkie se stert moet aansteek.  Self sukkel ek ook maar, dog ek meen dat Suid-Afrika baie vinniger verander as wat ons dink, en ‘n mens moet mooi rondom jou kyk wat aangaan.  Het jy al ooit probeer kleiduiwe skiet waar jy vóór die dekselse ding moet korrel, anders is hy al verby teen die tyd dat die hael hom tref?  Dinge beweeg teen ‘n spoed hier.  Ek het reeds voorheen die woord “rewolusie” gebruik om vinnige maatskaplike verandering te beskryf, en besluit maar self of dit nog ‘n metafoor is of nie.

In vanmôre se Beeld is daar ‘n berig oor ene “bevare seeman Wiseman Nchunu” wat sy offisier, “Onder-luitenant John Clarkson” in die kop geskiet het terwyl dié aan die slaap was.  Daarna het hy homself doodgeskiet.  Blykbaar wou die onderluitenant nie die bevare seeman toelaat om aan land te gaan sonder sy vlootuniform nie, ‘n lastige eurosentriese reël waarvoor militêre instellings na die Westerse model natuurlik berug is.  Myns insiens gaan ons meer en meer sulke insidente teëkom tussen lede van die eurosentriese en afrosentriese gemeenskappe.  Trouens, ook in die sakewêreld in Johannesburg, na tien jaar of meer van regstellende aksie, kom die base agter dat daar skielik twee denkwêrelde geld in hul personeelkorps, en mense “kom nie goed oor die weg nie”.  Ek hoor die Menslike Hulpbronnedirekteur van ‘n baie groot maatskappy in Johannesburg met dertigduisend of meer werknemers is deesdae heel bekommerd, want hy begin insien daar is ‘n helse probleem.

Ek stem heeltemal saam met president Thabo Mbeki dat daar ten minste “twee nasies” in Suid-Afrika bestaan:  die een witterig (wit, bruin en Indiër), die ander donkerder (rasegte Afrikane of Africans soos hulle graag na hulself verwys).  Ras speel ‘n rol, maar kultuur speel ‘n baie groter rol.  Daar is twee logikas, twee denksisteme, twee waardestelsels aan die werk.

Waaraan glo die ligte nasie?  Hulle glo aan kousale logika (nie altyd nie, maar darem), wat onder meer sou beteken dat VIGS deur MIV veroorsaak word, in ‘n monoteïstiese God (myself en enkele ander uitgesluit, maar dis oor die algemeen waar), dat lewe kosbaar is, en dat dinge soos verkragting en moord groot oortredings is.

Waaraan glo die donker nasie?  Op die oomblik weet ons nie so mooi nie, maar ek vermoed dis iets tussen die eurosentrisme van die ligte nasie en hul tradisionele gelowe (en bygelowe).  Tradisioneel glo hulle dat moord en verkragting geen groot misdade is nie, hoogstens strafbaar met ‘n boete, dog toorkuns is wel strafbaar met die dood.  Hulle glo ook dat niemand ooit werklik doodgaan nie, aangesien sy gees bly lewe op aarde (daarom is dit nie so ernstig om iemand dood te maak nie), en dat mense hartaanvalle of VIGS kan kry as gevolg van die werkinge van ongelukkige voorvadergeeste wat jy dan kan paai deur ‘n bees se sake vir hom te werk in jou agterplaas.  Dis nie lekker vir die bees nie, en natuurlik kla die DBV, maar dis deesdae alles toelaatbaar, selfs in Sandton.  Natuurlik is ware Afrikane politeïste, selfs die bekeerde Christene, en kousale logika is vir hulle bloot een hulpmiddel tussen ander om die wêreld te verstaan.  Hulle kan ewe maklik ‘n emosionele of spirituele verband tussen dinge raaksien, en ewe veel waarde daaraan heg as wat ons heg aan oorsaak en gevolg.

Die hoogste morele beginsel in die tradisionele, noem dit maar Bantoe-kultuur, of dan Nguni- en Sotho-kulture, is lojaliteit aan die hoofman.  Solank jy teenoor hom (en dit is altyd ‘n hom) lojaal is, maak al jou ander vergrype geensins saak nie, en word jy beskou as ‘n goeie mens.

Diegene wat stam uit die Indo-Europese taalfamilie en tradisies, dink natuurlik heel anders oor dinge, en het ander konsepsies van wat dit beteken om ‘n goeie mens te wees, soos byvoorbeeld eerlikheid, altruïsme of liefde vir jou medemens, ens.  Aristoteles, die ou Griek, het deug verbind aan matigheid, en om nie die slaaf te word van genot, of geld, of mag, of wat ookal nie.  Lojaliteit aan die hoofman figureer ook iewers binne die Indo-Europese sisteem, maar nie in die eerste plek nie.

By die afgelope rassismekonferensie wat ek bygewoon het, was dit vir my duidelik dat die twee nasies omtrent gladnie met mekaar kommunikeer nie, en by mekaar verbypraat omdat hulle heeltemal ander betekenisse aan dinge heg.  Hulle gesels met mekaar soos twee karakters in ‘n absurde drama uit die diep eksistensialistiese periode van die Sestigers – elkeen vasgevang in sy eie wêreld.  Trouens, rassisme is myns insiens bloot ‘n versamelnaam vir die radikale verwydering wat die donker nasie teenoor ons voel, en hulle soek erkenning vir hul manier van dink, want hulle is oortuig dat hierdie eintlik hulle land en selfs hulle kontinent is, en ons blote besoekers wat binnekort gaan padgee of behoorlik gaan “aanpas”.

Willem de Klerk van Boetman-faam het dit ook al ingesien toe hy dié pragtige woorde gespreek het in sy Kroes, kras, kordaat, en ek haal aan:

“Tog sal die blankes, en dan ook die Afrikaners, hulle moet oopmaak vir kulturele Afrikanisering.  Iets daarvan sal vanself gebeur deur die toenemende integrasie op alle vlakke.  Maar dit moet ook ‘n kollektiewe wilsbesluit wees om meer tuis te word in Afrika-kultuur.

Begrip vir die lewenspatrone van die Afrikaan, sy styl en tradisies; respek vir sy kultuur, want anderswees beteken nie swakker of laer as jou anderswees nie; in te groei in sy manier van kommunikasie, musiek, vermaak, teater en ontspanning; aktief mee te doen aan sy tradisionele uitreiking na die groepsbelang en die prioriteit om hierdie agtergeblewe groep se lewenskwaliteit te verbeter; verstellings aan die Westerse onvriendelike kapitalisme om meer van die eie welvaart te deel en uit te deel; in politieke opposisie meer die Afrika-vennootskap, indaba en eerbiedstyl aan te leer en die onverbiddelike Westerse konfrontasie en verkleinering te temper; ‘n groot en sigbare premie te plaas op harmonie en eenheid en gesamentlikheid, in plaas van die Westerse hooghartige strydlustigheid en verskansing in eie belang.

Spesifiek vir Afrikaners behoort dit nie te moeilik te wees nie, want ons het in ons bloed, kultuur en geskiedenis baie gemeen met die Afrikaan.”  (KKK, bll. 73-74)

Ek het nuus vir Willem de Klerk, in die sin dat hy die “andersheid” waarvan hy praat, hopeloos onderskat.  Om daarom te afrikaniseer soos hy dit wil hê, impliseer dat jy jou hele denkwêreld, moraliteit (selfs vir ‘n kwalik morele persoon soos ekself), waardestelsel en logika moet verruil vir ‘n ander een wat jy nie behoorlik verstaan nie, maar wat vir jou vreemde en skrikwekkende elemente bevat.

Moet geen fout maak nie:  die druk is daar vir ons om nie net ons taal af te lê nie, maar ons alles.  Die soort retoriek van “bevryding”, “oorwinning”, ens., wat ons regerende party gebruik, het my ook onlangs tot nadenke begin stem.  Wat sou die situasie wees van ‘n oorwonne stam in die tradisionele wêreld van die Afrikaan?  Sover ek kan vasstel, word so ‘n stam die knegte van die oorwinnaars, maar hulle mag hul eie hoofmanne behou wat op hul beurt lojaal moet wees aan die nuwe opperhoof.  Hulle word toegelaat om ‘n kraal op te rig in die omgewing en word dan stadigaan geïntegreer by die gebruike en tradisies van hul heersers.  So bou jy ‘n koninkryk met baie krygers, vroue en beeste.  Alles staan in die teken van vrugbaarheid en vermeerdering.  Dink maar aan oeboentoe:  jy is ‘n mens deur ander mense, ‘n sterk kollektiwistiese beginsel wat geen ruimte vir individuele vryheid laat nie.  Simunye – we are one.  Dit herinner my aan prof. Willie Esterhuyse en sy 33 Afrikanersakemanne wat hul lojaliteit aan die president gaan betuig het, in die “eerbiedstyl” waarvan Willem de Klerk praat.  Voel ons Afrikanerhoofmanne instinktief aan dat hulle deesdae ondergeskik moet wees en ook hul onderdane tot eerbied en respek moet maan?  Dat “deelword van die meerderheid” soos die Willies en Willems en Haralds (Pakendorf) dit stel, die onvermydelike lot is van die oorwonne stam, want sien al bly hy nog in sy eie kraal, gaan hy mos vroue ruil vir beeste met die ander krale, en geleidelik opgaan in die groter verband, nie waar nie?  En as ‘n paar oorywerige seuns van die ander krale nou die vroue ‘n bietjie kom touwys maak à la Lucy van Disgrace, dan is dit mos niks om oor huistoe te skryf nie?  En natuurlik is dit kulturele chauvinisme en selfs rassisme om hierdie praktyke te skerp te veroordeel.

Die punt wat ek wil maak, is dat ons ‘n nuwe wêreld betree het wat ons tans eintlik gladnie verstaan nie.  Toenemend gaan daar gevalle wees soos John Robbie en die Minister wat, al praat albei Engels, mekaar eintlik gladnie gaan verstaan nie.  ‘n Groot deel van die maatskaplike geweld in Suid-Afrika (dit wat ons so eurosentries “misdaad” noem), gaan moontlik oor iets heel anders, ‘n poging van die nuut bevrydes om lastige reëls en regulasies wat vreemd is aan hul eie kultuur van hulle af te skud.

Geweld kan nie anders as om toe te neem nie, totdat ons begin insien dat hier ‘n groot probleem is van twee onversoenbare wêrelde.  Indien ons nie padgee, of ons knegskap gedweë aanvaar nie, kan die huidige slepende konflik tussen die twee denksisteme op ‘n dag selfs in burgeroorlog ontaard.  As iemand wat nooit Weermag toe gegaan het nie, is ek swak toegerus vir daardie fase van die stryd.  Daarom wil ek graag hierdie gedagtes met my mede-Indo-Europeërs deel, want my enigste moontlike bydrae kan ek in die huidige intellektuele en ideologiese fase van die konflik lewer.

Watter tekens van verval in kommunikasie en onversoenbare denkpatrone sien julle om julle?  Iemand wat ‘n ruk oorsee was, noem nou die dag dat sy terugkeer na Suid-Afrika vir hom gevoel het soos tuiskoms in ‘n malhuis.  Dus, as enigiemand meen ek raak die kluts kwyt met my Afrika-lesing van ons situasie, moet hy sommer ook verduidelik hoekom ons samelewing vir hom doodnormaal voorkom met ouens wat elke dag vermoor, verkrag of in hul slaap in die kop geskiet word omdat iemand beswaar het teen die kleredragregulasies.  (Lees maar Sewe dae by die Silbersteins; toe Henry van Eeden ‘n safari- in plaas van ‘n aandpak aangehad het vir die “Ballet van die Boere”, het hy nie vir Jock Silberstein met sy dienspistool tussen die oë geskiet nie.)

En, o ja, jy het waarskynlik al jou lewensversekering by Sanlam en as jy nou Willem de Klerk se raad gevolg het, glo jy deesdae dat jy soort van onsterflik is saam met die somtotaal van jou voorvaders, maar as jy nog enigsins in die geledere van die ongelowige Tomasse verkeer, is dit belangrik dat jy ook op Praag se adreslys moet kom, sodat ons met mekaar vorentoe in verbinding kan bly.  Hierdie naweek vertrek daar ‘n Praag-afvaardiging na Vlaandere en Nederland, en ons gaan probeer steun werf vir die taalstryd, maar ook vir die kompetisie om ons denkwêreld en ons logika te behou.  Ons hou van sangomas; hulle trek baie oorspronklik aan, ens., maar net tot op ‘n punt.  Ons wil nie hê die skole moet Newton se vergelykings uitgooi en die dolosse vir almal invoer nie.  Al het Opperman nou ook mooi gedigte oor dolosse geskryf.

Klik deur na http://www.praag.org of stuur ‘n epos aan inlig@praag.org en kom op Praag se ardreslys sodat ons ‘n landwye netwerk kan opbou van mense wat mekaar inlig oor hul omstandighede en hoe hierdie hele “transformasie” van ons samelewing ons almal raak.  En wie weet, indien een van ons dalk op ‘n dag sulke konvooie ouens in kamoefleerdrag opmerk wat lyk asof hulle nie van opera en kamermusiek en sulke goeters hou nie, en oënskynlik uitry om hulle te gaan wreek op mense soos ek wat partykeer te hard – selfs vir my vrou en kinders, moet ek beken – na Wagner se Walkurelied luister, dan kan ons darem mekaar probeer waarsku, of hoe?

Dan Roodt

 boontoe

Dan Roodt, 17/09/2000: Brief aan die Mail & Guardian

Dear Sir,

I read - to quote a reactionary white Russian who abhorred psychological readings of his novels, one Vladimir Nabokov - with a “whistle of wonder” Mr. Charles Villa-Vicencio’s acutely brilliant analysis of the malaise afflicting “the whites” and “the Afrikaners”, those recalcitrant subsets of this great nation that refuse to acknowledge, as he puts it, “psychological defeat” and their inevitable africanisation and assimilation into said great nation.

According to Mr. Villa-Vicencio, we need an Afrikaner prince or princess to lead the “rocks” out of their laager.  Notwithstanding the fact that aristocrats persecuted their forebears both in Holland (during the Spanish occupation which ended in 1609), France (after the Revocation of the Edict of Nantes in 1685), as well as their merciless subjugation by various British Lords in the Transvaal and Free State one hundred years ago and, last but not least, their staunchly republican tradition.

Lady Di no doubt had a strong following among Afrikaners, especially in the back pages of Die Huisgenoot, South Africa’s largest circulation weekly.  But, unfortunately, she is dead now, having died an ignominious death in a Paris tunnel.

There is of course the so-called Cape aristocracy, with their vineyards and indigenous antique furniture but they lack the necessary charisma to produce a “people’s princess”, as it were.  Even dressing one of them up in Gucci, with an add-on kappie, might not produce the desired effect.

However, I think there is an Afrikaner Moses right under our noses, more precisely under Mr. Villa-Vicencio’s own nose.  He already has an aristocratic-sounding Italian surname, as well as an equally illustrious first name going back to Charles I (King of England and Ireland, 1625-49) and umpteen other Charleses of equal or greater renown.  He frequents the banquet halls of power and prestige.  He has a fine understanding of mass psychology.  (And nobody remembers the Italian and Spanish mercenaries’ reign of terror from 1567-1573 fanned by the Duke of Alva, known in Holland as the “Council of Blood”, anyway.)

Why not volunteer for the job yourself, Charles?  I am sure you can already passably pronounce goeiemorra and braaivleis, so the sky’s the limit.  The amphitheatre at the Voortrekker Monument is apparently cheap to rent, and with some of Barney Pityana’s millions spent on the ads and efficient event management, it could be a revolution.

Oops, sorry for that nasty republicanist term, I meant “pageant” in the sense of “stately procession”.  Just think of the headlines:  Italian prince leads Afrikaner rabble into the 21st century!  The “two nations” of this country need you, Charles.

 Dan Roodt

 boontoe

Johann Wingard, 05/09/2000: IS DIT NIE REEDS GENOEG NIE?

Tydens die MRK konferensie oor rassisme was daar glo 'n ernstige voorstel
dat blankes van die finansiële voordele wat hulle tydens die apartheidsjare
sou geniet het, vrywillig aan die wat armoede gely het moet oorbetaal.
Minister Penuel Maduna maak glo melding van wetgewing in hierdie verband as
laaste uitweg.

Waar het witmense werklik ten koste van swartmense finansieel gebaat?

As gevolg van die werk afbakeningswet was duisende swartmense die
geleentheid ontneem om hul arbeid regverdig te verkoop.  Dan was die formele
en informele beleid van die staat, semi-staat en privaatsektor maatskappye,
om voorkeur aan blanke arbeid/amptenare te gee, nog 'n wyse waardeur
duisende swartmense benadeel was.  "Vriendelike" maatskappye het ook
voordeel getrek uit staatskontrakte ens. ens.

Maar die situasie is mos reeds "reggestel" met nuwe wetgewing en
tenderprosedures. Volgens 'n vinnige berekening het minstens 500 000 blankes
reeds hul werk sedert 1994 verloor in die beskermingsdienste, die
gesondheidsdienste, die onderwys, en ander staatsdepartemente, by
parastatale instellings soos Eskom, Vervoerdienste, Telkom, om nie eens te
praat van die groter maatskappye nie.  Sou hierdie getal korrek wees, en sou
'n gemiddelde salaris van R5000 per maand geneem word, dan word daar nou
twee en 'n half miljard Rand maandeliks aan  die voorheen benadeelde groep
oorbetaal.

Die wat hul werk verloor moet maar sien en kom klaar en 'n massiewe
verarmingsproses is tans aan die gang in die blanke arbeidsmag.

Is dit nie reeds genoeg nie?

Johann Wingard

boontoe

Johann Wingard, 01/09/2000: Dan is ek seker maar ‘n rassis

Mnr. Pallo Jordan se aanval op blankes tydens die MRK se Konferensie oor
rassisme kan nie onbeantwoord gelaat word nie.

Miskien kan hy 'n antwoord op die volgende paar vrae gee:

1. Stel u rasbewustheid gelyk aan rassisme?  Ek is bewus van die feit dat ek
'n blanke Afrikaanssprekende man is en wat 'n stel waardes aanhang wat
tipies is van daardie groep mans en wat anders is as syne.  Maak dit van my
'n rassis?
2. Ek is vertroud met Afrika, aangesien ek verskeie Afrika-lande besoek en
selfs daar gewoon het.  Nogtans verkies ek, as afstammeling uit Europa,
eurosentriese kunsvorms en gedragskodes bo die van wat uit Afrika kom omdat
dit my afstoot en verveel.  Is ek nou 'n rassis?
3. Dit is vir my moeilik om die regerende party se beheptheid met Afrika te
begryp en om Suid-Afrika die leier van 'n Afrika Renaissance te wil maak.
Is ek inherent 'n rassis omdat ek nie kan of wil verstaan waarom Suid-Afrika
sy  ekonomiese beeld wil skaad deur kontak met die westerse wêreld af te
skaal en die kleed van 'n  Afrika land te wil omhang nie?
4. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat Suid-Afrika 'n spieëlbeeld, 'n
mikrokosmos, van die wêreld is.  Swart nasies se lande is arm en byna
deurgaans bankrot, terwyl blanke nasies (selfs kleintjies soos Nieu -Seeland
wat ook 'n kolonie was) relatief kragtige ekonomieë het.  Maak hierdie
gevolgtrekking, of bloot die noem daarvan, nou van my 'n rassis?
5. Met inagneming van die vorige stelling, verwerp ek Jordan se aantyging dat
die blanke die skuld moet kry vir die swak ekonomiese posisie asook die
gewaande swak selfbeeld van Afrika (Suid-Afrika s'n ingesluit) se swart
bevolking. Ek beskuldig hom en sy party van 'n massiewe propaganda veldtog
wat ten doel het om swart nasionalisme te mobiliseer en die legitimiteit van
politieke opposisie te demoniseer. Maak dit nou van my 'n rassis?

Mnr Jordan, indien u op bogenoemde vrae 'ja' sou antwoord, dan is ek 'n
self-erkende rassis, aangesien ek niks aan my, aan my land, of aan die
wêreld se geskiedenis kan doen nie.

Johann Wingard

boontoe

Kobus Wolfaardt, 31/08/2000: Dink julle hulle gee om ?

Die regering en swart deel veral, is nie gesteur of julle kla tot julle
blou is nie, hulle sal net luister as ons hulle dreig met geweld! Of as
ons Amerika kan kry om hulle af te pers. Voor julle weer hier iets
berig, stuur 5 versoeke na CNN wat hulle vertel hoe sleg daar teen ons
gediskrimineer word.

Kobus Wolfaardt

boontoe

Albert Smit, 30/08/2000: Miskien word ons te min gehoor

Wat my pla is die feit dat wanneer daar enigsins melding gemaak word van kleur om 'n spesifieke groep aan te dui en daardie groep toevallig swart van kleur is, word dit beskou as diskriminasie!!! Hoe anders moet jy dan praat om deur te laat dring van wie of wat jy praat, veral deur mense soos ek, wat nie beskik oor die vermoë om gevleuelde woorde agter mekaar te rangskik nie!

Daarteenoor kan ons swart broers maar enigiets na ons wittes slinger in Engels en veral in hul taal, maar dis nie diskriminasie nie!!!

Hoe dan nou?

Is dit nie tyd dat ons, soos ons swart broers, ook hard uitkreet, wanneer daar slegs 'n sweempie van diskriminasie is, of dit werklikheid is of nie? Miskien word ons te min gehoor en nog minder gehoor omdat ons minder is!

Taalgroete.

Albert Smit

boontoe

Martiens van Bart, 30/08/2000: Die rassistiese term “agtergeblewenes”

“n Term wat deesdae gebruik word om te keer dat sekere mense byvoorbeeld aandele in ‘n saak koop, is “agtergeblewenes”.

Dit word suiwer rassisties bedoel sonder om dit reguit te sê. ‘n Wit kind wat in Newclare, Newlands of Fitas gebore word en grootword is mos ook ‘n agtergeblewene, veral as hy opgeweeg word teen, sê maar, Desmond Tutu se kinders wat oorsee in private skole skoolgaan (skoolgegaan het). Maar die Xhosa kind kan aandele koop en Willem Goossen se kinders nie. Suiwer rassisme.

‘n Goeie vraag is hoeveel skole moet leerlinge afbrand om te kwalifiseer as agtergeblewenes.

Beste groete,

Martiens van Bart

boontoe

Dan Roodt, 29/08/2000: Die ANC is ideologies bankrot

In antwoord op my stuk oor die revolusionêre nostalgie van die ANC, bied mnr. Jannie Momberg van die ANC vir my ‘n geskiedenisles aan oor die ou NP wie se verhaal ek volgens hom nie ken nie.

Nêrens in my stuk het ek hoegenaamd na die NP verwys nie, en natuurlik is dit so dat van die NP-figure op ‘n stadium sterk anti-kapitalisties was.  Piet Meyer, latere hoof van die SAUK, was in die twintigerjare van die vorige eeu voorsitter van die Suid-Afrika-Sowjet-Unievriendskapsvereniging.

Maar dit was tagtig jaar gelede.  Mnr. Thabo Mbeki se stelling dat nie-swart Suid-Afrikaners behoort tot die “uitlanderheersersklas wat nie ná ‘bevryding’ vertrek het nie”, is drie weke gelede gemaak.  Ek oordryf nie soos mnr. Momberg sê nie, ek lees maar net wat daar staan.

Mnr. Momberg se Bybelse vermaning oor die balk in my eie oog is nie op my van toepassing nie, aangesien ek nog nooit die NP ondersteun het nie.  Hy kan egter self ‘n bietjie nadink oor die geskiedenis van sy eie alliansie, veral die SAKP se 1922-oproep, “Werkers, verenig u vir ‘n wit Suid-Afrika”, waaruit werkreservering op die myne ontstaan het.

Dit lyk ook asof mnr. Momberg wil beweer dat die ANC geregtig daarop is om die ou NP se verpolitisering van staatsinstellings na te volg.  Soos een van die Bolsjewiste, Plekanof, glo die ANC blykbaar dat as mens moet kies tussen die Party en demokrasie, dan kies jy die Party.  In Westerse demokrasieë soos Brittanje en Frankryk is daar ‘n kern van hoogs opgeleide, patriotiese en bowenal eerlike staatsamptenare in die hoër range wat nogal sinies staan teenoor politici en op ‘n manier die bevolking beskerm teen hul vergrype.  Hul eerste lojaliteit is teenoor die land self, en nie teenoor enige politieke party nie.

Feit is dat die ANC ideologies bankrot is.  Sy alliansie met die SAKP en jarelange sukkelbestaan in die dampkring van die Oos-Europese leer van wêreldrevolusie het die ontwikkeling in ons idees van die afgelope vyftig jaar by hom laat verbygaan.  Sodra die party onder druk kom soos onlangs waar hy gekritiseer is oor sy VIGS-standpunt, asook sy hantering van die Zimbabwe-krisis, val hy terug op ou sekerhede soos die klassestryd, werkeruitbuiting en die noodsaak vir revolusie.

Trouens, mnr. Mbeki se toespraak tydens die Oliver Tambo-gedenklesing van 11 deser is niks minder as ‘n oproep tot revolusie nie.  Hy waarsku die swart kleinburgery (“native petty bourgeoisie” in sy woorde) om nie hulself te laat verlei deur ‘n middelklasbestaan nie, en om saam met die werkersklas te staan teen die klassevyand wat hulle steeds oorheers.  Veral die swart intellektueel moet meewerk aan die “fundamentele maatskaplike transformasie van ons land”, aldus mnr. Mbeki.

Binne die marxistiese denke is daar twee soorte omwentelings, enersyds die “politieke omwenteling” of “burgerlike revolusie” soos die Franse en andersyds die  “maatskaplike omwenteling” of “sosialistiese revolusie” soos die Russiese van Oktober 1917.  Die “fundamentele maatskaplike transformasie” waarvan mnr. Mbeki praat, het duidelik op laasgenoemde betrekking.

Die ironie van Afrika se vele volksmoorde soos dié in Rwanda of Ethiopië is dat dit allermins spontaan gebeur het, maar vooraf aangekondig is en oor ‘n tydperk voorberei is.  Die vraag wat ons onsself moet afvra is wat mnr. Mbeki vir ons wil sê deur ons te tipeer as vreemdelinge in ons eie land, en sy volgelinge op te roep tot revolusionêre stryd teen die “heersersklas”.

Dan Roodt

boontoe

Dirk Jansen van Rensburg, 25/08/2000: Afrikaans nie op sterfbed

Ek vind die gesprekke insiggewend en ek mag selfs met meeste van die
skrywers saamstem en soms sterker voel oor sekere van die onderwerpe, maar
wat maak dit saak?
Ons leef in 'n bestel wat die leiergeslagte voor ons vir ons voorberei het -
kundig en sorgvuldig gekonstrueer tot hulle voordeel. Die huidige bestel is
in geen opsig anders nie. Hulle plaas, net soos hulle voorgangers, 'n land,
waarvan die grootste in armoede is, onder druk om 'n spel te speel saam met
hulle kamerade uit die onderdrukking. Niks anders as die vorige Afrikaner
orde na die sogenaamde Engelse onderdrukking nie.
Die droewigheid wat ek voel is gegrond in die feit dat hulle (die "leiers"
in elke regime) nie omgee vir die vrese, behoeftes, kritiek, samewerking,
dialoog, redenering, taal, geslag, geloof, (wan)hoop, drome of enigiets
anders van hulle ondergeskiktes nie. Dit gaan vir hulle om iets baie groter
- persoonlike rykdom en mag. Elke individu wil tog maar net by
selfverwesenliking uitkom, die hoogste behoefte in die Dooyeweerd model.
My volgende vraag is of ek anders sou optree in dieselfde posisie? Miskien,
maar dan het ek nie 'n droom om die politiek te betree nie. 'n Vriend van my
het eenkeer gewonder wat die afrikaanse vertaling vir "virtual reality" kon
wees en dadelik gedink aan politiek.
Afrikaans is nie in gevaar nie. My kinders en baie ander wat ek ken, van
verskillende rassegroepe, se eerste woorde was Afrikaans. Dit is wonderlik
dat, wanneer iets onderdruk word, dit juis sterker word en groei. Vra gerus
die lede van die volgende politieke orde.

Dirk van Rensburg

boontoe

Schalk de Beer, 24/08/2000:  Die president blaas vure aan eerder as om dit te blus

Natuurlik is ons nie lede van 'n uitlanderheersersklas nie.   Tot 1994 kon daar met 'n mate van geldigheid beweer word dat die blankes 'n "heersersklas" in die land was, maar sedertdien is dit tog ooglopend nie die geval nie.  Wat "uitlanders" betref is dit  onsinnig om die blankes so te benoem - ons mense is tog al meer as drie honded jaar hier gevestig.   Sou meneer Mbeki meen  al die burgers van die VSA behalwe die Indiane is vandag "uitlanders" of al die burgers van Australië behalwe die Aborigines is "uitlanders"?  Dit sou tog onsinnig wees.  Nee wat, meneer Mbeki se  Oliver Tambo lesing was bloot 'n politieke toespraak bedoel om sy eie ondersteuners goed te laat voel - sonder enige oorweging oor wat die moontlike invloed  daarvan op die rykdomskeppende element van ons bevolking mag wees.

Dis interessant dat die sin "In our situation ...." wat Dan Roodt kwoteer nie in die drukstuk van meneer Mbeki se voordrag verskyn nie.   Mens kan net dink dat dit gesensoreer was, betyds vir publikasie.  Dalk het iemand in die regering voor publikasie besef wat se enorme skade so 'n stelling vir die verhoudings tussen swart en wit in die land kan inhou en dit vervang met die voorlaaste paragraaf op bladsy 8 waarin gesê word dat die "ruling class" "ceased to be foreign".   Maar hierdie "ruling class" het volgens paragraaf twee op bladsy 9 dieselfde  graad van nadelige gevolge vir die "African majority" gehad as wat verduur moes word deur die slawe in die VSA. 

Hoe dit ookal sy, afgesien van die spreker se beswaddering van die blankes en sy ophemeling van Oliver Tambo, gaan sy betoog oor 'n beroep op swart intelligentia en bourgeoisie  om tog nie die westerse beskawing goedsmoeds aan te kleef en hulleself te verryk nie, maar om gemenesaak te (bly) maak met die massas van Afrika en laasgenoemdes te help om hulle trots, identiteit en selfvertroue te herwin.

Meneer Mbeki lewer so 'n betoog om 'n " Afrika Renaissance" aan te wakker, maar hy doen dit in die Engelse taal, betitel die betoog met 'n Franse titel en gebruik as basiese verwysingsbron 'n drama van Shakespeare!   Dit is werklik pateties.

Tog kan die Afrikaner nie anders as om 'n mate van simpatie te hê met die swart mense van Afrika wat die golf van westerse invloede wat oor alles spoel as 'n bedreiging beskou nie.  Enkele dae gelede sien ek 'n foto in die Beeld van drie doedelsakblasers van 'n Engelstalige skool in Pretoria.  Twee van hulle se voorname en vanne is Afrikaans.  Dit het opnuut aan my geillustreer in hoe mate Afrikaanssprekendes reeds verengels het.  Die Afrikaner het ook 'n stryd om sy eie taal en kultuur in stand te hou teen die invloede van hoofsaaklik die Anglo-Amerikaanse kultuur.  En dit moet ons doen terwyl ons regering duidelik 'n beleidsbesluit geneem het en hom beywer daarvoor , in stryd met die grondwet, om Engels die de facto enigste amptelike taal  in Suid-Afrika te maak.

Wanneer meneer Mbeki dit dus betreur dat die "oppressor nation" en "ruling class" in Suid-Afrika verantwoordelik was vir "the suppression of of African culture and the systematic diminution of the indigenous languages" is dit eintlik presies waaraan die ANC-regering skuldig is.

Inderwaarheid was dit die apartheidregerings wat die tuislande met hulle eie regerings, tale en kulture geskep het en selfs universiteite vir die swart massas opgerig het waar hulle eie kulture kon floreer.  As dit nie daar gefloreer het nie, kan dit beswaarlik aan die invloed van die blankes gewyt word.

Moontlik is die kommerwekkendste aspek van meneer Mbeki se betoog die feit dat hy van meneer Leon se kritiek 'n suiwer rasse aangeleentheid maak.  Swart mense  is oënskynlik so fyngevoelig vir kritiek dat hulle enige kritiek deur 'n blanke as 'n rasse aangeleentheid beskou.  Die probleem is dat daar nie 'n voor die hand liggende oplossing vir hierdie fyngevoeligheid is nie.  As die president van die land nie eens kritiek as objektief kan behandel nie - hoe moet die gemiddelde swart burger van die land dit doen?  En wanneer gaan die verskillende sektore van die Suid-Afrikaanse bevolking so 'n vlak van volwassenheid bereik dat hulle mekaar kan kritiseer sonder om elke stukkie  kritiek aan rassehaat toe te skryf?

Inderdaad leef ons in 'n baie gevaarlike tyd - terwyl  die president van die land eerder vure aanblaas as om dit te help blus.

Schalk de Beer

boontoe

Derek D Koch 24/08/2000: Doen dan tog nou iets aan/oor SA se eie "Village Idiot" ! Mbeki

Ek is al so gatvol vir al die (soms mooi-geintellektualiseerde) gesanik en gekerm, in julle en ander blaaie, oor die liggewignonsens wat Mbeki kwytraak (terloops die liberale intellegentsia hier by ons in Belgie weet nie hoe om hulle lieflingseuntjie: Thabo-baby (ja weet jy , hy lyk nogal of hy die baba-model kon gewees het in 'n verkeerd-geloopde 1950se Johnsons & Johnsonsadvertensie vir baba-olie in 'Bona' ) se duidelik- gestoorde HIV uitlatings te laat rym met hulle opvattings van hom as die troonopvolger van Mandela ) dat ek besluit het dat ek julle goed moet uitskel en julle moet aanpor om dan tog nou iets aan hom te doen. Kyk, die man laat my nou ook deesade begin wonder of apartheid nie dalk eintlik 'n goeie ding was nie, en nog erger , is dit nie dalk tyd om dit terug te bring nie.Want dis seer duidelik dat julle (ek mag nie meer 'ons' gebruik nie want ek het al 2 jaar gelede daardie eer en reg verloor deur na Belgie te vlug, verdryf deur al die maniakaliteit van die swart politici, dus!) nie met die swartes kan saamlewe nie, in elk geval nie op 'n deftige manier nie-hulle is net nie beskaafd genoeg nie, en ek het dit nie oor eetmaniere nie. Dus of julle gee pad of julle doen iets want om so aan te gaan en te "whine" (soos die Ozze dit noem) gaan nie help nie. Doen iets ! Mobiliseer bv die 400 000 wittes wat al weg is, vir geldelike steun, begin met 'kulturele klubs' orals, skei die kaf van die koring, maak gebruik van julle enigste wapen: geld.

Of hou op met julle gemor.

Met vriendelike groete,

Derek D. Koch

  boontoe

Jennie Terblanche, 24/08/2000: “Uitlanders”, Afrikaners, Afrikane en Kommunisme

Maande tevore het ek 'n opinie gewaag dat die taalstryd nie genoeg Afrikaners se verbeelding sal aangryp nie, maar dat 'n meer omvattende stryd begin moet word met politieke mag (oor onsself) as doelwit. Op daardie tydstip het ek soos 'n stem in die wildernis gevoel - niemand wou saamgesels nie en praag is nie die forum daarvoor nie. Ek merk dat die debatte algaande die Afrikaner se politieke (on)bestel ondersoek en bevraagteken en waag dus 'n standpunt hieroor (maar hoop vir 'n vale dat ek nie later jammer is hieroor nie - vryheid van spraak is nie noodwendig onderskryf in ons land nie).

President Mbeki (en sy onderlinge in die ANC) se verskeie openbare uitlatings en reaksies op Afrikaners se (on)posisie in die Suid-afrikaanse nasie is soos 'n voorbode tot 'n heelwat leliker realiteit (vir ons). As ek deur die vermelde Tambo lesing lees, het ek ook begrip vir sy standpunt, wat seker uit diepgewortelde haat teenoor wittes ontspring (haat, vanweë die vernedering wat sy mede Afrikane moes verduur en steeds verduur - die vernedering van armoede en onvermoë bv groei voort). Hy maak melding van wittes se arrogansie, hul meerderwaardige houding tov westerse wetenskaplike metodes en opleiding (wat hy terloops ruim gebruik uit die ou-engels van Shakespeare). Hy prys Tambo se briljante prestasies in hierdie wersterse dissiplines en haal verwond aan uit stellings wat swartmense se gebrek aan westerse opvoeding teen  wittes se kop gooi. Aan die anderhand vergelyk hy wittes verdoemend met Caliban en Absolute Milan en sien ons as ongewenstes in die verowerde land. Ten spyte daarvan dat ek kan verstaan waar sy ideologieë vandaan kom, besef ek dat geen daad of ondaad uit wit geledere ons velkleur en westerse sondes (soos kritiese ondersoek ) in sy oë kan verontskuldig nie. Daar is ook niks wat ons kan of wil doen om dit te verander nie. Die 2 nasie debat is myns insiens spyker op die kop. Hierdie 2 nasie standpunt kan ons (Afrikaners) verder ondersoek om politiese mag vir onsself te beding. 

Ek voel beslis nie soos 'n Uitlander nie. My voorouers is al honderde jare hier en al die gewone cliches. Europeërs verskil ook in waardes en leefwyse fundamenteel van ons. Mbeki skets ook die onpatriotiese fenomeen van 'n swart middelklas wat  die kultuur en selfsug van die "oppressor" aanhang. Ons wittes wat al eeue deur Afrika geslyp en beinvloed is het ook kulture en gebruike en woorde van swart Afrikane ons eie gemaak - as mens beinvloeding uit jou kultuur uitsluit, is enige positiewe groei tog onmoontlik. 

 Feit is, ek en hopelik miljoene ander Afrikaners, wil help skep aan die geskiedenis van ons Suid Afrika. As die regering van die land ons uit die geskiedenis wil uitskryf, hetsy deur ons taal te onderdruk of enige ander inperking van ons regte, sal ons moet aksie neem.

Laat ons dan tenminste begin met 'n federale/republikeinse "abstract".

'n Kommunistiese oplewing lyk heel waarskynlik hier. Die versigtige geluidjies word harder en toenemend word kritiek op die regering summier veroordeel. Mbeki maan die swart "petit bourgeoisie" om ten alle tye die groter groep se welstand as hul doelwit te stel en nie finansiële eiegewin nie. Al die bestandele van 'n kommunistiese rewolusie is reeds in plek - dit wag net vir 'n verskoning om te gebeur. Die welstand van die hele gemeenskap is 'n edele doelwit, maar ek vermoed daar is altyd ander (selfsugtige, territoriale, wraaksugtige ) motiewe agter sulke edele bewegings.

Jennie Terblanche

 boontoe

L de Kock, 24/08/2000: Mbeki se dualisme

As skrywer van 'n boek oor koloniale vergrype deur Engelssprekende sendelinge na Suid- Afrika teenoor swart inboorlinge (Civilising Barbarians: Missionary Narrative and African Textual Response in Nineteenth-Century South Africa, WUP, 1996), het ek, intellektueel gesproke, baie meer in gemeen met Thabo Mbeki as met Tony Leon. Of so het ek ten minste gedink ...

Mnr Mbeki se Oliver Tambo toespraak is diep ontnugterend op intellektuele vlak sowel as op 'n mens se emosies. En nie net oor die uitgediende Marxistiese stock phrases wat hy gebruik nie, soos 'petite bourgeoisie', wat moeilik versoenbaar is met die vloeibaarheid van die moderne Suid-Afrikaanse samelewing, en met die diskursiewe basis van identiteitsvorming. Soos mnr. Mbeki, het ek het in die verlede ook rede gehad om Frantz Fanon aan te haal oor die verskriklike dualisme wat ten gronde lê van koloniale rassediskriminasie, en van kolonialisme se later manifestasie, apartheid.

Die postkoloniale teorie, wat dikwels steun op Fanon se werk, sukkel al jare lank met die volgende vraagstuk: hoe beveg 'n mens die dualisme sonder om 'n nuwe dualisme te skep, of om die ou dualisme bloot om te keer. Hoe beveg 'n mens, epistemologies gesproke, 'n stelsel van 'othering' sonder om self vasgevang te word in daardie einste stelsel, deurdat jy die oorheersersgroep in dieselfde munt terugveg.

Dit is m.i. die strik waarin mnr. Mbeki geval het. Sy gebruik van stokoue, statiese, stock-in-trade Marxistiese konsepte soos 'dominant bourgeoisie' (altyd noodwendig *die witmense* in mnr. Mbeki se taal) laat hom blind teenoor die vernuwing in radikale demokratiese teorie, waarin juis die soort dualisme waaraan hy nou vasklou, ten sterkste afgekeur word. Vir mnr. Mbeki is almal wat hom kritisieer, noodwendig diegene wat, volgens hom, 'created and benefited from racism, sexism, oppression and injustice'. Vir hom is daar 'n onwrikbare skeiding, ekonomisties-Marxistsies gesien, tussen 'n wit heersersklas (op sy ergste, 'n 'uitlanderheersersklas'), en die 'other nation' van swartmense. Mnr. Mbeki se diskoers is sentraal gebaseer op 'n skrikwekkende dualisme wat baie min uitsondering toelaat.

Dit is daarom geen verrassing nie dat sy taal met rassisme ingeklee is. Die uitdrukking, 'the white politician' is doelbewus gebruik om Tony Leon te reduseer tot niks meer nie as sy ras. En sy ras word verdoem.

Wanneer mnr. Mbeki die volgende skryf: '[O]ur intelligentisia should work on the issue of the restoration of the pride, the identity and the self-confidence of the African majority', wil 'n mens onwillekeurig, en dringend, vra: en wat dan van die 'pride, identity' ens. van diegene wat nie die 'majority' uitmaak nie? Mnr Mbeki skryf dan in sy volgende paragraaf: 'This has many implications for the society we are trying to build, including the restoration and entrenchment of a value system that respects the life, inviolability of the person, the dignity of women ...' En nou wil ek vra: Does that include white women too, Mr Mbeki?

Ten slotte, kan mnr. Mbeki se skrikwekkende dualisme (dit spyt my om te moet sê, sy oënskynlike rassisme), kan hierdie dualisme van hom 'n situasie hanteer waarin 'n magtige, hooggeplaaste swartman aangekla word van seksuele teistering op 'n wit vrou wat onderdanig is aan hom? Dit is juis die geval by Unisa, waar die Raad se voorsitter, 'n swart advokaat, van seksuele teistering beskuldig word deur 'n senior professor, 'n vrou wat toevallig wit is. Die saak sloer al maande lank. Ek vra: sou daar 'n bevinding wees wat die wit professor gelyk gee, sal mnr. Mbeki se dualisme dit kan hanteer? Of is eiewaardigheid deesdae ekskludief 'n swart voorreg?

L de Kock

boontoe

Carel van der Merwe, 24/08/2000: Moedig Mbeki aan om te lees.

Ons moet dankbaar wees dat die Engelssprekende en kultuursoekende mnr. Mbeki lees. Al is dit dan op die oomblik nog net Shakespeare en ander uitheemse skrywers soos die Franssprekende Frantz Fanon (gebore in Martinique), W. B du Bois ( gebore in die VSA en van Afro-Amerikaanse, Hollandse en Franse afkoms), Amilcar Cabral (gebore in Guinea-Bissau), Ngugi Wa Thiong'o (gebore in Kenia) en die Brasiliaan Paulo Freire. Die hoop beskaam nie dat hy later inheemse skrywers se werke en veral dié wat handel oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis, sal begin lees nie. Dit is ook juis vir mense soos hy waarom daar op hierdie webblad besonderhede van boeke van inheemse skrywers in vertaling is.

Ongelukkig lees mnr Mbeki óf baie selektief óf haal hy baie selektief aan uit boeke van hierdie skrywers. So byvoorbeeld sê Frantz Fanon (wat, terloops, met ‘n wit vrou getroud was) :  “To speak ….means above all to assume a culture, to support the weight of a civilization” en bedoel daarmee dat dat deur Frans te praat, word die kollektiewe bewussyn van die Franse, wat dan swart gelyk sou stel aan boosheid en sonde, aanvaar (Black Skin, White Masks, p. 17-18). Fanon se oplossing vir  hierdie gedagte dat wit goed is en dat swart sleg is, was dan ook totale rewolusie en absolute geweld wat dan uiting moes gee aan die utopiese idee dat die verlede so uitgewis word. (Wretched of the Earth, p. 37)  Dit kom neer op wat hedendaags etniese reiniging genoem word en laat ‘n mens wonder of mnr Mbeki en mnr Mugabe boeke wat hulle interessant vind, uitruil.

Ngugi wa Thiong'o is ‘n Keniaanse skrywer van die Gikuyu stam wat eers in Engels en later feitlik uitsluitlik in Gikuyu geskryf het. In sy boek, Decolonising the Mind (1986), wat hy ook genoem het sy “ farewell to English ”, sê hy taal is nie net die manier waarop mense die wêreld beskryf nie, maar ook die manier waarop mense hulself verstaan. Hy noem Engels in Afrika ‘n “cultural bomb” wat aanhoudend die herinnering aan voor-koloniale kulture en geskiedenis uitwis en ‘n manier om die dominansie van  nuwe, meer verraderlike vorms van kolonialisime teweeg te bring. “[A] specific culture is not transmitted through language in its universality, but in its particularity as the language of a specific community with a specific history. Written literature and orature are the main means by which a particular language transmits the images of the world contained in the culture it carries.
Language as communication and as culture are then products of each other. . . . Language carries culture, and culture carries, particularly through orature and literature, the entire body of values by which we perceive ourselves and our place in the world. . . . Language is thus inseparable from ourselves as a community of human beings with a specific form and character, a specific history, a specific relationship to the world (p. 15-16).

Meer ter sake miskien, in die lig van mnr Mbeki se liggeraaktheid oor die “white” Tony Leon se opmerking oor  "snake-oil cures and quackery ", is dat een van sy ander rolmodelle, Amilcar Cabral, wat ‘n landbou-ingenieur was, deur sy weduwee, Ana Maria Cabral, vereer is in ‘n toespraak by die Smithsonian Instituut in Washington in 1995, waar sy die volgende gesê het:

“… he fought superstitions, taboos, and other elements he regarded as consequences of unequal economic development, an inability to control nature, and a magical interpretation of reality.

Mario de Andrade, an internationally-known Angolan intellectual with a deep knowledge of Cabral's work, has commented on this problematic and on its most remarkable characteristic, its ceaseless engagement of reality. Of the way Cabral seized reality and continually returned to it to adjust it and to give it new contours de Andrade said: ‘He understood the essence of the magical mentality with which the African spirit is impregnated and the ambivalence of beliefs. A teacher, he frequently encouraged a militant reflection on negative cultural influences arising from regressive features from the past (superstitions, taboos, rites and practices) and on the harmonious integration of traditional values as a function of modern progress.’ “

Mnr Mbeki moet aangemoedig word om aan te hou lees, want miskien word hy tog eendag ‘n realistiese en aanvaarbare Suid-Afrikaner in plaas van die hierdie bisarre mengsel van Engelsman, Pan-Afrikaan en verloopte kommunis wat hom ooglopend verwar en nie van sy gevoel van minderwaardigheid sal genees nie.

Carel van der Merwe

 boontoe

Dr Floris van der Merwe, 23/08/2000: Wit uitlanders?

Ek is die 13de geslag Kapenaar en kan dit bewys. Hoeveel van ons
president se aanhangers kan dieselfde sê? Om  my dus 'n "settler"
of 'n wit uitlander te noem, grens aan onkunde en arrogansie.

Groetend

Floris

boontoe

Johann Wingard, 23/08/2000: Sliding back into Africa .

The following words came from the President of South Africa:

“Recently, a leading white South African politician spoke his mind either honestly or, alternatively, seemingly without inhibition.”

He also said:

“Just over a fortnight ago, one of our newspapers reported that this white politician had said that the President of our Republic had damaged the reputation of the government. According to the newspaper, the white politician accused the President of suffering from a "near obsession" with finding African solutions to every problem, even if, for instance, this meant flouting scientific facts about AIDS, in favour of "snake-oil cures and quackery."

And in the same speech he repeated the “white politician” expression several times.

In the idiom of the famous television programme, “Who wants to be a millionaire?  one may ask:

“ Mr Mbeki, had you told me that that ‘the leader of the opposition said’ ........ I would have referred to you as “ President Mbeki had said this or that....”  

“But you didn’t, you said ‘that white politician said....’ and, as the senior partner in this debate you have now set the rules.  In similar terms one could now refer to you as ‘that black politician who occupies the President’s office’, or ‘that black politician’ for short, unless that was not your final answer........”

That black politician,  seemingly has a massive pre-occupation with race and matters racial.  On several occasions he previously referred to two nations in the country, one “white and rich” the other “black and poor.”  He knows it is all hogwash.  Has he forgotten the truism that the outcome of any successful venture is the synergistic application of desparate resources by partners who share the same vision?.

Where his predecessor has systematically built the framework for our complex society to grow together in difficult times and circumstances, this black politician has finally succeeded to light the fire of polarisation which will henceforth create greater distance between the peoples of this country.

That black politician also stated that:

"In our situation, because of the colonialism of a special type, the victory of the national liberation struggle did not result in the departure of the foreign ruling class." 

His cynical broad brush insult to the white section of the population has done nothing to endear him to them.  On the contrary, he has reinforced the notion that a holy war was waged against the whites of the country, and not against the system of apartheid per se.

Since 1994 there has in fact been a steady stream of “departure” of some of the best talent of this country to compettitive economies who received them with open arms. Some sources estimate that more than 400 000 have left the country during the past six years.  If this is true, it is more than the previous white populations of all the British colonies in Africa put together, which has now left South Africa.  The black politician does not realise that the  white population of the City of Germiston alone was more numerous than that of Rhodesia (Zimbabwe) at the height of UDI, or that the “white” population of this country is nearly twice the total population of New Zealand.  Using his paraphrasing, is the colonial power captive inside its own colony? 

That black politician and his petite bourgoise is seen to be sliding back into the African paradigm and should wake up to these simple facts.  Who said that he cannot close his eyes and imagine a South Africa without white people?   

Our Constitution states in its preamble:

“ We, the people of South Africa,
Recognise the injustices of the past;
Honour those who suffered for justice and freedom in our land;
Respect those who have worked to build and develop our country; and
Believe that South Africa belongs to all who live in it, united in our diversity...........”

Of the President, the Constitution states:
(Chapter 5 [c] )

“.....promotes the unity of the nation and that which will advance the Republic”

Does this black politician, who currently occupies the office of the State President, in fact promote national unity, or is he unable to escape from his historical roots, where his prejudices were moulded?  Can he rise above the chism of the racial divides as did the peoples of hundreds of colonies all over the world,  or will he slide back into the bottom of the African paradigm of hatred, fear and hunger?  Can he ever become my President?  Or should I wait for a man, untainted by a liberation struggle to become the President of all South Africans, not only for the so-called disadvantaged community, the poorest of the poor or black Africans? 

Is he doing his job as prescribed by law?

Are we destined to become another unsuccessful mediocre African state, whose leaders measure themselves in African terms, who prefer to use African solutions and who command respect only in Africa, but nowhere else? 

Destined to slide back into Africa?

The ANC/SACP government inherited a country with the finest infrastructure in Africa, but with a young black population which shows the ravishes of a twenty year cold war, civil disobedience and disorder.  They now say apartheid caused these, but we have been through it all, and we know better.

“Methinks the lady doth protest too much...”

Her slip is showing.  Are we wrong to assume that the “fire of revolution” should be kept burning in order to keep the voting flock together lest they should start to question the ability of the ANC government to deliver?  Mugabe has done it one final time, and the world took notice.  

Romanticise your own heros; all peoples do.  But for heavens sake, stop antagonising the other sections of the community.

Johann Wingard

boontoe

Olivier Henning, 22/08/2000: Is ons van 'n uitlanderheersersklas?

Ek is 'n 57 jarige man wat in Suid-Afrika gebore is. Ek beskou myself as 'n
gewone deursnee middeljarige Afrikaner met die volgende genealogiese
kenmerke, waarvoor daar stawende bewyse bestaan :

1. Ek het 1014 voorsate aan pa en ma se kant in Suid-Afrika.

2. 172 van hierdie voorsate het van elders, as immigrante, na Suid-Afrika
gekom om hier 'n bestaan te probeer maak. Die eerste van hierdie 172
persone was  Jacob Cloete, wat reeds in 1652 by die Kaap aangekom het,
terwyl die laaste van hierdie immigrante - twee - in 1820 arriveer het. Die
ander 169 immigrante het tussen die jare 1676 en 1780 by die Kaap aangekom.
Ek is 'n dertiende geslag nasaat van Jacob Cloete, terwyl ek 'n vyfde
geslag nasaat van twee 1820 Setlaars is.

3. 37 van die 1014 voorsate word as sogenaamde anderkleuriges beskou, omdat
hulle slavinne of kinders van slavinne was. Ek stam byvoorbeeld van drie
van die vyf buite-egtelike kinders af wat die Hollander Gerrit Gerrits by
Susanna van Mombasa gehad het. Gerrit Gerrits het in 1693 by die Kaap
aangekom.

Ek daag President Mbeki en enige ander swart persoon in Suid-Afrika, om te
bewys dat hy of sy deur afstamming 'n groter reg as ek het om as 'n
Suid-Afrikaner  geklassifiseer te word. Ek glo dat enige geld wat op so 'n
weddenskap geplaas sou word, baie veilig sal wees.

Ek sal egter die eerste wees om te erken dat ek nie soos mnr Mbeki 'n
Afrikaan is nie. Dog net soos wat die Egiptenare, wat reeds 'n geskiedenis
van meer as 5000 jaar in Afrika het, nie Afrikane is nie, is ek as 'n lid
van die Boerevolk ook nie 'n Afrikaan nie. As lid van die Boerevolk het ek
'n groter reg van aanspraak op Suid-Afrika as enige swartman in Suid-Afrika.

Mnr Mbeki kan gerus 'n bietjie die geskiedenis van Afrika bestudeer en
bepaal waar Afrikane vandag sou gewees het, as dit nie vir die "Uitlander
heersersklas" was, waarna hy so neerhalend verwys.

Olivier Henning

boontoe

P M Myburgh, 22/08/2000: Dit is om van siek te word

As ons maar sulke lede was, sou ons dalk nie nou in so'n gemors gewees het
nie. Ons is ongetwyfeld afstammelinge van Europese nasies en niemand kan
daardie feit betwis nie. Ons is beslis hier gebore en is dus deel van die
bevolking. Die enigste verskil is dat ek nog steeds my reg uitdruk om te
meng met mense van my keuse en die nuwe grondwet gee my daardie reg.
Ek dink as iemand uitlatings maak soos ons President nou maak, wys dit op
twee dinge. 1. Of hy het die bal so ver misgeslaan dat hy gedink dat al die
blankes gaan hulle goedjies pak en laat waai na 'n ander heenkome nadat die
swart regering aan bewind gekom het. 2. Kan sy uitlating ook vertolk word as, hou my dop een van die dae het ons julle almal uitgemoor of uit jul huise
belas.
Hoe jy ook al na alles kyk , moet ons die wysheid van ons ou mense prys.
Hulle het geweet. Gee vir die swartman 'n wapen en daar chaos wees. Hou hom
uit die politiek. Vandat die skole gemeng is kry jy ook nie meer 'n heel
telefoonhokkie nie. Die lys is eindeloos soos die land agteruit gaan. Dit
is om van siek te word.

P M Myburgh

boontoe

Peter Louw, 27/07/ 2000: Brief aan Rapport

Karin Brynard se artikel "Weird? Nee, hierdie taal is cool" (Rapport, 23
Julie) impliseer dat Afrikaanssprekendes maar gerus kan voortgaan om hul
taal met Engels te vermeng, o.m. omdat dit funksioneel is, kleur aan die
taal gee en omdat ontlening in alle tale voorkom. Daar is egter ook 'n ander
kant van die saak.

In die taaldebat van die afgelope maande het talle mense gewys op die impak
van o.m. globalisering en die ernstige bedreiging wat dit inhou vir kleiner
tale. Selfs groot tale soos Frans en Duits voel toenemend die druk, in so 'n
mate dat die Franse voortgaan om taalvermenging aktief te beveg deur
allerlei wetsbepalings in 'n poging om hul pragtige taal teen verengelsing
te beskerm. Anders as ons is hulle deeglik bewus van die kulturele waarde
van 'n taal, en dat, as 'n taal kwyn, ook sy letterkunde sáám daarmee sal
ondergaan.

Beperkte en matige taalontlening het sy voordele, wat in Brynard se artikel
uitgelig word. Wanneer die ontlening en vermenging egter op groot skaal
plaasvind, ontstaan 'n mengtaal, wat 'n lae status het. En as 'n taal se
status laag is, word dit soveel makliker vir hele gemeenskappe om eerder na
'n statustaal soos Engels oor te gaan. Hierdie proses is reeds in
Suid-Afrika aan die gang, onder meer in die Wes-Kaap.

Dit gaan nie oor "taalsuiwerheid" nie, maar oor grootskaalse verengelsing.
As ons maar net meer woorde uit die swart tale kon ontleen, sou dit
wonderlik wees en sou dit ons taal inderdaad verryk. Feit is dat Afrikaans
gevaar loop om deur  Engels oorweldig te word. Karin Brynard se artikel is
'n sprekende voorbeeld hiervan.

Peter Louw

boontoe

Joan Hambidge, 11/07/20000: Sluiting van departement Afrikaans aan Wits

Daar het reeds geruime tyd gelede 'n artikel verskyn "Nederlanders
reageer geskok op sluiting van departement Afrikaans aan Wits" (DB, 28.6) deur
Gawie Keyser. Ondertussen was daar geen reaksie in die briewekolom, sover my
 kennis strek, oor hierdie drastiese stap nie.

Moontlik het die sluiting van die Staatsteater en die ontbinding van die
plaaslike simfonieorkes mense alreeds so ontstig dat daar nie meer krag
is vir polemiek oor hierdie saak nie.

Waarom is die Universiteit van die Witwatersrand se gesogte departement nie deur 'n ander departement gered nie? Waarom het die owerhede hierdie sluiting gekondoneer of dalk afgedwing? Waarom is daar nie 'n borgskap
gevind vir Afrikaans nie?

Om tot vervelens toe studentegetalle as die rede vir 'n sluiting van 'n
departement te noem, is nie regverdig nie. Getalle verander soos die
gety. Wat vandag mode is, mag môre outyds wees. Universiteite is nie besighede
nie. Dit behoort (en ek stel dit met groot stelligheid) 'n vak aan te
bied wat kultureel so sterk as Afrikaans staan. Aan groot Amerikaanse
universiteite word Sanskrit aangebied al sou daar net een student wees.
Die fokus is hier op die akademiese erkenning van die vak en die geestelike
ontwikkeling van 'n gemeenskap.

Die algemene minagting van tradisie is onrusbarend. En ook die dawerende
stilte van my kollegas.

Wat is volgende? 'n Verpolitisering van Sielkunde? Dat Fisika "onnodig"
en "moeilik" is? Die rektor van die Universiteit van die Witwatersrand
skuld die Afrikaanse gemeenskap 'n skriftelike verduideliking vir hierdie
on-historiese stap. Of gaan dit ook net met wollerige woorde - soos met
die sluiting van Comparative Literature - as 'n " fakulteitsbesluit" gesien
word?

Gelukkig is N.P. van Wyk Louw en Ernst van Heerden hierdie dwase besluit
 gespaar.

Joan Hambidge

boontoe

Dan Roodt, 30/06/2000: Brief aan Mail  & Guardian oor Ebrahim Harvey se skryfsel

I was astounded to read the diatribe from the pen of Mr. Ebrahim Harvey against those of us who are opposed to the current completion of the imperialist language project of Rhodes, Milner and Kitchener by forcibly remoulding South Africa as an English country.

To give my readers a taste of the imperialist anglicisation project, let me quote from (the then Education Superintendent of the Transvaal and Free State) EB Sargent’s letter to Lord Milner in June 1901:  “We must appeal to England, and ask the sisters and daughters of those who have been fighting for the Empire to come out and complete that part of the work which their male relatives are unable to accomplish. Our military police had gathered the greater part of the child population into these camps and ... I feel that the opportunity during the next year of getting them all to speak English is golden”.

Evidently a follower of this “Great Tradition”, Mr. Harvey poses as one of those moronic leftist Engelsman-intellectuals who never understood Karl Marx even in the simplified British idiot’s guides that used to be en vogue at our English-language universities until recently.  (By the way, what on earth happened to the Revolution and class struggle?)

Most of these self-styled “progressives” who found in simple-minded English Marxism an alibi for venting their chauvinistic and petty ethnic hatred of Afrikaans and Afrikaners have now decamped, either abroad or to, paradoxically, Afrikaans universities where the recent anglicisation drive has created some last outposts for the species.  Mr. Harvey shows a belated aspiration to membership of the club of Groot Wit Engelse Marxiste through the use of such insightful and original terminology as “petit bourgeois intellectual elite” (as if he himself escapes from his own category).

Rather than offering us his chauvinistic knee-jerk reaction in which he gets just about everything wrong regarding the issue of Afrikaans in South Africa today, he should try and look the problem in the face.  The fact is that our supposedly marvellous Constitution is being trampled underfoot and, “some languages are more equal than others”.  The gumboot of fascism, to use another term so dear to the self-styled revolutionary, now sits on the other foot.  The ANC government has taken the most fascistic stance on language and culture since the British administration in the Natal of the 1850s told missionaries that they need not bother learning Zulu as the language would be extinct within the next twenty years.

Mr. Harvey shows an embarassing lack of knowledge of Afrikaans linguistics and is able to muster two or three PC clichés that we are supposed to read with whistles of amazement.  The fact that Afrikaans was first written in Arabic script is not a “recent” discovery but has been known for years, having been incorporated in syllabuses twenty and more years ago.  The supercilious and derogatory description of Afrikaans as a “patois and creole” may show that Mr. Harvey has heard of the visiting Dutch linguist Valkhoff and his much-discredited theory of Afrikaans diachrony, but I doubt it very much.  Mr. Harvey will be quite surprised to learn that by his own definition English must be considered a creole and a patois as 80% of the lexicon is of non-Anglo-Saxon origin, mainly French in fact.

Race and racism are the staple of the pro-English, anti-Afrikaans argument, and have been for years.  As if there has never been an English-speaking racist in South Africa.  Mr. Chris Hani, that hero of the proletariat, was even killed by one with a double-barrel name, Derby-Lewis, to be exact.  Was English not irreparably tainted by such an act?  Given the colonial wars fought by the British in South Africa, against the Xhosa, Zulus and Boers, is English or its dominance not equally or even more than Afrikaans “the product of a racist history”?

The notion that Afrikaans is a so-called “black language” is as nonsensical as considering it to be a “white language”.  In fact, if only Mr. Harvey had read a bit further regarding the whole language debate, he would have found that this issue had already been covered in an exchange of letters between myself and Dr. Hein Willemse, a self-proclaimed follower of the Black Consciousness movement, on LitNet.  He was unable to provide me with a biological definition of what a black person is, and settled for calling “black” an “analytical concept”.  The upshot of that was that a white person could also be a black person as long as he happened to have suffered under apartheid, or some such Wittgensteinian proposition, as formulated by Dr. Willemse.  (As everybody nowadays, even company CEOs with private jets, is known to have suffered under apartheid, I cannot help but presume that all of us are really black.)

Mr. Harvey seems to be much more adventurous, biologically speaking, than Dr. Willemse in that he claims that “coloured people have largely African roots and are overwhelmingly descendants of the Khoisan, Malay and other slaves and Bantu-speaking peoples.”  By this Mr. Harvey seems to imply that they are genetically closer to the Bantu-speaking peoples than to Caucasians or whites, qualifying for the sought-after PC appellation of being “black”.  The inhabitants of Malaysia may be surprised to learn that they are biologically black-African, but then who knows what happened at Sterkfontein three million years ago?  Because the majority of Afrikaans-speakers are “black”, he also seems to reason, “Afrikaans is a black language” and the nefarious “white Afrikaner nationalist and petit bourgeois intellectual elite” has no business defending the language rights of Afrikaans-speakers.

Being an Afrikaner – as a linguist Mr. Harvey is no doubt familiar with the connotations of that endearing English synonym “Dutchman” or “dumb Dutchman” -  and therefore prone to believing I am of slower wit than a clever English linguistico-geneticist such as Mr. Harvey, I have to ask him to please elaborate on his theory of the genetic split in Afrikaans.  Please also define for me what it means to be black, in contradistinction to white as, notwithstanding the primordial significance of these terms in our current society, I still get confused.  Unless he can credibly explain to me the biological fatalism that separates “white” and “black” Afrikaans-speakers despite speaking the same language, watching the same TV programmes, reading the same books and newspapers, having the same customs and mores, by and large, I shall continue to call Afrikaans “ons taal”.

The notion that we should sacrifice our language and culture in the interest of “unity” as Mr. Harvey seems to suggest, is Milnerist in the extreme.  Unity is not threatened by the diversity of South African cultures, but by the discrimination practised against some of them.  History is simply repeating itself and in the long run it is an open question whether the 90-year old entity we call “South Africa” will survive, given the propensity for ethnic domination demonstrated by successive South African governments, including the present one.

Dan Roodt

boontoe

Dan Roodt, 19/06/2000: Brief aan Sunday Times

I notice that your resident English rose, Ms. Phylicia Oppelt, ventured her opinion on the so-called language debate in last Sunday’s edition of your paper.  It is a very watered down version indeed, for she does not mention that our main problem is the Mugabe-esque reading by our government of those sections in the Constitution guaranteeing equal treatment of languages. 

In conclusion she states that “English is the language of her liberation” after dismissing the poet Eugène Marais as some sort of minor ideologue.  It is to be hoped that she will one day liberate herself from clichés as well, in which her article abounds. 

Not only does she cite some of the tired laments of those who consider standard Afrikaans to be some form of racially purified speech – inevitably formulated in standard British English, the rules of which are made by people even less suntanned than white Afrikaners – but she also pronounces on my maturity or lack thereof in a way that I can only describe as school-marmish.

Miss Oppelt thinks that English automatically provides her with the ability to patronise and belittle Afrikaners, very much in the Great Tradition of the Gordimers, Stuart Cloetes et al, but she fails rather dismally.  In writing about the identity crisis of Afrikaners, she reveals her own by the same stroke.  In her petty-bourgeois aspirations towards English and the social status it implies, she displays one of the enduring signs of an Afrikaner identity.  In this and other respects, the Cape Flats are alas no different to Eastern Pretoria.  It is only “petulant” or “immature” renegades like myself and a few others who are not Afrikaner enough to suffer from this traditional affliction that attach any value to Afrikaans as the key to a South African identity.

In that respect, it is somewhat premature, and notwithstanding the local popularity of the British royals, for Ms. Oppelt to proclaim the end of the “glorious Republic”.  Despite Mr. Mbeki’s stiff upper lip, South Africa has not yet formally reverted to colonial or dominion status.  To really escape Afrikaans and the Republic, emigration is for now the only option.  However, with Afrikaans literary and philosophical cafés springing up even outside South Africa, such as lately in London, the stark beauty of “Winternag” and other Afrikaans poems may still haunt Ms. Oppelt in far-flung corners of the globe.

Dan Roodt

boontoe

Peter Louw, 29/05/2000: "Kollektiewe skuld"  is 'n contradictio in terminis

Ek het waardering vir – maar ook sekere bedenkinge oor - Gunther Pakendorf se artikel "Dit gaan oor skuld" in die SeminaarKamer waarin hy die Duitse filosoof Karl Jaspers se idees oor kollektiewe verantwoordelikheid bespreek.

As 'n aanknopingspunt haal ek die volgende uit Pakendorf se artikel aan: "Jaspers is onomwonde in sy mening dat die hele Duitse volk kollektiewe verantwoordelikheid vir die euwels van die Nazi era moet dra. Hy praat hier van 'n morele skuld wat elke individu, op enkele uitsonderings na, raak en waarmee elkeen moet leef. Die dade van die Nazi regime is immers grotendeels stilswyend geduld en deur miljoene selfs ondersteun en bevorder."

En verder: "Dit beteken ook dat Duitsers bv. baie lank by wyse van spreke die ander wang moet draai wanneer klappe uitgedeel word, beledigings en vernederings moet verduur, geen groot ophef mag maak oor eie regte en aansprake, oor nasionale trots of 'n roemryke geskiedenis nie, soos ander volke dit vanselfsprekend kan." In Wimpie de Klerk se boek Afrikaners: kroes, kras, kordaat kry 'n mens 'n soortgelyke standpunt betreffende die houding wat blanke Afrikaanssprekendes in die onmiddellike toekoms behoort aan te neem.

Pakendorf plaas hier sy vinger op twee brandende kwessies, nl. die begrip van kollektiewe skuld, en die boetedoening vir daardie skuld. En hoewel hy die Jodevervolging en die misdade teen die mensdom wat deur die Nazi's gepleeg is tereg nie sonder meer met apartheid gelykstel nie, is hierdie kwessies duidelik relevant in die post-apartheid-era. Die groot vraag is egter of kollektiewe skuld as morele begrip hoegenaamd opgaan.

Ten eerste is dit uiters moeilik om, met die wysheid van terugskouing en die uitgekristalliseerde perspektief van die hede, skuld vir 'n dekades lange politieke stelsel in die verlede aan 'n hele gemeenskap te wil koppel. Die apartheidsera het sy eie paradigmas gehad, sy eie denkstrominge en opvattings van moraliteit waarin die kwessies nie so duidelik en kant en klaar was as wat dit vandag terugskouend lyk nie. Daar was talle ondersteuners van apartheid wat opreg geglo het dat daardie stelsel inderdaad mettertyd tot 'n regverdige bedeling vir iedereen in die land sou lei.

Ten tweede is dit op sigself reeds 'n bedenklike moraliteit wat hom die reg toe-eien om kollektief oor 'n hele gemeenskap te oordeel. Vanuit die oogpunt van moderne regverdigheidsopvattings is enige kollektiewe oordeel, sonder aansiens des persoons, self onregverdig en kan dit lei tot kollektiewe bestrawwing of boetedoening sonder dat die individu se werklike dade en gesindheid in ag geneem word. Dit kan tot gevolg hê dat onskuldiges in dié proses ook gestraf word – die ergste vorm van onreg.

Ek wil natuurlik nie sê dat talle individue van die apartheidsera nie skuld of verantwoordelikheid het nie. Daar ís skuld, maar dit is individuele skuld, en moet op individuele vlak gehanteer word. 

Indien "kollektiewe skuld" 'n contradictio in terminis is, volg dit dat ook kollektiewe boetedoening, soos Wimpie de Klerk in sy boek voorstaan, onbestaanbaar en onnodig is. Weer eens wil dit nie sê dat individuele mense nie uit die booshede van die apartheidsera moet leer nie. Trouens, ek kry die indruk dat talle Afrikaanssprekendes hard besig is om die lesse van die verlede te internaliseer. Maar om van hulle te vra om beledigings en vernederings te verduur, geen groot ophef te maak oor eie regte en aansprake of oor nasionale trots nie – dit is myns insiens totaal onrealisties, en nie in belang van óf Afrikaanssprekendes óf Suid-Afrika as 'n geheel nie. 'n Vernedering wat in die verlede toegedien is, word nie genees deur nou self verneder te word nie. Sodanige nuwe vernederings sal die hele boosaardige proses eenvoudig perpetueer en tot nuwe wrokke en weerwraak lei.

Eerder as om 'n hele gemeenskap aan kollektiewe skuld te onderwerp, moet ons meer aandag gee aan die inherent gebrekkige aard van menswees ongeag die volk of gemeenskap waarin individue gegroepeer is. Die neiging tot boosheid, beperkte insigte wat aan tyd en plek gebonde is, en gebrekkige naasteliefde, veral teenoor lede van 'n ander kultuurgemeenskap, is klaarblyklik universele probleme eerder as wat 'n mens dit aan 'n bepaalde volk of gemeenskap op 'n sekere tydstip kan koppel.

Peter Louw

boontoe

Dan Roodt, 19/05/2000: Brief aan Die Volksblad

Bloemfontein is besig om die brandpunt van die stryd om ‘n Afrikaanse identiteit te word.  Nie net weier die burgemeester van dié stad om Afrikaanse rekeninge aan die inwoners uit te stuur téén die Grondwet en die bevindinge van PANSAT nie, maar tans word daar ook ‘n naamverandering beplan.  Volgens koerantberigte moet “Bloemfontein”, die historiese naam wat in literêre werke soos dié van Karel Schoeman en vele ander verewig is, nou weggegooi word ter wille van “Mangaung”.

Die fameuse argument rondom “kostedoeltreffendheid” speel nou geen rol meer nie, slegs naakte ideologiese motiewe om ‘n Afrikaanse identiteit af te takel.  Die vraag is nou:  waarom word die name van Durban, Oos-London en Grahamstad nie eerste verander nie?  Maar natuurlik weet ons dat hierdie aksie net teen Afrikaanse name gemik is.  Trouens, die enigste onlangse studie oor sogenaamde inheemse name waarvan ek weet is deur blanke Engelssprekendes opgestel, en dit is waarskynlik hierdie selfde dokument wat nou teen Afrikaanse name ingespan word.

Afrikaanssprekendes sal moet besef dat ons sal moet saamstaan om hierdie aftakeling van ons geskiedenis en ons taal te stuit.  Veral in Afrikaans moet ons enige naamgewingvoorskrifte soos dié van mnr. Phil Molefe van die SAUK wat ons wil dwing om SABC te sê, weier.  Trouens, ons moet eintlik aandring op Afrikaanse ekwivalente vir vreemde woorde wat aan ons opgedring word, soos byvoorbeeld “Gauteng”.  Laasgenoemde is ‘n non-woord, ‘n stukkie mengeltaal wat ‘n burokraat uit sy hoed gepluk het en wat op dié stadium aanvaar is omdat daar die versekering gegee is dat slegs nuwe provinsies of plekke sulke name sou kry.  Nou blyk dit nie die geval te gewees het nie, en gaan ons aan ‘n hele karikaturale rewolusionêre program van naamgewing blootgestel word à la Leningrad, Karl Marxstadt en die res.  Naamveranderings in die res van Afrika het ook sinoniem geword met verval en onstabiliteit, waarvan die Kongo ‘n bekende voorbeeld is.

My voorstel is dat “Gauteng” van nou af in Afrikaans as die Witwatersrand moet bekendstaan.  Laasgenoemde is ‘n veel ouer en mooier naam.  In Vlaandere word ‘n stad soos Lille wat oorkant die Franse grens lê byvoorbeeld deurgaans “Rijsel” genoem; verhale van Franse wat aan die Vlaamse kant tevergeefs hul weg terug op die snelweg probeer vind na Lille is legio.  Dit is elke taalgemeenskap se reg om sy eie name in stand te hou en hulle op rigtingwysers, ens. te sien.  Ons hou nie van die dêng van Gauteng, en nog minder van ‘n ander Bloemfontein.  (Ons wil ook nie hê dat Bloemfontein nou na “Flower Fountain” herdoop moet word om by die munisipale taalbeleid te pas nie).

Geen naambord met ‘n ander naam as Bloemfontein moet langer as vier-en-twintig uur staande bly nie, en geen brief moet daarheen gepos word met ‘n ander naam op die koevert as Bloemfontein nie.  Dieselfde geld vir enige dorp wat herdoop word na ‘n naam waarvoor die plaaslike inwoners nie self gevra het nie.  Pleks van die land se probleme soos misdaad, die verval van die gesondheidstelsel, vigs, ens., aan te pak, bestee ons bewindhebbers hul tyd aan onnodige duur projekte soos naamveranderings.  Wel, hulle gaan uitvind hoe duur dit kos om elke bord langs die pad te moet bewaak.

PRAAG beplan ‘n grootskaalse aksie in Bloemfontein ten einde die ongrondwetlike munisipale taalbeleid verander te kry, en dit terselfdertyd duidelik te maak dat naamveranderings eweneens totaal verwerp gaan word.  As die huidige regering sy stempel op stede wil afdruk, laat hy liewer nuwes bou.  Naamgewing hang trouens saam met skepping, nie met afbreek in die naam van chauvinisme nie.

Dan Roodt

boontoe

Joan Hambidge, 14/05/2000: Vir Praag uit die VSA

 Die wondere van die internet is dat 'n mens enige plek op aarde kan lees
wat op die tuisfront aan die gebeur is. Praag se webblad lyk baie goed en dit is
ook dan interessant om vanuit die verre VSA waar ek navorsing doen te Harvard
in Cambridge, Mass.te lees oor die stand van taalsake.

Trouens, hoe verder 'n mens verwyder is van jou land en sy taal, hoe nader
staan jy daaraan. Taal bepaal 'n mens se identiteit. Dit is jy. Jy dink in
jou taal; jy skryf en droom in jou taal. Meer nog: jy dig in jou taal. Terwyl
ek hier in Massachusetts is besoek ek Emily Dickinson se huis in Amherst.
Hierdie huis is tot monument verklaar en die Universiteit van Massachusetts
befonds dit. Talle ou tannies neem 'n mens op toere deur hierdie huis en vertel
jou wetenswaardighede oor die merkwaardige Belle of Amherst wat die kontoer
van die digterlike landskap verander het. Dit word met trots uitgespreek - sonder
om te skroom of te dink dit is verkeerd of polities inkorrek. Indien daar met 'n
Afrikaanse digter dieselfde sou gebeur, kan 'n mens by voorbaar 'n gemor
hoor oor taalbevoorregting en al die ander deuntjies.

Die beskerming van Afrikaans, meen ek, hoef nie ten koste van ander tale
te wees nie. Inteendeel. Die aanspreek van die verdringing van Afrikaans is
in wese 'n  kritiek op Engelse oorheersing ten koste van al die ander tale in
Suid- Afrika. Nog minder hoef dit 'n politieke kleur van regsheid en
agterlikheid te kry.

Indien 'n mens binne 'n Engelse aura leef en werk, weet jy met hoeveel vermindering

Engelse werk met Afrikaans. En Afrikaners. Dit is nogal
vermetel om apartheid op die rekening te plaas van die Afrikaner gedagtig aan die
groteske menseskendings tydens die Anglo-Boereoorlog. Maar laat ons eerder
die politieke en historiese kwessies ter syde laat, en konsentreer op 'n
kragtige taal wat Van Wyk Louw, Opperman, Breytenbach, et al. opgelewer het. As 'n
mens jou skaam vir jou taal en sonder nadenke uitroep dat Engels die taal van
die mark is, mis jy die punt totaal. Dit is goed dat mense soos Dan Roodt
wat oor die intellektuele agtergrond en vaardighede beskik, bereid is om op 'n
praktiese taalvlak die neo-hegemoniese orde van onnoselheid aan te vat.

Om jou beroep op jeugdigheid of ander argumente met betrekking tot
taalkwessies, deug nie. Dit hang my die spreekwoordelike keel uit as
Afrikaansprekende ouers van my geslag hul kinders na Engelse skole stuur en
dan in 'n fanakalo Engels met hulle praat. As dosent wil ek hulle daarop
attentmaak: as jy nie die Afrikaanse Bybel, Hallelujaliedere, en ander
volkse dinge ken nie, kan jy nie Afrikaanse letterkunde bestudeer nie. So waarom
jou kind Bishops toe stuur, en dan US toe wanneer hy/sy wil studeer?

Daar is niks so pateties as 'n Afrikaansprekende wat dink hy is modern

deur Engels te praat en sy kinders van hul regmatige erfenis te ontneem nie.


Joan Hambidge

boontoe

Chris Louw, 13/05/2000: Brief aan Business Day
 
Chris Louw, Executive Producer: Monitor and Spektrum, SABC, writes:
I must congratulate Nomavenda Mathiane for at least getting my name right in her stunningly ill-informed piece on the formation of the so-called Group 63 (BD, May 12).
Had she done only a modicum of homework, Mathiane might have come to realise how little she knows about what she is writing, and how foolishly her own opinions, disguised as unattributed quotes, come across.
It is true that Business Day's English-language readers may now enjoy that satisfying feeling derived from being well informed on developments in the backward Afrikaans community. Members of that community, however, will only shake their heads in bemusement and have their suspicions reinforced that there is deliberately, even maliciously, little understanding of their fears and aspirations.
For the record, referring only to the single paragraph in which my name appears: I am neither a founder member of Group 63, nor have I ever joined the group; I am not the SABC's fictional "Afrikaans actuality programmes director"; and although she quotes me as not wanting to belong to a "white-minority kraal", Mathiane in fact never spoke to me.
The facts are: I attended a meeting on the state of Afrikaans at Hammanskraal last Saturday as a guest speaker . I was invited by four individuals and the topic of my speech was "Afrikaans and the Media". I left the meeting before any decisions regarding the formation of a movement or body of any kind were taken.
I am not a founding member nor is it possible to resign from something that I was never part of.
From the "report" it is quite clear that Mathiane only spoke to Johann Rossouw, one of the organisers of the meeting. The rest is a mixture of conjecture, misreadings of a report that appeared in Beeld (including a liberal redistribution of direct quotes), and downright lies.
It is not my place to defend Group 63; their leaders are eloquent enough to state their case. But I would like it to be public knowledge that I support any legitimate effort to ensure that my mother-tongue, which happens to be Afrikaans, survives the present unconstitutional onslaught by both government departments and individuals.
In that sense I am in broad agreement with the aims of Group 63 and any other non-racial movement with similiar sentiments.
Maybe Business Day should consider the appointment of a token Afrikaner journalists to cover events like the creation of Group 63, so your readers could get a less pathetic picture of what is happening outside the anglophile world.
I would suggest the resurrection of an out-of-work hack called Max du Preez, who is equally uninformed and whose talents at thumb-sucking are at present wasted on The Star's unsuspecting lower-income readers.
At least Du Preez, with the insider-knowledge gained from his experience as a National Party Youth organiser, should be able to provide Mathiane with more authentic, albeit out-dated, ammunition for Afrikaans-bashing.

Boontoe

Dan Roodt, 07/05/2000: Brief aan Beeld

Sekerlik die mees ironiese toetrede tot die taaldebat tot dusver is dié van Nadine Gordimer (Beeld, 6 Mei).  As iemand wat haar in die verlede skuldig gemaak het aan haatspraak jeens Afrikaners, beide in haar boeke en in koerantonderhoude, veteenwoordig dit iets van ‘n ommeswaai.

Noudat Afrikaans min of meer aktief onderdruk word, verseker me. Gordimer ons dat die taal “nooit sal uitsterf nie”.  Is dit een of ander doodskus?  ‘n Gerusstelling komende van iemand wat haar onderskei het in haar minagting teenoor die taal en sy sprekers?  So onlangs as 1996 het sy in ‘n onderhoud in die NRC Handelsblad gesê dat Afrikaners se “romantiese verbintenis tot die land” ‘n mite is en dat ons net aangebore rassiste is.

Me. Gordimer se kuns, indien die term wel toepaslik is, het hom onderskei in die konstante stereotipering van die Suid-Afrikaanse werklikheid, en veral van haar landgenote wat nie tot haar eie etniese en klassegroep behoort nie.  Ook in die Beeld-onderhoud meen sy dat “Afrikaners besluit het dat al praat bruinmense dieselfde taal, is dit nie hulle s’n nie.” Watter snert!  Wie het al ooit so-iets gesê?  Sedert die vroegste tye het Afrikaanse taalkundiges gewys op die gemeenskaplike aandeel van wit en bruin aan die ontwikkeling van die taal, en die kleurryke leksikon van byvoorbeeld die Namakwalanders is redelik onlangs beskryf deur ‘n taalkundige soos Tony Links terwyl ‘n soortgelyke variant van Afrikaans sopas verheerlik is in George Weideman se voortreflike roman, Draaijakkals.

Terwyl Afrikaanse skrywers hulle verkneukel in die plaaslike en selfs streekstaal aanwend, reik Nadine Gordimer na die mees holruggeryde argument vir die oorheersing van Engels in Suid-Afrika:  die sogenaamde lingua franca, en behoefte aan internasionale kommunikasie.  Ten spyte van die reusagtige staatsbesteding op Engels ten nadele van elke inheemse taal, is daar nog steeds meer mense in Suid-Afrika wat Afrikaans verstaan as Engels.

Volgens dr. Neville Alexander (Rapport 7 Mei) is “Engels nie neutraal wat klas betref nie” en “vind net ‘n klein lagie middelklas-mense baat by Engels”.

Vir ‘n lid van die blanke Engelse bourgeoisie raak me. Gordimer erg progressief as sy anders as die meeste van haar eweknieë erken dat Afrikaans “talle goeie skrywers en digters het”.  Ek het verlede jaar in my rubriek op LitNet aangetoon dat die Engelse literêre establishment waartoe sy behoort wil ontken dat daar hoegenaamd ‘n letterkunde in Afrikaans bestaan en dat “South African literature” slegs in die “internasionale lingua franca” geskryf is.  Die meeste van hierdie literatore woon ook reeds in die land van Lingua Franca, en hul betrokkenheid by Suid-Afrika is hoogstens ‘n akademiese spesialiteit wat om eie gewin beoefen word.

Eerder as om met patroniserende boodskappies oor die oorlewingskanse van Afrikaans te kom, behoort sy ook ‘n mea culpa te doen, en haar eie etnosentriese vergrype te erken.  Eers dan sal sy verdien om ‘n Suid-Afrikaanse skryfster genoem te word, ‘n benaming wat sy tans kwalik verdien.

Dan Roodt 

boontoe

Dr. A.G. van Vijfeijken, 04/05/2000: Uit je nek kletsen

Het valt mij op dat de publieke tegenstanders van PRAAG  in hun uitingen steeds dezelfde redeneertruck gebruiken, namelijk de ondersteuners van PRAAG een argument of standpunt in de mond leggen dat geen ondersteuner van PRAAG ooit verkondigd of verdedigd heeft, en dan vervolgens dat argument of standpunt proberen neer te schieten of belachelijk te maken.

 
Sonja Loots deed dat tijdens het KKNK, Max du Preez doet dat in zijn recente INSIG-artikel
dr Hein Willemse heeft daar een handje van.
 
Een buitengewoon irritante neiging, uiterst doorzichtig voor iedereen die een beetje geschoold is in logica en argumentatieve vaardigheid.
 
Ik heb een vraag aan de Max du Preezs van deze wereld: hoeveel "business', dus inkomen, zou Max du Preez in gevaar brengen indien hij in zijn publieke uitlatingen (artikelen, rubriek, deelname aan radio-en TV-panels) zich achter de zaak die PRAAG voorstaat, zou stellen ?
(Voor alle duidelijkheid: een antwoord "dat weet ik niet" is geen antwoord; idem "daar heb ik AGvV - niets mee te maken" ; idem "achter die vraag van mij -AGvV - zou wel eens wantrouwen kunnen schuilen".)
 
 
Als de Max du Preezs van deze wereld werkelijk standhoudende bezwaren tegen PRAAG hebben, prachtig; laten ze daarmee voor de draad komen! Maar ze moeten ophouden met die schijnargumenten.
Lang leve PRAAG, zolang als dit nodig is.
 
Dr. A.G. van Vijfeijken.

boontoe

Dan Roodt, 29/04/2000: Brief aan INSIG

As iemand wat nie te gereeld INSIG lees nie, is ek nogtans oorreed om die jongste uitgawe te koop omdat Max du Preez blykbaar nou ‘n toetrede maak tot die "Groot Debat oor Afrikaans" soos dit genoem word.

Dit raak nou regtig vervelig om oor en oor dieselfde ding te moet sê, maar dit lyk asof daar gedurig nuwe deelnemers opduik wat nog nie op hoogte is van kwessies wat ses maande gelede al beslis is nie. INSIG self lewer die bekende pleidooi vir die status quo, dat ons moet aanvaar dat die taal van 5% van die bevolking reeds "die lingua franca van die land" is en dat "die saak... gewoon al uitgemaak [is] deur die meeste mense wat in Engels, die wêreldtaal, handeldryf." Insig is dus gekant teen inisiatiewe soos dié van ABSA wat sy inbelsentrum in inheemse tale bedryf en waaroor verbruikers blykbaar "oorstelp gelukkig" is. ABSA moet liewer kennis neem van INSIG se standpunt en dadelik na die wêreldtaal oorskakel.

En natuurlik sal Spoornet met sy verbod op Afrikaans in die werkplek - ai, hoe demokraties! - help om INSIG se standpunt te laat seëvier. Terwyl die regering sy bes doen om Afrikaans af te skaal tot die status van ‘n derderangse huistaaltjie, is die feit dat enkele mense met Afrikaanse vanne ryk word in Suid-Afrika ‘n aanduiding dat die Afrikaanse kultuur gedy. Só glo die Financial Mail, en so glo INSIG. Toenemend voel INSIG dat standaard-Afrikaans nie meer cool is nie, en dat Afrikaans een of ander gepidginiseerde dialek van Engels behoort te word.

INSIG is ‘n tydskrif wat paradoksaal genoeg enige vorm van "insig" of denke beveg. Die selfaangestelde agent provocateur wat laas gehoop het dat Afrikaans mag uitsterf is nou een van die voorste apologete van die apolitiese wat mense lustig uitkryt vir "rassiste" of "regses" as hulle nie die dogmas van ons regering onderskryf nie. Hiermee is INSIG dit eens, want ons moet niks doen of sê wat "onsensitief staan teenoor die verlede" nie. Miskien uit vrees dat dit die huidige geslag kruipers aan hul eie onkritiese verledes herinner?

Max du Preez is so verstrik in die totalitêre logika van sy nuwe base dat hy meen ons behoort dankbaar te wees dat ons "toegelaat" word om kunstefeeste te hou, boeke te skryf, ens. Watter toegif van ons oud-Stalinistiese heersers! Volgens Max is die normale gang van sake dus dat jy nie dié voorregte het nie en dat ons nie hierdie rojale vryhede na waarde skat nie. Om verder in sy terme te praat: die ander wil nie met ons speel nie, en boonop maak hulle die reëls van die speletjie. Terloops, anders as Max wat met sy een voet in die Calvinisme staan, en waar skuld en sonde die hoofbegrippe is, beroep ons ons eerder op Freud en sy idee van menslike seksualiteit as "polimorf pervers". Masturbasie is ná die Weense analise nie meer sonde nie. Arme Max, die verstote bul met wie niemand wil speel nie, is nou bekommerd oor "taalbulle" en selfbevlekking.

Harald Pakendorf, oud-NP-ideoloog, sê in elkeen van sy rubrieke die rympie soos ‘n grammofoon op: word deel van die meerderheid. Max du Preez noem dit "integreer in die res van die Suid-Afrikaanse nasie", maar dit is sinoniem met Pakendorfisme. My kwelling is nou: as Afrikaners oor die afgelope tweehonderd jaar dit nie kon regkry om hulself aanvaarbaar te maak vir die Engelse élite in hierdie land nie, hoe op aarde gaan hulle nou daarin slaag om by swart nasionalisme in te skakel as hulle nie suiwer swart is nie (die kangaroes in die dieretuin), die verkeerde taal praat, en vir die DP-opposisie stem? Myns insiens is die polities-kulturele integrasieprojek so vergesog dat niemand dit ernstig kan opneem nie. Ons word op elke moontlike terrein uitgesluit van enige inspraak en een of twee Broederbonders op die nuwe onverkose Raad vir Minderhede gaan geen duit verskil daaraan maak nie. (Vir die Broederbond het kultuur in elk geval nog altyd gerym met sensuur.)

INSIG met sy yuppie-agtige ligsinnigheid (eet liewer daggakoekies, dan hoef jy nie te dink nie) skram weg van die enorme intellektuele projek waarvoor ons staan. Hierdie uitdaging kom daarop neer om ‘n historiese perspektief te ontwikkel téén die propaganda en halwe waarhede oor ons verlede, en om ‘n sinvolle demokratiese proses aan die gang te hou kontra die histeriese aandrang op één: een taal, een kultuur, een nasie, een party.

Dan Roodt

boontoe

Ton Milatz, 28/04/2000: Behou eie kultuur in Suid-Afrika en Afrika.

Beste vrienden in Zuid-Afrika,

Ik draag jullie en een ieder die het behoud van de eigenheid en de
cultuur van Zuid-Afrika (en heel Afrika) ondersteunen een warm hart toe.
Vandaar dat ik ook jullie taalpetitie ondersteun.

"Ek, Ton Milatz, vereenselwig my met die Taalpetisie"

Ik heb verschillende vrienden die in Afrika werken; morgen ga ik naar
een nicht van mij die in Kenya werkt voor geestelijk en lichamelijk
gehandicapte kinderen. Zij is nu een paar weken in Nederland.

Ook jullie wijn vind ik voortreffelijk.

Vandaag vieren wij in Nederland koninginne dag. Gewoonlijk is dat op 30
april; maar omdat dat dit jaar op zondag is vieren we dat een dag
eerder. In het hele dorp wapperen de vlaggen (rood-wit-blauw met een
oranje wimpel). Ik kijk nu naar twee vlaggen bij mijn buren aan de
overkant van de straat. Gisteren was het hier mooi weer; +/- 22 C, wat
erg warm is voor eind april. Vandaag regent het een klein beetje.

Ik wens jullie veel succes vanuit Dronten, een dorp met 25 000 inwoners
in het midden van Nederland.

Groeten,
Ton Milatz

boontoe

Luk van Nieuwenhuysen, 25/04/2000: Hou vol!

Mag ik jullie langs deze weg veel moed en doorzettingsvermogen toewensen in jullie strijd voor het voortbestaan van het Afrikaans.
Als Vlamingen weten wij hoe moeilijk en ondankbaar dat is. Zelfs hier wordt het belang daarvan door sommige mensen onderschat.
Hou vol !

Luk Van Nieuwenhuysen
Ondervoorzitter Vlaams Parlement 

boontoe

 

Schalk Jacobsz, 24/04/2000: Om met die sustertaal te hoereer....
 
Ek begryp nie die kritiek op Lucas Rautenbach nie.  Hy het nie baklei nie.  Hy het op grond van die taalregte wat in die grondwet verskans is met eerlikheid en sonder passie daarop aangedring om die Taal in die werkplek te bly praat en skryf - ten koste van sy loopbaan. 
Daardeur het Rautenbach juis GEDOEN en nie gemasturbeer nie.
 
Maar nou wonder ek: As die Taal bly "kom" vir iemand wat met 'n sustertaal hoereer, word sy dan nie saam met die suster-taal 'n "Hoertaal" nie?
 
Met passie-lose liefde,
 
Schalk Jacobsz

boontoe

Johann Wingard, 20/04/2000: Afrikaner of Afrikaanse?

Is dit nie interessant hoedat belangegroepe meehelp om persepsies te skep om hul belange te dien nie? Die huidige polemiek oor Afrikanersof Afrikaanses is weer ‘n sprekende voorbeeld van hoe ‘n nuwe algemene wysheid geskep word, en hoe mense teen hulle sin gemanipuleerword.  Gedagtig aan die oorlog teen rassisme wat vandag 'n groter oortreding as verkragting of moord skyn te wees, wil ek desnieteenstaande my by Heinrich Wyngaard (byna 'n naamgenoot van my) skaar.

Ek sou sê dat daar minstens vier invloedryke instansies is wat deur social engineering die term Afrikaners met Afrikaanses vir kommersiële of oorlewingsredes sou wou vervang, naamlik.

  • Politieke partye wat op Afrikaanse sentiment staatmaak.
  • Koerante wat ‘n groter kritieke massa leserstal benodig,
  • Skrywers wat ‘n groter mark vir hul boeke of toneelopvoerings soek.
  • Televisie programme wat hul getal kykers wil uitbrei.

By hulle gaan dit oor die getal mense wat hul produk kan koop, en nie oor die samestelling van die groep as sulks nie.  Daar word neerhalend na behoudende Afrikaners as regs of selfs ver-regs verwys en selfs die blote bestaan van "Afrikaners" word deur die media bevraagteken.

Maar daar behoort geen verwarring te wees oor wie Afrikaners is nie. Hulle is mos die Afrikaanssprekendes wat nie vir regstellende aksie kwalifiseer nie. Die wet op billike indiensneming verskaf die res van die definisie. Nou hoe sukkel mense dan so met die begrip?

Die definisie wil nie ander uitsluit nie, maar sê presies van watter binnegroep daar gepraat word. Soos ‘n Skot, Wallieser en Ier wat weier om ‘n Engelsman genoem te word net omdat hulle Engels praat. Wat noem ons die swart Amerikaners van Louisiana wat ook ‘n vorm van Engels praat? Engelse?

Binnegroep identifikasie definieer die sosio-kulturele groep, waarmee mense hulself die nouste identifiseer, veral wanneer daar ook nog ‘n wet ter sprake is. Dit is die goeie reg van bemarkers van genoemde belangegroepe om hul eie pseudo-groepe (segmentering) vir besigheidsdoeleindes te skep. Maar hulle sal nooit hul kliente se herkoms daardeur kan verander nie. 

Hierdeur wil ek hoegenaamd nie 'n kloof tussen Afrikaners en Afrikaanses slaan nie, 

Nee, 'n duisendmaal nee!

Ek wil slegs sê dat daar 'n Boerevolk is wat internasionaal so deur sy politieke denkers en magshebbers se optredes gediskrediteer is, dat hul selfbeeld sodanig afgetakel is dat selfs die taal, wat hy met ander deel, daardeur veroordeel word.

Johann Wingard.

Boontoe

 

Tim Lauwers, 20/04/2000: Afrikaans is die Nederlands van Afrika
 
Groete,
die Angelsaksiese vloedgolf dreig die andere tale te oorspoel. In Duitsland
praat men oor "Engleutsch", in Frankrijk oor "Franglais",
in Nederland oor "Nederengels",...
Die Franse taal verdedig sig heftig: die wêreldwyde orgaan van die
"Francophonie" is een magtig instrument.
Dis nou tyd dat ons ook iets dergliks maak. Die "Stigting vir Afrikaans" sou
oorleg moet pleeg met die "Nederlandse Taalunie". Uitwisselinge van
studente, professore, sangers en kunstenaars moet bevorder word. Dan sal
daar automaties weer toenadering kom tussen Nederlands en Afrikaans. Beide
tale kan van elkaar leer. Nie enkel Afrikaans moet verander, ook Nederlands
kan leer van Afrikaans. As Nederlands nou die progressieve spelling aanneem
is daar nog slegs min verskille tusse die beide tale.

Ons is nou nie in die posisie nie om verdeel op te tree: as ons nou een
Hollandse taal maak, een Vlaamse, een Surinaamse, een Afrikaanse en een
Namibiese, . dan syn al die tale binne die honderd jaar verdwene.
Blank, Swart, Bruin, Purper of Groen,.
Suid-Afrikaan, (Frans-)Vlaming, Namibiër, Nederlander of Surinamer.
Dit maak nie saak nie.
Kom ons vat hande saam en verdedig die taal die door dertig miljoen mense op
drie kontinente gesproke word en die -ondanks al die verskille- ons tog
gemeenskaplik is: Nederlands.

Graag sou ek nog reageer op die brief van Enst Marais "Afrikaans naas
Nederlands en nie net in kombuis nie".
1. Woorde verander van betekenis, nuwes word geskep
Dit is die gangbare mening dat Afrikaans so sterk van Nederlands afwyk, dat
dit nie dieselfde taal meer is. Dit is egter onwaar. Woorde verander
inderdaad van betekenis, ook binne Nederlands is daar groepe woorde wat die
Hollander gebruik en die Vlaming nie kan verstaan nie en omgekeerd. Die feit
is daar dat een Afrikaner sonder probleme en sonder één taalles een
Nederlandse tekst kan lees en omgekeerd. En ek kan met een eerlike hart sê
dat ek een Afrikaner beter kan verstaan dan een Hoog-Hollandse of een
Zuid-Vlaamse dialekspreker. En als jy die woorde "fokker" of "poes" wil
gebruik als bewys dat woorde van betekenis verander, nou ik kan jou sê dat
hierdie woorde in "Vlaams" Nederlands dieselfde betekenis hê.
Taalwetenskaplike ondersoek wys uit dat als jy Afrikaans vergelyk met die
twintig mees gesproke Nederlandse dialekte, dat Afrikaans dan sowat op die
tiende plaats kom...( ondanks die duisende kilometers verskil!)

2.Nederlanders is skynheilig en opportunisties
Ek begryp dit nie. Is dit nou een argument tegen Nederlands ? Ek vind dit op
sig al een hele domme uitspraak: jy kan enkele Nederlanders skynheilig vind,
maar die veralgemening is belaglik. Ek is Vlaming, ek wens ook geen
Nederlander te wees. Maar doordat die Vlaminge geen "Vlaamse" taal gemaak
hê, maar aangesluit hê by die Nederlandse kultuurtaal staan ons nou baie
sterker. Elkeen kan van die eerste woord hoor of die spreker Vlaming of
Hollander is (omgangstaal), maar die gesaamlike kultuurtaal open vele
moglikhede. Dieselfde verhouding sou tusse Afrikaans en Nederlands moete
kom.

3.Gestigmatiseerde Afrikaans??
Die feit is daar dat baie nie-blankes Afrikaans vereenselwig met die
Apartheidsonderdrukker. Jy kan dit verkeerd vind of onregveerdig (ek vind
dit ook dom om een taal skuldig te maak aan een politiek systeem)
maar dit maak jou taal swak.

4.Nee Tim, Afrikaans naas Nederlands maar nie weer terug na die kombuis nie.
Ek dink my brief kwam te vroeg, lees my brief nog eens binne tien, twintig
jaar. Dan is Afrikaans totaal uit die publieke wêreld (universiteite,
politiek, ekonomie,...) verdwene. En oorlee die taal as publieke taal enkel
nog (danksy die Kleurlinge) op provinsiale niveau in die Noord en Westkaap.
Dan is Afrikaans inderdaad in die kombuis: as vierde taal na Engels,
Isixhosa en Isizhulu. Nederlands kan die taal uit die kombuis help.

Tim Lauwers

boontoe

Johann Lodewyk Marais, 19/04/2000: Taal- en kultuurregte is nodig vir 'n beter en voorspoediger Suid Afrika

Irma du Plessis skryf dat 'n aantal vraagstukke (waaronder
werkloosheid, ongeletterdheid  en HIV/vigs) meer aandag verdien as die
bevordering van die "saak van Afrikaans" (Beeld, 10  April 2000). So gestel,
kan 'n mens kwalik van haar verskil. Dit is sowel die plig van die owerheid
as die burgery om dié vraagstukke (en nog talle ander) met erns te bejeën.
Daar is egter twee  aspekte van haar beredenering wat verdere beredenering
vereis.

In die eerste plek sê Du Plessis nie wat Praag in die lig van
hierdie vraagstukke te doen  (sou) staan nie. Verwag sy byvoorbeeld dat 'n
gesprek oor taalregte, of die taalregte sélf,  opgeoffer behoort te word om
aan die vraagstukke wat sý noem die nodige aandag te gee? Of  behoort
taalaktiviste toe te tree tot die afgelope jare se talle debatte rondom
HIV/vigs-middels?  Of moet hulle liewer swyg om die wankele orde nie verder
te versteur nie?

In die tweede plek is dit ook geen eenvoudige saak om menslike
behoeftes in rangordes vas  te lê nie. Die groot ontwikkelingsdenker Manfred
Max-Neeff het die konsep van basiese  behoeftes radikaal omver gewerp met sy
siening dat menslike behoeftes nie in 'n piramide  gerangskik kan word
volgens die ou Maslow-model nie, maar 'n netwerk vorm waarin daar aan
kultuur net so 'n belangrike plek soos aan skuiling en voeding gegee word.

Die Verenigde Nasies se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en
Kultuur (UNESCO)  het reeds deur middel van verskillende aksies klem gelê op
die belangrike rol wat kultuur in  ontwikkeling speel. Daar word immers te
maklik aanvaar dat net 'n bepaalde siening van kultuur  (en dus ook taal)
die enigste is wat bestaansreg het. Vir my lyk dit dus heeltemal in orde om
'n  pleidooi te lewer vir die erkenning van mense se taal- en kultuurregte.

Daarby is dit ook so dat die aanspreek van die vraagstukke wat Du
Plessis noem meer  effektief kan geskied deur juis nog méér sensitief vir
taal en kultuur te wees. Hier bedoel ek  pertinent die erkenning van
"mindere" tale en kulture in Suid-Afrika. Dit sluit vanselfsprekend
Afrikaans (wat ook al die historiese redes daarvoor) in.

Die meeste van die kwessies wat Du Plessis opper, hou met
ontwikkeling verband. En juis  in hierdie verband het ek self (vanweë my
werk oor die afgelope dekade) ervaar hoedat 'n kennis  en erkenning van die
taal- en kultuurkontekste van gemeenskappe in landelike gebiede 'n groot
verskil in wedersydse kommunikasie en suksesvolle ontwikkelingsinisiatiewe
kan maak.  Daarenteen het ek meegemaak dat mense wat hulle boodskap
uitsluitlik in Engels probeer oordra  en net in dié taal kommunikeer,
meermale net bepaalde voorgeskrewe rituele nakom. By die  landelike mense en
hulle behoeftes word daar nie uitgekom nie.

Ek kan ook nie vergeet van die duisende immigrante (waaronder vroue
met kinders) uit ons  buurlande wat by klinieke aanklop waar personeel
dikwels nie in hulle taal kan kommunikeer nie  of die gesondheidspamflette
en -brosjures in 'n taal is wat vir hulle ontoeganklik is. (Baie van
hierdie immigrante praat tale soos Xitsonga en Tshivenda, wat amptelike tale
van Suid-Afrika is!)  Boonop gebeur dit in vele van die
voorgeboorte-klinieke waarvan Du Plessis praat. In die  verskaffing van
primêre gesondheidsorg en die behandeling en bekamping van onder meer
HIV/vigs is taal en kultuur 'n belangrike faktor.

'n Deel van die gesprek oor veeltaligheid in Suid-Afrika gaan oor
mense se reg om in hulle  moedertaal onderrig te ontvang. In die lig van die
wye erkenning van die belangrikheid van  moedertaalonderrig lyk Praag se
inisiatief nie vir my verkeerd of na 'n verkwisting van "kosbare  energie"
nie. Die ongeletterdheidsprobleem onder Afrikaanssprekendes kan in 'n groot
mate op  dié wyse aangespreek word.

Vanweë sy geskiedenis is Afrikaans eenvoudig in 'n beter posisie as
ander Suid-Afrikaanse  tale om die stryd om die inheemse tale te voer.
Afrikaans kan dus gesien word as 'n voorloper vir  hierdie stryd en nie as
die énigste taal in die stryd nie. Die bevordering van Afrikaans moet dus
nie bloot gesien word as 'n pleidooi vir die bevoorregting van Afrikaans
nie, maar as 'n pleidooi vir  die bevordering van al die inheemse tale.

Ons het taal- en kultuurregte nodig vir 'n beter en voorspoediger
Suid-Afrika; en almal, ook  dié Afrikaanssprekendes wat tot dusver bevoorreg
was, moet die geleentheid gegun word om 'n  bydrae te lewer en 'n
volwaardige rol te speel. Dit kan (en sal, glo ek) uiteindelik tot voordeel
van  die hele gemeenskap strek.


Johann Lodewyk Marais

boontoe

Dan Roodt, 03/04/2000: Brief aan The Sunday Independent

Dear Sir,

I shall avoid commenting too lengthily on Hansie Pienaar’s survey of the Klein Karoo Kunstefees, except to say that it is extremely cursory and focuses on the non-issue of competition between schools for selling pap en wors on a rugby field. An obsessive observer of subliminal racism which would do a Barney Pityana proud, he finds a little racial epic everywhere he looks. Perhaps next year he might graduate to some form of simple-minded Freudianism and may see in the boerewors a phallic symbol unveiling or shall one say deflowering the mysteries of patriarchy. For someone striving hard to come across as politically correct, I feel obliged to point out to him that the word "coloured" is felt by many to be a racial slur and that he should have refrained from using it no less than five times in his article. The Human Rights Commission should be informed of this very overt usage of a racist term which no doubt conceals some darker motive.

As far as I recall Mr. Pienaar once aspired to become an Afrikaans author. Having abandoned such noble ambitions to become a hack journalist for a paranoid anti-Afrikaans rag like the Sunday Independent, he now attempts to cast me in a light which his fanatically English colleagues would be able to salute as corresponding to their stereotype of the dumb dutchman-cum-fascist of which Eugene Terreblanche, that favourite of all rooinek journalists, is the apotheosis.

Firstly, Mr. Pienaar has not checked any facts and confounds my talk on globalization given on Monday morning with another relatively frivolous debate during the afternoon in which I objected to the smirks and jeers of what afterwards came to be known as an opposing juigkommando in the front row. As to my Nietzschean reading of globalization and comments on the level of the NASDAQ being a sign of faith in the technological hereafter, I fail to see why he considers this kind of reflection a "setback". Unless he happens to be a religious fanatic who objects to Nietzsche or otherwise feels that too much thinking in Oudtshoorn might adversely affect the kind of ethnocentric stupidity that he and the Sunday Independent evidently hold dear.

I am totally perplexed by his description of me as the "darling of right-wing think-tanks in Pretoria". Apart from commending Mr. Pienaar for the exercise of the very little imagination that he seems to have in coming up with this belated attempt at fiction, I can only guess that he might also be referring to the monthly Filosofiekafee held on Church Square. Clearly ignorant of what the word "philosophy" means, I would suggest some elementary definitional training for Mr. Pienaar, lest he further pollutes our semantic universe with his inanities. For a start, the American platitude "think-tank" does not adequately describe what is really an informal salon dedicated to the discussion of mainly French and German philosophy, as well as its relevance for our own thought. As regards the idea of "right-wing", I gather that he subscribes to the fairly commonly held notion amongst the more xenophobic members of our English-speaking population that any utterance in Afrikaans, whether literary, philosophical or otherwise, is "right-wing" per se. This is often invoked to justify current attempts to ban, eradicate or otherwise contain the usage of Afrikaans in favour of English, notably by the Minister of Justice, Spoornet, and the Department of Public Works, all of whom have been criticised by PANSALB for acting unconstitutionally.

I am on record as speaking out against these manifestations of language fascism. What makes the looming prospect of a totally English South Africa even more nightmarish, is that we may be one day reduced to the logic of someone like Mr. Pienaar, who seems to have developed an irrational fear of the finesse and brilliance of our local culture (so much in evidence at the festival), and therefore opts for the age-old colonialist tendency to caricature the natives or in his parlance, the "coloureds". I defy him or any of his fellow hacks at the Sunday Independent to defend their moronic prejudice against Afrikaans and Afrikaans-speakers in any written forum where I would have the right of reply.

Dan Roodt

boontoe
 

Dear Sir,

Perhaps your invitation to contribute to an exchange of views on South Africa’s language policy was an April fool’s joke as it was published on 1 April. Forgive me if I am stupid enough not to have noticed the irony.

Any overseas visitor to this country who touches down at Johannesburg International Airport with its English-only signs, drives into Johannesburg seeing unilingual English signboards and books into his hotel where everything will be, once again, exclusively in English, will be forgiven if he thought he was visiting some sort of satellite American country. This impression will be further enhanced if he has any dealings with the state which has for all practical purposes become English as well. Minister Penuell Maduna, for one, has taken the far-reaching decision that henceforth only English will be used as a legal language in our country.

The current period in South Africa’s history must rank with 1902-1910 when the imperial British influence was so strong as to obliterate the presence of any other language or culture. Instead of Empire, the ideal is now the Globe where, according to your news editor, Mr. Edwin Naidu, "English is the universal language". Pardon my ignorance once again, but I did notice a few heretics still speaking French, Italian, German, Japanese, Mandarin, etc., but perhaps these are the backward non-globalized sections of those populations.

The effect of the current anglicisation drive has been to alienate 95% of South Africans, i.e. the non-English, from the state and official culture. We are being ruled and administered by a nomenklatura of "global people" who care nothing for our languages and treat us with ill-disguised contempt. White English academics, many of whom reside in the United States and Britain, have gone so far as to define any literature written in a language other than English as non-South African.

Current attempts to supply a bureaucratic smokescreen for this state of affairs, such as a Commission for Language Rights, will do nothing to alter the fundamental problem of our colonial relation to the "Globe" which considers us to be culturally empty, ready to be filled up with Coca-Cola, McDonald’s and trashy bestsellers, not to mention American TV serials on SABC3.

The current explosion of books, plays and philosophical essays in Afrikaans is a symptom of the revolt which is brewing in that language, and which will soon spread to the other indigenous tongues. The power of language as expressed in our poetry and stories, as well as the identities we have inherited from our ancestors, are much stronger than the much-vaunted dominance of commerce and the universal commercial language by which we are bludgeoned into submission. The recent case where an employee of Spoornet was prohibited from speaking or writing Afrikaans at work is an example of how desperate the purveyors of English are to enforce their undemocratic dominance.

A report commissioned last year by the SABC found that even English-speakers were alienated from the largely Americanized culture pumped into their living rooms via TV, and that they missed the good Afrikaans dramas from the past which referred to a local reality and portrayed healthy values removed from the crass materialism and absurd car chases of the global product.

I call upon all South Africans to give voice to our alienation from this English state with its Orwellian ambition to reduce us to colourless global people who will be "communicating" like telex or fax machines, but who will have lost that which makes us human, which is our linguistic and cultural identity. Every poem, every joke encoded with references incomprehensible to the Globe, every novel, every piece of theatre or philosophy produced in a local language and idiom, will serve to undermine the cultural oppression which we all feel sharply. Let us consign the archaic nationalist ideal of nation-building to the scrapheap, and construct our own identities in our own languages. Local, not global, is lekker.

Dan Roodt

boontoe

Ernst Marais, 03/04/2000: Afrikaans naas Nederlands en nie net in kombuis nie.

In antwoord op Tim Lauwers en ander se betoog dat Afrikaans moet terugstaan vir Nederlands as kultuurtaal en slegs as omgangstaal (kombuistaal?) voortbestaan, die volgende:

Woorde verander van betekenis, nuwes word geskep

Met tyd het goeie Nederlandse woorde se betekenis in Afrikaans totaal verander. As Tim die volgende in standaaardnederlands sou vertaal en aan ‘n Afrikaner sou sê: "Koos is ’n hondeteler; sy vrou speel met haar kat" sou Koos dalk nie te vriendelik reageer nie. (Vir die oningeligte Afrikaners: die goeie Nederlandse woord vir teel is ook die universele f-woord.)

Afrikaners het ook nuwe woorde soos gatvol geskep. Dit spreek ‘n gevoel wat moeilik vertaalbaar/ verduidelikbaar in ander tale is maar waarvan die betekenis en gevoelswaarde duidelik vir elke Afrikaner is.

Nederlanders is skynheilig en opportunisties

Dit is ongelukkig die persepsie van baie Afrikaners. Ek het onlangs ‘n boek gelees wat deur ‘n Russiese verpleegster geskryf is wat aan die Russies-Nederlandse Ambulans verbonde was gedurende die Anglo-Boereoorlog. Die beeld van die Nederlanders wat daaruit kom is allermins vleiend: hooghartig en sonder veel deernis teenoor die Boere en die inheemse bevolking.

Paul Kruger het baie Nederlandse amptenare teen groot koste ingevoer. Tipies van hul houding was dié van ‘n jong bankamptenaar in sy briewe aan sy familie in Nederland. Daarin beskryf hy die agterlike Boere. Met die uitbreek van die oorlog kon hy nie vinnig genoeg terugvlug nie.

Vir bykans 50 jaar het Nederlanders hoog-heilig hul rug op Afrikaners en Afrikaans gedraai. Dit ten spyte van hul eie minder as volmaakte geskiedenis gedurende die Tweede Wêreldoorlog.

Gestigmatiseerde Afrikaans??

Praat Nederlands en ontkom van die stigma van Afrikaans en Apartheid. Wat ‘n klomp stront. Waarvoor moet Afrikaners en Afrikaans beskaamd wees? Gedurende die afgelope eeu het die swart bevolking gegroei van 3.5 miljoen tot 30 miljoen onder hoofsaaklik Afrikaner bestuur. Teen 1976 was die slaagsyfer onder swart matrikulante reeds 80%. Of moet ek as Afrikaner vir ewig in die verdoemenis wees omdat 21,000 persone in politieke geweld sedert 1948 gesterf het waarvan 14,000 vir die tydperk 1990 tot 1994 in hoofsaaklik swart-op-swart geweld?

As daar ooit ‘n taal van onderdrukking is, is dit Engels. Tog gaan Engels van krag tot krag.

Nee Tim, Afrikaans naas Nederlands maar nie weer terug na die kombuis nie.

Ernst Marais

boontoe

Peter Louw, 24/03/2000: Oor die "primitiewe kultuur van Afrika"

Graag reageer ek op die brief van R F Hahn.

Dankie, Reinhard, vir jou brief in pragtige Nederduits. Dit beklemtoon die onderliggende verwantskap wat ons tale met mekaar deel, en dui ook op die toenemende belangstelling in Afrikaans vanuit Europa.

Die artikel deur Van Wyk Louw waarin die woorde "primitiewe kultuur van Afrika" voorkom, is bykans 'n halwe eeu gelede geskryf. In die konteks het dit geensins 'n negatiewe betekenis nie. Dit dui bloot op een van ons kulturele erfenisse en word dus juis as positief gesien. Dit is nie 'n beskrywing van moderne Afrikakultuur nie, maar van die historiese Afrikakultuur vanaf die oomblik waarop Afrikaners vir die eerste keer met die inheemse bewoners van Afrika in aanraking gekom het. Ek meen dus nie dat die uitdrukking in stryd met die gedagte van 'n moderne liberale nasionalisme is nie.

Van Wyk Louw het hier breedweg oor kulturele strominge geskryf. Daarom het hy in die algemeen na Afrikakultuur verwys, net soos wat hy breedweg praat van "die gemeenskaplike Wes-Europese kultuur". Hy sou ongetwyfeld met jou saamgestem het dat daar binne Afrika sowel as binne Suid-Afrika ook afsonderlike Afrikakulture bestaan.

Met vriendelike groete

Peter Louw

boontoe

Amanda Strydom, 23/03/2000: Vryheid van spraak, stem en liriek
  
Ek is nie 'n intellektueel nie, so sit my maar in detensie vir vrot verbalisering. Die wêreld is my woning nie, maar ek sou hierdie woorde nie kon skryf as ek nie oplaas vrede gemaak het dat ek 'n Afrikaner is nie, daarom pleit ek dat ons oplaas sal erken:
 
Dat Engels wel die universele taal is, ( Wake up,my volk! ) maar dat ons met passie en eerlikheid kan opstaan vir dit wat ons die afgelope paar  jare  probeer regstel - daar is derduisende Suid Afrikaners wat net in één taal gemaklik kan kommunikeer - hetsy ons bruin, boesman, swart of wit is  - in HIERDIE SUIDERLAND - AFRIKAANS !
 
Waarom moet ons baklei vir 'n taal wat, solank sy gepraat word, ALTYD LEWEND  sal bly? Spoornet of Transnet, die hero Rautenbach - laat my voel dat ons baklei teen 'n uitwissing! Bullshit! Solank daar siele soos Breytenbach, Deon Opperman, Rautenbach, Koos Kombuis, NATANIÉL, Johannes Kerkorrel, Valiant Swart, Anton Goosen, Brasse vannie Kaap, David Kramer, Daleen Mathee, Rachelle Greef, Hennie Aucamp, Lucas Malan, Daniël Hugo ( hier gaan ek my vasloop teen die geniuses wat ek nié genoem het nie - maar hulle weet wie hulle is )
WÁÁROOR die tromgeroffel? DIE OPMARS NA DIE "WYSES"??? PRAAT, SING, SKRYF EN DÓÉN IN ONS TAAL.
 
Dis ál wat sy vra  - koester en streel haar soos 'n minnaar, en sy sal  kóm.
 
Need I say more? Ek groet met 'n song van Stef Bos - die eerste vers en koor in Nederlands, dan in die taal van my hart -
 
Kijk, de son staat aan de hemel
dit is het einde van de nacht
Ik was verdwaald in de donker
Ik vond mijn weg terug op de tast
Vroeger was ik rijk aan woorden
Ik ben verstild, ik ben veranderd
maar mijn stem, mijn stem bleef branden
dit is het vuur,jij mag je warmen
 
Hoor de taal van min hart
hoor de taal van mijn hart
Ook al klink ik soms gebroken
Gebroken en verward
Het is de taalvan mij hart
 
( Dan my vertaling vir die volgende versies)
 
Ek het my spieëlbeeld sien val
ek lê aan skerwe op die grond
ek het myself leer ken
as heldin, en as 'n hond
daar is nou bitter  min oor
van al my woede en geweld
maar ek ken nou ook my donker kant
en ek het vrede met myself
 
Ek sing die taal van my hart
hoor die taal van my hart
en al klink ek soms gebroke, gebroke en verward
dit is die TAAL  van my hart.
 
Hierdie liedjie kan jy hoor in ons opvoering :
"Strydom en Zietsman - in Alfabetiese Volgorde" by die KKNK.
 
En nou mag ek nie verder vertel  nie.
 
Allerliefs,
 
Amanda
 
Ons sê dankie vir Amanda dat ons haar liedjie "Hoor hoe brom die Wind" uit haar album "Vrou by die Spieël" op ons webwerf mag plaas.

boontoe

R F Hahn, 23/03/2000: Moderne liberale nasionalisme wat praat van 'n "primitiewe Afrikakultuur" is 'n weerspreking.

Stefaan schreev:

 In Zuid-Afrika is de taalstrijd is ontbrand... Een woordje van steun en begrip van Nederlands- en Platduitssprekers is ongetwijfeld meer dan ooit op zijn plaats. De Vlamingen onder de lijstleden weten wat het is in zijn taalrechten aangevallen en miskend te worden; vooral de Brusselse Vlamingen ervaren dergelijk onrecht nog dagelijks...

 Bedankt, Stefaan.  Düt is orrig intressant.  Dat is man 'n Jammer, dat
de Afrikaanse Spraak politiseert wardt un nu an de Sied schall.
 De Uproop is man bloots för Süüd-Afrikaners, nich för Butenlanners.
 Ik heff mie de Nettsieden vun PRAAG kort ankeken.  Peter Louw sien
Artikel "Moderne liberale nasionalisme" (http://www.praag.org/opstelle4.htm#) is
 schients 'n Pledoaje för 'n Afrikaner-Natschonalismus aan [zonder/without] Rassismus, so as Van Wyk Louw em vörslaan hett, t.B. ...
 
 "Een of ander tyd sal ons ons eie naam moet terugeis en daarop moet aandring dat Afrikanerskap - wat wit, bruin of swart Afrikaanssprekendes kan insluit - nie 'n sinoniem vir rassisme is nie. 'n Volk wat vir sy eie naam skaam is, 'n skaamte wat in die eie naam weerspieël word - hoe goed is dit vir ons kollektiewe selfbeeld? Seer sekerlik is daar óók rassistiese Afrikaners maar kan ons ad infinitum toelaat dat 'n minderheid die naam net vir hulleself opeis?"
 
 Man denn stait daar ook noch düt:
 "Ons kulturele erfenis bestaan uit vier stromings: "(1). Die gemeenskaplike
 Wes-Europese kultuur - die wat ons saam met die hele Weste vanaf Italië
en Spanje tot Skandinawië besit. (2). Die spesifiek-Nederlandse - Hollandse en Vlaamse - deur ons taal. (3). Die spesifiek-Engelse, deur 'n saamwoon van 150 jaar in hierdie land. (4). Afrika: ons ervaring hier, en die PRIMITIEWE KULTUUR VAN AFRIKA." Dit is dus 'n breë, inklusiewe omskrywing." (Mien Grootschrieven)
 Hett "primitiewe kultuur van Afrika" in 't Afrikaanse 'n anner, positiewer Bedüden
as neddersassisch (nedderdüütsch) "primitiewe Kultuur vun Afrika" or ingelsch "primitive culture of Africa"?
1) "Primitiew" is vundagigendaags in de meersten Spraken heel negatiew,
 besünners in Verbinnen mit "Kultuur", un dat Bruken vun "primitiewe
 kultuur van Afrika" in Verbinnen mit "moderne liberale nasionalisme" kümmt mie as 'n Wedderspröök [contradiction] vör.
 2) In Afrika, un al in Süüd-Afrika alleen, gifft dat meer as een Kultuur, ook meer as een "afrikaansche" Kultuur.
 
Heff ick dat Allens bloots in 'n verkeerten Hals kregen [misunderstood]?
 
Gröten,
Reinhard/Ron

Lieve van Onckelen, 23/ 03/2000: Afrikaans dra die naam van die kontinent.

Ik, Lieve Van Onckelen, wil graag vanuit Vlaanderen de petisie voor het herstel van Afrikaans als ambtelijke taal ondersteunen. Afrikaans is immers zeer verwant aan ons eigen Nederlands en verdient zeker alle achting en waardering. Een Afrikaner-vriend heeft me ooit gezegd dat Afrikaans de enige taal is die de naam van het continent in zijn benaming draagt en dus ook al daarom waardevol is. Misschien een argument om verder te gebruiken.

Succes met uw actie voor het Afrikaans. 

Lieve Van Onckelen, Van Schoonbekestraat 20/2 2018 Antwerpen Vlaanderen.

P.S. Ik word graag op de hoogte gehouden van uw actie, best via elektronische post. Dank bij voorbaat.

boontoe

Stefaan Vermeire, 22/03/2000: Eentaligheid is rampzalig.

Beste Afrikaner Vrienden,

Alhoewel jullie ver wonen, koesteren we jullie nog altijd dicht aan ons hart. De ontwikkelingen in Zuid-Afrika bekijken velen van ons Vlamingen dan ook met gemengde gevoelens en delen in het leed en de pijn die vele rechtgeaarde Afrikaners voelen. Alhoewel niet alles negatief hoeft bekeken te worden, gaat er toch veel de verkeerde kant uit sinds de machtsovername door het ANC: op economisch vlak bolt Zuid-Afrika snel en schrikwekkend achteruit, de onveiligheid en misdadigheid nemen hand over hand toe en, zo ik de nieuwsberichten mag geloven, ook corruptie begint zich als een kankergezwel in de administratie en regering te ontwikkelen. Bovenop dit alles komt nog dat het Afrikaans stelselmatig achteruit wordt geschoven en in haar status van officiële taal van de Republiek, naast het Engels,  aangetast. Deze taalpolitiek van de regering is er een van kortzichtigheid en ideologische vooringenomenheid. Afrikaans is immers niet alleen de moedertaal van de Afrikaners, maar ook van een niet onbelangrijk aantal zwarten en kleurlingen. Daarenboven is het in de praktijk nog steeds de tussentaal voor een groot aantal zwarten binnen en buiten de grenzen van Zuid-Afrika, Namibië meer in het bijzonder. Daarenboven is het behoud van twee officiële talen, Afrikaans en Engels, met gelijkwaardige status een blijvende oproep tot veeltaligheid, iets wat de Zuid-Afrikaanse economie en culturele ontwikkeling in ruime mate vergroot. Eentaligheid is rampzalig gebleken op lange termijn; wetenschappelijk onderzoek in de VSA lijdt momenteel aan die kwaal waardoor men geen toegang meer heeft tot anderstalig wetenschappelijk werk. En tenslotte, en toch niet minder belangrijk, is Afrikaans de taal van de Boeren die Zuid-Afrika concreet vorm hebben gegeven, dit wondermooie land hebben gesticht en het naar een peil hebben gebracht dat kan wedijveren met de meeste West-Europese landen. En dat is een unicum in Afrika!

Het valt me dan ook niet moeilijk uw taalpetitie te ondertekenen en de inhoud ervan tenvolle te onderschrijven! Afrikaans is de taal van de toekomst, vooral door haar levendigheid, haar scheppingskracht en haar vindingrijkheid.

 Afrikaners, houd vast aan uw erfenis. Zoals eens een groot Vlaming schreef: "Het uur der volkeren slaat maar eens!" Nu is dat uur gekomen, grijp uw kansen, strijd voor wat u lief is en put inspiratie en kracht uit uw roemrijk verleden!  

Vlaamse groet,

Stefaan R.W. VERMEIRE

boontoe

Tim Lauwers, 22/03/2000: Afrikaans as aparte taal is boerebedrog....

Denk oor die volgende eens na: "Volgens die jongste navorsing gaan 90 % van die huidige tale in die wêreld binne die volgende eeu uitsterf. Dit is die kleintjies wat eerste verdwyn. Die grotes staan agter in die ry. Met Afrikaans as aparte kultuurtaal is ons by die kleinste tale van die wêreld. Laat ons bymekaar voeg wat by mekaar hoor: met 6 miljoen Afrikaners + 16 miljoen Nederlanders + 6 miljoen Vlaminge + 1/2 miljoen Surinamers is ons by die grote ( en seker ekonomies sterke )tale van die wêreld en sal ons oorleef."

Afrikaans is geen aparte taal, Afrikaans staat dichter by Nederlands dan andere Nederlandse of Vlaamse dialekte. Om dat te bewijzen zal ik de rest van mijn brief in standaardnederlands schrijven en jullie zullen zien dat jullie dit perfect verstaan. Afrikaans als aparte taal is boerebedrog en lijdt tot een gegarandeerde nederlaag als je het met die taal wil opnemen tegen Engels en de andere negen talen van Zuid-Afrika.

Nu zeggen jullie: maar wij houden van onze taal ! Wij willen onze taal niet kwijt, want zij is de taal van het Afrikanervolk ! Weeral verkeerd !

In welke taal hebben jullie de 16 december-gelofte afgelegd ? 

Nederlands Wat was de taal van Piet Retief, Kruger, Verwoerd,...? Nederlands Wat was de taal van Jan Van Riebeeck ? Nederlands. Met welke taal hebben jullie de "Groot Trek" aangevat ? Nederlands Met welke taal hebben jullie de Anglo-Boereoorlog gestreden ? Nederlands Wat was die taal van Apartheid ? Afrikaans ! Die enige mogelijkheid om aan die stigmatisering van Afrikaans te ontkomen is het heropnemen van de Nederlandse kultuurtaal. "Tot en met 1925 was Nederlands so deel van die Afrikaner soos pap en Boerewors. Die taal was koesterend aan die hart gedruk.Hy was van ons. Hy was eiegoed." (lees die boek "Afrikaans hoort by Nederlands" van Petrus van Eden van 1998)

Mijn voorstel: gebruik Nederlands als Kultuurtaal en Afrikaans als omgangstaal en jullie staan zoveel sterker ! "In die Nederlandse taalgebied word tans ongeveer 20.000 boektitels per jaar op die mark gebring. In Afrikaans sowat 3.500." Daar zijn Nederlandse rekenaarprogramma's,  tientallen Nederlandse universiteiten, meer als twintig exclusief Nederlandse TV-zenders,... Hoeveel Afrikaanse ? Ek besluit met Petrus van Eeden: ( en denk hierover diep na, dit kan jullie redding wees !) "Ons taalskeing met Nederlands het vir ons geen verryking ingehou nie en is 'n tragiese gebeurtenis in ons taalgeskiedenis."

Groete,

Tim

boontoe
 

Chris de Lange, 21/03/2000: Diskriminasie teen my moeder-taal in KZN
 
Ek is 'n senior staatsamptenaar in KZN. In hierdie provinsie vier diskriminasie teen Afrikaans hoogty.
 
GEEN inligtingstuk of omsendbrief word in enige taal behalwe Engels opgestel en versprei nie! Die briefhoofde het meestal die inligting in Afrikaans en isiZulu, maar daar stop dit - ALLES is net Engels! En moenie dink die Zulu's is daaroor bekommerd dat hulle taal ook skade ly nie, nee, hulle is die voorbokke want dikwels sal hulle met mekaar in Engels kommunikeer, al is daar geen anderstalige wat aan die gesprek deelneem nie.
 
In geen vergadering of werkswinkel word enige ander taal behalwe Engels geduld nie. Ek het in my voortvarendheid en naïwiteit probeer om Afrikaans in 'n vergadering saam met my direkte kollegas te praat ... op watter gemors het dit nie uitgeloop nie! Ek is "ingelig" dat die "amptelike taal van kommunikasie van die Departement van Onderwys in hierdie provinsie is Engels"!
 
Ek is jammer om te sê, maar die grondwet van hierdie land (in meer opsigte as die taalkwessie, maar dit nou daar gelaat) is nie die papier werd waarop dit gedruk is nie. Afrikaans was nog nooit slegter daaraan toe nieteenstaande die feit dat by die KODESA's al "belowe" is dat Afrikaans niks van sy status sal verloor nie ... HA! Wat 'n klug! Wie weet beter as ons dat presies die teenoorgesteld gebeur het?!
 
Chris de Lange
KZN

Bekommerde PRAAG lid, 15/03/2000: Rassisme in die Staatsdiens.

 Ek is verbonde aan 'n staatsdepartement en ontvang die ander dag 'n personeelverslag waarop al my persoonlike data  verskyn. Aangeheg aan die verslag was 'n skriftelike opdrag om die uitstaande inligting te voltooi en so spoedig moontlik terug te stuur aan die betrokke personeelkantooor. Dit word duidelik gestel dat dissiplinêre stappe sal volg indien die opdrag nie uitgevoer word nie.Die uitstaande inligting op my personeelverslag was die volgende:

1. Moedertaal

2. Etniese groep

3. Populasie groep

Ek het nie 'n probleem om my moedertaal te noteer op 'n amptelike dokument nie, maar as dit gekoppel word aan etnisiteit en 'n spesifieke populasie groep (wat etniese groep en populasie groep ook al mag beteken) en terselfdertyd word jy gedreig met dissiplinêre optrede indien jy nie die inligting verskaf nie, is daar iewers 'n moerse skroef los in hierdie land.

Miskien is daar meer ingeligte PRAAG lede wat 'n voorstel wil waag wat ons nou te doen staan.

Bekommerde PRAAG lid

(Ek hoop daar is begrip vir my anonimiteit)

Op soortgelyke vrae is daar in die verlede ingevul "Member of the human race" of vry vertaal, "Lid van die menslike ras" waarop dissiplinêre stappe dan seker gaan volg. Sou dit te veel gevra wees as die betrokke departementshoof redes verstrek waarvoor hierdie inligting nodig sou wees? Indien dit sou lei tot diskriminasie soos onder die huidige Grondwet, behoort die betrokke departementshoof daarop gewys te word. PANSAT en die Menseregtekommissie kan ook in kennis gestel word

boontoe

Rudolph Jas, 10/03/2000: Fransman stem saam met taalpetisie.

 
Ek, Rudolph JAS uit Frankryk, vereenselvig my met die Taalpetisie.
 
Ek is van oordeel dat Afrikaans volledige erkenning moet geniet in Suid-Afrika. Die Suidafrikaanse regering moet besef dat vele Europeane soos Nederlanders, Vlaminge,Wale, Nederduitsers, maar ook Franse uit Fransvlaandere die Afrikaanse taal gebruik om met hierdie land te kommuniseer en danksy die taalmedium met behulp van die Internet inligtinge uit hierdie land kan verwerf. Deur Afrikaans stap vir stap te verban, sal die Suidafrikaanse regeling die kulturele et ekomiese bande met Europa verder doen verswak en homself van die westerse wêreld verder isoleer.
Indien Suid-afrika sy leiersrol op ekonomies gebied op die Afrikaanse vasteland wil behou en 'n modelstaat wil bly vir die andere Afrikaanse lande, dan behoort sy eers haar eie grondwet en die daaruit voortvloeiende taalregte te respekteer. Elkeen het die reg om in sy eie taal toegespreek te word en in sy moedertaal onderwys te ontvang. Dit het in die Canadese provinsie "Québec" gebeur, dit het in Vlaandere gebeur .......... Dit gebeur nogtans in baie Westerse lande.

R. JAS
PARIS - FRANCE

Jaco van Tonder, 09/03/2000: Laat jou geld praat

Dit is goed en wel om staatsorganisasies te druk om ook Afrikaans te gebruik, maar wat van die vele privaat maatskappye wat Afrikaans misken.

Die nuwe administrateurs van my voorsorgfonds het my onlangs welkom geheet (in Ingels) en ook 'n opsomming van my voordelestaat saam gestuur (in Ingels).

By navraag het Mnr Eric Visser, uitvoerende voorsitter van PSG CHANNEL MANAGEMENT SERVICES, gesê dat Ingels die taal van besigheid in SA is, en dat dit die taal is wat deur sy maatskappy gebruik word. Indien hulle sodanige versoek ontvang van die trustees van die fonds, sal hulle oorweeg om met my in Afrikaans te korrespondeer, egter teen 'n hoër administratiewe fooi. Ondanks besware van my, het mnr. Visser volgehou dat Ingels die standaard taal in sy organisasie is. Die standaard
mistastings: As hy dit vir Afrikaans-sprekers moet doen, moet hy dit ook vir Zoeloe-sprekers doen. Ingels word deur almal verstaan, ens., ens.

Ek weier om maatskappye wat Afrikaans misken te subsidieer, en soek dus nou na 'n ander maatskappy wat kan voldoen aan my redelike vereistes vir goeie diens.

Ons Afrikaanssprekendes het miskien nie politieke mag nie, maar ons het ekonomiese mag, en ons moet dit begin gebruik.

Laat jou geld praat!

Jaco van Tonder

boontoe

Johann Rossouw, 02/03/2000: Taalvernietiging in die naam van "rules that are practical and feasible"

Die hele absurde verhaal van hoe Spoornet mnr. Lukas Rautenbach behandel het (Beeld 99/3/2), sowel as die feit dat Rautenbach dit blykbaar van meerderes in Spoornet wat sy medemoedertaalsprekers is, moes ontgeld het, laat 'n mens verstom. Hierdie is 'n uitstekende voorbeeld van hoe die ideologie van doeltreffendheid - taalvernietiging in die naam van "rules that are practical and feasible" - waarvoor vele bestuurslui so  lief is, geboemerang het. As ondersteuner van PRAAG wil ek dit duidelik aan Spoornet stel dat ons sit en kyk wat hulle beplan om in opvolg tot PANSAT se uitspraak ten gunste van Rautenbach te doen. Dis eenvoudig skandelik dat mede-Afrikaanssprekendes soos Rautenbach se meerderes so kon kapituleer. Spoornet was oor baie jare 'n organisasie wat 'n  belangrike bydrae gelewer het om met die skepping van tegniese taal  Afrikaans as nasionale bate uit te bou. Intussen, mnr. Rautenbach, wil  ek jou gelukwens met jou optrede, jou uitnooi om by PRAAG aan te sluit en jou verseker dat mense soos jy vir jou dapperheid in die nuwe  taalstryd onthou sal word.

 Johann Rossouw

boontoe

Dirk van der Weshuizen, 24/02/2000: Moenie TE ordentlik wees nie.

Dit is opmerklik dat daar heelwat geleerdes en ander belangrikes is wat reken dat dit ongeregverdig is om aan te dring op Afrikaans se regmatige plek omdat Engels dan nou 'n internasionale taal is en "deure" na buite oopmaak. Engels maak in Japan ook deure na buite oop, maar die Japanse regering dring nie daarop aan dat Engels oral in gedwing word nie.

 

Dan Roodt behoort 'n medalje of een of ander ere toekenning te kry omdat hy nou regkry wat heelwat praters vantevore nie kon doen nie, nl om die Afrikaans- sprekendes te mobiliseer sonder dat hy probeer om in 'n politieke baadjie te pas.

Die metode was 'n tipiese bemarkingsbenadering wat sou reg laat geskied aan enige sake onderneming se bemarkingsaksie.

 

Die hele aksie moet onkonvensioneel wees, dan sal dit die meeste aandag trek. Selfs 'n ontkleedanseres voor die Uniegebou is in die haak indien dit die aandag van die media sal trek.

 

Die negatiewes moet net besef dat deur TE ordentlik te wees, ons niks sal wen nie. Dit beteken nou ook nie dat ons onsmaaklik onmanierlik hoef te wees nie. Die kat hoef nie noodwendig in die melk verdrink te word nie. Daar is ander maniere ook.

 

As 'n mens terug kyk na ons geskiedenis dan sien ons dat die ANC nou onlangs nog (tussen 1990 en 1994), nadat vryheid alreeds verkry is, met mening ingeklim het (massa- & gewapende aksie) om die "struggle" persepsie na die buite wêreld te sein. Dit was goeie bemarkingsstrategie, want niemand het later meer na die feite gekyk nie - slegs na die propaganda. Kom ons gee hulle van hulle eie mediseine sonder dat ons winkels en skole afbrand!

 

'n Bietjie verder terug sien ons dat die Jingos (Engelse patriotte) gedurende die vyftiger jare die strate in gevaar het met hulle "torch commandos". Waarom kan ons nie ook een of ander aksie loods nie?

 

Lekker betoog!

Dirk van der Westhuizen

boontoe

Willem Vos, 23/02/2000: Opgawestate en belastingvorms voortaan slegs in Engels.

Graag wil ek die volgende voorbeelde van Regeringsinstansies, wat besig is om Afrikaans uit te faseer, onder u aandag bring:

 

  1. Die Vergoedingskommissaris (wat 'n onderafdeling is van die Departement Arbeid) het onlangs 'n besluit geneem dat hulle voortaan slegs Engels gaan gebruik in hulle handelinge met die breë publiek. Sake-ondernemings wat dus vroeër hulle jaarlikse opgawestate, ens. in Afrikaans ontvang en ingedien het word dus nou forseer om te verengels.

  2. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Ontvanger van Inkomste) het besluit om alle nuwe belastingvorms, -opgawes, ens. slegs in Engels uit te reik. Hierdie besluit beinvloed egter nie bestaande belastings nie. Aangesien daar egter 'n hele nuwe reeks belastings is (bv. die nuwe Vaardighede Ontwikkelingsheffing / Skills Development Levy) word sake-ondernemings ook hier verplig om te verengels. Op die registrasievorm vir die Vaardighede Ontwikkelingsheffing, word daar nie eens meer (soos op bestaande belastings) vir jou taalvoorkeur gevra nie - Alle besighede se taalvoorkeur word outomaties aangeneem as Engels!

 

Alhoewel ek as individu klagtes kan indien by PANSAT teen die bovermelde instansies, is dit te betwyfel of hierdie instansies ooit hulle anti-Afrikaanse taalbeleid sal verander.

 

Ek is van mening dit dit veel doeltreffender sal wees om 'n drukgroep (lobby) te vorm van Afrikaanse besighede (van groot openbare maatskappye tot klein eenmansake) wat geregistreer is by o.a. die Vergoedingskommissaris en SA Inkomstediens en vertoeë te rig. As sulke vertoeë onsuksesvol is, kan hierdie drukgroep dalk selfs met 'n veldtog van burgerlike ongehoorsaamheid begin (bv. die weiering om opgawes, ens. by die Vergoedingskommissaris en SAID in te dien). PRAAG lyk vir my na die perfekte voertuig vir so 'n drukgroep.

 

 

Vriendelike Groete

 

Willem Vos

Kommersiële en Finansiële Rekenmeester (SA)

Berea, Durban

PRAAG gaan vir Minister Trevor Manuel per brief inlig oor die aksies wat gaan volg as daar nie onmiddellik ook Afrikaanse state en vorms beskikbaar is nie

boontoe

Peter Louw, 22/02/2000: Benut alle media om ons stem te laat hoor.  

Baie geluk met die nuwe webwerf ! Dit lyk baie netjies en gaan 'n groot rol speel om die verengelsing van die land teen te werk. Op hierdie webwerf gaan artikels en menings verskyn wat nêrens anders geplaas sal word nie.Terselfdertyd moet ons voortgaan om ons stem te laat hoor in al die ander beskikbare media, soos LitNet se SêNet en ander rubrieke, koerante en tydskrifte. Ons moet ons nie tot ons eie webwerf beperk nie - dan word dit te maklik 'n randgroep. Die stryd moet so gou moontlik 'n hoofstroomstryd word. Oral is daar groot simpatie vir 'n drukgroep soos ons s'n. En reeds was daar suksesse en bemoedigende tekens. Doe zo voort!

 

boontoe

Hugo Grant, 16/02/2000: Dink groot, dink vars, dink kleurloos...

Ek voel nou so aksievol dat ek iets moet sê oor die betoging. Dit moet uiters goed georganiseer word want as dit misluk, gaan dit die aksie onberekenbare skade aanrig en gaan die anglofiele lekker vermakerig wees.
Dink groot. Dit moet 'n massive rolling action (die eerste een was tog die Groot
Trek) deur die hele SA wees.
'n Betoging van Kraaifontein tot Kragbron tot Kokstad tot Kroonstad tot Komatipoort sal meer oortuig as 'n enkele
optog bv. in Kaapstad. (Omskep Afrikaanssprekers se kamtige nadelige yl geografiese verspreiding in 'n voordeel. Ons is orals, soos verwoede vlooie op 'n groot spekvetgevrete Canidae Africanus.)
Dink vars. G'n
oorhandiging van afgesaagde petisies nie. Ons bedel nie, ons gaan oor tot aksie.
Dink kleurloos. Alle bruin,
swart, wit Afrikaanssprekers moet deelneem. En dan? Dink vooruit. Die tweede golf opvolgaksies moet vooraf klaar gereël wees (bv. 30 huisvroue doen die volgende dag tamaai inkope by 'n Hyperama, maar los op 'n afgespreekte teken hul oorlaaide waentjies net so in die gange en stap uit -- dit sal Whitey Basson wakker maak as sy personeel vir die soveelste maal weer alles op die rakke moet terugpak).
Dink strategies. Ons het 'n
spreekbuis nodig, soos 'n eie webwerf. Dink R en c. Boonop, fondse is nodig. Open
'n bankrekening. Vra bydraes.
Ek gee graag aan Praag.

Groete

Na die aksie satisfaksie.

boontoe