chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

terug  na briewe

          argief:

boontoe

Dan Roodt, 13/04/2001: Brief aan KRIT

Ek is verbaas dat die KRIT  soveel gewig verleen aan die emosionele reaksie van enkele individue op my opmerkings oor die positiewe aspekte van apartheid.  Dit is gemaak binne die konteks van Afrikanerskuld, en was bedoel om die onhoudbare stereotipe wat wil hê dat apartheid ‘n vorm van nazisme was, te weerlê.

Indien dit mense ontstel, moet hulle insgelyks onsteld wees oor my boek Om die Waarheidskommissie te vergeet, waar ek die gelykstelling tussen apartheid en nazisme veel breedvoeriger bestry.  Ek kan net aflei dat die gegriefde persone nog nie my boek gelees het nie, en ek beveel dit aan as ‘n korreksie op hul fantasmagoriese blik op ons geskiedenis, met ‘n prozac of twee.

Ek is self iemand wat gely het onder die junta van Broeders en militariste wat onder apartheid dikwels ons lewens versuur het.  Dit verhoed my egter nie om rasioneel met die verlede om te gaan en dit in gebalanseerde terme te beskryf nie.

Dit sou ‘n kwade dag wees in Suid-Afrika as emosionele verontwaardiging die plek van redelike diskussie moet inneem en dat ons historiese feite moet verswyg wat nie ooreenstem met die heersende dogma nie.

Dan Roodt

boontoe

Dan Roodt, 10/04/2001: Die Engelse Demokratiese Alliansie

Volgens inligting wat versprei is deur mnr. Louis Venter van die Vryheidsfront, span die ANC en DA saam om Afrikaans te verdryf uit die Vaaldriehoek se plaaslike rade.  Daar gaan by 'n eersvolgende raadsvergadering op Vereeniging, wat deesdae bekend staan as Emfuleni, 'n mosie ter tafel gelê word waarin Engels aanvaar word as die enigste amptelike taal.  Natuurlik is dit geheel en al strydig met die Grondwet.

Water- en elektrisiteitsrekeninge word reeds sedert onlangs in die Vaaldriehoek (ofte wel Sedibeng in "newspeak") slegs in Engels uitgestuur, en die nuusbrief is insgelyks verengels.  Dit is nou in weerwil van die 95% inwoners wat òf Sotho òf Afrikaans praat, en waarvan 50% blykbaar nie Engels verstaan nie.

Die manier waarop die DA, noudat hy verseker is van Afrikaanse steun, die taal versaak om lustig mee te doen aan die ANC se kolonialistiese vergrype, is onses insiens verregaande.  Dit roep in herinnering die feit dat die voormalige DP tydens die grondwetlike onderhandelinge vóór 1994 Engels as enigste amptelike taal voorgestaan het.

Blykbaar is die DA besig om terug te keer na sy vroeëre identiteit toe die partybase vanuit Houghton en Seepunt neergesien het op die "Dutchmen" wat intussen sy stemvee geword het.  Ook mnr. Marthinus van Schalkwyk maak dikwels mens se ore seer op die radio as hy poog om mense te beïndruk met vrot-Engels, ons nuwe nasionale taal.

Op sy minste behoort die DA apologie aan te teken vir die anti-Afrikaanse houding wat hy in die Vaaldriehoek ingeslaan het, by monde van sy leier mnr. Tony Leon, wat tot onlangs toe nog taamlik gereeld Afrikaans gepraat het in 'n berekende poging om die party as Afrikaans-simpatiek voor te stel.  Indien nie, verdien die party geen steun van Afrikaanssprekendes nie, en behoort dit verdoem te word om terug te val op sy oorspronklinke Engelse steunbasis in Houghton of Constantia.

Dan Roodt

boontoe

Dan Roodt, 02/04/2001: Letter to the Editor of the New York Times

Dear Sir,

Your article on farm violence in South Africa (31 March) is so preposterous that it reminds one of the propaganda of former East European regimes.  Whereas white farmers are currently the victims of farm attacks by black criminals, you portray them as the villains.  This is the same line of argument used by supporters of the nazi's who claim that Jews deserved their fate because they were exploiting the Germans.

Your article is devoid of any factual basis, and if you can name even one incident where a farmer raped a female labourer, I will buy you a case of French champagne.  You state that "hundreds of blacks have been beaten, raped and murdered by white farm owners and managers and private security personnel".  If you can cite any names of such victims, once again, it will come as a great surprise to us here in South Africa who are unaware of anything of the sort.

Such claims have mostly been made by some government spokesmen who are embarrassed by their inability to offer even the most basic kind of protection to isolated homesteads in rural areas.  Whereas the ethnic cleansing of Afrikaner farmers who ensure the bulk of commercial food production in this country is well documented, with thousands of criminal cases of murder, assault, robbery and rape before the courts, very few cases of farmers abusing their labourers are known.  The current spate of killings visited upon farmers have nothing to do with any employer-employee relationship as the killers are usually complete strangers motivated by greed and the example of land grabbing in Zimbabwe north of South Africa.  Cultural factors also play a role, in that some blacks believe that their ancestral spirits have been angered by commercial exploitation of land.  As it is, only 7% of land in South Africa is arable, and the idea of returning to subsistence farming in the African style is simply out of the question as the black population has been multiplied by twenty in the last century, thanks to improved diet and health care.

At best you are extrapolating some of the pathologies of black-white relations in the U.S. onto South Africa.  It is, however, disturbing when a publication such as the New York Times that pretends to be a serious newspaper can get it so completely wrong on an issue about which a lot of information and research are already available in South Africa, and may even be consulted on the Internet.

Dan Roodt

Author
P O Box 3103
Dainfern
2055
tel. +27113250814 fax +27113250819
cellphone +27(0)824901036

boontoe

André Kotzé, 05/02/2001: SAL en Afrikaans

Ek het met gemengde gevoelens kennis geneem van die nou reeds bebaarde
veldtog teen Parmalat op grond van etikette op plasties houertjies (wat nie
maklik verwyder kan word nie).   Parmalat koop darem my boerevriende se melk
en as multi-nasionale maatskappy belê hulle in Suid-Afrika (vreemde valuta,
kundigheid, kruisbestuiwing ens).  In beginsel is ek sedert die dae toe
mense uit restourante gestap het as hulle nie in Afrikaans bedien word nie,
teen sulke tipe boikotte.

'n Veel meer lofwaardige poging sou wees om ons eie Suid-Afrikaanse Lugdiens
aan te spreek oor hulle onwilligheid om Afrikaanse diens te lewer.  British
Airways/Com Air praat op Maandagoggende nie-perfekte maar welkome Afrikaans
op RSG - oor Rooidagvlugte ens.  Daarenteen, kla Chris Louw (redakteur
Monitor) dat hulle nie Afrikaaanse respons op media-navrae van die SAL kan
kry nie.  BA/ComAir doen aankondigings in Afrikaans op hul vlugte en selfs
op Heathrow lughawe.  SAL doen aankondigings, slegs in Engels op die
binnelandse vlugte waarop ek en my kenisse ry.  Op Binnelandse lughawens
hoor mens slegs Engels.  Telefoniese en e-pos navrae aan SAL word konsekwent
in Engels beantwoord, selfs al praat/skryf ek in Afrikaans.  Ek is bevrees
dat SAL, soos die SABC, sonder formele boikotte, die prys vir hul taalbeleid
(politieke dienstigheid?) sal betaal.  As iemand by die SAL net kan besef
dat as hulle wil privatiseer en winsgewend wil wees, moet hulle Afrikaanse
sake-lesse by Multichoice (Kyknet en Supersport) gaan neem.

Maar die mees positiewe soort bevordering van Afrikaans is die soort wat by
die Klein-Karroo Kunstefees plaasvind.  Op die ou end sal die media-dekking
en gewildheid van die fees self sake-ondernemings nader trek en bloot op
grond van die reklamegeleenthede Afrikaans leer gebruik.


André Kotzé

boontoe

Dan Roodt, 12/10/2000: Brief aan The Guardian

 Dear Sir,

In response to Christopher Hope’s piece about the new South Africa being just like the old one (The Guardian 11/10/2000), one can only marvel at his capacity for stereotyping everything in South Africa over forty years of our history.  That is not to say that his perceptions of intolerance and a growing totalitarianism in this country are incorrect, but I am afraid Mr. Hope’s understanding is limited by his own very ethnic perspective on our problems.

The old South Africa was bedevilled by dumb people in shorts whom we know to be Afrikaners, and the new one suffers from blacks in power who wear designer clothes but do not possess the intelligence and acumen of white English liberals (like Mr. Hope).

Mr. Hope prides himself on having had his work banned by the ridiculously conservative censors of Mr. Lammie Snyman’s generation.  I secretly suspect that authors such as Mr. Hope and Ms. Nadine Gordimer bribed some poor old censor with prim values to briefly prohibit their clichéd works so as to boost the sales in the U.K. and the U.S., the markets for which they were written in the first place, and that were far beyond the reach of the South African censors.  Of course, the bannings were always overturned on appeal, but for a few months they used to be able to bask in the glory of being compared to Solzhenitsyn or some Cuban dissident rotting in a cage somewhere.

The notion that everyone got hauled away by security policemen in the old South Africa for voicing notional criticisms of government is so far removed from the truth that only the more gullible reader of The Guardian could possibly believe it.  I know of would-be Marxist revolutionaries whose crypto-communist treatises on the apartheid state were written with government subsidies from the Human Sciences Research Council.  These days the HSRC is subsidising Africanist science and will definitely not fund any research that deviates from official ideology.

In the old days people used to say that the white English liberal in South Africa “talked Progressive Party, voted United Party (the conservative English opposition) and thanked God that the Nats were in power”.  I read Mr. Hope’s eulogy of Wits University, his alma mater, with a smile.  He is probably unaware that the leading professors at that institution have recently decamped to that erstwhile citadel of “Afrikaner stupidity”, the University of Pretoria, where Afrikaner pragmatism has dealt somewhat more effectively with “transformation”.

Mr. Hope probably made a fortune out of apartheid, that silly ethnic ordering that ultimately collapsed for all the reasons we know.  However, it is becoming clearer by the day that South Africa has a serious problem of ethnic co-existence, differential value systems, as well as racial and linguistic animosities which our current “winner takes all” constitution modelled on Westminster cannot accomodate.

While Mr. Hope sneers from the colonial metropole, some of us have to try and think through the severe and difficult problems facing South Africa.  Many Afrikaners were previously intimidated by the brand of supercilious facetiousness of people like Mr. Hope who have the ear of the great Anglo-Saxon empire.  To my mind, this colonial inability to see things for what they are in South Africa is becoming self-derisory.  We may be living out our local tragedy, in all its naked violence and social decay, but the laugh is really on you, Mr. Hope, and your arrogant belief that you understand anything about South Africa at all.

Dan Roodt, Johannesburg

boontoe

Dan Roodt, 10/10/2000: Brief aan Beeld oor Carel Niehaus se anachronistiese tirade

Ná ek mnr. Carel Niehaus se anachronistiese tirade teen apartheid en die sogenaamde morele skuld daaraan verbonde gelees het (Beeld, 10 Oktober), kon ek dit nie verhelp om ‘n paar redelike besware daarteen te opper nie.  Al weet ‘n mens by voorbaat dat dit futiel sou wees.

Mnr. Niehaus meen dat “sommige wat vir apartheid gemoor en gemartel het, voor die WVK verskyn het”.  Ongeveer vierduisend of meer oortreders wat vir die ANC, PAC en AZAPO gemoor het, en wat deur die howe skuldig bevind is, is in die vrywaringswette van 1991 en 1992 kwytgeskeld en het nooit voor die WVK verskyn nie.  Hierdeur is die indruk gewek dat slegs die Veiligheidsmagte menseregteskendings begaan het, en nie ook die lede van genoemde bewegings wat o.a. deur die ou Sowjet-Unie gefinansier is en ten doel gehad het om Suid-Afrika te onderwerp aan ‘n totalitêre stelsel wat gemodelleer sou wees op dié in die voormalige Oos-Europa.

Mnr. Niehaus behoort die groothartigheid te hê om te erken dat hyself aan die illusie van die klasselose maatskappy geglo het, of miskien steeds glo en hom ewe min kan roem op ‘n vlekkelose verlede as die gemiddelde ondersteuner van apartheid.

Ek is seker ek praat namens baie as ek sê dat ek hoegenaamd nie deur apartheid bevoordeel is nie, vanaf ‘n baie vroeë ouderdom krities was teenoor die meer buitensporige elemente van die beleid, en daarom geen rede het om hoegenaamd verskoning daarvoor te vra nie.  Die gelykstelling van apartheid met nazisme deur die ANC, wat self die inval in Praag deur die Sowjet-Unie in 1968 uitdruklik gesteun het, en hom geassosieer het met die mees verdrukkende régimes ter wêreld, soos dié van Kuba of Libië, is so absurd dat dit net met minagting verwerp kan word.

Die omgekeerde rassisme wat tans geld is ten minste ewe erg as apartheid, en daarom behoort mnr. Niehaus twee keer om verskoning te vra, eenkeer omdat hy hom met ‘n stalinistiese beweging vereenselwig het en boonop wou deelneem aan stedelike terreur, en ‘n tweede keer omdat hy die openlike anti-wit rassisme van die huidige bewind probeer goedpraat.

Feit is dat Suid-Afrika die enigste land in sub-Sahara-Afrika is met ‘n redelik ontwikkelde ekonomie waaruit almal tans voordeel trek.  Selfs tydens die apartheidsera het swartmense meer motors besit as al hul eweknieë op die res van die kontinent saam.  Voeg daarby dat swartmense vir ‘n baie lang tyd slegs 3% tot die staatskas van Suid-Afrika bygedra het, terwyl miljarde rande aan die ou tuislande oorgedra is by wyse van projekte deur ontwikkelingskorporasies, asook om tradisionele leiers in styl te onderhou, en dit is duidelik dat mnr. Niehaus se moralistiese en ekstremistiese lesing van ons geskiedenis geen water hou nie.

Mnr. Niehaus se pleidooi vir “nederigheid” deur die sogenaamde “wittes” is niks minder as ‘n aandrang daarop dat hulle moet afstand doen van hul grondwetlike regte en hulself onvoorwaardelik moet onderwerp nie.  Dit kan die “Lucy-sindroom” genoem word, na aanleiding van Coetzee se Disgrace waarna hy insgelyks verwys.  Lucy se denke is dermate aangetas deur die ideologie van wit skuld dat sy Afrikanisering verwelkom, en berus daarin dat sy na willekeur verkrag mag word deur drie jong swartes in ‘n wêreld waar wetteloosheid seëvier en waar die polisie en die regstelsel gesien word as reste van ‘n immorele eurosentrisme.

Die pad na versoening in Suid-Afrika is vir die ANC en sy geesgenote soos mnr. Niehaus om af te sien van hul eie rasseteorieë en Afrikanistiese drome, en te probeer om ‘n paar van ons praktiese probleme soos misdaad, korrupsie, werkloosheid, die toestand van die paaie in die Oos-Transvaal, asook die haglike matriekuitslae, op te los.  Die sondebok van wit rassisme is nou al so holrug gery dat dit nie langer die klaaglike mislukkings van die huidige bewind kan verdoesel nie.

Dan Roodt

boontoe

Dan Roodt, 09/10/2000: Rassisme en heksery – repliek aan Gerrit Brand

Dit is soms moeilik om reaksie uit my mede-Afrikaanssprekendes te kry, nieteenstaande die kulturele, politieke en toenemend ook ekonomiese krisis waarin hulle hul bevind.  Daarom is ek verheug dat Gerrit Brand dit goedgevind het om so breedvoerig op my - kennelik provokatiewe - stuk oor “Sangomas of Newton” te reageer.  Soos aanvanklik verlede jaar met die aanvang van die taaldebat, hoop ek dat dit die begin kan wees van ‘n besinning oor kultuurverskil in Suid-Afrika, want die ontkenning hiervan is besig om die Suid-Afrikaanse maatskappy helaas in ‘n vorm van anargie en ongekende maatskaplike geweld te dompel.  Trouens, menige waarnemer het al daarop gewys dat Suid-Afrika een van die gevaarlikste plekke op aarde is, en dat ‘n mens se kanse om hier ‘n gewelddadige dood te sterf byvoorbeeld groter is as in plekke waar militêre konflik onlangs plaasgevind het, soos in die voormalige Joego-Slawië.

Ek het dit geensins bedoel as ‘n studeerkamerobservasie à la Kant wat nooit Königsberg verlaat het, maar dit tog goedgevind het om ‘n antropologie te skryf waarin die “negers van Afrika” voorgestel word as uiters primitiewe mense wat so “praatsiek is dat jy hulle met stokke moet slaan om hulle stil te kry nie.”  My voorlopige aanmerkings oor ons probleem is juis ontketen deur onlangse empiriese ervarings, soos by die Konferensie oor Rassisme waar dit duidelik was dat daar ‘n haas onoorbrugbare kloof tussen kultuurgroepe in Suid-Afrika bestaan, sodat mense gladnie “met mekaar kommunikeer nie”.  Veral dr. Pallo Jordan se sterk anti-wit en anti-Westerse uitsprake was vir my ontstellend omdat dit die begin kan wees van ‘n soort pogrom teen almal wat nie tot die tradisionele “swart” Afrikagroep behoort nie.  Trouens, die moontlikheid van volksmoord op wittes en veral Afrikaners in die afsienbare toekoms in Suid-Afrika is myns insiens nie uitgesluit nie, gesien die sterk antipatie teenoor enigeen wat nie tot die “meerderheid” binne sy rasse- en kultuurbetekenis behoort nie.

Hier moet ek jou ontnugter oor die “Afrika-” in Afrikaner, wat volgens jou aan ons “die kans” moet gee, of ons moet besweer teen verwerping.  Ek herinner jou aan die onlangse uitspraak van President Thabo Mbeki, op 11 Augustus tydens die Oliver Tambo-lesing, waar hy gesê het dat “die wittes” tot ‘n “uitlander-heersersklas” (“foreign ruling class”) behoort.  ‘n Mens moet ook onthou dat die Jode in die vooroorlogse Duitsland totaal geïntegreer was in terme van taal, kultuur en gewoontes, maar dat ‘n baie geringe godsdiensverskil gernoeg rede was om hulle die slagoffers van ‘n volksmoord te maak.  Myns insiens is daar ontstellende ooreenkomste in die “sondebok-status” wat Afrikaners in Suid-Afrika beklee, en dié van die Jode in Nazi-Duitsland wat ook vir die probleme van hiperinflasie, werkloosheid, ens. tydens die Weimar-republiek geblameer is.

Jou tipering van my stuk as ‘n rassistiese uitbarsting is nie korrek nie.  Ek probeer juis wegkom van die rassedebat wat so sterk deur die regering aangedryf word, en wat Cicero se uitroep verdien:  illud quam incredibile, quam absurdum!  Die ekonomiese, politieke, kulturele en talige dimensies in ons land kan nie alles tot ras of rassisme gereduseer word nie.

 Ek poog geensins om die saak van Afrikaans aan ‘n anti-swart sentiment te koppel nie.  Die gerehabiliteerde pan-Afrikanisme van ons swart élite word egter juis in Engels gevoer, en ‘n anti-Afrikaanse houding is deel hiervan.  Dit ly geen twyfel dat daar van Afrikaanssprekendes verwag word om hulleself te verengels ten einde deel te word van die “nuwe nasie” nie.  Dat hierdie strategie deels ook uitgedink is deur die tradisionele (meesal blanke) aanhangers van die “imperiale gedagte” in Suid-Afrika, spreek vanself.  Feit is egter dat Engels die taal is van die Afrika-renaissance, hoe paradoksaal en teenstrydig dit ookal mag voorkom, en dat Afrikaans in die weg daarvan staan.

My opmerkings is bloot bedoel as ‘n eerste vraagstelling en tereg wil ek nie op dié stadium tot enige gevolgtrekkings kom nie.  Die moontlikheid dat daar ‘n groot paradigmaverskuiwing in Suid-Afrika aan die gang is, weg van ‘n Westers-georiënteerde logika na Afrika-denke, is so voor die hand liggend dat dit my verbaas dat Gerrit Brand dit as so omstrede ervaar.

Deels berus my opmerkings natuurlik op ‘n skepsis aangaande die kulturele relatiwisme wat in die Weste begin geld het ná die Tweede Wêreldoorlog.  Ons almal is geskool in hierdie tipe denke wat die “gelykheid van kulture” geponeer het, en die postmodernisme as “kritiek van die blanke ideologie” soos Jacques Derrida dit geformuleer het, is natuurlik afgelei daarvan.  In die huidige Suid-Afrika egter, word dit by die dag duideliker dat kulturele relatiwisme, hoewel aantreklik in terme van die tradisionele gelykheidsideaal in die Weste, in die praktyk skrikwekkende afmetings kan aanneem omdat ons oor geen kriteria meer beskik om progressiewe, rasionele wetenskap te verdedig teenoor, by gebrek aan ‘n beter term, “primitiewe kennis” nie.

Jou eie repliek, Gerrit, is ‘n sprekende voorbeeld hiervan as jy die teorie van elementêre partikels wat na twee-en-‘n-halfduisend jaar se wetenskapsbeoefening in die Weste tot stand gekom het, vergelyk met ‘n geloof in geeste.  Binne die kulturele relatiwisme is alles gelyk, fisika of bygeloof, maar jou gesonde verstand sê vir jou dat die een tog iewers “hoër as” die ander geskat moet word.  Ook kan partikel-teorie aangewend word om kernkragsentrales te bou, wat veral Europese lande van al hul elektrisiteit voorsien.  Indien daar iewers voorvadergeeste is wat die ligte laat brand, moet jy my asseblief sê.  Van die ekstreme afrikaniste postuleer die bestaan van ‘n Afrika-wiskunde, wat te herlei is na redelik eenvoudige maniere van objekte te tel, ens.  Om elementêre rekene wat enige laerskoolkind kan bemeester gelyk te stel met die differensiaal- en integraalrekening wat Leibniz en Newton afsonderlik in die sewentiende eeu geformuleer het, asook ander verbysterende en geniale ontdekkings sedertdien in die wiskunde, maar ook op ander gebiede soos die fisika, biologie, sterrekunde, ens., ens., spreek nie net van naïwiteit nie, maar berus op ‘n fundamentalistiese begrip van kennis.  Myns insiens lei kulturele relatiwisme altyd tot fundamentalisme, want het die Pous nie binne die relatiwisme gelyk dat die son om die aarde draai eerder as Galileo wat beweer dat die aarde om die son wentel nie?  Binne ons konteks is die “kennis” van die sangoma dan ewe geldig as dié van Newton of Einstein, want daar is geen kriteria om tussen die twee te besluit nie.

‘n Voorbeeld van kulturele relatiwisme wat lei tot fundamentalisme is die steun wat die Franse filosoof, Michel Foucault, aan die Imam Khomeini toegesê het aan die beginstadium van die Iranese rewolusie.  Foucault het die strengheid van die Westerse tradisie, die kille blik van die eksamen of eksaminering, hetsy in sy mediese vorm, hetsy in sy opvoedkundige manifestasies, gekritiseer en sodoende ‘n relatiwisme gevestig waarbinne alle kennisvorme ewe geldig is – ook dié van godsdienstige fanatici en samelewings uit die ystertydperk.

Deel van my huidige skepsis oor kulturele relatiwisme is gemik teen die postmodernisme, dus sou dit verkeerd wees om dit as “rassisme” te sien, want dan is ek ook rassisties jeens die dominante filosofiese en intellektuele tradisie in die Weste wat hierdie relatiwisme geponeer het.  Trouens, Afrikanisme is in daardie sin ook ‘n Westerse ideologie omdat dit Afrika verstaan vanuit hierdie relatiwisme, en in samehang daarmee.  Dit is uiters interessant hoe Afrikaniste binne ons eie konteks ‘n “gemengde diskoers” bedryf van nostalgie oor verlore tradisies, pan-Afrikanistiese politiek en modieuse Westerse selftwyfel soos geformuleer deur beide die Franse skool wat van Lévi-Strauss afstam en die Amerikaanse skool wat terug te voer is na Boas, die leermeester van Margaret Mead.

By sy onlangse besoek aan Suid-Afrika, het ‘n ander Franse denker, Régis Debray, gesê dat “om vandag ‘n rewolusionêr te wees, moet jy iets van ‘n tradisionalis wees”, en hiermee is ek dit roerend eens.  Die geveg om Afrikaans te behou is ‘n onderdeel van die groter stryd om ‘n mens se tradisie te red van die dubbele aanslag van relatiwisme en fundamentalisme.  Hoewel PRAAG van plan is om ‘n konferensie te reël oor die Afrika-renaissance waar ons graag die leidende denkers van dié beweging wil vra om aan ons te verduidelik presies waaroor dit gaan, is my voorlopige siening daarvan toenemend negatief, want die onderliggende fundamentalistiese inslag is duidelik.  Dit gaan om ‘n “terugkeer na die oorsprong”, ‘n herontdekking van die “verlore Afrika”, en ‘n gepaardgaande verwerping van verligte denke in die Westerse sin.

In my toespraak verlede maand aan die RAU tydens die bespreking oor “Die toekoms van Afrikaans” (sien http://www.praag.org onder die rubriek “opstelle”) het ek na die volgende aanhaling uit N.P. van Wyk Louw verwys, wat die verhouding van Afrikaans teenoor beide die Weste en Afrika só opsom:

“Afrikaans is die taal wat vir Wes-Europa en Afrika verbind; dit suig sy krag uit dié twee bronne; dit vorm ‘n brug tussen die groot helder Weste en die magiese Afrika – die soms nog so ónhelder Afrika; hulle is albei groot magte, en wat daar groots aan hulle verenig kan ontspruit – dít is miskien wat vir Afrikaans voorlê om te ontdek.”[1]

 Die opvatting van ‘n brugtaal tussen Afrika en die Weste is interessant, ook in ‘n konseptuele sin.  Anders as Kant, of enige kontemporêre Westerse relatiwis, het ons immers ervaring van Afrika, en ons afkeer aan sekere elemente van tradisionele Afrika-kultuur, soos byvoorbeeld dit wat met toorkuns te make het, asook die vervolging van hekse en towenaars, die verklaring van natuurverskynsels met verwysing na magiese denkbeelde,  ens., spruit uit ons ervaring.  Tydens die politieke stryd gedurende die hervormingsperiode wat uitgeloop het op die 1994-verkiesing, is ongeveer 400 mense gedood in halssnoermoorde wat myns insiens ‘n vorm van ritualistiese moord was.  ‘n Bekende voorstander van die Afrika-renaissance, prof. Nthuli, het onlangs verduidelik dat die konsep “halssnoer” ‘n belangrike rol in Zoeloerites speel, veral tydens die huwelik, en hy het vertel hoe al die jongmeisies onder Cesthwayo uitgemoor is omdat een van hulle teenoor die ou krygers aan wie hulle gegee is na ‘n oorwinning, gesê het, “die halssnoer pas nie”.

Myns insiens verdien die manier waarop tradisionele Afrika-gebruike en konsepte inspeel op ons huidige werklikheid veel meer aandag.  Ek wou mense prikkel om oor hierdie kwessie te begin dink.  Daar is ‘n sekere koloniale opvatting wat sou wou hê dat swartmense in Suid-Afrika een en almal ‘n tabula rasa is wat na willekeur opgevul kan word met Westerse (Engelse) kultuur.  Meer en meer is dit egter duidelik dat hierdie ‘n naïewe en skadelike gedagte is, omdat die vervreemding van swartmense wat hulle artikuleer as ‘n ervaring van “rassisme”, regstreeks hieraan verbind is.

O ja, rassisme het deesdae in Suid-Afrika so ‘n breë betekenis, soos ook geblyk het by die Konferensie oor Rassisme, dat die mees verregse AWB-ondersteuner saam met die mees verligte persoon wat hom bloot verset teen die absolutisme van “alle wittes is rassiste” geklassifiseer word as laakbare “rassiste”.  Die Menseregtekommissie se pseudo-Freudiaanse geloof dat “die ontkenning van rassisme die grootste aanduiding van rassisme is by enige blanke” maak deel uit van hierdie stereotipe van “die witte” of “die blanke” wat tans by ons gedy.

In die goeie ou eurosentriese tradisie gaan ek my nie aan enige beskuldiging van kettery steur nie, en bloot hierdie kwessies probeer deurdink ten einde nader aan ‘n oplossing vir Suid-Afrika se probleme te probeer kom.  Niks is vir my heilig nie, nie die konsep “rassisme” nie, en ook nie eens “demokrasie” nie.  Dit is vir my die toppunt van kolonialisme om te dink dat indien demokrasie ‘n aanvaarbare politieke stelsel in Wes-Europa en Noord-Amerika is, dit ook noodwendig die beste oplossing is vir Afrika, en vir Suid-Afrika.  Onthou:  Hitler het via die stembus, en daarom “demokraties” aan bewind gekom.  So ook Robert Mugabe.  Universele stemreg is geen waarborg vir ‘n rasionele en menslike stelsel nie, soos ons by die dag in Suid-Afrika ontdek.  Dit nou tersyde, want die huidige onderwerp is steeds kultuurverskille.

Afrikaans is daarom, en hier herhaal ek bloot Van Wyk Louw se gedagte, ‘n “derde term” wat ontkom aan die digotomie Afrika/die Weste.  Afrikaans is vir my modernisme, wat reëlreg staan teenoor die pre-modernisme van tradisionele Afrika.  Natuurlik is tradisionele Afrika vir altyd verander deur die kontak met Westerse kultuur, en is elemente daarvan vir goed verlore, maar die Rousseauistise ophemeling van die tradisionele kultuur as synde “meer menslik, minder kil”, ens., waarvan daar ook in jou brief sprake is, is myns insiens gegrond op ‘n illusie.  Veral onder die gemilitariseerde groepe kusbewoners soos die Xhosas en Zoeloes was daar dikwels tirannieke opperhoofde soos Tsjaka en Dingaan.  Daar is een weergawe van Tsjaka se reaksie op sy moeder, Nandi, se dood as sou hy omstanders wat nie hard genoeg gehuil het nie, voor die voet laat doodmaak het.  Ook die opvolging van opperhoofde het by wyse van sluipmoorde geskied, en dit sou ‘n interessante studie wees om te bepaal watter eienskappe ‘n leier nodig het om onder sulke omstandighede sy posisie te bekom en te behou.  Voeg daarby die werklik onmenslike behandeling van vroue, en die prentjie is allermins die idille wat vandag om ideologiese redes aan ons voorgehou word.

Jou betoog gaan grotendeels uit van die gedagte dat alle menslike kultuur ‘n gemene basis het en dat almal op een of ander manier kousale logika gebruik.  Natuurlik is alle mense biologies verwant en diegene wat hoegenaamd geen kontak met hul werklikheid kon bewerkstellig nie, het lank reeds uitgesterf weens honger of is uitgeroei deur hul vyande.  As ‘n mens pyn voel, spreek dit vanself dat jy ‘n oorsaak daarvoor gaan soek, maar as jou oë nie die mes of doring kan sien wat jou steek nie, eindig die ooreenkoms tussen primitiewe kousaliteit en wetenskaplike kousaliteit presies daar.  Om jou pyn toe te skryf aan ‘n fisiologiese proses wat uitgaan vanaf ‘n baie presiese begrip van die molekulêre werking van liggaamselle en om dit toe te skryf aan ‘n mistieke proses van beïnvloeding deur voorvadergeeste is nie twee benaderings binne ‘n omringende “wetenskap” nie; die een is wetenskap en die ander nie.

Gerrit Brand is kennelik ‘n groter kenner as ek op teologiese gebied, en ek erken my tipering van tradisionele Bantoegodsdiens as politeïsme is nie bevredigend nie, maar watter ander term moet ons dan gebruik, want blykbaar is “animisme” ook nie aanvaarbaar nie?  Ek is egter bevrees dat monoteïsme binne die Joods-Christelike tradisie ‘n baie spesifieke betekenis het, en daar is baie interessante teoriëe oor die ontstaan daarvan tydens die Joodse ballingskap in Babilonië, en ek dink nie die blote bestaan van ‘n Opperwese binne ‘n bepaalde kultuur is noodwendig daarmee vergelykbaar nie.

Ek stem beslis nie saam dat Afrikaners blote besoekers in Suid-Afrika is nie.  Trouens, op ‘n sekere manier dink ek dat ons ‘n gepriviligeerde aanspraak op Suid-Afrika het as ons vaderland op ‘n manier wat Afrikaniste nie het nie, aangesien hulle hulself beroep op ‘n kontinentale of “swart” indentiteit wat ewe seer in die Kongo of Gaboen uitgeleef kan word, terwyl ons taal en kultuur onlosmaaklik verbind is aan Suid-Afrika en Namibië.  Afrikaanssprekende bruinmense het reeds “eerste nasie”-status by die Verenigde Nasies verkry, en die afstammelinge van die KhoiSan kan ewe seer die ander groepe van watter velkleur ookal, beskuldig van “setlaar”-status.  Dit is egter myns insiens ‘n steriele argument, en die ooreenkoms daarvan met die ideologie van ver-regse groepe wat “Europa vir die blanke Europeër” wil opeis, is nie toevallig nie.

Ek is bevrees dat Gerrit Brand, wat my van een of ander vorm van etnosentrisme wil beskuldig, self baie soos ‘n Europeër dink, al hou hy nie van my breë onderskeid tussen “Indo-Europeërs” en “tradisionele Afrikane” nie.  (Ek dink dit is duidelik dat dit geen rasseonderskeid is nie, maar eerder taalkundig en kultureel, “Indo-Europees” synde ‘n kategorie in die taalkunde.)  Kulturele relatiwisme is ‘n salon-filosofie wat as luukse in Europa verdra kan word; na alles stel Europeërs die reëls vas in hul eie land en as deel van die Europese Unie.  By ons sit ons met die probleem dat nie net ons taal bedreig word nie, maar ook ons denkwyse.  En ander besluit vir ons watter reëls sal geld, wat ons kinders op skool sal leer, wat op TV uitgesaai sal word, ens., ens.

Lévi-Strauss maak iewers die punt aangaande die Inoeïet dat hulle kultuur oor ‘n “opening” beskik het wat dit koloniseerbaar gemaak het.  In ‘n sekere sin beskik die Afrikaanse kultuur ook oor so ‘n opening, want die Calvinistiese tradisie met sy klem op skuld en erfsonde maak dit maklik manipuleerbaar en vernietigbaar indien daar op hierdie element gefokus word.  Die manier waarop sekere Afrikaners aanhoudend besig is met ‘n emaskulerende aanblaas van skuld by die breë bevolking toon dat die Afrikaanse kultuur geen groter vyand het as diegene in ons midde nie.  Ons gebrek aan ‘n metropool stel ons insgelyks weerloos teenoor ‘n gewetenlose teenstander wat sou kon besluit om ons finaal uit te wis.  Nie ‘n enkele Europese moondheid was bereid om die Boererepublieke selfs net van logistieke hulp te voorsien gedurende die Tweede Vryheidsoorlog teen Engeland nie.  Die kontras tussen die Britse ontsteltenis onlangs na die moord op vier blanke Zimbabwiërs wat natuurlik Engelssprekend was, en die volslae stilte in die Weste oor die huidige plaasmoorde waarin 900 boere in Suid-Afrika reeds dood is, stem ‘n mens ook tot nadenke.

Ek is geensins besig om die Westerse geskiedenis te probeer voorhou as per se voortreflik nie, en natuurlik was daar bloedige oorloë, volksmoord onder die Nazi’s, Leopold se skrikbewind in die Kongo waar kinders se hande afsgeny is as hul ouers nie genoeg rubber getap het nie, ens.  Enige logika kan wantoegepas word, maar ek dink ons sou moet erken dat daar wel in die Weste vooruitgang was vanaf ‘n primitiewe stamtoestand tot die beskawing met sy tegnologiese wondere wat ons vandag geniet, en waartoe nie-Westerlinge ook toegang het.  “Menseregte” was ‘n Westerse uitvindsel, en dit was ook hulle wat slawerny eerste afgeskaf het.  Die relatiwistiese ontkenning van vooruitgang lei daartoe dat daar min te kies is tussen die lewe in ‘n modderhut met towerkragte as jou enigste vorm van verklaring vir die meer komplekse elemente in jou werklikheid, en die verfynde en verwikkelde omgang met begrippe wat die moderne Westerse beskawing kenmerk en waarin Afrikaans ook, sy dit dan geografies op die periferie, deelagtig is.  Trouens, in ‘n sekere sin het ons ‘n “Afrikaanse beskawing” geskep, en is ons besig om dit te verdedig, soos altyd, teen ‘n tweeledige aanval vanuit die metropolitaanse empaaier en dit wat ek baie polities onkorrek, moet ek erken, ‘n “neo-primitiwisme” genoem het, en wat plaaslik teen ons geloods word ten einde ons taal, letterkunde, musiek, en lewenswyse af te breek en in te lyf by die nuwe kultuur wat geskep moet word by wyse van ‘n terugkeer na die oorsprong, en ‘n herwaardering van ‘n pre-wetenskaplike oertoestand.

Die waarde van Afrikaans binne die Suid-Afrikaanse verband is meer as net folklore of letterkunde of “kultuur” in die eng sin van die woord.  Dit wil my voorkom asof Afrikaans ook draer kan wees van ‘n moderniseringsproses, juis omdat dit begrip en toleransie het vir pre-moderne mondelinge kulture.  Engels gee mense net toegang tot die moderne by wyse van ‘n uitwissing van die eie kultuur en ‘n kolonisering wat onder die huidige omstandighede in elk geval meer en meer onhaalbaar lyk.  Afrikaans het nog nooit klem gelê op die kolonisering van ander nie, maar tree eerder as ‘n soort eksemplaar van modernisering op binne ‘n Afrikaverband.  Indien Afrika ooit aan sy huidige middeleeuse toestand met oorloë, volksmoord, korrupsie en verval – dink maar aan die Economist se “hopelose kontinent”-tipering wat op grond van die feite nie onbillik is nie – gaan ontsnap, sal dit ‘n versnelde modernisering moet deurmaak soos wat die Afrikaanse kultuur sedert die einde van die negentiende eeu ondervind het.  Hierdie proses kan net binne, en met behulp van, die Afrikatale self plaasvind.

Omdat ek redelik pessimisties is dat so ‘n proses wel binne die afsienbare toekoms op dreef gaan kom, moet ons eerste prioriteit die onverskrokke verdediging van ons beskawing-in-die-kleine wees.  Afrikaans is nie maar net ‘n taal tussen ander nie, maar die draer van daardie kleiner beskawing waaraan ons steeds elke dag skep, en waartoe enigeen toegang het.  Die vrugte van daardie beskawing is, hoe ontoereikend en gering ookal, daar vir almal om te sien wat Suid-Afrika besoek, en staan in skrille kontras teenoor die post-koloniale eindspel – the post-colonial endgame, daar is nou ‘n begrip wat jy kan terugstuur na die empaaier – wat oor die afgelope veertig jaar in Afrika noord van die Limpopo plaasgevind het.

Ja, ek neem sekerlik ‘n risiko om dinge oor so ‘n breë boeg te gooi en die heersende opvatting van kulturele relatiwisme uit te daag, maar dan lyk dit nie asof ons vorentoe enige keuse gaan hê nie.  Daarvoor is die proses waarin ons ons bevind eenvoudig te radikaal.

Die beskuldiging van rassisme wat daar teen my gemaak word, is maar net nog ‘n variasie van die etiket van “regs” wat daar ‘n jaar gelede na my kant geslinger is omdat ek dit durf waag het om te argumenteer ten gunste van gelyke behandeling van Afrikaans teenoor ander tale in Suid-Afrika.  My stuk oor “Sangomas of Newton” behandel duidelik ‘n kenteoretiese probleem met radikale politieke implikasies in Suid-Afrika.  By die Rassismekonferensie, waarop ons regering terloops ses miljoen rand geblaas het, was dit tydens die besprekingsessies duidelik dat niemand “rassisme” kon definieer nie, en ek meen dat Gerrit Brand en ander wat probeer om my met die rassismekwas by te kom eers twee definisies sal moet verskaf, te wete:

1)      wat is “ras”?

2)      wat is “rassisme”?

en daarna moet aandui hoe ek my skuldig maak aan dié twee begrippe afkomstig uit die negentiende-eeuse Westerse biologie.

Om iemand in die huidige Suid-Afrika as ‘n “rassis” te brandmerk, het presies dieselfde vorm as beskuldigings van heksery, omdat dit ‘n aanklag is wat onbewysbaar is en daarom is die teendeel (onskuld daaraan) ook onbewysbaar.  In die tradisionele Bantoekulture is hekse of towenaars gewoonlik aan ‘n marteldood onderwerp ná so ‘n beskuldiging.  Hoewel ek myself in die laaste instansie as ‘n Afrikaan beskou, is ek nie bereid om my identifikasie met Afrika so ver te voer dat ek vrywillig na die brandstapel gaan stap ná die sangoma haar vinger na my gewys het nie.



[1] Louw, N.P. van Wyk.  “Laat ons nie roem nie” in Versamelde prosa 2.  Kaapstad:  Human & Rousseau, 1986, bl. 182.

Dan Roodt

boontoe

Tim Lauwers, 03/10/2000:  Uitruil van kultuurprodukte kan Afrikaans en Nederlands verryk

"Dis vir ons 'n hartsaak, nie 'n wiskunde probleem nie." dit vat voor mij
het vraagstuk van Afrikaans-Nederlandse taalhereniging goed samen. Rationeel
is het voor iedereen duidelijk dat taalhereniging een win-winoperatie is
voor beide partijen. Inderdaad Jennie Terblanche: het is een emotioneel
probleem: liever niet met Nederlands in hetzelfde huis al is dat in ons
eigen voordeel. Eigenlijk is dit heel raar.
Het is toch merkwaardig: Afrikaans en Nederlands zijn nu geen vrienden, nog
niet zo lang geleden waren ze passionele minnaars. Tot 1920 bestond er een
harmonieuze taalverhouding tussen de twee "talen": Afrikaans en Nederlands.
Ze werden als één beschouwd. Nederlands als de kultuur- en amptelijke taal
en afrikaans als de informele omgangstaal. Beiden werden koesterend aan het
hart gedrukt. In 1925 werd Afrikaans zelfs grondwettelijk aan Nederlands
gelijkgesteld.
De amptelijke taal van alle Boererepublieke was Nederlands. Hoe is die
liefdesverhouding kunnen omslaan tot de huidige koele verhouding ?

En zelfs al is de liefde er niet meer, dan kan je als koppel toch de vraag
stellen of een volledige scheiding wel verstandig is. Jennie, wat denk jij
van een LAT-relatie ? We delen hetzelfde dak en muren, maar ieder gaat zijn
eigen weg: Afrikaans wordt als een sub-norm in het Nederlandse taalgebied
ondergebracht, met behoud van een zekere eigenheid. Afrikaans zet stappen
terug naar Nederlands, zodat uitwisseling van kultuurprodukten (boeke,
tydskrifte, ensiklopedië, rekenaarprogrammatuur, video's,
rekenaarspeletjies, tv-programme) mogelijk wordt. Dit zou een grote steun
zijn voor het bedreigde Afrikaans in Zuid-Afrika, maar ook het Nederlandse
taalgebied verrijken.

Tot slot nog dit:"Waarom sou ons nou besluit om weer Hollands te word ?"
Hier ben ik het totaal mee oneens. Nederlands wordt ook door miljoenen
niet-Hollanders gebruikt. En ook de Voortrekkers en "die Boer" spraken
Nederlands, moet je hen dan ook Hollanders noemen ?
groeten,

Tim Lauwers

boontoe

Dirk van Rensburg, 02/10/2000: Afrikaans is vir Afrikane

Ek begryp nie hoe daar na die sogenaamde Afrikaners as 'n Dietse volk verwys
kan word nie. Met vanne soos Le Roux, Terreblanche en Smit(h) is dit tog
duidelik dat ons 'n vermenging is van almal wat destyds in die Kaap aangekom
het en selfs die wat alreeds hier was.

Interessante geskiedenis toe daar in 1793, na wetgewing wat bepaal het dat
persone in rassegroepe geklassifiseer moes word, 'n kommissie aangestel is
om te bepaal wie blank, kleurling, swart of asier was. Lees gerus Jan Rabie
se "Waar jy sterwe" om 'n idee te kry van die petalje waar broers, in
sommige gevalle, in verskillende groeperings geplaas is.

Afrikaans het juis sy ontstaan hieraan te danke gehad en is Afrikaans tot
vandag toe die eiendom van die ontwikkelaars daarvan en nie die eiendom van
enigiets Diets of "blank" Europees nie. Die "Kleurlinge" voel net so sterk
oor Afrikaans as moedertaal as enige europese afstammeling.

Dit is so dat Nederlands die basis van Afrikaans gevorm het, slegs omdat dit
die destydse regeringstaal was. Afrikaans het nou so ver ontwikkel dat
Nederlanders dit nie meer volg nie. Ons het ons eie idioom, humor en
karakter.

Afrikaans is vir Afrikane.

Dirk van Rensburg

boontoe

Peter Louw, 26/09/2000:  Onvertaalde Engelse advertensies

Die afgelope maande was dit vir my opvallend dat sekere Afrikaanse koerante
toenemend neig om Engelse advertensies en reklame onvertaald te publiseer.
Veral Engelstalige, geillustreerde glans-reklamebylaes om meubels,
rekenaars, kruideniersware ens. te adverteer, word net so as gemorspos in
jou andersins Afrikaanse koerant gevoeg. Wat egter erger is, is dat onder
meer advertensies oor werksvakatures al hoe meer onvertaald in Engels
verskyn. Dit is 'n tendens wat ek reeds in Die Burger en Rapport opgemerk
het.

Vroeer was daar vertalers by die koerante wat hierdie advertensies vertaal
het. Wat het van hulle geword? Is daar ander koerante waar hierdie tendens
bespeur kan word? Wat is volgende: Engelse berigte? Dubbelmedium-koerante
wat later heeltemal verengels? Ek wil Praag-mense vra om op die uitkyk te
wees vir hierdie tendens en om, waar nodig, 'n brief aan die betrokke
koerant te skryf om daaroor te kla.

Praag-groete

Peter Louw

boontoe

Paul de Keyzer, 24/09/2000: “n Warm hart vir Suid-Afrika

'Vandae het ek in die Staart gelees oer praag.'

Sorry, ik versta zuid Africaans, maar ik kan het niet schrjven.

Toen ik een tiener was, was ik verliefd op het liefelijke Zuid-Africaans, dat nauw aanleunde bij mijn eigen moedertaal, het Vlaams, Nederlands. Op school leerden wij liedjes in het Zuid- Africaans en wij zongen allemaal om ter luidst.

Maar zo stilaan kwamen er berichten over stoute praktijken van mensen die deze lieve taal hanteerden en zo kwam het, dat er geen Zuid-Africaans meer gezongen werd in de school.  Wij vonden dat spijtig en treurden er eigenlijk om.

Na de omwenteling in Zuid Africa is er weer wat hoop. Zo heb ik via e-pos al enkele keren met zuid- africaanse mensen in contact geweest. Begin jaren '90 ben ik eens gaan kijken in het land, waar een derivaat van mijn eigen taal gesproken wordt. Om een of andere reden voel ik mij tot het zuid-africaans aangetrokken.

Mijns inziens zou het officiële Zuid-Afirca er alleen maar baat bij hebben om aan  de Africaanse taal een vowaardig statuut te geven.

Alleen a in de zakelijke contacten met de lage landen zou Zuid Africa hiervan profiteren. Om niet te spreken van interculturele contacten en uitwisselingen op intermenselijik vlak. Veel mensen hier dragen Zuid Africa een warm hart toe, nu de apartheid er niet meer bestaat.  Als wij mekaar kunnen verstaan in onze eigen taal, dan zouden de intermenselijke contacten stellig op een intenser vlak kunnen verlopen.

 Met vriendelijke groetjes,

 Paul de Keyzer

 boontoe

Alex Koster, 24/09/2000: Werk saam as teenwig teen oorheersende invloed

Beste Vrienden,

Ik ben een in Engeland opgegroeide Nederlandstalige. Mijn mening over
"Afrikaans hoort by Nederlands - Petrus van Eeden" is dat onze verschillende
taalgemeenschappen, Afrikaans en Nederlands, er baat bij zouden hebben om
meer samen te werken, vooral op culturele, literaire en media uitwisseling,
zodat dit als een soort tegenwicht kan werken op overheersende
anglo-saksische invloed, vooral wat de Afrikaans sprekende taalgemeenschap
betreft, maar ook in toenemende mate in Nederland en Vlaanderen.

Ik ben echter tegen het idee om de Nederlandse en Afrikaanse spelling naar
elkaar toe te trekken. Ik denk niet dat de eerste stap zou moeten zijn dat
Afrikaners de Nederlandse taal als "moedertaal" en Afrikaans als een soort
van dialect van het Nederlands zouden moeten beschouwen, omdat de klok
moeilijk terug gedraaid kan worden naar 1920.  Ik denk dat krachtigere
culturele banden tussen beide taalgemeenschappen voldoende besef zal
opwekken dat er meer baat is bij het behouden van de diversiteit die voor
beide talen een verrijking is, dan het geforceerd kunstmatisch besturen van
taal met het oog op een soort van "taal-samensmeltings" proces. Als ik naar
de Engelse en de Nederlandse schrijfwijze kijk, dan vergelijk ik twee
uitersten. De Engelse schrijfwijze die sinds de tijd van "Shakespeare" heel
weinig verandering heeft ondergaan, en daardoor vervreemd is geraakt met de
ontwikkeling van de Engelse spreektaal, en, aan de andere kant, de
Nederlandse schrijfwijze, die de laatste 50 jaar zo hevig en kunstmatig is
aangepast met nieuwe spellingsregels om het Nederlands makkelijker te maken,
terwijl er vaak waanzinnige nieuwe spellingsregels voor in de plaats worden
gezet. Ook is het natuurlijk voor Nederlandstaligen heel erg leuk dat ze na
het leren van de laatste spellingswijzigingen, vijf jaar later zich weer aan
nieuwe spellingsregels moeten aan passen!

De invloed van de Engelse taal is, zonder twijfel, overweldigend en is het
Afrikaans aan het "veranderen."  De Afrikaner is in zovere beinvloed door
het Engels dat hij Engelse zinsconstructies aanneemt met Afrikaanse woorden.
Op dit punt vind ik dat Petrus van Eeden weer gelijk heeft. Ook heeft hij
gelijk wat betreft de rijke schat aan Nederlandstalige popmuziek,
literatuur, TV en radio in Nederland en Vlaanderen.  Kijk maar bijvoorbeeld
naar het aanbod van Nederlandstalige kinderprogramma's in Nederland en
Vlaanderen, en vergelijk dat met Afrikaanstalige kinderprogramma's in Zuid
Afrika.  Zou er een rijker aanbod van Afrikaanstalige kinderprogramma's zijn
als Nederlandstalige?  Ik vrees van niet!  Nee, Afrikaanstalige kinderen
kijken (alleen?) naar Engelstalige TV programma's.

De sociale en culturele dominantie van het Engels brengt mee dat
Afrikaanssprekenden hun wereld ten dele via het Engels beleven en
conceptualiseren waardoor hun Afrikaanse taalgebruik diepgaand door het
Engels wordt beinvloed.  Zo drastisch is de Engelse invloed dat de
Afrikaanse spreektaal na anderhalve eeuw van intiem contact een mengtaal aan
het worden is.  De Afrikaanse spreektaal wordt op alle niveaus door deze
invloed geraakt: de uitspraak, de woordenschat en ook de grammatica.

Het Afrikaans is tot het einde van de negentiende eeuw spreektaal gebleven.
In de negentiende eeuw bedienden Afrikaanstaligen zich zowel van het
Nederlands als van het Engels als cultuurtalen.  De nauwe aanraking met
vooral het Nederlands is de standaardisering van het Afrikaans ten goede
gekomen.  Doordat de ontwikkelende Afrikaanse standaardtaal veel aan het
Algemeen Beschaafd Nederlands ontleende, kreeg het Standaardafrikaans heel
snel zijn beslag.

Als Afrikaners, 100 jaar na het verliezen van de Anglo-Boerenoorlog, hebben
kunnen leren leven met de Engelse taal, (de taal van de oude vijand) waarom
dan ook niet met het Nederlands? (een dochtertaal van het Afrikaans).  Het
Nederlands heeft ongetwijfeld een hoofdrol gespeeld in het ontstaan van het
Afrikaans, en misschien zal het ook nog wel een toekomstige rol kunnen
spelen in het behoud van het Afrikaans, tenzij er over 50 tot 100 jaar geen
Afrikaanstaligen van betekenis meer zijn in Zuidelijk Afrika.

Het Afrikaans IS een bedreigde taal van overwegend Nederlandse afkomst.  Het
Nederlands is, op het moment,  NIET een bedreigde taal en wordt nu zelfs
door meer dan 20 miljoen mensen gesproken.

Vriendelijke groeten van,

Alex Koster
Student Geschiedenis, Media en Communicatie Wetenschappen,
Cambridge, V.K.

boontoe

Petrus van Eeden, 24/09/2000: Die Afrikaner is ‘n Dietse volk

Ek  het die briewe gelees en dit baie interessant gevind.

Ek wil alleen dit vertel: Die Afrikaner is 'n Dietse volk. Deur ons ganse geskiedenis was Nederlands die kultuurtaal van die Afrikaner en Afrikaans ons omgangstaal. Hierdie harmonieuse taalverhouding vind mens ook terug in vele groot taalgebiede. As u ooit in Europa kom wil ek u uitnodig om die taalsituasie in Switserland te bekyk. Die Duitstalige Switser gebruik 'n eie omgangstaal, waarop hy trouens baie trots is. MAAR die kultuurtaal van hierdie Switser is Standaardduits. Hierdie standaardvariëteit gebruik hy in alle formele taalregisters (tv-nuus, koerante, toesprake, parlementêre debatte ens). Die omgangsvariëteit gebruik hy tuis.

Hierdie taalsituasie het ons ook in Suid-Afrika geken. Toe Nederlands nog ons kultuurtaal was en Afrikaans ons omgangstaal, was ons taal en kultuur vir ons so belangrik dat ons bereid was om 'n Anglo-boereoorlog binne te gaan en ook 'n Groot Trek aan te pak - ter verdediging van hierdie skone taal en kultuur. Die Afrikaner het eeue lank die Nederlandse taal aan die hart gedruk en gekoester. Presies dieselfde taal laat hy vandag links lê. Ons het Engels in die arm gaan neem, want met kleine Afrikaans alleen, kan ons nie 'n volwaardige kultuurlewe aan die Afrikaner bied nie.

My voorstel is derhalwe dat ons weer op Nederlands moet gaan leun, soos wat ons eeue lank gedoen het en dat ons Nederlands moet gebruik om Afrikaans aan te vul waar Afrikaans nie kan bykom nie. Alle rekenaars in Suid-Afrika loop op Engels (Windows, Word, Outlook, ens), terwyl dit op Nederlands kon geloop het. Wat van musiek en tydskrifte en rekenaarspelletjies en video's in Nederlands. Tog moet ons beken dat ons mense verengels het. Liewer Engels as in 'n taal wat vir 95% Afrikaans is.

Ek wil uit die laaste stuk van jou brief aflei dat die Europeesheid van Nederlands jou pla. Is Engels dan ook 'n Europese taal nie? Ek vestig jou aandag daarop dat die meeste Afrikaanse lande 'n Europese taal as amptelike taal het en hierdie taal vir die formele registers uitsonder, maar dan gebruik hierdie volkere eie omgangsvariëteite vir die informele registers.

Groetnis,

Petrus

MY MOEDERTAAL IS MY VADERLAND!

Te besigtig op: www.afrikaans.nu

boontoe

Petrus van Eeden, 24/09/2000: Vlaams en Afrikaans?

VLAAMS en AFRIKAANS?

Dit het my opgeval dat talle Afrikaners meen dat Vlaams 'n taal is wat los
staan van Nederlands en dis onwaar. Ek het 4 jaar in Vlaandere gewoon. Toe
ons daar aangekom het, wou ek graag ''Vlaams'' gaan leer het. Dit kon nie,
om die eenvoudige rede dat Vlaams as kultuurtaal nie bestaan nie. Dit word
op geen taalskool of universiteit aangebied nie.

In Vlaandere woon daar 6 miljoen Vlamingen. Hierdie mense gebruik 'n Vlaamse
dialek as ''spreektaal'', maar hul ''skryftaal'' is Nederlands. Hierdie
harmonieuse verhouding tussen omgangs- en kultuurtaal het ons ook 'n eeu
gelede geken tussen Afrikaans (omgangstaal) en Nederlands (kultuurtaal) in
Suid-Afrika. Tot en met vandag skryf die Vlaming steeds nie soos hy praat
nie en is heel tevrede daarmee. In Vlaandere was daar ook 'n poging gewees
om van Nederlands af te stap op Vlaams (bekend as die ''spellingsoorlog''),
maar dit het misluk.

Vandag word daar hard gewerk in Vlaandere om die Nederlandse standaardtaal
baas te raak as spreektaal. Hierdie beweging behaal gestaag sukses. Per
geslag word daar van die Vlaamse dialek afgestap op Standaardnederlands as
omgangstaal. Dit word nie alleen uit ondersoek besvestig nie, maar kan
gewoon op straat beluister word: die derde generasie praat onverstaanbaar,
die tweede generasie praat 'n redelike verstaanbare taal, maar die jeug
praat 'n klokheldere verstaanbare Nederlands.

Die Vlaming kon met sy taal die Afrikaanse weg gaan volg het. Hy het nie.
Die Vlaming wou gaan praat-soos-hy-skryf: die pad na Nederlands toe. Die
Afrikaner wou gaan skryf-soos-hy-praat: die pad van Nederlands af weg. Die
Vlaming staan vandag met sy voete in die enorme Nederlandse taal en
kultuurskat, waar ons ook eens in gestaan het. Die Vlaming het die wyse
taalweg gevolg. Ons die onwyse. Vandag pluk ons die wrange vrugte langs
hierdie pad. Afrikaans is klein met weinig status en hy bied sy gebruiker
weinig.

Ons het bondgenote nodig. Ons taal ook. Kom ons kyk weer in die rigting van
Nederlands, soos ook die Vlaming dit doen. Kom bekyk my argumentasie op
www.afrikaans.nu in hierdie verband.

Drs. P.P. van Eeden
Tjalk 44
1276 EB Huizen
Nederland

boontoe

Alex Koster, 24/09/2000: Is Nederlands dan ‘n bedreiging vir Afrikaans?

Antwoord op: Jennie Terblanche, 23/09/2000: Nederlands is Europees en
Afrikaans is Afrikaans:

Uit de laatste paragraaf lijkt het net alsof "na honderde jare se stryd (om
tog in Vadersnaam as 'n groep ons eie ding te doen)" de Afrikaner de
Anglo-Boerenoorlog heeft GEWONEN, er nogsteeds een onafhankelijke
boerenrepubliek bestaat, en het Afrikaans NIET bedreigd wordt in haar
bestaan!

Hieruit blijkt dat, bij vele Afrikaners, de Nederlandse taal eerder wordt
gezien als een bedreiging voor het bestaan van het Afrikaans dan het Engels,
zelfs tot aan het moment dat het Afrikaans "deur Engels ingesluk word".

Zou de Nederlandse taal in Zuid Afrika werkelijk meteen een bedreiging
vormen voor het Afrikaans, erger dan het Engels, of zou de Afrikaanse
taalgemeenschap Nederlandstalige culturele invloeden kunnen benutten om de
verengelsing van het Afrikaans tegen te gaan?

Ik laat anderen deze vraag beantwoorden!

Vriendelijke groeten van,

Alex Koster
Student Geschiedenis, Communicatie en Media Wetenschappen,
Cambridge, V.K.

boontoe

Alex Koster, 24/09/2000: Nederlandse televisie in Suid Afrika ?

Beste vrienden van Praag,

Het is makkelijk om een stereotype beeld te vormen over een groep of volk
als de afstanden groot zijn en de communicatie slecht.  Misschien zou het
helpen om de Nederlandse TV via sateliet ook te richten op Zuidelijk Afrika.
Wat misschien wel interesant is, is dat de Nederlandse Wereldoproep, die
Nederlandstalige korte-golf radio uitzendingen verzorgd naar de hele wereld,
nu, in samenwerking met de NOS (Nederlandse Omroep Stichting) een nieuw
sateliet kanaal heeft opgericht, die uitsluitend gericht is op Nederlanders
die in het buitenland wonen of op vakantie zijn.  In Europa, vooral in
Spanje
en aan de Middellandse Zee, zijn er 's zomers zo'n 0,5 miljoen Nederlanders
buiten de lands-grenzen.

Dit kanaal heet "BVN TV".  BVN betekend "Beste Van Nederland". Op dit kanaal
zijn de beste eigen produkties te zien van de landelijke Nederlandse TV
kanalen, "Nederland 1, TV 2 en Nederland 3" ( ....er zijn ook een stuk of 6
andere Nederlandse TV kanalen, maar dat zijn commerciële sateliet zenders)

Dit kanaal is speciaal gericht op "Nederlandstaligen buiten Nederland", en
zendt sinds 1995  uit naar geheel Europa, sinds 1998 het Midden Oosten en
sinds september 1999 naar Noord Amerika en het Carribisch gebied, incl. de
Nederlandse Antillen en Suriname (via drie verschillende satelieten.)

Misschien dat veel stereotypes, die de Afrikaner over de Nederlander heeft,
veranderen zouden als ze naar het Nederlandse nieuws zouden kijken of naar
een Nederlandstalige soap-serie of drama.  Dan zie je mensen en hun
problemen, hun vreugde en verdriet, niet alleen maar een kort nieuws
fragment op Zuid Afrikaanse TV over alleen maar anti-apartheid demonstraties
in Nederland.  Ook zou het beter zijn als Nederlanders wat meer in de media
hoorden over Afrikaners, in plaats van alleen maar reportages over de
Afrikaner Weerstands Beweging.  Dan is het toch geen wonder dat beide volken
een kortzichtig beeld van elkaar krijgen! In Nederland kan men bevoorbeeld
niet alleen Nederlandse TV zenders ontvangen, maar ook Belgische, Duitse,
Spaanse, Turkse, Arabische, Italiaanse, Engelse en Amerikaanse.  Ookal
versta je misschien geen Italiaans, toch kan je zien op hun TV dat het
gewone mensen zijn, die lachen als ze blij zijn, en huilen als ze verdriet
hebben.  Dit klinkt misschien wel een beetje simpel, maar zelfs zo iets laat
je de menselijke kant zien van een volk, niet alleen maar een ongevoelig
nieuws fragment!

Misschien zou dit helpen een duidelijker beeld te scheppen voor de
gemiddelde Afrikaner over Nederlanders, want de afstanden tussen onze volken
en het gebrek aan contacten zorgt er snel voor dat zowel de Nederlander als
de Afrikaner makkelijk een vervormd en stereotype beeld krijgt van elkaar,
bijvoorbeeld als het enige wat een Afrikaner over Nederlanders hoort via
korte nieuws-berichten komt, dan krijg je gauw een vervrongen beeld van de
gemiddelde Nederlander.

Met vriendelijke groet,

Alex Koster
Student,
Cambridge, V.K.

boontoe

Schalk Jacobsz, 23/09/2000: ‘n Aand van Uys Krige se poësie

Dag, al julle Praagmatiete(?)! Julle word een en almal uitgenooi om vir ons, DIE BYWONERS, te kom kuier in die Trap-der-Jeugd-sentrum van Woensdag 27 September af op Woensdae, Vrydae en Saterdae om 18h30. Ons bied 'n aand van Uys Kruge se poësie aan onder die titel "Sol y Sombra". Die program begin met "Ouverture" en sluit met Uys Krige se briljante vertaling van Lorca se "Klaaglied vir Ignatio Sanchez Mejias." Jaco Pretorius verskaf die musikale web waarop ons spin met Uys se woorde

Indien u wonder wie DIE BYWONERS is:  Schalk Jacobsz en Elma Potgieter.

Die Trap-der-Jeugd-sentrum is op die hoek van 8ste straat en Annetweg langs Milnerpark.  Dit is so ‘n entjie by die gasfabriek verby – op die hoek by die eerste robot suid van die gasfabriek – suidoos van die Cottesloe-kerk (aan die voet van sy bult).  U kan by Computicket seker maak dat u ‘n stoel sal hê om op te sit.  So nie, kan u ‘n kans vat en teater toe kom – daar is staanplek agter in die saal.

Herman Teirlinck, die Vlaamse toneelpedagoog, het die volgende te sê gehad oor toneel in sy Dramatisch Peripatetikon:

“Er is geen realisatie van mededeling zonder het aanwezige publiek.  Het publiek is de tweede persoon van de mededeling, niet de gevende, wél de ontvangende – maar die ontvakelijkheid reageert onophoudelijk op het agerend spel zelf.  Zodat het ganse verschijnsel, in wezen tot zijn elementaire waarden herleid, een wisselwerking is tussen de samespelers – die wij in globo acteurs zullen noemen – en de tot ontroeren gedwongen toeschouwers, die dan de reacteurs zijn.  Op zulke actie en reactie steunt het dramatische kunstproces.  Met of zonder die wisseling van acties leeft of sterft de dramatiek.”

Die acteurs gaan daar wees.  Sodra die reacteurs aankom het ons toneel.  Ons wag vir julle.

Schalk Jacobsz

boontoe

Jennie Terblanche, 23/09/2000: Nederlands is Europees en Afrikaans is Afrikaans

Tim, ons wil nie Afrikaans laat oplos in Nederlands nie. Alhoewel jou voorstel goeie statistieke oplewer en uit jou beskouing seker 100% sin maak, bied dit ons geen troos om deur Nederlands ingesluk te word nie. Ons luister dikwels na Nederlandse en Belgiese musiek, lees tot soms 'n Nederlandse boek, maar dit verg inspanning om te verstaan. My kinders sing hul eie woorde saam met die Nederlandse liedjies, omdat hulle nie verstaan wat hulle hoor nie.  Nederlands is Europees en Afrikaans is Afrikaans. Die feit dat ons en ons taal vir honderde jare op Afrika grond gebak en vervorm het, skep 'n kernprobleem vir enige gedagtes van assimilering met ons oorsprong. Ons is nie Europeërs nie en ook nie Afrikane nie, nog minder Oosterlinge, alhoewel ons voorsate en ons taal uit al daardie groepe gebore is. In hierdie geval geld die Gestalt teorie: "Die geheel is meer as die somtotaal van sy dele".

Die meerderheid Afrikaners wat hier woon kom uit geslagte van dwarstrekkers teen die owerheid wat hulle wil "oplos" in een of ander vorm van Imperialisme. Waarom sal ons nou, na honderde jare se stryd (om tog in Vadersnaam as 'n groep ons eie ding te doen) besluit om weer Hollands te word. Nie dat ons enigsins 'n probleem het met Hollands-wees nie, maar omdat ons nie Hollands is nie.

Ons het weer 'n stryd om te stry, maar jou oplossing klink na saamwoon met familie in dieselfde huis, terwyl ons liewer ons eie klein huisie wil bewoon. Dis vir ons 'n hartsaak, nie 'n wiskunde probleem nie.

Buitendien sê julle "pirate" waar ons "seerower" sê.

Groete,

Jennie Terblanche

boontoe

Tim Lauwers, 22/09/2000: Vlaamse lessen voor Afrikaans

VLAAMSE LESSEN VOOR AFRIKAANS

Afrikaans is in Zuid-Afrika een weggooi-taal: de taal lijkt niet te zullen
overleven, ze wordt onzichtbaar. De taal vecht een strijd die op voorhand al
verloren lijkt. Dit omdat ze moet opboksen tegen een wereldtaal van een veel
hoger prestige: Engels.
Toch leert ons de geschiedenis dat een zeer kleine taal toch de David kan
zijn die de Goliath kan overwinnen: kijk maar naar de Vlaamse taalstrijd.

In 1900 was België een overwegend franstalig land, met enkel Vlaamse
dialekten gesproken door de lagere klassen. Frans was de toenmalige
wereldtaal, de taal van diplomatie, wetenschap,overheid, universiteiten, .
Vandaag is België voor 60% Nederlandstalig, met zes Vlaamse universiteiten.
Wat zijn nu de ingrediënten van dit succesrecept ?

1.  Taalgebiede
Een exclusief taalgebied waar een taal konstitutionele erkenning geniet is 
het meest waardevolle element in de overleving van een kleine taal.
Veeltaligheid doodt de kleinere talen, omdat men dan spontaan overschakelt
naar de meest efficiënte taal en de taal die het hoogste prestige heeft. Een
proces dat zich nu voor onze ogen in Zuid-Afrika afspeelt.
Het Vlaamse voorbeeld bevestigt dit: men heeft geijverd voor twee exclusieve
taalgebieden Frans-Nederlands en geen nationale tweetaligheid. Dit was een
gelukkige keuze: overal waar toch voor tweetaligheid gekozen werd (Brussel)
is het Nederlands zo goed als verdwenen.
2.  Taaleenheid
De Vlaamse dialekten in 1900 kwamen voor 80 % overeen met Nederlands.
Men heeft aangesloten bij de Nederlandse kultuurtaal en Vlaams als
omgangstaal blijven gebruiken. Ook dit was een goede keuze, want waar dit
niet is gebeurd (Frans-Vlaanderen in Frankrijk) zijn de Vlaamse dialekten
verdwenen.
Afrikaans kom lexicografisch voor 95 % met Nederlands overeen, Afrikaans
heeft er dus enkel voordeel bij om bij de Nederlandse kultuurtaal aan te
sluiten.
3.  Taalaksie
De Vlaamse taalstryd is gewonnen door voortdurende taalaksie: betoginge,
pamflette, . Ook nu nog duurt de stryd voort. Denk maar aan het "Taal Aktie
Komitee" of "De Gordel", een sportieve manifestatie van tienduizende
Vlaminge tegen verfransing.

Die eenheid met Nederlands is drastisch en gevoelig, maar toch
onoverkomelijk als Afrikaans wil overleven.
Enkele bezwaren:
1.  Vernederlandsing heeft hetzelfde resultaat als verengelsing: Afrikaans
verdwijnt.
Onwaar, door verengelsing verdwijnt Afrikaans nu voor 100 %. Door
aansluiting bij de Nederlandse kultuurtaal, kan de Afrikaanse omgangstaal
voor 100 % behouden blijven, de Afrikaanse kultuurtaal moet maar enkele
procenten aangepast worden.

2.  Afrikaans is 'n aparte taal, aansluiting bij Nederlands is onmogelijk
Onwaar, Afrikaans en Nederlands komen lexicografisch voor 95 % overeen.
Nederlands- en afrikaanstaligen kunnen elkaar zonder één taalles verstaan.
Bovendien bewijst het Vlaamse voorbeeld dat dit wel mogelijk is, de Vlaamse
dialekten wijken immers nog veel verder af van de Nederlandse kultuurtaal.
3.  Die geografisch afstand is te groot
Onwaar, zulke afstanden komen vaak voor. Enkele voorbeelden:
Engeland-Australië, Nederland-Suriname en Quebec-Frankrijk.

Uiteindelijk zal elke Afrikaanssprekende met een beetje gezond verstand
inzien dat zijn toekomst bij Nederlands ligt. Afrikaans is besig om te sink.
En ons staan op die wal en slaan die drenkeling gade. Waarom doen ons nie
iets nie? Afrikaans-Nederlandse taalhereniging is die oplossing.

Tim Lauwers, Brussel, België

boontoe

Annesu de Vos, 22/09/2000: Oor toordokters en dissipline

By my laaste skrywe aan/oor Dan Roodt en Praag in hierdie
briewerubriek (sien my bydrae getiteld "Kameraadjie Klits Hard met
die Coke-blik") het ek die stelling gemaak dat ek graag die gesprek
wil oophou met hierdie organisasie en nie hulle sieninge wil negeer
of weggooi nie.

Hierdie sensitiewe ingesteldheid teenoor Praag het gekom as't ware
deur 'n wilsbesluit, om die eenvoudige rede dat hulle, anders as die
apatiese meerderheid wat hier op Litnet geraas maak en rondwiebel,
opstaan vir dit waarin hulle glo ('n taal; Afrikaans; iets wat deel
is van my ook; iets wat my "anders" maak in die samelewing waar ek
funksioneer/gebrekkig funksioneer miskien juis omrede my kennis van
'n ander planeet waar hierdie taal gepraat word ...) en die feit dat
ek respek het vir die gegewe dat hulle bereid is om uitdrukking te
gee aan hulle oortuigings.  Dit op sigself is 'n karaktertrek wat
bewonderenswaardig moet wees deesdae waar meeste mense konsentreer
op huispaaiemente en die besluit om te lapdoek of te papierdoek in
'n land sonder herwinningsfasiliteite ... waar kry iemand nog
energie om aan iets te glo, om homself op risiko te plaas daarvoor,
om sy mond oop te maak en uitdrukking te gee aan 'n beginsel?

Ek is self 'n moeder en ek is enigsins minder van 'n vuurvreter in
die mate waarin ek iemand het wat van my afhanklik is:  ek sal twee
keer dink voor ek met die munisipaliteit, die stadsraad, die
plaaslike MP of MPP, raas oor enigiets hier waar ek woon.  En ek
leef in 'n samelewing waar my opinie gerespekteer word, waar ek
werklik demokratiese regte het; waar niemand dit waarskynlik teen my
sal hou as ek sou opstaan vir regte wat ek tans nie het nie.  Dan se
groep het nie die regte waarvoor hulle hier veg nie, an