chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

               argief 1

                                                                        terug na briewe

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

                                                               

 

Dan Roodt, 15/12/2002:  Repliek aan Christie van der Westhuizen

Beste Christi,

 
Dankie vir jou mening.  Ek kan nie sê dat jou standpunt afwyk van dit wat ek al die afgelope twee jaar gehoor het van mense wat 'n soort apatie of konformisme bepleit t.o.v. die taalkwessie nie.  Vir wat dit werd is, herhaal ek hier die argumente wat ek seker al male sonder tal in repliek hierop geopper het:
  • Afrikaans is bevorder deur Afrikaners self.  Dit is eenvoudig onwaar om te sê dat ander inheemse tale in die verlede verwaarloos is.  Of liewer, die sprekers van daardie tale het hul eie tale verwaarloos waarvoor ons geen blaam kan dra nie.  Sover my kennis strek, het die vorige regering uit sy pad gegaan om daardie tale te bevorder en te befonds, iets wat deur internasionale taalkundiges erken word, maar om politieke en ander redes het die ou tuislandregerings, asook die swart élite, teen hul eie tale gekies.  Dit kan ons daarom nie voor die deur gelê word nie.  Die verwaarlosing van eie tale is ook 'n Afrika-wye verskynsel, soos Ali Mazrui al aangetoon het.  Net Afrikaners en Somaliërs het oor die afgelope 100 jaar hul eie tale bevorder.
  • Afrikaans staan nie sterk nie.  Slegs 8% van TV-tyd op die SAUK word daaraan gewy terwyl Engels ver oor die 50% kry.  In die handel het Afrikaans geweldig agteruitgegaan en maatskappye, insluitende Kaapse wynboere, doen nie eens meer die moeite om voor te gee dat hulle omgee vir Afrikaans nie.  Etikette, reklame, sakekommunikasie, asook die regspraak in Suid-Afrika verengels voor die voet.  As joernalis weet jy hoeveel Engelse tydskrifte en koerante daar in SA bestaan, teenoor 'n handjievol in Afrikaans.  Dan is daar nog die doelbewuste verengelsing van Afrikaanse kinders deur hul ouers, met die oog op emigrasie maar ook omdat daar oënskynlik geen toekoms meer vir die taal in ons land is nie.  Sou jy wou ontken dat Afrikaans merkbaar agteruitgegaan het oor die afgelope tien jaar?
  • Die mite van die apartheidstaal.  Enige stigma wat aan Afrikaans kleef, is doelbewus gepropageer deur hoofsaaklik blanke Engelse intellektuele wat nog altyd die taal vyandiggesind was.  Ekself is nie anti-Engels nie, maar my standpunt is dat indien enigiemand hoegenaamd met hierdie belaglike stigmastorie gaan aanhou, die slagspreuk "language of the oppressor" ingesluit, dan is die enigste moontlike reaksie dat ons Engels ewe seer gaan stigmatiseer as "killer language".  Engels is 'n koloniale taal wat letterlik vir die eerste keer in die konsentrasiekampe aan Transvaalse kinders geleer is.  Die gedagte dat daar 'n stigma aan Afrkaans kleef, druis ook in teen die konsep van 'n eenheidstaat, want indien die res van die mense in die land nie kans sien om ons taal te hoor en te sien nie, kleef daar ewe seer 'n stigma aan alle Afrikaanssprekendes.  Die logiese gevolgtrekking is dat daar 'n afsonderlike staat aan ons toegeken behoort te word, nie waar nie?  Onlangs het ek nie veel mense teëgekom wat die stigma-argument voer nie, selfs nie eens in die regering of in die Engelse pers nie.  Maar dit sou water op die meul van die taalstryd wees indien van ons ander landsburgers Afrikaans openlik wil verwerp as 'n minderwaardige of gestigmatiseerde taal.
  • Die bevordering van veeltaligheid klink in beginsel mooi, maar hoe doen 'n mens dit?  Toe ek aanvanklik twee, drie jaar gelede betrokke geraak het by die taalstryd, het ek wyd en syd steun probeer werf onder ander groepe vir 'n veeltaligheidsveldtog.  Niemand anders het belang gestel nie.  By die Raad vir Geoktrooieerde Rekenmeesters, waar daar ook 'n poging was om Afrikaans af te skaf, is geprobeer om ten minste Zoeloesprekendes te oorreed om betrokke te raak by die skep van rekenkundige terminologie in hul taal.  In die woorde van een persoon by die Raad was daar "zero belangstelling" onder Zoeloesprekendes daarvoor.  Hulle verkies Engels.
  • Dit verklaar ook waarom dit nie moontlik is om 'n taalstryd in Afrikaans afhanklik te maak van taalbevordering in ander tale nie.  Die ongelukkige waarheid is dat daar 'n byna totale afwesigheid van inisiatief by anderstaliges bestaan om hul eie tale te bevorder en uit te bou.  Ons kan dit beslis nie namens hulle doen nie, want dit sou gesien word as 'n vorm van neo-apartheid.  Trouens, ek is oortuig daarvan dat Afrikaners as 'n groep in die verlede meer gedoen het as enigiemand anders om veeltaligheid in die land te bevorder, in elk geval baie meer as die Engelse wat nog altyd net belang gestel het om hul eie taal af te dwing en te sien seëvier op grond van sy buitelandse waarde.
  • "Wit minderheidsonderdrukking" is ook in Engels gepleeg, want Engels was vir baie langer as Afrikaans 'n amptelike taal van Suid-Afrika, van 1806 af trouens.  Regoor Afrika is wit minderheidsonderdrukking gepleeg in Engels, Frans en Portugees, en niemand het 'n probleem met dié tale nie.  Verraai dit nie eerder chauvinistiese en selfs rassistiese gevoelens jeens Afrikaans nie?
  • As jy sê dat ons hulpbronne moet deel, is die ooglopende vraag waarom dié verpligting nie ook vir Engelssprekendes geld nie?  Wat die universiteite betref, is daar 17 Engelse universiteite waar niks gedoen word om veeltaligheid te bevorder nie, maar nou moet die 5 Afrikaanse universtiteite dit alleen behartig.  Is dit nie nog 'n voorbeeld van die onregverdigheid waaronder ons tans gebuk gaan nie?
  • Jou gedagte dat ons "Afrikaans se saak sterker sal maak" deur allerlei politiek korrekte geluide te uiter, berus myns insiens op 'n vergissing.  Die eenvoudige feit is dat die huidige regering besig is met Afro-nasionalistiese "nasiebou" en dat hy daarom veeltaligheid as 'n fundamentele bedreiging vir "eenheid" beskou.  Die staat gebruik nie elf amptelike tale nie, maar slegs een.  Ons eerste taak is nie om die regering te oorreed om meer simpatiek teenoor Afrikaans te staan nie, iets wat eintlik heeltemal buite ons bereik is aangesien ons beskou word as 'n onbenullige minderheid, maar om Afrikaanssprekendes self te oorreed dat hulle op hul taalregte behoort te staan, die taal oral te gebruik op 'n daaglikse basis en aan te dring op bediening en dokumentasie in Afrikaans.  Dit is die enigste werkbare strategie wat elders ter wêreld, in Vlaandere en in Québec, reeds vrugte afgewerp het.
  • Die rol wat Afrikaanse joernaliste kan speel in die bevordering van die Afrikaanse taalstryd, kan van onskatbare waarde wees.  Ongelukkig wil dit voorkom asof daar 'n onbetrokkenheid by hulle bestaan, en hulle hul met vae praatjies oor "veeltaligheid" laat sus, terwyl die werklikheid in Suid-Afrika een van hegemoniese eentaligheid is.  Die taal van 3 miljoen hoofsaaklik blanke Engelse word veral teen die sin van Afrikaners op die land afgedwing.
  • Indien ons dit nie kan regkry om hierdie situasie om te keer nie, sal dit 'n bespotting maak van ons Grondwet en die gedagte van 'n Suid-Afrikaanse demokrasie.  Die regering se standpunte oor Zimbabwe en oor Afrikaans maak gebruik van dieselfde dubbelsinnige logika wat ons verder in die rigting van totalitarisme gaan voer as wat apartheid dit ooit gedoen het.  Ten minste is niemand ooit verbied om sy eie taal te praat onder apartheid nie, anders as baie staatsamptenare vandag.

boontoe

Christie van der Westhuizen, 15 Desember 2002:  "Geveg vir Afrikaans" op twyfelagtige grond

Kortliks die volgende: weens Afrikaans se geskiedenis as taal wat aktief bevorder is terwyl ander inheemse tale verwaarloos is, plaas 'n "geveg vir Afrikaans" 'n mens op twyfelagtige grond. Onvermydelik wonder die sprekers van ander inheemse tale waarom daar dan nou geveg moet word vir 'n taal wat wyd gepraat word, sterk uitgebou is as akademiese en wetenskapstaal en 'n belangrike letterkunde tot die wêreld bydra en bygedra het. Die apartheidstigma wat aan die taal kleef, help ook nie om goeie gevoelens te wek jeens 'n "geveg vir Afrikaans" nie.

Myns insiens lê Afrikaans se heil eerder in die aktiewe bevordering van veeltaligheid in Suid-Afrika. Soos vir die ander tale in die land is Anglo-Amerikaanse kulturele imperialisme vir Afrikaans 'n gevaar. Samewerking met die groeiende groep moedertaalsprekers van ander tale (behalwe Engels) wat ook besorg is oor hul tale, kan Afrikaans net versterk en ook help om die assosiasie van Afrikaans met wit minderheidsonderdrukking af te breek. Uiteraard beteken dit dat hulpbronne gedeel sal moet word. As Afrikaanssprekende persone 'n belangstelling toon in die uitbouing van ander inheemse tale wat onderontwikkel is, sal dit Afrikaans se saak sterker maak.

boontoe

Ben Pheiffer, 15 Desember 2002:  Quijotiese soektog na die "goeie ou dae"

Ek wag steeds dat Dan Roodt of Leendert van Oostrum (18/11/02) uitwys waar hulle daaraan kom dat Islamitiese gebede en die loof van Allah in skole vereis word. Totdat dit gebeur bly Dan se uitspraak van 17/11/02 in my opinie snert en uiters onverantwoordelik. Herhaal liegstories en halwe waarhede buite verband genoeg, en dit word mos feit - is dit dalk die doel? Wat ons ookal van Asmal kan se, die man is nie onnosel nie, en besef dat hy die meerderheid mense moet saamneem in die nuwe onderwysbedeling. ‘n Anti-Christelike houding, of selfs een wat een geloof bo ‘n ander verhef, is ‘n sekere resep vir mislukking, en dit is tog duidelik nie sy doel nie. Dink julle eerlik hy kan bekostig om derduisende Christene op sy nek te he (soos julle doelstelling duidelik blyk te wees), dit nog bo-op al die ander vereistes wat ‘n nuwe onderwysplan bring?

Die feit dat kinders leer van ander kulture en godsdienste is na my mening hoogs prysenswaardig. Die voorbeelde wat deur Leendert genoem word - van Noord-Amerikaanse Indiane en Japanese gebruike wat in die skole beleef word - is opwindende aanwending van intydse onderwysmetodiek. Hoe beter om interessante verskille tussen kulture grafies en fisies tuis te bring? Wanneer ek en my vrou Sashimi of Rogan Josh gaan eet beteken dit mos nie ons verkies Japanese of Indiese kulture bo my eie nie? Wanneer ek ‘n Hindu tempel in Delhi of die Notre Dame in Parys besoek beteken dit mos nie dat ek afstand van my Calvinisme wil doen nie? Ek glo dat ‘n intellektuele nuuskierigheid ‘n gesonde menslike eienskap is wat in ons kinders aangemoedig moet word. Inter-kulturele kontak is ‘n belangrike deel hiervan en religie is ‘n onderafdeling van kultuur.

Ek’s bevrees die paranoia wat deurskemer in julle geskrifte herinner al te veel aan die "Rooie onder elke kooi" en "swart gevaar" wat in die Totale Aanslag aan ons voorgehou is. Ek onthou baie goed hoe popmusiek, lang hare, selfs blou denimbroeke, in daardie jare as "agente van die Antichris" aan baie Afrikanerseuns voorgehou is. Op sy logiese uiteinde bring dit ons mos by die afskuwelike boekebrandery van die Nazi’s wat in die laat dertigerjare gepleeg is - wat as "volksvreemd" beskou is, moes onderdruk word.

Baie dankie, my gesin en ek het die laer verlaat sonder om my Afrikanerskap af te water, en is doodgelukkig eerstens as Suid-Afrikaanse Afrikaanssprekende, en tweedens as nuuskierige wereldburger. Ek is ook nie alleen nie - ek het baie Afrikaanssprekende vriende wat soos ek voel. Ek gun julle egter julle beskouings, al vind ek dit verstikkend en intellektueel beperkend. Vryheid van keuse is mos maar een van die baie voordele wat ons nuwe bedeling bring. Wat my egter ontstel is dat julle ‘n massa naiewes saamneem met julle pseudo-intellektuele paranoia op ‘n Quijotiese soektog na die "goeie ou dae".

boontoe

Carel van der Merwe, 21/11/2002:  Dan is ons terug by Ontugwet

Cassie,

 
Jy skryf: Dit begin al by die groot foto waar 'n swart man 'n wit meisie omhels. Ek dink ook Castle-bier advertensies waar die swart en wit manne so lief is vir mekaar dat hulle feitlik mekaar se gulpe begin oopruk, is onsinnig, en moontlik 'n eienaardige vorm van gatkruip. Maar wat is die werklike posisie? Baie jong Afrikaners het hulle kleurvooroordeel afgeskud en hopelik beweeg ons nader aan 'n situasie waar hulle mekaar se kulture leer ken en openhartig en reguit kan praat oor kultuurverskille. Dit bekommer my meer dat die gewraakte foto van die twee meisies klaarblyklik by 'n Christelike byeenkoms afgeneem is en waar daar, soos by my plaaslike NG Kerk, moontlik net af en toe vreugdevol verkeer word saam met swartes en almal se gewetes oënskynlik dan gesus is dat hulle goeie mense is wat die Christelike ding doen deur lief te wees vir hulle ander naastes.
 
Daar word nooit foto's geplaas van bv Tokyo Sexwale waar hy sy Afrikaanse vrou omhels nie. Ek het my bedenkinge oor huwelike tussen verskillende kulture in die algemeen, selfs Breyten Breytenbach se huwelik lyk nie vir my of dit in die Hemel gemaak is nie. Maar mense wat rassevermenging bloot verdoem, verdoem ook hulle eie voorouers en moet dan hele nasies, soos die Brasiliane, en groepe soos die kleurlinge, verwerp. Waar eindig dit? Dit eindig terug by die ou-testamentiese Ontugwet, met sy selektiewe moralisme, want ontug tussen wit en wit was nie eintlik ter sprake nie, en wat die grootste mosie van wantroue was wat 'n volk ooit ingestel het in sy eie vermoë om te oorleef. (Miskien moet ek sê saam met die Werksafbakeningswette wat ook daarop gemik was om die witman te beskerm) 
 
Ek dink jy maak in jou brief dieselfde fout waarop jy die Groep van 63 gewys het, deur twee aparte kwessies aan mekaar te koppel.
 
Carel 
boontoe
 

Cassie Aucamp, 21/11/2002:  Eensydige beeld van jong Afrikaners

Geagte redakteur,

 
Die artikel van Stephanie Nieuwoudt in Beeld van 20 November oor die KykNET program Jonk en Afrikaans reflekteer die eensydigste beeld denkbaar van jong Afrikaners.
 
Dit begin al by die groot foto waar 'n swart man 'n wit meisie omhels. Geen kommentaar oor die meriete daarvan nie, dis gewoon nie 'n refleksie van die werklikheid onder  99% van sowel jong Afrikaners as jong swartmense nie.
 
Karen Zoid word beskryf as "'n simbool van die jonger generasie". Watter statistiek bewys dit? Trek sy soos Pieter Smith elke week meer as 3000 jong Afrikaners by Firkins in Hatfield, in Northcliff, en by Varsity Blues in Bloemfontein? Ek weet dit, ek was al dikwels daar, saam met die jongmense. En Pieter het nog nooit nodig gehad om te " flash" om lewe in 'n dooie gehoor te blaas nie!
 
Is ex-hectic Christene en gay Boeddhiste wat praat van "die k*k wat Sondagskoolonderwyseresse aan kinders vertel"  werklik verteenwoordigend van jong Afrikaanssprekendes? Waarom tref ek hulle nooit aan in 'n doelbewuste program van uitreiking na jong Afrikaners nie? Waarom reflekteer dit nie onder die meer as 90% PUK-studente wat gestem het vir die behoud van Christelik in die naam van die PUK nie, of in die Tukkies SR-verkiesing waar die alliansie van Tuks Afrikaanse Studente (TAS) en VF Tuks die meeste stemme verwerf het nie?
 
Waarom loop ek hulle nie raak onder my talle jong eks-lidmate van 22 jaar se bediening nie? Of onder die duisende by Aardklop en die KKNK nie? Of onder die wye vriendekring, hier en oorsee, van my vyf kinders tussen 20 en 30, wat terloops nie een 'n engeltjie is nie?
 
Is dit 'n doelbewuste poging om deur eensydige refleksie en oormatige blootstelling nie objektief die werklikheid weer te gee nie, maar preskriptief die werklikheid te manupileer? Presies soos met die oormatige publisiteit aan die sogenaamde Nuwe Hervorming waarvan die seepbel reeds gebars het sonder enige noemenswaardige impak op die deursnee  gelowige?
 
Met dank,
 
Cassie Aucamp(LP)
Posbus 15
Kaapstad

boontoe

Leendert van Oostrum, 18/11/2002:  Stelsel dwing kinders tot Intergeloof

Beste Dan,

 
Dankie vir jou navraag.
 
Ek het nog nie materiaal teëgkom wat van kinders vereis om Islamitiese gebede in Arabies op te sê nie, maar miskien het jy insae gehad in ander voorbeelde as ek. Ek herinner my wel 'n opdrag wat van kinders vereis om die Islamitiese geloofsbelydenis uit te spreek ("Die enigste God is Allah en Mohammad is sy Profeet"). Dit word in Islam ook as gebed gebruik. In die werkopdrag wat ek gesien het moes dit in Engels gedoen word. Ek het nie die betrokke werkopdrag byderhand nie, maar ek behoort dit te kan opspoor.
 
Ek het wel byderhand Heinemann se werkboek vir Graad 6 vir die Leerarea Kuns, Kultuur en Lewensoriëntering. Daarin word van kinders vereis om gebede uit die religieuse tradiese van 'n bepaalde Noord-Amerikaanse indianestam in 'n groep op te sê en ook een vers daarvan te toonset. Daarna moet hulle, in navolging van Japannese religieuse rituele gebede op papier skryf en verbrand sodat "...you will have a symbol of the prayers going into the invisible, spiritual world of the soul and of God". Ten slotte moet daar "prayer kites" gemaak word in navolging van Japannese religieuse rituele. Ek dink nie dit is moontlik om te ontken dat hierdie opdragte van kinders vereis om, onderskeidelik, 'n Noord-Amerikaanse sowel as 'n Japannese Tradisionele Godsdiens te beoefen nie.
 
Ek het reeds vergelykbare werkboeke van ander uitgewers geraadpleeg en dié wat deur die onderwysdepartement goedgekeur is vir gebruik in skole stem in alle tersaaklike opsigte ooreen met die voorbeeld van Heinemann hierbo, hoewel hulle natuurlik ander kontekste gebruik.
 
Hierdie opdragte gee uitvoering aan verskeie assesseringstandaarde in die Leerarea Kuns en Kultuur uit die National Curriculum Statement wat op 31 Mei 2002 in die Staatskoerant gepubliseer is en wat in geheel en in elke besonderheid voorgee om afdwingbaar te wees. Dit is beskikbaar op die Onderwysdepartement se webblad by http://education.pwv.gov.za . Daarin word "kultuur" in die eerste plek gedefinieer as dat dit die spirituele dimensie insluit. Voorbeelde aangaande "kultuur" moet dus gekies word om ook die spirituele dimensie te verteenwoordig, ten einde te voldoen aan die vereistes van die kurrikulum. In die Leerarea self verskyn dan verskeie opdragte wat van kinders vereis om rituele en ander kultuurhandelinge uit 'n verskeidenheid kulture te beoefen. Meer besonderhede, en bladverwysings na die spesifieke assesseringstandaarde kan jy kry by http://pestalozzi.org/kurrikulum .
 
In die eerste plek is dit duidelik dat die gepromulgeerde kurrikulum eksplisiet van kinders vereis om bepaalde religieuse rituele uit te voer uit meer as een kultuur/godsdiens.
 
In die tweede plek word die keuse van werkboeke gewoonlik onder toesig van die beheerliggaam van 'n skool gedoen. 'n Beheerliggaam wat, byvoorbeeld, die genoemde boek uit die Heinemann-stal voorskryf, tree op in sy amptelike hoedanigheid as 'n statutêre liggaam en deur hul keuse dwing hulle kinders om deel te neem aan die rituele wat in die betrokke boek voorgeskryf word.
 
In die finale instansie kan, ingevolge die bepalings van die Wysigingswetsontwerp op Onderwyswette 2002 (wat op 26 September deur die Parlement aanvaar is) enige van die betrokke rituele natuurlik ingesluit word by die verpligte GTA vir Graad 9, wat deur die nasionale onderwysdepartement opgestel word.
 
Dit is dus duidelik dat jou stellings oor die onderwysstelsel in alle tersaaklike aspekte maklik bewysbaar is. Ek dink dus dat Mnr Pheiffer dit baie moeilik sal vind om sy aantygings van "bedrog" en "snert" te bewys indien jy hom sou verplig om dit te verantwoord.
 
Mnr Pheiffer se voorspellings dat Afrikaners hierdie ongrondwetlike eise wat aan hul kinders gestel word onrusbarend sal vind stem egter ooreen met my ervaring onder daardie ouers wat reeds begin besef het wat aangaan. Ek het nog niemand gesien wat skuim om die mond kry nie, maar ek het baie ander tekens van uiterste ontsteltenis gesien, nie net onder Afrikaners nie. maar ook onder die Engelse en swartmense, Christene en Moslems met wie ek in hierdie verband te doen kry.
 
Mnr Pheiffer en Gesin is natuurlik geregtig daarop om die Intergeloof (wat 'n godsdiens in eie reg is) aan te hang, vir redes van verdraagsaamheid of enige ander rede wat hulle mag behaag. Dit lyk egter asof baie mense saamstem met die gesaghebbende regsadvies wat ek ingewin het, wat daarop dui dat die kurrikulumvereistes veel meer afdwing is as wat wettiglik in die naam van "verdraagsaamheid" verwag kan word.
 
Die kurrikulum en sy ondersteunende stelsels dwing kinders inderdaad om die Intergeloof, 'n godsdiens wat deur die Staat voorgeskryf word, te beoefen.

Leendert van Oostrum, kurrikulumkundige

boontoe

Dan Roodt, 18/11/2002:  Onderwysdept. skryf wel godsdiens voor

Geagte mnr. Pheiffer,

Ek is bevrees soos baie Afrikaners verkeer u in 'n toestand van ontkenning wat die amptelike onderwysbeleid betref.  Daar is geen twyfel dat Asmal revolusionêre oogemerke het om 'n totale omwenteling van die maatskappy via die skole te bewerkstellig nie.  Ek hoef u seker nie te herinner aan soortgelyke voorbeelde wat elders in Oos-Europa, Asië en Latyns-Amerika plaasgevind het, en waar die opvoedingstelsel insgelyks gebruik is om 'n bepaalde ideologie te vestig nie.

Persoonlik het ek geen beswaar indien kinders op skool kennis oor ander godsdienste opdoen, of selfs van filosofiese ateïsme nie.  Dit is egter duidelik dat die huidige leerplan sulke kennis wil gebruik om die kind se eie godsdienstige oortuigings aan te val, en hom of haar te bekeer tot die Intergeloof, 'n nuwe soort mengelgodsdiens wat in diens staan van die regering se eenwordingsideologie.

Ek het gaan navraag doen by mnr. Leendert van Oostrum, wat 'n onderwyskenner is, en ek verwys u na sy baie interessante brief wat hierbo verskyn.

Indien u verder op my of mnr. Van Oostrum se repliek wil reageer, is u welkom.  Ná alles wil ons juis nie alles wat aan ons voorgehou word vir soetkoek opeet nie, maar juis die werklike situasie ontleed.

 
boontoe

A. J. Secrève, 17/11/2002:  Reaksie op Zakes Mda

Ek het kort gelede kennis gemaak met die inhoud van 'n
sekere boek wat geskryf is deur 'n sekere verligte
Afrikaskrywer, ene Zakes Mda. Die boek getiteld "The
Madonna of Excelsior" gaan oor die berugte
Ontugskandaal in die Vrystaat in die jare 70. Met
nadere insig is die boek ook alweer die soveelste keer
dat die Afrikaner belaglik gemaak word en oor
dieselfde kam geskeer word as die Nazi's.
Daarop het ek 'n resensie geskrywe, meer om die balans
te herstel as om die inhoud te beoordeel, en wonder bo
wonder staan dit op die resensielys op
www.exclusivebooks.com .

Hier volg my reaksie op meneer Mda se hoon.

 Posted by A. J. Secrève - Amsterdam, the Netherlands.
(8 November, 2002)

For the umpteenth time a South African author forces
his own nation to look down in shame about what is
probably the most misunderstood form of government in
modern history, namely Apartheid. By claiming this I
am not justifying the denial of equality among various
South Africans, but before we flog this dead horse any
longer it is important to place oneself in the shoes
of the people who were the most concerned about their
survival in a country ravaged by famine, tribal war
and imperialism, namely the Afrikaner.Whichever way
one looks at it, Apartheid served as a means in which
a people's identity and integrity could be maintained
... something that South Africa desperately needed
during the severe urbanisation at the first and mid
half of last century. The rapid urbanisation on the
one hand and poverty combined with alienation on the
other caused a disproportional urban development among
the various groups of South Africans that left a wave
of crime and a disintegration of cultural roots in its
wake ... a cultural form of genocide in fact,
engineered by supernationalist forces (capitalists and
imperialists) who are inconsiderate towards a peoples'
background.

Mr. Mda shows little understanding of this fact, but
the reason for the Immorality Act and various forms of
segregation was to preserve a nation's cultural
heritage, and not to humiliate African people. What
identity would a child take with parents from
different cultural backgrounds? This would only
perpetuate the cultural breakdown that underlies the
current anarchy in South Africa. I see no relevance in
his scorn towards the Afrikaner who protected the
African people from the same fate as the aboriginal
people in Australia. The Afrikaner is the only western
nation that spent more of its GNP on the developing
world than it could sustain without war or revolution.
A word of thanks would be in order Mr. Mda. You
wouldn't be here today if it weren't for the boer you
hate so much.

Joseph Secrève
Nederland

boontoe

Ben Pheiffer, 17/11/2002:  Dan Roodt se loutere, opswepende snert

Watter klomp bedrog pleeg Dan Roodt weereens - sy bewering dat die Asmal-onderwysplan die voorlees uit die Koran en aanbidding tot Allah verplig is loutere, opswepende snert.  Die tipe van nonsens wat ons volkie weer in 'n mondskuimende stuipe instuur - dalk is dit sy bedoeling.   Indien hy verwag Afrikaners moet steeds soos in die ou bedeling voor in elke koor sing, is hy mos onrealisties - my gesin en ek neem met verdraagsaamheid ons plek in langs ons mede-burgers, ongeag van hulle voorkoms, herkoms, en aanbiddingsgewoontes.

 

Ben Pheiffer

boontoe

Johan Prinsloo, 15/11/2002:  Moenie angstig wees oor Raad

Johann, eil jy nie meer spesifiek wees oor die dieper verdeeldheid wat jy verwag om te ontstaan nie, asb.

Nietemin, as daar verdeeldheid sou kom, en dit is vir die regte redes is dit
beter as om 'n onhoudbare pad saam te probeer stap.
Ek stem hier saam met Dan dat die leiers verkies moet word en nie net vanuit die bestaande groepe aangewys moet word.
Ek lees 'n angstigheid by jou om hierdie liggaam gevorm te kry.  Maar as dit
nie die regte tyd is nie, en net die mense self kan dit bepaal, is dit
eenvoudig nie die regte tyd nie. Ons moet dit nie ryp probeer druk met ons
eie angstigheid nie.

Oor die kwessie van verteenwoordigendheid; Groep 63, het nie 'n register van lede nie, maar hulle praat namens 'n klomp mense en vind nogal aanklank by baie, so sê Danie Goosen vanmiddag op RSG.
Binne die konvensionele politieke proses en denke, tel die koppe - maar
hierdie proses verloor sy legitimiteit soos wat mense vervreem raak deur
politici en leiers se optrede. Maar ek dink daar is ook, noem dit maar die
onkonvensionele proses, waar mense met gesag kan praat omdat hulle die mense se harte verstaan, al het hulle nie koppe getel nie. Om diesulkes uit te sluit  en af te maak asof hulle nie bestaan nie, impliseer in elk geval
verdeeldheid.

Die vraag is eenvoudig: Het hierdie behoefte by die mense ontstaan of by die bestaande leiers? Wat is die kredietwaardigheid vd bestaande leiers?
Daar is aldag klagtes op hierdie lys oor ons leiers. As hulle nou met
hierdie reputasie vir ons 'n Raad oprig, hoe verteenwoordigend is dit
regtig? Gaan hulle ons op sleeptou neem of kan ons hulle hierdie keer
vertrou?

Dalk moet ons tog maar weer dink oor die regte tyd of hoe?

Groete

Johan

boontoe

Sebastiaan Biehl, 15/11/2002:  VF was enigste Afrikanerparty in '94

Beste Cassie, ek aanvaar wat jy sê en ek twyfel ook nie aan jou goeie bedoelinge nie.

 

Feit is egter, maak nie saak watter onderhandelinge oor eenheid agter die skerms aan die gang was: die VF was die enigste party wat as uitgesproke Afrikanerparty aan die 1994 verkiesing deelgenem het. Met die 1999 verkiesing kom die AEB as Afrikanerparty by en met die 2004 verkiesing sal die KP en die NA ook nog by kom. Die mense met wie ek te doen het kan net hul kop skud daaroor. Eenheid  sou beteken om agter die reeds gevestigde Afrikanerparty aan te loop en nie nuwes te stig wat geen bewese steun of strukture het nie. Sou die KP of AEB aan die 94 verkiesing deelgeneem het, sou daar geen bestaansreg vir die VF gewees het nie en sou ek dit afgekeur het as enige ander Afrikanerparty deelgeneem sou hê.

Verder wil ek nie weer die partydebat opwarm ne, ek het op Dan se herposisionering geantwoord en net teenoor Carel gemotiveer hoekom ek dink dat Praag nie ook nog 'n party moet word nie.
 
Groete
 
Sebastiaan
 
boontoe

Gerhard Bothma, 15/11/2002:  Nog nie genoeg gepraat oor waardes

Almal op die poslys weet dat ek 'n groot ondersteuner van die stigting van Afrikanerrade is. Chris en Liza se skrywes het egter 'n aspek belig waaroor daar ernstig besin sal moet word as ons wil he dat Afrikanerrade op die lange duur moet slaag.

 
Ons het nog nie genoeg gepraat oor hoekom ons is waar ons is nie. Daar is nog baie patologie onder ons mense wat aangespreek moet word voordat die regte mense binne die regte strukture ons mense vorentoe kan begin dra. Maar as hierdie dinge onaangespreek gaan bly, gaan die patologie maar net weer binne nuwe strukture neerslag vind. 
 
Ons verwagting van so 'n Afrikanerraad is tog dat hul ons belange op alle tereine moet dien - onderwys, gesondheid/welsyn, ekonomie, kultuur ens. Maar dit is die waardestelsels wat dit onderle wat eindelik die aard van al hierdie tereine bepaal. Daarom moet die Afrikanerraad uit verteenwoordigers met die regte waardestelsel  bestaan anders gaan dit weer net nog 'n AB of NP word. Maar hoe kan ons weet wie die regte mense moet wees wat ons op so 'n Raad moet verteenwoordig as ons self nog nie oor ons waardestelsel gepraat het nie?
 
Groete
Gerhard
boontoe

Cassie Aucamp, 15/11/2002:  Kortbegrip van Afrikanereenheid

Sebastiaan, in 'n skrywe wat veronderstel is om te handel oor die herposisionering van Praag, ag jy dit gerade om beledigend te raak en skryf jy onder andere: "Wat politieke partye betref: Die sage van die KP-AEB-CNF-CU-NA was vir my 'n voorbeeld van hoe die Afrikaner van homself 'n bespotting maak en die bekende stereotipe van veelvoudige afsplitsing vervolmaak het."  En daarna: "dat die VF die Afrikanersaak, gemeet aan die beperkinge wat die teenwordige bestel aan ons oplê, waardig verteenwoordig"

 
Dis duidelik dat jy nie my volledige uiteensetting van 7 September, "HISTORIESE VOëLVLUG OOR POGINGS TOT AFRIKANER-EENHEID 1994 -2002"  in antwoord op 'n versoek van Wytze en talle ander gelees het nie, anders sou jy nie so smalend verwys het na die sage van die KP-AEB-CNF-CU-NA wat 'n voorbeeld is van hoe die Afrikaner van hom 'n bespotting maak nie.
 
Indien jy eerder 'n kort begrip verkies, hier is die ter sake feite oor wat jy 'n bespotting noem:
 
  • Eenheidspogings voor 1999-verkiesing onder fasilitering van Afrikaner 2000+. Constand Viljoen beloof: Samewerking voor die verkiesing, eenheid daarna.
  • Slegs die AEB aanvaar Afrikaner 2000+ se samewerkingsvoorstelle voor verkiesing, VF en KP verwerp dit.
  • Verkiesing 199: VF val van 620 000 stemme provinsiaal en 430 000 nasionaal na 127 000.  AEB kry 47 000.
  • AEB voor onmiddellik eenheidsgesprekke aan. Konsensus tussen afvaardigings van KP, AEB, VF en eks-Nattes Oktober 1999 oor een nuwe party. AEB en KP aanvaar, VF-Dagbestuur skiet dit af.
  • Alliansies, inwonersverenigings ens. vir Munisipale Verkiesing Des. 2000.
  • Eenheidsgesprekke begin weer Februarie 2001: KP, AEB, VF en eks-Nattes.
  • Konsensus bereik April 2001 oor een politieke voertuig vir 2004-verkiesing.
  • Mei 2001: Constand tree uit, en nuwe VF-leiding onttrek per brief van onderhandelinge, omdat die onderhandelingsgroep besluit om die groep Viljoen-ondersteuners wat uit die VF bedank het met Viljoen se uittrede, as vyfde groep toe te laat.
  • KP, AEB, eks-Nattes en eks-VF'ers gaan voort, onderhandelinge vorder en hul stig 'n forum, nie 'n party nie!!!, te wete die CNF in Augustus 2001.
  • Onderhandelinge en konsultering vorder goed, deelnemers brei uit en Program van Beginsels van 'n nuwe party word vasgelê op 26 Januarie 2002.
  • Onderhandelinge fokus nou op praktiese sake en bemarking, en die CU word bloot as 'n dop geregistreer by die OVK om 'n party gereed te hêe as die oorloopwetgewing deurkom, net soos 'n rak-BK. Om hoegenaamd die CU te noem as nog 'n party is pleinuit kwaadwillig.
  • Mei 2002: KP onttrek oor toetrede van 'n bruin vrou, hoewel vooraf deeglik daaroor ooreengekom.
  • Junie 2002: Die res, naamlik die AEB, eks-Nattes en eks-VF's, asook 'n klomp KP's, stig die NA, as die een eindresultaat van drie jaar se onderhandelinge.
Sebastiaan, jy mag dit 'n bespotting noem. Jou rympie van KP-AEB-CNF-CU-NA is 'n eggo van een van jou leiers se kwaadwillige mediaverklarings, wat ook netso daarna weerklink het in 'n paar party-ge-orkestreerde briewe in die media. Laat ek jou egter verseker: as die VF voor die 1999-verkiesing tot eenheid ingestem het, was die DP nie vandag die amptelike opposisie nie, en as die nuwe VF-leiding, soos Genl.Viljoen wou, deel gebly het van die onderhandelinge na een enkele nuwe party, was die momentum en effèk soveel groter dat niemand vandag sou vrae gevra het oor die moontlike politieke voertuig vir Afrikaners nie: daar sou net een gewees het.
 
Jy praat van die KP-AEB-CNF-CU-NA ....wat die bekende stereotipe van veelvoudige afsplitsing vervolmaak het. Korrek wat die KP betref. Verder is dit die VF wat eers in homself en toe uit die groot onderhandelingsforum afgesplit het. Die AEB het wel 'n afsplit deur die KP-esablishment beleef,  maar sal saam met die eks-NP's, -VF's en -KP's opgaan in die NA. Baie wat een word, en nie omgekeerd soos jy te kenne gee nie.
 
Die groot probleem op die pad na 'n enkele, lewensvatbare politieke voertuig vir Afrikaners lê nie by diegene wat eerlik en sonder persoonlike servitute bereid was om die moeisame pad van opgaan-in-iets-groters te volg nie, maar veel eerder by diegene wat, ongeag reuse verkiesingsvernederings sê: Ons is die voertuig, kom wat wil. Eenheid ja, solank dit in my kraal is.
 
Kan ek afsluit deur te sê dat as ek sien hoe Afrikaners uit werklik-verkillende politieke agtergronde hul absolute steun vir die NA gee, besef ek dat die letterlik-jare se onderhandelinge, Saterdag vir Saterdag, tog die moeite werd was. Ek ervaar in die NA uiteindelik wat ek met die AEB bedoel het: 'n party wat werklik nuut geposisioneer is om ons uitdagings aan te spreek sonder verdelende bagasie van die verlede. By nabaat moet ek erken dat die AEB nog te veel in die greep van die KP beskou is, van hulle kant af, nooit van my kant af nie.Vandaar  miskien die eventuele botsing wat onvermydelik, maar tog 'n katarsis was.
 
Aan die poslyslede: jammer dat ek weer na die partypolitieke terrein moes beweeg, maar Sebastiaan het met sy sweeping statements my geen ander keuse gelaat nie. As jy op 'n hond se stert trap, dan gaan hy blaf.
 
Cassie.
boontoe

Chris Davel, 15/11/2002:  Geen toekoms met FW, FAK, Broeders

Beste Johann, as indiwidue en groepe met die kwaliteite van 'n FW, die FAK, die Broeders en diesulkes, enige inspraak het in die toekoms van die Afrikaner dan het die Afrikaner geen toekoms nie.    As ons nie kan leer om te onderskei tussen volksverteenwoordiging en professionele politici nie, dan is daar nie vir ons lig in die tonnel nie.    Ons  moet leer uit die gedrag  van die groepe in die verlede - spesifiek in terme van die ondernemings wat voorgehou is en die produkte wat hulle na 'n tyd gelewer het.
Kwasi-leierskap het ons tot op hede suur bekom.

Van Sckalkwykie en kie. beweer dat hulle 'n mandaat het om namens die volk te praat, en dit is waar, hulle is legitiem verkies.    Daarom my
besorgdheid dat as die gebrek aan wysheid in die onderskeiding van
verskillende waardestelsels in die volk nie ondervang kan word nie, sal al
die leierskapspogings en struktureringspogings net nog 'n stof opskoppery
wees, en niks volhoubaars en waardevol tot stand bring nie.

Mens kan nie anders as om jou te verstom aan die mense se dikvelligheid en arrogansie dat hulle kan dink hulle het iets vir die Afrikaner te bied het
nie, maar aan die ander kant, ons bly in die bek geruk deurdat die Afrikaner
vir twintig jaar en langer hierdie misleiers klakkeloos ondersteun het.

Hoe die definisies rondom groepe ookal sal uitkristalliseer, sien ek nie
kans om met genoemde  kwaliteit leierskap en kiesers die toekoms aan te durf nie.     Maar die Afrikaner is in barensnood wat toenemend op die spits
gedryf word.   Dit sal die waardestelsels en kwaliteite waarop volhoubare
ontwikkeling gebou kan word, wat ons weet onder die Afrikaner is,
te voorskyn bring.      Met hierdie Gideonsbende sien ek kans vir die
toekoms.    Die groter groep is egter nie binne my visie nie.

Groete

Chris

boontoe

Cassie Aucamp, 14/11/2002:  Waarom Afrikaans inperk?

Willem, 'n baie netjiese stukkie waarneming en reeds-aangevoorde gesprek

 
Jy vra:
Laastens, watter voorstelle het die deelnemers op die PRAAG-lys? Wat is die beste manier om op elk van hierdie twee antwoorde te reageer?
 
Ek stel voor jy gaan sien die twee persone wat jou geantwoord het, en bespreek die moontlikhede. Dit lyk vir my of persoon 2 meer weet wat aangaan en dalk reg is. Die eerste antwoord weerspreek homself eintlik.
 
Ek kan nie dink dat sertifikaatuitreiking in meer as een taal so 'n probleem kan wees nie. Dis mos eenmalige werk: die besonderhede daarna word bloot ingevoer soos jy dit ingevul het. 
 
Een saak wat soos 'n paal bo water staan is dat die elf-taal-beslommernis-en-koste-argument nie geldig is nie. Selfs die president het Dinsdag in die parlement gepraat van 'n groepering in ses tale/taalgroepe om veeltaligheid meer haalbaar te maak. Ons argument is: waarom een taal, Afrikaans, se gebruiksveld doelbewus inperk en verminder bloot omdat die uitbreiding na die ander nege nie haalbaar is nie. Die grondliggende beginsel van die Grondwet is: handhaaf wat jy het, skaal nie een af nie, en werk daarvandaan weier om by die ander uit te kom.
 
Sterkte!
 
Cassie.
boontoe

Liza de Ridder, 14/11/2002:  Ek is 'n Afrikaner

Ek voel soos Ockie, ek is 'n Afrikaner, en niks kan aan die saak verander nie.     En wat meer is, die joiners en hensoppers van my volk is ook Afrikaners.     Ek kan nie deur allerhande afgrensende terme van die vrot in my volk ontslae raak nie.     Buitendien, my volksidentiteit en -lojaliteit is onomkeerbaar vratte en al.   NP van Wyk Louw gee erkenning aan die totaliteit van sy volk se wees:

 
"Jy ken die pyn en eensaam lye
van onbewuste enkelinge,
die verre sterwe op die veld,
die klein begrafenis;
 
eenvoudige mense wat getrou
en enkeld bitter dinge doen,
en enkeld val soos korrels saad;
stil daad, klein trou, klein trouloosheid
van dié wat om 'n ander diens
soos knegte jou verlaat."
 
Die verkeerd in ons volk kan nie weggespreek word nie, dit moet aangespreek word, ons moet in 'lojale verset' praat.    Dit het tyd geword dat ons begin vra wat het in ons volkslewe skeefgeloop, en glo my, ons verwording het met Die Ryk of enige ander volk bitter min uit te waai.     Behoede ons dat ons ons aan so 'n simplisme vergryp.    Dit is so dat ons amper uitgewis is deur Die Ryk, en dat ons weer eens uitwissing in die gesig staar aan die hand van die magte van globalisasie en hulle handperde, maar ons verwording moet ons voor ons eie deur lê, en met onsself lojaal eerlik wees.     Ons was nie intellektueel, geestelik of psigies paraat vir wat gebeur het nie, hoekom nie.     Hoekom kon ons so belieg en bedrieg word.     Hoekom is daar nie meer murg in ons pype nie.    'n Toergids vertel van 'n groep oorsese toeriste wat, nadat hy hulle rondgewys het, gevra het dat hy met hulle moet koffie drink en hulle vertel hoe het dit gebeur dat mense wie se voorsate die Britse Ryk aangevat het, hulle land sommer so kon weggee.    Dit is in ons verwording wat ons gebrek aan verweer lê.   
 
En is dit nou nodig om my Afrikaner-wees te bevestig deur my Engelse landgenote te vervreem.    My hoofsaaklik Engelse kliënte van 'n naburige dorpie toon agting vir my Afrikanerskap en -bewustheid, dit sou onsensitief van my wees om 'n afkeer in hulle taal te openbaar.   Ons moet onderskei tussen 'n volk en 'n volk se geldmag, so ook met ons eie volk.     Na my mening het ons nog nie ons ware vyand geïdentifiseer nie.   Miskien sal ons kollektiewe weet eers in die 'loopgraaf' kom, sal ons dan eers verstaan wie is wie en wat is wat.   (Martiens, kalmeer, dit is beeldspraak!)       
 
Groete
 
Liza   
boontoe

Willem Vos, 14/11/2002:  Engels by Maatskappyregistrateur

Vir diegene wat nie gereeld met die registrasiekantoor vir maatskappye / beslote korporasies (BK) werk nie. Die registrasiekantoor het onlangs sy naam verander na CIPRO (Companies and Intellectual Property Registrations Office) - na samesmelting met die kantoor vir patente en handelsmerke.

 
Na hierdie samesmelting was daar ook 'n verandering in die manier waarop 'n aansoeker (groep aansoekers) 'n BK moet registreer. Voorheen moes die aansoeker 'n Stigtingsverklaring (CK1) in tweevoud indien by CIPRO. CIPRO het een afskrif gehou vir hul rekords en die ander afskrif amptelik gestempel en na die aansoeker teruggestuur as bewys van die BK se registrasie. Die tersaaklike CK1-vorms was of in Afrikaans, of in Engels beskikbaar. Die aansoeker kan dus kies in watter taal hulle hul CK1 verkies.
 
Die prosedure her egter nou verander: Die CK1-aansoekvorm (dieselfde vorm as die ou CK1) moet nog steeds ingedien word. Die verskil is dat die aansoeker slegs een CK1 hoef in te dien. CIPRO hou hierdie CK1 vir hulle rekords. In plaas daarvan om die oorspronklike CK1 aan die aansoeker terug te stuur, reik CIPRO nou 'n rekenaargedrukte CK1 sertifikaat uit wat al die registrasiebesonderhede bevestig. Hierdie gedrukte sertifikaat staan bekend as 'n "CK1 - Certificate of Incorporation". Al sou die aansoeker dus 'n Afrikaanse CK1 indien, is CIPRO se sertifikaat wat hulle aan die aansoeker uitreik slegs in Engels.
 
By verdere navraag aan CIPRO het ek twee weersprekende antwoorde ontvang.
 
My oorspronklike navraag was as volg (in Engels, net ingeval die CIPRO werknemer nie Afrikaans sou verstaan nie):
Please advise on the following:
When submitting a set of CK1 documents to form a new close corporation
and the original set of CK1 forms is in Afrikaans, will CIPRO issue the
computer generated Certificate of Incorporation in English or in
Afrikaans?
If the facility to generate the Certificate of Incorporation in
Afrikaans is not yet available - when will it be available?
I await you kind response.
 
Die eerste antwoord wat ek ontvang was as volg:
Hello
It all depends on what language the data capturer used. If she is
Afrikaans it will propably be in Afrikaans, but most of them are English
and don't understand Afrikaans. We do not have rules that say we have to
capture it in the language it was lodged with. Will this be a problem?
 
Die tweede antwoord was as volg:
Dear Mr Vos,
I would like to first tender my apology for this delayed response to your enquiry. I was in and out of the office in the past two weeks, I am fine now.
Our electronic system has been designed to have certificates and confirmations issued only in English. Yes, forms will all be reviewed and redesigned to cater for all eleven official languages, however, our database will allow for generation of certificates and confirmations of registrations only in English.
It will be costly to design and maintain a system which can translate captured text (data) into 11 (eleven) different languages.
Kind regards,
 
Nou wonder ek net, watter een van die twee atnwoorde is waar en watter een is 'n leuen?
 
Laastens, watter voorstelle het die deelnemers op die PRAAG-lys? Wat is die beste manier om op elk van hierdie twee antwoorde te reageer?
 
Dankie
 
Willem Vos

boontoe

Johann Wingard, 14/11/2002:  Tyd is nóú ryp vir Afrikanerraad

Hennie de Wet van die FAK skryf oa.:

" Daar was die afgelope tyd verskeie oproepe in die media en op poslyste vir die begin van 'n formele proses vir die daarstelling van 'n
verteenwoordigende Afrikanerraad.  Die vraag bly steeds of die tyd nou
"ryper" is as ses maande gelede.  Die FAK sal, indien nodig, verdere
gesamentlike gesprekke reël waartydens hierdie saak op die tafel geplaas kan word.  U kommentaar, opmerkings en aanbevelings aan die kantoor in hierdie verband word afgewag."

Die tyd is nou ryp hiervoor en die huidige sluimerende onrus maak dit 'n
saak van dringendheid, voordat die venster van geleentheid sal toegaan agv die dieper verdeeldheid wat binnekort gaan onstaan weens moontlike verdere insidente.  Ek stel voor dat 'n formele strategievergadering voor die einde van hierdie maand belê word (voordat die skole sluit) waar 'n loodskomitee gekies kan word om die projek te dryf.     Die ander strategieë wat op die Leiersberaad geopper was, soos Prof. Pieter Kapp se Oorlegforum se skakeling met Kader Asmal, het niks opgelewer nie; om nie eens te praat van FW de Klerk se bosberaad met Mbeki nie.  Dit het slegs verdere agterdog geskep.

Onderhandelings om die Afrikaners se belange uit te bou moet deur normale
druk en trek tegnieke gepaardgaan; onverteenwoordigende afvaardigings kan slegs deursigtige diplomatieke geelwortels uithang (trek)  Hulle is nie in
staat om enige druk toe te pas nie, want hulle kan dit nie 'opback' nie.
Hulle verteenwoordig slegs hulself en praat namens niemand nie!  Daar
bestaan geen ander keuse as om nou aan die gang te kom nie.

Groete

Johann Wingard

boontoe

Sebastiaan Biehl, 14/11/2002:  Nie meer as een Afrikanerparty

Carel, daar is 'n paar dinge in jou brief waarop ek moet antwoord, aangesien jy goed in my brief lees wat ek nie gesê het nie.

 
Wat politieke partye betref: Die sage van die KP-AEB-CNF-CU-NA was vir my 'n voorbeeld van hoe die Afrikaner van homself 'n bespotting maak en die bekende stereotipe van veelvoudige afsplitsing vervolmaak het. Anagesien ons so min Afrikaners is, en talle Afrikaners dit in elke geval verkies om net sekondêr Afrikaners te wees en dus partye soos die DA steun, kan ons nie meer as een uitgesproke Afrikanerparty bekostig nie. Minder is in der daad meer in die geval. 'n mens sal altyd iets kan kritiseer aan enige party, maar ek dink dat die VF die Afrikanersaak, gemeet aan die beperkinge wat die teenwordige bestel aan ons oplê, waardig verteenwoordig. Praag en sy verteenwoordigers sal kwalik dieselfde rol n die parlement kan speel as wat hulle tans buite die parlement speel, weens die beperkende reëls van die parlement en die beginsel van meerderheidsgesag, waar opposisiepartye 'n paar minute vinnig iets kan sê wat gewoonlik nie deur dei media gedra word nie, terwyl die regering in lengte sy beleid kan verduidelik en uitvoer na wense.
As jy somer veronderstel dat die Afrikanerpolitici net vir eie, selfsugtige motiewe in die parlement sit, hoe sal jy so seker kan wees dat iemand wat op Praag se lys verkies word nie ook sy eie agenda volg nie?
 
In antwoord op Dan se brief sê ek net dat ek Praag as 'n aksiegroep sien. 'n Rdelik suksesvolle intellektuele dinkkring is die Groep van 63, en 'n duplisering is nie nodig nie.
 
Wat die kunstenaars betref lees jy heeltemal verkeerdelik enige afkeur in kunstenaars van my kant af. Terwyl jy nou Johannes Kerkorrel gebruik: ek is 'n groot liefhebber van sy musiek en beskou hom as 'n groot kunstenaar en sy dood as 'n verlies vir Afrikaanse kuns. Ek sê ook nie dat kunstenaars altyd 'n politieke agenda moet volg nie. Al wat ek sê in ondersteuning van Dan se punt is dat Afrikaanse kuns alleen nie genoeg is om 'n Afrikaanse herlewing te bewerkstellig nie. Niemand betwyfel kunstenaars se bydrae nie, maar ek is teen die persepsie wat Beeld probeer vestig, namlik dat die "nuwe jong moderne Afrikaner" geen politieke sienings en ideale het nie en net na Karen Zoid en Theuns Jordaan wil luister en rooiwyn wil drink en dit is dit.
 
Verder veronderstel jy verkeeerdelik dat ek op bruinmense neerkyk. Ek het weereens bloot Dan se punt beaam dat die bydrae van  bruin intellektueles tot die taalstryd soos deur Praag beoefen teleurstellend was en ons nie moet voorgee dat daar 'n groot politieke aksie vanuit die bruinmense rondom Afrikaans bestaan of ontstaan nie.
 
Groete
 
Sebastiaan
boontoe

Johann Wingard, 14/11/2002:  Afrikaans is vir Afrikaners belangrik

Dan skryf:

"Hoewel ons voortdurend samesprekinge met ander groepe gevoer het rondom meertaligheid, en telkens in debat getree het met bruin intellektuele en ander lede van daardie gemeenskap, het die hele fokus van die taalstryd verskuif na 'n spesifiek Afrikanergedrewe kwessie."

Ek stem met Dan saam: mens kan 'n perd tot by die water neem, maar drink moet hy self.  Dit is glashelder dat ander volksgroepe hul eie stryd wil
stry; dat hulle nie geko-opteer wil word nie en dat hulle graag afstand
tussen Afrikaners se prioriteite en hul eie wou sien.  Verder glo ek dat 'n
suksesvolle PRAAG ander groepe se bewondering sal verdien.  Dit is slegs dan dat skakeling spontaan sal plaasvind; veral wanneer PRAAG bonop gereeld 'n hand van vriendskap na ander groepe uitreik. Maar om ander groepe se stryd vir hulle te stry sal telkens misluk, hoe mooi en edel dit ookal mag klink.

Die Taalsekretariaat het blykbaar 'n ander fokus, naamlik om vir die behoud
en uitbouing van al elf tale te werk. Hoe suksesvol hulle daarmee gaan wees, sal net die tyd ons leer.  Nogtans voel ek dat hulle PRAAG se  ondersteuning en aanmoediging met daardie poging verdien.

Dit is ook so dat die taalstyd vierkantig op die makro-politieke terrein
gestry moet word, nie (soos ek vantevore versoek het) in die familie
agterplaas van broedertwis en verdagmakery van mede-Afrikaners nie.  Hierdie stryd moet ook suiwerder omlyn word, sodat kwessies soos godsdiens, rassisme, die hervertolking van die geskiedenis, almal sake wat deur die meeste mense as verdelend ervaar word, nie die kern van PRAAG begin vorm nie.  PRAAG moet dus deel word van 'n samebindende entiteit van Afrikaners, want Afrikaans is vir alle Afrikaners belangrik.

Hoe sien ek PRAAG se prioriteite dus?

Dan skryf:

"VISIE:  Om Afrikaans te herstel as 'n nasionale taal en daarmee saam alle
vorme van etniese oorheersing oor, of rassediskriminasie teen, Afrikaners te beëindig.

MISSIE:  PRAAG beywer hom vir Afrikanerregte wat die Afrikaanse taal,
kultuur, erfenis en identiteit insluit.  Ons strewe na eie Afrikaanse skole
en universiteite, en ander gemeenskapsinstellings waarbinne ons ons kultuur en identiteit aan 'n volgende geslag kan oordra sonder inmenging van buite. Die bevordering van die Afrikaanse taal, letterkunde, musiek, geskiedenis, kookkuns - kortom kultuur in al sy fasette - is vir ons 'n lewenswyse.  Ons verwerp imperialisme en assimilasie in al sy vorme en verklaar ons getrou aan die Afrikaner se lang tradisie van anti-imperiale stryd.  Indien daar nie gehoor gegee word aan ons billike eise om ons identiteit te behou of ons kultuur te mag uitleef nie, behou ons ons die reg voor om selfbeskikking op te eis in terme van artikel 235 van die Grondwet van Suid-Afrika, wat 'n eie grondgebied en 'n eie staat mag insluit."

My gevoel is dus dat ons in praktiese terme op die volgende moet fokus:

1. Die onderwys.  Afrikaans moet in die skole en tersiêre instellings as
primêre onderrigtaal voortgeplant en ontwikkel word.  Rassisme het hier geen plek nie; die enigste vyand is Engels!  Kwessies soos die kurrikulum is
aanverwante kwessies en word veral deur kerke en ander instansies sterk
beoordeel.  PRAAG kan daarmee meedoen, maar in die onderwys moet sy
hooffokus die taalkwessie bly.

2. Afrikaans as omgangstaal in die handelsgemeenskap:  PRAAG benodig nog 'n paar Parmalat-tipe aksies.  PRAAG-lede moet hulself beskikbaar stel om op bepaalde dorpe as waghond vir hierdie stryd op te tree.  Nie as arrogante vegters wat vernietigend optree en verwydering tussen die publiek en PRAAG as gevolg het nie, maar as beskaafde en beleefde, dog ferme taalstryders wat die respek van ander sal verdien en wat die beweging deur hul standhoudende en beskaafde optrede sal laat groei.

3. Waghond oor Afrikaans se amptelike status.  Die stelselmatige erodering
van Afrikaans se posissie moet met sterk maatreëls teengestaan word en PRAAG het hier 'n leidende rol te speel in samewerking met ander groepe wat dieselfde oogmerke het.

4. Die daarstelling van 'n verteenwoordigende Afrikanerraad aktief te
ondersteun en te bevorder, sodat die huidige leierskapkrisis, veral die een
wat heers op die eerste, tweede en nasionale vlakke van die politieke
terreine, die hoof gebied kan word.  Daarna sal die Afrikaners se taalstryd
ook na die internasionale vlak geneem kan word, sal die stryd om ons skole
ens. sterker gestry kan word, sal ons historiese erfenisse behoue kan bly en sal die huidige diskriminasie teen Afrikaners beveg kan word.

5.  Om sy lidmaatskap uit te brei en sy fondsinsamelingspoging wesenlik te
versnel sodat ons van die kubervlak na die straatvlak kan beweeg.  Daarvoor benodig ons baie lede en baie fondse.  Sonder getalle en sonder fondse sal ons maar net 'n twistende groepie wit Afrikaanspraters bly.  Elke persoon wat 'n skriftelike bydrae op hierdie lys maak of wil maak, moet ook bereid wees om sy deel by te dra om PRAAG se strydfonds te versterk, anders mag hulle dalk deur betalende PRAAGers as parasiete beskou word; mense wat slegs aan die gesprekslys deelneem om 'n gehoor vir hul teorië te soek.  Die huidige lidmaatskap is R20 per maand, skenkings is ook welkom. My voorstel is dus dat slegs ingeskrewe lede, dws lede wat by die poslys geregistreer is en wie die aftrekorder voltooi het, hier mag deelneem.  Die gedragskode van PRAAGers sal ook sodoende onderskryf en ondersteun moet word.  Sou dit die effek hê dat die bydraes op die lys wesenlik verminder word, dan moet dit maar daarnatoe wees.  Tans verloor ons meer lesers en potensiële aktiewe bydraende lede deur ondeurdagte gemorspos, deur vloekende en skellende bydraes wat lesers beswadder en beledig, as wat ons sal verloor deur die fokus beter in te skerp.

Sonder sy lede se pyn gaan PRAAG verdwyn!

Groete,

Johann Wingard

boontoe

Leendert van Oostrum, 14/11/2002:  Dalk hoogverraad

Beste Dan,

 
Dankie vir 'n goeie uiteensetting van PRAAG se herposisionering.
 
Ek sou net versigtig wees om gesien te word om staatkundige afskeiding (soos in onafhanklikheid) te bevorder. Soos ek dit verstaan, werk dit so:
 
Art 235 erken dat daar regte op selfbeskikking bestaan, maar binne die SA staatsbestel en sulke regte mag ook net uitgeoefen word tot der mate dat hulle nie die groter geheel benadeel nie.
 
Die grondwet maak nie voorsiening vir meganismes om hierdie selfbeskikkingsregte af te dwing nie. Dit beteken mens moet daardie meganismes (administratief/polities/ens.) self skep maar daarmee kan mens potensieel ver vorder hoewel dit moeilik sal wees teen die sin van 'n kwaadwillige meerderheid soos wat ons het.
 
Om egter staatskundige afskeiding te bepleit neem jou buite die omvang en beskerming van die grondwet en bring jou naby aan hoogverraad.
 
Groete, Leendert
boontoe

Carel van der Merwe, 14/11/2002:  Afrikaners is polities leierloos

Sebastiaan, Dit is nou die tweede keer dat jy skryf dat daar genoeg politieke partye bestaan en hierdie keer het jy besluit dat daar ook genoeg "dinkkringe en kultuurorganisasies" is. Ek weet nie hoe jy genoeg bepaal nie. Vir wie genoeg? Sekerlik vir Marthinus van Schalkwyk, Pieter Mulder, Cassie Aucamp en Tony Leon en wie ek ook al uitgelaat het. Hulle is almal seker liewe, gawe en goeie mense, maar ongelukkig dink die grootste gros Afrikaners dat ons polities leierloos is, want die partye is soos vinkel en koljander. Die "dinkkringe" dink skynbaar so hard dat daar net nou en dan 'n geluid, sommige sal sê 'n wanklank, uit hulle rigting kom en dit is 'n groot geheim of daar enige iemand is wat daar leiding gee of wil gee. Die leiers van die kultuurorganisasies is onsigbaar, behalwe as daar af en toe gepraat word met hulle deur iemand van die ANC en wat dan ook gewoonlik op hulle uitnodiging geskied. 

Van stille diplomasie sal Mbeki hierdie mense absoluut niks kan leer nie. Hulle is te Engels om saam te betoog vir die Afrikaanse taal en kultuur. Hulle is goed geskoold in die kuns van laaglê en 'n lae profiel handhaaf en opsies oophou. Hierdie houdings sal veroorsaak dat PRAAG, wat nie ly aan hierdie verfynde politiese wanopvoeding nie, wel deeglik direk by die politiek kan betrokke raak in die toekoms. Die tyd sal leer. PRAAG is niemand se stoker of hardloper nie, allermins ambisieuse politici of hulle aanhangers s'n. 
Vir iemand wat deurlopend met kleurlinge en kunstenaars te doen het en te doen sal hê tot ek doodgaan, kan ek net lag vir mense wat dink jou Afrikanerskap moet daarmee bots. Ek is vas oortuig daarvan dat mense wat so dink, diskrimineer heimlik op grond van kleur en stel nie regtig belang in die kunste nie. Johannes Kerkorrel is dood. Ek het in hierdie jaar met hom gepraat, nie oor die taalstryd nie, maar oor sy cd's waarvan die Vlaminge nie genoeg kan kry nie. Nou ken hulle ook Al lê die berge ook so blou, net soos wat die beiaardier van die Onse Liewe Vrou-katedraal in Antwerpen ook vir jou Sarie Marais en Bobbejaan klim die berg sal kan speel. Dieselfde dag as wat ons verwag Afrikaanse kunstenaars en skrywers moet almal taalstryders word, is dit die eerste dag van die begin van die einde van Afrikaanse kultuur.
 
boontoe

Sebastiaan Biehl, 13/11/2002:  Herposisionering van PRAAG

Beste Dan, ek stem heelhartig saam met jou gedagtes oor die herposisionering van Praag. In 'n sekere sin word nou amptelik gemaak wat feittelik reeds lank die geval is, naamlik dat dit vir Praag oor meer gaan as oor die bevordering van Afrikaans in die besonder en meertaligheid in die algemeen.

Dit is egter goed dat die fokus steeds op Afrikaans bly, want dit is 'n leemte, daar bestaan reeds meer as genoeg politieke partye,  dinkkringe en kultuurorganisasies. Die klem op Aksie (dus Pro Afrikaanse AKSIEgroep) is belangrik, want weereens bestaan daar genoeg organisasies wat in hul binnekring praat en verklarings uitstuur maar niks daadwerklik doen nie.
Die ses punte wat jy noem kan ek ook net ondersteun, want om deur die media en die establishment aanvaar te word moes Praag so inklusief, verlam en polities korrek wees dat feitlik geen van die eintlike doelwitte bevorder kan word nie. Dus hoef praag nie voor te gee om pro-transformasie en anti-Afrikaner te wees nie. Die feit dat Praag feitlik uitsluitlik deur Afrikaners, en nie bruin Afrikaanssprekendes gedra word bewys dat die idee van inklusief vir meertaligheid nie haalbaar was, weens die redes soos deur jou uiteengesit.
Verder stem ek ook saam dat taal nooit losgemaak kan word van politiek nie, en dat dit wel goed is om Afrikaanse musiek te luister en Afrikaanse kunstenaars te steun, maar dat dit nie die einde kan wees nie. Taal moet juis uit die private in die openbare sfere ingedra word, en sodra iets in die openbaar gedoen word is dit reeds 'n aspek van politiek.
Verbeel jou, hoe kan ek geesdriftig wees oor Afrikaanse kunstenaars en musiek of literatuur, maar vrede hê dat ek Afrikaans nie op skool of universiteit mag gebruik nie.
 
Groete
 
Sebastiaan
 
boontoe

 

Johann Wingard, 13/11/2002:  Sokrates oor die waarheid

Na aanleiding van Andries se tirade kan ek nie anders as om die volgende met u te deel nie.  Socrates is aan die woord in "Die Apologie": (The Apology:  Plato / in engels vertaal deur Benjamin Jowett, Afrikaanse vertaling my eie) 

 
 
"Ek kan my nie indink hoe julle, o, Atheners, moes gevoel het by die aanhoor van my beskuldigers se tirades nie;  maar ek weet dat hul oorredende woorde my byna laat vergeet het wie ek is --  dit was die effek daarvan op my; en tog het hulle kwalik ‘n enkele woord van waarheid gepraat.  Nieteenstaande die talrykheid van hul valsheid, was  daar veral een wat my getref het ; -- ek verwys na die een waar hulle gewaarsku het dat u op u hoede moet wees en u nie deur die krag van my welsprekendheid moet laat mislei nie.  Hulle behoort hulle hiervoor te skaam, want hulle moes geweet het dat, sodra ek my lippe begin oopmaak en my gebrek begin toon, hulle verkeerd bewys sou word.  Almal kan sien dat hulle deur daardie bewering geen berou toon nie; tensy hulle by welsprekendheid die mag van die waarheid bedoel, want, dan moet ek erken dat ek welsprekend is."
 
Groete,
 
Johann Wingard
boontoe

Willem Vos, 13/11/2002:  Afrikaner en Afrikaan

Nee, 'n persoon wat in Afrika woon is 'n Afrikaan (African in Engels). Daarenteen is 'n Afrikaner enige persoon wat Afrikaans praat (en verkies on dit te praat bo enige ander taal) en wat, indien hy/sy sou moes kies, sy Afrikanerskap voorop sou stel bo sy/haar nasionaliteit (hetsy Suid-Afrika, Namibië of watter ander land ookal).

 
Natuurlik sal die eerste prys wees as die regering van die land waarin die Afrikaner hom bevind,  'n Afrikanervriendelike beleid sou volg waar die Afrikaner dus nie voor so 'n keuse (tussen Afrikanerskap en nasionaliteit) sou hoef te kies nie.
 
Willem Vos

boontoe

Tim Kok, 13/11/2002:  Van Schalkwyk 'n opportunis

Beste Ockie, Volpunte vir jou bydrae. Ek dink dit is nie soseer die ANC wat met die Groep van 63 se standpunt op hol gegaan het nie, maar die nonsens wat deur die opportunis Van Schalkwyk aan hulle vertel is wat die
moeilikheid veroorsaak het.

Onthou Van Schalkwyk moet darem deurlopend met nuwe truuks vorendag
kom om sy teenwoordigheid in die ANC se bed te regverdig. Netnou raak
hulle met hom verveeld, soos wat waarskynlik maar met die meeste
prostitute ook gebeur.

Groete

Tim Kok

boontoe


Ockie van Schalkwyk, 13/11/2002:  Groep 63-brief 'n eerlike poging

Beste Praagers, Ek het Groep63 se brief aan Mbeki nou al vir die soveelste maal gelees en uiteindleik agtergekom waarom ons so sukkel om êrens te kom wat samewerking onder Afrikanergeledere aanbetref.

Geeneen van die meningsvormers (joernaliste) of politici wat die brief
onder oë gehad het, kan lees nie. Ek twyfel selfs of hulle 'n basiese
st.8 begripstoets uit die ou bedeling sou slaag. Miskien moes G63
'Afrikaner' vervang het met 'Palestyne', 'regering' met 'Israelse
regering', dawerende applous ontvang het van die pers en politici en
dan die oorspronklike weergawe beskikbaar gestel het.

Mens hoef bloot net na die geskiedenis te gaan kyk om die algemene
rigting vir die toekoms te voorspel. Soos dinge nou aangaan is dit
maar 'n kwessie van tyd voordat daar onder Afrikanergeledere 'n
ekwivalent van die IRL bestaan. Hulle sal ook 'n lang stryd baklei vir
internasionale simpatie, maar dit tog wel op 'n stadium kry.
Afrikaner-onafhanklikheid sal in die toekoms 'n brandpunt word. Selfs
iemand met 'n baie basiese historiese ingesteldheid behoort dit te
weet.

Die Groep63 brief was myns insiens 'n eerlike poging om 'n nugtere
perspektief aan Mbeki oor te dra. Ek verstaan nie eintlik die bohaai
daaroor nie. Hy behoort dankbaar te wees dat iemand hom hierop wys.

Groete
Ockie

boontoe

Andries Lombaard, 13/11/2002:  Boerevolk is reeds op pad

 

Dit is verblydend dat Johann Wingard darem nie die benaming Afrikaanses toe-eien nie - alhoewel slegs volgens Adam Smal se keuse.

 

Ek neem Smal se ontkoppeling van die Afrikaner ook nie kwalik nie. Hy het lankal deur die Afrikaner gesien en wil waarskynlik ook niks met hom te doen hê nie, soos Richard van der Ross en ander weeskinders van die Afrikanerdom.

 

Volgens die goedige ou semantiese verkneukeling is die "Boer" 'n landbouer, en die "Afrikaner" 'n beesras. Op ligter trant kan Afrikaners ‘n "semantiese" keuse maak oor wié of wát hulle wil wees, 'n mens of 'n bees, en daarby staan.

 

Maar Afrikaners kan ook by die Maleisies-vermengde getuienis van Bibault in sy dronkenskap staan, om dan saam met FW de Klerk in sy héél Laaste Trek te verklaar: "Ik ben een Afrikaan." Myns insiens was hierdie aanspraak eerder geldig vir kleurlinge wat geen ander  volksheenkome gehad het nie. Hulle was nie welkom in Europa of Maleisië nie omdat hulle in Afrika vermeng en vasgevang was.

 

Afrikaners kan natuurlik ook saam met die AB hul bekookde Afrikanerskap saamkoor. Miskien vonkel daar tóg 'n joppie erens, soos met die Volk-Staat-Raad, dalk 'n ou presidentskappie oor ‘n suiglekker soos die Demokratiese Afrikaner Raad. Dis tog interessant dat die volksvreemde regering die VSR-partytjie stopgesit het, Sela!

 

Ons was lankal gekrap oor hulle soort huigelary en swigtery, terwille van poste en statusse. Ons Boerevolk was as stemvee misbruik om sodanige verteenwoordigers se salarisse, karre en huise te betaal, sonder verteenwoordiging in die NSA.

 

Vandag kan geen burger ‘n eie verteenwoordiger se naam of telefoonnommer noem nie. Dan verbaas ons ons oor die gebrek aan wedersydse rekenskap en verantwoording, oor regeringskorrupsie en gevolglike burgerike ongehoorsaamheid, oor bomme wat geplant word, omdat mense nie gehoor word nie.

 

Die Boere-voetvolk moes ploeg en plant, fabrieke, huise en damme bou en belastings betaal uit ons karige inkomstes, terwyl die Kaaps-koloniale saam met verraaier-nakomelinge oral in die raadsale in swier rondgesit en die volgende skuiwe beplan het om ons verder te verslaaf aan hulle politieke dagdrome. Vandag stel ons bloot nie verder belang nie, want ons sg. leiers werk slegs vir hulle eie belang. Voorbeelde was daar baie. Terwyl die Boerevolk goed georganiseerd was in 1993, het Constand Viljoen eerder verkies om verraadsonderhandelings met die ANC te pleeg.

Ons vewag om weereens gemarginaliseer te word deur mede-Afrikaners, soos met Slagtersnek of die Groot Trek, toe ons eie kerkrade ons Trekkervaders uitgeban het uit húlle weergawe van die “koninkryk van die hemele” omdat hulle rebelle was. Ons besef egter dat dit juis onder daardie verskopte toestand was wat die hemelse Vader uitgereik het en ‘n Verbond met hulle gesluit het, wat van hulle ‘n volk gemaak het omdat hulle beloof het om ‘n Volk van God te wees.

 

Ons besef vandag dat die Trekkerrepublieke met hulle 24 ouderlinge in die Volksrade, gekies uit ‘n 12 Heemraadsstelsel, gebou op groepperinge van 13 gesinne die teokrasie van die OT (13-stamryk met ‘n Levitiese Staatsadmin. Orde) en die christokrasie van die NT her ingestel het waar 12 gesinne ‘n christus as gesalfde diensleier vir hulle kies om hul in raad en daad te bedien en te lei.

 

Ons besef vandag hoedat hierdie orde en belofte om volk vir God te wees weer toegelaat was om deur die toetrede van kerke verbreek te word, waar kerkdenominasie elkeen ‘n eie “volk vir god” byeengebring het, en so die Volksverbond met die Almagtige verbreek het. Ons voorgeslagte het ‘n verskriklike prys betaal vir hierdie ongehoorsaamheid. 20% van die Boerevolk is uitgewis in ‘n Britse holocaust. Verder sit ons vandag onder ‘n Babiloniese koloniale regering. Maar ons het ons oortredinge ingesien en is besig om daarvan te bekeer en te hervorm onder die tugtende hand van die Vader.

 

Ons besef ook dat Afrikaners hulself nie kan verhelp nie. Hulle bindinglose swakheid is waarskynlik eties-geneties oorgedra. Hulle het immers nie ‘n Verbond met die Almagtige nie. Nou sit hulle vasgevang in Afrika, soos ons, maar sonder ‘n volksidentiteit. Hulle skarrel nog om ‘n volk tussen gemengde Afrikaners te probeer saamstel en probeer dit met ‘n stemversameling doen.

 

Afrikaners wat nog die opkoms van die Boerevolk wil teenstaan moet liewer uit ons pad bly. Ons sal regkom sonder hulle inmenging, dankie. Hulle moet ook nie naderstaan omdat die Boerevolk begin beweeg nie. Hulle brose ledemate mag straks onder ons hake beland, soos in 'n taai rugbywedstryd.

 

En nee, Johann, vandag praat ek uit my hart, nie namens enige organisasie nie. Ek, Andries Louis Lombaard, praat namens die diepste roeringe binne-in my wese, iets wat sommiges waarskynlik nie sal begryp nie.

 

Ek praat namens familielede en volksgenote, wat daagliks in opritte en binne-in hul tuistes beroof, geskiet en verkrag word; ook vir húlle wat reeds stom in die begraafplase lê, wat die Koloniale-Afrikaner se prys op die slagvelde- en werksplekke, in kerke, skole, die weermag en op universiteite moes betaal.

 

Ek praat vandag vir my kinders wat nog nie geslyp genoeg is om Afrikaner-verraad teen die volkere van Suider-Afrika te verstaan nie en wat 'n vermengde Afrikanergeskape toekoms in die gesig staar; wat uit die opvoedkundige breinspoelingsisteem ontworstel moet word, omdat Afrikanerorganisasies in die geheim en sonder om hulle volke te ken, eensydig besluit het om ons land polities-korrek weg te dobbel; en die teensprekers eenvoudig getipeer, uitgerangeer en doodgeswyg het, iets waarin sommige poslyslede so goed onderlê is.

 

Ek het by herhaling daaroor geskryf, ook op hierdie poslys vroeër: Trek die lyn tussen hulle en hul aanvegbare Afrikanerverlede.

Vat hande as Boere, as lede van die Boerevolk. Beweeg as 'n enkel geboortedag-getuievolk, as opstandingsvolk vanuit die doodsbeendere uit die dal Agor. Laat toe dat die geestelike winde van bevryding oor u waai.

 

Dit sluit Boere in wat nog mislei word om hulself as Afrikaners te beskou. Ons aanbod aan hierdie Afrikaners is tot hulle eie redding, want die Boerevolk is reeds oppad.

 

Die Boerevolk se opstanding het reeds sedert Juliemaand, 2000 plaasgevind. Gaan maar u eie bronne na om te bepaal wanneer die sug na volksvryheid weer begin rigting toon het, waarna sekere politieke disse nie meer vir soetkoek opgeëet was nie. Besoek Kleinfontein en Orania, selfs Balmoral. Neem waar wat het sedertdien gebeur. Die keurige waarnemer sal op die verskynsel van tuisgemeentevorming dwarsoor die land afkom, waar gesinne weer vir mekaar begin omgee, mekaar bedien en help.

 

Dit is die Afrikaner wat geestelik moet bykom, sy skandalige verlede afsweer en saamstap op die pad na vryheid, òf agterbly soos destyds in die Kaap. Ons "traai" nie meer nie, o grote Kaapses, ons is oppad na volksvryheid onder ons eie volksregering, soos in 1836 met duidelike riglyne.

boontoe

Johann Wingard, 03/10/2002:  Kollektiewe Identiteit

 
Coen Botha skryf:
 
"Daar is 'n paar goed wat moet reggestel word in die regering se beleid. Regstellende aksie is een. Dit moet end kry. Watter mag buite die partypolitiek kan mens aanwend? Nie dat ek partypolitiek afskryf nie, maar die opposisie is nie tans in 'n posisie om hond haaraf te maak nie. Hoe kan 'n mens dit aanvul?"
 
Johann Wingard antwoord:
 
Eers enkele basiese standpunte waarop ek dan verdere gedagtes wil baseer:
 
1.Kultuur -, godsdiens - of rassegroepe besit verskillende kollektiewe identiteite:  Dis nie nodig dat hierdie identiteite op velkleur of fisiese eienskappe waarneembaar hoef te wees nie, maar berus op die innerlike belewenis wat 'n groep ervaar van die wêreld rondom die bepaalde groep.  Noem dit die binnekring van 'n volksgroep wat 'n kollektiewe identiteit na binne het.  Dit is nie 'n deterministiese uitgangspunt nie, maar berus op die neiging dat individue graag hul eie soort wil opsoek om mee te assosieer.
 
2. In 'n multikulturele samestelling soos in Suid-Afrika sal wedywering tussen volksgroepe altoos plaasvind.  Wedywering bring spanning mee, aangesien daar geduring wenners en verloorders moet wees.  Die grense van selfbeheersing en selfbeperking word maklik oorskry en vergryping word 'n alledaagse verskynsel.  Dis veral wanneer wraak - of skuldkomplekse by die verskillende groepe bestaan, naamlik, die persepsie dat blankes kollektief skuldig is aan die magsvergrype van apartheid ( en hier verwys mens na "slegs blankes", werksafbakening, wet op gemengde huwelike, uitsluiting uit die ekonomie, ens) en dat dit dus geregverdig is dat blankes hul werk, bates, regte of selfs hul lewens sal verloor, of die siening dat swartmense in hul beskawingspeil minderwaardig voel teenoor witmense en met die mag in die hand aan hulle wil toon dat hulle net so goed of beter as blankes is.  In so 'n geval word die wedywering 'n ongelyke stryd en stuur dit op 'n gewisse botsing af.  Weereens is dit nie 'n deterministiese stelling nie, maar 'n bewese sielkundige feit van groepsidentifikasie en kohesie, en motiverings wat deur meningspeilings bewys is.
 
Hierdie twee beginsels lê aan die wortel van ons misdaadprobleem, plaasmoorde en is die dryfkrag agter regstellende aksie.
 
In antwoord op Coen se vraag, dus, sit ons met 'n strukturele probleem en probeer om dit met liberaal-demokratiese beginsels te besweer deur op die gedrag van enkelinge te fokus.  Deur die probleme verder ook by armoede of dergelike sosio-ekonomiese oorsake te gaan soek is ook foutief.  Die enigste oplossing is om die struktuur aan te pas, want dit sal sal 'n oefening in futiliteit wees om miljoene mense se persepsies te probeer verander binne 'n samelewing waar daar soveel wanbalanse bestaan.
 
Hoe word die struktuur verander? Dit bring my na die volgende punt.
 
3. Die konsep van politieke energie:  Politieke energie word opgewek deur die samevloeiïng van strategiese belange van verskillende binnegroepe, sodat die belange die rigtinggewende optrede van deelnemende groepe bepaal.  Politieke energie op 'n globale skaal was nodig om blanke bewind hier tot 'n einde te bring.  Hier het verskillende binnegroepe, nl. die swartes, vakbonde, kommuniste, westerse regerings asook ander handelsvennote en self liberale blankes binnelands en oorsee saamgespan met 'n gemeenskaplike doel om Afrikanerheerskappy te beëndig. Sodoende is enorme politieke energie opgebou, en het die samevloeiïng van al hierdie groepe se belange die ineenstorting van die wil van die Afrikaanse leierskap tot gevolg gehad.  Die leierskap se wil het ondergeskik geraak aan die magte wat die "logiese" skepping van alternatiewe toekomsbeelde losgelaat het. Vir die blanke leierskap het die toekomsbeelde nuwe werklikhede geword.  Deur die voorgestelde toekomsbeelde positief in te kleur en die alternatiewe beeld negatief voor te stel, word daar naderhand geglo dat 'n magsoorgawe 'n oorwinning sal wees, want die alternatiewe scenario is deur die oorgawe vermy.  In die geval van die NP se onderhandelaars was daar soveel politieke energie geskep om die alternatiewe negatiewe toekomsbeelde te vermy, dat dit voldoende was om 'n magsrewolusie te bewerkstellig, waar daar slegs tien jaar vantevore geen sprake van was nie. Strukturele probleme kan dus slegs struktureel opgelos word en dit kom neer op die opbou van soveel politieke energie dat 'n strukturele aanpassing onvermydelik word.  Dis 'n geveg wat nooit binne die parlement gewen sal word nie, maar op terreine waar magsbalanse getoets word.
 
Dan skryf Coen verder:  " Die regering se beleid speel in die hande van die linkses. Die linkse stommerikke kry momentum, daar is maksimum 'n dekade voor hulle magtig genoeg raak om die regering te word, ek dink vyf jaar is nader aan raak. Ek is erg krities oor die bestaande opset in die vryemarkstelsel - dit lei tot die soort van boosheid wat ISCOR pleeg - maar sosialisme en kommunisme is selfmoord. Enige idees?"
 
 Iscor se "boosheid" gaan reeds vir meer as veertig jaar aan.  Dit was moontlik gemaak, nie deur die vryemarkstelsel nie, maar deur die stelsel van staatskapitalisme waar staatsmag aangewend was om bedryfsbesluite te neem.  Nêrens was daar meer besoedeling as in die ou Sowjet-Unie nie.  Ek het met my eie oë gesien hoe die afvloeiwater van 'n titaanmyn in Tajikistan situ-situ in die bergstroompie uitgepomp was.  Daardie stroompie het by ander aangesluit en weer by ander, totdat die vergiftigde water uiteindelik in die Baikalmeer gevloei het.  Toe ek die Russiese werkebestuurder daarop wys, het hy skouerophalend vertel dat sy uitsetbegroting hom nie toelaat om iets daaraan te doen nie.  Buitendien was daar nog geen klagtes nie.  Coen, dis in die vryemark waar omgewingsbeheer toegepas kan word omdat die regering die landsbodem moet beskerm en nie self by besoedelingspraktyke betrokke kan raak nie.  'n Regering is nie so gretig om homself te tugtig nie.
 
My indrukke van die regering se beleid is dat hulle juis nie in die hande van die linkses speel nie en tans besig is om hulle uit te werk.   Ek het reeds meer as vyf jaar gelede voorspel dat 'n breuk tusen die die sosialiste (Cosatu + SAKP) en swart nasionaliste onvermydelik is.  Die SAKP het 'n verleentheid vir Mbeki se NEPAD, (NEPAD soek groot afstand tussen kommunisme en Afrikastate) die AU en sy Renaissance geword.  Vir sover dit Cosatu aanbetref, is hulle en die Zimbabwiese opposissie (Movement for Democratic Change) in dieselfde bootjie en word hulle 'n verleentheid vir die groter prentjie van Afrika-solidariteit.  Struktuuraanpassings sal noodwendig volg, maar nie in die rigting waarlangs witmense se belange bevorder sal word nie.
 
Ek sal my gedagtes oor 'n gemengde ekonomiese stelsel vir ontwikkelende lande op 'n ander geleentheid verder verduidelik.  Tot dan, volstaan ek hiermee.
 
Johann Wingard

boontoe

Gerhard Bothma, 17/08/2002:  Medemenslikheid nie gelyk aan kruiperigheid

Marthie, laat ek nou probeer om so duidelik as moontlik te wees.

 
Daar was een argument wat Marius geopper het waarop ek gereageer het. Daardie argument is dat die Afrikaner net in Suid-Afrika kan oorleef as hy so inklusief as moontlik is want deur sy eie kultuur so te relatifeer dat alle ander groepe nie uitgesluit voel nie kan hy die negatiewe stereotipes wat daar oor hom bestaan besweer.
 
Daar is nou 'n paar aannames onderliggend aan hierdie argument. Die eerste een is dat die Afrikaner se voorspoed van Suid-Afrika se voorspoed afhanklik is. Daarom is die Afrikaner se eerste verantwoordelikheid teenoor Suid-Afrika in sy geheel eerder as teenoor sy eie. Hierdie is 'n aanvegbare stelling. Eerstens is dit 'n ope vraag of daar werklik 'n verenigde Suid-Afrika bestaan met 'n verenigde nasie wat 'n verenigde doel nastreef. As daar nie so 'n nasie bestaan nie teenoor wie is die Afrikaner se eerste verantwoordelikheid dan? Moet hy sy kultuur dan miskien net vir sekere minderheidsgroepe oopstel, vir die Zoeloes of miskien vir die Khoisan? Na wat moet die Afrikaner saam met wie streef? Miskien na groter ekonomiese groei, die opheffing van die armes, die bekamping van misdaad? Maar die Afrikaner hoef mos nou nie eers sy kultuur vir almal oop te stel en aanvaarbaar te maak voor hy op hierdie gebiede bydraes tot die groter Suid-Afrika kan lewer nie. En verder, as mens na die geskiedenis kyk lyk dit asof Suid-Afrika se voorspoed meer afhanklik is van die Afrikaner se voorspoed as andersom. Die aaname dat die Afrikaner maar moet katvoet loop en op niemand se tone moet trap nie omdat hy van die res van Suid-Afrika afhanklik is hou nie vir my water nie.
 
Nog 'n aaname is dat die Afrikaner sy kultuur inklusief moet maak omdat hy 'n negatiewe beeld na ander groepe uitdra as hy, argumentshalwe, op Brandfort wil saamkom vir 'n herdenking of vir sy taal in die strate wil betoog. Die probleem hier is dat die Suid-Afrikaanse werklikheid heeltemal verontagsaam word. Die Afrikaner kan sy kultuur so inklusief maak soos hy lus het, maar die negatiewe stereotipes wat daar bestaan sal voortduur omdat daardie stereotipes vandag nie soseer deur ons dade of daadloosheid geskep is nie, maar veel eerder deur die politieke gees wat deur die regering in stand gehou word. Dink net aan die geweldige skade wat die WVK aangerig het, of praktyke soos regstellende aksie, of Mbeki se twee nasies teorie, of die ANC se gewoonte om apartheid te blameer vir alles wat onder hul regering verkeerd loop. Die plaasaanvallers, moordenaars en verkragters hoef nie ver te soek na regverdiging vir hul dade nie. Ek twyfel of dit die Afrikaner 'n duit sal help om sy kultuur oop te stel in hierdie tydsgees. Dit mag dalk selfs gevaarlik wees want as die Afrikaner ooit 'n gevoel van samehorigheid nodig gehad het is dit nou.
 
'n Derde aanname, wat blyk uit jou en Marius se reaksies, is blykbaar dat mens nie medemenslik en volksbehoudend kan wees nie. Die een moet die ander altyd uitsluit. Daarom kritiseer julle my dat ek medemenslikheid aan kruiperigheid gelyk stel. Julle verstaan nie dat mens terselfdertyd behoudend met jou eie kultuur kan omgaan en op goeie voet met mense van ander groepe kan staan nie. Interkulturele verhoudings is nie so eenvoudig soos wat julle dit wil maak nie. Dit het te doen met 'n fyn balans tussen trots op die eie en respek vir die ander. Ek het nie medemenslikheid nie, maar die tipe inklusiwiteit wat Marius voorstaan, aan kruiperigheid gelyk gestel. 
 
Ek hoop jy verstaan nou beter.
 
Groete
Gerhard Bothma

boontoe

Marthie Richter, 17/08/2002:  Onverdraagsaamheid en medemenslikheid

Om onverdraagsaamheid ten opsigte van menswees in breër verband te probeer
regverdig deur aan die wêreld daarbuite te vertel hoe medemenslik jy in
handel en wandel in jou eie klein wêreld is, was 'n manier waarmee ons almal
in die vorige bedeling ons gewetes probeer sus het. Iets soos, 'Haai, kyk
net hoe goed behandel ek my werksmense en ons en ons kerk doen boonop nog
sendingwerk in die reservaat 'n endweg hiervandaan.' Dit werk nie meer nie.
Ongelukkig is ons probleme groter as dit.

Ek is van mening dat Marius ons 'n groot guns bewys het om met die grootste
geduld, ordentlikheid en medemenslikheid vir ons, stuk vir stuk, die onrus
wat aan sommiges van ons knaag oor sommige Afrikaner-uitgangspunte soos dit
op die poslys tot openbaring kom, aan die lig te bring - met die nodige
erkenning ook aan Etienne, hoewel in die geval van hierdie aanslag, soms met
'n klein bietjie minder geduld gepaard gaan.

Vir my het dit veel beteken - deur deeglik te lees - om ons tot by 'n beter
verstandhouding met mekaar te bring. Liza, dit mag dalk net wees dat die
bril van vooroordeel wat jy so ywerig aan Marius toedig, jou veel eerder
pas.

Wie is Jan Rap en sy maat?

Groete, Marthie

boontoe

Andries Lombaard, 17/08/2002:  Massa-aksie en die Boere

Beste Paul,

Massa-aksie, as vorm van protes, was in elk geval heelwat oneie aan die Afrikaner en totaal vreemd aan die Boerevolk. Massas is soos diere aan't beweeg. Die voorstes storm oor die krans en die res agterna...
 
Toe 5000 Boere by Paardekraal byeengekom het, was dit om te besin, te beplan en om op aksie te besluit. Daarna het hulle met 'n goeie strategie na Bronkhorstspruit en Majuba vertrek en die Engelse op hulle baadjie gaan gee in die Eerste Vryheidsoorlog.
 
Die voorwaarde vir eendragtige optrede is 'n gemeenskaplike bedreiging en regstellende doel. Massasaamtrekke het vir die Boerevolk dus twee dinge ingehou, eerstens, geestelike vereniging en laastens, onder uiterste omstandighede, aksie.
 
Op 16 Desember 1988 was ek en my gesin vroegoggend op Monumentkoppie vir die Afrikaners se skamele saamtrekkie. Die 150 jarige Groot Trek herdenking het op Kleinfontein plaasgevind. Daar aangekom, was ons aangenaam verras om 60,000 plus mense in die veld saamgetrek te vind in die natuurlike amfiteater bokant die dam by die Kliphuis. Erediens, kulturele toesprake, Gelofte-aflegging, kinderdoop by die waens, braai en kuier.
 
Dieselfde atmosfeer van geestelike eenheid, wat ons as kinders soveel maal op Bloedrivier beleef het, was aanwesig. Dit was heerlik om tussen volksgenote rond te beweeg, ou vriende raak te loop en opwindend mee te maak wat die geskiedenis vanuit ons gene opgeroep het; om die kampvure te sit en saam te sing, saam volkspele te doen en sommer net volk te wees.
 
Dieselfde ervaring was teenwoordig met die 16 Desember 1993-saamtrek op Monumentkoppie toe 100,000 volksgenote die taferele uit die geskiedenis beleef het, Blaaukranz, Weenen, Moordspruit, Italeni, Modderlaer, die aankoms van Pretorius, die Gelofte te Danskraal, die slag van Bloedrivier, wat die uwe geskryf en tientalle spelers en perderuiters olv. Lucia vd Berg en Anieta Armand opgevoer het.
 
Vandag skort daardie volkswil, omdat visie en leierskap skort. Maar dit sal regkom, wanneer die volk tot die besef kom dat hy nie anders kan as om volk te wees nie; wanneer hy uit sy moedeloosheid opstaan en sy toekoms in sy hand neem; wanneer hy verantwoordelikheid opneem vir daardie toekoms, omdat niemand anders dit vir hom wil of sal doen nie!
 
Die punt vir massasaamtrekke was nog altyd vir ons volk nie 'n histeriese gejil nie, maar stigtelike bymekaar kom t.w.v. geestelike eenheid. Ons kan nie soos ontevrede Afrikane ons woede met 'n barbaarse getoi-toi en plundering uitleef nie. Wanneer ons kwaad is, besin ons, maak ons planne en praat ons met die bron van ons frustrasie. Wanneer al die gepraat op hardhorende ore val, soos wat Farao se hart verhard was, sal daar wel sinvolle optrede plaasvind.
 
Tans is wydverspreide, goed beplande, kleinskaalse aksies soos dié by Tukkies voldoende. Dit maak die punt en het nie massasteun nodig nie. Onthou dat baie studente nie eens bewus is van die bedreiging teen Afrikaans as taal op Tukkies nie. Meeste se houding was dat ál hulle lesings (bv. B.Com en BISc, my telge se vakrigtings) in Afrikaans geskied, wat dus nie massa-aksie regverdig nie. Hulle ouers het nie geld om te mors nie. Hulle is daarom te prakties op prestasie ingestel as om op ideologiese sleeptoue geneem te word. So oes hulle die louere in. Wanneer daarmee ingemeng gaan word, van watter kant ookal, waarborg dit vet in die vuur...
 
"Nie deur krag of geweld nie, maar deur My Gees, spreek die HERE Here."
 
Staan sterk!
Boeregroete,
Andries
 
boontoe

Willie Spies, 16/08/2002:  Klein, gefokusde aksies

Beste Paul, ek het ook al gewonder waar is die dae toe die boere in hulle massas Pretoria toe kon opruk vir 'n protes. Dis byna ondenkbaar dat wyle dr Andries Treurnicht so onlangs as 12 jaar gelede 100 000 Afrikaners by die Voortrekkermonument saamgetrek het om te eis dat FW de Klerk bedank en 'n (wit) verkiesing hou!  Die een les wat ek uit die geskiedenis van daardie tyd geleer het, is egter dat massa-aksies van daardie aard wel goed was vir die selfvertroue van die organiseerders - maar bittermin (indien enigiets) aan die gang van die geskiedenis gedoen het. Juis daarom is ek eerder bly dat mense hulle nie meer laat vang met oproepe om massa-warmbroei geleenthede by te woon nie.

 
Ek was nie so teleurgesteld met die afsluiting van die Anglo-Boereoorlog herdenking nie. Die hele volk het nou wel nie op Brandfort saamgetrek nie, maar as die klein groepies wat landswyd (insluitend Brandfort) vergader het bymekaar getel word, lyk die prentjie heelwat beter. 
 
Wat die GRA optog betref, dink ek Dan, Leendert, Henco en almal wat dit aangepak het, verdien 'n pluimpie vir die aksie. Die dag daarna het Monitor op RSG twee berigte aan GRA-dag gewy: een oor die optog en een oor die Vryheidsfront se suksesvolle parlementere mosie oor veeltaligheid. As ek dit nie mis het nie is dit die eerste maal in 'n baie lang tyd dat GRA dag 'n nasionale nuusgebeurtenis was.
 
Ek is 'n groot voorstaander van klein, gefokusde aksies want hulle het dikwels die manier om 'n groter verskil te maak - en dit is nie (net) onverdunde Orania-denke nie!! Van Wyk Louw het 'n lieflike gedig "Die Beiteljie" geskryf wat hierdie beginsel mooi illustreer:
 
Ek kry 'n klein klein beiteltjie,
ek tik hom en hy klink;
toe slyp ek en ek slyp hom
totdat hy klink en blink.
 
Ek sit 'n klippie op 'n rots
-mens moet jou vergewis:
'n beitel moet kan klip breek
as hy 'n beitel is -
 
ek slaat hom met my beiteltjie
en die was sterk genoeg:
daar spring die klippie stukkend
so skoon soos langs 'n voeg
 
toe onder my tien vingers bars
die grys rots middeldeur
en langs my voete voel ek
die sagte aarde skeur,
 
die donker naat loop deur my land
en kloof hom wortel toe -
so moet 'n beitel slaan
wat beitel is, of hoe?
 
Dan, met twee goue afgronde
val die planeet aan twee
en oor die kranse, kokend
verdwyn die vlak groen see
 
en op die dag sien ek die nag
daar anderkant gaan oop
met 'n bars wat van my beitel af
dwarsdeur die sterre loop.
 
(Uit Groot Verseboek 1983:172)
 
 
    
 

 

boontoe

Paul Alberts, 16/08/2002:  Groot fout by Afrikaners

Geagte Praaglesers,
Johann Wingard skryf aan Marius van Wyk:
Daar is slegs een agenda, en dit is om Afrikaans as nasionale taal in
Suid-Afrika te herstel en om die erodering daarvan in ons samelewing met
hand en tand te beveg.
 
Ek wil hierdie aanhaling gebruik om kommentaar te lewer op die Praag-protes by UP. Leendert se foto's het my laat besef dat daar groot fout is by ons Afrikaners. Die handjievol mense wat geprotesteer het, getuig van die belangstelling van Afrikaners in die taalsaak. Vir hulle is daar duidelik geen taalstryd nie. Hulle ken nie meer die begrip om hand en tand te veg nie.
    31 Mei op Brandfort het aan my bewys dat daar bitterlik min begaandheid by die Afrikaner is by sake rakende die Anglo-Boereoorlog en die lyding van 'n eeu gelede. Leendert het toe vir my daarop gewys dat die getalle by ons herdenking eintlik merkwaardig was gegewe 'n aantal verduidelikings hoekom mense nie daar kon wees nie. Ek het gelees en kennsi geneem maar stilweg nie saamgestem nie. As 'n mens vir 'n saak omgee, dan wys jy dit met klinkklare optrede en gedrag. (Onthou julle nog toe die boere in PW Botha se dae met hul trekkers en voertuie Pretoria beset het!)
    Ons gee nie om nie. Of meer korrek, hopeloos te min van ons gee om.
    Ek meen dat ons Praag se stryd benadeel deur te protesteer en dan lyk die protes soos hy Woensdag daar uitgesien het. Dit maak van Praag 'n bespotting. Max du Preez en sy gevolg sal hierna weer eens en met 'n groot mate van reg smalend na Praag as 'n holklinkende simbaal kan verwys met geen invloed nie.
    Ek meen dat Praag indringend na sy strategie moet kyk om Afrikaanssprekendes betrokke te kry by die taalstryd. Dit wat Praag tans doen en sê/skryf gryp duidelik nie die verbeelding aan nie. Diegene wat teen ons taalstryd is, slaag goed daarin om Dan Roodt en sy klompie stryders te ettiketeer as ekstremiste met 'n verskeidenheid van uiteenlopende agendas. Iemand het al vir my gesê Dan (en die Praagers) laat hom dink aan Cervantes se Don Quichot (spelling?) wat gemeen het hy gaan met 'n draak veg wat toe maar net 'n armsalige meul was.
    Miskien moet ons minder ambisieus wees deur op nasionale vlak sukses te wil behaal. Miskien moet ons met 'n plan van aksie kom wat daarop gemik is om elke gemeenskap (woonbuurt, dorpie, ens) te betrek deur mense in te lig oor wat aan't gebeur is - 'n plan van aksie wat positiewe resultate sal oplewer.
    Dinsdagaand het ons oueraand by ons skool gehad. Onthou dat dit die skool is wat 31 Mei op Brandfort na 'n sukses laat lyk het en wat verlede jaar die Tarentaaltjie-fees as synde 'n Afrikaanse taal- en kultuurfees van stapel gestuur het. M.a.w. dit is 'n prinsipaal wat die saak van die Afrikaner en Afrikaans baie goedgesind is.
    Nouja, Dinsdagaand vra ek die skoolhoof wat doen die skool die volgende dag met betrekking tot die GRA-herdenking. Die skoolhoof het toe nie geweet wat GRA voor staan nie. Nadat ek aan hom en daarna aan die onderwyser wat Afrikaans op die skool gee aan die Genootskap van Regte Afrkaners herinner het, het hulle met verleentheid teenoor my erken dat hulle gladnie daaraan gedink het om Afrikaanse op hierdie manier te help bevorder nie.
    Daar is m.i. 'n belangrike les in hierdie insident te leer.
    Terloops, in hierdie gesprek is daar ontstellende inligting oor Afrikaans as skoolvak aan my bekend gemaak. Volgens Uys le Roux (die Afrikaanse onderwyser) is daar bewys dat Afrikaans as vak so moeilik gemaak word as moontlik sodat dit leerders afskrik om die vak te neem. Daar is gesê dat dit wat van leerders wat Afrikaans leer verwag word op 'n veel hoër en daarom moeiliker vlak is as by Engels. Dit verduidelik hoekom soveel Afrkaanssprekende leerders deesdae onderskeidings in Engels kry en met moeite 70% in Afrikaans kry. Dit geld byvoorbeeld vir my oudste seun wat nou in Graad 11 is. Hy kry gereeld onderskeiding in Engels en hoewel hy besonder hard probeer, sukkel hy om by die 70%-merk in Afrikaans te kom.
   
Paul Alberts

boontoe

Carel van der Merwe, 09/08/2002:  Die mite van die nou Engelse Sarah Bartmann

In die tyd toe die wêreld toenemend 'n kleiner plek geword het en elke nuwe ontdekking groot aandag getrek het, is Saartjie Baartman in Europa uitgestal en ontleed as 'n afwyking van die norm in liggaamsbou en voorkoms waaraan die Europeërs gewoond was. So ook is talle ander afwykings, uit alle dele en kulture van die wêreld,  later, en veral in Amerika, ten toon gestel. Die Europese reisigers en koloniste is dikwels weer gesien deur inheemse groepe as blou-oog, blonde duiwels en erger, en het dikwels met hulle lewens daarvoor geboet. Veel aandag sou Saartjie Baartman nie toe getrek het by ons voorouers nie, want hule was reeds daaraan gewoond dat die mense aan die suidpunt van Afrika 'n ander voorkoms het. Dit geld ook vir kultuur. Ek het verlede jaar in Antwerpen, saam met Dan en Karin, 'n uitstalling met die titel "Verminkt" in die Museum voor Hedendaagse Kunst gaan kyk en daar was elke moontlike afwyking van die Westerse asook hedendaagse Westerse norm, as mode, te sien. Mense met gerekte nekke, verkleinde voete, vergrote lippe en modes van toeka waar die vrou se heupe en borste abnormaal vergroot en beklemtoon is, het baie mense getrek en laat dink en wonder. Daar is ook mense wat wonder hoekom vroue nog in gedeeltes van Afrika besny word. Die sirkus het sedert die dae van die Romeine die leeus behou, al word hulle nie meer Christene gevoer nie, maar sukkel nou nog om ontslae te raak van mense wat afwyk van wat as die norm beskou word.

 
Maar vandag moes ek sit en kyk op televisie na 'n ander sirkus, wat die verbrokkelde nasate van die Khoi en San, die ANC-regering toegelaat het om van die begrafnis van Saartjie Baartman te maak. In plaas van 'n waardige simboliese geleentheid vir die nasate van die mense, is dit omskep in 'n geleentheid waar sy vir oulaas gebruik en misbruik is vir propaganda teen die Weste en die barbaarse koloniste. 'n Vrome Thabo Mbeki het almal teenwoordig daaraan herinner dat die barbare nie net die Franse of die Engelse was nie, maar dat hulle gerus ook binnelands moet kyk. Die seremoniële opperhoof van die KhoiSan, Biskop Daniël Kanyles, was nie teenwoordig nie en die hoofnar, van die kant van die KhoiSan, was die opportunistiese Joseph Little, iemand wat nie eers deur sy eie mense of die Regering erken word as 'n stamhoof nie. Daar was nie 'n tekort aan ANC-regeringsamptenare en hul lakeie nie. Dit gaan mos hopelik onder andere oor die bruin mense wat nog nie heeltemal die lig gesien het nie. Daar is historiese onwaarhede kwytgeraak deur en in die teenwoordigheid van mense wat beter weet en ten spyte van 'n magdom historiese inligting en navorsing.        
 
Saam met Saarjie Baartman het die nasate van die Khoi en San, Afrikaans probeer begrawe en een spreker het selfs te kenne probeer gee dat die taal van hulle voorouers gesteel is. Naspers se Stephanie Niewoudt was vandag ook voor in die koor om die nuwe naam Sarah Bartmann te gebruik en te sê sy is in die volksmond bekend as Saartjie Baartman. Die begrafnis van Saartjie Baartman wás toe uiteindelik 'n tragiese gebeurtenis, veral ook vir die toekoms van die nasate van die KhoiSan.

boontoe

Ockie van Schalkwyk, 20/06.2002:  Groete uit die Sahara

Geagte gespreksgenote,

Daar is seker niks in die lewe wat mens se perspektiewe meer verbreed as reis nie. Elke keer wanneer ek die wêreld invaar, kom ek verryk terug. Hierdie keer is dit ook nie anders nie. Ek deel graag 'n paar gedagtes met julle.

Ek is altyd opgewonde soos 'n kind om Parys toe te gaan. Dit is 'n plek wat my baie na aan die hart lê. Ek kan my kwalik 'n meer romantiese stad voorstel. In die somer lyk die hele stad natuurlik soos 'n park met sy eeue-oue bome en blomme net waar jy kyk. Ongelukkig is dit ook die tyd van die jaar wanneer die hele plek swerm van Amerikaanse en Oosterse toeriste. Dis net massas en massas mense. (Soos die ou swart plaaswerker vir die boer gesê het op 'n vraag hoeveel mense hy in die stad gesien het: 'Hulle was banja, seker ek denk hulle was meer as 'n duisend'). My gebruiklike besoek aan die Notre Dame was hierdie keer dus 'n groot bron van frustasie aangesien daar letterlik honderde mense met flitsende kameras in die katerdraal was. Ek wonder of hulle al ooit die oorweldigende grootsheid van die katedraal beleef het wanneer daar net 'n paar besoekers in stilte daar sit en selfondersoek doen. Persoonlik dink ek dat die Notre Dame mens innerlik oorweldig en tot nederigheid dwing. Dit mag primitief en selfs ketters klink (die sensitiewes onder julle moet gou julle oë toemaak), maar buiten in die natuur, veral in die Drakensberge en op die oop see, beleef ek op geen ander plek die teenwoordigheid van my Skepper soos daar nie. As dit net nie nou vir die massas toeriste was nie.

As student van die mens en sy dinge put ek ook groot genoegdoening daaruit om op die treine en busse van Europa die mense te sit en dophou. Daar is 'n duisend verhale in die oë van mense opgesluit. Dit verstom my telkens hoe 'dood' die meeste mense voorkom. Hulle sit letterlik net en staar voor hulle uit. Geen glimlag, geen gelag, geen grappies, niks... Een oggend klim daar 'n vrou (ek vermoed sy is Viëtnamees) met 'n klein baba op die bus. Ek en die baba maak oogkontak en 'n groot hartseer kom oor my. Die baba sit ook net en staar. Selfs nie eens as ek vir hom glimlag of knipoog, verroer hy 'n spiertjie nie. Sy oë dwaal so van mens tot mens en ek nie help om te wonder wat in sy klein koppie aangaan nie. Is hy al klaar 'n slagoffer van die moderne beskawing se gereserveerdheid en isolasionistiese bestaan? Of is hy 'n slagoffer van ontheemding? Toe ek om my kyk sien ek dat daar maar enkele inheemse Franse sit. Die meeste kom van Frans-Wes-Afrika, Noord-Afrika en die Ooste. 

Ek begin toe om die Wes-Afrikane dop te hou, en hulle lyk vir my toe na die mees gebluste siele in Parys. Ek verwys nie hier na die enkele intellektueles van die swart elite nie, maar doodeenvoudig na die gewone Afrikaan wat sy lewe moet uitkap deur vir McDonalds te werk duisende kilometers van die grond wat hom gebaar het. Alhoewel hulle Frans volledig magtig is, sal hulle sekerlik nooit tuis wees in Parys nie, om nie eens te praat van die res van Frankryk nie. 

Ek dink die Algeryne, Tunisiërs en Marokkane vaar so 'n bietjie beter want die etniese en kulturele gaping is aansienlik kleiner. Maar tog, ek het een oggend 'n geselsie aangeknoop met die chauffeur van die Hilton wat my lughawe toe moes neem. Aanvanklik het hy ook maar stroef gelyk, tot ek vir hom vertel ek is daardie middag op pad Algerië toe. Onmiddelik het hy ontdooi en vir my vertel dat hy 'n Algeryn is. Ek sou dit nooit kon sê nie, maar hy was 'n Berber met 'n baie ligte velkleur. Ek vermoed hy het seker Franse bloed ook in hom. Toe hy boonop uitvind ek is van Suid-Afrika, was die ys letterlik gebreek. Die blote feit dat ons beide van Afrika kom het ons amper familie gemaak. Dit het amper gevoel asof ek by die huis is.

Ek het al 'n soortgelyke ervaring gehad met 'n Marrokaan in Abu Dabhi. Die arme ou was so bly om Frans te hoor, ons het gesels asof ons ou vrinne is.

Op die vlug tussen Johannesburg en Parys het ek ook 'n interessante ervaring gehad. Die mense wat langs my gesit het is Tswanas van Botswana op pad om vir hulle studentedogter in die VSA, St Louis van alle plekke, te gaan kuier. Aanvanklik was hulle baie formeel, styf en stil. Hulle kon seker aflei dat ek 'n Boerseun is en ons is nou maar eenmaal nie die 'flavour of the month' nie. Toe ek hulle vra waar hulle vandaan kom en ek met hulle begin praat oor hulle land en waar ek al oral in Botswana gaan uitspeel het, het hulle ook ontdooi. Ons kon lekker saampraat oor die Chobé, die Makgadikgadi-panne, Pandamatenga, bek-en-klou en op die ou end ook oor die malle Mugabe wat sy land oor die afgrond jaag. Later die aand het die vrou so 'n bietjie olik begin voel, maar alhoewel hulle wel berese is, het nie sy of haar man die selfvertroue gehad om die vlugkelner lastig te val nie. Ek het die hele aand agtergekom dat hulle benoud raak as hy verby kom en almal in Frans adresseer. Hulle was dus geweldig dankbaar toe ek hom vra om vir haar iets te bring. Ek dink in 3 ure is daar 'n aansienlike deel van hulle Boere-fobie afgebreek.

Dit bring my by 'n belangrike gewaarwording. Net soos wat mense aan hulle taal (en kultuur) behoort, en die taal aan hulle; net so behoort hulle aan hulle grond en die grond aan hulle; en net so behoort taal en grond ook aanmekaar. Afrikaners en die Algeryne het baie in gemeen. Albei volke se kulturele oerbronne kom van elders. Ons s'n van Europa, hulle s'n van die Arabiese wêreld en Europa. Albei van die volke is ook volledig van Afrika. Ons ken Afrika se ritme, Afrika se prag, Afrika se wreedheid. Ek dink ons en die Algeryne (en die Egiptenaars, Tunisiërs en Marokkane) ken en verstaan Afrika dalk beter as enige ander volke in Afrika, juis omdat ons nie net van die aarde se ritme leef nie. Ons kyk ook nie na Afrika deur 'n animistiese bril nie. Nee, ons het gepoog om Afrika te tem. Ons het gepoog om die plek leefbaar te maak en ons het geslaag waar geen swart volk dit nog reggekry het nie. Was daar al ooit hongersnood waar mense in hulle honderde duisende doodgaan in die Sahara of in Suid-Afrika? Dit is van die droogste dele van Afrika.

Wat is dus ons plek in Afrika? Ek dink die Afrikaner en Afrikaans is van Afrika se grootste bates. Ons kan met die grootste gemak tussen die Europese wêreld en Afrika beweeg. Ons is ewe gemaklik besig om 'n donkie te stook vir warm water in die Bosveld as wat ons in die Spieëlsaal van Versailles is. Ons behoort 'n sleutelrol te speel in die ontwikkeling van Suid-Afrika en ook van Afrika. Ons behoort betrokke te wees in die opstel van ontwikkelingsplanne. Ons behoort ten nouste betrokke te wees in onderhandelings en handelsooreenkomste met die Europese Unie. Ek het 'n Ier genaamd Jimmy op die vlug na Parys ontmoet. Hy werk vir die EU. Hy is gemoeid met die rehabilitering van dwelmverslaafdes. Dit is blykbaar 'n groot probleem in Ierland. (Ek en hy het mekaar dadelik gevind toe ons agterkom dat beide van ons nie veel ooghare vir die Engelse het nie.) Hy is ook 'n vrywilliger wat vir die EU as verkiesingswaarnemer optree. Die EU het blykbaar 'n groot tekort aan waarnemers met Afrika-ondervinding. Jimmy is amper 'n 'celebrity' by die EU omdat hy as student op 'n varkplaas in Bapsfontein gewerk het. Alhoewel hulle nie amptelik vergoed word vir hulle werk nie, kry hulle uitblytoelae van 200 - 300 Euro per dag as hulle in Afrika waarneem. Dis natuurlik belastingvry. Ek gaan kontak met hom behou en probeer om uit te vind of daar nie van ons jonges (studente en ander wat nie werk kry nie) kan waarnemers vir die EU word nie. 6000 Euro vir 'n maand se waarneming is nie te versmaai nie, en ons mense het mos Afrika-ervaring. 

'n Interessante artikel in die jongste Time stel dat alhoewel die VSA die grootste militêre moondheid in die wêreld is, is die konstruktiewe krag wat die wêreld 'n veiliger plek maak, die Europese Unie. Die VSA beskik nie oor die vermoë om op enige ander manier as met oorlog vrede te maak nie. Hulle (en die Engelse) mag dalk geld en oulike speelgoed hê, maar hulle het die wysheid en emosionele ouderdom van drie- tot vierjariges.)

Wat die demoniseringsproses van die Afrikaner aanbetref; dit is nog net die BBC en SABC (en Naspers en Max du Preez) wat daarmee voortgaan. Dit is my indruk dat Europa nie eintlik meer veel sin daaraan het nie. Buitendien lyk dit maar na 'n tipiese Engelse oefening. Die Engelse is verantwoordelik vir amper elke volksmoord nog ooit gepleeg en nou staan hulle vlekloos en beskuldig die res van die wêreld, ons inkluis, van misdade teen die mensdom. 

Ek kry die indruk dat die mense in Europa weet dat alle mense eintlik maar ewe skuldig en onskuldig is. Daar word op die oomblik vertel dat die Duitsers nooit die Jode sal vergewe vir Auchswitz nie. Hulle is natuurlik keelvol daarvoor om Auchswitz soos 'n Albatros om die nek te dra. Wanneer 'n Duitser kritiek lewer op die Israeliese regering: Auchswitz! Dit laat mens nogal dink of ons ook op 'n stadium gaan kom wat ons sal sê dat ons die ANC nooit sal vergewe vir apartheid nie. Kyk maar net: niemand durf waag om kritiek teen die ANC-regering uit te spreek nie, dan is hy 'n rassis. As ons aandring op Afrikaans in ons skole, dan is ons rassiste. As ons kwaad raak vir 'n taxibestuurder, dan is ons rassiste. 

Nog 'n interessante artikel in Time gaan oor die situasie in Israel, en die politieke dinamika in sekere EU-kringe oor die saak. Dit kom basies neer op die volgende: Is Sharon skielik die verpersoonliking van boosheid en Arafat die 'edele goeie seun' wat heeltyd geboelie word? (Vergelyk die situasie met die ou NP en ANC, asook die Andrew Babele-saak in Vryburg, die sg. 'Pietersburg rugbyspelers', die jongste presidensiële pardon aan boeremoordenaars, die hantering van plaasmoorde deur die SA Media, veral Naspers ens.) Nee. Die hele politieke bewussyn in Europa word op die oomblik gedefinieër deur 'n sterk anti-kolonialistiese konsensus. Daar is dus 'n outomatiese kwantum van simpatie vir die wat hulleself verset teen vreemde oorheersing. Voeg daarby die Dawid vs. Goliat metafoor en jy kry 'n posisie wat beskryf kan word as 'n 'pro-Palestynse neutraliteit'. Miskien kan ons nog voordeel trek daaruit. Ons sal mos op 'n stadium onsself verset teen vreemde (lees ANC) oorheersing.

Ek merk 'n soortgelyke patologie op onder ons Afrikaanse joernaliste, onder andere Tim du Plessis, Max du Preez, Johan Vosloo, ag feitlik almal van hulle, wanneer dit by die verdrukking van die Afrikaner kom. Ek dink hulle het so lank vir die agtergeblewenes baklei teen die groot Afrikaanse boelie dat hulle emosioneel nie in staat is om die Afrikaner in die rol van die onderdrukte te sien en die ANC in die rol van die boelie nie. Ek dink dit saai groot verwarring onder hulle op die oomblik. Dit het dalk ook iets te doen met die feit dat mense baie lank neem om te kalmeer. Ek onthou ek het een keer 'n hond van my gefoeter omdat sy op my kar geklim het en my kar se dak ingeduik het. Vir weke daarna wou ek haar nog steeds net foeter as ek haar sien, of as ek in my kar klim, of as ek dink wat dit my gekos het om die skade te laat regmaak. Trouens, al het dit drie jaar terug gebeur en sy nie meer met ons is nie, is ek van voor af lus om haar te foeter.

Joernaliste is een ding, alhoewel daar weiniges is waarvoor ek wel respek het (soos met politici, onderwysers en predikante - Cassie, jy's wel een van die weiniges), weet ek ten minste die arme goed is gevangenes van hulle eie gefragmenteerde pogings tot werklikheidsvorming. Wat my heeltemal tot buite rede irriteer is die doen en late van ons sg. volksleiers. Neem nou maar die onlangse Bloemfontein-beraad. Ek is 'n redelik ongeduldige mens en dinge gaan na my sin heeltemal te stadig. Koos Kombuis het onlangs 'n nuwe CD die lig laat sien met die titel 'Equilibrium'. Een van die liedjies bevat die volgende woorde:

Jou CV is in Loopstraat
al die blaaie waai daar rond
dis jou hele lewe wat daar lê
maar jy fok rond en bont

al jou sondes en gewoontes
loop soos skuim af teen jou mond
jou guts is in 'n daggablaar
goedkoop wyn is ongesond

Haai, jy met die 'laanie' kar
stop gou hier, vat vyf
jou vrou het mos 'n kopseer
maar daar's 'n disprin in my lyf

my pyn lê agter make-up
maar vir nou is dit orraait
want die lewe is movie
en hy vat jou vir 'n ry

die oggend voel jy naar
en jou kouse is geleer
jy sou so graag jou ma wou bel
maar sy's gereformeerd

die rasta-man maak lekker
hy trek 'n liggie met die hand
dan sê hy dat jy mooi lyk
blink soos 'n optelrand

elke middag as jy opstaan
is jou bed klaar opgemaak
jou lewe is ou lipstick
langs 'n spieël, oud en gekraak


Die liedjie gaan eintlik oor die hartseer lewe van 'n prostituut, maar is vir my heeltemal van toepassing op ons volksleiers. Ek wonder hoe voel dit om jou volk in sy moer te stuur vir 'n liggie en 'n leë kompliment van die rasta-man. 

(En nou raak ek weer heeltemal liries oor my taal en verlang ek my vrek na my vrou, my grond, familie en honde. Ek skryf hierdie gedagtes neer in Algerië terwyl ek my verlustig in die kunstige manier waarop Koos Kombuis en Amanda Strydom toor met my taal. Amanda sing: 'my asem gly deur my taal')

Ek deel hierdie week akkommodasie met 'n paar Russiese avioniese ingenieurs. Gawe mense, maar dis geweldig gevaarlik om met hulle te sosialiseer. Vanoggend het ek saam met hulle Wêreldbekersokker gekyk Dit was nog voor ontbyt en toe ek weer sien verskyn daar 'n bottel wodka, en 'n glas vir my ook. Hierdie manne is nie skaam nie. Dit lyk my mens drink wodka nie per sopie, maar wel per glas. Hulle drink dit ook nie slukkie-vir-slukkie nie. Glas vol, sluk weg, sit glas neer, glas vol, sluk weg, sit glas neer... So gaan dit aan tot die bottel leeg is. Ek het vinning spore gemaak toe daar skielik nog 'n bottel verskyn. Ek sal nog 'n plan moet bedink om nie anti-sosiaal voor te kom nie. 

Van al die mense wat ek nou al in die wêreld teëgekom het lyk die Russe die meeste na ons Boere. Hulle kuier ook soos ons mense. Hulle lag en gesels soos Boere. Hulle trek ook nogal soos ons aan. Ek dink van al die mense in die wêreld waarmee ons 'n land moes deel het ons die minste in gemeen met die Engelse. Is dit nie veelseggend dat Afrikaanse en Engelse mense in Suid-Afrika na al die jare saam in Suid-Afrika maar op 'n beperkte skaal meng nie? 

Ek en Cassie het so 'n tydjie gelede 'n gesprek gehad oor die identiteit van die Engelse Suid-Afrikaner. Dit wil voorkom asof hulle nie eintlik 'n etniese selfverstaan het nie. Nogal baie soos die Amerikaners. Dit laat my weer dink aan wat Dan geskryf het oor territoriale patriotisme. Dit moet seker vir hulle moeilik wees om Afrika te verstaan. Hulle taal sal altyd die taal van die kolonialis wees, en ek vermoed dat hulle Afrika altyd sal beleef as kolonialiste en setlaars. Kan die Engelssprekende swart Afrikaan werklik eg Afrikaan bly? Of word hy net 'n nuwe kolonialis? 

Ek dink die ANC is besig om die Afrikane totaal te vervreem van Afrika met sy verengelsingsproses. Daarom is dit belangrik dat ons die stryd vir die behoud van Afrikaans nie verloor nie. Ek het weer bietjie nagedink oor die gesprek rondom die stigting van 'Die Universiteit van Kannaland' in Oudtshoorn, waarvan Breyten Breytenbach een van die argitekte was. Ek kan nie help om te dink dat dit 'n baie belangrike verwikkeling sou wees nie. Ek sou graag wou hê dat so 'n universiteit soos volg moet lyk: 

Onderrig op alle vlakke in Afrikaans.

Noue samewerking met universiteite van Dietssprekende lande.

Ontwikkeling van Afrikaans as wetenskapstaal in paralel met die Dietse tale.

Blootstelling aan dosente en studente van Dietssprekende universiteite d.m.v. uitruilskemas.

Filosofie 'n verpligte vak vir alle studente ten minste tot op derdejaarsvlak.

'n Taal- en kultuursentrum waar alle studente moet kies tussen Frans, Duits en Spaans as verpligte vak.

'n Taal- en kultuursentrum waar alle studente moet kies tussen Zoeloe, Sotho en Xhosa as verpligte vak.

Klem op internasionale betrekkinge en kontemporêre politieke, maatskaplike en ekonomiese kwessies.

'n Verantwoordlike joernalistieke departement.

'n fakulteit vir Afrikaanse Onderwys.

Cantus!

'n Filosofiekafee.

Studente opgedeel in sindikate van agt lede van verskillende studierigtings en beide geslagte waar studente as deel van hulle studies 'n praktiese probleem moet oplos gebasseer op 'n behoorlike teoretiese agtergrondstudie. Hulle sal beoordeel word op grond van die kwaliteit en toepaslikheid van hulle navorsing, innoverende denke en uitvoerbaarheid van die plan, samewerking en ook finansiële implikasies. Sou die staat gemeenskapdiens vir studente verpligtend maak het hy natuurlik 'n groot bron van take en ook kundiges om van te kies. Die probleem moet natuurlik 'n daadwerklike probleem wees waarmee die staat sit.

Ek dink Oudtshoorn is 'n besonders geskikte dorp vir 'n universiteit en sou nie skroom om my kinders na so 'n universiteit te stuur nie. Ek dink nie ek is alleen nie. Net omdat die media en 'n paar prostitusionele volkleiers negatief op die moontlikheid van Kannaland gereageer het, beteken nie dat die proses moet stop nie. 

Ek dink ek het nou genoeg geskryf om vir eers 'n bietjie te herkou.

Vriendelike groete vanuit 'n helwarme Sahara.

Ockie

boontoe

 

Johann Wingard, 20/03/2002:  Gesiglose nuwe Afrikanees? (antwoord op Coen Botha)

Beste Coen,

 
In 'n groot mate moet ek met jou saamstem.  Dit was nog altyd my sienswyse dat mens baie versigtig moet wees vir politieke partye wat stemme op Afrikanersentimente wil verenig met die doel dat politici joppies in die Kaap kan kry.  Maar dit is my algemene siniese stelling. 
 
Ek het hierdie waarheid beleef toe die Vryheidsfront se strategie van 'n Volkstaat, verander het van politieke onafhanklikheid of selfs afgewaterde selfbeskikking, tot ontwikkeling van 'n langtermyn groeipunt by Oranië.  Die stembus het die kiesers se mening daaroor gelug.
 
Algaande begin die besef by mens posvat dat daar benewens emigrasie, slegs drie politieke keuses vir Afrikaners in hierdie land is:
  1. Om hulle uit die politieke arena te onttrek, soos verreweg die meeste reeds gedoen het.  Hierdie mense moet dan nie kla nie, en alles vat wat na hulle kan toe kom, of hulle moet hulle regte deur die howe probeer afdwing, en daarvoor sien weinig kans voor.
  2. Om deel van 'n bestaande politieke party te word waar die Afrikaners as 'n gefragmenteerde minderheid binne sulke partye hulle aan die wil en prioriteite van daardie partye moet onderwerp.  In so 'n geval word hulle doodeenvoudig geko-opteer en kan hulle as 'n minderheid weinig vir Afrikanerbelange doen. Die Vryheidsfront se grondwet wat op 'n newelagtige toekomstige volkstaat fokus en stil is oor kultuurbeskerming, is die oorsaak waarom daardie party sy geloofwaardigheid ingeboet het en die AEB se fokus om versoening tussen Afrikanerpartye te bewerkstellig is ook nie juis 'n radikale aansporing vir Afrikaners om hulle in groot getalle daarheen te wend nie.  Opposissiepartye soos die DA tree afbrekend op en Afrikanerlede doen lustig daarmee saam, en aan regeringskant verloor Afrikaners steun van vriende en familie deurdat hulle as enkelinge met die ANC/Kommuniste Alliansie heul.  
  3. Om 'n nuwe politieke party te stig wat spesifiek op beskerming van Afrikaners se kultuurbelange, insluitend sy taalbelange ingeskerp is en om minstens anderhalfmiljoen stemme op hom te verenig sodat hy impak op die politieke toneel kan maak.  Die onderliggende filosofie sal Ayn Rand se "creative minorities" (The Fountainhead) wees waarin die rol van daardie minderhede uitgelig word as enjinkamer van elke vorige beskawing.  Die radikale en byna arrogante siening moet wees dat Afrikaners met reg daarop aanspraak maak dat hulle 'n skeppende minderheid is en dat hul nuwe party die gesamentlike talente van daardie 'aristokrasie'  wil aanwend ter ontwikkeling van die hele Suid-Afrika, dat die party daardie minderheid weer in die hoofstroom van die Suid-Afrikaanse politiek wil inbring, dat dit spesifiek daardie skeppende minderheid se plig is om te verhoed dat Suid-Afrika tot 'n tweede Zimbabwe sal verkrummel.  Hierdeur kon hulle selfs 'n koalisie (op gelykwaardige basis, dws 50/50) met enige groter groep, soos COSATU, IVP, ANC, of selfs ander dergelike etniese partye of groeperings vorm, selfs om ook deel van die land se leierskap te wees.  Maar dit sal op die nuwe party se voorwaardes van beskerming van kultuurregte ens. wees, asook 'n reoriëntering na die westerse waardestelsels, weg van die van Afrika wat ons land nog gaan vernietig!  [Lees my nuwe essay 'Strategiese flaters' op die webblad in hierdie verband.  Dit sal seker binne die volgende dag of twee daar gepos word, maar ek heg dit solank hierby aan]
Die doel van laasgenoemde nuwe party moet nie net wees om beledigende en afbrekende opposissieparty politiek te speel nie, maar om konstruktief, positief, verantwoordelik en gesaghebbend op te tree in belang van die vaderland.  Die enigste voorwaarde is dat dit 'n geloofwaardige party sal wees met geloofwaardige leierskap, onbeskaamd en onbeskroomd verteenwoordigend van Afrikaners se geestesgoedere, asook die van ander kiesers wat dieselfde waardes en kultuur of visie met hulle wil deel.  Onthou Coen, taalaktivisme staan vierkantig in die politieke arena en moet met politieke mag geveg word.
 
Coen, sal jy deel van so 'n beweging wou wees, of sal jy verkies om by die DP as 'n gesiglose Afrikaner in te val en niks te vermag behalwe om te skree nie, of om stil-stil as 'n gesiglose 'nuwe-afrikanees' getransformeer te word? 
 

Groete,

Johann Wingard

boontoe

Coen Botha, 20/03/2002:  Enklawe-politiek is uit pas

Elke mens en elke kultuurgroep behoort 'n regmatige plek in die samelewing op te eis. Só hoef die Afrikaner ook geensins nederig hond te wees nie, maar volle burger en volledig kultuurmens. Die tyd is ook ryp om mense wat dink dat hulle heersers is, aan die verstand te bring dat hulle net 'n regering is, dat respek vir alle tale en kulture nie net 'n reg is nie, maar 'n sleutel tot nasionale sukses. Om dit opbouend te vermag, skyn so 'n hopelose taak te wees dat dit 'n mens versaag. Maar volharding moet vrug dra.
 
Om ons taal en kultuur 'n aanwins te maak vir die breër gemeenskap klink vir my na 'n vrugbare benadering ter handhawing en bevordering daarvan. Nie dat relletjies vermy moet word nie, klipkoppe en komitees reageer net op dwang. 
 
Om enklave-politiek te bedryf is egter uit pas met die kragte wat ons tyd oorheers. Dit gaan daarom teenproduktief wees. Polarisasie-politiek is nog minder gepas, veral as jou mag beperk is.
 
Daarom hoop ek hierdie Brandfort-konsert loop op niks uit nie. Ek het al genoeg wysheid in my lewetjie bekom om te weet dat planne van hierdie aard, tensy dit vroeg platval, haat en nyd baar. Die uiteinde daarvan is oorlog of verwerping. Verwerping is in die lig van omstandighede die oorheersende moontlikheid. Deur Afrikaans as voorwendsel te gebruik in hierdie politieke bejag, word ons taal blootgestel aan erge risiko.
 
Coen Botha


boontoe

 

Chris de Lange, 18/03/2002:  Afrikaanse rekeninge asseblief!

 

Die Stadsklerk

Posbus 195

LADYSMITH

3370

Meneer

AFRIKAANS OP REKENINGSTAAT

Hierdie is kopieë van briewe wat ek op 21 Maart 2001 en 18 November 2001 aan u geskryf het:

21 Maart 2001:

Hierdie is nou die soveelste maal dat ek versoek het dat ek my rekening ten volle tweetalig wil hê. Hoe is dit moontlik dat dit so moeilik is om aan 'n eenvoudige versoek te voldoen? Die rekeningstaat waar die betaaldatum aangedui word, word slegs in Engels en isiZulu aangegee – indien dit in hierdie twee tale gedruk kan word, wat sou die rede wees waarom dit nie ook in Afrikaans gegee kan word nie?

Die meeste van die inligting op die rekeningstaat is wel in Afrikaans waarvoor ek dankbaar is, maar die gedeelte onderaan waarin die betaaldatum genoem word, word slegs in Engels en isiZulu gegee. Waarom nie ook in Afrikaans nie? Hoe is dit enigsins moontlik dat dit ‘n probleem vir die rekeningafdeling kan wees om dit ook in Afrikaans weer te gee? Ek het dit reeds tientalle kere vir u vertaal indien die probleem dalk sou wees dat daar niemand is wat dit kan doen nie. Dit sal ‘n rekenaarkundige nie meer as 2 minute neem om die rekenaar so te programmeer om ook die Afrikaans in te voeg nie.

Na vele skrywes, notas en versoeke om hierdie inligting op my rekeningstaat ook in Afrikaans te sien, het ek nou nog steeds geen terugvoering in die vorm van ‘n brief of nota ontvang waarin u verduidelik wat die toedrag van sake is en waarom nie aan my versoek voldoen kan word nie. Hieruit kan ek slegs aflei dat die naam van die Ladysmith Munisipaliteit gevoeg kan word by die al langerwordende lys van besighede en instansies wat negatief teenoor Afrikaans en -sprekers ingestel is.

Ek betaal met geld wat deur ‘n Afrikaanssprekende verdien is, dit word in Afrikaans aan u gestuur en die minste wat ek verwag is dat my taal erken en eerbiedig word. Ek vertrou die saak sal nou binnekort reggestel word.

Nog nie een keer het ek enige terugvoer op my versoek gekry nie – nie eens om te probeer verduidelik waarom dit nie gedoen word nie. Lei ek reg af dat u nie 'n antwoord het nie?

18 November 2001:

Ek het daarna 'n brief vanaf die Munisipaliteit gekry waarin ek meegedeel is dat die rekenings “vooruit” gedruk word en dat die inligting reeds slegs in Engels en isiZulu op die rekenings verskyn. Dit klink nie vir my korrek nie, want elke rekening het verskillende datums op wat van toepassing is op die betrokke maand, maar dit nou daar gelaat.

Hierdie brief is net weer om u daaraan te herinner dat u onderneem het om “sodra die bestaande rekeningvorms opgebruik is”, die nuwes ook met Afrikaans sal gee. Die jaar is amper verby en ek verwag dat die Munisipaliteit hierdie belofte gestand sal doen.

Ek versoek dus weer eens dat ek asseblief my rekening ten volle in Afrikaans wil hê en dat die saak – soos belowe – nou eens en vir altyd opgelos kan word.

Ek is amper 'n jaar gelede per brief beloof dat die saak van Afrikaans onderaan die rekeningstaat aan die begin van 2002 reggestel sou word – ons is reeds in Maart en die rekenings word nog steeds met slegs Engels en isiZulu onderaan die state uitgestuur.

Weer eens, ek is bereid om die eenmalige vertaling gratis te doen – al wat die rekenaaroperateurs by die munisipaliteit moet doen, is om die rekenaar se rekeningtemplaat dienooreenkomstig aan te pas.

Aangesien hierdie saak geen aandag by die plaaslike raad geniet nie, word 'n afskrif van hierdie brief weer eens aan Raadslid Rienus Niemand gestuur.

Verdere afskrifte word ook aan Dr Dan Roodt gestuur wat die saak verder sal voer, onder andere om die PANSAT van die toedrag van sake te Ladysmith in te lig.

 

Die uwe

Chris de Lange

boontoe

Roger Bryssinck, 24/02/2002:  In het aanschijn van evidente onzin...

Allen,

 
Dat de waarheid kwetst, is een oude waarheid. Ik kwets ongaarne, maar in het aanschijn van evidente onzin, voel ik mij gerechtigd het toch te doen.
Toen de Europeanen Centraal- en Zuid-Afrika begonnen te koloniseren, werden zij geconfronteerd met een autochtone bevolking die niet eens het wiel of het schrift uitgevonden had. Was dat die hoogontwikkelde Afrikaanse beschaving?
Wat is sindsdien de bijdrage geweest van de Afrikanen tot de welvaart van het mensdom? Waar zijn de Afrikaanse technologische uitvindingen? Waar blijven de grote filosofische, medische, opvoedkundige, organisatorische, wetenschappelijke contributies van zwart Afrika? Zwart Afrika heeft oneindig veel meer vernietigd dan dat het heeft opgebouwd.
Dat elk menselijk optreden gepaard gaat met onrecht, is geen exclusiviteit van Europeanen. Maar het minste wat je van Afrika mocht verwachten, is erkentelijkheid voor de westerse erfenis. Wie heeft van Zuid-Afrika het belangrijkste economische bolwerk van het continent gemaakt? Heeft iemand daarvoor ooit een zwart bedankje gekregen?
Tot slot nog dit: De grootste welvaart zit in het vrije Westen. Daarom hebben landen als Japan en Signapore met groot succes die weg naar welvaart gekozen. Waarom Afrikanen koste wat het kost zich blijven richten op een Afrikaanse oplossing, is mij een raadsel.
 
Met vriendelijke groet,
 
Roger BRYSSINCK 

boontoe

Johann Wingard, 24/02/2002:  Christokrasie, 'n nuwe sekte?

Beste Gerrit Brand en Johann Rossouw:

 Kan julle ingeligte manne ook hierop kommentaar lewer, asb.  Julle is bekend met Andries Lombaard et al se Christokratiese beweging as voorgenome regeringstelsel vir die "Boerevolk" soos hy dit stel.

Ongelukkig het ek 'n waarde oordeel op sy poging gedoen en as 'n nuwe sekte afgemaak en dalk is ek heeltemal verkeerd.  Calvyn se pogings tot 'n Christokrasie in Genève in 1540 was 'n mislukking en hy en sy mede hervormers is uit die stad geboender vanweë die onderdrukkende aard van sy Christokrasie. 

Ek sien werklik nie kans om betrokke te raak by 'n gesprek waar alles uit die Bybel aangehaal en bewys word nie - dis 'n gesprek vir teoloë en nie vir gewone aardse wesens soos ek nie.

Hier volg die jongste korrespondensie waarna ek verwys vir kommentaar:

Groete,

Johann Wingard

Korrespondensie:

Beste Andries,

Jy skryf soos volg: "Ons hoop om een "volkskerk" hieruit te laat ontspring waarbinne die volksowerheid volksadministrasie sal behartig. Hierdie liggaam sal bv. huwelike voltrek en ontbind, geboorte en sterftesertifikate uitreik en uiteindelik die volksadmin., statistiek en belasting ontstrengel van die SA staat. Om onderskeid tussen 'kerk' (kurios oikos - Grieks vir die instansie kerk) en 'gemeente' (ekklesia - Grieks vir 'popular assembly,' wat in Handelinge beslag gekry het en later vervorm het na 'kerk' as afgeskeide instelling naas die staat), sal dit eerder 'n regerende volksgemeente wees.

[ Hier skei ons weë. Tot dusver was ek nog saam met jou, maar jy het my nou agtergelaat deur drie begrippe saam te skommel wat nie saam hoort nie, naamlik Christelike Volksregering; elk met ‘n eiesoortige aard en gevoelswaarde. Dis om onmengbare media soos olie, water en sand in ‘n homogene oplossing te wil verkry. Deur hard te skommel, kan mens ‘n tydelike emulsie met die sand in suspensie kry, maar sodra die skommel ophou, segregeer die drie media. Dis nie standhoudend nie en gaan gepaard met baie inspanning en konflik. Die drie wil nie meng nie.

Regering gaan oor uitoefening van mag, waarvan die wese politiek is, oftewel, die kuns van die moontlike, waar elke optrede daarop gemik is om aan bewind te kom en te bly. Op hierdie terrein sneuwel die waarheid dikwels en val groot name soos seders. Hoewel my stelling groot ontsteltenis mag uitlok, is Politiek en Christenskap moeilik versoenbaar in die praktyk, omdat mense nie engele is nie. Om ‘n Christelike etiek as onderbou vir jou regering te hê is wel moontlik en wenslik, maar om Christus se leerstellings in die politieke wêreld in te bring en in wetgewing te wil handhaaf sal slegs moontlik wees in die hemel, in ‘n gemeente van Engele.

Christelikheid het ons vroeër bespreek en is handelinge op ‘n verhewe vlak van innerlike oortuiging en optrede, met Christus as middelpunt. Volk is weer heeltemal ‘n ander begrip, naamlik ‘n groep mense wat tot ‘n eenheid gebind is deur taal, afstamming, woonstreek, ideologie, ens. Volgens jou moet mens dus ‘geloof’ ook aan die einde van die vorige sin voeg. Dit is ‘n nuwe omlyning van ‘n volk, wat verder verklein word sodat slegs mense wat met jou saamstem aan daardie volk kan en mag behoort.]

Jy gaan verder: "Ons benadering sal wees dat die rusdag nie óók die dag van byeenkoms kan wees nie. Sondag sou 'n ideale volksbyeenkomsdag wees, dus kan visvang deel van die rusdag wees, wat op enige ander dag kan val. Die huidige 5-dag werkweek leen Saterdag ideaal as rus-/gesinsdag."

[Sodoende gaan jy die gemeente, oftewel die volk, op ‘n eiland afsny van die buitewêreld. Wat gaan gebeur as ‘n gemeentelid nie hiermee wil saamgaan nie? Gaan hy gestraf word? En dan kom ek by die grootste probleem van alles: Wat word van mense en familielede wat nie met hierdie bedeling wil saamgaan nie? Word hulle verwerp, of bloot onderwerp soos in vorige eeue?]

Andries, die volgende is nie vir my lekker om te sê nie, maar ek het geen ander keuse nie: Julle is besig om ‘n nuwe sekte te ontwikkel en om goedgelowige kinders van die Here in ‘n oneindig lang tonnel in te lei, ‘n tonnel na nêrens nie. ‘n Verstommende onwerklikheid gebaseer op ‘n afgeleefde ideologie wat oor die eeue uitgefaseer is en miljoene lewens gekos het en wat nou weer as die redding van die ‘Boerevolk’ aangebied word. Deur Godsdiens met regering te verbind en dan nog verdere met die term ‘Boere’ te vervleg en om daarmee die politieke terrein te betree, is om politiek reg binne in die gemeentes in te bring. Dis om mense se trou aan God te beproef deurdat daardie trou ook terselfdertyd aan sy regeringskandidaat, wat Christus sal verteenwoordig, verskuldig te wees.

Hierdeur verheerlik ek nie die volk nie en wil ek nie slegs die volk dien soos Dawie suggereer nie.  Ons moet God dien midde in die aardse bestel waar ons ons bevind en ophou drome droom van 'n onwerklike utopie. Mens moet tussen gewone mense werk waar hulle ly en waar hul noodkrete daagliks sterker word!

Groete

Johann Wingard.

boontoe

 

Karin Roodt, 24/02/2002:  Bewaring nie deel van Afrikatradisie

Gerrit,

 
Ek laat dit aan Steven Roper oor om sy standpunt uiteen te sit.  Omdat ek nie omgee om van my mede-poslysers te verskil nie - dis hopeloos te vervelig om altyd saam te stem - sal ek daarom van jou verskil. 
 
Na my mening beaam Steven wat Leendert reeds uitgewys en betreur het, naamlik dat bewaring nie deel uitmaak van die Afrika-tradisie nie.  Dit waarvan jy Steven beskuldig is eintlik Ogunronbi en Vorster se probleem.  Vir hulle is daar geen kulturele wisselwerking tussen wit en swart nie.  Maar hoe lyk die grys gebied?
 
Behalwe Portugese handelaars in die 16de eeu wat byvoorbeeld ivoor-messegoed laat maak en versamel het in ruiltransaksies, is daar min artefakte van die 18de en vroee 19de eeu uit die Niger-delta, toe slawehandel in volle swang was.  Slegs met die koms van Westerse vorme van administrasie en ook om fondse vir sendelinge in te samel, is beeldhouwerke weer na Europa en Brittanje gebring en is dit gedoen uitsluitlik om die 'heidensheid' van die stukke uit te wys en wenslikheid om swart mense te kersten te beklemtoon.  Werklike antropologiese opnames is eers weer in die laat 19e en 20ste eeu hervat na die eerste baanbrekersendeling-verslae van die 17de eeu.
 
Ogunronbi meen dat 'those tourists who come to Africa and return to the West as social anthropologists' 'n beter wanvoorstelling gee van Afrika.  Boas se onderskeid tussen representatiewe en simboliese kuns in sy werk The Decorative Art of the Indians of the North Pacific Coast of America, 1897, het dit egter moontlik gemaak om wat voorheen 'n antropologiese studieveld was, binne 'n kunsteoretiese raamwerk te plaas.  Ek is nie seker of hy bedoel dat Boas verkeerd was om inhoud ondergeskik aan tegniek te maak nie, maar binne die konteks van Ogunronbi se brief dink ek die moontlikheid is weglaatbaar klein.
 
Verder het die volgende my ook opgeval: 'Missionary zeal and the outcomes of the colonialists' work in Africa are [...] not worthy of celebration by real humans'.  Daarmee diskwalifiseer Sunday Ogunronbi homself, want nie alleen in die Niger-delta nie, maar oral elders in Afrika is die invloed van Islam en die Christendom onlosmaaklik deel van Afrika-kuns.  Baie meer ter sake is waarom ontdekkings van artefakte, sommige tot 3000 vC, van die oorspronklike inwoners, die Nok, nie aanvanklik deur die huidige inwoners van die delta as hul eie beskou is nie.
 
Miskien bied Chinua Achebe in sy roman, The Arrow of God, 'n verklaring deur te verwys na 'n kosmologie mbt maskers wat vir Westerlinge ontoegangklik is.  Die vraag is nou waarom Ogunronbi, post hoc propter ergo hoc, die klassieke logiese denkfout maak om te wil beweer dat sy voorvaders se mening bo die van Vorster se eie moet geld.
 
Karin.
 

boontoe

 

Dan Roodt, 23/02/2002:  Repliek aan Willie Burger in Beeld

Dit verbaas my dat Willie Burger, wat professor in Afrikaans is, Afrikaners se goeie reg om Engels teenoor mekaar te besig, verdedig.  Daarenteen het ek hom byvoorbeeld nog nooit gesien briewe skryf oor die toename in Engels aan Afrikaanse universiteite, of Minister Kader Asmal se voorneme om sulke instellings nog verder te verengels nie.  Ek vra my af of C.M. van den Heever, Van Wyk Louw of Opperman ooit gesien is waar hulle die gebruik van Engels ten koste van Afrikaans voorgestaan het?  Dat ons Afrikaanse professore nou so anglofiel geraak het!  O tempora, o mores!

 
Benewens ad hominem-opmerkings waaraan ek my nie gaan steur nie, bevat Burger se brief 'n hele paar wanvoorstellings.  In die eerste plaas is dit nooit in die uitnodiging na die gespreksaand gemeld dat dit in Engels sou plaasvind nie.  Hierdie uitnodiging is volledig in Afrikaans uitgestuur, en ook die titel van die lesing was in Afrikaans.  Vandaar dan my ligte verbasing dat daar skielik, soos ek dit gestel het, op't Ingels weggeval is voor 'n uitsluitlik Afrikaanse gehoor, op 'n enkele tweetalige uitsondering na.  Indien dit 'n kosmopolitiese gespreksgroep was wat al om die beurt in 'n ander taal vergader, met bydraes in Portugees, Grieks, Zoeloe of Duits, dan moes dit seker vooraf so aangekondig gewees het?
 
Trouens, een van my besware teen sekere Afrikaanse akademici se "Engels, alles Engels"-houding, is juis dat hulle eng, stiksienig en koloniaal is.  Die trotse tradisie van veeltaligheid en kosmopolitisme van vorige Afrikanergeslagte wat Duits, Frans, Nederlands, Spaans en ander tale gelees het, daaruit aangehaal en vertaal het, is besig om verlore te gaan ter wille van 'n armoedige anglosentrisme.  Die luiheid en fasiliteit om uit Amerikaanse of Britse kommentators aan te haal, eerder as om tekste in die oorspronklike taal te gaan lees, het oorgeneem en die studie van Europese tale het in ons land 'n laagtepunt bereik.
 
Om dus soos Burger te beweer dat ek een of ander Afrikaanse narcisme voorstaan, is eenvoudig vergesog.  Feit is dat mnr. Hattingh hom volledig skuldig gemaak het aan hierdie armoedige anglosentrisme, en ek staan by my punt dat sy voordrag gewemel het van fonetiese en ander foute.  Miskien het taalstandaarde aan die Rand Afrikaans University al so ver gedaal dat mense nie meer agterkom watter vrot Engels hulle met mekaar praat nie, maar as iemand wat in die goeie ou dae aan Wits gestudeer het, kan ek Burger verseker dat dit vir 'n spreker van standaard-Engels 'n lagwekkende en onegte vertoning was.  Mnr. Hattingh behoort vir Engelse lesse te gaan, en as hy werklik Foucault en die tradisie waaruit hy skryf, wil verstaan, behoort hy eweneens in te skryf vir Voorbereidende Frans.
 
Mense ken my as 'n hoflike en beskaafde mens.  Mnr. Hattingh het my agterna om verskoning gevra vir sy eie reaksie wat veel heftiger was as my eie.  Nietemin verstaan ek dat Burger meen dat 'n aandrang op Afrikaans op sigself onbeleefd en "arrogant" is, en dit is eintlik waarvoor hy en Cecile Cilliers my verkwalik.  Hy is korrek as hy vermoed dat Afrikaans besig is om uit te sterf vanweë Afrikanerhoflikheid, maar daarby kan hy ook voeg Afrikanerlamsakkigheid, -jellievisagtigheid, -papbroekigheid, -jansalieagtigheid en 'n fietarige bewondering vir alles wat Engels is.
 
Dan Roodt

boontoe

 

Johann Wingard, 22/02/22:  Afrikane en Afrikaners

Beste Dan,

 
Weereens het jy jou saak kripties dog deeglik gestel.  Miskien moet mens die Nuwe Patriotte daaraan herinner dat die term Suid-Afrikaner vinnig besig is om te verval en deur African vervang te word.  Binnekort gaan South Africans net witmense wees wat nie Africans of Afrikaners is nie.  
 
Mbeki se Afrikanisering, asook sy Afrika-renaissance en Afrika-Unie is besig om ons landsgrense te vervaag en om Suid-Afrikaanse patriotisme te vervang met 'n Afrika-trots.  'n Afrikaner kan regdeur Afrika 'n Afrikaner wees en bly.  Dalk kon jy hierdie tema verder ontwikkel as deel van die gesprek waarna jy hulle uitnooi.  DWARSKLAP kon 'n goeie forum daarvoor wees.
Groete,
Johann Wingard. 
 
boontoe

Paul Alberts, 22/02/2002:  Praaglys laat my hart warm klop

Geagte Dan

 

Dankie dat jy my op die Praag-kontaklys geplaas het. Op Brandfort kry ons daagliks Die Volksblad te lees, en siende dat ek geen bewonderaar van Nasionale Pers is nie, is dit dikwels maar bedroewende joernalistiek waaraan ek blootgestel word. Sondae kry ons net Rapport te lees, en ek is nou op die punt waar ek hierdie sensasionele koerant my huis gaan verbied soos ek lankal met Die Huisgenoot gedoen het. Dit was weliswaar lank voor jou geboorte, maar daar was in ons Afrikaanse geskiedenis 'n tyd toe geen Afrikaanse skrywer daaraan kon dink om te debuteer alvorens hy nie in Die Huisgenoot gepubliseer het nie. As ek daaraan dink en ek beskou Die Huisgenoot van vandag dan wil ek ween!

 

Wat ek vanoggend alles kon lees, het my Afrikaanse hart warm laat klop.

 

Groetnis,

Paul Alberts

boontoe

 

Dan Roodt, 22/02/2002:  Uitnodiging tot debat oor Boekehuis-insident

 

Beste Danie, Kas, Johann W. en ander poslyslede,

 
Vir my is die ontstellende van hierdie soort episodes waar mense dit as "neutraal" sien om eenvoudig voor 'n Afrikaanse gehoor op te staan en met jou swaar Afrikaanse aksent, of watter aksent dan ook al, jou praatjie of referaat in Engels te lewer, dat kennelik niks van wat oor die afgelope twee, drie jaar in Afrikaans geskryf is oor die taalkwessie, ingang by hierdie mense gevind het nie.  Om nie te praat van alles wat daar in Afrikaans geskryf is sedert 1875 nie!
 
Iewers het 'n vrou in 'n koerant geskryf, so 'n jaar of twee gelede, "Ek kan nie verstaan hoekom gaan almal so aan oor die taal nie, want die Bybel is mos in Engels ook vertaal?"  Cecile Cilliers se diskoers is 'n halwe graad hoër as dit, maar as die Evangelie ewe goed deur Engels verkondig kan word, waarom is die Bybel dan ooit in Afrikaans vertaal?  As 'n mens daaraan dink, hoekom is die Bybel ooit in Engels vertaal en nie maar in Hebreeus en Grieks gelaat nie?  Waarom het die sendelinge die moeite gedoen om grammatikas vir die swart tale te ontwikkel, as dit genoeg was om maar net harder te preek in Engels totdat mense begin verstaan?
 
Aan die ander kant vermoed ek dat daar 'n hele klomp swygende skeptici is wat nie die moed het om in die openbaar met die Tweede Rebellie (NAB klink vir my te veel soos Engels vir sakkerollery) swaarde te kruis nie, en onderlangs tussen mekaar brom en skinder.  'n Hele paar lede van RAU se filosofiedepartement was ook teenwoordig by Boekehuis, en ek het geen ondersteuning uit daardie oord gekry nie.  Inteendeel, blykbaar het die kritiek op metataal nog nie die Rand Afrikaans University bereik nie, want daar was bloot tekens van ongeduld dat die referent nou moet "aangaan" en dat ons tydmors met 'n geredekawel oor die taal waarin dit aangebied word.  So-iets is mos nie belangrik nie.
 
Wat vir my die toppunt is, is dat sommige mense - soos dit deur Cecile Cilliers ook gestel word in haar rubriek - hulself beroep op die "goeie reg van die redevoerder om sy eie taalkeuse uit te oefen".  Dit is van dieselfde aard as die "goeie reg van die Engelse kind" om aan 'n Afrikaanse skool sy onderrig in die taal van sy keuse te ontvang, terwyl ons weet dat die omgekeerde natuurlik nie geld nie.
 
Kennelik is daar mense wat voel dat my intervensie by die Boekehuis (moet ons dit voortaan "Bookhouse" noem?) ongevraagd was, maar dan dink ek nie hulle moet op Moedertaaldag wegkruip agter Moeder Cilliers se rokspante nie, en eerder self hul standpunt vir Metataal Engels stel.
 
Omdat dit binne die konteks van 'n filosofiese gesprek plaasgevind het, dink ek die hele aangeleentheid verdien, om nou weer eens saam met Cecile Cilliers te praat, "om met 'n bepaalde diepgang gestimuleer te word," iets wat "nie net nodig is in hierdie stad nie, maar essensieel, sou ek dink."
 
Is daar dus enige van ons anglofiele vriende daarbuite wat sou omgee om vir ons te kom verduidelik waarom die wysbegeerte wat C.M. van den Heever, Van Wyk Louw, Marthinus Versfeld et al reeds dekades gelede met groot sukses in Afrikaans bedryf het, nou nie meer op dié wyse gevoer kan word nie?
 
Ek herinner my ook so 'n agtien maande gelede dat Johan van der Walt, insgelyks 'n RAU-filosoof, wat ook in die gehoor was ten tye van die Boekehuis-insident, dit aan my gestel het dat hy 'n "Suid-Afrikaner is, maar geen Afrikaner nie".  Hierdie kriptiese aanmerking het my sedertdien geïntrigeer, en ek kom agter dat daar ander voorstanders van so 'n teorie is, want nie te lank gelede nie het beide CC se suster, Madeleine van Biljon en my goeie vriend Tobie Cronjé, die akteur, op RSG met dieselfde geheimsinnige nonchalance beweer dat daar nie eintlik meer iets soos "die Afrikaner" of "die-Afrikanerbesigheid" bestaan nie.
 
Duidelik is hier spore van 'n ondergrondse etnies-filosofiese beweging wat veld wen terwyl ons in ons naïwiteit glo dat 'n redelike aantal mense al daarvan oortuig is dat Afrikaners en hul taal geregtig is op voortbestaan in hierdie land waarvoor hulle al so baie gebloei het in allerlei oorloë en aanvalle.
 
Daarom sou dit myns insiens vir ons almal interessant wees indien lede van hierdie kontra-beweging wat tans nog in sy stille "ondergedoke" - indien die Neerlandisme my verskoon sal word - fase verkeer, vir ons almal kan kom verduidelik wat hulle onder die term "Suid-Afrikaner" verstaan, asook hoe presies die "Engelse metataalteorie" daar uitsien.  'n Mens kan Franse denke beter in Engels verstaan as in Afrikaans, of miskien selfs beter as in Frans, lyk dit my.
 
Omdat Beeld die uitnodiging tot 'n filosofiese debat oor die kwessie aan die einde van my brief uitgelaat het, wil ek dit hiermee dus herhaal:  sou Herselman Hattingh, asook enige van die ander aanwesiges by Boekehuis, of enige ander persoon wat gekant is teen die gebruik van Afrikaans as medium vir die wysbegeerte, asseblief vir ons hul standpunt kom stel?  Ook die Nuwe Patriotte, waarvan Willie Esterhuyse kennelik 'n lid is, wat voel dat die nasie rondom die begrip "Suid-Afrikaner" gebou behoort te word, kan gerus van hulle laat hoor.  Miskien is ek te onnosel, ook in die Middel-Nederlandse sin van "onskuldig", om te begryp wat bedoel word met "Suid-Afrikaner", maar ek sal dit waardeer as Johan van der Walt of enigiemand anders ons kortliks hieroor kan inlig.  Met "diepgang", want die stad, nee die nasie, het dit nodig.
 
Dan Roodt

boontoe

 Danie Goosen,22/02/2002:  Herselman Hattingh-prys vir geradbraakte Engels.

Dan,

Die dinge wat jy vanoggend in Beeld laat gebeur, is uitstekend. Elke jota en tittel daarvan voortreflik. Moet ons nie die Herselman Hattingh-prys aan Afrikaanse akademici uitryk wat op die mees geradbraakte Engels Afrikaanse gehore toespreek nie?

 
Danie Goosen
 

 

 

boontoe

 

Johann Wingard, 07/02/2002:  Letter to the Pretoria News

 

The Editor,
Pretoria News,
 
Dear Editor,
I refer to Mathatha Tsedu's note yesterday in Pretoria News under the heading: Name changes are inevitable. He complains that after eight years into black rule, the country is still characterised by statues of invaders on horse back.  He also complains that some citizens want to cling to the past, whilst the new government is promising a new future, a future of being an 'African' country.  He then complains about the non-African surroundings in which parliament finds itself and which does not portray the African character of the country etc.
 
Mr. Tsedu's statements are typical of the one-dimensional view many of the black elite have of the country.  In their view only those Negroid-Africans, whose forefathers came from Central, West and East Africa, a few hundred years ago, are African.  The fact is that there are more than 7 million non-Negroid Africans in South Africa, whose forefathers came from India and other Oriental countries, North Africa and Europe.  They are as indigenous to South Africa as the other variety.  They are citizens of the country, proud of its heritage and willing to help to build a better future for everybody.
 
Names of towns founded by Afrikaner, Sotho, Venda and other peoples, for instance, provide ethnographic and linguistic evidence of a region’s historical development, however the current generation may regard such development in the political climate of the day. An insensivitity to this issue reflects a false perception of officialdom's right to expand their own power; to be interpreted as an instance of intersocietal exploitation or domination; a demonstration of cultural chauvinism to the extreme; certainly an abuse of power.
 
It is not the minorities, but the black elite who seem to be preoccupied with the past, which they want to change.  Everybody else seems to be dealing with the present, in an effort to survive another month.  The destiny of the people of this country includes everybody, their values, their culture and their history.  Afrikaners, for example, constitute about half of that group and, unless Mathatha has forgotten his history, those people on horseback were not invaders, but were indigenous guerilla warriors, who fought two liberation wars against Imperialist Brittain who had designs on our gold mining industry.  He should be proud of them and honour them accordingly!
 
A practical hint to Mathatha:  If you really want to be a traditional African, do not use your motor car, get a donkey cart.  Do not use a cell phone, rather use a runner.  Do not dine in a non-African restaurant and drink non-African wine from the Cape.  Do not use your computer, your vacuum cleaner or your electric fan.  There are other devices, more African, that could be used.  Why not suggest that parliament should move to Bisho, to Mafikeng or to Ulundi?  Why on earth keep the damn building in the heart of a city that has the longest non-'African' history on the continent?
 
Hamba kahle, Mathatha, you are on dangerous ground!
Johann Wingard

boontoe

 

Letitia van der Westhuizen, 07/02/2002:  Our utopia

South Africa, almost alone amongst emerging market economies, is set to 
escape virtually unscathed from the latest bout of investor panic sweeping 
the developing world's fragile economies (The Times, London, August 2001) 
The SA banking sector has been consistently ranked in the top 10 in terms 
of competitiveness (IMD, Switzerland) 
 
When Nelson Mandela was inaugurated President in 1994, SA was insolvent 
(liabilities exceeded assets). Today the Government's deficit is 
negligible  - one of only a handful of countries in this position. 

We've had single digit inflation since 1993 - following 20 years of 
double-digit inflation. Mortgage rates are at their lowest level since 
1988. 
 
South Africa is one of only 12 countries, where we can drink water from a 
tap. Our tap water was found to be the 3rd best quality in the entire 
world. 
 
Remember 15 years ago, in 1986 - A state of emergency was declared, white 
men did two years compulsory military service, 64 184 black people were 
removed from "white areas", 3989 people were detained without trial, our 
economic growth rate was 0.7 percent. Today it is 3%. 64 countries had  
sports boycotts against SA !!! 
 
South African wines win international awards every year and we have the 
longest wine route in the world. 
 
Nelson Mandela, an international icon of forgiveness, tolerance, and 
humanity is our favourite son . 
 
The Kruger Park has the most innovative management of a national park 
anywhere in the world - and is the world's most profitable game park. 
 
Eskom is the largest producer of coal-fired electricity in the world and 
South Africans pay the least for electricity in the world. 
 
South African Breweries is the 4th largest brewer in the world and 
produces over 50% of China 's beer! 
 
Mercedes Benz C Class, BMW 3 Series and VW Golf/Jetta vehicles for all  
right-hand drive markets throughout the world are produced in South 
Africa . 
 
Didata grew from a local IT service provider into a huge, global 
networking company with branches in 30 countries.

The Cape Peninsula has more species of plants here per hectare than 
any other area of the world. 
 
Warm, friendly, vibrant rainbow people. 

The world's most progressive Constitution 
 
Kreepy Kraulies - a South African invention 
 
Mrs Ball's chutney and biltong 
 
The world's best looking population 
 
"Leader's deal in hope - I give many speeches nearly daily and I talk 
about positives. Many have forgotten the Kasspirs and guns - its paradise now in
comparison." 
"I've got four children and ten grandchildren and we are staying right 
here". Raymond Ackerman, CEO Pick 'n Pay. 
 
"For every guy who holds up a gun, there are 99 who hold out a hand of 
friendship" - Dennis Beckett, journalist. 
 
This is something I've never done, but after reading this, all I ask from 
you is to send this on, to your friends, family and others. Let us in this 
way deal with our negatives and let us try to be positive. By being 
positive we can go far in life and we can all strive for a better and more 
positive life and country. 
 
Regards to you all, peace, and positive thinking - that's the way to go! 

boontoe

 

Meyer Olivier, 07/02/2002:  Agterlikheid van Europese rasse

 

Geagte redakteur,
 
Markus Sadie se brief aan Wilhelm Jordaan is die soort waansinnige idee dat wit mense "beskawing" verteenwoordig en swart mense nie.
 
Saartjie Baartman is die klinklare bewys van die agterlikheid van Europese rasse, deurdrenk soos hulle is van vooroordeel, haat, geweld en 'n totale gebrek aan medemenslikheid.
 
Ek haal vir u 'n stuk uit Charles Dickens aan uit Household Words, 11 Junie 1853:
 
"I call him a savage and I call a savage a something highly desireable to be civilised off the face of the earth."
 
Waar is dan die idees van ons grootse Verligting hier?  Dickens, wat as een van ons hoekstene van "beskawing" beskou word? Nee wat, om Wilhelm Jordaan te probeer swartsmeer verdien net die grootste minagting.
 
Meyer Olivier.

boontoe

Louis Kruger, 06/02/2002:  Afrikaners, landgenote

Beste Jennie,
 
Dit is relatief maklik om 'n skrywer aan te haal.  Die vraag is, het hy sy eie mening in die boek weergegee of het hy navorsing gedoen en dan tot 'n logiese gevolgtrekking gekom?  Verder is dit ook van belang om selfs in die geval van navorsing ook die bronne wat aangedui word, na te gaan.  'n Voorbeeld is een skrywer wat in dieselfde arena skryf en dan Madame Bravatski aanhaal om sy standpunt mee te verdedig.  Gaan 'n mens die madame na, begin jy dadelik om sy hele boek in twyfel te trek.  So ook kry 'n mens veels te veel drogredenasies waarop 'n hele boek gebou word en dan begin 'n mens wonder of die sprokie van die koning se klere werklik sover van die waarheid verwyder is.
 
Volgens jou redenasie is die Kaapse rebelle, net maar Afrikaners nie Boere nie.  Was WH Louw, JP Coetzee (gehang op Cradock) en kmdt Lotter volgens jou dan Afrikaners en nie Boere nie?  Hulle stam nie af van die mense wat getrek het nie!
 
Ek verkies om 'n Afrikaner te wees, ek stam eintlik uit altwee republieke. 
 
Wat gaan jy met die verdeeldheid en twis wat jy saai, maai?
 
Louis LSJ Kruger.
 

 

 

 

boontoe

 

Gerrit Brand, 04/02/2002:  Wat is dat, een Afrikaner?

Dan,

 
Ek het gaan loer op julle webwerf. Dankie vir jou interessante aanhalings uit die WAT en Nederlandse bronne. Veral die verwysing na 'n sekere Hottentotstam val my op. Hier is nog 'n interessante Nederlandse perspektief uit die teoloog J. Verkuyl se inleiding tot die Nederlandse uitgawe van Beyers Naudé se outobiografie:
 
"Wat is dat, een Afrikaner?
 
In Nederland wordt veelal gedacht dat het hier gaat om Zuid-Afrikaanse blanken, voor wie het Afrikaans de moedertaal is, de dochtertaal van het Hollands. Het zou dus een synoniem zijn voor Boeren, met wie ik, evenals de meeste Nederlanders, als kind kennismaakte in de spannende verhalen van L. Penning.
 
"Ook de nieuwste Winkler Prins van 1990 meent nog dat het hier alleen zou gaan om blanken. Maar dichter bij de waarheid was de WP-editie die in 1914 verscheen, voordat Beyers [Naudé - GB] in de wieg lag: 'Vroeger schijnt het woord Afrikaner alleen van in Zuid-Afrika geboren bastaards van blanken met inboorlingen te zijn gebruikt geworden.'"
 
Verkuyl sit natuurlik wat die 'Boere' betref die pot mis, maar ek meen dat hy ons wel op die regte spoor sit wat die oorsprong van die woord 'Afrikaner' betref. Jennie se salvo is in soverre reg dat die begrip 'Boer' nie met 'Afrikaner' uitwisselbaar is (of ten minste was) nie. Dit gaan, lyk my, terug op 'n klasseonderskeid in die Kaap tussen stedelinge/dorpelinge en ... nou ja, boere. Baie uit lg. geledere het aan die Groot Trek deelgeneem en onafhanklike republieke gevestig wat allerweë as boererepublieke bekend staan. Hulle het met trots na hulself as boere verwys, terwyl die agterblyers hulself beslis nie so genoem het nie. Tot vandag toe sal Transvalers en Vrystaters meer geredelik na hulself as Boere verwys as Kapenaars.
 
Ek dink Jennie is ook reg dat die Unie die grootste ramp was wat die Afrikaanse inwoners van ons land kon tref. Daarmee het die Britte die hele land onder blanke beheer geplaas en sodoende enersyds 'n magswanbalans geskep en andersyds rasse-identiteite polities deurslaggewend gemaak: die begin van apartheid. Voor daardie tyd was die boererepublieke klein staatjies te midde van ander, gelyke koninkrykies. Die totstandkoming van die Unie word daarom ook in die swartes se bevrydingsgeskiedenis as die finale oorwinning van blank oor swart beskou. Interessant in dié verband is dat die NP nog altyd sy ideologiese basis in die Kaap gehad het, soos duidelik blyk uit 'n lys van staatshoofde sedert 1948. (Toe die Transvaalse leier van die party uiteindelik die leisels oorvat, het hy onmiddellik 'n skikking met die land se ander inheemse inwoners aangegaan!)
 
Die feit is egter dat die ramp gebeur het en dit is al 'n eeu gelede. Hoewel die spore van 'n afsonderlike boer-identiteit vandag nog bestaan, is dit nie haalbaar om vandag op basis daarvan politiek te bedryf nie. Buitendien was die boer-identiteit altyd onderdeel van 'n meer omvangryke Afrikaanse identiteit, 'n kleiner sirkel binne die groter sirkel. Daardie eenheid was byvoorbeeld altyd te bespeur in kerklike ontwikkelinge. Die rede hoekom die trekboere nie meer aan die Kaapse NG Kerk kon behoort nie, was nie dat lg. dit nie wou hê nie, maar omdat die Britse owerheid dit verbied het. Die NG Kerk self het altyd bande met die Natalse, Transvaalse en Vrystaatse sinodes onderhou en byvoorbeeld ook predikante aan hulle verskaf. Die hereniging van die vier NG sinodes in die 1960s het dus wel uitdrukking gegee aan 'n verbondenheid wat ten spyte van 'n langdurige gedwonge skeiding lewend gehou is. (Die tragedie is dat dit ten koste gegaan het van eenheid oor die rasgrens heen, iets wat teruggaan op 'n Kaapse kerkbesluit in die 19de eeu.) Die feit dat sommige Afrikaanse Kapenaars tydens die oorlog aan boerekant geveg het of andersins steun aan die boere gegee het, spreek ook van die reëele verbondenheid. Buitendien het al die Boere tog hulle oorsprong in die Kaap gehad en het familiebande hulle in baie gevalle met mekaar verbind. Dat hulle 'n ander praatstyl gehad het? 'Dat zal wel' soos die Nederlanders sê. Streekdialekte is 'n bekende taalkundige verskynsel, ook in 'n klein landjie soos Nederland. Of dit telkens 'n nuwe volksidentiteit weerspiëel, is te betwyfel.
 
Nou probeer ek nie sê dat die verbondenheid tussen Boere en hulle ander taalgenote altyd 'mooi' was nie. Soos in alle families, vind verbondenheid dikwels uiting in konflik en wedersydse wrewel, soms selfs boedelskeiding. Dit leef vandag nog voort in die provinsialisme van so baie Afrikaanse mense. By hierdie verhaal moet verder kom die skeiding tussen 'blank' en 'bruin'. Ek sit dit tussen aanhalingstekens omdat dit nog altyd 'n kunsmatige onderskeid was - sowel geneties as kultureel. Die probleem met kunsmatige onderskeide wat as grondslag vir politiek dien is egter dat hulle hulself mettertyd waarmaak: Die skandelike manier waarop sg. 'blankes' hulle sg. 'bruin' taalgenote behandel het, veral vanaf die 19de eeu, maar ook later met die verwydering van die kiersersrol ens. het 'n daadwerklike skeiding tot stand gebring. Soos die onderskeid tussen Boere en ander Afrikaanse mense, is die nawerking hiervan ook nog met ons, net baie sterker. (Wat die Boere ook gemaklik vergeet is dat baie 'bruinmense' ook uit die Kaap getrek en hul onafhanklikheid elders gaan soek het: dink maar aan die dorslandtrekkers en die Rehobotters.)
 
Ek persoonlik sou graag wou sien dat die woord 'Afrikaner' 'n aanduiding word van alle Afrikaanse mense. Die identiteit wat so aangedui word, sal geen historiese fiksie wees nie, maar teruggryp op die oorspronge van ons stam. Tekekend hiervan is dat van die vooraanstaande 'boere' in die slagtersnekrebellie met nie-blanke vroue getroud was. Soos ons almal teen hierdie tyd weet, het die meeste 'blanke' Afrikaanse families 'gemengde' bloed in hul are. Maar biologie is van minder belang. Meer noemenswaardig is die kulturele vermenging, die vasgroei aan Afrika, wat alle Afrikaanse mense kenmerk. Ons het nie meer burgerskap elders nie. Ons is van Afrika: Afrikaners. Uit Dan en Verkuyl se bronne blyk dit dat dit die 'oorspronklike' betekenis van 'Afrikaner' is. (Ongelukkig het die kaping en rassifisering van die woord deur apartheidsideoloë daartoe gelei dat baie 'blanke' en 'bruin' Afrikaanse mense hulself nie meer so wil noem nie. Ek self vind dié neiging kinderagtig, maar aan die ander kant het ek nie die reg om benaminge op mense af te druk nie. Ek kan maar net voorstelle maak en hoop dat ander dit aanloklik vind.)
 
Binne hierdie breë Afrikaneridentiteit kan 'n mens dan op verskillende tradisiestrome wys: die sterk republikeinse boeretradisie, die Kaapse liberale tradisie, die 'bruin' werkersklastradisies ens. Myns insiens het almal wat vandag Afrikaans praat die reg om al hierdie tradisies kreatief vir hulself toe te eien. Hiermee sou ek dan wou aansluit by Max Du Preez se pleidooi vir 'n Suid-Afrikaanse geskiedenis, waar 'n Afrikaner vir Moshoeshoe en 'n Sotho vir Christiaan De Wet as 'syne/hare' kan toeëien. So 'n gedeelde Suid-Afrikaanse identiteit sluit nie uit dat Afrikaners besonder sterk met die Afrikanergeskiedenis sal identifiseer nie, netso min as wat my Afrikaner-identiteit my as Transvaler verhoed om sterk met die boeretradisie van die ZAR te identifiseer.
 
'n 'Afrikaner-bewussynsbeweging' sou dus sy uitgangspunt in Breytenbach se woorde moet neem: 'Ons is 'n bastervolk met 'n bastertaal. Ons aard is basterskap. Dis goed en mooi so.'
 
Kortom: Ons kan die geskiedenis nie terugdraai nie, maar ons kan 'daaruit haal wat goed is' (om my gunsteling boereleier nou 'n slag te siteer!).
 
Mooi bly,
Gerrit

boontoe

 

Kas Landman, 04/02/2002:  Tsedu oor naamveranderings

 

Mathatha Tsedu, die voorsitter van die SA National Editors Forum en ook Deputy Chief Executive: News SABC skryf vanoggend in die Pretoria News onder die opskrif Name changes are inevitable

"It is sickening that almost eight years into black rule entry into towns of our country is still characterised by statues of invaders on horseback.

"It is shameful that even minimal changes such as names, which are characteristics of any national changes anywhere in the world, have to be steered through the resistance of those who want to cling to a past that must not return.  And we are not even talking the Hitler Hunzvi option here!

"A new future beckons this country and this continent. It is a future that says we are an African country.  The opening of Parliament on Friday is going to be characterised by that theme, where Mbeki will unveil murals of the African Union.

"The irony will be that the mural will probably be the only African thing in that vicinity.  Cape Town and its street names, its buildings and suburbs, are still alien to the African feel and tongue.

"Ramathlodi must go full steam ahead and Mbeki should not be far behind with our couyntry's name change.  Afrika ke nako!"

 

Kas Landman

boontoe

 

Leon van den Berg, 04/02/2002:  Afrikaner-introspeksie (repliek)

 

Uit my ondervinding (jaar in Frankryk, 3 maande in Engeland) stem ek volkome
saam met jou oor die introspeksie, Dan. Ek verskil wat betref die
"verlammende, negatiewe selfkritiek". Die introspeksie wat ek onder
Afrikaners ervaar, is energiek, proaktief, konstruktief en vol geesdrif.

Daarom kon ek 'n projek begin waarin aangedui word hoedat Afrikaners
amptelike veeltaligheid in SA met Afrikaans begin het en steeds die leiding
daarmee neem (terwyl die owerheid sy bes doen om dit af te breek).

Die VN, Grondwet en internasionale mening oor veeltaligheid is aan ons kant
en saam met ons introspeksie, taalgeskiedenis en ywer het ons geweldig baie
brandstof. Kom ons laat dit doeltreffend in ons potensieel kragtige enjin
vonk eerder as vernietigend in 'n petrolbom.         

Die slagspreuk moet wees: "Afrikaans lei, hy ly nie!"

Anders gaan die verlammende selfkritiek soos kanker te werk gaan.

boontoe

Danie Goosen, 04/02/2002:  Nogmaals Bourdieu

 

Dan,

 

Jou (volgens jou eie erkenning) totale gebrek aan belangstelling in die werk van Bourdieu en jou gelyktydige breedsprakerige renons in hom ondermyn, om dit sagkens te stel, enige rasionaal vir ‘n debat oor hom. Laat Bourdieu dus maar voorlopig daar, dit is tot jy dalk ons vanuit die tekste van Bourdieu self (en nie bloot met verwysings na aanhalings uit die werke van sy geswore opponente nie) van die meriete van jou interpretasie(?) kan oortuig. Maar daarvoor sal jy natuurlik ‘n minimum van belangstelling in hom moet opwerk. En dit is klaarblyklik ‘n onrealistiese verwagting. 

 

Nogtans maak jy in jou antwoord stellings buite-om jou direkte verdagmakende verwysings na Bourdieu wat, ten spyte van ‘n mens se verskil daarmee, allesbehalwe met ‘n totale gebrek aan belangstelling gelees kan word. Ek verwys net na een so ‘n saak.

 

Dit hou verband met die woord “werklikheid” wat jy so kwistig rondgooi. As ek jou mag parafraseer: Die heersende kapitalistiese orde is die ‘werklikheid’ waarby ons ons (ewe gedienstig en status quo-bevestigend, maar dit sê jy natuurlik nie) behoort neer te lê. Enige poging om met dié ‘werklikheid’ wat die kapitalistiese orde aan ons oplê te verskil, is nie net uit voeling met dié ‘werklikheid’ nie. Dit sou ook volgens jou neerkom op ontvlugtingsdenke, d.i. denke wat te swaar leen op die moralismes van ons tyd (en die clichés uit dié linkse Franse denke wat nie met joune ooreenstem nie). In kort: Jy roep ons op om dapper ons ‘werklikheid’ te aanvaar én - contra die werklikheidsvreemde moralismes van anti-kapitalistiese magte - op te trek teen die (barbaarse) magte wat dié ‘werklikheid’ bedreig. Net enkele punte:

 

1). Wie se “werklikheid” is hier ter sprake? Kennelik tog die neo-liberales se werklikheid. Want daar is talle gemeenskappe, groepe, ens. wat nie dié werklikheid met jou en die neo-liberales deel nie en wat hulle juis as radikaal uitgesluit daarvan ervaar. Soos byvoorbeeld die talle kultuurgemeenskappe wie se tale, kulture en historiese herinneringe tans swig voor die eise wat jou “werklikheid” via sy verskillende magsinstrumente aan hulle opdwing (Hoeveel tale het sedert jou neo-liberale ikone, Thatcher en Reagan reeds geswig voor die eise van die mark?). Daar waar tale en kulture tans sterk politieke selfuitdrukking vind (die Katalone, ens.) is dit juis omdat hulle jou “werklikheid” weerstaan. Hulle is lewende ‘werklikhede’ juis ten spyte van die druk van die mark en sy neo-liberale propagandiste.  

 

2). Jy weet tog dat ‘n simplistiese beroep op dié werklikheid uiters problematies is. Maar as jy dit weet behoort jy ook vertroud te wees met die magsmeganismes aan die werk agter die aanspraak van enigiemand om dié werklikheid te verteenwoordig. Alhoewel jy nie jou irritasie met die Franse denkers (of sommige linkses onder hulle) kan wegsteek nie, kan jy gerus maar weer Foucault (of as jy nie lus is vir die Franse nie, vir Nietzsche) raadpleeg. Watter ideologie van ons tyd (Marxisme, neo-liberalisme, ens) het nie hulle eie magsaansprake en -vergrype versteek agter die eis dat húlle dié werklikheid verteenwoordig nie? In naam van dié werklikheid is nie net die konsentrasiekampe van die 20ste eeu opgerig nie, maar word ook tans weer alles onderwerp aan die diktate van die mark.

  

3). Onlosmaaklik geknoop aan jou aanspraak om dié werklikheid te verteenwoordig is die ene wat lui dat enigiemand wat met my idee van die werklikheid verskil, in wese ‘n utopis, ‘n moralis, ivoortoring-denker of welke ander soort naïeweling ook al is. Die magsdinamika agter dié simplistiese dualisme is tog ewe bekend. Gepraat van manicheïsme! Hoef nie daarop uit te brei nie.

 

4). Jou aanspraak om dié werklikheid te verteenwoordig isoleer jou eie standpunt nie net van kritiek nie, maar - in aansluiting daarby - voorkom dat die kapitalisme byvoorbeeld gesien word as ‘n “historiese verskynsel”. Dit verhinder die insig dat die historiese bronne van die kapitalisme bevraagteken kan word en voorkom dat die sosiale verbeelding ander historiese moontlikhede (ook in die ekonomie) kan bedink. As jy dit maar sou doen, sou jy sien hoe die kapitalisme vanaf sy ontstaan in die vroeë moderniteit (en nie vanaf die begin van die skepping nie) homself altyd weer teen die veelheid van tale en kulture gerig het. Vanaf sy eerste oorspronge is dit per definisie tradisie-vyandig, behalwe daar waar ‘n beroep op tradisie momenteel sy belange kan dien. Nou ja, ons sit lank reeds met ‘n ou kritiese tradisie wat na dié soort ontkenning van kontingensie verwys as reïfisering. Die status quo-bevestigende aard van dié reïfiseringstrategie is vir my miskien die teleurstellendste deel van jou argument.    

 

5). As dié werklikheid inderdaad ‘n neo-liberale werklikheid is, waarom nog hoegenaamd met sy sogenaamde opponente en vyande redekawel? Die geveg is immers volgens jou aanspraak beslis. Ongelukkig val neo-liberale aanspraakmakers op vertolkerskap van dié werklikheid altyd weer in hierdie verband tussen ‘n veelheid van onversoenbare dinge: Enersyds sê hulle (of jy) dat dié werklikheid kapitalisties is. Maar andersyds word hulle altyd weer gekonfronteer met diegene wat nie dié werklikheid wil aanvaar nie. Beteken dit dan dat hulle (of jou) aanspraak tog nie gehandhaaf kan word nie? Is daar tog stukke werklikheid wat nie in jou idee van die werklikheid wil inpas nie? Maar as dit so is, op grond waarvan sou jy jou nog op dié werklikheid kan beroep? Miskien op grond van DIE IDEE dat die werklikheid nog vorentoe al hoe meer kapitalisties sal word? Maar as dit op sy beurt waar is, maak jy jou nie juis skuldig aan iets soos utopisme, moralisme ens. nie, presies dit waarvan jy jou opponente beskuldig nie? Want is dit nie in naam van een of ander utopiese idee dat jy nog die werklikheid na sy ware kapitalistiese aard sal wil stuur nie? In kort: hoe “realisties” en “nie-moralisties is jou eie denke oor die kapitalisme?

 

6). Jou opmerking oor die ‘ware’ bron van ons as probleem, naamlik slap Afrikaners, is natuurlik nie iets waarmee ‘n mens volledig kan verskil nie. Daar is egter tog ‘n kant van dié argument wat problematies is en wat met bogenoemde verbandhou. Dit is ‘n ou ding in die neo-liberale mondering om skerp te onderskei tussen enersyds die sogenaamde harde werklikhede van die ekonomie (die ysterwet van vraag en aanbod, ens.) en andersyds die wêreld van subjektiewe gesindhede, ens. Wanneer die vraag van politieke mobilisering ter sprake kom, word daarom nie ‘n beroep op (nuwe) politieke praktyke gedoen nie, maar op die gesindhede, houdings en motiewe van mense. Want - en daarmee word die status-bevestigende aard van jou logika weer eens onderstreep - ‘n beroep op politieke praktyke kan torring aan die kapitalistiese ordening van dinge. En dit mag nie. Daarom die (m.i. erg simplistiese) beroep op houdinge, ens. Daarmee sê ek nie dat ander houdinge onder byvoorbeeld Afrikaners onbelangrik is nie. Maar dit is eenvoudig weer te kort gevat as die huidige dringende noodsaak van nuwe politieke praktyke en instellings onder Afrikaners met slegs ‘n beroep op hulle houdinge beantwoord gaan word.

 

Groetnis,

Danie 

 

boontoe

Jennie Terreblanche, 03/02/2002:  Semantiese klein politiekery

Desmond,

 
Die verskil tussen 2 groepsidentiteite is veel meer as 'n semantiese verskil. In hierdie geval - beskerming van plekname - kan en moet ons saamwerk aangesien ons 'n gemeenskaplike belang daarby het. Die enigste manier hoe ons die ingryping in ons lewens  effektief kan voorkom of teenwerk, is deur in 'n eie land te woon. Die doelpale van die twee groepe verskil dus aansienlik, aangesien Afrikaners hoogstens vir kulturele regte van minderhede in 'n multi-kulturele staat beywer en Boere vir volkome soewereiniteit. Ek sien nie waarom die onderskeid as 'n kinderagtige woordspeletjie gesien kan word nie. Die moorde op ons mense sal voortduur selfs al word die plek waar dit gebeur steeds Nylstroom (bv) genoem en nie Mmafonengteng nie. My fokus is dus doodgewoon op 'n groter doel as joune.
 
Groete,
Jennie

 

boontoe

 

Jennie Terreblanche, 03/02/2002:  Ek drink nie Klipdrift nie

Willie,

 
Ek sien jy volg die standaardresep van die vorige bewind: indien jy nie die feite kan weerlê nie, diskrediteer die persoon dmv 'n verkleinerende of negatiewe assosiasie (speel die man en nie die bal nie) en, uiters belangrik, gebruik "ou" as 'n voorvoegsel by sy/haar naam. Ek drink wyn en meestal koffie, en jy?
 
Groete,
Jennie
 

boontoe

 

Desmonde Andriesse, 03/02/2002:  Semantiese klein politiekery

Hoeveel leiding en beproewing moet ons Volk nog deurmaak voordat ons gaan leer om saam te werk en af te sien van klein politiekery? Op hede blykbaar nog nie genoeg nie. Ons mense word vermoor, hulle verarm en hul kultuur word aangetas terwyl ons kinderagtige woord speletjies speel. Hoe bevorder apodiktiese semantiek ons saak, sal ek graag wil weet? Wat is belangriker, ons ego’s of ons mense?

Desmond


boontoe

 

Jennie Terreblanche, 03/02/2002:  Politieke mag en herskrywing van geskiedenis 

Cassie,
 
"Met die tyd  verander terminologie om by veranderde gebruik en omstandighede aan te pas. Dan word dit 'n doodnormale taalverskynsel om nuwe terminologie ook retrospektief toe te pas wanneer jy met die geskiedenis omgaan. Dus was bv. Piet Potgieter, net soos ek en jy, in alle opsigte wat vandag wêreldwyd as 'n Afrikaner bekendstaan."
 
As ek hierdie argument van jou konsekwent toepas :-) dan is dit 'n doodnormale verskynsel dat die ANC nuwe terminologie sal toepas as hulle met die geskiedenis omgaan. Dit wys dus daarop dat wie ookal die politieke mag het, ook homself aanmatig om die geskiedenis na eie belang te herskryf en die spore van voriges uit te wis of in so mate met die nuwe te integreer dat die onderskeid nie opsigtelik is nie. Hiervolgens kan jy in die toekoms as 'n Afrikaan bekendstaan.
 
Groete,
Jennie
 

boontoe

 

Johann Rossouw, 03/02/2002:  Genugtig, Jennie

 

Genugtig, Jennie, miskien moet ons in hierdie stadium mekaar die fyner puntjies van "Boere-", "Afrikaner-" en "Afrikaanse" identiteit spaar. Daar's belangriker dinge om ons energie aan te bestee, beginnende by die behoud van die betrokke plekname.

Groetnis,
Johann Rossouw

boontoe

 

Etienne van Zyl, 03/02/2002:  Neo-Dooyeweerdiaanse teopolitiek

Willie, Cassie, Stephan,

 
Hoekom is dit so 'n groot verrassing dat Jennie standpunt oor die Boer/Afrikaner onderskeid inneem. Die onderskeid is dan 'n basiese vertrekpunt van die neo-Dooyeweerdiaanse teopolitiek wat by rebellie.org bedryf word.
 
Daarby het die klem op 'Boere' verskeie praktiese meriete. Een, die eksklusiwiteit wat daarin vervat is, kan nie verwater kan word deur aaklige verbuigings soos 'Boerses' nie.
 
Twee. Dit word baie makliker om die oorverdowende nee-stem wat daar uit Afrikanergeledere teen die restant van regse politiek opgaan, uit enige beoogde referendum te weer. Diesulkes is per definisie nie boere nie, sien, en hulle stem kan dus geignoreer word. Dis 'n perfekte strategie. 
 
Hoe verwysings na Klipdrift onderskei moet word van die genoemde diep denkers is 'n raaisel wat verskuil le^ in 'n singuliere kosmiese gebeurtenis.
 
Groete,
Etienne
 

boontoe