| chronologie
menings
opstelle
poësie
satire
aksies
skrywers
abba
skakels
briewe
uit-BEELD
uit-RAPPORT
tuis
|
|
argief 1
terug na briewe
praagbesprekingslys op yahoogroups.com
word deel van die gesprek! sluit aan by praag se
gespreksgroep! stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com
-
Dan
Roodt, 15/12/2002: Repliek aan Christ van der Westhuizen
-
Christie
van der Westhuizen, 15 Desember 2002: "Geveg vir
Afrikaans" op twyfelagtige grond
-
Ben
Pheiffer, 15 Desember 2002: Quijotiese soektog na die
"goeie ou dae"
-
Carel
van der Merwe, 21/11/2002: Dan is ons terug by Ontugwet
-
Cassie
Aucamp, 21/11/2002: Eensydige beeld van jong Afrikaners
-
Leendert
van Oostrum, 18/11/2002: Stelsel dwing kinders tot
Intergeloof
-
Dan
Roodt, 18/11/2002: Onderwysdept. skryf wel godsdiens voor
-
A.
J. Secrève, 17/11/2002: Reaksie op Zakes Mda
-
Ben
Pheiffer, 17/11/2002: Dan Roodt se loutere, opswepende
snert
-
Johan
Prinsloo, 15/11/2002: Moenie angstig wees oor Raad
-
Sebastiaan
Biehl, 15/11/2002: VF was enigste Afrikanerparty in '94
-
Gerhard
Bothma, 15/11/2002: Nog nie genoeg gepraat oor waardes
-
Cassie
Aucamp, 15/11/2002: Kortbegrip van Afrikanereenheid
-
Chris
Davel, 15/11/2002: Geen toekoms met FW, FAK, Broeders
-
Cassie
Aucamp, 14/11/2002: Waarom Afrikaans inperk?
-
Liza
de Ridder, 14/11/2002: Ek is 'n Afrikaner
-
Willem
Vos, 14/11/2002: Engels by Maatskappyregistrateur
-
Johann
Wingard, 14/11/2002: Tyd is nóú ryp vir Afrikanerraad
-
Sebastiaan
Biehl, 14/11/2002: Nie meer as een Afrikanerparty
-
Johann
Wingard, 14/11/2002: Afrikaans is vir Afrikaners belangrik
-
Leendert
van Oostrum, 14/11/2002: Dalk hoogverraad
-
Carel
van der Merwe, 14/11/2002: Afrikaners is polities
leierloos
-
Sebastiaan
Biehl, 13/11/2002: Herposisionering van PRAAG
-
Johann
Wingard, 13/11/2002: Sokrates oor die waarheid
-
Willem
Vos, 13/11/2002: Afrikaner en Afrikaan
-
Tim
Kok, 13/11/2002: Van Schalkwyk 'n opportunis
-
Ockie
van Schalkwyk, 13/11/2002: Groep 63-brief 'n eerlike
poging
-
Andries
Lombaard, 13/11/2002: Boerevolk is reeds op pad
-
Johann
Wingard, 03/10/2002: Kollektiewe Identiteit
-
Gerhard
Bothma, 17/08/2002: Medemenslikheid nie gelyk aan
kruiperigheid
-
Marthie
Richter, 17/08/2002: Onverdraagsaamheid en medemenslikheid
-
Andries
Lombaard, 17/08/2002: Massa-aksie en die Boere
-
Willie
Spies, 16/08/2002: Klein, gefokusde aksies
-
Paul
Alberts, 16/08/2002: Groot fout by Afrikaners
-
Carel
van der Merwe, 09/08/2002: Die mite van die nou Engelse
Sarah Bartmann
-
Ockie
van Schalkwyk, 20/06.2002: Groete uit die Sahara
-
Johann
Wingard, 20/03/2002: Gesiglose nuwe Afrikanees? (antwoord
op Coen Botha)
-
Coen
Botha, 20/03/2002: Enklawe-politiek is uit pas
-
Chris
de Lange, 18/03/2002: Afrikaanse rekeninge asseblief!
-
Roger
Bryssinck, 24/02/2002: In het aanschijn van evidente
onzin...
-
Johann
Wingard, 24/02/2002: Christokrasie, 'n nuwe sekte?
-
Karin
Roodt, 24/02/2002: Bewaring nie deel van Afrikatradisie
-
Dan
Roodt, 23/02/2002: Repliek aan Willie Burger in Beeld
-
Johann
Wingard, 22/02/22: Afrikane en Afrikaners
-
Paul
Alberts, 22/02/2002: Praaglys laat my hart warm klop
-
Dan
Roodt, 22/02/2002: Uitnodiging tot debat oor
Boekehuis-insident
-
Danie
Goosen,22/02/2002: Herselman Hattingh-prys vir
geradbraakte Engels.
-
Johann
Wingard, 07/02/2002: Letter to the Pretoria News
-
Letitia
van der Westhuizen, 07/02/2002: Our utopia
-
Meyer
Olivier, 07/02/2002: Agterlikheid van Europese rasse
-
Louis
Kruger, 06/02/2002: Afrikaners, landgenote
-
Gerrit
Brand, 04/02/2002: Wat is dat, een Afrikaner?
-
Kas
Landman, 04/02/2002: Tsedu oor naamveranderings
-
Leon
van den Berg, 04/02/2002: Afrikaner-introspeksie (repliek)
-
Danie
Goosen, 04/02/2002: Nogmaals Bourdieu
-
Jennie
Terblanche, 03/02/2002: Semantiese klein politiekery
-
Jennie
Terblanche, 03/02/2002: Ek drink nie Klipdrift nie
-
Desmonde
Andriesse, 03/02/2002: Semantiese klein politiekery
-
Jennie
Terblanche, 03/02/2002: Politieke mag en herskrywing van
geskiedenis
-
Johann
Rossouw, 03/02/2002: Genugtig, Jennie
-
Etienne
van Zyl, 03/02/2002: Neo-Dooyeweerdiaanse teopolitiek
-
Dan
Roodt, 03/02/2002: Afrikaner-introspeksie
-
Johan
Kriek, 03/02/2002: Los die gestryery
-
Willie
Spies, 03/02/2002: Jennie, moenie die Klipdrift vergeet nie
-
Jennie
Terblanche, 03/02/2002: Onkunde oor Boer-identiteit
-
Cassie
Aucamp, 03/02/2002: Kunsmatige skeiding is dood in die pot
-
Stephan
Maninger,
03/02/2002: "Friendly fire"
-
Leon
van den Berg, 03/02/2002: Jennie, ons Boere spel nie só nie!
-
Dan
Roodt, 03/02/2002: Hoe ry die Boere sit-sit so
-
Johann
Wingard, 03/02/2002: Kulturele chauvinisme van
naamsveranderings
-
Leendert
van Oostrum, 03/02/2002: "Boere" met ander
belange
-
Carel
van der Merwe, 03/02/2002: Eis vir verdere onmiddellike
regstelling
-
Jennie
Terblanche, 03/02/2002: Regstelling geëis: Afrikanername en -vestigings?
-
Marietjie
Luyt, 02/02/2002: Karel Schoeman oor M.T. Steyn
-
Jaap
Steyn, 02/02/2002: M.T. Steyn die grootste
-
Peter
Louw, 01/02/2002: Pres. M.T.Steyn as rolmodel
-
Markus
Sadie, 31/01/2002: Wilhelm Jordaan se
Hottentotvoorskootjie
-
Dan
Roodt, 31/01/2002: Bourdieu en kapitalisme, repliek op D.
Goosen
-
Karin
Roodt, 30/01/2002: Kultuur en Geneefse Konvensie
-
Danie
Goosen, 28/01/2002: Reduksie van Bourdieu
-
Karin
Roodt, 25/01/2002: Pierre Bourdieu oorlede
-
Dan
Roodt, 25/01/2002: Pierre Bourdieu
-
Johann
Winngard, 18/01/2002: Moraliteit vs. werklikheid
-
Dan
Roodt, 18/01/2002: Kognitiewe dissonansie
Dan
Roodt, 15/12/2002:
Repliek aan Christie van der
Westhuizen
Beste
Christi,
Dankie
vir jou mening. Ek kan
nie sê dat jou standpunt
afwyk van dit wat ek al die
afgelope twee jaar gehoor het
van mense wat 'n soort apatie
of konformisme bepleit t.o.v.
die taalkwessie nie. Vir
wat dit werd is, herhaal ek
hier die argumente wat ek
seker al male sonder tal in
repliek hierop geopper het:
- Afrikaans
is bevorder deur Afrikaners
self. Dit is eenvoudig
onwaar om te sê dat ander
inheemse tale in die verlede
verwaarloos is. Of
liewer, die sprekers van
daardie tale het hul eie
tale verwaarloos waarvoor
ons geen blaam kan dra nie.
Sover my kennis strek, het
die vorige regering uit sy
pad gegaan om daardie tale
te bevorder en te befonds,
iets wat deur internasionale
taalkundiges erken word,
maar om politieke en ander
redes het die ou
tuislandregerings, asook die
swart élite, teen hul eie
tale gekies. Dit kan
ons daarom nie voor die deur
gelê word nie. Die
verwaarlosing van eie tale
is ook 'n Afrika-wye
verskynsel, soos Ali Mazrui
al aangetoon het. Net
Afrikaners en Somaliërs het
oor die afgelope 100 jaar
hul eie tale bevorder.
- Afrikaans
staan nie sterk nie.
Slegs 8% van TV-tyd op die
SAUK word daaraan gewy
terwyl Engels ver oor die
50% kry. In die handel
het Afrikaans geweldig
agteruitgegaan en
maatskappye, insluitende
Kaapse wynboere, doen nie
eens meer die moeite om voor
te gee dat hulle omgee vir
Afrikaans nie.
Etikette, reklame,
sakekommunikasie, asook die
regspraak in Suid-Afrika
verengels voor die voet.
As joernalis weet jy hoeveel
Engelse tydskrifte en
koerante daar in SA bestaan,
teenoor 'n handjievol in
Afrikaans. Dan is daar
nog die doelbewuste
verengelsing van Afrikaanse
kinders deur hul ouers, met
die oog op emigrasie maar
ook omdat daar oënskynlik
geen toekoms meer vir die
taal in ons land is nie.
Sou jy wou ontken dat
Afrikaans merkbaar
agteruitgegaan het oor die
afgelope tien jaar?
- Die
mite van die apartheidstaal.
Enige stigma wat aan
Afrikaans kleef, is
doelbewus gepropageer deur
hoofsaaklik blanke Engelse
intellektuele wat nog altyd
die taal vyandiggesind was.
Ekself is nie anti-Engels
nie, maar my standpunt is
dat indien enigiemand
hoegenaamd met hierdie
belaglike stigmastorie gaan
aanhou, die slagspreuk
"language of the
oppressor" ingesluit,
dan is die enigste moontlike
reaksie dat ons Engels ewe
seer gaan stigmatiseer as
"killer language".
Engels is 'n koloniale taal
wat letterlik vir die eerste
keer in die
konsentrasiekampe aan
Transvaalse kinders geleer
is. Die gedagte dat
daar 'n stigma aan Afrkaans
kleef, druis ook in teen die
konsep van 'n eenheidstaat,
want indien die res van die
mense in die land nie kans
sien om ons taal te hoor en
te sien nie, kleef daar ewe
seer 'n stigma aan alle
Afrikaanssprekendes.
Die logiese gevolgtrekking
is dat daar 'n afsonderlike
staat aan ons toegeken
behoort te word, nie waar
nie? Onlangs het ek
nie veel mense teëgekom wat
die stigma-argument voer
nie, selfs nie eens in die
regering of in die Engelse
pers nie. Maar dit sou
water op die meul van die
taalstryd wees indien van
ons ander landsburgers
Afrikaans openlik wil
verwerp as 'n minderwaardige
of gestigmatiseerde taal.
- Die
bevordering van
veeltaligheid klink in
beginsel mooi, maar hoe doen
'n mens dit? Toe ek
aanvanklik twee, drie jaar
gelede betrokke geraak het
by die taalstryd, het ek wyd
en syd steun probeer werf
onder ander groepe vir 'n
veeltaligheidsveldtog.
Niemand anders het belang
gestel nie. By die
Raad vir Geoktrooieerde
Rekenmeesters, waar daar ook
'n poging was om Afrikaans
af te skaf, is geprobeer om
ten minste Zoeloesprekendes
te oorreed om betrokke te
raak by die skep van
rekenkundige terminologie in
hul taal. In die
woorde van een persoon by
die Raad was daar "zero
belangstelling" onder
Zoeloesprekendes daarvoor.
Hulle verkies Engels.
- Dit
verklaar ook waarom dit nie
moontlik is om 'n taalstryd
in Afrikaans afhanklik te
maak van taalbevordering in
ander tale nie. Die
ongelukkige waarheid is dat
daar 'n byna totale
afwesigheid van inisiatief
by anderstaliges bestaan om
hul eie tale te bevorder en
uit te bou. Ons kan
dit beslis nie namens hulle
doen nie, want dit sou
gesien word as 'n vorm van
neo-apartheid.
Trouens, ek is oortuig
daarvan dat Afrikaners as 'n
groep in die verlede meer
gedoen het as enigiemand
anders om veeltaligheid in
die land te bevorder, in elk
geval baie meer as die
Engelse wat nog altyd net
belang gestel het om hul eie
taal af te dwing en te sien
seëvier op grond van sy
buitelandse waarde.
- "Wit
minderheidsonderdrukking"
is ook in Engels gepleeg,
want Engels was vir baie
langer as Afrikaans 'n
amptelike taal van
Suid-Afrika, van 1806 af
trouens. Regoor Afrika
is wit
minderheidsonderdrukking
gepleeg in Engels, Frans en
Portugees, en niemand het 'n
probleem met dié tale nie.
Verraai dit nie eerder
chauvinistiese en selfs
rassistiese gevoelens jeens
Afrikaans nie?
- As
jy sê dat ons hulpbronne
moet deel, is die ooglopende
vraag waarom dié
verpligting nie ook vir
Engelssprekendes geld nie?
Wat die universiteite
betref, is daar 17 Engelse
universiteite waar niks
gedoen word om veeltaligheid
te bevorder nie, maar nou
moet die 5 Afrikaanse
universtiteite dit alleen
behartig. Is dit nie
nog 'n voorbeeld van die
onregverdigheid waaronder
ons tans gebuk gaan nie?
- Jou
gedagte dat ons
"Afrikaans se saak
sterker sal maak" deur
allerlei politiek korrekte
geluide te uiter, berus myns
insiens op 'n vergissing.
Die eenvoudige feit is dat
die huidige regering besig
is met Afro-nasionalistiese
"nasiebou" en dat
hy daarom veeltaligheid as
'n fundamentele bedreiging
vir "eenheid"
beskou. Die staat
gebruik nie elf amptelike
tale nie, maar slegs een.
Ons eerste taak is nie om
die regering te oorreed om
meer simpatiek teenoor
Afrikaans te staan nie, iets
wat eintlik heeltemal buite
ons bereik is aangesien ons
beskou word as 'n
onbenullige minderheid, maar
om Afrikaanssprekendes self
te oorreed dat hulle op hul
taalregte behoort te staan,
die taal oral te
gebruik op 'n daaglikse
basis en aan te dring op
bediening en dokumentasie in
Afrikaans. Dit is die
enigste werkbare strategie
wat elders ter wêreld, in
Vlaandere en in Québec,
reeds vrugte afgewerp het.
- Die
rol wat Afrikaanse
joernaliste kan speel in die
bevordering van die
Afrikaanse taalstryd, kan
van onskatbare waarde wees.
Ongelukkig wil dit voorkom
asof daar 'n onbetrokkenheid
by hulle bestaan, en hulle
hul met vae praatjies oor
"veeltaligheid"
laat sus, terwyl die
werklikheid in Suid-Afrika
een van hegemoniese
eentaligheid is. Die
taal van 3 miljoen
hoofsaaklik blanke Engelse
word veral teen die sin van
Afrikaners op die land
afgedwing.
- Indien
ons dit nie kan regkry om
hierdie situasie om te keer
nie, sal dit 'n bespotting
maak van ons Grondwet en die
gedagte van 'n
Suid-Afrikaanse demokrasie.
Die regering se standpunte
oor Zimbabwe en oor
Afrikaans maak gebruik van
dieselfde dubbelsinnige
logika wat ons verder in die
rigting van totalitarisme
gaan voer as wat apartheid
dit ooit gedoen het.
Ten minste is niemand ooit
verbied om sy eie taal te
praat onder apartheid nie,
anders as baie
staatsamptenare vandag.
boontoe
Christie
van der Westhuizen, 15 Desember
2002: "Geveg vir
Afrikaans" op twyfelagtige
grond
Kortliks
die volgende: weens Afrikaans se
geskiedenis as taal wat aktief
bevorder is terwyl ander
inheemse tale verwaarloos is,
plaas 'n "geveg vir
Afrikaans" 'n mens op
twyfelagtige grond. Onvermydelik
wonder die sprekers van ander
inheemse tale waarom daar dan
nou geveg moet word vir 'n taal
wat wyd gepraat word, sterk
uitgebou is as akademiese en
wetenskapstaal en 'n belangrike
letterkunde tot die wêreld
bydra en bygedra het. Die
apartheidstigma wat aan die taal
kleef, help ook nie om goeie
gevoelens te wek jeens 'n
"geveg vir Afrikaans"
nie.
Myns
insiens lê Afrikaans se heil
eerder in die aktiewe
bevordering van veeltaligheid in
Suid-Afrika. Soos vir die ander
tale in die land is
Anglo-Amerikaanse kulturele
imperialisme vir Afrikaans 'n
gevaar. Samewerking met die
groeiende groep
moedertaalsprekers van ander
tale (behalwe Engels) wat ook
besorg is oor hul tale, kan
Afrikaans net versterk en ook
help om die assosiasie van
Afrikaans met wit
minderheidsonderdrukking af te
breek. Uiteraard beteken dit dat
hulpbronne gedeel sal moet word.
As Afrikaanssprekende persone 'n
belangstelling toon in die
uitbouing van ander inheemse
tale wat onderontwikkel is, sal
dit Afrikaans se saak sterker
maak.
boontoe
Ben
Pheiffer, 15 Desember
2002: Quijotiese soektog
na die "goeie ou dae"
Ek
wag steeds dat Dan Roodt of
Leendert van Oostrum (18/11/02)
uitwys waar hulle daaraan kom
dat Islamitiese gebede en die
loof van Allah in skole vereis
word. Totdat dit gebeur bly Dan
se uitspraak van 17/11/02 in my
opinie snert en uiters
onverantwoordelik. Herhaal
liegstories en halwe waarhede
buite verband genoeg, en dit
word mos feit - is dit dalk die
doel? Wat ons ookal van Asmal
kan se, die man is nie onnosel
nie, en besef dat hy die
meerderheid mense moet saamneem
in die nuwe onderwysbedeling.
‘n Anti-Christelike houding,
of selfs een wat een geloof bo
‘n ander verhef, is ‘n
sekere resep vir mislukking, en
dit is tog duidelik nie sy doel
nie. Dink julle eerlik hy kan
bekostig om derduisende
Christene op sy nek te he (soos
julle doelstelling duidelik blyk
te wees), dit nog bo-op al die
ander vereistes wat ‘n nuwe
onderwysplan bring?
Die
feit dat kinders leer van ander
kulture en godsdienste is na my
mening hoogs prysenswaardig. Die
voorbeelde wat deur Leendert
genoem word - van
Noord-Amerikaanse Indiane en
Japanese gebruike wat in die
skole beleef word - is
opwindende aanwending van
intydse onderwysmetodiek. Hoe
beter om interessante verskille
tussen kulture grafies en fisies
tuis te bring? Wanneer ek en my
vrou Sashimi of Rogan Josh gaan
eet beteken dit mos nie ons
verkies Japanese of Indiese
kulture bo my eie nie? Wanneer
ek ‘n Hindu tempel in Delhi of
die Notre Dame in Parys besoek
beteken dit mos nie dat ek
afstand van my Calvinisme wil
doen nie? Ek glo dat ‘n
intellektuele nuuskierigheid
‘n gesonde menslike eienskap
is wat in ons kinders
aangemoedig moet word.
Inter-kulturele kontak is ‘n
belangrike deel hiervan en
religie is ‘n onderafdeling
van kultuur.
Ek’s
bevrees die paranoia wat
deurskemer in julle geskrifte
herinner al te veel aan die
"Rooie onder elke
kooi" en "swart
gevaar" wat in die Totale
Aanslag aan ons voorgehou is. Ek
onthou baie goed hoe popmusiek,
lang hare, selfs blou
denimbroeke, in daardie jare as
"agente van die
Antichris" aan baie
Afrikanerseuns voorgehou is. Op
sy logiese uiteinde bring dit
ons mos by die afskuwelike
boekebrandery van die Nazi’s
wat in die laat dertigerjare
gepleeg is - wat as
"volksvreemd" beskou
is, moes onderdruk word.
Baie
dankie, my gesin en ek het die
laer verlaat sonder om my
Afrikanerskap af te water, en is
doodgelukkig eerstens as
Suid-Afrikaanse
Afrikaanssprekende, en tweedens
as nuuskierige wereldburger. Ek
is ook nie alleen nie - ek het
baie Afrikaanssprekende vriende
wat soos ek voel. Ek gun julle
egter julle beskouings, al vind
ek dit verstikkend en
intellektueel beperkend. Vryheid
van keuse is mos maar een van
die baie voordele wat ons nuwe
bedeling bring. Wat my egter
ontstel is dat julle ‘n massa
naiewes saamneem met julle
pseudo-intellektuele paranoia op
‘n Quijotiese soektog na die
"goeie ou dae".
boontoe
Carel
van der Merwe, 21/11/2002:
Dan is ons terug by Ontugwet
Cassie,
Jy
skryf: Dit
begin al by die groot foto waar
'n swart man 'n wit meisie
omhels. Ek
dink ook Castle-bier
advertensies waar die swart en
wit manne so lief is vir mekaar
dat hulle feitlik mekaar se
gulpe begin oopruk, is
onsinnig, en moontlik 'n
eienaardige vorm van gatkruip.
Maar wat is die werklike
posisie? Baie jong Afrikaners
het hulle kleurvooroordeel
afgeskud en hopelik beweeg ons
nader aan 'n situasie waar
hulle mekaar se kulture leer ken
en openhartig en reguit kan
praat oor kultuurverskille. Dit
bekommer my meer dat die
gewraakte foto van die twee
meisies klaarblyklik by 'n
Christelike byeenkoms afgeneem
is en waar daar, soos by my
plaaslike NG Kerk, moontlik net
af en toe vreugdevol verkeer
word saam met swartes en almal
se gewetes oënskynlik dan
gesus is dat hulle goeie mense
is wat die Christelike ding doen
deur lief te wees vir hulle
ander naastes.
Daar
word nooit foto's geplaas van bv
Tokyo Sexwale waar hy sy
Afrikaanse vrou omhels nie. Ek
het my bedenkinge oor huwelike
tussen verskillende kulture in
die algemeen, selfs Breyten
Breytenbach se huwelik lyk nie
vir my of dit in die Hemel
gemaak is nie. Maar mense wat
rassevermenging bloot
verdoem, verdoem ook hulle eie
voorouers en moet dan hele nasies,
soos die Brasiliane, en groepe
soos die kleurlinge, verwerp.
Waar eindig dit? Dit eindig
terug by die ou-testamentiese
Ontugwet, met sy selektiewe
moralisme, want ontug tussen wit
en wit was nie eintlik ter
sprake nie, en wat die
grootste mosie van wantroue was
wat 'n volk ooit ingestel het in
sy eie vermoë om te
oorleef. (Miskien moet ek sê
saam met die
Werksafbakeningswette wat
ook daarop gemik was om die
witman te beskerm)
Ek
dink jy maak in jou brief
dieselfde fout waarop jy die
Groep van 63 gewys het, deur
twee aparte kwessies aan mekaar
te koppel.
Carel
boontoe
Cassie
Aucamp, 21/11/2002:
Eensydige beeld van jong
Afrikaners
Geagte
redakteur,
Die
artikel van Stephanie Nieuwoudt in
Beeld van 20 November oor die
KykNET program Jonk en
Afrikaans reflekteer die
eensydigste beeld denkbaar
van jong Afrikaners.
Dit
begin al by die groot foto waar
'n swart man 'n wit meisie
omhels. Geen kommentaar oor die
meriete daarvan nie, dis gewoon
nie 'n refleksie van die
werklikheid onder 99% van
sowel jong Afrikaners as
jong swartmense nie.
Karen
Zoid word beskryf as "'n
simbool van die jonger
generasie". Watter
statistiek bewys dit? Trek sy
soos Pieter Smith elke week meer
as 3000 jong Afrikaners by
Firkins in Hatfield, in
Northcliff, en by Varsity
Blues in Bloemfontein? Ek weet
dit, ek was al dikwels daar,
saam met die jongmense. En
Pieter het nog nooit nodig gehad
om te " flash" om
lewe in 'n dooie gehoor te blaas
nie!
Is
ex-hectic Christene en
gay Boeddhiste wat praat van "die
k*k wat
Sondagskoolonderwyseresse aan
kinders vertel"
werklik verteenwoordigend van
jong Afrikaanssprekendes? Waarom
tref ek hulle nooit aan in
'n doelbewuste program van
uitreiking na jong Afrikaners
nie? Waarom reflekteer dit nie
onder die meer as 90%
PUK-studente wat gestem het vir
die behoud van Christelik
in die naam van die PUK nie, of
in die Tukkies SR-verkiesing
waar die alliansie van Tuks
Afrikaanse Studente (TAS) en VF
Tuks die meeste stemme verwerf
het nie?
Waarom
loop ek hulle nie raak
onder my talle jong eks-lidmate
van 22 jaar se bediening nie? Of
onder die duisende by Aardklop
en die KKNK nie? Of onder die
wye vriendekring, hier en
oorsee, van my vyf kinders
tussen 20 en 30, wat terloops
nie een 'n engeltjie is nie?
Is
dit 'n doelbewuste poging om
deur eensydige refleksie en
oormatige blootstelling nie
objektief die werklikheid weer
te gee nie, maar preskriptief
die werklikheid te manupileer?
Presies soos met die oormatige
publisiteit aan die sogenaamde Nuwe
Hervorming waarvan die
seepbel reeds gebars het sonder
enige noemenswaardige impak op
die deursnee gelowige?
Met
dank,
Cassie
Aucamp(LP)
Posbus
15
Kaapstad
boontoe
Leendert
van Oostrum, 18/11/2002:
Stelsel dwing kinders tot
Intergeloof
Beste
Dan,
Dankie
vir jou navraag.
Ek
het nog nie materiaal teëgkom wat
van kinders vereis om Islamitiese
gebede in Arabies op te sê nie,
maar miskien het jy insae gehad in
ander voorbeelde as ek. Ek
herinner my wel 'n opdrag wat van
kinders vereis om die Islamitiese
geloofsbelydenis uit te spreek
("Die enigste God is
Allah en Mohammad is sy Profeet").
Dit word in Islam ook as gebed
gebruik. In die werkopdrag wat ek
gesien het moes dit in Engels
gedoen word. Ek het nie die
betrokke werkopdrag byderhand nie,
maar ek behoort dit te kan
opspoor.
Ek
het wel byderhand Heinemann se
werkboek vir Graad 6 vir die
Leerarea Kuns, Kultuur en
Lewensoriëntering. Daarin word
van kinders vereis om gebede uit
die religieuse tradiese van 'n
bepaalde Noord-Amerikaanse
indianestam in 'n groep op te sê
en ook een vers daarvan te
toonset. Daarna moet hulle, in
navolging van Japannese religieuse
rituele gebede op papier skryf en
verbrand sodat "...you will
have a symbol of the prayers going
into the invisible, spiritual
world of the soul and of
God". Ten slotte moet daar
"prayer kites" gemaak
word in navolging van Japannese
religieuse rituele. Ek dink nie
dit is moontlik om te ontken dat
hierdie opdragte van kinders
vereis om, onderskeidelik, 'n
Noord-Amerikaanse sowel as 'n
Japannese Tradisionele Godsdiens
te beoefen nie.
Ek
het reeds vergelykbare werkboeke
van ander uitgewers geraadpleeg en
dié wat deur die
onderwysdepartement goedgekeur is
vir gebruik in skole stem in alle
tersaaklike opsigte ooreen met die
voorbeeld van Heinemann hierbo,
hoewel hulle natuurlik ander
kontekste gebruik.
Hierdie
opdragte gee uitvoering aan
verskeie assesseringstandaarde in
die Leerarea Kuns en Kultuur uit
die National Curriculum Statement
wat op 31 Mei 2002 in die
Staatskoerant gepubliseer is en
wat in geheel en in elke
besonderheid voorgee om
afdwingbaar te wees. Dit is
beskikbaar op die
Onderwysdepartement se webblad by http://education.pwv.gov.za
. Daarin word "kultuur"
in die eerste plek gedefinieer as
dat dit die spirituele dimensie
insluit. Voorbeelde aangaande
"kultuur" moet dus
gekies word om ook die spirituele
dimensie te verteenwoordig, ten
einde te voldoen aan die vereistes
van die kurrikulum. In die
Leerarea self verskyn dan verskeie
opdragte wat van kinders vereis om
rituele en ander kultuurhandelinge
uit 'n verskeidenheid kulture te
beoefen. Meer besonderhede, en
bladverwysings na die spesifieke
assesseringstandaarde kan jy kry
by http://pestalozzi.org/kurrikulum
.
In
die eerste plek is dit duidelik
dat die gepromulgeerde kurrikulum
eksplisiet van kinders vereis om
bepaalde religieuse rituele uit te
voer uit meer as een
kultuur/godsdiens.
In
die tweede plek word die keuse van
werkboeke gewoonlik onder toesig
van die beheerliggaam van 'n skool
gedoen. 'n Beheerliggaam wat,
byvoorbeeld, die genoemde boek uit
die Heinemann-stal voorskryf, tree
op in sy amptelike hoedanigheid as
'n statutêre liggaam en deur hul
keuse dwing hulle kinders om deel
te neem aan die rituele wat in die
betrokke boek voorgeskryf word.
In
die finale instansie kan,
ingevolge die bepalings van die
Wysigingswetsontwerp op
Onderwyswette 2002 (wat op 26
September deur die Parlement
aanvaar is) enige van die
betrokke rituele natuurlik
ingesluit word by die verpligte
GTA vir Graad 9, wat deur die
nasionale onderwysdepartement
opgestel word.
Dit
is dus duidelik dat jou stellings
oor die onderwysstelsel in alle
tersaaklike aspekte maklik
bewysbaar is. Ek dink dus dat Mnr
Pheiffer dit baie moeilik sal vind
om sy aantygings van
"bedrog" en
"snert" te bewys indien
jy hom sou verplig om dit te
verantwoord.
Mnr
Pheiffer se voorspellings dat
Afrikaners hierdie ongrondwetlike
eise wat aan hul kinders gestel
word onrusbarend sal vind stem
egter ooreen met my ervaring onder
daardie ouers wat reeds begin
besef het wat aangaan. Ek het nog
niemand gesien wat skuim om die
mond kry nie, maar ek het baie
ander tekens van uiterste
ontsteltenis gesien, nie net
onder Afrikaners nie. maar ook
onder die Engelse en swartmense,
Christene en Moslems met wie ek in
hierdie verband te doen kry.
Mnr
Pheiffer en Gesin is natuurlik
geregtig daarop om die Intergeloof
(wat 'n godsdiens in eie reg is)
aan te hang, vir redes van
verdraagsaamheid of enige ander
rede wat hulle mag behaag. Dit lyk egter
asof baie mense saamstem met die
gesaghebbende regsadvies wat ek
ingewin het, wat daarop dui dat
die kurrikulumvereistes veel meer
afdwing is as wat wettiglik in die
naam van
"verdraagsaamheid"
verwag kan word.
Die
kurrikulum en sy ondersteunende
stelsels dwing kinders inderdaad
om die Intergeloof, 'n godsdiens
wat deur die Staat voorgeskryf
word, te beoefen.
Leendert
van Oostrum, kurrikulumkundige
boontoe
Dan
Roodt, 18/11/2002:
Onderwysdept. skryf wel godsdiens
voor
Geagte
mnr. Pheiffer,
Ek
is bevrees soos baie Afrikaners
verkeer u in 'n toestand van
ontkenning wat die amptelike
onderwysbeleid betref. Daar
is geen twyfel dat Asmal
revolusionêre oogemerke het om 'n
totale omwenteling van die
maatskappy via die skole te
bewerkstellig nie. Ek hoef u
seker nie te herinner aan
soortgelyke voorbeelde wat elders
in Oos-Europa, Asië en
Latyns-Amerika plaasgevind het, en
waar die opvoedingstelsel
insgelyks gebruik is om 'n
bepaalde ideologie te vestig nie.
Persoonlik
het ek geen beswaar indien kinders
op skool kennis oor ander
godsdienste opdoen, of selfs van
filosofiese ateïsme nie.
Dit is egter duidelik dat die
huidige leerplan sulke kennis wil
gebruik om die kind se eie
godsdienstige oortuigings aan te
val, en hom of haar te bekeer tot
die Intergeloof, 'n nuwe soort
mengelgodsdiens wat in diens staan
van die regering se
eenwordingsideologie.
Ek
het gaan navraag doen by mnr.
Leendert van Oostrum, wat 'n
onderwyskenner is, en ek verwys u
na sy baie interessante brief wat
hierbo verskyn.
Indien
u verder op my of mnr. Van Oostrum
se repliek wil reageer, is u
welkom. Ná alles wil ons
juis nie alles wat aan ons
voorgehou word vir soetkoek opeet
nie, maar juis die werklike
situasie ontleed.
boontoe
A.
J. Secrève, 17/11/2002:
Reaksie op Zakes Mda
Ek
het kort gelede kennis gemaak met
die inhoud van 'n
sekere boek wat geskryf is deur 'n
sekere verligte
Afrikaskrywer, ene Zakes Mda. Die
boek getiteld "The
Madonna of Excelsior" gaan oor
die berugte
Ontugskandaal in die Vrystaat in die
jare 70. Met
nadere insig is die boek ook alweer
die soveelste keer
dat die Afrikaner belaglik gemaak
word en oor
dieselfde kam geskeer word as die
Nazi's.
Daarop het ek 'n resensie geskrywe,
meer om die balans
te herstel as om die inhoud te
beoordeel, en wonder bo
wonder staan dit op die resensielys
op
www.exclusivebooks.com
.
Hier volg my reaksie op meneer Mda
se hoon.
Posted by A. J. Secrève -
Amsterdam, the Netherlands.
(8 November, 2002)
For the umpteenth time a South
African author forces
his own nation to look down in shame
about what is
probably the most misunderstood form
of government in
modern history, namely Apartheid. By
claiming this I
am not justifying the denial of
equality among various
South Africans, but before we flog
this dead horse any
longer it is important to place
oneself in the shoes
of the people who were the most
concerned about their
survival in a country ravaged by
famine, tribal war
and imperialism, namely the
Afrikaner.Whichever way
one looks at it, Apartheid served as
a means in which
a people's identity and integrity
could be maintained
... something that South Africa
desperately needed
during the severe urbanisation at
the first and mid
half of last century. The rapid
urbanisation on the
one hand and poverty combined with
alienation on the
other caused a disproportional urban
development among
the various groups of South Africans
that left a wave
of crime and a disintegration of
cultural roots in its
wake ... a cultural form of genocide
in fact,
engineered by supernationalist
forces (capitalists and
imperialists) who are inconsiderate
towards a peoples'
background.
Mr. Mda shows little understanding
of this fact, but
the reason for the Immorality Act
and various forms of
segregation was to preserve a
nation's cultural
heritage, and not to humiliate
African people. What
identity would a child take with
parents from
different cultural backgrounds? This
would only
perpetuate the cultural breakdown
that underlies the
current anarchy in South Africa. I
see no relevance in
his scorn towards the Afrikaner who
protected the
African people from the same fate as
the aboriginal
people in Australia. The Afrikaner
is the only western
nation that spent more of its GNP on
the developing
world than it could sustain without
war or revolution.
A word of thanks would be in order
Mr. Mda. You
wouldn't be here today if it weren't
for the boer you
hate so much.
Joseph Secrève
Nederland
boontoe
Ben
Pheiffer, 17/11/2002: Dan
Roodt se loutere, opswepende snert
Watter
klomp bedrog pleeg Dan Roodt
weereens - sy bewering dat die
Asmal-onderwysplan die voorlees uit
die Koran en aanbidding tot Allah
verplig is loutere, opswepende
snert. Die tipe van nonsens
wat ons volkie weer in 'n
mondskuimende stuipe instuur - dalk
is dit sy bedoeling.
Indien hy verwag Afrikaners moet
steeds soos in die ou bedeling voor
in elke koor sing, is hy mos
onrealisties - my gesin en ek
neem met verdraagsaamheid ons
plek in langs ons mede-burgers,
ongeag van hulle voorkoms, herkoms,
en aanbiddingsgewoontes.
boontoe
Johan
Prinsloo, 15/11/2002: Moenie
angstig wees oor Raad
Johann,
eil jy nie meer spesifiek wees oor die
dieper verdeeldheid wat jy verwag om
te ontstaan nie, asb.
Nietemin, as daar verdeeldheid sou
kom, en dit is vir die regte redes is
dit
beter as om 'n onhoudbare pad saam te
probeer stap.
Ek stem hier saam met Dan dat die
leiers verkies moet word en nie net
vanuit die bestaande groepe aangewys
moet word.
Ek lees 'n angstigheid by jou om
hierdie liggaam gevorm te kry.
Maar as dit
nie die regte tyd is nie, en net die
mense self kan dit bepaal, is dit
eenvoudig nie die regte tyd nie. Ons
moet dit nie ryp probeer druk met ons
eie angstigheid nie.
Oor die kwessie van
verteenwoordigendheid; Groep 63, het
nie 'n register van lede nie, maar
hulle praat namens 'n klomp mense en
vind nogal aanklank by baie, so sê
Danie Goosen vanmiddag op RSG.
Binne die konvensionele politieke
proses en denke, tel die koppe - maar
hierdie proses verloor sy legitimiteit
soos wat mense vervreem raak deur
politici en leiers se optrede. Maar ek
dink daar is ook, noem dit maar die
onkonvensionele proses, waar mense met
gesag kan praat omdat hulle die mense
se harte verstaan, al het hulle nie
koppe getel nie. Om diesulkes uit te
sluit en af te maak asof hulle
nie bestaan nie, impliseer in elk
geval
verdeeldheid.
Die vraag is eenvoudig: Het hierdie
behoefte by die mense ontstaan of by
die bestaande leiers? Wat is die
kredietwaardigheid vd bestaande
leiers?
Daar is aldag klagtes op hierdie lys
oor ons leiers. As hulle nou met
hierdie reputasie vir ons 'n Raad
oprig, hoe verteenwoordigend is dit
regtig? Gaan hulle ons op sleeptou
neem of kan ons hulle hierdie keer
vertrou?
Dalk moet ons tog maar weer dink oor
die regte tyd of hoe?
Groete
Johan
boontoe
Sebastiaan
Biehl, 15/11/2002: VF was
enigste Afrikanerparty in '94
Beste
Cassie, ek
aanvaar wat jy sê en ek twyfel ook
nie aan jou goeie bedoelinge nie.
Feit
is egter, maak nie saak watter
onderhandelinge oor eenheid agter die
skerms aan die gang was: die VF was
die enigste party wat as uitgesproke
Afrikanerparty aan die 1994 verkiesing
deelgenem het. Met die 1999 verkiesing
kom die AEB as Afrikanerparty by en
met die 2004 verkiesing sal die KP en
die NA ook nog by kom. Die mense met
wie ek te doen het kan net hul kop
skud daaroor. Eenheid sou
beteken om agter die reeds gevestigde
Afrikanerparty aan te loop en nie
nuwes te stig wat geen bewese steun of
strukture het nie. Sou die KP of AEB
aan die 94 verkiesing deelgeneem het,
sou daar geen bestaansreg vir die VF
gewees het nie en sou ek dit afgekeur
het as enige ander Afrikanerparty
deelgeneem sou hê.
Verder
wil ek nie weer die partydebat opwarm
ne, ek het op Dan se herposisionering
geantwoord en net teenoor Carel
gemotiveer hoekom ek dink dat Praag
nie ook nog 'n party moet word nie.
Groete
Sebastiaan
boontoe
Gerhard
Bothma, 15/11/2002: Nog nie genoeg
gepraat oor waardes
Almal
op die poslys weet dat ek 'n groot
ondersteuner van die stigting van
Afrikanerrade is. Chris en Liza se
skrywes het egter 'n aspek belig waaroor
daar ernstig besin sal moet word as ons
wil he dat Afrikanerrade op die lange
duur moet slaag.
Ons het
nog nie genoeg gepraat oor hoekom ons is
waar ons is nie. Daar is nog baie
patologie onder ons mense wat
aangespreek moet word voordat die regte
mense binne die regte strukture ons
mense vorentoe kan begin dra. Maar as
hierdie dinge onaangespreek gaan bly,
gaan die patologie maar net weer
binne nuwe strukture neerslag vind.
Ons
verwagting van so 'n Afrikanerraad is
tog dat hul ons belange op alle tereine moet
dien - onderwys, gesondheid/welsyn,
ekonomie, kultuur ens. Maar dit is die waardestelsels
wat dit onderle wat eindelik die
aard van al hierdie tereine bepaal.
Daarom moet die Afrikanerraad uit verteenwoordigers met
die regte waardestelsel bestaan
anders gaan dit weer net nog 'n AB of NP
word. Maar hoe kan ons weet wie die
regte mense moet wees wat ons op so 'n
Raad moet verteenwoordig as ons self nog
nie oor ons waardestelsel gepraat het
nie?
Groete
Gerhard
boontoe
Cassie
Aucamp, 15/11/2002: Kortbegrip van
Afrikanereenheid
Sebastiaan,
in
'n skrywe wat veronderstel is om te handel
oor die herposisionering van Praag, ag jy
dit gerade om beledigend te raak en skryf
jy onder andere: "Wat politieke
partye betref: Die sage van die
KP-AEB-CNF-CU-NA was vir my 'n voorbeeld
van hoe die Afrikaner van homself
'n bespotting maak en die bekende
stereotipe van veelvoudige afsplitsing
vervolmaak het." En
daarna: "dat die VF die
Afrikanersaak, gemeet aan die beperkinge
wat die teenwordige bestel aan ons oplê,
waardig verteenwoordig"
Dis duidelik
dat jy nie my volledige uiteensetting van
7 September, "HISTORIESE VOëLVLUG
OOR POGINGS TOT AFRIKANER-EENHEID 1994
-2002" in antwoord op 'n
versoek van Wytze en talle ander gelees
het nie, anders sou jy nie so smalend
verwys het na die sage van die
KP-AEB-CNF-CU-NA wat 'n voorbeeld is
van hoe die Afrikaner van hom 'n
bespotting maak nie.
Indien jy
eerder 'n kort begrip verkies, hier is die
ter sake feite oor wat jy 'n
bespotting noem:
- Eenheidspogings
voor 1999-verkiesing onder fasilitering
van Afrikaner 2000+. Constand
Viljoen beloof: Samewerking voor die
verkiesing, eenheid daarna.
- Slegs
die AEB aanvaar Afrikaner 2000+ se
samewerkingsvoorstelle voor verkiesing,
VF en KP verwerp dit.
- Verkiesing
199: VF val van 620 000 stemme
provinsiaal en 430 000 nasionaal na 127
000. AEB kry 47 000.
- AEB voor
onmiddellik eenheidsgesprekke aan.
Konsensus tussen afvaardigings van KP,
AEB, VF en eks-Nattes Oktober 1999 oor
een nuwe party. AEB en KP aanvaar,
VF-Dagbestuur skiet dit af.
- Alliansies,
inwonersverenigings ens. vir Munisipale
Verkiesing Des. 2000.
- Eenheidsgesprekke
begin weer Februarie 2001: KP, AEB, VF
en eks-Nattes.
- Konsensus
bereik April 2001 oor een politieke
voertuig vir 2004-verkiesing.
- Mei
2001: Constand tree uit, en nuwe
VF-leiding onttrek per brief van
onderhandelinge, omdat die
onderhandelingsgroep besluit om die
groep Viljoen-ondersteuners wat uit die
VF bedank het met Viljoen se uittrede,
as vyfde groep toe te laat.
- KP, AEB,
eks-Nattes en eks-VF'ers gaan voort,
onderhandelinge vorder en hul stig 'n
forum, nie 'n party nie!!!, te wete die
CNF in Augustus 2001.
- Onderhandelinge
en konsultering vorder goed, deelnemers
brei uit en Program van Beginsels van 'n
nuwe party word vasgelê op 26 Januarie
2002.
- Onderhandelinge
fokus nou op praktiese sake en
bemarking, en die CU word bloot as 'n
dop geregistreer by die OVK om 'n party
gereed te hêe as die oorloopwetgewing
deurkom, net soos 'n rak-BK. Om
hoegenaamd die CU te noem as nog 'n
party is pleinuit kwaadwillig.
- Mei
2002: KP onttrek oor toetrede van 'n
bruin vrou, hoewel vooraf deeglik
daaroor ooreengekom.
- Junie
2002: Die res, naamlik die AEB,
eks-Nattes en eks-VF's, asook 'n klomp
KP's, stig die NA, as die een
eindresultaat van drie jaar se
onderhandelinge.
Sebastiaan,
jy mag dit 'n bespotting noem. Jou rympie
van KP-AEB-CNF-CU-NA is 'n eggo van een
van jou leiers se kwaadwillige
mediaverklarings, wat ook netso daarna
weerklink het in 'n paar
party-ge-orkestreerde briewe in die media.
Laat ek jou egter verseker: as die VF voor
die 1999-verkiesing tot eenheid ingestem
het, was die DP nie vandag die amptelike
opposisie nie, en as die nuwe VF-leiding,
soos Genl.Viljoen wou, deel gebly het van
die onderhandelinge na een enkele nuwe
party, was die momentum en effèk soveel
groter dat niemand vandag sou vrae gevra
het oor die moontlike politieke voertuig
vir Afrikaners nie: daar sou net een
gewees het.
Jy praat van
die KP-AEB-CNF-CU-NA ....wat die
bekende stereotipe van veelvoudige
afsplitsing vervolmaak het. Korrek
wat die KP betref. Verder is dit die VF
wat eers in homself en toe uit die groot
onderhandelingsforum afgesplit het.
Die AEB het wel 'n afsplit deur die
KP-esablishment beleef, maar sal
saam met die eks-NP's, -VF's en -KP's
opgaan in die NA. Baie wat een word, en
nie omgekeerd soos jy te kenne gee nie.
Die groot
probleem op die pad na 'n enkele,
lewensvatbare politieke voertuig vir
Afrikaners lê nie by diegene wat eerlik
en sonder persoonlike servitute bereid was
om die moeisame pad van
opgaan-in-iets-groters te volg nie, maar
veel eerder by diegene wat, ongeag reuse
verkiesingsvernederings sê: Ons is die
voertuig, kom wat wil. Eenheid ja,
solank dit in my kraal is.
Kan ek
afsluit deur te sê dat as ek sien hoe
Afrikaners uit werklik-verkillende
politieke agtergronde hul absolute steun
vir die NA gee, besef ek dat die
letterlik-jare se onderhandelinge,
Saterdag vir Saterdag, tog die moeite werd
was. Ek ervaar in die NA uiteindelik wat
ek met die AEB bedoel het: 'n party wat
werklik nuut geposisioneer is om ons
uitdagings aan te spreek sonder verdelende
bagasie van die verlede. By nabaat moet ek
erken dat die AEB nog te veel in die greep
van die KP beskou is, van hulle kant af,
nooit van my kant af nie.Vandaar
miskien die eventuele botsing wat
onvermydelik, maar tog 'n katarsis was.
Aan die
poslyslede: jammer dat ek weer na die
partypolitieke terrein moes beweeg, maar
Sebastiaan het met sy sweeping
statements my geen ander keuse gelaat
nie. As jy op 'n hond se stert trap, dan
gaan hy blaf.
Cassie.
boontoe
Chris
Davel, 15/11/2002: Geen toekoms met
FW, FAK, Broeders
Beste
Johann, as indiwidue en groepe met die
kwaliteite van 'n FW, die FAK, die Broeders
en diesulkes, enige inspraak het in die
toekoms van die Afrikaner dan het die
Afrikaner geen toekoms nie.
As ons nie kan leer om te onderskei tussen
volksverteenwoordiging en professionele
politici nie, dan is daar nie vir ons lig in
die tonnel nie. Ons
moet leer uit die gedrag van die
groepe in die verlede - spesifiek in terme
van die ondernemings wat voorgehou is en die
produkte wat hulle na 'n tyd gelewer het.
Kwasi-leierskap het ons tot op hede suur
bekom.
Van Sckalkwykie en kie. beweer dat hulle 'n
mandaat het om namens die volk te praat, en
dit is waar, hulle is legitiem verkies.
Daarom my
besorgdheid dat as die gebrek aan wysheid in
die onderskeiding van
verskillende waardestelsels in die volk nie
ondervang kan word nie, sal al
die leierskapspogings en
struktureringspogings net nog 'n stof
opskoppery
wees, en niks volhoubaars en waardevol tot
stand bring nie.
Mens kan nie anders as om jou te verstom aan
die mense se dikvelligheid en arrogansie dat
hulle kan dink hulle het iets vir die
Afrikaner te bied het
nie, maar aan die ander kant, ons bly in die
bek geruk deurdat die Afrikaner
vir twintig jaar en langer hierdie misleiers
klakkeloos ondersteun het.
Hoe die definisies rondom groepe ookal sal
uitkristalliseer, sien ek nie
kans om met genoemde kwaliteit
leierskap en kiesers die toekoms aan te durf
nie. Maar die
Afrikaner is in barensnood wat toenemend op
die spits
gedryf word. Dit sal die
waardestelsels en kwaliteite waarop
volhoubare
ontwikkeling gebou kan word, wat ons weet
onder die Afrikaner is,
te voorskyn bring.
Met hierdie Gideonsbende sien ek kans vir
die
toekoms. Die groter groep
is egter nie binne my visie nie.
Groete
Chris
boontoe
Cassie
Aucamp, 14/11/2002: Waarom Afrikaans
inperk?
Willem, 'n
baie netjiese stukkie waarneming en
reeds-aangevoorde gesprek
Jy vra:
Laastens,
watter voorstelle het die deelnemers op
die PRAAG-lys? Wat is die beste manier om
op elk van hierdie twee antwoorde te
reageer?
Ek stel voor
jy gaan sien die twee persone wat jou
geantwoord het, en bespreek die
moontlikhede. Dit lyk vir my of persoon 2
meer weet wat aangaan en dalk reg is. Die
eerste antwoord weerspreek homself
eintlik.
Ek kan nie
dink dat sertifikaatuitreiking in meer as
een taal so 'n probleem kan wees nie. Dis
mos eenmalige werk: die besonderhede
daarna word bloot ingevoer soos jy dit
ingevul het.
Een saak wat
soos 'n paal bo water staan is dat die
elf-taal-beslommernis-en-koste-argument
nie geldig is nie. Selfs die president het
Dinsdag in die parlement gepraat van 'n
groepering in ses tale/taalgroepe om
veeltaligheid meer haalbaar te maak. Ons
argument is: waarom een taal, Afrikaans,
se gebruiksveld doelbewus inperk en
verminder bloot omdat die uitbreiding na
die ander nege nie haalbaar is nie. Die
grondliggende beginsel van die Grondwet
is: handhaaf wat jy het, skaal nie een af
nie, en werk daarvandaan weier om by die
ander uit te kom.
Sterkte!
Cassie.
boontoe
Liza
de Ridder, 14/11/2002: Ek is 'n
Afrikaner
Ek voel soos
Ockie, ek is 'n Afrikaner, en niks kan aan die
saak verander nie. En
wat meer is, die joiners en hensoppers van my
volk is ook Afrikaners.
Ek kan nie deur allerhande afgrensende terme
van die vrot in my volk ontslae raak nie.
Buitendien, my volksidentiteit en -lojaliteit
is onomkeerbaar vratte en al.
NP van Wyk Louw gee erkenning aan die
totaliteit van sy volk se wees:
"Jy ken die
pyn en eensaam lye
van onbewuste
enkelinge,
die verre sterwe
op die veld,
die klein
begrafenis;
eenvoudige mense
wat getrou
en enkeld bitter
dinge doen,
en enkeld val soos
korrels saad;
stil daad, klein
trou, klein trouloosheid
van dié wat
om 'n ander diens
soos knegte
jou verlaat."
Die verkeerd in
ons volk kan nie weggespreek word nie, dit
moet aangespreek word, ons moet in 'lojale
verset' praat. Dit het
tyd geword dat ons begin vra wat het in ons
volkslewe skeefgeloop, en glo my, ons
verwording het met Die Ryk of enige ander volk
bitter min uit te waai.
Behoede ons dat ons ons aan so 'n simplisme
vergryp. Dit is so dat ons
amper uitgewis is deur Die Ryk, en dat ons weer
eens uitwissing in die gesig staar aan die
hand van die magte van globalisasie en
hulle handperde, maar ons verwording moet ons
voor ons eie deur lê, en met
onsself lojaal eerlik wees.
Ons was nie intellektueel, geestelik of
psigies paraat vir wat gebeur het nie, hoekom
nie. Hoekom kon ons so
belieg en bedrieg word.
Hoekom is daar nie meer murg in ons pype nie. 'n
Toergids vertel van 'n groep oorsese toeriste
wat, nadat hy hulle rondgewys het, gevra
het dat hy met hulle moet koffie drink en
hulle vertel hoe het dit gebeur dat mense
wie se voorsate die Britse Ryk aangevat
het, hulle land sommer so kon weggee.
Dit is in ons verwording wat ons gebrek aan
verweer lê.
En is dit nou
nodig om my Afrikaner-wees te bevestig deur my
Engelse landgenote te vervreem. My
hoofsaaklik Engelse kliënte van 'n naburige
dorpie toon agting vir my Afrikanerskap
en -bewustheid, dit sou onsensitief van
my wees om 'n afkeer in hulle taal te
openbaar. Ons moet onderskei
tussen 'n volk en 'n volk se geldmag, so ook
met ons eie volk. Na
my mening het ons nog nie ons ware vyand geïdentifiseer
nie. Miskien sal ons kollektiewe
weet eers in die 'loopgraaf' kom, sal ons
dan eers verstaan wie is wie en wat is wat.
(Martiens, kalmeer, dit is beeldspraak!)
Groete
Liza
boontoe
Willem
Vos, 14/11/2002: Engels by
Maatskappyregistrateur
Vir diegene wat
nie gereeld met die registrasiekantoor vir
maatskappye / beslote korporasies (BK) werk
nie. Die registrasiekantoor het onlangs sy naam
verander na CIPRO (Companies and Intellectual
Property Registrations Office) - na samesmelting
met die kantoor vir patente en handelsmerke.
Na hierdie
samesmelting was daar ook 'n verandering in die
manier waarop 'n aansoeker (groep aansoekers) 'n
BK moet registreer. Voorheen moes die aansoeker
'n Stigtingsverklaring (CK1) in
tweevoud indien by CIPRO. CIPRO het een
afskrif gehou vir hul rekords en die ander
afskrif amptelik gestempel en na die aansoeker
teruggestuur as bewys van die BK se registrasie.
Die tersaaklike CK1-vorms was of in Afrikaans,
of in Engels beskikbaar. Die aansoeker kan dus
kies in watter taal hulle hul CK1 verkies.
Die prosedure her
egter nou verander: Die CK1-aansoekvorm
(dieselfde vorm as die ou CK1) moet nog
steeds ingedien word. Die verskil is dat die
aansoeker slegs een CK1 hoef in te dien. CIPRO
hou hierdie CK1 vir hulle rekords. In plaas
daarvan om die oorspronklike CK1 aan die
aansoeker terug te stuur, reik CIPRO nou 'n
rekenaargedrukte CK1 sertifikaat uit wat al die
registrasiebesonderhede bevestig. Hierdie
gedrukte sertifikaat staan bekend as 'n
"CK1 - Certificate of Incorporation".
Al sou die aansoeker dus 'n Afrikaanse CK1
indien, is CIPRO se sertifikaat wat hulle aan
die aansoeker uitreik slegs in Engels.
By verdere navraag
aan CIPRO het ek twee weersprekende antwoorde
ontvang.
My oorspronklike
navraag was as volg (in Engels, net ingeval die
CIPRO werknemer nie Afrikaans sou verstaan nie):
Please
advise on the following:
When submitting a set of CK1 documents to form a
new close corporation
and the original set of CK1 forms is in
Afrikaans, will CIPRO issue the
computer generated Certificate of Incorporation
in English or in
Afrikaans?
If the facility to generate the Certificate of
Incorporation in
Afrikaans is not yet available - when will it be
available?
I await you kind response.
Die eerste
antwoord wat ek ontvang was as volg:
Hello
It all depends on what language the data
capturer used. If she is
Afrikaans it will propably be in Afrikaans, but
most of them are English
and don't understand Afrikaans. We do not have
rules that say we have to
capture it in the language it was lodged with.
Will this be a problem?
Die
tweede antwoord was as volg:
Dear Mr
Vos,
I would
like to first tender my apology for this
delayed response to your enquiry. I was in and
out of the office in the past two weeks,
I am fine now.
Our
electronic system has been designed to
have certificates and confirmations
issued only in English. Yes, forms will all be
reviewed and redesigned to cater for all
eleven official languages, however, our
database will allow for generation of
certificates and confirmations of
registrations only in English.
It will
be costly to design and maintain a system
which can translate captured text (data) into
11 (eleven) different languages.
Kind
regards,
Nou
wonder ek net, watter een van die twee
atnwoorde is waar en watter een is 'n leuen?
Laastens,
watter voorstelle het die deelnemers op die
PRAAG-lys? Wat is die beste manier om op elk
van hierdie twee antwoorde te reageer?
Dankie
Willem
Vos
boontoe
Johann
Wingard, 14/11/2002: Tyd is nóú ryp vir
Afrikanerraad
Hennie de Wet van die FAK skryf oa.:
" Daar was die afgelope tyd verskeie oproepe
in die media en op poslyste vir die begin van 'n
formele proses vir die daarstelling van 'n
verteenwoordigende Afrikanerraad. Die vraag
bly steeds of die tyd nou
"ryper" is as ses maande gelede.
Die FAK sal, indien nodig, verdere
gesamentlike gesprekke reël waartydens hierdie
saak op die tafel geplaas kan word. U
kommentaar, opmerkings en aanbevelings aan die
kantoor in hierdie verband word afgewag."
Die tyd is nou ryp hiervoor en die huidige
sluimerende onrus maak dit 'n
saak van dringendheid, voordat die venster van
geleentheid sal toegaan agv die dieper
verdeeldheid wat binnekort gaan onstaan weens
moontlike verdere insidente. Ek stel voor
dat 'n formele strategievergadering voor die einde
van hierdie maand belê word (voordat die skole
sluit) waar 'n loodskomitee gekies kan word om die
projek te dryf. Die ander
strategieë wat op die Leiersberaad geopper was,
soos Prof. Pieter Kapp se Oorlegforum se skakeling
met Kader Asmal, het niks opgelewer nie; om nie
eens te praat van FW de Klerk se bosberaad met
Mbeki nie. Dit het slegs verdere agterdog
geskep.
Onderhandelings om die Afrikaners se belange uit
te bou moet deur normale
druk en trek tegnieke gepaardgaan;
onverteenwoordigende afvaardigings kan slegs
deursigtige diplomatieke geelwortels uithang
(trek) Hulle is nie in
staat om enige druk toe te pas nie, want hulle kan
dit nie 'opback' nie.
Hulle verteenwoordig slegs hulself en praat namens
niemand nie! Daar
bestaan geen ander keuse as om nou aan die gang te
kom nie.
Groete
Johann Wingard
boontoe
Sebastiaan
Biehl, 14/11/2002: Nie meer as een
Afrikanerparty
Carel, daar
is 'n paar dinge in jou brief waarop ek moet
antwoord, aangesien jy goed in my brief lees wat
ek nie gesê het nie.
Wat politieke partye
betref: Die sage van die KP-AEB-CNF-CU-NA was vir
my 'n voorbeeld van hoe die Afrikaner van homself
'n bespotting maak en die bekende stereotipe van
veelvoudige afsplitsing vervolmaak het. Anagesien
ons so min Afrikaners is, en talle Afrikaners dit
in elke geval verkies om net sekondêr Afrikaners
te wees en dus partye soos die DA steun, kan ons
nie meer as een uitgesproke Afrikanerparty
bekostig nie. Minder is in der daad meer in die
geval. 'n mens sal altyd iets kan kritiseer aan
enige party, maar ek dink dat die VF die
Afrikanersaak, gemeet aan die beperkinge wat die
teenwordige bestel aan ons oplê, waardig
verteenwoordig. Praag en sy verteenwoordigers sal
kwalik dieselfde rol n die parlement kan speel as
wat hulle tans buite die parlement speel, weens
die beperkende reëls van die parlement en die
beginsel van meerderheidsgesag, waar
opposisiepartye 'n paar minute vinnig iets kan sê
wat gewoonlik nie deur dei media gedra word nie,
terwyl die regering in lengte sy beleid kan
verduidelik en uitvoer na wense.
As jy somer
veronderstel dat die Afrikanerpolitici net vir
eie, selfsugtige motiewe in die parlement sit, hoe
sal jy so seker kan wees dat iemand wat op Praag
se lys verkies word nie ook sy eie agenda volg
nie?
In antwoord op Dan se
brief sê ek net dat ek Praag as 'n aksiegroep
sien. 'n Rdelik suksesvolle intellektuele
dinkkring is die Groep van 63, en 'n duplisering
is nie nodig nie.
Wat die kunstenaars
betref lees jy heeltemal verkeerdelik enige afkeur
in kunstenaars van my kant af. Terwyl jy nou
Johannes Kerkorrel gebruik: ek is 'n groot liefhebber
van sy musiek en beskou hom as 'n groot kunstenaar
en sy dood as 'n verlies vir Afrikaanse kuns. Ek sê
ook nie dat kunstenaars altyd 'n politieke agenda
moet volg nie. Al wat ek sê in ondersteuning van
Dan se punt is dat Afrikaanse kuns alleen nie
genoeg is om 'n Afrikaanse herlewing te
bewerkstellig nie. Niemand betwyfel kunstenaars se
bydrae nie, maar ek is teen die persepsie wat
Beeld probeer vestig, namlik dat die "nuwe
jong moderne Afrikaner" geen politieke
sienings en ideale het nie en net na Karen Zoid en
Theuns Jordaan wil luister en rooiwyn wil drink en
dit is dit.
Verder veronderstel jy
verkeeerdelik dat ek op bruinmense neerkyk.
Ek het weereens bloot Dan se punt beaam dat die
bydrae van bruin intellektueles tot die
taalstryd soos deur Praag beoefen teleurstellend
was en ons nie moet voorgee dat daar 'n groot
politieke aksie vanuit die bruinmense rondom
Afrikaans bestaan of ontstaan nie.
Groete
Sebastiaan
boontoe
Johann
Wingard, 14/11/2002: Afrikaans is vir
Afrikaners belangrik
Dan skryf:
"Hoewel ons voortdurend samesprekinge met ander
groepe gevoer het rondom meertaligheid, en telkens
in debat getree het met bruin intellektuele en ander
lede van daardie gemeenskap, het die hele fokus van
die taalstryd verskuif na 'n spesifiek
Afrikanergedrewe kwessie."
Ek stem met Dan saam: mens kan 'n perd tot by die
water neem, maar drink moet hy self. Dit is
glashelder dat ander volksgroepe hul eie stryd wil
stry; dat hulle nie geko-opteer wil word nie en dat
hulle graag afstand
tussen Afrikaners se prioriteite en hul eie wou
sien. Verder glo ek dat 'n
suksesvolle PRAAG ander groepe se bewondering sal
verdien. Dit is slegs dan dat skakeling
spontaan sal plaasvind; veral wanneer PRAAG bonop
gereeld 'n hand van vriendskap na ander groepe
uitreik. Maar om ander groepe se stryd vir hulle te
stry sal telkens misluk, hoe mooi en edel dit ookal
mag klink.
Die Taalsekretariaat het blykbaar 'n ander fokus,
naamlik om vir die behoud
en uitbouing van al elf tale te werk. Hoe suksesvol
hulle daarmee gaan wees, sal net die tyd ons leer.
Nogtans voel ek dat hulle PRAAG se
ondersteuning en aanmoediging met daardie poging
verdien.
Dit is ook so dat die taalstyd vierkantig op die
makro-politieke terrein
gestry moet word, nie (soos ek vantevore versoek
het) in die familie
agterplaas van broedertwis en verdagmakery van
mede-Afrikaners nie. Hierdie stryd moet ook
suiwerder omlyn word, sodat kwessies soos godsdiens,
rassisme, die hervertolking van die geskiedenis,
almal sake wat deur die meeste mense as verdelend
ervaar word, nie die kern van PRAAG begin vorm nie.
PRAAG moet dus deel word van 'n samebindende
entiteit van Afrikaners, want Afrikaans is vir alle
Afrikaners belangrik.
Hoe sien ek PRAAG se prioriteite dus?
Dan skryf:
"VISIE: Om Afrikaans te herstel as 'n
nasionale taal en daarmee saam alle
vorme van etniese oorheersing oor, of
rassediskriminasie teen, Afrikaners te beëindig.
MISSIE: PRAAG beywer hom vir Afrikanerregte
wat die Afrikaanse taal,
kultuur, erfenis en identiteit insluit. Ons
strewe na eie Afrikaanse skole
en universiteite, en ander gemeenskapsinstellings
waarbinne ons ons kultuur en identiteit aan 'n
volgende geslag kan oordra sonder inmenging van
buite. Die bevordering van die Afrikaanse taal,
letterkunde, musiek, geskiedenis, kookkuns - kortom
kultuur in al sy fasette - is vir ons 'n lewenswyse.
Ons verwerp imperialisme en assimilasie in al sy
vorme en verklaar ons getrou aan die Afrikaner se
lang tradisie van anti-imperiale stryd. Indien
daar nie gehoor gegee word aan ons billike eise om
ons identiteit te behou of ons kultuur te mag
uitleef nie, behou ons ons die reg voor om
selfbeskikking op te eis in terme van artikel 235
van die Grondwet van Suid-Afrika, wat 'n eie
grondgebied en 'n eie staat mag insluit."
My gevoel is dus dat ons in praktiese terme op die
volgende moet fokus:
1. Die onderwys. Afrikaans moet in die skole
en tersiêre instellings as
primêre onderrigtaal voortgeplant en ontwikkel
word. Rassisme het hier geen plek nie; die
enigste vyand is Engels! Kwessies soos die
kurrikulum is
aanverwante kwessies en word veral deur kerke en
ander instansies sterk
beoordeel. PRAAG kan daarmee meedoen, maar in
die onderwys moet sy
hooffokus die taalkwessie bly.
2. Afrikaans as omgangstaal in die
handelsgemeenskap: PRAAG benodig nog 'n paar
Parmalat-tipe aksies. PRAAG-lede moet hulself
beskikbaar stel om op bepaalde dorpe as waghond vir
hierdie stryd op te tree. Nie as arrogante
vegters wat vernietigend optree en verwydering
tussen die publiek en PRAAG as gevolg het nie, maar
as beskaafde en beleefde, dog ferme taalstryders wat
die respek van ander sal verdien en wat die beweging
deur hul standhoudende en beskaafde optrede sal laat
groei.
3. Waghond oor Afrikaans se amptelike status.
Die stelselmatige erodering
van Afrikaans se posissie moet met sterk maatreëls
teengestaan word en PRAAG het hier 'n leidende rol
te speel in samewerking met ander groepe wat
dieselfde oogmerke het.
4. Die daarstelling van 'n verteenwoordigende
Afrikanerraad aktief te
ondersteun en te bevorder, sodat die huidige
leierskapkrisis, veral die een
wat heers op die eerste, tweede en nasionale vlakke
van die politieke
terreine, die hoof gebied kan word. Daarna sal
die Afrikaners se taalstryd
ook na die internasionale vlak geneem kan word, sal
die stryd om ons skole
ens. sterker gestry kan word, sal ons historiese
erfenisse behoue kan bly en sal die huidige
diskriminasie teen Afrikaners beveg kan word.
5. Om sy lidmaatskap uit te brei en sy
fondsinsamelingspoging wesenlik te
versnel sodat ons van die kubervlak na die
straatvlak kan beweeg. Daarvoor benodig ons
baie lede en baie fondse. Sonder getalle en
sonder fondse sal ons maar net 'n twistende groepie
wit Afrikaanspraters bly. Elke persoon wat 'n
skriftelike bydrae op hierdie lys maak of wil maak,
moet ook bereid wees om sy deel by te dra om PRAAG
se strydfonds te versterk, anders mag hulle dalk
deur betalende PRAAGers as parasiete beskou word;
mense wat slegs aan die gesprekslys deelneem om 'n
gehoor vir hul teorië te soek. Die huidige
lidmaatskap is R20 per maand, skenkings is ook
welkom. My voorstel is dus dat slegs ingeskrewe
lede, dws lede wat by die poslys geregistreer is en
wie die aftrekorder voltooi het, hier mag deelneem.
Die gedragskode van PRAAGers sal ook sodoende
onderskryf en ondersteun moet word. Sou dit
die effek hê dat die bydraes op die lys wesenlik
verminder word, dan moet dit maar daarnatoe wees.
Tans verloor ons meer lesers en potensiële aktiewe
bydraende lede deur ondeurdagte gemorspos, deur
vloekende en skellende bydraes wat lesers beswadder
en beledig, as wat ons sal verloor deur die fokus
beter in te skerp.
Sonder sy lede se pyn gaan PRAAG verdwyn!
Groete,
Johann Wingard
boontoe
Leendert
van Oostrum, 14/11/2002: Dalk hoogverraad
Beste
Dan,
Dankie
vir 'n goeie uiteensetting van PRAAG se
herposisionering.
Ek
sou net versigtig wees om gesien te word om
staatkundige afskeiding (soos in onafhanklikheid) te
bevorder. Soos ek dit verstaan, werk dit so:
Art
235 erken dat daar regte op selfbeskikking
bestaan, maar binne die SA staatsbestel en sulke
regte mag ook net uitgeoefen word tot der mate dat
hulle nie die groter geheel benadeel nie.
Die
grondwet maak nie voorsiening vir meganismes om
hierdie selfbeskikkingsregte af te dwing nie. Dit
beteken mens moet daardie meganismes
(administratief/polities/ens.) self skep maar
daarmee kan mens potensieel ver vorder hoewel dit
moeilik sal wees teen die sin van 'n kwaadwillige
meerderheid soos wat ons het.
Om
egter staatskundige afskeiding te bepleit neem jou
buite die omvang en beskerming van die grondwet en
bring jou naby aan hoogverraad.
Groete,
Leendert
boontoe
Carel
van der Merwe, 14/11/2002: Afrikaners is
polities leierloos
Sebastiaan,
Dit
is nou die tweede keer dat jy skryf dat daar genoeg
politieke partye bestaan en hierdie keer het jy
besluit dat daar ook genoeg "dinkkringe en
kultuurorganisasies" is. Ek weet nie hoe jy
genoeg bepaal nie. Vir wie genoeg? Sekerlik vir
Marthinus van Schalkwyk, Pieter Mulder, Cassie Aucamp
en Tony Leon en wie ek ook al uitgelaat het. Hulle is
almal seker liewe, gawe en goeie mense, maar
ongelukkig dink die grootste gros Afrikaners dat ons
polities leierloos is, want die partye is soos vinkel
en koljander. Die "dinkkringe" dink
skynbaar so hard dat daar net nou en dan 'n geluid,
sommige sal sê 'n wanklank, uit hulle rigting
kom en dit is 'n groot geheim of daar enige iemand is
wat daar leiding gee of wil gee. Die leiers van
die kultuurorganisasies is onsigbaar, behalwe as daar
af en toe gepraat word met hulle deur iemand van die ANC
en wat dan ook gewoonlik op hulle uitnodiging
geskied.
Van
stille diplomasie sal Mbeki hierdie mense absoluut
niks kan leer nie. Hulle is te Engels om saam te
betoog vir die Afrikaanse taal en kultuur. Hulle is
goed geskoold in die kuns van laaglê en 'n lae
profiel handhaaf en opsies oophou. Hierdie houdings
sal veroorsaak dat PRAAG, wat nie ly aan hierdie
verfynde politiese wanopvoeding nie, wel deeglik direk
by die politiek kan betrokke raak in die toekoms. Die
tyd sal leer. PRAAG is niemand se stoker of hardloper
nie, allermins ambisieuse politici of hulle aanhangers
s'n.
Vir
iemand wat deurlopend met kleurlinge en kunstenaars te
doen het en te doen sal hê tot ek doodgaan, kan ek
net lag vir mense wat dink jou Afrikanerskap moet
daarmee bots. Ek is vas oortuig daarvan dat mense wat
so dink, diskrimineer heimlik op grond van kleur en
stel nie regtig belang in die kunste nie. Johannes
Kerkorrel is dood. Ek het in hierdie jaar met hom
gepraat, nie oor die taalstryd nie, maar oor sy cd's waarvan
die Vlaminge nie genoeg kan kry nie. Nou ken hulle ook
Al lê die berge ook so blou, net soos
wat die beiaardier van die Onse Liewe Vrou-katedraal
in Antwerpen ook vir jou Sarie Marais en Bobbejaan
klim die berg sal kan speel. Dieselfde
dag as wat ons verwag Afrikaanse kunstenaars
en skrywers moet almal taalstryders word, is dit die eerste
dag van die begin van die einde van Afrikaanse
kultuur.
boontoe
Sebastiaan
Biehl, 13/11/2002: Herposisionering van PRAAG
Beste Dan, ek
stem heelhartig saam met jou gedagtes oor die
herposisionering van Praag. In 'n sekere sin word nou
amptelik gemaak wat feittelik reeds lank die geval is,
naamlik dat dit vir Praag oor meer gaan as oor die
bevordering van Afrikaans in die besonder en
meertaligheid in die algemeen.
Dit is egter goed dat die
fokus steeds op Afrikaans bly, want dit is 'n leemte,
daar bestaan reeds meer as genoeg politieke partye,
dinkkringe en kultuurorganisasies. Die klem op Aksie
(dus Pro Afrikaanse AKSIEgroep) is belangrik, want
weereens bestaan daar genoeg organisasies wat in hul
binnekring praat en verklarings uitstuur maar niks
daadwerklik doen nie.
Die ses punte wat jy noem
kan ek ook net ondersteun, want om deur die media en die
establishment aanvaar te word moes Praag so inklusief,
verlam en polities korrek wees dat feitlik geen van die
eintlike doelwitte bevorder kan word nie. Dus hoef praag
nie voor te gee om pro-transformasie en anti-Afrikaner
te wees nie. Die feit dat Praag feitlik uitsluitlik deur
Afrikaners, en nie bruin Afrikaanssprekendes gedra word
bewys dat die idee van inklusief vir meertaligheid nie
haalbaar was, weens die redes soos deur jou uiteengesit.
Verder stem ek ook saam dat
taal nooit losgemaak kan word van politiek nie, en dat
dit wel goed is om Afrikaanse musiek te luister en
Afrikaanse kunstenaars te steun, maar dat dit nie die
einde kan wees nie. Taal moet juis uit die private in
die openbare sfere ingedra word, en sodra iets in die
openbaar gedoen word is dit reeds 'n aspek van politiek.
Verbeel jou, hoe kan ek
geesdriftig wees oor Afrikaanse kunstenaars en musiek of
literatuur, maar vrede hê dat ek Afrikaans nie op skool
of universiteit mag gebruik nie.
Groete
Sebastiaan
boontoe
Johann
Wingard, 13/11/2002: Sokrates oor die waarheid
Na
aanleiding van Andries se tirade kan ek nie anders as om
die volgende met u te deel nie. Socrates is aan
die woord in "Die Apologie": (The Apology:
Plato
/ in engels vertaal deur Benjamin Jowett, Afrikaanse
vertaling my eie)
"Ek
kan my nie indink hoe julle, o, Atheners, moes gevoel
het by die aanhoor van my beskuldigers se tirades nie;
maar ek weet dat hul oorredende woorde my byna
laat vergeet het wie ek is --
dit was die effek daarvan op my; en tog het hulle
kwalik ‘n enkele woord van waarheid gepraat. Nieteenstaande
die talrykheid van hul valsheid, was
daar veral een wat my getref het ; -- ek verwys
na die een waar hulle gewaarsku het dat u op u
hoede moet wees en u nie deur die krag van my
welsprekendheid moet laat mislei nie.
Hulle behoort hulle hiervoor te skaam, want hulle
moes geweet het dat, sodra ek my lippe begin oopmaak en
my gebrek begin toon, hulle verkeerd bewys sou word.
Almal kan sien dat hulle deur daardie
bewering geen berou toon nie; tensy hulle by
welsprekendheid die mag van die waarheid bedoel, want,
dan moet ek erken dat ek welsprekend is."
Groete,
Johann
Wingard
boontoe
Willem
Vos, 13/11/2002: Afrikaner en Afrikaan
Nee, 'n persoon wat in
Afrika woon is 'n Afrikaan (African in
Engels). Daarenteen is 'n Afrikaner enige persoon wat
Afrikaans praat (en verkies on dit te praat bo enige
ander taal) en wat, indien hy/sy sou
moes kies, sy Afrikanerskap voorop sou stel bo sy/haar
nasionaliteit (hetsy Suid-Afrika, Namibië of watter
ander land ookal).
Natuurlik sal die eerste
prys wees as die regering van die land waarin die
Afrikaner hom bevind, 'n Afrikanervriendelike
beleid sou volg waar die Afrikaner dus nie voor so 'n
keuse (tussen Afrikanerskap en nasionaliteit) sou hoef
te kies nie.
Willem Vos
boontoe
Tim
Kok, 13/11/2002: Van Schalkwyk 'n opportunis
Beste Ockie, Volpunte
vir jou bydrae. Ek dink dit is nie soseer die ANC wat
met die Groep van
63 se standpunt op hol gegaan het nie, maar die
nonsens wat deur die opportunis Van Schalkwyk aan
hulle vertel is wat die
moeilikheid veroorsaak het.
Onthou Van Schalkwyk moet darem deurlopend met nuwe
truuks vorendag
kom om sy teenwoordigheid in die ANC se bed te
regverdig. Netnou raak
hulle met hom verveeld, soos wat waarskynlik maar met
die meeste
prostitute ook gebeur.
Groete
Tim Kok
boontoe
Ockie van Schalkwyk,
13/11/2002: Groep 63-brief 'n eerlike poging
Beste Praagers, Ek het Groep63 se brief aan Mbeki nou
al vir die soveelste maal gelees en uiteindleik
agtergekom waarom ons so sukkel om êrens te kom wat
samewerking onder Afrikanergeledere aanbetref.
Geeneen van die meningsvormers (joernaliste) of
politici wat die brief
onder oë gehad het, kan lees nie. Ek twyfel selfs of
hulle 'n basiese
st.8 begripstoets uit die ou bedeling sou slaag.
Miskien moes G63
'Afrikaner' vervang het met 'Palestyne', 'regering'
met 'Israelse
regering', dawerende applous ontvang het van die pers
en politici en
dan die oorspronklike weergawe beskikbaar gestel het.
Mens hoef bloot net na die geskiedenis te gaan kyk om
die algemene
rigting vir die toekoms te voorspel. Soos dinge nou
aangaan is dit
maar 'n kwessie van tyd voordat daar onder
Afrikanergeledere 'n
ekwivalent van die IRL bestaan. Hulle sal ook 'n lang
stryd baklei vir
internasionale simpatie, maar dit tog wel op 'n
stadium kry.
Afrikaner-onafhanklikheid sal in die toekoms 'n
brandpunt word. Selfs
iemand met 'n baie basiese historiese ingesteldheid
behoort dit te
weet.
Die Groep63 brief was myns insiens 'n eerlike poging
om 'n nugtere
perspektief aan Mbeki oor te dra. Ek verstaan nie
eintlik die bohaai
daaroor nie. Hy behoort dankbaar te wees dat iemand
hom hierop wys.
Groete
Ockie
boontoe
Andries
Lombaard, 13/11/2002: Boerevolk is reeds op pad
Dit
is verblydend dat Johann Wingard darem nie die benaming
Afrikaanses toe-eien nie - alhoewel slegs volgens Adam
Smal se keuse.
Ek
neem Smal se ontkoppeling van die Afrikaner ook nie
kwalik nie. Hy het lankal deur die Afrikaner gesien en
wil waarskynlik ook niks met hom te doen hê nie, soos
Richard van der Ross en ander weeskinders van die
Afrikanerdom.
Volgens
die goedige ou semantiese verkneukeling is die
"Boer" 'n landbouer, en die
"Afrikaner" 'n beesras. Op ligter trant kan
Afrikaners ‘n "semantiese" keuse maak oor wié
of wát hulle wil wees, 'n mens of 'n bees, en daarby
staan.
Maar
Afrikaners kan ook by die Maleisies-vermengde getuienis
van Bibault in sy dronkenskap staan, om dan saam met FW
de Klerk in sy héél Laaste Trek te verklaar: "Ik
ben een Afrikaan." Myns insiens was hierdie
aanspraak eerder geldig vir kleurlinge wat geen ander
volksheenkome gehad het nie. Hulle was nie welkom
in Europa of Maleisië nie omdat hulle in Afrika vermeng
en vasgevang was.
Afrikaners
kan natuurlik ook saam met die AB hul bekookde
Afrikanerskap saamkoor. Miskien vonkel daar tóg 'n
joppie erens, soos met die Volk-Staat-Raad, dalk 'n ou
presidentskappie oor ‘n suiglekker soos die
Demokratiese Afrikaner Raad. Dis tog interessant dat die
volksvreemde regering die VSR-partytjie stopgesit het,
Sela!
Ons
was lankal gekrap oor hulle soort huigelary en swigtery,
terwille van poste en statusse. Ons Boerevolk was as
stemvee misbruik om sodanige verteenwoordigers se
salarisse, karre en huise te betaal, sonder
verteenwoordiging in die NSA.
Vandag
kan geen burger ‘n eie verteenwoordiger se naam of
telefoonnommer noem nie. Dan verbaas ons ons oor die
gebrek aan wedersydse rekenskap en verantwoording, oor
regeringskorrupsie en gevolglike burgerike
ongehoorsaamheid, oor bomme wat geplant word, omdat
mense nie gehoor word nie.
Die
Boere-voetvolk moes ploeg en plant, fabrieke, huise en
damme bou en belastings betaal uit ons karige inkomstes,
terwyl die Kaaps-koloniale saam met
verraaier-nakomelinge oral in die raadsale in swier
rondgesit en die volgende skuiwe beplan het om ons
verder te verslaaf aan hulle politieke dagdrome. Vandag
stel ons bloot nie verder belang nie, want ons sg.
leiers werk slegs vir hulle eie belang. Voorbeelde was
daar baie. Terwyl die Boerevolk goed georganiseerd was
in 1993, het Constand Viljoen eerder verkies om
verraadsonderhandelings met die ANC te pleeg.
Ons
vewag om weereens gemarginaliseer te word deur
mede-Afrikaners, soos met Slagtersnek of die Groot Trek,
toe ons eie kerkrade ons Trekkervaders uitgeban het uit
húlle weergawe van die “koninkryk van die hemele”
omdat hulle rebelle was. Ons besef egter dat dit juis
onder daardie verskopte toestand was wat die hemelse
Vader uitgereik het en ‘n Verbond met hulle gesluit
het, wat van hulle ‘n volk gemaak het omdat hulle
beloof het om ‘n Volk van God te wees.
Ons
besef vandag dat die Trekkerrepublieke met hulle 24
ouderlinge in die Volksrade, gekies uit ‘n 12
Heemraadsstelsel, gebou op groepperinge van 13 gesinne
die teokrasie van die OT (13-stamryk met ‘n Levitiese
Staatsadmin. Orde) en die christokrasie van die NT her
ingestel het waar 12 gesinne ‘n christus as gesalfde
diensleier vir hulle kies om hul in raad en daad te
bedien en te lei.
Ons
besef vandag hoedat hierdie orde en belofte om volk vir
God te wees weer toegelaat was om deur die toetrede van
kerke verbreek te word, waar kerkdenominasie elkeen ‘n
eie “volk vir god” byeengebring het, en so die
Volksverbond met die Almagtige verbreek het. Ons
voorgeslagte het ‘n verskriklike prys betaal vir
hierdie ongehoorsaamheid. 20% van die Boerevolk is
uitgewis in ‘n Britse holocaust. Verder sit ons vandag
onder ‘n Babiloniese koloniale regering. Maar ons het
ons oortredinge ingesien en is besig om daarvan te
bekeer en te hervorm onder die tugtende hand van die
Vader.
Ons
besef ook dat Afrikaners hulself nie kan verhelp nie.
Hulle bindinglose swakheid is waarskynlik eties-geneties
oorgedra. Hulle het immers nie ‘n Verbond met die
Almagtige nie. Nou sit hulle vasgevang in Afrika, soos
ons, maar sonder ‘n volksidentiteit. Hulle skarrel nog
om ‘n volk tussen gemengde Afrikaners te probeer
saamstel en probeer dit met ‘n stemversameling doen.
Afrikaners
wat nog die opkoms van die Boerevolk wil teenstaan moet
liewer uit ons pad bly. Ons sal regkom sonder hulle
inmenging, dankie. Hulle moet ook nie naderstaan omdat
die Boerevolk begin beweeg nie. Hulle brose ledemate mag
straks onder ons hake beland, soos in 'n taai
rugbywedstryd.
En
nee, Johann, vandag praat ek uit my hart, nie namens
enige organisasie nie. Ek, Andries Louis Lombaard, praat
namens die diepste roeringe binne-in my wese, iets wat
sommiges waarskynlik nie sal begryp nie.
Ek
praat namens familielede en volksgenote, wat daagliks in
opritte en binne-in hul tuistes beroof, geskiet en
verkrag word; ook vir húlle wat reeds stom in die
begraafplase lê, wat die Koloniale-Afrikaner se prys op
die slagvelde- en werksplekke, in kerke, skole, die
weermag en op universiteite moes betaal.
Ek
praat vandag vir my kinders wat nog nie geslyp genoeg is
om Afrikaner-verraad teen die volkere van Suider-Afrika
te verstaan nie en wat 'n vermengde Afrikanergeskape
toekoms in die gesig staar; wat uit die opvoedkundige
breinspoelingsisteem ontworstel moet word, omdat
Afrikanerorganisasies in die geheim en sonder om hulle
volke te ken, eensydig besluit het om ons land
polities-korrek weg te dobbel; en die teensprekers
eenvoudig getipeer, uitgerangeer en doodgeswyg het, iets
waarin sommige poslyslede so goed onderlê is.
Ek
het by herhaling daaroor geskryf, ook op hierdie poslys
vroeër: Trek die lyn tussen hulle en hul aanvegbare
Afrikanerverlede.
Vat
hande as Boere, as lede van die Boerevolk. Beweeg as 'n
enkel geboortedag-getuievolk, as opstandingsvolk vanuit
die doodsbeendere uit die dal Agor. Laat toe dat die
geestelike winde van bevryding oor u waai.
Dit
sluit Boere in wat nog mislei word om hulself as
Afrikaners te beskou. Ons aanbod aan hierdie Afrikaners
is tot hulle eie redding, want die Boerevolk is reeds
oppad.
Die
Boerevolk se opstanding het reeds sedert Juliemaand,
2000 plaasgevind. Gaan maar u eie bronne na om te bepaal
wanneer die sug na volksvryheid weer begin rigting toon
het, waarna sekere politieke disse nie meer vir soetkoek
opgeëet was nie. Besoek Kleinfontein en Orania, selfs
Balmoral. Neem waar wat het sedertdien gebeur. Die
keurige waarnemer sal op die verskynsel van
tuisgemeentevorming dwarsoor die land afkom, waar
gesinne weer vir mekaar begin omgee, mekaar bedien en
help.
Dit
is die Afrikaner wat geestelik moet bykom, sy skandalige
verlede afsweer en saamstap op die pad na vryheid, òf
agterbly soos destyds in die Kaap. Ons "traai"
nie meer nie, o grote Kaapses, ons is oppad na
volksvryheid onder ons eie volksregering, soos in 1836
met duidelike riglyne.
boontoe
Johann
Wingard, 03/10/2002: Kollektiewe Identiteit
Coen Botha skryf:
"Daar is
'n paar goed wat moet reggestel word in die regering se
beleid. Regstellende aksie is
een. Dit moet end kry. Watter mag buite die partypolitiek
kan mens aanwend? Nie dat ek partypolitiek afskryf nie,
maar die opposisie is nie tans in 'n posisie om hond
haaraf te maak nie. Hoe kan 'n mens dit aanvul?"
Johann Wingard antwoord:
Eers enkele basiese
standpunte waarop ek dan verdere gedagtes wil baseer:
1.Kultuur -, godsdiens
- of rassegroepe besit verskillende kollektiewe
identiteite: Dis nie nodig dat hierdie
identiteite op velkleur of fisiese eienskappe
waarneembaar hoef te wees nie, maar berus op die innerlike
belewenis wat 'n groep ervaar van die wêreld rondom
die bepaalde groep. Noem dit die binnekring van 'n
volksgroep wat 'n kollektiewe identiteit na binne het.
Dit is nie 'n deterministiese uitgangspunt nie, maar
berus op die neiging dat individue graag hul eie
soort wil opsoek om mee te assosieer.
2. In 'n
multikulturele samestelling soos in Suid-Afrika sal
wedywering tussen volksgroepe altoos plaasvind.
Wedywering bring spanning mee, aangesien daar geduring
wenners en verloorders moet wees. Die grense van
selfbeheersing en selfbeperking word maklik oorskry en
vergryping word 'n alledaagse verskynsel. Dis veral
wanneer wraak - of skuldkomplekse by die verskillende
groepe bestaan, naamlik, die persepsie dat blankes
kollektief skuldig is aan die magsvergrype van
apartheid ( en hier verwys mens na "slegs
blankes", werksafbakening, wet op gemengde huwelike,
uitsluiting uit die ekonomie, ens) en dat dit dus
geregverdig is dat blankes hul werk, bates, regte of selfs
hul lewens sal verloor, of die siening dat swartmense
in hul beskawingspeil minderwaardig voel teenoor witmense
en met die mag in die hand aan hulle wil toon dat
hulle net so goed of beter as blankes is. In so 'n
geval word die wedywering 'n ongelyke stryd en stuur
dit op 'n gewisse botsing af. Weereens is dit nie 'n
deterministiese stelling nie, maar 'n bewese sielkundige
feit van groepsidentifikasie en kohesie, en motiverings
wat deur meningspeilings bewys is.
Hierdie twee beginsels lê aan
die wortel van ons misdaadprobleem, plaasmoorde en is
die dryfkrag agter regstellende aksie.
In antwoord op Coen se vraag,
dus, sit ons met 'n strukturele probleem en probeer
om dit met liberaal-demokratiese beginsels te besweer deur
op die gedrag van enkelinge te fokus. Deur die
probleme verder ook by armoede of dergelike sosio-ekonomiese oorsake
te gaan soek is ook foutief. Die enigste oplossing
is om die struktuur aan te pas, want dit sal sal 'n
oefening in futiliteit wees om miljoene mense se
persepsies te probeer verander binne 'n samelewing waar
daar soveel wanbalanse bestaan.
Hoe word die struktuur
verander? Dit bring my na die volgende punt.
3. Die konsep van
politieke energie: Politieke energie word
opgewek deur die samevloeiïng van strategiese belange van verskillende
binnegroepe, sodat die belange die rigtinggewende optrede
van deelnemende groepe bepaal. Politieke energie op
'n globale skaal was nodig om blanke bewind hier tot 'n
einde te bring. Hier het verskillende
binnegroepe, nl. die swartes, vakbonde, kommuniste,
westerse regerings asook ander handelsvennote en self
liberale blankes binnelands en oorsee saamgespan met 'n
gemeenskaplike doel om Afrikanerheerskappy te beëndig. Sodoende is
enorme politieke energie opgebou, en het die samevloeiïng
van al hierdie groepe se belange die ineenstorting
van die wil van die Afrikaanse leierskap tot gevolg gehad.
Die leierskap se wil het ondergeskik geraak aan
die magte wat die "logiese" skepping van
alternatiewe toekomsbeelde losgelaat het. Vir die
blanke leierskap het die toekomsbeelde nuwe
werklikhede geword. Deur die voorgestelde
toekomsbeelde positief in te kleur en die alternatiewe
beeld negatief voor te stel, word daar naderhand geglo dat
'n magsoorgawe 'n oorwinning sal wees, want die
alternatiewe scenario is deur die oorgawe vermy. In
die geval van die NP se onderhandelaars was daar
soveel politieke energie geskep om die alternatiewe
negatiewe toekomsbeelde te vermy, dat dit voldoende was om
'n magsrewolusie te bewerkstellig, waar daar slegs tien
jaar vantevore geen sprake van was nie. Strukturele
probleme kan dus slegs struktureel opgelos word en dit kom
neer op die opbou van soveel politieke energie dat 'n
strukturele aanpassing onvermydelik word. Dis 'n
geveg wat nooit binne die parlement gewen sal word nie,
maar op terreine waar magsbalanse getoets word.
Dan
skryf Coen verder: " Die regering se beleid
speel in die hande van die linkses. Die linkse stommerikke
kry momentum, daar is maksimum 'n dekade voor hulle magtig
genoeg raak om die regering te word, ek dink vyf jaar is
nader aan raak. Ek is erg krities oor die bestaande opset
in die vryemarkstelsel - dit lei tot die soort van
boosheid wat ISCOR pleeg - maar sosialisme en kommunisme
is selfmoord. Enige idees?"
Iscor se
"boosheid" gaan reeds vir meer as veertig jaar
aan. Dit was moontlik gemaak, nie deur die
vryemarkstelsel nie, maar deur die stelsel van
staatskapitalisme waar staatsmag aangewend was om
bedryfsbesluite te neem. Nêrens was daar meer
besoedeling as in die ou Sowjet-Unie nie. Ek het met
my eie oë gesien hoe die afvloeiwater van 'n titaanmyn in
Tajikistan situ-situ in die bergstroompie uitgepomp was.
Daardie stroompie het by ander aangesluit en weer by
ander, totdat die vergiftigde water uiteindelik in die
Baikalmeer gevloei het. Toe ek die Russiese
werkebestuurder daarop wys, het hy skouerophalend vertel
dat sy uitsetbegroting hom nie toelaat om iets daaraan te
doen nie. Buitendien was daar nog geen klagtes nie.
Coen, dis in die vryemark waar omgewingsbeheer toegepas
kan word omdat die regering die landsbodem moet beskerm en
nie self by besoedelingspraktyke betrokke kan raak nie.
'n Regering is nie so gretig om homself te tugtig nie.
My indrukke van die regering
se beleid is dat hulle juis nie in die hande van die
linkses speel nie en tans besig is om hulle uit te werk. Ek
het reeds meer as vyf jaar gelede voorspel dat 'n breuk
tusen die die sosialiste (Cosatu + SAKP) en swart
nasionaliste onvermydelik is. Die SAKP het 'n
verleentheid vir Mbeki se NEPAD, (NEPAD soek groot afstand
tussen kommunisme en Afrikastate) die AU en sy Renaissance geword.
Vir sover dit Cosatu aanbetref, is hulle en die
Zimbabwiese opposissie (Movement for Democratic Change) in
dieselfde bootjie en word hulle 'n verleentheid vir die
groter prentjie van Afrika-solidariteit.
Struktuuraanpassings sal noodwendig volg, maar nie in die
rigting waarlangs witmense se belange bevorder sal word
nie.
Ek sal my gedagtes oor 'n gemengde
ekonomiese stelsel vir ontwikkelende lande op 'n ander
geleentheid verder verduidelik. Tot dan, volstaan ek
hiermee.
Johann Wingard
boontoe
Gerhard
Bothma, 17/08/2002: Medemenslikheid nie gelyk aan
kruiperigheid
Marthie, laat ek nou probeer
om so duidelik as moontlik te wees.
Daar was een argument wat Marius
geopper het waarop ek gereageer het. Daardie argument is dat
die Afrikaner net in Suid-Afrika kan oorleef as hy so
inklusief as moontlik is want deur sy eie kultuur so te
relatifeer dat alle ander groepe nie uitgesluit voel nie kan
hy die negatiewe stereotipes wat daar oor hom bestaan
besweer.
Daar is nou 'n paar aannames
onderliggend aan hierdie argument. Die eerste een is dat die
Afrikaner se voorspoed van Suid-Afrika se voorspoed
afhanklik is. Daarom is die Afrikaner se eerste
verantwoordelikheid teenoor Suid-Afrika in sy geheel eerder
as teenoor sy eie. Hierdie is 'n aanvegbare stelling.
Eerstens is dit 'n ope vraag of daar werklik 'n
verenigde Suid-Afrika bestaan met 'n verenigde nasie
wat 'n verenigde doel nastreef. As daar nie so 'n nasie
bestaan nie teenoor wie is die Afrikaner se eerste
verantwoordelikheid dan? Moet hy sy kultuur dan miskien net
vir sekere minderheidsgroepe oopstel, vir die Zoeloes of
miskien vir die Khoisan? Na wat moet die Afrikaner saam met
wie streef? Miskien na groter ekonomiese groei, die
opheffing van die armes, die bekamping van misdaad? Maar
die Afrikaner hoef mos nou nie eers sy kultuur vir
almal oop te stel en aanvaarbaar te maak voor hy
op hierdie gebiede bydraes tot die groter Suid-Afrika
kan lewer nie. En verder, as mens na die geskiedenis kyk lyk
dit asof Suid-Afrika se voorspoed meer afhanklik
is van die Afrikaner se voorspoed as andersom. Die aaname
dat die Afrikaner maar moet katvoet loop en op niemand se
tone moet trap nie omdat hy van die res van Suid-Afrika
afhanklik is hou nie vir my water nie.
Nog 'n aaname is dat die
Afrikaner sy kultuur inklusief moet maak omdat hy 'n
negatiewe beeld na ander groepe uitdra as hy,
argumentshalwe, op Brandfort wil saamkom vir 'n
herdenking of vir sy taal in die strate wil betoog. Die
probleem hier is dat die Suid-Afrikaanse werklikheid
heeltemal verontagsaam word. Die Afrikaner kan sy kultuur so
inklusief maak soos hy lus het, maar die negatiewe
stereotipes wat daar bestaan sal voortduur omdat daardie
stereotipes vandag nie soseer deur ons dade of
daadloosheid geskep is nie, maar veel eerder deur die
politieke gees wat deur die regering in stand gehou
word. Dink net aan die geweldige skade wat die WVK aangerig
het, of praktyke soos regstellende aksie, of Mbeki se
twee nasies teorie, of die ANC se gewoonte om apartheid te
blameer vir alles wat onder hul regering verkeerd
loop. Die plaasaanvallers, moordenaars en
verkragters hoef nie ver te soek na regverdiging vir
hul dade nie. Ek twyfel of dit die Afrikaner 'n duit sal
help om sy kultuur oop te stel in hierdie tydsgees. Dit mag
dalk selfs gevaarlik wees want as die Afrikaner ooit 'n
gevoel van samehorigheid nodig gehad het is dit nou.
'n Derde aanname, wat
blyk uit jou en Marius se reaksies, is blykbaar
dat mens nie medemenslik en volksbehoudend kan wees
nie. Die een moet die ander altyd uitsluit. Daarom kritiseer
julle my dat ek medemenslikheid aan kruiperigheid gelyk
stel. Julle verstaan nie dat mens
terselfdertyd behoudend met jou eie kultuur kan
omgaan en op goeie voet met mense van ander groepe kan
staan nie. Interkulturele verhoudings is nie
so eenvoudig soos wat julle dit wil maak nie. Dit
het te doen met 'n fyn balans tussen trots op die eie en
respek vir die ander. Ek het nie medemenslikheid nie,
maar die tipe inklusiwiteit wat Marius voorstaan,
aan kruiperigheid gelyk gestel.
Ek hoop jy verstaan nou beter.
Groete
Gerhard Bothma
boontoe
Marthie
Richter, 17/08/2002: Onverdraagsaamheid en
medemenslikheid
Om onverdraagsaamheid ten
opsigte van menswees in breër verband te probeer
regverdig deur aan die wêreld daarbuite te vertel hoe
medemenslik jy in
handel en wandel in jou eie klein wêreld is, was 'n manier
waarmee ons almal
in die vorige bedeling ons gewetes probeer sus het. Iets
soos, 'Haai, kyk
net hoe goed behandel ek my werksmense en ons en ons kerk
doen boonop nog
sendingwerk in die reservaat 'n endweg hiervandaan.' Dit
werk nie meer nie.
Ongelukkig is ons probleme groter as dit.
Ek is van mening dat Marius ons 'n groot guns bewys het om
met die grootste
geduld, ordentlikheid en medemenslikheid vir ons, stuk vir
stuk, die onrus
wat aan sommiges van ons knaag oor sommige
Afrikaner-uitgangspunte soos dit
op die poslys tot openbaring kom, aan die lig te bring - met
die nodige
erkenning ook aan Etienne, hoewel in die geval van hierdie
aanslag, soms met
'n klein bietjie minder geduld gepaard gaan.
Vir my het dit veel beteken - deur deeglik te lees - om ons
tot by 'n beter
verstandhouding met mekaar te bring. Liza, dit mag dalk net
wees dat die
bril van vooroordeel wat jy so ywerig aan Marius toedig, jou
veel eerder
pas.
Wie is Jan Rap en sy maat?
Groete, Marthie
boontoe
Andries
Lombaard, 17/08/2002: Massa-aksie en die Boere
Beste Paul,
Massa-aksie, as vorm van protes,
was in elk geval heelwat oneie aan die Afrikaner en totaal
vreemd aan die Boerevolk. Massas is soos diere aan't beweeg.
Die voorstes storm oor die krans en die res agterna...
Toe 5000 Boere by Paardekraal
byeengekom het, was dit om te besin, te beplan en om op aksie te
besluit. Daarna het hulle met 'n goeie strategie na
Bronkhorstspruit en Majuba vertrek en die Engelse op
hulle baadjie gaan gee in die Eerste Vryheidsoorlog.
Die voorwaarde vir eendragtige
optrede is 'n gemeenskaplike bedreiging en regstellende doel.
Massasaamtrekke het vir die Boerevolk dus twee dinge ingehou,
eerstens, geestelike vereniging en laastens, onder uiterste
omstandighede, aksie.
Op 16 Desember 1988 was ek en my
gesin vroegoggend op Monumentkoppie vir die Afrikaners se
skamele saamtrekkie. Die 150 jarige Groot Trek herdenking het
op Kleinfontein plaasgevind. Daar aangekom, was ons aangenaam
verras om 60,000 plus mense in die veld saamgetrek te vind in
die natuurlike amfiteater bokant die dam by die Kliphuis.
Erediens, kulturele toesprake, Gelofte-aflegging, kinderdoop
by die waens, braai en kuier.
Dieselfde atmosfeer van geestelike
eenheid, wat ons as kinders soveel maal op Bloedrivier
beleef het, was aanwesig. Dit was heerlik om tussen
volksgenote rond te beweeg, ou vriende raak te loop en
opwindend mee te maak wat die geskiedenis vanuit ons gene
opgeroep het; om die kampvure te sit en saam te sing, saam
volkspele te doen en sommer net volk te wees.
Dieselfde ervaring was teenwoordig
met die 16 Desember 1993-saamtrek op Monumentkoppie toe
100,000 volksgenote die taferele uit die geskiedenis
beleef het, Blaaukranz, Weenen, Moordspruit, Italeni,
Modderlaer, die aankoms van Pretorius, die Gelofte te
Danskraal, die slag van Bloedrivier, wat die uwe geskryf en
tientalle spelers en perderuiters olv. Lucia vd Berg en Anieta
Armand opgevoer het.
Vandag skort daardie volkswil,
omdat visie en leierskap skort. Maar dit sal regkom, wanneer
die volk tot die besef kom dat hy nie anders kan as om volk te
wees nie; wanneer hy uit sy moedeloosheid opstaan en sy
toekoms in sy hand neem; wanneer hy verantwoordelikheid opneem
vir daardie toekoms, omdat niemand anders dit vir hom wil of
sal doen nie!
Die punt vir massasaamtrekke was
nog altyd vir ons volk nie 'n histeriese gejil nie, maar
stigtelike bymekaar kom t.w.v. geestelike eenheid. Ons kan nie
soos ontevrede Afrikane ons woede met 'n barbaarse getoi-toi
en plundering uitleef nie. Wanneer ons kwaad is, besin
ons, maak ons planne en praat ons met die bron van ons
frustrasie. Wanneer al die gepraat op hardhorende ore val,
soos wat Farao se hart verhard was, sal daar wel sinvolle
optrede plaasvind.
Tans is wydverspreide, goed
beplande, kleinskaalse aksies soos dié by Tukkies voldoende.
Dit maak die punt en het nie massasteun nodig nie. Onthou
dat baie studente nie eens bewus is van die bedreiging teen
Afrikaans as taal op Tukkies nie. Meeste se houding was
dat ál hulle lesings (bv. B.Com en BISc, my telge se
vakrigtings) in Afrikaans geskied, wat dus nie massa-aksie
regverdig nie. Hulle ouers het nie geld om te mors nie. Hulle
is daarom te prakties op prestasie ingestel as
om op ideologiese sleeptoue geneem te word. So oes hulle
die louere in. Wanneer daarmee ingemeng gaan word, van
watter kant ookal, waarborg dit vet in die vuur...
"Nie deur krag of geweld nie,
maar deur My Gees, spreek die HERE Here."
Boeregroete,
Andries
boontoe
Willie
Spies, 16/08/2002: Klein, gefokusde aksies
Beste Paul, ek
het ook al gewonder waar is die dae toe die boere in hulle
massas Pretoria toe kon opruk vir 'n protes. Dis byna
ondenkbaar dat wyle dr Andries Treurnicht so onlangs as 12
jaar gelede 100 000 Afrikaners by die Voortrekkermonument
saamgetrek het om te eis dat FW de Klerk bedank en 'n (wit)
verkiesing hou! Die een les wat ek uit die geskiedenis
van daardie tyd geleer het, is egter dat massa-aksies
van daardie aard wel goed was vir die selfvertroue van die
organiseerders - maar bittermin (indien enigiets) aan
die gang van die geskiedenis gedoen het. Juis daarom is ek
eerder bly dat mense hulle nie meer laat vang met oproepe om
massa-warmbroei geleenthede by te woon nie.
Ek was nie so teleurgesteld met
die afsluiting van die Anglo-Boereoorlog herdenking nie. Die
hele volk het nou wel nie op Brandfort saamgetrek nie, maar
as die klein groepies wat landswyd (insluitend
Brandfort) vergader het bymekaar getel word, lyk die
prentjie heelwat beter.
Wat die GRA optog betref, dink
ek Dan, Leendert, Henco en almal wat dit aangepak het,
verdien 'n pluimpie vir die aksie. Die dag daarna het
Monitor op RSG twee berigte aan GRA-dag gewy: een oor die
optog en een oor die Vryheidsfront se suksesvolle
parlementere mosie oor veeltaligheid. As ek dit nie mis het
nie is dit die eerste maal in 'n baie lang tyd dat GRA dag
'n nasionale nuusgebeurtenis was.
Ek is 'n groot voorstaander van
klein, gefokusde aksies want hulle het dikwels die manier om
'n groter verskil te maak - en dit is nie (net)
onverdunde Orania-denke nie!! Van Wyk Louw het
'n lieflike gedig "Die Beiteljie" geskryf wat
hierdie beginsel mooi illustreer:
Ek kry 'n klein klein
beiteltjie,
ek tik hom en hy klink;
toe slyp ek en ek slyp hom
totdat hy klink en blink.
Ek sit 'n klippie op 'n rots
-mens moet jou vergewis:
'n beitel moet kan klip breek
as hy 'n beitel is -
ek slaat hom met my beiteltjie
en die was sterk genoeg:
daar spring die klippie stukkend
so skoon soos langs 'n voeg
toe onder my tien vingers bars
die grys rots middeldeur
en langs my voete voel ek
die sagte aarde skeur,
die donker naat loop deur my
land
en kloof hom wortel toe -
so moet 'n beitel slaan
wat beitel is, of hoe?
Dan, met twee goue afgronde
val die planeet aan twee
en oor die kranse, kokend
verdwyn die vlak groen see
en op die dag
sien ek die nag
daar anderkant
gaan oop
met 'n bars wat
van my beitel af
dwarsdeur die
sterre loop.
(Uit Groot
Verseboek 1983:172)
boontoe
Paul
Alberts, 16/08/2002: Groot fout by Afrikaners
Geagte Praaglesers,
Johann Wingard skryf aan Marius
van Wyk:
Daar is slegs
een agenda, en dit is om Afrikaans as nasionale taal in
Suid-Afrika te herstel en om die erodering daarvan in ons
samelewing met
hand en tand te beveg.
Ek wil hierdie aanhaling gebruik
om kommentaar te lewer op die Praag-protes by UP. Leendert
se foto's het my laat besef dat daar groot fout is by ons
Afrikaners. Die handjievol mense wat geprotesteer het,
getuig van die belangstelling van Afrikaners in die
taalsaak. Vir hulle is daar duidelik geen taalstryd nie.
Hulle ken nie meer die begrip om hand en tand te veg nie.
31 Mei op
Brandfort het aan my bewys dat daar bitterlik min
begaandheid by die Afrikaner is by sake rakende die
Anglo-Boereoorlog en die lyding van 'n eeu gelede. Leendert
het toe vir my daarop gewys dat die getalle by ons
herdenking eintlik merkwaardig was gegewe 'n aantal
verduidelikings hoekom mense nie daar kon wees nie. Ek het
gelees en kennsi geneem maar stilweg nie saamgestem nie. As
'n mens vir 'n saak omgee, dan wys jy dit met klinkklare
optrede en gedrag. (Onthou julle nog toe die boere in PW
Botha se dae met hul trekkers en voertuie Pretoria beset
het!)
Ons gee nie
om nie. Of meer korrek, hopeloos te min van ons gee om.
Ek meen dat
ons Praag se stryd benadeel deur te protesteer en dan lyk
die protes soos hy Woensdag daar uitgesien het. Dit maak van
Praag 'n bespotting. Max du Preez en sy gevolg sal hierna
weer eens en met 'n groot mate van reg smalend na Praag as
'n holklinkende simbaal kan verwys met geen invloed nie.
Ek meen dat
Praag indringend na sy strategie moet kyk om
Afrikaanssprekendes betrokke te kry by die taalstryd. Dit
wat Praag tans doen en sê/skryf gryp duidelik nie die
verbeelding aan nie. Diegene wat teen ons taalstryd is,
slaag goed daarin om Dan Roodt en sy klompie stryders te
ettiketeer as ekstremiste met 'n verskeidenheid van
uiteenlopende agendas. Iemand het al vir my gesê Dan (en
die Praagers) laat hom dink aan Cervantes se Don Quichot
(spelling?) wat gemeen het hy gaan met 'n draak veg wat toe
maar net 'n armsalige meul was.
Miskien moet
ons minder ambisieus wees deur op nasionale vlak sukses te
wil behaal. Miskien moet ons met 'n plan van aksie kom wat
daarop gemik is om elke gemeenskap (woonbuurt, dorpie, ens)
te betrek deur mense in te lig oor wat aan't gebeur is - 'n
plan van aksie wat positiewe resultate sal oplewer.
Dinsdagaand
het ons oueraand by ons skool gehad. Onthou dat dit die
skool is wat 31 Mei op Brandfort na 'n sukses laat lyk het
en wat verlede jaar die Tarentaaltjie-fees as synde 'n
Afrikaanse taal- en kultuurfees van stapel gestuur het.
M.a.w. dit is 'n prinsipaal wat die saak van die Afrikaner
en Afrikaans baie goedgesind is.
Nouja,
Dinsdagaand vra ek die skoolhoof wat doen die skool die
volgende dag met betrekking tot die GRA-herdenking. Die
skoolhoof het toe nie geweet wat GRA voor staan nie.
Nadat ek aan hom en daarna aan die onderwyser wat Afrikaans
op die skool gee aan die Genootskap van Regte Afrkaners
herinner het, het hulle met verleentheid teenoor my
erken dat hulle gladnie daaraan gedink het om
Afrikaanse op hierdie manier te help bevorder nie.
Daar is m.i.
'n belangrike les in hierdie insident te leer.
Terloops, in
hierdie gesprek is daar ontstellende inligting oor Afrikaans
as skoolvak aan my bekend gemaak. Volgens Uys le Roux (die
Afrikaanse onderwyser) is daar bewys dat Afrikaans as vak so
moeilik gemaak word as moontlik sodat dit leerders afskrik
om die vak te neem. Daar is gesê dat dit wat van leerders
wat Afrikaans leer verwag word op 'n veel hoër en daarom
moeiliker vlak is as by Engels. Dit verduidelik hoekom
soveel Afrkaanssprekende leerders deesdae onderskeidings in
Engels kry en met moeite 70% in Afrikaans kry. Dit geld
byvoorbeeld vir my oudste seun wat nou in Graad 11 is. Hy
kry gereeld onderskeiding in Engels en hoewel hy besonder
hard probeer, sukkel hy om by die 70%-merk in Afrikaans te
kom.
Paul Alberts
boontoe
Carel
van der Merwe, 09/08/2002: Die mite van die nou Engelse
Sarah Bartmann
In
die tyd toe die wêreld toenemend 'n kleiner plek geword het en
elke nuwe ontdekking groot aandag getrek het, is Saartjie
Baartman in Europa uitgestal en ontleed as 'n afwyking
van die norm in liggaamsbou en voorkoms waaraan die Europeërs
gewoond was. So ook is talle ander afwykings, uit alle dele
en kulture van die wêreld, later, en veral in Amerika,
ten toon gestel. Die Europese reisigers en koloniste is
dikwels weer gesien deur inheemse groepe as blou-oog,
blonde duiwels en erger, en het dikwels met hulle lewens
daarvoor geboet. Veel aandag sou Saartjie Baartman nie
toe getrek het by ons voorouers nie, want hule was reeds
daaraan gewoond dat die mense aan die suidpunt van
Afrika 'n ander voorkoms het. Dit geld ook vir
kultuur. Ek het verlede jaar in Antwerpen, saam met Dan en
Karin, 'n uitstalling met die titel "Verminkt"
in die Museum voor Hedendaagse Kunst gaan kyk en daar was
elke moontlike afwyking van die Westerse asook
hedendaagse Westerse norm, as mode, te sien. Mense met gerekte
nekke, verkleinde voete, vergrote lippe en modes van toeka waar
die vrou se heupe en borste abnormaal vergroot en
beklemtoon is, het baie mense getrek en laat dink en
wonder. Daar is ook mense wat wonder hoekom vroue nog in
gedeeltes van Afrika besny word. Die sirkus het sedert die dae
van die Romeine die leeus behou, al word hulle nie meer
Christene gevoer nie, maar sukkel nou nog om ontslae te raak van
mense wat afwyk van wat as die norm beskou word.
Maar
vandag moes ek sit en kyk op televisie na 'n ander sirkus,
wat die verbrokkelde nasate van die Khoi en San, die
ANC-regering toegelaat het om van die begrafnis van Saartjie
Baartman te maak. In plaas van 'n waardige simboliese
geleentheid vir die nasate van die mense, is dit omskep in 'n
geleentheid waar sy vir oulaas gebruik en misbruik is vir
propaganda teen die Weste en die barbaarse koloniste. 'n Vrome
Thabo Mbeki het almal teenwoordig daaraan herinner dat die
barbare nie net die Franse of die Engelse was nie, maar dat
hulle gerus ook binnelands moet kyk. Die seremoniële
opperhoof van die KhoiSan, Biskop Daniël Kanyles, was nie
teenwoordig nie en die hoofnar, van die kant van die
KhoiSan, was die opportunistiese Joseph Little, iemand wat
nie eers deur sy eie mense of die Regering erken word as 'n
stamhoof nie. Daar was nie 'n tekort aan ANC-regeringsamptenare
en hul lakeie nie. Dit gaan mos hopelik onder andere oor die
bruin mense wat nog nie heeltemal die lig gesien het nie. Daar
is historiese onwaarhede kwytgeraak deur en in die
teenwoordigheid van mense wat beter weet en ten spyte van 'n
magdom historiese inligting en navorsing.
Saam
met Saarjie Baartman het die nasate van die Khoi en San,
Afrikaans probeer begrawe en een spreker het selfs te kenne
probeer gee dat die taal van hulle voorouers gesteel is. Naspers
se Stephanie Niewoudt was vandag ook voor in die koor om
die nuwe naam Sarah Bartmann te gebruik en te sê sy is in die
volksmond bekend as Saartjie Baartman. Die begrafnis van
Saartjie Baartman wás toe uiteindelik 'n tragiese gebeurtenis,
veral ook vir die toekoms van die nasate van die KhoiSan.
boontoe
Ockie
van Schalkwyk, 20/06.2002: Groete uit die Sahara
Geagte gespreksgenote,
Daar is seker niks in die lewe wat mens se perspektiewe meer verbreed as reis nie. Elke keer wanneer ek die wêreld invaar, kom ek verryk terug. Hierdie keer is dit ook nie anders nie. Ek deel graag 'n paar gedagtes met julle.
Ek is altyd opgewonde soos 'n kind om Parys toe te gaan. Dit is 'n plek wat my baie na aan die hart lê. Ek kan my kwalik 'n meer romantiese stad voorstel. In die somer lyk die hele stad natuurlik soos 'n park met sy eeue-oue bome en blomme net waar jy kyk. Ongelukkig is dit ook die tyd van die jaar wanneer die hele plek swerm van Amerikaanse en Oosterse toeriste. Dis net massas en massas mense. (Soos die ou swart plaaswerker vir die boer gesê het op 'n vraag hoeveel mense hy in die stad gesien het: 'Hulle was banja, seker ek denk hulle was meer as 'n duisend'). My gebruiklike besoek aan die Notre Dame was hierdie keer dus 'n groot bron van frustasie aangesien daar letterlik honderde mense met flitsende kameras in die katerdraal was. Ek wonder of hulle al ooit die oorweldigende grootsheid van die katedraal beleef het wanneer daar net 'n paar besoekers in stilte daar sit en selfondersoek doen. Persoonlik dink ek dat die Notre Dame mens innerlik oorweldig en tot nederigheid dwing. Dit mag primitief en selfs ketters klink (die sensitiewes onder julle moet gou julle oë toemaak), maar buiten in die natuur, veral in die Drakensberge en op die oop see, beleef ek op geen ander plek die teenwoordigheid van my Skepper soos daar nie. As dit net nie nou vir die massas toeriste was nie.
As student van die mens en sy dinge put ek ook groot genoegdoening daaruit om op die treine en busse van Europa die mense te sit en dophou. Daar is 'n duisend verhale in die oë van mense opgesluit. Dit verstom my telkens hoe 'dood' die meeste mense voorkom. Hulle sit letterlik net en staar voor hulle uit. Geen glimlag, geen gelag, geen grappies, niks... Een oggend klim daar 'n vrou (ek vermoed sy is Viëtnamees) met 'n klein baba op die bus. Ek en die baba maak oogkontak en 'n groot hartseer kom oor my. Die baba sit ook net en staar. Selfs nie eens as ek vir hom glimlag of knipoog, verroer hy 'n spiertjie nie. Sy oë dwaal so van mens tot mens en ek nie help om te wonder wat in sy klein koppie aangaan nie. Is hy al klaar 'n slagoffer van die moderne beskawing se gereserveerdheid en isolasionistiese bestaan? Of is hy 'n slagoffer van ontheemding? Toe ek om my kyk sien ek dat daar maar enkele inheemse Franse sit. Die meeste kom van Frans-Wes-Afrika, Noord-Afrika en die Ooste.
Ek begin toe om die Wes-Afrikane dop te hou, en hulle lyk vir my toe na die mees gebluste siele in Parys. Ek verwys nie hier na die enkele intellektueles van die swart elite nie, maar doodeenvoudig na die gewone Afrikaan wat sy lewe moet uitkap deur vir McDonalds te werk duisende kilometers van die grond wat hom gebaar het. Alhoewel hulle Frans volledig magtig is, sal hulle sekerlik nooit tuis wees in Parys nie, om nie eens te praat van die res van Frankryk nie.
Ek dink die Algeryne, Tunisiërs en Marokkane vaar so 'n bietjie beter want die etniese en kulturele gaping is aansienlik kleiner. Maar tog, ek het een oggend 'n geselsie aangeknoop met die chauffeur van die Hilton wat my lughawe toe moes neem. Aanvanklik het hy ook maar stroef gelyk, tot ek vir hom vertel ek is daardie middag op pad Algerië toe. Onmiddelik het hy ontdooi en vir my vertel dat hy 'n Algeryn is. Ek sou dit nooit kon sê nie, maar hy was 'n Berber met 'n baie ligte velkleur. Ek vermoed hy het seker Franse bloed ook in hom. Toe hy boonop uitvind ek is van Suid-Afrika, was die ys letterlik gebreek. Die blote feit dat ons beide van Afrika kom het ons amper familie gemaak. Dit het amper gevoel asof ek by die huis is.
Ek het al 'n soortgelyke ervaring gehad met 'n Marrokaan in Abu Dabhi. Die arme ou was so bly om Frans te hoor, ons het gesels asof ons ou vrinne is.
Op die vlug tussen Johannesburg en Parys het ek ook 'n interessante ervaring gehad. Die mense wat langs my gesit het is Tswanas van Botswana op pad om vir hulle studentedogter in die VSA, St Louis van alle plekke, te gaan kuier. Aanvanklik was hulle baie formeel, styf en stil. Hulle kon seker aflei dat ek 'n Boerseun is en ons is nou maar eenmaal nie die 'flavour of the month' nie. Toe ek hulle vra waar hulle vandaan kom en ek met hulle begin praat oor hulle land en waar ek al oral in Botswana gaan uitspeel het, het hulle ook ontdooi. Ons kon lekker saampraat oor die Chobé, die Makgadikgadi-panne, Pandamatenga, bek-en-klou en op die ou end ook oor die malle Mugabe wat sy land oor die afgrond jaag. Later die aand het die vrou so 'n bietjie olik begin voel, maar alhoewel hulle wel berese is, het nie sy of haar man die selfvertroue gehad om die vlugkelner lastig te val nie. Ek het die hele aand agtergekom dat hulle benoud raak as hy verby kom en almal in Frans adresseer. Hulle was dus geweldig dankbaar toe ek hom vra om vir haar iets te bring. Ek dink in 3 ure is daar 'n aansienlike deel van hulle Boere-fobie afgebreek.
Dit bring my by 'n belangrike gewaarwording. Net soos wat mense aan hulle taal (en kultuur) behoort, en die taal aan hulle; net so behoort hulle aan hulle grond en die grond aan hulle; en net so behoort taal en grond ook aanmekaar. Afrikaners en die Algeryne het baie in gemeen. Albei volke se kulturele oerbronne kom van elders. Ons s'n van Europa, hulle s'n van die Arabiese wêreld en Europa. Albei van die volke is ook volledig van Afrika. Ons ken Afrika se ritme, Afrika se prag, Afrika se wreedheid. Ek dink ons en die Algeryne (en die Egiptenaars, Tunisiërs en Marokkane) ken en verstaan Afrika dalk beter as enige ander volke in Afrika, juis omdat ons nie net van die aarde se ritme leef nie. Ons kyk ook nie na Afrika deur 'n animistiese bril nie. Nee, ons het gepoog om Afrika te tem. Ons het gepoog om die plek leefbaar te maak en ons het geslaag waar geen swart volk dit nog reggekry het nie. Was daar al ooit hongersnood waar mense in hulle honderde duisende doodgaan in die Sahara of in Suid-Afrika? Dit is van die droogste dele van Afrika.
Wat is dus ons plek in Afrika? Ek dink die Afrikaner en Afrikaans is van Afrika se grootste bates. Ons kan met die grootste gemak tussen die Europese wêreld en Afrika beweeg. Ons is ewe gemaklik besig om 'n donkie te stook vir warm water in die Bosveld as wat ons in die Spieëlsaal van Versailles is. Ons behoort 'n sleutelrol te speel in die ontwikkeling van Suid-Afrika en ook van Afrika. Ons behoort betrokke te wees in die opstel van ontwikkelingsplanne. Ons behoort ten nouste betrokke te wees in onderhandelings en handelsooreenkomste met die Europese Unie. Ek het 'n Ier genaamd Jimmy op die vlug na Parys ontmoet. Hy werk vir die EU. Hy is gemoeid met die rehabilitering van dwelmverslaafdes. Dit is blykbaar 'n groot probleem in Ierland. (Ek en hy het mekaar dadelik gevind toe ons agterkom dat beide van ons nie veel ooghare vir die Engelse het nie.) Hy is ook 'n vrywilliger wat vir die EU as verkiesingswaarnemer optree. Die EU het blykbaar 'n groot tekort aan waarnemers met Afrika-ondervinding. Jimmy is amper 'n 'celebrity' by die EU omdat hy as student op 'n varkplaas in Bapsfontein gewerk het. Alhoewel hulle nie amptelik vergoed word vir hulle werk nie, kry hulle uitblytoelae van 200 - 300 Euro per dag as hulle in Afrika waarneem. Dis natuurlik belastingvry. Ek gaan kontak met hom behou en probeer om uit te vind of daar nie van ons jonges (studente en ander wat nie werk kry nie) kan waarnemers vir die EU word nie. 6000 Euro vir 'n maand se waarneming is nie te versmaai nie, en ons mense het mos Afrika-ervaring.
'n Interessante artikel in die jongste Time stel dat alhoewel die VSA die grootste militêre moondheid in die wêreld is, is die konstruktiewe krag wat die wêreld 'n veiliger plek maak, die Europese Unie. Die VSA beskik nie oor die vermoë om op enige ander manier as met oorlog vrede te maak nie. Hulle (en die Engelse) mag dalk geld en oulike speelgoed hê, maar hulle het die wysheid en emosionele ouderdom van drie- tot vierjariges.)
Wat die demoniseringsproses van die Afrikaner aanbetref; dit is nog net die BBC en SABC (en Naspers en Max du Preez) wat daarmee voortgaan. Dit is my indruk dat Europa nie eintlik meer veel sin daaraan het nie. Buitendien lyk dit maar na 'n tipiese Engelse oefening. Die Engelse is verantwoordelik vir amper elke volksmoord nog ooit gepleeg en nou staan hulle vlekloos en beskuldig die res van die wêreld, ons inkluis, van misdade teen die mensdom.
Ek kry die indruk dat die mense in Europa weet dat alle mense eintlik maar ewe skuldig en onskuldig is. Daar word op die oomblik vertel dat die Duitsers nooit die Jode sal vergewe vir Auchswitz nie. Hulle is natuurlik keelvol daarvoor om Auchswitz soos 'n Albatros om die nek te dra. Wanneer 'n Duitser kritiek lewer op die Israeliese regering: Auchswitz! Dit laat mens nogal dink of ons ook op 'n stadium gaan kom wat ons sal sê dat ons die ANC nooit sal vergewe vir apartheid nie. Kyk maar net: niemand durf waag om kritiek teen die ANC-regering uit te spreek nie, dan is hy 'n rassis. As ons aandring op Afrikaans in ons skole, dan is ons rassiste. As ons kwaad raak vir 'n taxibestuurder, dan is ons rassiste.
Nog 'n interessante artikel in Time gaan oor die situasie in Israel, en die politieke dinamika in sekere EU-kringe oor die saak. Dit kom basies neer op die volgende: Is Sharon skielik die verpersoonliking van boosheid en Arafat die 'edele goeie seun' wat heeltyd geboelie word? (Vergelyk die situasie met die ou NP en ANC, asook die Andrew Babele-saak in Vryburg, die sg. 'Pietersburg rugbyspelers', die jongste presidensiële pardon aan boeremoordenaars, die hantering van plaasmoorde deur die SA Media, veral Naspers ens.) Nee. Die hele politieke bewussyn in Europa word op die oomblik gedefinieër deur 'n sterk anti-kolonialistiese konsensus. Daar is dus 'n outomatiese kwantum van simpatie vir die wat hulleself verset teen vreemde oorheersing. Voeg daarby die Dawid vs. Goliat metafoor en jy kry 'n posisie wat beskryf kan word as 'n 'pro-Palestynse neutraliteit'. Miskien kan ons nog voordeel trek daaruit. Ons sal mos op 'n stadium onsself verset teen vreemde (lees ANC) oorheersing.
Ek merk 'n soortgelyke patologie op onder ons Afrikaanse joernaliste, onder andere Tim du Plessis, Max du Preez, Johan Vosloo, ag feitlik almal van hulle, wanneer dit by die verdrukking van die Afrikaner kom. Ek dink hulle het so lank vir die agtergeblewenes baklei teen die groot Afrikaanse boelie dat hulle emosioneel nie in staat is om die Afrikaner in die rol van die onderdrukte te sien en die ANC in die rol van die boelie nie. Ek dink dit saai groot verwarring onder hulle op die oomblik. Dit het dalk ook iets te doen met die feit dat mense baie lank neem om te kalmeer. Ek onthou ek het een keer 'n hond van my gefoeter omdat sy op my kar geklim het en my kar se dak ingeduik het. Vir weke daarna wou ek haar nog steeds net foeter as ek haar sien, of as ek in my kar klim, of as ek dink wat dit my gekos het om die skade te laat regmaak. Trouens, al het dit drie jaar terug gebeur en sy nie meer met ons is nie, is ek van voor af lus om haar te foeter.
Joernaliste is een ding, alhoewel daar weiniges is waarvoor ek wel respek het (soos met politici, onderwysers en predikante - Cassie, jy's wel een van die weiniges), weet ek ten minste die arme goed is gevangenes van hulle eie gefragmenteerde pogings tot werklikheidsvorming. Wat my heeltemal tot buite rede irriteer is die doen en late van ons sg. volksleiers. Neem nou maar die onlangse Bloemfontein-beraad. Ek is 'n redelik ongeduldige mens en dinge gaan na my sin heeltemal te stadig. Koos Kombuis het onlangs 'n nuwe CD die lig laat sien met die titel 'Equilibrium'. Een van die liedjies bevat die volgende woorde:
Jou CV is in Loopstraat
al die blaaie waai daar rond
dis jou hele lewe wat daar lê
maar jy fok rond en bont
al jou sondes en gewoontes
loop soos skuim af teen jou mond
jou guts is in 'n daggablaar
goedkoop wyn is ongesond
Haai, jy met die 'laanie' kar
stop gou hier, vat vyf
jou vrou het mos 'n kopseer
maar daar's 'n disprin in my lyf
my pyn lê agter make-up
maar vir nou is dit orraait
want die lewe is movie
en hy vat jou vir 'n ry
die oggend voel jy naar
en jou kouse is geleer
jy sou so graag jou ma wou bel
maar sy's gereformeerd
die rasta-man maak lekker
hy trek 'n liggie met die hand
dan sê hy dat jy mooi lyk
blink soos 'n optelrand
elke middag as jy opstaan
is jou bed klaar opgemaak
jou lewe is ou lipstick
langs 'n spieël, oud en gekraak
Die liedjie gaan eintlik oor die hartseer lewe van 'n prostituut, maar is vir my heeltemal van toepassing op ons volksleiers. Ek wonder hoe voel dit om jou volk in sy moer te stuur vir 'n liggie en 'n leë kompliment van die rasta-man.
(En nou raak ek weer heeltemal liries oor my taal en verlang ek my vrek na my vrou, my grond, familie en honde. Ek skryf hierdie gedagtes neer in Algerië terwyl ek my verlustig in die kunstige manier waarop Koos Kombuis en Amanda Strydom toor met my taal. Amanda sing: 'my asem gly deur my taal')
Ek deel hierdie week akkommodasie met 'n paar Russiese avioniese ingenieurs. Gawe mense, maar dis geweldig gevaarlik om met hulle te sosialiseer. Vanoggend het ek saam met hulle Wêreldbekersokker gekyk Dit was nog voor ontbyt en toe ek weer sien verskyn daar 'n bottel wodka, en 'n glas vir my ook. Hierdie manne is nie skaam nie. Dit lyk my mens drink wodka nie per sopie, maar wel per glas. Hulle drink dit ook nie slukkie-vir-slukkie nie. Glas vol, sluk weg, sit glas neer, glas vol, sluk weg, sit glas neer... So gaan dit aan tot die bottel leeg is. Ek het vinning spore gemaak toe daar skielik nog 'n bottel verskyn. Ek sal nog 'n plan moet bedink om nie anti-sosiaal voor te kom nie.
Van al die mense wat ek nou al in die wêreld teëgekom het lyk die Russe die meeste na ons Boere. Hulle kuier ook soos ons mense. Hulle lag en gesels soos Boere. Hulle trek ook nogal soos ons aan. Ek dink van al die mense in die wêreld waarmee ons 'n land moes deel het ons die minste in gemeen met die Engelse. Is dit nie veelseggend dat Afrikaanse en Engelse mense in Suid-Afrika na al die jare saam in Suid-Afrika maar op 'n beperkte skaal meng nie?
Ek en Cassie het so 'n tydjie gelede 'n gesprek gehad oor die identiteit van die Engelse Suid-Afrikaner. Dit wil voorkom asof hulle nie eintlik 'n etniese selfverstaan het nie. Nogal baie soos die Amerikaners. Dit laat my weer dink aan wat Dan geskryf het oor territoriale patriotisme. Dit moet seker vir hulle moeilik wees om Afrika te verstaan. Hulle taal sal altyd die taal van die kolonialis wees, en ek vermoed dat hulle Afrika altyd sal beleef as kolonialiste en setlaars. Kan die Engelssprekende swart Afrikaan werklik eg Afrikaan bly? Of word hy net 'n nuwe kolonialis?
Ek dink die ANC is besig om die Afrikane totaal te vervreem van Afrika met sy verengelsingsproses. Daarom is dit belangrik dat ons die stryd vir die behoud van Afrikaans nie verloor nie. Ek het weer bietjie nagedink oor die gesprek rondom die stigting van 'Die Universiteit van Kannaland' in Oudtshoorn, waarvan Breyten Breytenbach een van die argitekte was. Ek kan nie help om te dink dat dit 'n baie belangrike verwikkeling sou wees nie. Ek sou graag wou hê dat so 'n universiteit soos volg moet lyk:
Onderrig op alle vlakke in Afrikaans.
Noue samewerking met universiteite van Dietssprekende lande.
Ontwikkeling van Afrikaans as wetenskapstaal in paralel met die Dietse tale.
Blootstelling aan dosente en studente van Dietssprekende universiteite d.m.v. uitruilskemas.
Filosofie 'n verpligte vak vir alle studente ten minste tot op derdejaarsvlak.
'n Taal- en kultuursentrum waar alle studente moet kies tussen Frans, Duits en Spaans as verpligte vak.
'n Taal- en kultuursentrum waar alle studente moet kies tussen Zoeloe, Sotho en Xhosa as verpligte vak.
Klem op internasionale betrekkinge en kontemporêre politieke, maatskaplike en ekonomiese kwessies.
'n Verantwoordlike joernalistieke departement.
'n fakulteit vir Afrikaanse Onderwys.
Cantus!
'n Filosofiekafee.
Studente opgedeel in sindikate van agt lede van verskillende studierigtings en beide geslagte waar studente as deel van hulle studies 'n praktiese probleem moet oplos gebasseer op 'n behoorlike teoretiese agtergrondstudie. Hulle sal beoordeel word op grond van die kwaliteit en toepaslikheid van hulle navorsing, innoverende denke en uitvoerbaarheid van die plan, samewerking en ook finansiële implikasies. Sou die staat gemeenskapdiens vir studente verpligtend maak het hy natuurlik 'n groot bron van take en ook kundiges om van te kies. Die probleem moet natuurlik 'n daadwerklike probleem wees waarmee die staat sit.
Ek dink Oudtshoorn is 'n besonders geskikte dorp vir 'n universiteit en sou nie skroom om my kinders na so 'n universiteit te stuur nie. Ek dink nie ek is alleen nie. Net omdat die media en 'n paar prostitusionele volkleiers negatief op die moontlikheid van Kannaland gereageer het, beteken nie dat die proses moet stop nie.
Ek dink ek het nou genoeg geskryf om vir eers 'n bietjie te herkou.
Vriendelike groete vanuit 'n helwarme Sahara.
Ockie
boontoe
Johann
Wingard, 20/03/2002: Gesiglose nuwe Afrikanees?
(antwoord op Coen Botha)
Beste Coen,
In 'n groot mate moet ek met jou
saamstem. Dit was nog altyd my sienswyse dat mens baie
versigtig moet wees vir politieke partye wat stemme op
Afrikanersentimente wil verenig met die doel dat politici joppies
in die Kaap kan kry. Maar dit is my algemene
siniese stelling.
Ek het hierdie waarheid beleef toe
die Vryheidsfront se strategie van 'n Volkstaat, verander
het van politieke onafhanklikheid of selfs afgewaterde
selfbeskikking, tot ontwikkeling van 'n langtermyn
groeipunt by Oranië. Die stembus het die kiesers se mening
daaroor gelug.
Algaande begin die besef by mens
posvat dat daar benewens emigrasie, slegs drie politieke
keuses vir Afrikaners in hierdie land is:
- Om hulle uit die politieke
arena te onttrek, soos verreweg die meeste reeds gedoen het.
Hierdie mense moet dan nie kla nie, en alles vat wat na
hulle kan toe kom, of hulle moet hulle regte deur die howe
probeer afdwing, en daarvoor sien weinig kans voor.
- Om deel van 'n bestaande
politieke party te word waar die Afrikaners as 'n
gefragmenteerde minderheid binne sulke partye hulle aan
die wil en prioriteite van daardie partye moet onderwerp.
In so 'n geval word hulle doodeenvoudig geko-opteer en kan
hulle as 'n minderheid weinig vir Afrikanerbelange doen. Die
Vryheidsfront se grondwet wat op 'n newelagtige
toekomstige volkstaat fokus en stil is oor
kultuurbeskerming, is die oorsaak waarom daardie party sy
geloofwaardigheid ingeboet het en die AEB se fokus om
versoening tussen Afrikanerpartye te bewerkstellig is ook
nie juis 'n radikale aansporing vir Afrikaners om hulle in
groot getalle daarheen te wend nie. Opposissiepartye soos
die DA tree afbrekend op en Afrikanerlede doen lustig
daarmee saam, en aan regeringskant verloor Afrikaners steun
van vriende en familie deurdat hulle as enkelinge met die
ANC/Kommuniste Alliansie heul.
- Om 'n nuwe politieke party te
stig wat spesifiek op beskerming van Afrikaners se
kultuurbelange, insluitend sy taalbelange ingeskerp is en om
minstens anderhalfmiljoen stemme op hom te verenig sodat hy impak
op die politieke toneel kan maak. Die
onderliggende filosofie sal Ayn Rand se "creative
minorities" (The Fountainhead) wees waarin die rol van
daardie minderhede uitgelig word as enjinkamer van elke
vorige beskawing. Die radikale en byna arrogante
siening moet wees dat Afrikaners met reg daarop
aanspraak maak dat hulle 'n skeppende minderheid is en
dat hul nuwe party die gesamentlike talente van daardie 'aristokrasie'
wil aanwend ter ontwikkeling van die hele Suid-Afrika,
dat die party daardie minderheid weer in die hoofstroom van
die Suid-Afrikaanse politiek wil inbring, dat dit spesifiek
daardie skeppende minderheid se plig is om te verhoed dat
Suid-Afrika tot 'n tweede Zimbabwe sal verkrummel.
Hierdeur kon hulle selfs 'n koalisie (op gelykwaardige basis,
dws 50/50) met enige groter groep, soos COSATU, IVP,
ANC, of selfs ander dergelike etniese partye of
groeperings vorm, selfs om ook deel van die land se
leierskap te wees. Maar dit sal op die nuwe party se
voorwaardes van beskerming van kultuurregte ens. wees, asook
'n reoriëntering na die westerse waardestelsels, weg van
die van Afrika wat ons land nog gaan vernietig! [Lees
my nuwe essay 'Strategiese flaters' op die webblad in
hierdie verband. Dit sal seker binne die volgende dag
of twee daar gepos word, maar ek heg dit solank hierby aan]
Die doel van laasgenoemde nuwe
party moet nie net wees om beledigende en afbrekende
opposissieparty politiek te speel nie, maar om konstruktief,
positief, verantwoordelik en gesaghebbend op te tree in belang
van die vaderland. Die enigste voorwaarde is dat dit 'n
geloofwaardige party sal wees met geloofwaardige leierskap,
onbeskaamd en onbeskroomd verteenwoordigend van
Afrikaners se geestesgoedere, asook die van ander kiesers wat
dieselfde waardes en kultuur of visie met hulle wil deel.
Onthou Coen, taalaktivisme staan vierkantig in die
politieke arena en moet met politieke mag geveg word.
Coen, sal jy deel van so 'n
beweging wou wees, of sal jy verkies om by die DP as 'n
gesiglose Afrikaner in te val en niks te vermag behalwe
om te skree nie, of om stil-stil as 'n gesiglose
'nuwe-afrikanees' getransformeer te word?
Johann Wingard
boontoe
Coen
Botha, 20/03/2002: Enklawe-politiek is uit pas
Elke mens en elke kultuurgroep
behoort 'n regmatige plek in die samelewing op te eis.
Só hoef die Afrikaner ook geensins nederig hond te wees
nie, maar volle burger en volledig kultuurmens. Die tyd is
ook ryp om mense wat dink dat hulle heersers is, aan
die verstand te bring dat hulle net 'n regering is, dat
respek vir alle tale en kulture nie net 'n reg is nie, maar
'n sleutel tot nasionale sukses. Om dit opbouend te vermag,
skyn so 'n hopelose taak te wees dat dit 'n mens
versaag. Maar volharding moet vrug dra.
Om ons taal en
kultuur 'n aanwins te maak vir die breër gemeenskap
klink vir my na 'n vrugbare benadering ter handhawing en
bevordering daarvan. Nie dat relletjies vermy moet word
nie, klipkoppe en komitees reageer net op dwang.
Om enklave-politiek te bedryf is
egter uit pas met die kragte wat ons tyd oorheers. Dit
gaan daarom teenproduktief wees. Polarisasie-politiek is nog
minder gepas, veral as jou mag beperk is.
Daarom hoop
ek hierdie Brandfort-konsert loop op niks uit nie.
Ek het al genoeg wysheid in my lewetjie bekom om te weet dat
planne van hierdie aard, tensy dit vroeg platval, haat en
nyd baar. Die uiteinde daarvan is oorlog of
verwerping. Verwerping is in die lig van omstandighede
die oorheersende moontlikheid. Deur Afrikaans as
voorwendsel te gebruik in hierdie politieke
bejag, word ons taal blootgestel aan erge risiko.
Coen Botha
boontoe
Chris
de Lange, 18/03/2002: Afrikaanse rekeninge asseblief!
Die Stadsklerk
Posbus
195
LADYSMITH
3370
Meneer
AFRIKAANS OP REKENINGSTAAT
Hierdie is kopieë van briewe wat ek op 21 Maart 2001 en 18
November 2001 aan u geskryf het:
21 Maart 2001:
Hierdie
is nou die soveelste maal dat ek versoek het dat ek my rekening
ten volle tweetalig wil hê. Hoe is dit moontlik dat dit so
moeilik is om aan 'n eenvoudige versoek te voldoen? Die
rekeningstaat waar die betaaldatum aangedui word, word slegs in
Engels en isiZulu aangegee – indien dit in hierdie twee tale
gedruk kan word, wat sou die rede wees waarom dit nie ook in
Afrikaans gegee kan word nie?
Die
meeste van die inligting op die rekeningstaat is wel in
Afrikaans waarvoor ek dankbaar is, maar die gedeelte onderaan
waarin die betaaldatum genoem word, word slegs in Engels en
isiZulu gegee. Waarom nie ook in Afrikaans nie? Hoe is dit
enigsins moontlik dat dit ‘n probleem vir die rekeningafdeling
kan wees om dit ook in Afrikaans weer te gee? Ek het dit reeds
tientalle kere vir u vertaal indien die probleem dalk sou wees
dat daar niemand is wat dit kan doen nie. Dit sal ‘n
rekenaarkundige nie meer as 2 minute neem om die rekenaar so te
programmeer om ook die Afrikaans in te voeg nie.
Na
vele skrywes, notas en versoeke om hierdie inligting op my
rekeningstaat ook in Afrikaans te sien, het ek nou nog steeds
geen terugvoering in die vorm van ‘n brief of nota ontvang
waarin u verduidelik wat die toedrag van sake is en waarom nie
aan my versoek voldoen kan word nie. Hieruit kan ek slegs aflei
dat die naam van die Ladysmith Munisipaliteit gevoeg kan word by
die al langerwordende lys van besighede en instansies wat
negatief teenoor Afrikaans en -sprekers ingestel is.
Ek
betaal met geld wat deur ‘n Afrikaanssprekende verdien is, dit
word in Afrikaans aan u gestuur en die minste wat ek verwag is
dat my taal erken en eerbiedig word. Ek vertrou die saak sal nou
binnekort reggestel word.
Nog
nie een keer het ek enige terugvoer op my versoek gekry nie –
nie eens om te probeer verduidelik waarom dit nie gedoen word
nie. Lei ek reg af dat u nie 'n antwoord het
nie?
18 November 2001:
Ek
het daarna 'n brief vanaf die Munisipaliteit gekry waarin ek
meegedeel is dat die rekenings “vooruit” gedruk word en dat
die inligting reeds slegs in Engels en isiZulu op die rekenings
verskyn. Dit klink nie vir my korrek nie, want elke rekening het
verskillende datums op wat van toepassing is op die betrokke
maand, maar dit nou daar gelaat.
Hierdie
brief is net weer om u daaraan te herinner dat u onderneem het
om “sodra die bestaande rekeningvorms opgebruik is”, die
nuwes ook met Afrikaans sal gee. Die jaar is amper verby en ek
verwag dat die Munisipaliteit hierdie belofte gestand sal doen.
Ek
versoek dus weer eens dat ek asseblief my rekening ten volle in
Afrikaans wil hê en dat die saak – soos belowe – nou eens
en vir altyd opgelos kan word.
Ek is amper 'n jaar gelede per brief beloof dat die saak van
Afrikaans onderaan die rekeningstaat aan die begin van 2002
reggestel sou word – ons is reeds in Maart en die rekenings
word nog steeds met slegs Engels en isiZulu onderaan die state
uitgestuur.
Weer eens, ek is bereid om die eenmalige vertaling gratis te
doen – al wat die rekenaaroperateurs by die munisipaliteit
moet doen, is om die rekenaar se rekeningtemplaat
dienooreenkomstig aan te pas.
Aangesien hierdie saak geen aandag by die plaaslike raad
geniet nie, word 'n afskrif van hierdie brief weer eens aan
Raadslid Rienus Niemand gestuur.
Verdere afskrifte word ook aan Dr Dan Roodt gestuur wat die
saak verder sal voer, onder andere om die PANSAT van die toedrag
van sake te Ladysmith in te lig.
Die uwe
Chris
de Lange
boontoe
Roger
Bryssinck, 24/02/2002: In het aanschijn van evidente
onzin...
Allen,
Dat de waarheid kwetst, is een oude
waarheid. Ik kwets ongaarne, maar in het aanschijn van evidente
onzin, voel ik mij gerechtigd het toch te doen.
Toen de Europeanen Centraal- en
Zuid-Afrika begonnen te koloniseren, werden zij
geconfronteerd met een autochtone bevolking die niet eens het
wiel of het schrift uitgevonden had. Was dat die hoogontwikkelde
Afrikaanse beschaving?
Wat is sindsdien de bijdrage geweest
van de Afrikanen tot de welvaart van het mensdom? Waar zijn de
Afrikaanse technologische uitvindingen? Waar blijven de grote
filosofische, medische, opvoedkundige, organisatorische,
wetenschappelijke contributies van zwart Afrika? Zwart Afrika
heeft oneindig veel meer vernietigd dan dat het heeft opgebouwd.
Dat elk menselijk optreden gepaard
gaat met onrecht, is geen exclusiviteit van Europeanen. Maar het
minste wat je van Afrika mocht verwachten, is erkentelijkheid
voor de westerse erfenis. Wie heeft van Zuid-Afrika het
belangrijkste economische bolwerk van het continent gemaakt?
Heeft iemand daarvoor ooit een zwart bedankje gekregen?
Tot slot nog dit: De grootste
welvaart zit in het vrije Westen. Daarom hebben landen als Japan
en Signapore met groot succes die weg naar welvaart gekozen.
Waarom Afrikanen koste wat het kost zich blijven richten op een
Afrikaanse oplossing, is mij een raadsel.
Met vriendelijke groet,
Roger BRYSSINCK
boontoe
Johann
Wingard, 24/02/2002: Christokrasie, 'n nuwe sekte?
Beste Gerrit Brand
en Johann Rossouw:
Kan
julle ingeligte manne ook hierop kommentaar lewer,
asb. Julle is bekend met Andries Lombaard et al se
Christokratiese beweging as voorgenome regeringstelsel vir die
"Boerevolk" soos hy dit stel.
Ongelukkig het ek 'n
waarde oordeel op sy poging gedoen en as 'n nuwe sekte afgemaak
en dalk is ek heeltemal verkeerd. Calvyn se pogings tot 'n
Christokrasie in Genève in 1540 was 'n mislukking en hy en
sy mede hervormers is uit die stad geboender vanweë die
onderdrukkende aard van sy Christokrasie.
Ek sien werklik nie
kans om betrokke te raak by 'n gesprek waar alles uit die Bybel
aangehaal en bewys word nie - dis 'n gesprek vir teoloë en nie
vir gewone aardse wesens soos ek nie.
Hier volg die
jongste korrespondensie waarna ek verwys vir kommentaar:
Johann Wingard
Korrespondensie:
Beste Andries,
Jy skryf soos volg: "Ons
hoop om een "volkskerk" hieruit te laat ontspring
waarbinne die volksowerheid volksadministrasie sal behartig.
Hierdie liggaam sal bv. huwelike voltrek en ontbind, geboorte en
sterftesertifikate uitreik en uiteindelik die volksadmin.,
statistiek en belasting ontstrengel van die SA staat.
Om onderskeid tussen 'kerk' (kurios oikos - Grieks vir
die instansie kerk) en 'gemeente' (ekklesia - Grieks
vir 'popular assembly,' wat in Handelinge beslag gekry het en
later vervorm het na 'kerk' as afgeskeide instelling naas die
staat), sal dit eerder 'n regerende volksgemeente wees.
[ Hier skei ons weë. Tot dusver
was ek nog saam met jou, maar jy het my nou agtergelaat deur
drie begrippe saam te skommel wat nie saam hoort nie, naamlik
Christelike Volksregering; elk met ‘n eiesoortige aard en
gevoelswaarde. Dis om onmengbare media soos olie, water en sand
in ‘n homogene oplossing te wil verkry. Deur hard te skommel,
kan mens ‘n tydelike emulsie met die sand in suspensie kry,
maar sodra die skommel ophou, segregeer die drie media. Dis nie
standhoudend nie en gaan gepaard met baie inspanning en konflik.
Die drie wil nie meng nie.
Regering gaan oor uitoefening van
mag, waarvan die wese politiek is, oftewel, die kuns van die
moontlike, waar elke optrede daarop gemik is om aan bewind te
kom en te bly. Op hierdie terrein sneuwel die waarheid dikwels
en val groot name soos seders. Hoewel my stelling groot
ontsteltenis mag uitlok, is Politiek en Christenskap moeilik
versoenbaar in die praktyk, omdat mense nie engele is nie. Om
‘n Christelike etiek as onderbou vir jou regering te hê is
wel moontlik en wenslik, maar om Christus se leerstellings in
die politieke wêreld in te bring en in wetgewing te wil
handhaaf sal slegs moontlik wees in die hemel, in ‘n gemeente
van Engele.
Christelikheid het ons vroeër
bespreek en is handelinge op ‘n verhewe vlak van innerlike
oortuiging en optrede, met Christus as middelpunt. Volk is weer
heeltemal ‘n ander begrip, naamlik ‘n groep mense wat tot
‘n eenheid gebind is deur taal, afstamming, woonstreek,
ideologie, ens. Volgens jou moet mens dus ‘geloof’ ook aan
die einde van die vorige sin voeg. Dit is ‘n nuwe omlyning van
‘n volk, wat verder verklein word sodat slegs mense wat met
jou saamstem aan daardie volk kan en mag behoort.]
Jy gaan
verder: "Ons benadering sal wees dat die rusdag nie óók
die dag van byeenkoms kan wees nie. Sondag sou 'n ideale
volksbyeenkomsdag wees, dus kan visvang deel van die rusdag
wees, wat op enige ander dag kan val. Die huidige 5-dag werkweek
leen Saterdag ideaal as rus-/gesinsdag."
[Sodoende gaan jy die
gemeente, oftewel die volk, op ‘n eiland afsny van die
buitewêreld. Wat gaan gebeur as ‘n gemeentelid nie hiermee
wil saamgaan nie? Gaan hy gestraf word? En dan kom ek by die
grootste probleem van alles: Wat word van mense en familielede
wat nie met hierdie bedeling wil saamgaan nie? Word hulle
verwerp, of bloot onderwerp soos in vorige eeue?]
Andries, die volgende is nie vir
my lekker om te sê nie, maar ek het geen ander keuse nie: Julle
is besig om ‘n nuwe sekte te ontwikkel en om goedgelowige
kinders van die Here in ‘n oneindig lang tonnel in te lei,
‘n tonnel na nêrens nie. ‘n Verstommende onwerklikheid
gebaseer op ‘n afgeleefde ideologie wat oor die eeue
uitgefaseer is en miljoene lewens gekos het en wat nou weer as
die redding van die ‘Boerevolk’ aangebied word. Deur
Godsdiens met regering te verbind en dan nog verdere met die
term ‘Boere’ te vervleg en om daarmee die politieke terrein
te betree, is om politiek reg binne in die gemeentes in te
bring. Dis om mense se trou aan God te beproef deurdat daardie
trou ook terselfdertyd aan sy regeringskandidaat, wat Christus
sal verteenwoordig, verskuldig te wees.
Hierdeur verheerlik ek nie die
volk nie en wil ek nie slegs die volk dien soos Dawie suggereer
nie. Ons moet God dien midde in die aardse bestel waar ons
ons bevind en ophou drome droom van 'n onwerklike utopie. Mens
moet tussen gewone mense werk waar hulle ly en waar
hul noodkrete daagliks sterker word!
Groete
Johann Wingard.
boontoe
Karin
Roodt, 24/02/2002: Bewaring nie deel van Afrikatradisie
Gerrit,
Ek laat dit aan Steven
Roper oor om sy standpunt uiteen te sit. Omdat ek nie
omgee om van my mede-poslysers te verskil nie - dis hopeloos te
vervelig om altyd saam te stem - sal ek daarom van jou verskil.
Na my mening beaam
Steven wat Leendert reeds uitgewys en betreur het, naamlik dat
bewaring nie deel uitmaak van die Afrika-tradisie nie. Dit
waarvan jy Steven beskuldig is eintlik Ogunronbi en Vorster se
probleem. Vir hulle is daar geen kulturele wisselwerking
tussen wit en swart nie. Maar hoe lyk die grys gebied?
Behalwe Portugese
handelaars in die 16de eeu wat byvoorbeeld ivoor-messegoed laat
maak en versamel het in ruiltransaksies, is daar min artefakte
van die 18de en vroee 19de eeu uit die Niger-delta, toe
slawehandel in volle swang was. Slegs met die koms van
Westerse vorme van administrasie en ook om fondse vir sendelinge
in te samel, is beeldhouwerke weer na Europa en Brittanje
gebring en is dit gedoen uitsluitlik om die 'heidensheid' van
die stukke uit te wys en wenslikheid om swart mense te kersten
te beklemtoon. Werklike antropologiese opnames is eers
weer in die laat 19e en 20ste eeu hervat na die eerste
baanbrekersendeling-verslae van die 17de eeu.
Ogunronbi meen dat
'those tourists who come to Africa and return to the West as
social anthropologists' 'n beter wanvoorstelling gee van
Afrika. Boas se onderskeid tussen representatiewe en
simboliese kuns in sy werk The Decorative Art of the
Indians of the North Pacific Coast of America, 1897, het
dit egter moontlik gemaak om wat voorheen 'n antropologiese
studieveld was, binne 'n kunsteoretiese raamwerk te plaas.
Ek is nie seker of hy bedoel dat Boas verkeerd was om inhoud
ondergeskik aan tegniek te maak nie, maar binne die konteks
van Ogunronbi se brief dink ek die moontlikheid is weglaatbaar
klein.
Verder het die volgende my ook
opgeval: 'Missionary zeal and the outcomes of the
colonialists' work in Africa are [...] not worthy of
celebration by real humans'. Daarmee diskwalifiseer
Sunday Ogunronbi homself, want nie alleen in die Niger-delta
nie, maar oral elders in Afrika is die invloed van Islam en
die Christendom onlosmaaklik deel van Afrika-kuns. Baie
meer ter sake is waarom ontdekkings van artefakte, sommige tot
3000 vC, van die oorspronklike inwoners, die Nok, nie
aanvanklik deur die huidige inwoners van die delta as hul eie
beskou is nie.
Miskien bied Chinua Achebe in sy
roman, The Arrow of God, 'n verklaring deur te verwys
na 'n kosmologie mbt maskers wat vir Westerlinge ontoegangklik
is. Die vraag is nou waarom Ogunronbi, post hoc
propter ergo hoc, die klassieke logiese denkfout maak om
te wil beweer dat sy voorvaders se mening bo die van Vorster
se eie moet geld.
Karin.
boontoe
Dan
Roodt, 23/02/2002: Repliek aan Willie Burger in Beeld
Dit verbaas my dat Willie Burger,
wat professor in Afrikaans is, Afrikaners se goeie reg om Engels
teenoor mekaar te besig, verdedig. Daarenteen het ek hom
byvoorbeeld nog nooit gesien briewe skryf oor die toename
in Engels aan Afrikaanse universiteite, of Minister Kader Asmal
se voorneme om sulke instellings nog verder te verengels nie.
Ek vra my af of C.M. van den Heever, Van Wyk Louw of Opperman
ooit gesien is waar hulle die gebruik van Engels ten koste van
Afrikaans voorgestaan het? Dat ons Afrikaanse
professore nou so anglofiel geraak het! O tempora, o
mores!
Benewens ad hominem-opmerkings
waaraan ek my nie gaan steur nie, bevat Burger se brief 'n
hele paar wanvoorstellings. In die eerste plaas is
dit nooit in die uitnodiging na die gespreksaand gemeld dat dit
in Engels sou plaasvind nie. Hierdie uitnodiging is
volledig in Afrikaans uitgestuur, en ook die titel van die
lesing was in Afrikaans. Vandaar dan my ligte verbasing
dat daar skielik, soos ek dit gestel het, op't Ingels weggeval
is voor 'n uitsluitlik Afrikaanse gehoor, op 'n enkele
tweetalige uitsondering na. Indien dit 'n kosmopolitiese
gespreksgroep was wat al om die beurt in 'n ander taal vergader,
met bydraes in Portugees, Grieks, Zoeloe of Duits, dan moes dit
seker vooraf so aangekondig gewees het?
Trouens, een van my besware teen
sekere Afrikaanse akademici se "Engels, alles
Engels"-houding, is juis dat hulle eng, stiksienig en
koloniaal is. Die trotse tradisie van veeltaligheid en
kosmopolitisme van vorige Afrikanergeslagte wat Duits, Frans,
Nederlands, Spaans en ander tale gelees het, daaruit aangehaal
en vertaal het, is besig om verlore te gaan ter wille van 'n
armoedige anglosentrisme. Die luiheid en fasiliteit om uit
Amerikaanse of Britse kommentators aan te haal, eerder as om
tekste in die oorspronklike taal te gaan lees, het oorgeneem en
die studie van Europese tale het in ons land 'n laagtepunt
bereik.
Om dus soos Burger te beweer dat ek
een of ander Afrikaanse narcisme voorstaan, is eenvoudig
vergesog. Feit is dat mnr. Hattingh hom volledig skuldig
gemaak het aan hierdie armoedige anglosentrisme, en ek staan by
my punt dat sy voordrag gewemel het van fonetiese en ander
foute. Miskien het taalstandaarde aan die Rand Afrikaans
University al so ver gedaal dat mense nie meer agterkom watter
vrot Engels hulle met mekaar praat nie, maar as iemand wat in
die goeie ou dae aan Wits gestudeer het, kan ek Burger verseker
dat dit vir 'n spreker van standaard-Engels 'n lagwekkende en
onegte vertoning was. Mnr. Hattingh behoort vir Engelse
lesse te gaan, en as hy werklik Foucault en die tradisie waaruit
hy skryf, wil verstaan, behoort hy eweneens in te skryf vir
Voorbereidende Frans.
Mense ken my as 'n hoflike en
beskaafde mens. Mnr. Hattingh het my agterna om verskoning
gevra vir sy eie reaksie wat veel heftiger was as my eie.
Nietemin verstaan ek dat Burger meen dat 'n aandrang op
Afrikaans op sigself onbeleefd en "arrogant" is, en
dit is eintlik waarvoor hy en Cecile Cilliers my verkwalik. Hy
is korrek as hy vermoed dat Afrikaans besig is om uit te
sterf vanweë Afrikanerhoflikheid, maar daarby kan hy ook voeg
Afrikanerlamsakkigheid, -jellievisagtigheid, -papbroekigheid,
-jansalieagtigheid en 'n fietarige bewondering vir alles wat
Engels is.
Dan Roodt
boontoe
Johann
Wingard, 22/02/22: Afrikane en Afrikaners
Beste Dan,
Weereens het jy jou saak kripties
dog deeglik gestel. Miskien moet mens die Nuwe Patriotte
daaraan herinner dat die term Suid-Afrikaner vinnig besig
is om te verval en deur African vervang te word.
Binnekort gaan South Africans net witmense wees wat nie
Africans of Afrikaners is nie.
Mbeki se Afrikanisering, asook sy
Afrika-renaissance en Afrika-Unie is besig om ons
landsgrense te vervaag en om Suid-Afrikaanse patriotisme te
vervang met 'n Afrika-trots. 'n Afrikaner kan regdeur
Afrika 'n Afrikaner wees en bly. Dalk kon jy hierdie
tema verder ontwikkel as deel van die gesprek waarna jy hulle
uitnooi. DWARSKLAP kon 'n goeie forum daarvoor wees.
Groete,
Johann Wingard.
boontoe
Paul
Alberts, 22/02/2002: Praaglys laat my hart warm klop
Geagte Dan
Dankie dat jy my op die
Praag-kontaklys geplaas het. Op Brandfort kry ons daagliks Die
Volksblad te lees, en siende dat ek geen bewonderaar van
Nasionale Pers is nie, is dit dikwels maar bedroewende
joernalistiek waaraan ek blootgestel word. Sondae kry ons net
Rapport te lees, en ek is nou op die punt waar ek hierdie
sensasionele koerant my huis gaan verbied soos ek lankal met Die
Huisgenoot gedoen het. Dit was weliswaar lank voor jou geboorte,
maar daar was in ons Afrikaanse geskiedenis 'n tyd toe geen
Afrikaanse skrywer daaraan kon dink om te debuteer alvorens hy
nie in Die Huisgenoot gepubliseer het nie. As ek daaraan dink en
ek beskou Die Huisgenoot van vandag dan wil ek ween!
Wat ek vanoggend alles kon lees,
het my Afrikaanse hart warm laat klop.
Paul Alberts
boontoe
Dan
Roodt, 22/02/2002: Uitnodiging tot debat oor
Boekehuis-insident
Beste Danie, Kas, Johann W. en
ander poslyslede,
Vir my is die ontstellende van
hierdie soort episodes waar mense dit as "neutraal"
sien om eenvoudig voor 'n Afrikaanse gehoor op te staan en met
jou swaar Afrikaanse aksent, of watter aksent dan ook al, jou
praatjie of referaat in Engels te lewer, dat kennelik niks van
wat oor die afgelope twee, drie jaar in Afrikaans geskryf is oor
die taalkwessie, ingang by hierdie mense gevind het nie.
Om nie te praat van alles wat daar in Afrikaans geskryf is
sedert 1875 nie!
Iewers het 'n vrou in 'n koerant
geskryf, so 'n jaar of twee gelede, "Ek kan nie verstaan
hoekom gaan almal so aan oor die taal nie, want die Bybel is mos
in Engels ook vertaal?" Cecile Cilliers se diskoers
is 'n halwe graad hoër as dit, maar as die Evangelie ewe goed
deur Engels verkondig kan word, waarom is die Bybel dan ooit in
Afrikaans vertaal? As 'n mens daaraan dink, hoekom is die
Bybel ooit in Engels vertaal en nie maar in Hebreeus en Grieks
gelaat nie? Waarom het die sendelinge die moeite gedoen om
grammatikas vir die swart tale te ontwikkel, as dit genoeg was
om maar net harder te preek in Engels totdat mense begin
verstaan?
Aan die ander kant vermoed ek dat
daar 'n hele klomp swygende skeptici is wat nie die moed het om
in die openbaar met die Tweede Rebellie (NAB klink vir my te
veel soos Engels vir sakkerollery) swaarde te kruis nie, en
onderlangs tussen mekaar brom en skinder. 'n Hele paar
lede van RAU se filosofiedepartement was ook teenwoordig by
Boekehuis, en ek het geen ondersteuning uit daardie oord gekry
nie. Inteendeel, blykbaar het die kritiek op metataal nog
nie die Rand Afrikaans University bereik nie, want daar was
bloot tekens van ongeduld dat die referent nou moet
"aangaan" en dat ons tydmors met 'n geredekawel oor
die taal waarin dit aangebied word. So-iets is mos nie
belangrik nie.
Wat vir my die toppunt is, is dat
sommige mense - soos dit deur Cecile Cilliers ook gestel word in
haar rubriek - hulself beroep op die "goeie reg van die
redevoerder om sy eie taalkeuse uit te oefen". Dit is
van dieselfde aard as die "goeie reg van die Engelse
kind" om aan 'n Afrikaanse skool sy onderrig in die taal
van sy keuse te ontvang, terwyl ons weet dat die omgekeerde
natuurlik nie geld nie.
Kennelik is daar mense wat voel dat
my intervensie by die Boekehuis (moet ons dit voortaan
"Bookhouse" noem?) ongevraagd was, maar dan dink ek
nie hulle moet op Moedertaaldag wegkruip agter Moeder
Cilliers se rokspante nie, en eerder self hul standpunt vir
Metataal Engels stel.
Omdat dit binne die konteks van 'n
filosofiese gesprek plaasgevind het, dink ek die hele
aangeleentheid verdien, om nou weer eens saam met Cecile
Cilliers te praat, "om met 'n bepaalde diepgang gestimuleer
te word," iets wat "nie net nodig is in hierdie stad
nie, maar essensieel, sou ek dink."
Is daar dus enige van ons anglofiele
vriende daarbuite wat sou omgee om vir ons te kom verduidelik
waarom die wysbegeerte wat C.M. van den Heever, Van Wyk Louw,
Marthinus Versfeld et al reeds dekades gelede met groot sukses
in Afrikaans bedryf het, nou nie meer op dié wyse gevoer kan
word nie?
Ek herinner my ook so 'n agtien
maande gelede dat Johan van der Walt, insgelyks 'n RAU-filosoof,
wat ook in die gehoor was ten tye van die Boekehuis-insident,
dit aan my gestel het dat hy 'n "Suid-Afrikaner is, maar
geen Afrikaner nie". Hierdie kriptiese aanmerking het
my sedertdien geïntrigeer, en ek kom agter dat daar ander
voorstanders van so 'n teorie is, want nie te lank gelede nie
het beide CC se suster, Madeleine van Biljon en my goeie vriend
Tobie Cronjé, die akteur, op RSG met dieselfde geheimsinnige
nonchalance beweer dat daar nie eintlik meer iets soos "die
Afrikaner" of "die-Afrikanerbesigheid" bestaan
nie.
Duidelik is hier spore van 'n
ondergrondse etnies-filosofiese beweging wat veld wen terwyl ons
in ons naïwiteit glo dat 'n redelike aantal mense al daarvan
oortuig is dat Afrikaners en hul taal geregtig is op
voortbestaan in hierdie land waarvoor hulle al so baie gebloei
het in allerlei oorloë en aanvalle.
Daarom sou dit myns insiens vir ons
almal interessant wees indien lede van hierdie kontra-beweging
wat tans nog in sy stille "ondergedoke" - indien die
Neerlandisme my verskoon sal word - fase verkeer, vir ons almal
kan kom verduidelik wat hulle onder die term
"Suid-Afrikaner" verstaan, asook hoe presies die
"Engelse metataalteorie" daar uitsien. 'n Mens
kan Franse denke beter in Engels verstaan as in Afrikaans, of
miskien selfs beter as in Frans, lyk dit my.
Omdat Beeld die uitnodiging tot 'n
filosofiese debat oor die kwessie aan die einde van my brief
uitgelaat het, wil ek dit hiermee dus herhaal: sou
Herselman Hattingh, asook enige van die ander aanwesiges by
Boekehuis, of enige ander persoon wat gekant is teen die gebruik
van Afrikaans as medium vir die wysbegeerte, asseblief vir ons
hul standpunt kom stel? Ook die Nuwe Patriotte, waarvan
Willie Esterhuyse kennelik 'n lid is, wat voel dat die nasie
rondom die begrip "Suid-Afrikaner" gebou behoort te
word, kan gerus van hulle laat hoor. Miskien is ek te
onnosel, ook in die Middel-Nederlandse sin van
"onskuldig", om te begryp wat bedoel word met
"Suid-Afrikaner", maar ek sal dit waardeer as Johan
van der Walt of enigiemand anders ons kortliks hieroor kan
inlig. Met "diepgang", want die stad, nee die
nasie, het dit nodig.
Dan Roodt
boontoe
Danie
Goosen,22/02/2002: Herselman Hattingh-prys vir
geradbraakte Engels.
Dan,
Die dinge wat jy vanoggend in Beeld
laat gebeur, is uitstekend. Elke jota en tittel daarvan
voortreflik. Moet ons nie die Herselman Hattingh-prys aan
Afrikaanse akademici uitryk wat op die mees geradbraakte
Engels Afrikaanse gehore toespreek nie?
Danie Goosen
boontoe
Johann
Wingard, 07/02/2002: Letter to the Pretoria News
The Editor,
Pretoria News,
Dear Editor,
I refer to Mathatha Tsedu's note yesterday in Pretoria News
under the heading: Name changes are inevitable.
He complains that after eight years into black rule, the country
is still characterised by statues of invaders on horse back.
He also complains that some citizens want to cling to the past,
whilst the new government is promising a new future, a future of
being an 'African' country. He then complains about the
non-African surroundings in which parliament finds itself and
which does not portray the African character of the country etc.
Mr. Tsedu's statements are typical
of the one-dimensional view many of the black elite have of
the country. In their view only those Negroid-Africans,
whose forefathers came from Central, West and East Africa, a few
hundred years ago, are African. The fact is that there are
more than 7 million non-Negroid Africans in South Africa, whose
forefathers came from India and other Oriental countries, North
Africa and Europe. They are as indigenous to South Africa
as the other variety. They are citizens of the country,
proud of its heritage and willing to help to build a better
future for everybody.
Names of towns founded by Afrikaner,
Sotho, Venda and other peoples, for instance, provide
ethnographic and linguistic evidence of a region’s historical
development, however the current generation may regard such
development in the political climate of the day. An
insensivitity to this issue reflects a false perception of
officialdom's right to expand their own power; to be interpreted
as an instance of intersocietal exploitation or domination; a
demonstration of cultural chauvinism to the extreme; certainly
an abuse of power.
It is not the minorities, but the
black elite who seem to be preoccupied with the past, which they
want to change. Everybody else seems to be dealing with
the present, in an effort to survive another month. The
destiny of the people of this country includes everybody, their
values, their culture and their history. Afrikaners, for
example, constitute about half of that group and, unless
Mathatha has forgotten his history, those people on horseback
were not invaders, but were indigenous guerilla warriors, who
fought two liberation wars against Imperialist Brittain who had
designs on our gold mining industry. He should be proud of
them and honour them accordingly!
A practical hint to Mathatha:
If you really want to be a traditional African, do not use your
motor car, get a donkey cart. Do not use a cell phone,
rather use a runner. Do not dine in a non-African
restaurant and drink non-African wine from the Cape. Do
not use your computer, your vacuum cleaner or your electric fan.
There are other devices, more African, that could be used.
Why not suggest that parliament should move to Bisho, to
Mafikeng or to Ulundi? Why on earth keep the damn building
in the heart of a city that has the longest non-'African'
history on the continent?
Hamba kahle, Mathatha, you are on
dangerous ground!
Johann Wingard
boontoe
Letitia
van der Westhuizen, 07/02/2002: Our utopia
South
Africa, almost alone amongst emerging market economies, is set to
escape
virtually unscathed from the latest bout of investor panic
sweeping
the
developing world's fragile economies (The Times, London, August
2001)
The
SA banking sector has been consistently ranked in the top 10 in
terms
of
competitiveness (IMD, Switzerland)
When
Nelson Mandela was inaugurated President in 1994, SA was insolvent
(liabilities
exceeded assets). Today the Government's deficit is
negligible
- one of only a handful of countries in this position.
We've
had single digit inflation since 1993 - following 20 years of
double-digit
inflation. Mortgage rates are at their lowest level since
1988.
South Africa
is one of only 12 countries, where we can drink water from a
tap.
Our tap water was found to be the 3rd best quality in the entire
world.
Remember
15 years ago, in 1986 - A state of emergency was declared, white
men
did two years compulsory military service, 64 184 black people
were
removed
from "white areas", 3989 people were detained without
trial, our
economic
growth rate was 0.7 percent. Today it is 3%. 64 countries had
sports
boycotts against SA !!!
South
African wines win international awards every year and we have the
longest
wine route in the world.
Nelson
Mandela, an international icon of forgiveness, tolerance, and
humanity
is our favourite son .
The
Kruger
Park
has the most innovative management of a national park
anywhere
in the world - and is the world's most profitable game park.
Eskom
is the largest producer of coal-fired electricity in the world and
South
Africans pay the least for electricity in the world.
South
African Breweries is the 4th largest brewer in the world and
produces
over 50% of
China
's beer!
Mercedes
Benz C Class, BMW 3 Series and VW Golf/Jetta vehicles for all
right-hand
drive markets throughout the world are produced in South
Africa
.
Didata
grew from a local IT service provider into a huge, global
networking company
with branches in 30 countries.
The
Cape
Peninsula
has more species of plants here per hectare than
any
other area of the world.
Warm,
friendly, vibrant rainbow people.
The
world's most progressive Constitution
Kreepy
Kraulies - a South African invention
Mrs
Ball's chutney and biltong
The
world's best looking population
"Leader's
deal in hope - I give many speeches nearly daily and I talk
about positives.
Many have forgotten the Kasspirs and guns - its paradise now in
comparison."
"I've
got four children and ten grandchildren and we are staying right
here".
Raymond Ackerman, CEO Pick 'n Pay.
"For
every guy who holds up a gun, there are 99 who hold out a hand of
friendship"
- Dennis Beckett, journalist.
This
is something I've never done, but after reading this, all I ask
from
you
is to send this on, to your friends, family and others. Let us in
this
way
deal with our negatives and let us try to be positive. By being
positive
we can go far in life and we can all strive for a better and more
positive
life and country.
Regards
to you all, peace, and positive thinking - that's the way to go!
boontoe
Meyer
Olivier, 07/02/2002: Agterlikheid van Europese rasse
Geagte redakteur,
Markus Sadie se brief aan Wilhelm
Jordaan is die soort waansinnige idee dat wit mense
"beskawing" verteenwoordig en swart mense nie.
Saartjie Baartman is die klinklare
bewys van die agterlikheid van Europese rasse, deurdrenk soos
hulle is van vooroordeel, haat, geweld en 'n totale gebrek aan
medemenslikheid.
Ek haal vir u 'n stuk uit Charles
Dickens aan uit Household Words, 11 Junie 1853:
"I call him a savage and I call
a savage a something highly desireable to be civilised off the
face of the earth."
Waar is dan die idees van ons
grootse Verligting hier? Dickens, wat as een van ons
hoekstene van "beskawing" beskou word? Nee wat, om
Wilhelm Jordaan te probeer swartsmeer verdien net die grootste
minagting.
Meyer Olivier.
boontoe
Louis
Kruger, 06/02/2002: Afrikaners, landgenote
Beste
Jennie,
Dit
is relatief maklik om 'n skrywer aan te haal. Die vraag
is, het hy sy eie mening in die boek weergegee of het hy
navorsing gedoen en dan tot 'n logiese gevolgtrekking gekom?
Verder is dit ook van belang om selfs in die geval van
navorsing ook die bronne wat aangedui word, na te gaan.
'n Voorbeeld is een skrywer wat in dieselfde arena skryf en
dan Madame Bravatski aanhaal om sy standpunt mee te verdedig.
Gaan 'n mens die madame na, begin jy dadelik om sy hele boek
in twyfel te trek. So ook kry 'n mens veels te veel
drogredenasies waarop 'n hele boek gebou word en dan begin 'n
mens wonder of die sprokie van die koning se klere werklik
sover van die waarheid verwyder is.
Volgens
jou redenasie is die Kaapse rebelle, net maar Afrikaners
nie Boere nie. Was WH Louw, JP Coetzee (gehang op
Cradock) en kmdt Lotter volgens jou dan Afrikaners en nie
Boere nie? Hulle stam nie af van die mense wat getrek
het nie!
Ek
verkies om 'n Afrikaner te wees, ek stam eintlik uit altwee
republieke.
Wat
gaan jy met die verdeeldheid en twis wat jy saai, maai?
Louis
LSJ Kruger.
boontoe
Gerrit
Brand, 04/02/2002: Wat is dat, een Afrikaner?
Dan,
Ek het gaan loer op julle webwerf.
Dankie vir jou interessante aanhalings uit die WAT en
Nederlandse bronne. Veral die verwysing na 'n sekere
Hottentotstam val my op. Hier is nog 'n interessante Nederlandse
perspektief uit die teoloog J. Verkuyl se inleiding tot die
Nederlandse uitgawe van Beyers Naudé se outobiografie:
"Wat is dat, een
Afrikaner?
In Nederland wordt veelal gedacht
dat het hier gaat om Zuid-Afrikaanse blanken, voor wie het
Afrikaans de moedertaal is, de dochtertaal van het Hollands. Het
zou dus een synoniem zijn voor Boeren, met wie ik, evenals de
meeste Nederlanders, als kind kennismaakte in de spannende
verhalen van L. Penning.
"Ook de nieuwste Winkler
Prins van 1990 meent nog dat het hier alleen zou gaan om
blanken. Maar dichter bij de waarheid was de WP-editie die in
1914 verscheen, voordat Beyers [Naudé - GB] in de wieg lag:
'Vroeger schijnt het woord Afrikaner alleen van in Zuid-Afrika
geboren bastaards van blanken met inboorlingen te zijn gebruikt
geworden.'"
Verkuyl sit natuurlik wat die
'Boere' betref die pot mis, maar ek meen dat hy ons wel op die
regte spoor sit wat die oorsprong van die woord 'Afrikaner'
betref. Jennie se salvo is in soverre reg dat die begrip 'Boer'
nie met 'Afrikaner' uitwisselbaar is (of ten minste was) nie.
Dit gaan, lyk my, terug op 'n klasseonderskeid in die Kaap
tussen stedelinge/dorpelinge en ... nou ja, boere. Baie uit lg.
geledere het aan die Groot Trek deelgeneem en onafhanklike
republieke gevestig wat allerweë as boererepublieke bekend
staan. Hulle het met trots na hulself as boere verwys, terwyl
die agterblyers hulself beslis nie so genoem het nie. Tot vandag
toe sal Transvalers en Vrystaters meer geredelik na hulself as
Boere verwys as Kapenaars.
Ek dink Jennie is ook reg dat die
Unie die grootste ramp was wat die Afrikaanse inwoners van ons
land kon tref. Daarmee het die Britte die hele land onder blanke
beheer geplaas en sodoende enersyds 'n magswanbalans geskep en
andersyds rasse-identiteite polities deurslaggewend gemaak: die
begin van apartheid. Voor daardie tyd was die boererepublieke
klein staatjies te midde van ander, gelyke koninkrykies. Die
totstandkoming van die Unie word daarom ook in die swartes se
bevrydingsgeskiedenis as die finale oorwinning van blank oor
swart beskou. Interessant in dié verband is dat die NP nog
altyd sy ideologiese basis in die Kaap gehad het, soos duidelik
blyk uit 'n lys van staatshoofde sedert 1948. (Toe die
Transvaalse leier van die party uiteindelik die leisels oorvat,
het hy onmiddellik 'n skikking met die land se ander inheemse
inwoners aangegaan!)
Die feit is egter dat die ramp
gebeur het en dit is al 'n eeu gelede. Hoewel die spore van 'n
afsonderlike boer-identiteit vandag nog bestaan, is dit nie
haalbaar om vandag op basis daarvan politiek te bedryf nie.
Buitendien was die boer-identiteit altyd onderdeel van 'n meer
omvangryke Afrikaanse identiteit, 'n kleiner sirkel binne die
groter sirkel. Daardie eenheid was byvoorbeeld altyd te bespeur
in kerklike ontwikkelinge. Die rede hoekom die trekboere nie
meer aan die Kaapse NG Kerk kon behoort nie, was nie dat lg. dit
nie wou hê nie, maar omdat die Britse owerheid dit verbied het.
Die NG Kerk self het altyd bande met die Natalse, Transvaalse en
Vrystaatse sinodes onderhou en byvoorbeeld ook predikante aan
hulle verskaf. Die hereniging van die vier NG sinodes in die
1960s het dus wel uitdrukking gegee aan 'n verbondenheid wat ten
spyte van 'n langdurige gedwonge skeiding lewend gehou is. (Die
tragedie is dat dit ten koste gegaan het van eenheid oor die
rasgrens heen, iets wat teruggaan op 'n Kaapse kerkbesluit in
die 19de eeu.) Die feit dat sommige Afrikaanse Kapenaars tydens
die oorlog aan boerekant geveg het of andersins steun aan die
boere gegee het, spreek ook van die reëele verbondenheid.
Buitendien het al die Boere tog hulle oorsprong in die Kaap
gehad en het familiebande hulle in baie gevalle met mekaar
verbind. Dat hulle 'n ander praatstyl gehad het? 'Dat zal wel'
soos die Nederlanders sê. Streekdialekte is 'n bekende
taalkundige verskynsel, ook in 'n klein landjie soos Nederland.
Of dit telkens 'n nuwe volksidentiteit weerspiëel, is te
betwyfel.
Nou probeer ek nie sê dat die
verbondenheid tussen Boere en hulle ander taalgenote altyd
'mooi' was nie. Soos in alle families, vind verbondenheid
dikwels uiting in konflik en wedersydse wrewel, soms selfs
boedelskeiding. Dit leef vandag nog voort in die provinsialisme
van so baie Afrikaanse mense. By hierdie verhaal moet verder kom
die skeiding tussen 'blank' en 'bruin'. Ek sit dit tussen
aanhalingstekens omdat dit nog altyd 'n kunsmatige onderskeid
was - sowel geneties as kultureel. Die probleem met kunsmatige
onderskeide wat as grondslag vir politiek dien is egter dat
hulle hulself mettertyd waarmaak: Die skandelike manier waarop
sg. 'blankes' hulle sg. 'bruin' taalgenote behandel het, veral
vanaf die 19de eeu, maar ook later met die verwydering van die
kiersersrol ens. het 'n daadwerklike skeiding tot stand gebring.
Soos die onderskeid tussen Boere en ander Afrikaanse mense, is
die nawerking hiervan ook nog met ons, net baie sterker. (Wat
die Boere ook gemaklik vergeet is dat baie 'bruinmense' ook uit
die Kaap getrek en hul onafhanklikheid elders gaan soek het:
dink maar aan die dorslandtrekkers en die Rehobotters.)
Ek persoonlik sou graag wou sien
dat die woord 'Afrikaner' 'n aanduiding word van alle Afrikaanse
mense. Die identiteit wat so aangedui word, sal geen historiese
fiksie wees nie, maar teruggryp op die oorspronge van ons stam.
Tekekend hiervan is dat van die vooraanstaande 'boere' in die
slagtersnekrebellie met nie-blanke vroue getroud was. Soos ons
almal teen hierdie tyd weet, het die meeste 'blanke' Afrikaanse
families 'gemengde' bloed in hul are. Maar biologie is van
minder belang. Meer noemenswaardig is die kulturele vermenging,
die vasgroei aan Afrika, wat alle Afrikaanse mense kenmerk. Ons
het nie meer burgerskap elders nie. Ons is van Afrika:
Afrikaners. Uit Dan en Verkuyl se bronne blyk dit dat dit die
'oorspronklike' betekenis van 'Afrikaner' is. (Ongelukkig het
die kaping en rassifisering van die woord deur apartheidsideoloë
daartoe gelei dat baie 'blanke' en 'bruin' Afrikaanse mense
hulself nie meer so wil noem nie. Ek self vind dié neiging
kinderagtig, maar aan die ander kant het ek nie die reg om
benaminge op mense af te druk nie. Ek kan maar net voorstelle
maak en hoop dat ander dit aanloklik vind.)
Binne hierdie breë
Afrikaneridentiteit kan 'n mens dan op verskillende
tradisiestrome wys: die sterk republikeinse boeretradisie, die
Kaapse liberale tradisie, die 'bruin' werkersklastradisies ens.
Myns insiens het almal wat vandag Afrikaans praat die reg om al
hierdie tradisies kreatief vir hulself toe te eien. Hiermee sou
ek dan wou aansluit by Max Du Preez se pleidooi vir 'n
Suid-Afrikaanse geskiedenis, waar 'n Afrikaner vir Moshoeshoe en
'n Sotho vir Christiaan De Wet as 'syne/hare' kan toeëien. So
'n gedeelde Suid-Afrikaanse identiteit sluit nie uit dat
Afrikaners besonder sterk met die Afrikanergeskiedenis sal
identifiseer nie, netso min as wat my Afrikaner-identiteit my as
Transvaler verhoed om sterk met die boeretradisie van die ZAR te
identifiseer.
'n 'Afrikaner-bewussynsbeweging'
sou dus sy uitgangspunt in Breytenbach se woorde moet neem: 'Ons
is 'n bastervolk met 'n bastertaal. Ons aard is basterskap. Dis
goed en mooi so.'
Kortom: Ons kan die geskiedenis
nie terugdraai nie, maar ons kan 'daaruit haal wat goed is' (om
my gunsteling boereleier nou 'n slag te siteer!).
Mooi bly,
Gerrit
boontoe
Kas
Landman, 04/02/2002: Tsedu oor naamveranderings
Mathatha
Tsedu, die voorsitter van die SA National Editors Forum en ook
Deputy Chief Executive: News SABC skryf vanoggend in die Pretoria
News onder die opskrif Name changes are inevitable
"It is sickening that almost eight years into black rule entry
into towns of our country is still characterised by statues of
invaders on horseback.
"It is shameful that even minimal changes such as names, which
are characteristics of any national changes anywhere in the world,
have to be steered through the resistance of those who want to cling
to a past that must not return. And we are not even talking
the Hitler Hunzvi option here!
"A new future beckons this country and this continent. It is a
future that says we are an African country. The opening of
Parliament on Friday is going to be characterised by that theme,
where Mbeki will unveil murals of the African Union.
"The irony will be that the mural will probably be the only
African thing in that vicinity. Cape Town and its street
names, its buildings and suburbs, are still alien to the African
feel and tongue.
"Ramathlodi must go full steam ahead and Mbeki should not be
far behind with our couyntry's name change. Afrika ke
nako!"
Kas
Landman
boontoe
Leon
van den Berg, 04/02/2002: Afrikaner-introspeksie (repliek)
Uit
my ondervinding (jaar in Frankryk, 3 maande in Engeland) stem ek
volkome
saam met jou oor die introspeksie, Dan. Ek verskil wat betref die
"verlammende, negatiewe selfkritiek". Die introspeksie wat
ek onder
Afrikaners ervaar, is energiek, proaktief, konstruktief en vol
geesdrif.
Daarom kon ek 'n projek begin waarin aangedui word hoedat Afrikaners
amptelike veeltaligheid in SA met Afrikaans begin het en steeds die
leiding
daarmee neem (terwyl die owerheid sy bes doen om dit af te breek).
Die VN, Grondwet en internasionale mening oor veeltaligheid is aan
ons kant
en saam met ons introspeksie, taalgeskiedenis en ywer het ons
geweldig baie
brandstof. Kom ons laat dit doeltreffend in ons potensieel kragtige
enjin
vonk eerder as vernietigend in 'n petrolbom.
Die slagspreuk moet wees: "Afrikaans lei, hy ly nie!"
Anders gaan die verlammende selfkritiek soos kanker te werk gaan.
boontoe
Danie
Goosen, 04/02/2002: Nogmaals Bourdieu
Dan,
Jou
(volgens jou eie erkenning) totale gebrek aan belangstelling in die
werk van Bourdieu en jou gelyktydige breedsprakerige renons in hom
ondermyn, om dit sagkens te stel, enige rasionaal vir ‘n debat oor
hom. Laat Bourdieu dus maar voorlopig daar, dit is tot jy dalk ons
vanuit die tekste van Bourdieu self (en nie bloot met verwysings na
aanhalings uit die werke van sy geswore opponente nie) van die
meriete van jou interpretasie(?) kan oortuig. Maar daarvoor sal jy
natuurlik ‘n minimum van belangstelling in hom moet opwerk. En dit
is klaarblyklik ‘n onrealistiese verwagting.
Nogtans
maak jy in jou antwoord stellings buite-om jou direkte verdagmakende
verwysings na Bourdieu wat, ten spyte van ‘n mens se verskil
daarmee, allesbehalwe met ‘n totale gebrek aan belangstelling
gelees kan word. Ek verwys net na een so ‘n saak.
Dit
hou verband met die woord “werklikheid” wat jy so kwistig
rondgooi. As ek jou mag parafraseer: Die heersende kapitalistiese
orde is die ‘werklikheid’ waarby ons ons (ewe gedienstig en
status quo-bevestigend, maar dit sê jy natuurlik nie) behoort neer
te lê. Enige poging om met dié ‘werklikheid’ wat die
kapitalistiese orde aan ons oplê te verskil, is nie net uit voeling
met dié ‘werklikheid’ nie. Dit sou ook volgens jou neerkom op
ontvlugtingsdenke, d.i. denke wat te swaar leen op die moralismes
van ons tyd (en die clichés uit dié linkse Franse denke wat nie
met joune ooreenstem nie). In kort: Jy roep ons op om dapper ons
‘werklikheid’ te aanvaar én - contra die werklikheidsvreemde
moralismes van anti-kapitalistiese magte - op te trek teen die
(barbaarse) magte wat dié ‘werklikheid’ bedreig. Net enkele
punte:
1).
Wie se “werklikheid” is hier ter sprake? Kennelik tog die
neo-liberales se werklikheid. Want daar is talle gemeenskappe,
groepe, ens. wat nie dié werklikheid met jou en die neo-liberales
deel nie en wat hulle juis as radikaal uitgesluit daarvan ervaar.
Soos byvoorbeeld die talle kultuurgemeenskappe wie se tale, kulture
en historiese herinneringe tans swig voor die eise wat jou
“werklikheid” via sy verskillende magsinstrumente aan hulle
opdwing (Hoeveel tale het sedert jou neo-liberale ikone, Thatcher en
Reagan reeds geswig voor die eise van die mark?). Daar waar tale en
kulture tans sterk politieke selfuitdrukking vind (die Katalone,
ens.) is dit juis omdat hulle jou “werklikheid” weerstaan. Hulle
is lewende ‘werklikhede’ juis ten spyte van die druk van die
mark en sy neo-liberale propagandiste.
2).
Jy weet tog dat ‘n simplistiese beroep op dié werklikheid uiters
problematies is. Maar as jy dit weet behoort jy ook vertroud te wees
met die magsmeganismes aan die werk agter die aanspraak van
enigiemand om dié werklikheid te verteenwoordig. Alhoewel jy nie
jou irritasie met die Franse denkers (of sommige linkses onder
hulle) kan wegsteek nie, kan jy gerus maar weer Foucault (of as jy
nie lus is vir die Franse nie, vir Nietzsche) raadpleeg. Watter
ideologie van ons tyd (Marxisme, neo-liberalisme, ens) het nie hulle
eie magsaansprake en -vergrype versteek agter die eis dat húlle dié
werklikheid verteenwoordig nie? In naam van dié werklikheid is nie
net die konsentrasiekampe van die 20ste eeu opgerig nie, maar word
ook tans weer alles onderwerp aan die diktate van die mark.
3).
Onlosmaaklik geknoop aan jou aanspraak om dié werklikheid te
verteenwoordig is die ene wat lui dat enigiemand wat met my idee van
die werklikheid verskil, in wese ‘n utopis, ‘n moralis,
ivoortoring-denker of welke ander soort naïeweling ook al is. Die
magsdinamika agter dié simplistiese dualisme is tog ewe bekend.
Gepraat van manicheïsme! Hoef nie daarop uit te brei nie.
4).
Jou aanspraak om dié werklikheid te verteenwoordig isoleer jou eie
standpunt nie net van kritiek nie, maar - in aansluiting daarby -
voorkom dat die kapitalisme byvoorbeeld gesien word as ‘n
“historiese verskynsel”. Dit verhinder die insig dat die
historiese bronne van die kapitalisme bevraagteken kan word en
voorkom dat die sosiale verbeelding ander historiese moontlikhede
(ook in die ekonomie) kan bedink. As jy dit maar sou doen, sou jy
sien hoe die kapitalisme vanaf sy ontstaan in die vroeë moderniteit
(en nie vanaf die begin van die skepping nie) homself altyd weer
teen die veelheid van tale en kulture gerig het. Vanaf sy eerste
oorspronge is dit per definisie tradisie-vyandig, behalwe daar waar
‘n beroep op tradisie momenteel sy belange kan dien. Nou ja, ons
sit lank reeds met ‘n ou kritiese tradisie wat na dié soort
ontkenning van kontingensie verwys as reïfisering. Die status
quo-bevestigende aard van dié reïfiseringstrategie is vir my
miskien die teleurstellendste deel van jou argument.
5).
As dié werklikheid inderdaad ‘n neo-liberale werklikheid is,
waarom nog hoegenaamd met sy sogenaamde opponente en vyande
redekawel? Die geveg is immers volgens jou aanspraak beslis.
Ongelukkig val neo-liberale aanspraakmakers op vertolkerskap van dié
werklikheid altyd weer in hierdie verband tussen ‘n veelheid van
onversoenbare dinge: Enersyds sê hulle (of jy) dat dié werklikheid
kapitalisties is. Maar andersyds word hulle altyd weer gekonfronteer
met diegene wat nie dié werklikheid wil aanvaar nie. Beteken dit
dan dat hulle (of jou) aanspraak tog nie gehandhaaf kan word nie? Is
daar tog stukke werklikheid wat nie in jou idee van die werklikheid
wil inpas nie? Maar as dit so is, op grond waarvan sou jy jou nog op
dié werklikheid kan beroep? Miskien op grond van DIE IDEE dat die
werklikheid nog vorentoe al hoe meer kapitalisties sal word? Maar as
dit op sy beurt waar is, maak jy jou nie juis skuldig aan iets soos
utopisme, moralisme ens. nie, presies dit waarvan jy jou opponente
beskuldig nie? Want is dit nie in naam van een of ander utopiese
idee dat jy nog die werklikheid na sy ware kapitalistiese aard sal
wil stuur nie? In kort: hoe “realisties” en “nie-moralisties
is jou eie denke oor die kapitalisme?
6).
Jou opmerking oor die ‘ware’ bron van ons as probleem, naamlik
slap Afrikaners, is natuurlik nie iets waarmee ‘n mens volledig
kan verskil nie. Daar is egter tog ‘n kant van dié argument wat
problematies is en wat met bogenoemde verbandhou. Dit is ‘n ou
ding in die neo-liberale mondering om skerp te onderskei tussen
enersyds die sogenaamde harde werklikhede van die ekonomie (die
ysterwet van vraag en aanbod, ens.) en andersyds die wêreld van
subjektiewe gesindhede, ens. Wanneer die vraag van politieke
mobilisering ter sprake kom, word daarom nie ‘n beroep op (nuwe)
politieke praktyke gedoen nie, maar op die gesindhede, houdings en
motiewe van mense. Want - en daarmee word die status-bevestigende
aard van jou logika weer eens onderstreep - ‘n beroep op politieke
praktyke kan torring aan die kapitalistiese ordening van dinge. En
dit mag nie. Daarom die (m.i. erg simplistiese) beroep op houdinge,
ens. Daarmee sê ek nie dat ander houdinge onder byvoorbeeld
Afrikaners onbelangrik is nie. Maar dit is eenvoudig weer te kort
gevat as die huidige dringende noodsaak van nuwe politieke praktyke
en instellings onder Afrikaners met slegs ‘n beroep op hulle
houdinge beantwoord gaan word.
Groetnis,
Danie
boontoe
Jennie
Terreblanche, 03/02/2002: Semantiese klein politiekery
Desmond,
Die verskil tussen 2 groepsidentiteite
is veel meer as 'n semantiese verskil. In hierdie geval -
beskerming van plekname - kan en moet ons saamwerk aangesien ons
'n gemeenskaplike belang daarby het. Die enigste manier hoe ons
die ingryping in ons lewens effektief kan voorkom of
teenwerk, is deur in 'n eie land te woon. Die doelpale van die
twee groepe verskil dus aansienlik, aangesien Afrikaners hoogstens
vir kulturele regte van minderhede in 'n multi-kulturele staat
beywer en Boere vir volkome soewereiniteit. Ek sien nie waarom die
onderskeid as 'n kinderagtige woordspeletjie gesien kan word nie.
Die moorde op ons mense sal voortduur selfs al word die plek waar
dit gebeur steeds Nylstroom (bv) genoem en nie Mmafonengteng nie.
My fokus is dus doodgewoon op 'n groter doel as joune.
Groete,
Jennie
boontoe
Jennie
Terreblanche, 03/02/2002: Ek drink nie Klipdrift nie
Willie,
Ek sien jy volg die standaardresep van
die vorige bewind: indien jy nie die feite kan weerlê nie,
diskrediteer die persoon dmv 'n verkleinerende of negatiewe
assosiasie (speel die man en nie die bal nie) en, uiters
belangrik, gebruik "ou" as 'n voorvoegsel by sy/haar
naam. Ek drink wyn en meestal koffie, en jy?
Groete,
Jennie
boontoe
Desmonde
Andriesse, 03/02/2002: Semantiese klein politiekery
Hoeveel
leiding en beproewing moet ons Volk nog deurmaak voordat ons gaan
leer om saam te werk en af te sien van klein politiekery? Op hede
blykbaar nog nie genoeg nie. Ons mense word vermoor, hulle verarm
en hul kultuur word aangetas terwyl ons kinderagtige woord
speletjies speel. Hoe bevorder apodiktiese semantiek ons saak, sal
ek graag wil weet? Wat is belangriker, ons ego’s of ons mense?
Desmond
boontoe
Jennie
Terreblanche, 03/02/2002: Politieke mag en herskrywing van
geskiedenis
Cassie,
"Met die tyd verander
terminologie om by veranderde gebruik en omstandighede aan te pas.
Dan word dit 'n doodnormale taalverskynsel om nuwe terminologie
ook retrospektief toe te pas wanneer jy met die geskiedenis
omgaan. Dus was bv. Piet Potgieter, net soos ek en jy, in alle
opsigte wat vandag wêreldwyd as 'n Afrikaner bekendstaan."
As ek hierdie argument van jou
konsekwent toepas :-) dan is dit 'n doodnormale verskynsel dat die
ANC nuwe terminologie sal toepas as hulle met die geskiedenis
omgaan. Dit wys dus daarop dat wie ookal die politieke mag het,
ook homself aanmatig om die geskiedenis na eie belang te herskryf
en die spore van voriges uit te wis of in so mate met die nuwe te
integreer dat die onderskeid nie opsigtelik is nie. Hiervolgens
kan jy in die toekoms as 'n Afrikaan bekendstaan.
Groete,
Jennie
boontoe
Johann
Rossouw, 03/02/2002: Genugtig, Jennie
Genugtig, Jennie, miskien moet ons in
hierdie stadium mekaar die fyner puntjies van "Boere-",
"Afrikaner-" en "Afrikaanse" identiteit spaar.
Daar's belangriker dinge om ons energie aan te bestee, beginnende by
die behoud van die betrokke plekname.
Groetnis,
Johann Rossouw
boontoe
boontoe
|