wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

                                                               

Mickey Muis-grondwet nie vir blankes

Die opmerking “Die ANC is teen onbillike diskriminasie”, klink vir my baie soos die belaglike en kinderlike uitlatings wat ons gereeld van die owerhede se kant aanhoor. Ek noem ‘n paar voorbeelde.

  • Me. Naledi Pandor, minister van onderwys, het ‘n paar maande gelede die gevaar aangetoon dat die gehalte van gesondheidsorg verlore kan gaan indien dit nie onderlê word deur onderrig en navorsing nie. Haar woorde in verband hiermee was: "Dit is egter meer kommerwekkend dat die meerderheid akademiese personeel aan die fakulteite steeds wit mans is." Hoe kan die feit dat daar gelukkig nog wel toegewyde en bekwame medici beskikbaar is om die fort te hou, "meer kommerwekkend" wees as die genoemde moontlikheid van die ineenstorting van die land se gesondheidsorg? Net omdat hul vel wit is? En nou kom die kersie op die koek: Haar president sê ons het so 'n tekort aan kundige mense dat ons mense sal moet invoer om die werk te doen. Die eerste vereiste sal seker wees dat hulle swart moet wees.

  • DIE onlangse spottende wyse (en met die goedkeurende gelag van sy kollegas) waarop die minister van arbeid, mnr. Membathisi Mdladlana, in die parlement verduidelik het hoe baie hy van die Afrikaanse term "regstellende aksie" hou en hoe hy dit nou gaan opdwing. Mdladlana is verder by die Black Management Forum (BMF) in Sandton toegejuig toe hy die volgende stelling gemaak het, "Nine years is not a long time. Those who are asking for a sunset clause apparently do not understand this, but racism is ingrained in our society. I was not invited to the funeral (of racism)," Dus word van blanke jong mense wat geen aandeel aan die sogenaamde “onregte “ van die verlede verwag om te aanvaar dat daar ad infinitum teen hulle gediskrimineer gaan word wat opleidings-, werk- en loopbaangeleenthede betref.

  • In 'n toespraak het ons adjunkpresident, me. Phumzile Mlambo-Ngcuka, gesê dat Suid-Afrika by Zimbabwe lesse kan gaan leer oor grondhervorming. "Ons kan dalk van hul bedrewenheid benodig om ons te help," het sy ook kwytgeraak. Dus kan ons blanke boere bewus wees dat daar een of ander tyd teen hulle opgetree gaan word “a-la “ Zimbabwe model.

  • Die minister van kuns en kultuur, dr. Pallo Jordan. het in die Nasionale Vergadering beklemtoon dat
    "net wittes kla oor Afrikaans". Volgens ‘n uitreksel uit Die Burger verlede week , “In antwoord op 'n uitdaging van die DA dat Jordan en sy eweknie van onderwys, me. Naledi Pandor, hulle moet distansieer van "ongrondwetlike optrede" insake die aftakeling van Afrikaans op sekere kampusse, het Jordan nie ernstig op die saak ingegaan nie, maar minagtend geantwoord. Dis net "wit ekommernisse", het hy gesê. Hy hoor nie bruin Afrikaanssprekendes kla nie, wat vir hom beteken dat dit bloot om die beskerming van wittes se gevestigde belange gaan”.

Al die bogenoemde persone het maar net benadruk wat meeste van ons lankal weet. Die Mickey Mouse-regte wat in die Mickey Mouse-Grondwet onderskryf word, is nie op blankes van toepassing is nie.

Emiel

Sien die res van dié debat op ons geselsforum

Antwoord op dié brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org

boontoe