Cassie
Aucamp, 03/02/2002: Kunsmatige skeiding is dood in die pot
Jennie,
Hierdie kunsmatige skeiding tussen
Afrikaners en Boere-Afrikaners is die dood in die pot vir dit wat
vir ons kosbaar is. Tipiese voorbeeld is juis jou reaksie op Dan
se verklaring, waaruit nou 'n debatstryd oor Afrikaners/Boere
ontstaan, en die fokus afgelei word van die stryd wat ons moet
stry teen die nuwe ANC-imperialisme soos geopenbaar in die
obsessie oor Afrikaanse plekname.
Daar is derduisende Afrikaners wie se
hart voluit klop vir die Afrikanersaak, vir ons belange, vir ons
regte, maar wat gewoon nie na hulself as Boere-Afrikaners verwys
nie. Ons moet pasop dat ons nie 'n begrip met 'n kosbare
historiese konnotasie misbruik om ons kragte nog verder te verdeel
nie. Ons moet agting hę vir ons geskiedenis, ook vir die
Boere-identiteit van hulle wat ons met groot eer voorgegaan het.
Om die term egter vandag af te forseer op alle Afrikaners is
kunsmatig en verswak eenvoudig ons kragte. Dit is 'n term wat baie
moeilik afgaan by goeie en lojale Afrikaners wat nog dink melk
word in 'n fabriek gemaak!
Dit is jou volste reg om jouself 'n
Boere-Afrikaner te noem. Om dit eter af te dwing op ander of die
blote term as sjibbolet te gebruik vir ware Afrikanerwees, is
verdelend en kontra-produktief. Ek wil ook nog sien hoe ons ooit
regte gaan afdwing vir twee afsonderlike groepe: Afrikaners en
Boere-Afrikaners.
Natuurlik is meesal na mense soos Piet
Potgieter as Boere verwys, en was dit ook in daardie tyd 'n
selfaanduiding van hul indentiteit. Intussen het die geskiedenis
verloop, het die oorgrote meerderheid Afrikaners stedelinge
geword, en het die term Afrikaner węreldwyd die aanduiding geword
vir hierdie een volk wat gekenmerk word deur 'n gemeenskaplike
identiteit, taal, kultuur, geloof en geskiedenis.
As jy dan konsekwent wil wees moet ons
vandag nog na onsself verwys as Vryburgers of selfs Koloniste
(vgl. Adam Tas se stryd teen die amptenare). Met die tyd
verander terminologie om by veranderde gebruik en omstandighede
aan te pas. Dan word dit 'n doodnormale taalverskynsel om nuwe
terminologie ook retrospektief toe te pas wanneer jy met die
geskiedenis omgaan. Dus was bv. Piet Potgieter, net soos ek en jy,
in alle opsigte wat vandag węreldwyd as 'n Afrikaner bekendstaan.
Onthou tog: ons het net een volk!
Afrikaner-groete!
Cassie Aucamp.
boontoe