Jennie Terreblanche, 03/02/2002:  Regstelling geëis:  Afrikanername en -vestigings?

Verwys: MEDIAVERKLARING UITGEREIK OP SONDAG 3 FEBRUARIE 2002 DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP)

Die Mediaverklaring uitgereik deur Dan Roodt namens PRAAG, bevat 'n opsetlike verdraaiing van die waarheid m.b.t die ontstaan van die genoemde dorpe en die identiteit van die stigters daarvan. Genoemde dorpe: Pietersburg, Warmbad, Ellisras, Nylstroom, Potgietersrus en verskeie ander is deur Boere gestig en aangelê en ook na prominente Boere figure vernoem. Hierdie dorpe word aangedui op die landkaart van die internasionaal-erkende Boere republiek, Z.A.R, soos gewettig deur die ondertekening van die Sandrivierse Konvensie op 17 Januarie 1852, ingevolge waarvan Brittanje die onafhanklikheid van die Zuid-Afrikaansche Republiek - Transvaal - erken het.

Die identiteit van hierdie inwoners was 'n Boer identiteit - Afrikaners was koloniale burgers van die Kaap Kolonie en was meerendeels ten gunste van die Imperiale regering en gevolglike Britse oorheersing. Afrikaners het dus geen aandeel in die totstandkom of uitbouing van hierdie dorpe nie.

Die verswelging van die Boere se volksidentiteit deur Afrikaners kan ook as kulturele moord beskou word, of kulturele etniese suiwering soos Dan Roodt daarna verwys.

Jennie Terblanche

082 298 2904

Posbus 19836

Noordbrug

2522

 

boontoe