Johan Kriek, 03/02/2002:  Los die gestryery

Vriende,

 
Ons ou Boere/Boere-Afrikaner/Afrikaner/Voortrekkervolk verstom my by die dag meer en meer.  Die vyand van die Boere/Boere-Afrikaner/Afrikaner/Voortrekkervolk is voornemens om name van historiese belang te verander en ons baklei onder mekaar of dit nou die Afrikaner/Boer/Voortrekker is wat verantwoordelik is vir die name.
 
Ek glo nie dat Dan hom skuldig gemaak het aan opsetlike verdraaiing nie.  Hy bedoel seker soos ek, presies dieselfde met Afrikaner as wat Jennie met Boer bedoel.
 
En Carel, van die name wat ingevaar is soos Tzaneen is nie deur die Voortrekkers gestig nie.  Hy het lank na die Voortrekkers ontstaan.
 
Kom ons los die gestryery oor snert en leer om vir eens saam te staan om iets te doen om dit wat vir ons almal onaanvaarbaar is te keer.
 
 
Johan
 

boontoe