Leon van den Berg: Jennie, ons Boere spel nie só nie!
Jennie
Terblanche: Die identiteit van hierdie inwoners was 'n Boer
identiteit [sic] - Afrikaners was koloniale burgers van die Kaap
Kolonie
[sic] en was meerendeels [sic] ten gunste van die Imperiale regering
en
gevolglike Britse oorheersing. Afrikaners het dus geen aandeel in
die
totstandkom of uitbouing van hierdie dorpe nie.
Leon van den Berg: Agge nee, Jennie, ons Boere spel nie só nie! Dis
vandat
die Ingelse in die land gekom het dat Afrikaans so los raak ... Dis
tog
sekerlik Boer-identiteit en Kaapkolonie. En het 'merendeels' nie al
genoeg
e's nie? Die mense van wie jy praat, is lankal dood en het niks met
ons te
doen nie, maar ons taal lewe nog; moet hom asseblief nie so
mishandel nie.