Stephan, 03/02/2002: "Friendly fire"
Baie
geluk, Jennie! Ek dink in die "taal van die Engelsman"
noem 'n mens so 'n verklaring "a well-aimed shot in the
foot".
Al gewonder hoekom die Boere die Anglo-Boereoorlog verloor het? Nie?
Ek dink hare kloof moes een van groot redes gewees het.
Die politieke waarde van die soort definisieprobleme kan 'n mens
beslis nie oorbeklemtoon nie, uit 'n ANC oogpunt beskou natuurlik.
Hier gaan Praag en maak 'n punt oor dorpsname en die volgende
oomblik, voor 'n mens nog kon klaar wonder of 'n mens dit ernstig
moet neem of net kan ignoreer, maak iemand anders 'n punt oor
geskiedenis. As ek die ANC was sou ek se^; "Hey, what's in a
name? You can't even decide what to call yourself, so why worry what
we call a few towns?"
Praag, vergeet die ANC, dit is "friendly fire" waaroor
julle moet bekommer. As dit nie so tragies was nie was dit snaaks.
Ongelooflik!
groete
Stephan