wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

of plaas 'n mening op ons gespreksforum

                                                               

Geskiedenis sal oor "verraaiers" oordeel

Geagte redakteur,

                          

Na aanleiding van u besluit om my aan Praag se skandpaal te hang, net die volgende:

 

Ek beskou dit as 'n eer om aan enige skandpaal van Praag te hang. Ek verwerp egter u motivering. Dis lasterlik om te sê dat "ek my nie meer as 'n Afrikaner beskou nie". Dis egter te betwyfel of u siening van wat 'n Afrikaner is en myne ooreen sal stem.

 

U obsessie oor die ANC is verbysterend. Dit geld ook vir u onkunde. Ek onthou nog te goed die felheid van die haat teeoor ons van "Afrikaners" soos u toe ons in 1992 by die ANC aangesluit het.

 

Ek was destyds oortuig dat ek die regte besluit geneem het en ek glo vandag soveel te meer dat ek reg was. U skel "Afrikaners" by die ANC uit as "verraaiers". Is Mnre. Gert Oosthuizen, Piere-Jean Gerber, Johnny de Lange, Gerhard Koornhof en Marthinus van Schalkwyk ook verraaiers? Of mev. Melanie Verwoerd of Annelise van Wyk?

 

Nee dr. Roodt, skeldtaal sal nie van ons slegter Afrikaners maak nie.

 

Eendag wanneer die geskienis sy oordeel oor ons fel, sal daar beslis word wie was reg en wie was die verraaiers.

 

Die uwe,

Jannie Momberg

 

 

boontoe