Sit my op die
skandpaal
Geagte Praag,
Ek wil graag
voorstel dat u Breyten Breytenbach aan die Skandpaal spyker en wel
om die volgende redes:
*Hy is al die jare
al besig om onverpoos die Afrikaner te ondermyn; hy beweer die
nostalgiese en eng rassistiese konstruk 'Afrikaner' soos deur Praag
vergestalt is 'n poes (meerv. poeste) wat enige mens in die knyp sal
bring, en dan is dit nie eens 'n chauvinistiese varkgedagte nie. Hy
glo ook daardie soort Afferkaner is 'n bobaasholsuier, indien
hierdie kloutjie fisiologies by die oor gebring kan word. Hy weet
hulle is lafaards.
*Hy glo die hele
topbestuur van die NP en die veiligheidsdienste moes voor die hof
gedaag gewees het, o.a. ook omdat hulle ons viriele bastertaal,
Afrikaans, besmet het - en dat hulle gevonnis moes geword het tot
lewenslange plaasarbeid. Met behuising en betaling van vroeër.
*Alhoewel hy al die
jare aan die ANC behoort het, is hy nou selfs te links vir daardie
organisasie wat hy as Stalinisties en in wese rassisties beskou.
*Hy verniel en
besmet die Afrikaanse taal met sy onsamehangende en prestensieuse
gemaak-intellektuele skryfsels.
*Hy glo daar's geen
plek vir die witman in Afrika nie.
*Toe sy 'volk' hom
nodig gehad het en kon gebruik het hy soos 'n hond weggesluip en
onder die Fillistyne in die buiteland gaan wegkruip.
*Hy glo die
Voortrekkermonument moet omskep word in 'n openbare toilet want dis
te koud om te gebruik as hoerhuis (soos die foto op julle webblad
suggereer).
*Hy's 'n hoereerder
en 'n suiplap.
*Hy dink (en sê)
Bush en Sharon is ook poeste, en hy beweer Rumsfeld is as gekloonde
Nazi generaal 'n geslaagde Mengele eksperiment.
*Hy glo nog steeds
Bram Fischer was 'n goeie en moedige mens.
*Hy glo die
Amerikaners maak oorlog teen die wêreld.
*Hy pis hom nie nat
oor rugby nie.
*Hy dink (en sê)
'etnisiteit' is stront bedag deur dié wat klein van hart en bang
van anus is.
*Hy's 'n vuilbek.
*Hy verkies
bruinbrood bo witbrood.
*Hy hou nie van
margarien nie.
*Hy dink
gekoloniseerde outjies wat nie ordentlik Frans kan praat nie dink
na-aperig en is aansitterige dandies, en hulle behoort die
plaasprodukte van die papplaas Afferkaners op Groentemarkplein te
verkoop, liefs sonder groot woorde en juppie aksente. Hy is oortuig
hulle weet niks van die filosofie nie en is glyjakkalse.
*Hy dink Skellumbos
en Poestoria moes lankal met die grond gelyk gemaak gewees het, en
met sout besaai.
*Hy is bly om te
verneem Max du Preez en Antjie Krog het by Praag aangesluit. Hy dink
dis awesome. Hy stel voor dat Praag vir Esterhuyzen en Jakes Gerwel
ook moet werf. Julle sal 'n pragtige galery gatlakeie wees.
Die uwe,
Breyten Breytenbach
Wat dink u? Is
Breyten Breytenbach 'n Skandafrikaner? Lewer kommentaar op die geselsforum.
boontoe