Afrikaner kan
"Koue burgeroorlog" wen
We have been
fortunate in the South African case in that we have had no serious
experience of violent social conflict, but perhaps what we might
describe as a cold rather than a hot war, conducted by those who are
unwilling to accept the end of white minority rule.
Dis interessante
woorde, hierdie. 'n Koue (burger)oorlog. Dis met ander woorde nie
net 'n klomp ontevrede, ekstremistiese bittereinders wat nou en dan
kla nie, nee, dis 'n oorlog, 'n veel meer wydverspreide, feller en
meer intense stryd tussen volke, die analoog van die ware Jakob in
die 1950's en 1960's wat hom in 2005 in SA uitwoed. In die 1950's
was dit volk teen volk, Rus teen Yank. As Mbeki gelyk het, dan is
hierdie oorlog ook volk teen volk: Afrikaners en hul alliante teen
Xhosas en hulle meelopers. Omdat die strydende partye 'n stuk land
deel en teoreties lede van die politieke eenheid Suid-Afrika is, is
dit per definisie 'n (koue) burgeroorlog.
'n Burgeroorlog
ontstaan wanneer verskillende groepe meeding vir hulpbronne of
rykdom (Liberië, Soedan), of waar een groep nie die heerskappy van
'n ander aanvaar nie (Sri Lanka, Bosnië, Palestina). SA se stryd is
bietjie van beide - SEB en RA is fronte in die stryd om hulpbronne,
en die Afrikaner aanvaar nie Xhosa/Indiërheerskappy nie.
As Mbeki se
persepsie is dat daar 'n koue burgeroorlog in SA bestaan, dan wonder
ek of hy aanvaar of selfs vrees dat blankes 'n legitieme grief het,
nes die Vlaminge, Tamil Tigers, Bosniërs of die swart Soedanese mag
hê, en dat hy intens en ongemaklik bewus is van die enorme hekel
wat blankes aan die ANC en sy beleidsrigtings het.
Hoe het die Russe
en Amerikaners hul koue oorlog gevoer? Daar was kennelik
gewelddadige derdeparty-oorloë soos Angola met die Russe aan een
party se kant en die CIA aan die ander party se kant, maar dit het
bykans nooit burgers van die VSA of Rusland se lewens bedreig nie.
Die ware oorlog was eerder meestal gevoer deur ongewelddadige
middele: propaganda, simboliek en ideologie. Dit het bestaan uit
gemeenskaplike tandewysery, byvoorbeeld parades op die Rooiplein in
Moskou, studentebetogings, die ruimtewedloop ensovoorts. To Gagarin
die eerste man geword het wat die ruimte in is, het die Sowjetunie
'n klinkende oorwinning in die Koue Oorlog behaal, sonder dat enige
iemand dood is.
As mens aanvaar dat
'n koue oorlog grootliks op ideologiese- en propagandagronde gevoer
word, is dit geldig om te sê dat forums soos PRAAG se poslys,
Litnet of briewe aan die pers, die KAF, die AR en verset teen
naamsveranderinge as fronte of gevegsterreine in SA se koue
burgeroorlog gesien kan word.
Wat my hoop gee vir
'n vreedsame oorwinning wat lei tot Afrikanerselfbeskikking, is dat
die einde van die Koue Oorlog in Europa relatief ongewelddadig was.
Wat in 1989 gebeur het, is dat die ekonomiese agteruitgang
bevolkings genoop het om op te staan en te sê het genoeg is genoeg.
Die Berlynmuur kon nie bly staan teen 'n hele volk nie. Natuurlik is
die Afrikaner se stryd nog net in sy kinderskoene. Ons kort ons eie
Reagan wat sterk genoeg is om Gorbachev aan te vat, en ons eie mense
is erg verdeeld.
Ons sal geduldig
moet wees en wag dat die tyd ryp is; wanneer die ANC net so verswak
is soos Oos-Europa en die Sowjet-Unie was in 1989. Dis al klaar
besig om te gebeur: die ANC se onvermoë om te bestuur en regeer
haal hom reeds in, as jy kyk na munisipaliteite in ANC-vestings soos
die Ooskaap. Verder maak die ANC se beleidsrigtings oor arbeid, SEB
en RA SA die heel ongewildste bestemming vir buitelandse investering
van alle ontwikkelende lande. Dit het enorme implikasies in terme
van werkloosheid en swak ekonomiese groei.
Ek sou persoonlik
dink die breekpunt gaan kom wanneer al die oorblywende blankes uit
regeringsposte etnies gereinig is, met die gepaardgaande verlies aan
kundigheid, die disintegrasie van diensverskaffing op plaaslike- en
sentrale regeringsvlak en gevolglike sosiale chaos. Bostaande gaan
vererger word deur groeiende werkloosheid. Dis wanneer die arm swart
bevolking gaan rebelleer teen die "fat cats" binne die
ANC, want jy kan 'n bevolking net so lank met beloftes kalmeer.
Daardie dag sal SA se 1989 wees, en die Afrikaner se oomblik om die
koue burgeroorlog te wen.
Anton Barnard
boontoe