Mbeki se
Soedan-boodskap onheilspellend
Die Afrikaanse Pers weet skynbaar nie hoe om MBeki te benader nie.
Ek lees onlangs iets deur Anesca Smith in Rapport wat verskeie mense
aanhaal wat MBeki se Kersfeesboodskap glo "bemoedigend" vind. So
byvoorbeeld haal sy Fanie du Toit van die Instituut van Geregtigheid
en Versoening aan, wat sê dat bookskappe soos MBeki s'n verwelkom
moet word.
Wat het MBeki gesê? Glo die volgende: "Suid-Afrika behoort aan ons
almal - wit en swart. Ons moet nie die verlede vergeet nie, maar kan
ook nie toelaat dat dit ons gevange hou nie."
Max du Preez het so 'n weggooireël in sy Dakar-relaas in Insig, waar
hy vra wat van die MBeki wat hy in Dakar ontmoet het geword het.
Die hedendaagse MBeki is glo nie meer so vriendelik teenoor
Afrikaners nie.
En nou sê MBeki in Soedan dat "Neither South Africa nor Sudan have
yet been able to establish societies acceptable to all their people."
Wat sou "acceptable" vir die ANC wees? Definitief 'n land waar
swart in beheer is, en waar wit nie juis 'n faktor is nie.
MBeki se probleem is om die "acceptable" status te bereik sonder om
te veel onstabiliteit te veroorsaak. Daarom moet hy Afrikaners ten
minste vir die volgende dekade of so gelukkig hou.
Dit is duidelik dat MBeki gemengde boodskappe na Afrikaners stuur.
As hy met Afrikaners praat, dan smeer hy hulle heuning om die mond:
ons hoor dat [Afrikaners het 'n plek in SA, Afrikaans is 'n mooi
taal, daar is 'n toekoms vir Afrikaners, BEE en AA is nie daar om
Afrikaners te benadeel nie, ... ens.] En Afrikaners is sulke
suckers dat hulle daardie heuning gulsig aflek.
En as hy met Soedanese praat, dat is dit dat SA nog nie aanvaarbaar
is nie, en as hy ongedissiplineerd is, dan val die masker af en
praat hy van "settlers" wat SA nog nie vinnig genoeg verlaat nie.
Intussen hang die Afrikaanse pers aan elke woord van MBeki: Wat sê
hy dié keer? Is dit positief of negatief? Hoe interpreteer ons
dit? Wat van die toekoms?
Intussen kom die toekoms onverbiddelik nader, en is die ANC en MBeki
onverbiddelik besig om hulle agenda in te stel.
Daardie agenda hou geensins verband met wat MBeki sê nie. En jy kan
uitvind wat die agenda is deur na wetgewing te kyk wat die ANC reeds
ingestel het, beplan om in te stel, en beplan.
En intussen is nog 'n Boer dood en sy vrou beseer nadat hulle met
grawe aangeval is, en is daar nog Afrikaners wat MBeki se Kersfeesboodskap bemoedigend vind.
boontoe