wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

                                                               

Mbeki praat die Kolonialis se taal

Anton,

Ek lees ook in MBeki se boodskap dat hy praat van Kitchener se Scorched Earth Policy en die Boere-oorlog se Konsentrasiekampe as deel van Kolonialisme.

Met ander woorde, hy se dat Boere ook gekoloniseer is.

Met die deel van sy toespraak gee hy natuurlik voor dat hy meer vir Boere en Afrikaners omgee as slagoffers van die Britte.

Maar dan doen hy dit in die taal van die kolonialis, en vereis hy en sy regering dat Afrikaners in 'n Engelse omgewing moet leef, waar Afrikaans weer 'n kombuistaal is, en alle Afrikaanse Instellings in Engelse Instellings verander. Verder doen sy regering ook alles in Engels, en sy ministers praat net Engels met die Suid-Afrikaanse bevolking. Hy kan nie 'n groter kompliment aan die koloniste, wat hy nou kwansuis so verafsku, gee nie, as om hulle taal en kultuur aan te neem en te bevorder as "eg Suid Afrikaans".

Verder besef hy skynbaar nie dat as dit nie vir Kitchener en kolonialisme was nie, dan het hy nie vandag oor Afrikaners geregeer nie.

Buks van Rensburg

boontoe