"Koue
Oorlog" goed vir Afrikanerpolitiek
"'n "Koue
oorlog" word volgens pres. Thabo Mbeki in Suid-Afrika gevoer
deur diegene wat nie die einde van wit minderheidsregering wil
aanvaar nie."
Fanflippentastiese
nuus vir Afrikanerpolitiek, Karin. "Koue oorlog" is niks
anders as politiek nie. (Die definisie van "gewone" oorlog
is gewapende stryd.) Politiek op die spanningsfront wat die
realiteit van die diversiteit in SA skep (die ANC se RA en SEB
rassebeleid), met die *moontlikheid* van "warm oorlog".
Weereens, dit bevestig ons het hier te doen met politiek. Mbeki is
bang vir die effektiewe politiek, wat blankes nog nie pleeg nie, en
die DA ook kritiseer. Dis asof hy nie mooi kan verstaan waarom dit
nog nie gepleeg is nie - te goed om waar te wees, en asof hy 'n
gevoel het dat dit binnekort moet gebeur.
"Nietemin,
selfs diegene wat gereed staan om betrokke te raak in 'n koue oorlog
is onwillig om andere te steun wat besluit het om wapens op te neem
teen die demokratiese orde," het Mbeki gesê.
Waar. Diegene wat
gereed staan moet die TAR wees. Die wat besluit het om wapens op te
neem moet die Boeremag wees, en die se leiers is in die tronk waar
mense hoort wat die staat met geweld wil omvergooi.
"Ons kan met
veiligheid sê dat daar in Suid-Afrika geen maatskaplike steunbasis
bestaan vir diegene wat dalk dink geweld moet ingespan word om ons
probleme op te los nie."
Ook waar. Met die
politieke administrasie van die nuwe wapenwet sal dit met nog groter
veiligheid gesê kan word. President Mbeki is 'n briljante politikus.
Moenie so 'n politieke opponent minag of haat nie. Karin, die
rassiste wat dit doen omdat hy 'n Afrikaan is, sal nie effektiewe
blanke Afrikanerpolitiek teenoor so 'n genie kan pleeg nie.
Jacob Mouw
boontoe