wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

                                                               

Mbeki se "Koue Oorlog"-rede was goed

Mbeki se "Koue Oorlog"-rede was nou `n politieke toespraak van gehalte, al was dit dan in `n koloniale Eurosentriese taal. Dit dui daarop: taal is toevallig en nie op sigself die alfa en omega in politiek nie. As die koloniale mag in Suid-Afrika Frans was, het President Mbeki in die lieflikste Frans gepraat. As Afrikaans die taal van `n koloniale mag in Suid-Afrika was, dan sou President Mbeki in Afrikaans gepraat het.

Belangriker as die Germaanse of Westerse taal, is President Mbeki se politieke instinkte as Afrikaan. Hy klink soos die Napoleon van Afrika. Eenheid soos ons weet maak Mag, daarom ook sy klem op Unity in Diversity, met die dekselse verdelende diversity - en dit is President Mbeki se punt - in Afrika dan eintlik die skuld van die koloniale verlede.

Todat daardie diversity nie verdwyn nie, bly die vraag altoos in sy gemoed: hoe kan Eenheid, dit is Politieke Mag, verseker word? Hy sien al die politieke spanninge, veral in Suid-Afrika wat erger nog as deur kolonialisme, beïnvloed is deur 'n vreemde inheemse Westerse Mag - die Afrikaner - duideliker as omtrent alle blanke "politici", en hy verstaan die potensiaal om sy Eenheid en Mag te ondermyn so lank as wat die moontlikheid van oorlog bestaan.

Hy besef dat verdeeldheid op die basis van Ras, Kleur, Kultuur en Godsdiens verskriklik diep is, en die tipe verdeeldheid in Afrika is alles die gevolge van Kolonialisme – daar slaan President Mbeki die spyker op die kop. Europeërs (Ras), Blankes (Kleur), Eurosentrisme (Kultuur) en Christendom en Islam (Godsdiens) veroorsaak so `n diepe diversiteit in Afrika, dat Eenheid en dus Politieke Mag - totdat die verskille nie meer bestaan nie - nooit vertrou kan word nie.

President Mbeki is daarin 100% korrek. Die politieke eenheid van die Europese Unie is in vergelyking met Afrika natuurlik: een ras, een kleur, een Hoë Kultuur (in die rasionalistiese non-kultuur beskawingsfase), een godsdiens (rasionalistiese sekularisme). Oor die verskillende tale en nasionaliteite in moderne Europa sê die Europolitici: UNITING in Diversity, met diversity dan die aanvaarding van die geskiedenis en berusting in vrede daarby. Dit is iets anders as President Mbeki se diep onsekere kunsmatige Unity in totale Diversity: Afrika versus Europa, of in die geval van Soedan: die vervloë Arabiese Hoë Kultuur en sy historiese Imperialisme.

Die Afrikanerpolitiek van die TAR gaan President Mbeki se ergste vrese bewaarheid en hom diep ontstel. Mense, julle moet weet waarmee julle besig is, mooi dink en versigtig wees. Bid dat julle politieke insig sal verkry. Ons kan bly wees Daniël het bogemiddelde verstand en instink. Enige man van mindere gehalte gaan opeindig in 'n NSA tronk so seker as wat die Boeremag daarin gelei is.

Groete Jacob

boontoe