Mbeki wil
moontlikheid van warm oorlog vernietig
In sy kommentaar en persverklaring
skryf Dan Roodt: "Die grootskaalse wapenaankope deur die ANC-regering,
asook die huidige debakel waar aansoeke om wapenlisensies deur die
publiek voor die voet geweier word, verraai 'n bepaalde obsessie om
blankes te ontwapen en die ANC-staat te bewapen. Met watter einddoel?
wil 'n mens vra."
Daniël, die nuwe korvette,
duikbote, dubbelsitplekvegvliegtuie en helikopters is hoofsaaklik
vir magsprojeksie aan die kus van Suid-Afrikain, in Afrika en om 'n
goeie indruk te skep by die AU. Al R80 miljard (ingesluit die
omkoopgelde) van daardie Europese wapentuig is in die praktyk totaal
nutteloos teenoor wat President Mbeki sien as die SA-eenheidstaat se
grootste interne vyand: regse blankes wat dink aan selfregering.
Gesien vanuit President Mbeki se eenheidstaat is dit weer 'n vorm
van wit minderheidsregering. Mens kan dus sy kommer hieroor begryp,
ten spyte van die grootskaalse wapenaankope deur die ANC-regering.
Oor die afgelope dekade het die
vermoë van die Veiligheidspolisie en SAW om die interne vrede van
die land in 'n noodtoestand te bewaar, drasties afgeneem. Swak
bestuur, gebrek aan dissipline, gebrek aan petrol, Vigs, lae
produktiwiteit, en swak opleiding het die effektiwiteit van die
interne veiligheidsmagte verlaag. Boonop is die meeste oorblywende
Weermagbassisse naby oorheersend blanke woonbuurte, wat hul
blootstel aan risiko van neutralisasie of oorname in geval van 'n
warm oorlog met die blanke bevolking. Aangesien die blanke bevolking
wyd verspreid in dorpe en stede woon, is die konvensionele
artillerie en die grootste gedeelte van die swaar pantser ook in so
'n situasie nutteloos. Die grootste bedreiging in 'n warm oorlog is
die honderdduisende tipe jaggewere, wat deur blankes aangewend kan
word as sluipskutterwapens in voorstedelike afsluiting. Vandaar die
politieke administrasie van die nuwe wapenwet. President Mbeki wil
dus die moontlikheid van 'n warm oorlog vernietig en dit so verhoed.
Vir alle praktiese doeleindes sal die koue oorlog dan ook tot 'n
einde kom, aangesien dit onmoontlik is sonder die moontlikheid van
warm oorlog. Dus die einddoel is polities gesien duidelik Daniël:
die totale eliminasie van Afrikanerpolitiek. Dat blankes daardeur
nie net hul eiendom nie, maar selfs hul lewens in Suid-Afrika nie
meer seker is nie, is polities gesien 'n bysaak. Vanuit 'n ANC-oogpunt
egter nie. Die party het sy oorlog, sy gewapende stryd teen die
OSA-regering voorgesit in die NSA in die vorm van koue oorlog teen
veral regse Afrikaners, vandaar die veroordeling van die politieke
verloorder as 'n immorele onmenslike mag. Dit dien as regverdiging
vir die voortgesette oorlog en plundering tot totale vernietiging.
Hierdie sake word myns insiens al
hoe duideliker deur die TAR raakgesien. Dit is ontstellend om te
dink, dat ons regse mede-Afrikaners, die VF+-leiers, opgeleide en
ervare politici, soos volstruise hierdie realiteite in hul non-politiek
misken het, in plaas van om kontraste op te blaas, en bestaande
spannings met die ANC tot 'n openlike politieke
vriend-vyanddisjunksie uit te bou in die parlement. Dit is werklik
te hope dat hul nou wel hul pensioene op die spel wil plaas, en saam
toetree tot effektiewe, ordelike en wettige Afrikanerpolitiek.
Jacob Mouw
boontoe