wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

                                                               

Roodt skiet intellektueel tekort

'n

Oningeligte "Matie-ouer" skryf in die briewekolom van 04/10/2005 in Die Burger (Kunste is eentalig Engels) dat die (verkeerdelike) "Beeldende Kunste" Departement "slegs in Engels" doseer. Die dag na die verskyning van die brief loods Dan Roodt in sy kapasiteit as iemand wat baie lank terug dié "Matie-ouer" ontmoet het, 'n persoonlike aanval teen die Visuele Kunste Departementshoof, prof Sandra Klopper. Met sy inherente onvermoë om rasioneel te dink stuur Roodt die aanval in e-posformaat aan haar, Chris Brink, aan myself en aan die hele (heelwaarskynlik beperkte) "praagmedialys".


Dit is nie die eerste keer dat Roodt 'n persoonlike aanval loods teen 'n vrou aan ons universiteit nie. Hy herbevestig vir homself sy manlikheid hierdeur, of moet ek eerder sê sy tekortkominge daarvan. Deur onder andere Marlene van Niekerk vroekr vanjaar 'n "kugel" te noem het hy veroorsaak dat Dorothea van Zyl se Woordfees vanjaar nasionale publisiteit ontvang het. As gebrandmerkte rassis het sy deelname aan die Woordfees gelukkig geen skade daaraan gedoen nie, inteendeel meer mense weet nou van dié inklusiewe fees. Dalk juis om hierdie rede probeer hy nou nog 'n gewaardeerde vrou met chauvinisme oordonder omdat hy nie instaat daartoe is om op enige ander manier 'n stawende argument oor enigiets te maak nie. Roodt gryp na sy biologiese omdat sy intellektuele kortkom.
As derdejaar in 'n multidissiplinêre kursus het ek al met talle fakulteite aan hierdie universiteit te doen gekry, elkeen met sy eie interpretasie van ons taalbeleid. Vanjaar het ek vir die eerste keer met die Visuele Kunste Departement te doen gekry. Klopper, wat vir my Kunsgeskiedenis 1 doseer, is Afrikaans en Engels magtig en het haar klasse van die begin af in Afrikaans aangebied. Weens die oorgrote Engelse studente wat tydens lesings gekla het, ook weens kunsterminologie, het sy meer as enige ander dosent by wie ek die afgelope 3 jaar klas gehad het, haar lesings volgens die vereistes van die T-opsie gehandhaaf. Ten spyte van haar titel dring sy daarop aan dat kollegas in studente haar Sandra noem. Daar is werklik nie nog 'n departementshoof of dosent soos sy nie. Sy doen geweldig baie moeite om eksklusiewe Engelse kunsterme so breedvoerig as moontlik in Afrikaans te verduidelik, nie net deur dit bloot te vertaal nie maar ook deur senior studente te kry om dit vir eerstejaars te
kom verduidelik. Sy wend ook geweldig baie multimedia aan om die terminologie verstaanbaar te maak vir Afrikaanssprekende-studente.

In sy e-pos aan Klopper, ek bedoel Sandra, noem Roodt dat 'n "Eerste Wêreld-Afrikaanse universiteit soos Stellenbosch" nie nodig het om enige kennis te dra van die kuns van "Afrikane" nie. Dit hoort "veel eerder ... aan 'n universiteit elders ... in Dar-es-Salaam of Kampala". Ek neem aan Roodt wil hê Sandra moet slegs Europese (Engelse) kuns in Afrikaans doseer, dat die kuns van Pierneef, Irma Stern, Willie Bester en ander Afrikaanssprekende kunstenaars wat tans aan dieselfde departement doseer (soos Anton Kannemeyer) irrelevant is.


As Eurosentriese Afrikaan sal Roodt se skryf(kuns), soos hy regmatig in sy e-pos sê, van veel meer belang wees "in Dar-es-Salaam of Kampala" waar hulle saam kan lag daaroor. Meneer Roodt, soos jy dit aan Sandra in jou e-pos stel, wil ik voorstel "dat u ernstig [moet] besin oor waarmee u besig is" aangesien nie eens 'n afbeelding van Duchamp se urinaal plek het daarvoor nie.

Andri--Pierre du Plessis
Hoofredakteur | Editor-In-Chief

Die Matie Studentekoerant | Student Paper
Langenhoven Studentesentrum
Universiteit van Stellenbosch
Privaatsak X1
Matieland 7602
Republic of South Africa

boontoe