wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

                                                               

Vreemde stilswye van Afrikaanse pers oor Frankryk

Geselsforum: Frankryk en die Derde Wêreldoorlog

Ek vind dit absoluut verbasend en ongewoon dat Afrikaanse koerante niks, maar niks, oor die onlusse in Frankryk skryf nie. Ek gee toe dat dit Afrikaners nie direk raak nie, en dat dit dalk verdelend in Suid Afrika kan wees, omdat die Franse onluste definitief te gaan oor identiteit, etnisiteit, rassediskriminasie, en dies meer.

Op die internasionale vlak is die gebeure in Frankryk egter van dieselfde belang as wat 11 September 2001 was. Die onluste verander die hele basiese verhouding tussen Europeers, en hulle met minderhede. Europa, wat nog altyd etniese demokrasiee was, kan slegs oorleef in 'n baie veranderde vorm as liberale demokrasieë. In dié opsig beteken dit dat Hollanders, Franse, Duitsers, Engelse, Spanjaarde en Italianers, ens., die "etniese" karakter van hulle samelewings moet versaak of moet skei van die regeringsfunksies, en fundamenteel moet aanvaar dat hulle minder Hollands, Frans, Sweeds, Duits en dies meer gaan wees.

Die Franse, terloops, leef al baie lank onder die illusie dat hulle 'n "republiek" is, met burgers wat sekere regte het, ongeag verkleur, etnisiteit en dies meer. Dit is natuurlik heeltemal verkeerd. Frankryk is steeds etnies Frans, en as jy nie opreg Frans is nie, dan is jy 'n tweede klas burger. Dieselfde geld vir die ander Europese demokrasiee. Frankryk kan slegs uit die huidige penarie kom deur die "Franse" deel van hulle identiteit te versaak. In daardie opsig sal hulle moet aanvaar dat Frankryk dalk kan oorskakel in 'n Moslem staat, eerder as 'n Christelike staat, en dat Frankryk anders georiënteer sal wees - 'n ander land met 'n ander etos en verbintenis, as wat dit histories gehad het.

In Noord-Amerika, en ek is doodseker, ook in Europa, oorheers die onluste die pers. Daar is baie angs oor demografiese verval en die onrus en ekonomiese onwrigting wat dit kan veroorsaak (daar is artikels oor demografie, en veral die veranderede demografie in Europa word in omtrent elke uitgawe van bekende tydskrifte behandel en bespreek).

En die Afrikaanse pers se reaksie oor wat miskien die grootste storie van 2005 is, is net stilswye. (Die ander groot storie is dat die Amerikaanse resolusie in die Irakoorlog besig is om 'n paar krake te begin wys).

Merkwaardig.

Buks van Rensburg

Antwoord op dié brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org

boontoe