Naspers en
Beeld verswyg slegte nuus
Geselsforum:
Frankryk en die Derde Wêreldoorlog
Ek dink Buks
het 'n punt hier beet. Daar is skynbaar 'n beleid aan die kant van
Naspers om, soos die drie apies, geen kwaad te hoor, sien of praat
nie. Daar is vir jou 'n lekker spotprent vir die HNP- koerant, Die
Afrikaner: Christo Wiese, Willie Esterhuyse en Ton Vosloo as die
drie apies wat blindelings hul lojaliteit aan die ANC gaan
verkwansel...
Sodra daar 'n
storie kom wat nie by die Broederbond se model van die werklikheid
inpas nie, en wat na die oordeel van die Broeders aan die stuur van
Naspers mag bydra tot die verdere vernietiging van die mite van die
reënboognasie, word dit lyk my verswyg, kom die berigte daaroor
laat, of word dit iewers op bl. 21 weggesteek.
Die dawerende
stilte oor Frankryk se rasse-onluste was een onlangse voorbeeld van
hierdie selfsensuur. 'n Ander een het ons weer vanoggend: nog treine
is oornag in Soweto aan die brand gesteek deur ontevrede pendelaars
(beteken dit terloops ek moet, as ek vassit op die N1, 'n paar karre
aan die brand kan steek, verkieslik met hul insittendes nog
daarbinne, om my ontevredenheid met my vervoersituasie te kenne te
gee?) Daar is geen treine tussen die Vaaldriehoek, Soweto en
Johannesburg vanoggend nie, so erg was die onluste.
Nóg News24, nóg
Beeld se webwerwe dra egter vanoggend enige taal of tyding daarvan.
Ek weet dat die Beeld- en Naspers-joernaliste hierdie webwerf met 'n
bepaalde morbiede fassinasie bestudeer, een van: mense wat in hul
harte dinge weet maar dit nie hardop mag sê nie.
Ek sal bly wees as
een van hulle vir ons kan verduidelik hoekom sulke nuus gesensor
word, of les bes, wie vir hulle die opdrag gee om nie daaroor te
skryf nie. Ek kan hulle 'n paar rigtingwysers gee, byvoorbeeld na
die man in die hoekkantoor op die boonste vloer van hulle
hoofkantoor.
Anton Barnard
Antwoord op dié
brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org
boontoe