wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

                                                               

Moslem-Frankryk is wiskundig moontlik

Geselsforum: Frankryk en die Derde Wêreldoorlog

Moslems het na Frankryk gemigreer vanaf 'n hele paar gebiede.

Eerstens het 'n groot aantal Algerynse Moslems (wat mens seker as "Arabies" kan beskryf) twee geslagte terug (1950s) in Frankryk aangeland. Ironies genoeg was die migrante "pro-Frans" en het Frankryk verkies bo Algerie, wat op daardie stadium eers bloedig vir onafhanklikheid geveg het, en toe onhanklik van Frankryk geword het. Die (Moslem) nageslag van die migrante is nou al derde geslag, en steeds nie geïntegreer nie.

Tweedens was (is) daar migrasie vanaf Frankryk se eks-kolonies in Wes-Afrika. Die migrante is swart Moslems, en hulle kom vanaf die Ivoorkus, Kameroen, Mali en Senegal. Omdat hulle beide swart en Moslem is, is hulle steeds (selfs na twee of drie geslagte) gemarginaliseerd in Frankryk. Daar is baie miljoene swart Moslems in Noord en Wes-Afrika, in lande soos Nigerie, Ivoorkus, Ethiopie, Somalie, Senegal en so voorts het baie groot Moslem bevolkings.

Frankryk (of eerder Franse leiers) was van die grootste skynheiliges gedurende die 1980s, toe hulle baie sedig aan Afrikaners oor rassisme en dies meer gepreek het. Frankryk was ook een van die eerste lande (lank voor Brittanje en selfs voor Holland) wat sanksies teen Suid Afrika ingestel en ondersteun het. Dit terwyl hulle blind was vir die opsigtelike rassisme in hulle eie land.

Demografiese realiteite bepaal die toekoms, en die Franse sal 'n deel van hulle Franse siele moet versaak en fundamenteel moet verander om 'n geïntegreerde land te bou. Soos ek vroeër opgemerk het, is 'n Moslem-Frankryk erens in die toekoms nie onmoontlik nie. Die eksponensiële wette onderliggend aan bevolkingsgroei en afname maak dit 'n baie interessante moontlikheid. Vyf miljoen kan 20 of 50 miljoen word binne 40 tot 80 jaar, en 50 miljoen kan tot 10 miljoen daal in dieselfde tydperk.

Terloops, ek merk op dat Beeld 'n "In diepte"-artikel oor die Franse onluste geplaas het. Dis laat, maar seker eerder laat as nooit.

Buks van Rensburg

Antwoord op dié brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org

boontoe