wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

                                                               

Ek koop liewer kougom as Rapport

Chris Louw se brief: "Is Rapport, te bang, lui of maar net pateties" het betrekking.

Myns insiens het dinge nog nie juis verbeter nie. Verlede jaar het die huidige redakteur my oortuig om die "koerant" nie weer te koop nie. Hy het meer aandag gegee aan promosie-dekking vir 'n peperduur produk wat bemark word deur 'n onderneming wat gekoppel word aan 'n oud-joernalis en haar familie, as aan navorsing wat daarop dui dat die publiek 'n soortgelyke produk baie, baie goedkoper kan bekom. Boonop is my kontakdetails aan die onderneming deurgegee, sodat hulle my tydig en ontydig lastig geval het met belaglike ou dreigementjies dat ek hulle nogal om verskoning sou moes vra, want hulle produk se verkope sou benadeel word. Toe ek aan hulle verduidelik dat ek graag "my dag in die hof sou wou he", het hulle vinnig die aftog geblaas. Nogtans het die redakteur hulle - en nie vir my ook nie - die kans gegee om weereens promosie te doen - nogal met 'n foto by! Dit het my laat besluit dat die "koerant" hopeloos te min bied vir iemand met onafhanklike denke wat nie deur elke uitvindself beindruk word nie. Ek bestee my geld liewer aan kougom. Dis net jammer dat 'n blad wat homself voorhou as 'n opbouer van Afrikaans, daarmee wegkom. 

Dr Elma Ross

Antwoord op dié brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org

boontoe