"Broederbond"-faksie
ondermyn Afrikaners
Geselsforum:
Frankryk en die Derde Wêreldoorlog
Anton, Buks, ens.,
Na my mening is daar net een rede
waarom 'n "Broederbond"-faksie so ondermynend teenoor
Afrikaners sal optree en dit is as hulle baie goeie vergoeding
daarvoor ontvang. Hierdie teorie kan maklik verklaar waarom hulle
nie net ongeërg is oor die verwoesting van Afrikaners en
Afrikaner-belange nie maar aktief saamwerk en ondersteunend is
teenoor die vyande van Afrikaners.
As dit so is, beteken dit dat ons
belastinggeld rojaal aan hulle uitgedeel word sodat hulle as
skaaphond optree om ons in kampe te boender vogens die ANC, en
andere, se antagonistiese wil en wense.
Dit verklaar ook waarom
"Broederbonder/Naspersers" so gretig is om almal te
kondisioneer om saam te stem met grondonteiening , verwydering van
Afrikaners se taal, kultuur, opvoedingsentrums, geskiedenis, ens.
Hulle sal daar vroom en skertsend
saam met die verwoesters van Afrikaners vergader al weet hulle
waarna die beplande roete lei. Dit kan net wees omdat hulle baie
gelukkig voel oor die fantastiese inkomste wat deur (Afrikaner-)belastingbetalers
aan hulle verskaf word.
Waarom anders sal hulle so
beduidend en opsigtelik die misdaad en korrupsie wat hier aangaan
uit die media probeer weerhou en wegpraat?
Waarom staan hulle nie orent en
dring aan dat die groot landskappe onbewerkte landbougrond in die
verydelde state ontwikkel word in stede daarvan om die teistering
en bedreiging rondom Afrikaner-Boere se suksesvolle plase goed te
praat en te verdoesel nie?
Want!! Hulle word baie duidelik
(deur ons) betaal om die ANC se vrot, bloed-bespatte skoene te
poets en die Afrikaners se aandag weg te hou van die werklikheid.
(Terloops, ek verwag binnekort 'n
media-onthulling van 'n ingenome Indiër- of Engelse boer wat
onteien is sodat dit in ons dik koppe in gedryf word dat dit nie
net Afrikanerplase is wat geteiken word nie.)
O-ja! en betreffende die treine
wat so onder frustrasie ly!... ons is verheug oor die nuwe twintig
duisend miljoen rand se terapeutiese fasiliteit wat binnekort vir
die massas beskikbaar gaan wees om hulle frustrasies op te kan
uithaal !
Doug
Antwoord op dié
brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org
boontoe