ANC-stadsbeplanning
'n groot gevaar
Geselsforum:
Frankryk en die Derde Wêreldoorlog
Dit word nou al
meer duidelik dat die ou Apartheidstipe verstedelikingsmodel en
woonbuurtbeplanning nie binne die nuwe SA langer kan oorleef nie.
Dat oop woonbuurtes (sonder mure, hekke ens.) vreedsaam binne ‘n
groter stedelike konteks voortbestaan, is ‘n eerstewêreldse en
veral ‘n Westerse konsep. In Suid Afrika kon dit slegs sinvol
funksioneer binne die Apartheidsisteem. Heelwat blankes besef dit
al geruime tyd reeds en vandaar die ontstaan van die vele ‘sekuriteitskomplekse’,
gholf-ghetto’s ens. Hierdie neiging tot sekuriteitsvestigings
het egter weinig tot geen verbetering in woonbuurtsekuriteit
gebring nie. Daar is etlike strukturele probleme met hierdie ‘oplossing’:
1. Soos wat
kriminele swart elemente (Nigeriërs, Zimbabwiërs, ens.)
toenemend welgesteld raak in die Suid-Afrikaanse kriminokrasie,
betrek hulle ook die ‘sekuriteitsvestigings’, met nadelige
gevolge vir woonbuurtsekuriteit.
2. ‘n Meer
ooglopende faktor is die groeiende swart middelklas wat voortvloei
uit die regering se rassistiese SEB en regstellende
beleidsimplementering. Ek weet van etlike gevalle waar sulke
persone misdaad in ‘sekuriteitsvestigings’ gepleeg het.
3. Nog ‘n baie
belangrike faktor is die skoonmaak- en onderhoudspersoneel, sowel
as die ‘sekuritietspersoneel’ (wat gewoontlik wolf as
skaapwagter is).
4. Dan is daar
natuurlik ook die argitektoniese sekuriteitsrisikos. Hierdie
komplekse word deur ontwikkelaars gebou wie se primêre doelwit
maksimum winsgrense is. Dus, behalwe die boukwaliteit wat
gewoontlik minderwaardig is, is die ‘sekuriteitsmure’ hopeloos
te laag en dus maklik om oor te kom. Suid-Afrikaanse inbrekers
word nie deur mure en elektriese muurkrone teruggehou nie.
Die huise in die
ou Apartheidsbuurte is natuurlike weens dieselfde redes en nog ‘n
paar addisionele risikos, soos die onbeperkte vloei van ‘voetgangers’,
sowel as inwonende personeel, verder uitgelewer aan misdaad.
Die regering se
nuwe verstedelikkingsbeleid, nl. om die armes tussen die rykes
(dit lees natuurlik ‘swartes tussen wittes’) te plaas, het
natuurlik nie net die ‘ontwikkeling’ van die swart gemeenskap
ten doel nie, maar ook duidelike politieke motiewe, soos om die
blanke stadsraadswyke oor te neem en daarmee die blanke geheel en
al uit plaaslike owerhede te druk. Hoewel ons natuurlik steeds
daardie owerhede sal moet finansier. Ons almal verstaan tog
sekerlik dat die hoë misdaad in ons woonbuurte die direkte gevolg
daarvan is dat die meeste buurte (in Gauteng ten minste)
gewoontlik binne ‘n kilometer of drie van ‘n township of
plakkerskamp is. Dit verg dus nie breingimnastiek om te bereken
wat die gevolg sal wees wanneer jy daardieselfde armes sou neem en
in goedkoop behuising (waarvoor die blanke belastingbetaler sal
moet vergoed) op elke moontlike park, kommunale oopruimte of leë
erf tussen die meer gegoedes indruk nie. O ja, natuurlik van
besonderse prioriteit vir die regering is dat ten minste 20% van
die oppervlakte van die blankes se geliefde gholf-ghetto’s en
‘sekuriteitskomplekse’ ook dan sulke armes moet akkomodeer.
Dit is eenvoudig om te bereken (of sal ek liewer se onberekenbaar)
hoeveel mense die geoormerkte groep binne 20% van die oppervlak
kan indruk. Ek is seker almal sal verstaan dat hierdie 20%
oppervlakte meer as 80% van die bevolking sal huisves in so ‘n
kompleks.
Ironies genoeg
beskryf die regering se ideoloë een van die belangrike redes vir
hierdie woonbuurt-integrasie juis om rassespanning te verlaag. Ek
twyfel sterk of daardie massas wat op die 20% oppervlak gaan woon
beter oor hulle blanke bure gaan voel as toe hulle nie bure was
nie. Dit lyk vir my meer na ‘n deursigtige plan van
rykdomherverdeling, intimidasie van die blanke en politieke
anneksasie van elke moontlike blanke stedelike wyk. Verder sal dit
dan ook ooglopend wees dat alle publieke skole in sulke
tradisioneel balnke areas voorkeur aan die behoeftes van die
minder gegoedes sal moet gee. Dat privaatskole en privaathospitale
dan onder soortgelyke druk as residensiële komplekse sal kom, is
die logiese evolusie van so ‘n ideologiese glybaan. Dat misdaad,
in tradisioneel blanke woonbuurte, dan natuurlik met ’rasse’
skrede sal toeneem, is natuurlik die mees duidelike gevolg van
sulke residensiële integrasie. Sonder om spoke te wil opjaag, kan
mens natuurlik net wonder op watter punt alle leë
bediendekwartiere en motorhuise ook opgekommandeer sal word om die
‘behuisingsnood’ te help verlig.
Nietemin, ons het
nie die instelling van hierdie absurde Leninistiese beleid nodig
om in ‘n krisis te verkeer nie. Ons is alreeds skouerdiep in die
gevaarsone. Behalwe die enorme hoeveelheid moorde, verkragtings,
motorkapings, inbrake ens. wat ons woonbuurte al meer soos die
slagvelde van die boerdery gemeenskap laat lyk staan ons op die
rand van ‘n ander baie gevaarliker en sinistere afgrond. Met
inbegrip van ons Gautengse woonbuurtes wat gewoontlik nie ver van
‘n krotbuurt is nie, is ons ook aan ander faktore blootgestel.
Behalwe ons eie swartes wat klaarblyklik voel dat ons te goed
daaraan toe is (ongeag die groeiende armoede onder Afrikaners en
dat blankes wêreldwyd eintlik beter daaraan toe is), sit ons met
etlike miljoene ‘vlugtelinge’ uit lande soos Zimbabwe, die
Kongo, Rwanda, ens. Die Zimbabwiërs weet reeds hoe om blankes van
hul grond af te dryf en die ander ‘vlugtelinge’ uit die
oorloggetysterde sentraal-Afrika is nie vreemdelinge vir geweld en
massamoorde nie.
Terselfdertyd is
daar nie meer ‘n polisiemag wat ons wil of kan beskerm nie.
Daarby word die blanke ontwapen deur die regime wat klaarblyklik
ons, die mees wetsgehoorsame burgers in die land, as ‘n
besonderse veiligheidsrisiko beskou. Te midde van die huidige
burgerlike onrus wat landwyd aan die toeneem is en gegewe die
geografiese nabyheid van ryk en arm woonbuurte, tesame met die
emosionele inhoud en materiële deprivasie wat in die oorbevolkte
krotbuurtes bestaan, verkeer ‘n voormalige ‘welgestelde
onderdrukker’, wat geen polisie en bittermin gewapende
beskerming van sy eie het, vir seker in die gevaarlikste en mees
riskante situasie waarin enige volk voor sy uitwissing nog was.
Selfs die Russiese adelstand het gewapende wagte en groot dele van
die weermag aan hulle kant gehad.
Hierdie risiko is
so ontstellend dat dit opsigself (ongeag al die ander dilemmas
waarin FW en Roelf ons gekry het) ‘n dringende nood-volkskongres
vereis. Nogtans is daar ‘n totale impasse onder Afrikaner-‘leiers’.
Ek kan nie help om te wonder of ons mense eers gaan wakkerskrik
wanneer iets afgrysliks op ons gaan neerdaal nie.
Ek glo
terselfdertyd dat ‘n katastrofe voorkom kan word deur
onmiddelike en proaktiewe optrede van politieke mobilisasie, sodat
die vyand weet ons staan vas. Daarmee saam die versnelde migrasie
na ‘n veilige bakermat, Pretoria-Oos, (sowel as die kleiner
Orania) waar ons in ons getalle veiligheid kan vind.
Vlad du Plessis
Antwoord op dié
brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org
boontoe