wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

                                                               

ANC-stadsbeplanning 'n groot gevaar

Geselsforum: Frankryk en die Derde Wêreldoorlog

Dit word nou al meer duidelik dat die ou Apartheidstipe verstedelikingsmodel en woonbuurtbeplanning nie binne die nuwe SA langer kan oorleef nie. Dat oop woonbuurtes (sonder mure, hekke ens.) vreedsaam binne ‘n groter stedelike konteks voortbestaan, is ‘n eerstewêreldse en veral ‘n Westerse konsep. In Suid Afrika kon dit slegs sinvol funksioneer binne die Apartheidsisteem. Heelwat blankes besef dit al geruime tyd reeds en vandaar die ontstaan van die vele ‘sekuriteitskomplekse’, gholf-ghetto’s ens. Hierdie neiging tot sekuriteitsvestigings het egter weinig tot geen verbetering in woonbuurtsekuriteit gebring nie. Daar is etlike strukturele probleme met hierdie ‘oplossing’: 

1. Soos wat kriminele swart elemente (Nigeriërs, Zimbabwiërs, ens.) toenemend welgesteld raak in die Suid-Afrikaanse kriminokrasie, betrek hulle ook die ‘sekuriteitsvestigings’, met nadelige gevolge vir woonbuurtsekuriteit. 

2. ‘n Meer ooglopende faktor is die groeiende swart middelklas wat voortvloei uit die regering se rassistiese SEB en regstellende beleidsimplementering. Ek weet van etlike gevalle waar sulke persone misdaad in ‘sekuriteitsvestigings’ gepleeg het. 

3. Nog ‘n baie belangrike faktor is die skoonmaak- en onderhoudspersoneel, sowel as die ‘sekuritietspersoneel’ (wat gewoontlik wolf as skaapwagter is). 

4. Dan is daar natuurlik ook die argitektoniese sekuriteitsrisikos. Hierdie komplekse word deur ontwikkelaars gebou wie se primêre doelwit maksimum winsgrense is. Dus, behalwe die boukwaliteit wat gewoontlik minderwaardig is, is die ‘sekuriteitsmure’ hopeloos te laag en dus maklik om oor te kom. Suid-Afrikaanse inbrekers word nie deur mure en elektriese muurkrone teruggehou nie.

Die huise in die ou Apartheidsbuurte is natuurlike weens dieselfde redes en nog ‘n paar addisionele risikos, soos die onbeperkte vloei van ‘voetgangers’, sowel as inwonende personeel, verder uitgelewer aan misdaad.

Die regering se nuwe verstedelikkingsbeleid, nl. om die armes tussen die rykes (dit lees natuurlik ‘swartes tussen wittes’) te plaas, het natuurlik nie net die ‘ontwikkeling’ van die swart gemeenskap ten doel nie, maar ook duidelike politieke motiewe, soos om die blanke stadsraadswyke oor te neem en daarmee die blanke geheel en al uit plaaslike owerhede te druk. Hoewel ons natuurlik steeds daardie owerhede sal moet finansier. Ons almal verstaan tog sekerlik dat die hoë misdaad in ons woonbuurte die direkte gevolg daarvan is dat die meeste buurte (in Gauteng ten minste) gewoontlik binne ‘n kilometer of drie van ‘n township of plakkerskamp is. Dit verg dus nie breingimnastiek om te bereken wat die gevolg sal wees wanneer jy daardieselfde armes sou neem en in goedkoop behuising (waarvoor die blanke belastingbetaler sal moet vergoed) op elke moontlike park, kommunale oopruimte of leë erf tussen die meer gegoedes indruk nie. O ja, natuurlik van besonderse prioriteit vir die regering is dat ten minste 20% van die oppervlakte van die blankes se geliefde gholf-ghetto’s en ‘sekuriteitskomplekse’ ook dan sulke armes moet akkomodeer. Dit is eenvoudig om te bereken (of sal ek liewer se onberekenbaar) hoeveel mense die geoormerkte groep binne 20% van die oppervlak kan indruk. Ek is seker almal sal verstaan dat hierdie 20% oppervlakte meer as 80% van die bevolking sal huisves in so ‘n kompleks. 

Ironies genoeg beskryf die regering se ideoloë een van die belangrike redes vir hierdie woonbuurt-integrasie juis om rassespanning te verlaag. Ek twyfel sterk of daardie massas wat op die 20% oppervlak gaan woon beter oor hulle blanke bure gaan voel as toe hulle nie bure was nie. Dit lyk vir my meer na ‘n deursigtige plan van rykdomherverdeling, intimidasie van die blanke en politieke anneksasie van elke moontlike blanke stedelike wyk. Verder sal dit dan ook ooglopend wees dat alle publieke skole in sulke tradisioneel balnke areas voorkeur aan die behoeftes van die minder gegoedes sal moet gee. Dat privaatskole en privaathospitale dan onder soortgelyke druk as residensiële komplekse sal kom, is die logiese evolusie van so ‘n ideologiese glybaan. Dat misdaad, in tradisioneel blanke woonbuurte, dan natuurlik met ’rasse’ skrede sal toeneem, is natuurlik die mees duidelike gevolg van sulke residensiële integrasie. Sonder om spoke te wil opjaag, kan mens natuurlik net wonder op watter punt alle leë bediendekwartiere en motorhuise ook opgekommandeer sal word om die ‘behuisingsnood’ te help verlig.

Nietemin, ons het nie die instelling van hierdie absurde Leninistiese beleid nodig om in ‘n krisis te verkeer nie. Ons is alreeds skouerdiep in die gevaarsone. Behalwe die enorme hoeveelheid moorde, verkragtings, motorkapings, inbrake ens. wat ons woonbuurte al meer soos die slagvelde van die boerdery gemeenskap laat lyk staan ons op die rand van ‘n ander baie gevaarliker en sinistere afgrond. Met inbegrip van ons Gautengse woonbuurtes wat gewoontlik nie ver van ‘n krotbuurt is nie, is ons ook aan ander faktore blootgestel. Behalwe ons eie swartes wat klaarblyklik voel dat ons te goed daaraan toe is (ongeag die groeiende armoede onder Afrikaners en dat blankes wêreldwyd eintlik beter daaraan toe is), sit ons met etlike miljoene ‘vlugtelinge’ uit lande soos Zimbabwe, die Kongo, Rwanda, ens. Die Zimbabwiërs weet reeds hoe om blankes van hul grond af te dryf en die ander ‘vlugtelinge’ uit die oorloggetysterde sentraal-Afrika is nie vreemdelinge vir geweld en massamoorde nie.

Terselfdertyd is daar nie meer ‘n polisiemag wat ons wil of kan beskerm nie. Daarby word die blanke ontwapen deur die regime wat klaarblyklik ons, die mees wetsgehoorsame burgers in die land, as ‘n besonderse veiligheidsrisiko beskou. Te midde van die huidige burgerlike onrus wat landwyd aan die toeneem is en gegewe die geografiese nabyheid van ryk en arm woonbuurte, tesame met die emosionele inhoud en materiële deprivasie wat in die oorbevolkte krotbuurtes bestaan, verkeer ‘n voormalige ‘welgestelde onderdrukker’, wat geen polisie en bittermin gewapende beskerming van sy eie het, vir seker in die gevaarlikste en mees riskante situasie waarin enige volk voor sy uitwissing nog was. Selfs die Russiese adelstand het gewapende wagte en groot dele van die weermag aan hulle kant gehad.

Hierdie risiko is so ontstellend dat dit opsigself (ongeag al die ander dilemmas waarin FW en Roelf ons gekry het) ‘n dringende nood-volkskongres vereis. Nogtans is daar ‘n totale impasse onder Afrikaner-‘leiers’. Ek kan nie help om te wonder of ons mense eers gaan wakkerskrik wanneer iets afgrysliks op ons gaan neerdaal nie.

Ek glo terselfdertyd dat ‘n katastrofe voorkom kan word deur onmiddelike en proaktiewe optrede van politieke mobilisasie, sodat die vyand weet ons staan vas. Daarmee saam die versnelde migrasie na ‘n veilige bakermat, Pretoria-Oos, (sowel as die kleiner Orania) waar ons in ons getalle veiligheid kan vind.

Vlad du Plessis

Antwoord op dié brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org

boontoe