Oor Parysbrande, Moslempessimisme en Afropessimisme
Geselsforum:
Frankryk en die Derde Wêreldoorlog
Noord-Afrikane/
Moslems plunder die pragtige Stad van Lig. En wie se skuld is dit?
Natuurlik die Franse se skuld. Hulle beleid van assimilasie het
kwansuis die Moslems/ Noord-Afrikane nooit 'n kans gegun nie. Weer
eens 'n voorbeeld van die "blame game" wat Moslems/
Afrikane so geredelik speel. Hulle dra nie self
verantwoordelikheid vir hul aksies nie soos om hulself te bekwaam
vir indiensneming nie; vir hul onvermoë en onbereidwilligheid om
te assimileer nie. Hulle eksternaliseer die probleem weer soos
gewoonlik: "Dis julle skuld!" En siedaar, Frankryk
brand.
Hier in Ozzie
word die "blame game" ook gespeel. 17 Moslemterroriste
is gister gearresteer -- hulle was op die punt om 'n groot aanval
te loods. Plofstof en gevorderde planne is gevind. Hulle is almal
"homegrown"-Moslems, m.a.w. tweede geslag wat hier
gebore is. En hulle is bereid om hierdie ruim land wat hulle en
hul ouers 'n kans gegun het, te plunder. Die belhamel is nogal 'n
TV-sepieakteur. Hy is die laaste ou wat kan kla dat die samelewing
hom nie wil integreer nie.
Dus: Die
Ozziebeleid van gematigde multikulturalisme werk ook nie vir
hierdie groep nie: Koester jou groep, maar koester ook die
hoofstroom. Al die ander immigrantegroepe kry dit reg.
En die wit Loony
Left se reaksie? Hulle eet die blaam vir soetkoek op: "Ja,
dit is inderdaad ons skuld. Kom ons steek hand dieper in eie
boesem om te kyk waar ons verkeerd gegaan het." Een donner
skryf 'n brief in die koerant gister: Die antwoord is om nog meer
Moslemimmigarnte in Ozzie toe te laat sodat "die balans meer
ewewigtig kan wees." Praat van 'n doodswens!
Vergewe my
hierdie stuk Afropessimisme: Afrikane was arm in hul eie lande
voor onafhanklikheid. Toe blameer hulle die Europese besetter:
"Maak ons onafhanklik dat ons kan vorder." Toe maak die
Europeër so. Toe bly die Afrikane arm. Toe sê hulle: "Dis
die erfenis van kolonialisme wat ons agter hou. Gee geld."
Veertig jaar na onafhanklikheid was Afrika steeds arm. Toe blameer
hulle Europa omdat globalisering Afrika agter hou. Toe trek die
Afrikane Europa toe. Toe bly hulle steeds agter. Toe blameer hulle
Europa omdat hulle nie 'n kans gegun word in die nuwe samelewing
nie. Nou brand hulle sommer Europa af.
Bittergal
Antwoord op dié
brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org
boontoe