Brink stink!
Ek
nomineer graag Professor Chris Brink van Stalinbos vir die
skandpaal. Brink, 'n welbekende vyand van Afrikaans en Afrikaners,
het verlede week 'n prul bekendgestel: No Lesser Place: The
Taaldebat at Stellenbosch. Let op dat Brink, sy Afrikaanse naam en
van ten spyt, hom nie verwerdig om enigsins in Afrikaans te
kommunikeer nie.
Bogenoemde boek is aldus Professor Marx (askies, Brink), 'n
"multikulturalistiese" pleidooi teen die sogenaamde
ekstremistiese sienings van die Afrikaners wat so arrogant is om dit
waarop hulle geregtig is uit hoofde van beide demografie en hul
enorme bydraes tot die staatskas in terme van belasting, 'n
Afrikaanse universiteit, aan te dring. Hoe onredelik tog. Volgens
Brink kom bostaande uiters redelike versoek, wat ironies strook met
alle internasionale norme van kulturele regte, neer op
"uitsluiting" en "dwang". Dis nou in
teenstelling met die uitsluiting en dwang wat Afrikaanse studente
ervaar deurdat hulle gedwing word om in Engels klas te draf.
Professor Brink is uiteraard een van daardie laakbare indiwidue wie
se bykans-waansinnige politieke korrektheid hom dwing om nie net
self in die ANC se rektum te probeer versmoor nie, maar wat ook sy
masogistiese selfhaat - sy minagting vir sy herkoms, sy taal en
vermoedelik homself - op die res van die Afrikanervolk wil afdwing.
Saam met indiwidue soos Bram Fischer sal Brink slegs onthou word as
'n patetiese, papbroekige, intellektueel-agterlike persoon wie se
selfrespek en integriteit geoffer is op die altaar van die
blindelingse aanbidding van diegene wat sy volk wil vernietig.
Brink verdien hy om soos Vidkun Quisling deur Afrikaners verwerp en
om in die asblik van die geskiedenis as 'n irrelevante
verraadsfiguur gewerp te word.
Soos die plakkate op Stalinbos se kampus lui:
"Brink Stink!"
Anton Barnard
boontoe