wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

                                                               

Sewe vrae aan prof. Chris Brink

Geagte prof. Brink,

Ek merk dat u in u Engelstalige werk oor die taaldebat rondom Stellenbosch (No lesser place) my in ‘n voetnoot as ‘n “ekstremis” beskryf. In die lig van die feit dat u universiteit reeds ‘n postume eredoktoraat aan Braam Fischer toegeken het, moet ek sê dat ek ietwat uit die veld geslaan is. Fischer het ‘n veldtog van gewelddadige opstand teen die destydse SA regering gevoer, waaronder terreuraanvalle op burgerlikes soos die Johannesburgse stasiebom inbegrepe was, en wou ‘n kommunistiese revolusie ná die Sowjet-model in die land instel. Volgens kenners het kommunisme in die twintigste eeu regstreeks tot die dood van 100 miljoen mense gelei deur massamoorde, strafkampe, psigiatriese behandeling vir dissidente, hongersnode en dergelike meer.

Hoewel ek reeds ‘n rubriek oor u onlangse toevoeging tot die Engels-Suid-Afrikaanse literatuur geskryf het, sou ek graag meer breedvoerig op u argumente wou ingaan. Op die gevaar af dat ek u sou misverstaan aangesien u vanuit die multikulturele paradigma skryf wat nie noodwendig vir ‘n gewone Westers-georiënteerde Afrikaner-sterfling soos ek toeganklik is nie, wil ek graag hê dat u op onderstaande vrae sou antwoord, indien dit u behaag.

Vraag 1: Wat is, volgens u definisie, ‘n “ekstremis”?

Vraag 2: U sê self in u boek dat Stellenbosch tans grotendeels swart studente trek wat weens gebrekkige potensiaal by Engelstalige universiteite weggewys word. Beoog u dus om standaarde by Stellenbosch te verlaag sodat u die universiteit “meer divers” kan maak?

Vraag 3: In die VSA en ook by Tukkies se mediese skool word blanke studente met goeie punte dikwels weggewys omdat hul kwota “reeds vol” is en swart studente met laer punte word in hul plek toegelaat. Voorsien u dat Stellenbosch in sy strewe na “diversiteit” kwotas gaan invoer waardeur blanke studente en veral blanke Afrikaanse studente benadeel gaan word sover dit toelatings betref?

Vraag 4: Prof. Barney Pityana het onlangs by ‘n regeringskonferensie wat ook deur die minister van onderwys bygewoon is, verklaar dat universiteite “getransformeer” gaan word om meer Afrika-wetenskap, -kultuur en –filosofie te doseer. Kennelik staan u self as multikulturalis erg krities jeens die Westerse tradisie van wetenskapsbeoefening, dit wil sê kennis wat in die verlede deur “blanke mans” geproduseer is. Daarom: Gaan Stellenbosch ook verafrikaniseer word sover dit akademiese kursusse betref?

Vraag 5: Verlede jaar is ek toegang tot die Stellenbosse kampus ontsê of liewer ‘n aantal van u dosente wou my toegang tot die hele dorp ontsê omdat ek oor ‘n liefdesroman wat in Parys afspeel in ‘n boekwinkel wou kom praat. In u boek verwys u ook na my “onsmaaklike sienings” wat sensuur noodsaak en waarvan die universiteit hom “distansieer”. Watter “sienings” sou dit wees?

Vraag 6: Een van die punte van kritiek wat in die VSA teen linksgesinde blankes en voorstanders van “diversiteit” soos u geopper word, is dat hulle in die openbaar “diversiteit” en ‘n voorkeur vir swart vriende en swart kultuur bely, maar die eerste is wat wegtrek as swartes in hul buurt kom woon en hul kinders insgelyks na oorwegend blanke skole in oorwegend blanke buurte stuur. Volgens die voorwoord in u boek het u self skoolgaande kinders wat reeds – so neem ek aan - aan die voortreflikhede van “diversiteit” (en dus ook “kwaliteit”, volgens u eie argument) tussen ‘n meerderheid swart kinders blootgestel word. Daarom dus my logiese vraag, prof. Brink, in watter oorwegend swart skool in watter oorwegend swart buurt ontvang u kinders tans onderrig?

Vraag 7: Samehangend met vraag 6, wil dit voorkom asof u en ‘n aantal “progressiewe”, “post-Afrikaner”-dosente sou verkies om aan die onaangenaamheid van klasse vol blanke Afrikaanssprekende studente te ontkom deur die transformasie van Stellenbosch tot ‘n meerderheid swart en dus “diverse” kampus. Daar bestaan egter ‘n hele aantal sulke kampusse in die land en ook elders op ons kontinent. Daarom is my laaste vraag: hoeveel lede van u dosentekorps wat tans “diversiteit” bepleit, bedank jaarliks by Stellenbosch en doen aansoek om poste by oorwegend swart kampusse in Suid-Afrika of elders op die kontinent?

By voorbaat dank vir u antwoorde.

Die uwe,

Dr. Dan Roodt

Antwoord op dié brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org

boontoe