Ons het keuse
om te emigreer
Dit
was met tipiese vooropgelegde idees dat ek Daniël Roodt se brief
aan "Mad Max" Ek
is nie van Engelse afkoms - vir Max du Preez gelees
het. My persepsies oor jou het verander, en ek dink jy het uiters
goeie standpunte, wat Max nie kan of wil beantwoord nie. Maar in
elk geval.
Ek
is 'n wit Afrikaanse landbouer (boer) van Engelse herkoms, met nie
naastenby die intellektuele vermoëns van jou of Max nie.
Alhoewel
ek saamstem met baie van jou standpunte, voel ek tog Daniël, dat
in die tye waarin ons vandag leef met paspoorte en vliegtuie, ons
die keuse het in watter dam saam met watter visse ons wil swem. As
die ander inwoners van die dam jou irriteer en die baas 'n
brulpadda met die I.K. van 'n revierklip is, vat jouself weg man,
moenie vir jou 'n hoekie van stilte gaan soek nie, daar is nie een
nie.
As jy
dan eerder Duits of Frans wil hoor as Xhosa of Sotho, moenie
verder jou moer versuur nie, gaan daar waar jy weg is van daardie
geluide. Miskien is dit makliker vir ons dommer Afrikaners om tot
laer vlakke van intellektuele kommunikasie te daal as vir manne
van jou formaat. Ek het in Afrika geleer om myself nie te ernstig
op te neem nie. Ek dink nie jou groot probleem is die groot swart
probleem nie, ek dink jy is gatvol omdat jy as Afrikaner nie meer
jou sin kan kry "en die shots call" nie.
Ek
weet nie Daniël, politici was nog altyd die probleem en nie die
oplossing nie. Maak die sweer van binne gesond. Sorteer jou
probleem met jou buurman uit sonder om persoonlik te raak, bou op
deur jou hande 'n slag vuil te maak met grond en nie ink nie,
moenie die een verruil vir die ander nie, kry 'n balans. Vergeet
van wat die Europese filosowe geskryf het, en help probleme met
dade oplos, nie met opinies nie.
Jy
sal nie jou kultuur verloor deur met die ander
"Smarties" in die pakkie te meng nie, jy sal 'n rooi
Smartie bly. Of jou kleinkinders rooi smarties gaan bly, hang van
jou kinders af en nie van jou nie, daar is in elk geval 'n Saraha
Baartman in jou voorgeslagte.
Ontspan
en help saamwerk, of vat jou paai en waai.
Guy
Emslie
boontoe