Virtuele
Afrikanerstaat
Vandag lees ek die
artikel van die toekomskundige, Piet Müller, in die Rapport. Mulder
skryf breedvoerig oor die ontstaan van virtuele nasies. Hy maak ook
melding van die onlangse opmerking, te Orania, van prof. Marius
Wiechers wat na die moontlikheid van die ontstaan van ‘n virtuele
Afrikanerprovinsie/-staat verwys het. Mulder noem dan ook dat
virtuele nasies so invloedryk kan raak dat hulle selfs landmassas
sal kan toe-eien. Hy meld twee voorvereistes vir die ontstaan van
‘n virtuele nasie, nl. 1. Goeie kommunikasiemiddele. 2. ‘n
Gesamentlike doelstelling. Verder voeg hy by dat deur sterk
leierskap daarby in te sluit dit bykomende momentum sal verkry. Hy
noem verskeie voordele wat lidmaadskap/burgerskap aan ‘n virtuele
nasie sou inhou. Daarby sluit hy meestal in: dienste, invloed,
handel en die bereiking van ideologiese doelstellings soos
minderheidsgroepbeskerming, ens.
Mens wonder
onmiddelik wat die potensiaal van so ‘n ontwikkeling vir ons as
Afrikanernasie/volk inhou en hoe dit ons kan help om ons doelwit van
‘n eie grondgebied te bereik. Ek kan nie help om te dink dat ons
via Praag dalk reeds in ‘n embrionale stadium van die ontwikkeling
van ‘n virtuele Afrikanerstaat staan nie. Verder kan ek alleen
wonder en selfs glo dat dit die manier is hoe ons teen ‘n
versnelde tempo by ons eindoel van ‘n geografiese gebied van ons
eie sal kan uitkom.
Nietemin voel ek
dat ons nou verby die ‘praatfase’ moet begin beweeg en oorgaan
tot ‘n ‘doenfase’. Om oor te beweeg tot ‘n doenfase, voel
ek, dat ons ons doelwit finaal moet begin definieer. M.a.w., waar
gaan die Afrikanerstaat wees? Deur stemming kan ons selfs leierskap
op die kuberruimte aanwys. Ons kan virtuele departemente soos
Buitelandse Sake, Handel, selfs Onderwys en Grondgebiedverkryging
oprig. Deur sulke V-Departemente kan ons verskeie aksies in beide
die virtuele en fisiese wêrelde loods.
Ek dink die tyd het
nou aangebreek vir ons om minder op ons verskille te fokus en meer
na ons ooreenkomste te kyk. So sal ons konsensus kan vind en in ‘n
relatiewe kort tyd struktuur aan ‘n virtuele staat kan gee. So ‘n
virtuele staat sal groei in getalle en gou druk vir ‘n grondgebied
kan begin uitoefen. Teen die tyd dat die grondgebied verkry word sal
heelwat van die strukture om dit suksesvol te bestuur reeds in plek
wees. Bykomend by lg. punt, sal die virtuele oorsprong van die staat
dit perfek vir die ‘Nuwe Ekonomie’ geposisioneer het.
Vlad du Plessis
Antwoord op dié
brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org
boontoe