Johann Wingard, 18/01/2002:  Moraliteit vs. werklikheid

Na aanleidng van Dan se slotaanmerking oor demokrasie sonder 'n sterk middelklas wil ek graag enkele juwele wat Robert D. Kaplan (familie van David Kaplan?) in artikels gepubliseer het, met u deel.

 

1. In gemeenskappe waar die nodige burokratiese instellings nooit werklik operasioneel was nie verswak demokrasie 'n land vanweë onbekookte kompromieë wat aangegaan word en dus 'n swak koalisie regering tot gevolg het.

 

2. State word nie aanvanklik deur demokrasie gevorm of versterk nie.  Darom is demokrasie slegs gepas vir nasies wat reeds doeltreffende burokrasië en 'n sterk middelklas het wat inkomstebelasting betaal en waar die primêre kwessies soos grense en magsdeling lankal reeds opgelos is sodat politici slegs oor die begroting en ander sekondêre kwessies hoef te argumenteer. 

 

3. Sosiale stabiliteit volg op die ontwikkeling van 'n middelklas.  Slegs outoritêre stelsels, soos byv. die monargië van Brittanje en Europa, skep middelklasse --wat, nadat die middelklas 'n sekere omvang en vlak van selfvertroue bereik het teen dieselfde stelsel wat hul voorspoed verwek het sal rebelleer.

 

4. Die les wat hieruit vloei is nie of 'n diktatorskap goed is en demokrasie sleg is nie, maar dat demokrasie slegs suksesvol is as dit die sluitsteen vir ander sosiale en ekonomiese prestasies is.  In sy boek "Author's Introduction to Democracy in America" wys Tocqueville hoe demokrasie in die weste as 'n organiese uitvloeisel van ekonomiese groei ontwikkel het en nie deur die soort van morele verpligting wat tans blindelings regdeur die wêreld afgedwing word nie.  Die Europese gemeenskappe het eeue gelede 'n vlak van komplekse gesofistikeerdheid bereik waar die aristokrasie sekere magte aan die burgery begin delegeer het om hul eie lewens makliker te maak.  Dit het 'n gestruktureerde verdeling van die bevolking in mededingende belangegroepe veroorsaak wat vreedsaam moes naasbestaan sodat beide tirannie en anargie daardeur voorkom is.

5. Die feit dat ons op morele argumente -- en dikwels net morele agumente -- moet terugval om demokrasie vir baie lande ter wêreld te regverdig is bewys dat die historiese en sosiale argumente wat demokrasie moet ondersteun, ontbreek.

Wat ek deur die aanhalings probeer doen is om die logika van die een-mens-een-stem-demokrasie as die panasee vir die Nuwe-Suid-Afrika te bevraagteken en om 'n vergelyk tussen die vroeëre outoritêre klassestelsel van Europa en die Afrikanerbewind te tref, wat 'n redelike groot wit middelklas daargestel het en waarvoor demokrasie dus geskik was.  Of dit op morele gronde verdedigbaar is is te betwyfel; of dit vir Afrika prakties uitvoerbaar was is egter gewis. Kwessie is of die moraliteitsgronde vir Afrika swaarder moet weeg as die Nuwe Demokratiese Suid-Afrika waarna Kaplan hieronder verwys.

Robert Kaplan vergelyk dan Singapoer en Suid-Afrika se prestasies sedert 1994 en kom tot die volgende slotsom nadat hy Singapoer se voorspoed besing het:

"Democratic South Africa, meanwhile, has become one of the most violent places on earth that are not war zones, according to the security firm Kroll Associates. The murder rate is six times that in the United States, five times that in Russia. There are ten private-security guards for every policeman. The currency has substantially declined, educated people continue to flee, and international drug cartels have made the country a new transshipment center. Real unemployment is about 33 percent, and is probably much higher among youths. Jobs cannot be created without the cooperation of foreign investors, but assuaging their fear could require the kind of union-busting and police actions that democracy will not permit. The South African military was the power behind the regime in the last decade of apartheid. And it is the military that may yet help to rule South Africa in the future. Like Pakistan but more so, South Africa is destined for a hybrid regime if it is to succeed. The abundant coverage of South Africa's impressive attempts at coming to terms with the crimes of apartheid serves to obscure the country's growing problems. There is a sense of fear in such celebratory, backward-looking coverage, as if writing too much about difficulties in that racially symbolic country would expose the limits of the liberal humanist enterprise worldwide."

Kan moraliteit teen die werklikheid opweeg?

Johann Wingard

boontoe