wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

                                                               

Verander Johannesburg se naam!

Kom ons gryp vir 'n slag die Nuwe Suid-Afrika se progressiewe gees aan en ons maak soos die regering en verander plekname.

 In vandag se news24 staan daar 'n artikel dat meer mans as vroue deesdae verkrag word, en elders 'n artikel oor 'n kêrel wat sy vierjarige broer vermoor het en sy breinvog gedrink het vir muti.

Die regering het tot dusver baie Afrikaanse dorpe en stede se name verander, maar vreemd genoeg nog nie Johannesburg s'n nie. Dalk los hulle daardie een oop vir andersdenkendes soos ons.

Ek het 'n voorstel: Kom ons stel 'n petisie op vir die naamsverandering van Johannesburg. Ek het gedink Sodom sal 'n toepaslike naam wees. Kaapstad is ook nie al te veilig in die aand nie, so ons kan dalk hierdie een Gomorra doop.

Daar is wat Johannesburg aanbetref wel 'n historiese basis agter hierdie petisie: Paul Kruger het in toeka se tyd al gepraat van Johannesbrug as die hoer van Babylon, en die Hollandse vryburgers van die VOC het ook van barbaarse boorlinge gepraat as die kinders van Gam, vandaar Gomorra vir Kaapstad.

Stel jou voor, Robert McBride is metro polisiehoof van Sodom, Jeremy Mansfield kan heerlik galbraak oor die 'wit skorriemorrie' op Sodom Stereo en as jy wegvlug uit Hillbrow is dit ook 'n goeie idee om nie om te kyk nie, want as die inwoners sien jy's wit sal hulle jou in iets ergers as 'n soutpilaar verander. Om die inwoners van hierdie stad te bestempel as 'Sodomiete' is helaas 'n groter waarheid as onwaarheid.

Ek wonder hoe ernstig hierdie versoek gehanteer sal word by die Sodomse stadsraad.

Om Kaapstad te verander na Gomorra is ook 'n oorweging, veral as 'n mens kyk na die gemors (of liewer Gomorrs) wat bekend staan as Stellenbosch en UCT se linkse intelligentsia.

Joseph Secrève

Antwoord op dié brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org

boontoe