Hoort
Afrikaners in SA?
Antwoord op dié
brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org
of reageer op die geselsforum.
Ek gesęls nou die dag met 'n Engelse kollega, so al klaende oor die
wreedheid, haat en brutaliteit - eintlik barbaarsheid - van Afrika. Ek
probeer verduidelik hoe apartheid as't ware 'n skans was om klein Europa
hier in donker Afrika te kon laat leef. Hy raak toe 'n onbedoelde
waarheid aan toe hy noem dat ten spyte van die feit dat die meerderheid
swartes elders uit Afrika suid gemigreer het, Afrika inderdaad 'n swart
kontinent is, soos weerspieël deur die blankheid van Europa.
Nou wil ek die saak koud en klinies blootlê, sodat ek kan verstaan
waarom my mense doodgaan, in vrees lewe, mekaar verraai en bloot net
pateties water trap sonder 'n langtermyn plan. Is dit dalk omdat daar
nie 'n toekoms in Afrika vir die Afrikaner vanweë sy witheid en Westerse
profiel is nie? Dalk het die liberaliste die ding al lankal begryp nl.
dat Afrikaners eenvoudig moet verafrikaniseer totdat ons almal bruin en
swart is. Anders maak ons blankheid ons teikens omdat die mens nou maar
van nature nie van vreemdelinge hou nie. Kortom - ons sal vreemdelinge
in Afrika bly solank ons wit bly in kleur en in denke. Daarom die
populêre media-oproep dat ons dogters oor die kleurgrens moet kyk.
Daar word baie gewag gemaak oor die prys wat die Voortrekkers en Boere
vir hierdie land betaal het en dis inderdaad korrek, maar kom ons belig
dit van 'n ander kant i.p.v. die gewone sentimentele beskouing. Die prys
was so hoog juis omdat Klein Europa slegs met bloed en geweld hier in
Afrika opgerig en toe later met apartheid instand gehou kon word. Met 'n
kreperende Afrika waar mense omkom van die honger, vrede het met despote
en toordokters, waar daar massiewe plakkerstede onbegryplik bestaan as
simbool van die Afrika gees, moet ek teensinnig erken dat onse Westerse
orde en lewenstyl altyd maar altyd in konflik met die verval rondom ons sal wees. Om hier op Afrikabodem 'n vooruitstrewende eksklusiwiteit
te hê is immoreel, of word ten minste so gereken in hierdie vervalle
konteks. Dit sê ek nie, maar dis wat Afrika en die Weste tesaam wou
beweer deur ons vir Afrikane se agtergeblewenheid te blameer wat dan
kwansuis die skuld van apartheid sou wees. Let op, sou apartheid vir alle verskillende groepe geleentheid tot
sukses gebied het, sou daar plek vir ons almal gewees het in 'n kompeterende multikulturele opset van een of ander aard. Daar ontbreek
egter nou maar eenmaal 'n gelyke potensiaal en juis dit is ons kruis.
Deur prestasie word ons die slagoffer van ons eie sukses.
Die gevolgtrekking uit bg. gedagtegang is onsentimenteel somber en ek
vind myself vir die eerste keer aan die twyfel. Ek weet die Afrikaner
was eens op 'n tyd relevant, want ek was self daar in die tenks tussen
my makkers - almal prooi vir ons betroubare politici wat toe al die tyd
banger as ons in die veld was, want op die lang termyn kon die ding nie
werk nie.
Dus om op te som, as die Afikaner weer relevant wil wees, sal dit oor
die loop van iets moet wees, maar die indringender vraag is, kan dit
volgehou word met mense wat doodgaan van die honger by ons poorte?
Vaughn Stoman
Antwoord op dié
brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org
of reageer op die geselsforum.
boontoe