NSA lekker vir
toeriste, aaklig om in te bly
Vaughn, in antwoord op jou brief:
Die Suid-Afrikaanse ekonomie
floreer tans weens 'n historiese verlaging in rentekoerse, maar ook
omdat die ANC-staat te onbekwaam is om sy eie departementele
begrotings uit te gee. Blykbaar is daar (volgens 'n berig in gister
se Beeld)
R70 miljard in die staatskas wat onbestee is en het die staat 'n
verdere R40 miljard te veel ontvang waarvoor hy nie begroot het nie,
wat ons tans 'n belastingoorskot van R110 miljard gee.
Hoewel Suid-Afrika dus oor 'n
kwasi-linkse, kranksinnige bevrydingsbeweging van 'n regering
beskik, beoefen hy by verstek 'n hiper-konserwatiewe ekonomiese
beleid.
Dis egter nie te sê dat die
staatskas nie geplunder word weens korrupte amptenare nie of dat
Poemperniekel Mamba-Ghwano nie honderdduisende rande per dag
uitvlieg as sy interkontinentale stralers huur om van haar huis af
werk toe te pendel nie.
Die ekonomie gaan ook op die duur
'n muur tref as die infrastruktuur meegee vanweë hoër ekonomiese
groei. Die spoorweë wat Afrikaners opgebou het, is so te sê tot
niet en iets soos die helfte van alle spoorkapasiteit is uit diens
gestel. Padvervoer staan intussen in, maar die paaie gaan agteruit
en daar word nie nuwes beplan of gebou nie. Johannesburg en Pretoria
se verkeersopeenhopings is besig om met dié van Bangkok mee te ding
en ek weet van mense wat vieruur in die oggend opstaan om tussen
Johannesburg en Pretoria te kan pendel. In die Wes-Kaap was daar
onlangs kragonderbrekings omdat 'n bout iewers in die
Koeberg-reaktor ingeval het waar hy nie moes nie. Dit gaan iets soos
'n jaar neem om die reaktor te herstel.
Voeg daarby die SAUK wat versink
het in 'n vervelige propagandamedium, Afrikaans en Afrikaanse
instellings soos skole en universiteite wat afgetakel word en
Suid-Afrika is 'n lekker plek om toeris te wees (soos jy ons
verseker), maar 'n aaklige plek om te bly. Dis vervreemdend,
gewelddadig en korrup. Ek weet nie aldag wie ek meer moet vrees nie,
die polisie of die misdadigers, want hier is hordes swart polisie
langs die paaie wat mens alewig laat stilhou met hul hande gereed op
hul 9 mm-pistole, kennelik lus om hulle te gebruik.
Die Citizen het gister 'n
voorbladberig gehad oor rooftogte by casino's en ander plekke wat
blykbaar deur Zimbabwiese militêre eenhede gepleeg word. Die geld
word binne ure oor die Zim-grens geneem. Toe van die rowers per
ongeluk in hegtenis geneem is, het hulle binne ure lag-lag uit 'n
onbewaakte sel "ontsnap". Wat gaan presies in hierdie land
aan? Is die ANC en ZANU-PF kop in een mus om casino's en banke in SA
te beroof of wat?
Jy kan 'n klomp Chinese T-hemde by
Mr. Price vir 'n R100 koop en vir R400 in 'n lekker hotel oornag,
maar jy is jou lewe nie seker nie. Ek hoor aanmekaar stories van
Afrikaners wat beroof of aangehou word, en dan binne enkele maande
na Australië emigreer. Op die duur bloei ons volk dood te midde van
sogenaamde "ekonomiese voorspoed".
Moet ook nie onderskat hoeveel die
swartes die wittes haat nie, net soos elders in Afrika. Veral noord
van Pretoria tot aan die Limpopo is daar 'n aanvoelbare antagonisme
teenoor blankes. Die ANC is vas van plan om die boere van hul grond
te verdryf of van boere slawe te maak wat vir swart base tot in
lengte van dae hul nuwe eiendom sal "bestuur".
Die onwettige immigrasie oor ons
grense slaan alle internasionale rekords. Indien Brittanje in een
jaar soveel onwettige immigrante as wat ons in 'n maand verkry,
ontvang het, sou Tony Blair lankal 'n noodtoestand afgekondig het.
Ons aanvaar egter dat al 600 miljoen Afrikane suid van die Sahara
maar hier kan kom bly sonder enige uitwerking op ons hulpbronne en
infrastruktuur.
Ons leef op geleende tyd en hoe
gouer ons 'n eie staat verkry, hoe beter. Indien ek net as
verbruiker wou bestaan, kan ek dit net sowel in Australië gaan doen
waar my lewe en dié van my gesin nie bedreig sal word nie en daar
geen regstellende aksie is nie. Maar ek droom daarvan om vry te wees
in 'n ordentlike samelewing met Afrikaans as openbare taal en waar
daar kulturele, opvoedkundige en etiese standaarde sal geld. Die NSA
sal en kan dit nooit word nie, wat aan ons geen ander alternatief as
'n eie staat laat nie.
Dan Roodt
boontoe