wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

of plaas 'n mening op ons gespreksforum

                                                               

NSA 'n vriendelike ervaring

Ek deel graag hierdie ervaring met julle. Vir die eerste keer in my lewe noop omstandighede my om 'n toeris te wees in my eie Vaderland. Sonder om te veel uit te wy oor hoe dit gebeur het, behalwe om te sê Iberia lugdiens, as ambassadeur van Spanje, het my siening omtrent die Spanjaarde en hulle standaarde 'n geweldige knou toegedien en gesorg dat ek op verskeie lughawens insluitend JHB internasionaal gestrand gelaat is sonder verblyf en sonder konneksie vlugte.

Met al my familie in die Kaap met vakansie, moes ek slaapplek kry in JHB - goekoop slaapplek vra die swart inligtingsbeamplte agter die toonbank in Engels? Ja, hy ken net die regte ouens. Baie vriendelik en met 'n entoesiastiese behulpsaamheid van die bestuurder is ek weg met 'n klassieke Afrika-minibus met nagemaakte leeu sitplekoortreksels en al. Ek deel graag die taxi met 'n Griek van Bermuda af en 'n ander swart man wat om verskoning vra omdat hy eers gou iets by die winkel wou koop - wragtig beleefd dog ek. Die Griek loop oor van nostalgie - vreeslik bly om weer terug te wees in SA. Benoud dog ek ek slaap vanaand in Soweto vir 'n plakkers-ervaring, maar was hoogs beïndruk met 'n paar-miljoene-kompleks met sekuriteitsheinings en pragtig beligte swembad vol baljarende kleurlingetjies wat in Engels skreeu van die pret. Wit en swart hang saam om die kroeg nes op Sewende Laan en ek verstom my om te hoor dat Afrikaners regtig sulke plat lekker loslit Engels met Afrikaanse kragwoorde tussenin besig . Vir 'n skamele R450 kry ek 'n luukse kamer en TV. Vir nog R70 neem hulle my terug lughawe toe om 3h30 die volgende oggend vir 'n bystandsvlug. Ek reken alles om in ponde en voel alles is baie billik. In Engelandse terme kom ek nie te sleg daarvan af nie. 'n R20 se telefoonkaart waarop staan "Yeah... totally" help my om my mense in die Kaap te laat weet hoe ek vorder.

Ek kan Kulula lugdiens ten sterkste aanbeveel. Sonder om te betaal vir 'n nuwe vlugkaartjie en met vriendelike behulpsaamheid help die swart man en swart dame by die twee toepaslike toonbanke my met 'n vroëe vlug Kaap toe - net twee dae voor Kersfees en skaars plek vir 'n muis op hulle vlugte. Die kaptein herhaal selfs alle afkondigings in mooi Afrikaans wat ek regtig waardeer het.

By Kaapstadse Internasionale Lughawe haal ek 'n splinternuwe bussie wat 'n pendeldiens lewer in die Kaap. Ek onderhandel 'n billike R570 trippie Bettiesbaai toe. In Engeland sou dit ten minste dubbeld soveel wees. Die Kleurlingbestuurder gesels lekker Afrikaans en vertel my oor al die bendes in die Kaap en wys na al die plakkershutte in Khayelitsha soos ons daar verby ry. 'n Klomp Zimbabwe-ers, knor hy, wat hier kom moeilikheid maak. Ek sien die pad al langs die berghange tussen die Strand en Kogelbaai is mooi verbreed en die rykmanspaleise teen Gordonsbaai se berghange slaan my asem weg. Ja, dit gaan goed in die NSA. Dit bou en ontwikkel onverpoost. By Kogelbaai staan daar ten minste 4 nuwe Discoveries voor die valhek en my taxi bestuurder sê hier kan dit maar rof gaan as die mense begin mes steek agv te veel sterkwater. Ek sien baie Kleurlinge met blink rygoed wat uitklim om tussen die blankes op die strande te baljaar. Almal kom goed oor die weg.

Na die vakansie ry ek toe saam met die familie terug TVL toe en geniet die son deur die Karoo. By die Drie Susters padstal word ons op egte Boere manier ontvang en ons koop 'n potjie van al wat 'n snaakse konfyt is op hulle rakke.

Terug in Pta kyk ek verbysterd na die aantal nuwe veiligheids-komplekse waar mense blykbaar waansinnig meeding om absurde pryse vir leë erwe te betaal om dan teen miljoene rande huise op te sit, en ek dog die Kaap is luuks.

Net voor ek terug is Engeland toe, is 'n vrou buite Pta verkrag en vermoor deur twee swart mans wat in in 'n nabygeleë plakkerskamp aangekeer is.

My slotsom is dat die NSA baie fasette het. Daar is die slegte, maar daar is ook regtig baie welwillendheid onder swart en wit. Ek dink dis belangrik dat ons wat Afrikaner vryheid nastreef mooi moet dink of spannings politiek soos wat hier op PRAAG gesprekslys deur verskeie mense voorgestaan word die enigste metode is om te handel. Ek voel gekwalifiseerde samewerking het ook sy plek, om tog te illustreer ons is deel van die oplossing en hiermee skakel ek beslis nie aktivisme uit nie. Ons moet net gebalanseerd bly.

Vaughn Stoman

boontoe