ANC nie besorg
oor plaasmoorde
Oor die
plaasmoorde, net 'n paar opmerkings:
1) Die ANC is glad
nie oor plaasmoorde besorg nie. Sover hulle in landbou geïnteresseerd
is, gaan dit oor grondeienaarskap en hulle instinktiewe afkeer in
Boere. Hulle stel net in grondhervorming belang, en hoe onaangenamer
die situasie vir boere word, hoe beter vir die ANC, want dit sal
eerstens grondpryse afstoot, en tweedens meer boere van hulle plase
afdryf. In beide gevalle bereik die ANC hulle doelwitte - hulle kan
grond goedkoop bekom vir die besetting van Afrikaanse grond deur
Afrikane, en dan terselfdertyd ook nog van die gehate boere ontslae
raak.
Moet nooit die
sielkunde onderliggend aan besetting en naamsveranderings onderskat
nie. Om iets te beset en te benoem beteken dat dit jou besitting is.
Die simboliek wat kleef aan Afrikaner- en Boerename, monumente, en
dies meer, onhuts die ANC, en hulle sal alles doen om dit te
ondermyn. Paul Kruger se standbeeld sal nog in gedrang kom, en 'n
herinterpretasie van die Voortrekkermonument is net 'n kwessie van
tyd. Ander Afrikaanse historiese plekke en monumente sal nog
deurloop. En die vernietiging van Afrikaanse instellings gaan
onverpoos voort.
Wat merkwaardig is,
is die samewerking in die proses van soveel Afrikaners en instansies
soos Beeld en Rapport, en ander Afrikanerkultuurorganisasies. Nog
meer merkwaardig is dat Afrikaners steeds stem in verkiesings, en
dink dat 'n verskil gaan maak. Al wat bereik word deur te stem, is
om legitimiteit te gee aan die ANC-regering as 'n wettige regering
oor Afrikaners. (Met ander woorde, omdat Afrikaners stem, is die
verkose regering hulle morele legitieme regering, en MBeki het 'n
mandaat om as Afrikanerleier erken te word).
2) Die tweede
opmerking is dat baie Boere en ander kommentators nog steeds in
ontkenning oor die ware aard van plaasmoorde verkeer. Hulle weier om
die politieke motivering wat plaasmoorde onderlê, te verstaan. Maar
miskien is dit sielkundig nog nie moontlik om die implikasies van
die 1994 transformasie werklik te verstaan en aanvaar nie.
Dit is natuurlik
verkeerd om plaasmoorde as gewone roof en moord te bestempel. In die
res van die wereld is misdaad oor kleurgrense taamlik ongewoon.
Plaasmoorde is eksklusief moorde oor die kleurgrens en in dié opsig
in dieselfde kategorie as die Mau-Mau moorde in Kenya, en die moorde
op wit boere in die ou Rhodesie. Die motiewe onderliggend aan
plaasmoorde kan dan ook net verstaan word in die konteks van moorde
en aanvalle op wit boere op die res van die kontinent (Kenia,
Tanzanië, Zimbabwe, selfs onlangs in die Ivoorkus, ensovoorts).
3) Dit is verkeerd
om te dink dat boere sagte teikens is, en daarom aangeval word. Dit
is baie moeiliker om 'n boer aan te val (jy moet vervoer na en van
die toneel organiseer, daar is dikwels honde, die boer het dalk 'n
geweer en kan terugskiet), as om die selfoon wat jy steel eerder in
'n nedersetting te steel.
4) Onteiening van
grond (wat nog baie boere van hulle grond gaan verwyder), verdere
toenames in plaasmoorde, en onveilige toestande en die verswakking
van standaarde op die platteland, gaan nog baie vererger. Toe
toestande op die Oosgrens in die 1800s baie verswak het, het boere
getrek. Ons kan dalk weer dieselfde sien. Die enigste vraag is,
waarheen?
5) Om reg in eie
hande te neem, soos die boere dreig, is baie gevaarlik. Die ANC sal
met graagte boere in die tronk gooi in dié geval.
6) Die feit dat
soveel Afrikaners in die omstandighede steeds lede van die ANC is
(Dirk du Toit is nogal "deputy minister" van Landbou), of
dat soveel Afrikaners óf die organisasie steun, óf met hulle
meewerk om Afrikaans uit instellings te stroop, wys maar net dat
National Scouts steeds aktief is.
Buks van Rensburg
boontoe