Karin Roodt, 25/01/2002:  Pierre Bourdieu oorlede

Pierre Bourdieu is Woensdagaand ná 'n stryd teen kanker op die ouderdom van 71 oorlede.  Sy eerste boek, Les Heritiers (1964) saam met Jean-Claude Passerons is as handleiding vir die Mei 68-opstande teen hoër onderwys beskou.  Behalwe sy onlangse groot sukses, La Misère du Monde (1994), waarin hy sosiale onreg ondersoek, het hy sedertdien ook talle traktaatjies die lig laat sien.  Hy was 'n militante teenstander van "neo-liberalisme", en sterk gekant teen globalisering.  Volgens Gerard Dupuy van die linkse Franse koerant, Liberation, het hy homself egter toenemend buite die sisteem bevind met sy sektariese en oordrewe kritiek, veral teen die media.

Karin Roodt

boontoe