wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

                                                               

Bloeddebakel: GLA moes geïgnoreer gewees het

Die afgelope twee weke se drama oor die SANB se weiering om ‘gay-bloed’ te aanvaar was verseker te wagte. Die aard van die grondwet skep ruimte vir gelyke hantering van donasies, ongeag die aard daarvan. Die GLA (Gay and Lesbian Alliance) se respons is egter wat die emosies aan alle ‘kante’ van die spekrtum laat oorkook het.

Die ware ongeluk van die GLA se uitsprake is nie wat gese is nie, maar dat dit hoegenaamd enige publisiteit ontvang het. Geruime tyd blyk dit al dat alles nie pluis met hierdie ‘organisasie’ is nie. Die GLA se aansprake oor 300 gay mans wat bloed sou skenk, a.g.v. die ‘organisasie’ se oproep, is duidelik van waarheid gestroop. Daar is geen bewyse, nóg enige manier om so ‘n aanspraak te staaf nie. Die saak is veral ondeursigtig vanweë die ‘organisasie’ self. Die GLA is nog nooit deur enige ander gay-organisasie erken as ‘n legitieme organisasie nie. Nóg die media, nóg die gay-organisasies het ooit daarin geslaag om ‘n ontmoeting te kon verkry met die GLA. Niemand het nog ooit ‘n lid van die GLA ontmoet nie. Nog nooit het die GLA enige publieke vergaderings gereël nie. Die GLA het geen kantoor nie, geen webwerf nie, geen publikasies of brosjures of blote pamflette nie. Die GLA gebruik ‘n yahoo.co.uk e-pos adres, sowel as ‘n faksmasjien en dit blyk omtrent die totale GLA-infrastruktuur te wees.

 Buiten die woordvoerder, ene mnr. Baxter en die voorsitter, mnr. Juan-Duval Uys, is daar geen bewyse van enige ander lede van hierdie ‘organisasie’ nie. Die GLA het dus geensins die kapasiteit om ‘n paar honderd mense tot aksie te roep nie. Dit raak selfs meer pateties wanneer ander organisasies se bewerings, dat Baxter en Uys een en dieselfde persoon is, in ag geneem word. Mens wonder dan hoe dit moontlik is dat die koerante soveel publisiteit kon gee aan ‘n ‘organisasie’ wat duidelik geen kredietwaardigheid het nie. Dit kan alleen die resultaat van die swak kwaliteit en sensasionele aard van die dagblaaie in Suid Afrika wees.

Met die absurde stelling, deur die GLA, dat moontlik MIV-positiewe mans deel van hulle “veldtog” was, wonder mens presies hoe die GLA dink dit gay mense se saak bevorder. Die antwoord op hierdie vraag is eenvoudig. Die ‘GLA’ is die versinsel van ‘n persoon wie se geestestoestand al meer onder verdenking kom. Dit is nie die eerste keer dat ons hierdie verskynsel sien nie. Mens kan maar net terugdink aan Barend Strydom en sy ‘Wit Wolwe’. Hoewel nóg Strydom, nóg die Uys daarin geslaag het om enige populêre steun te kry, het mense met versteurde persoonlikhede in die geskiedenis al wel daarin geslaag. Mens kan maar net dink aan Hitler, Pol Pot, Amin et al. Hier te lande ken mens ‘Die Leier’ van die AWB wat homself gemodelleer het op ‘n karikatuur van Adolf Hitler en Paul Kruger. Gelukkig het daardie mal-eskapade van sommige Afrikaners grootliks tot ‘n einde gekom. Wat gelukkig sal verhinder dat Juan-Duval Uys ooit sulke steun onder die gay-publiek sou ontvang is sy klaarblyklike skuheid om direk met belanghebbende partye te ontmoet. Sy patologie is waarskynlik van so ‘n aard dat hy vrees hy ontmasker sal word deur enige direkte ontmoetings met werklike organisasies of die media. Daarom verkies hy e-posse en faksverklarings.

Uit hierdie hele episode is daar vir my drie punte wat ek werklik hoop die publiek sal leer: Eerstens, howel ek dit nie hier bespreek het nie, bestaan daar geen Suid-Afrikaanse statistiek wat dui op die presiese risiko van ‘gay-bloed’ nie. Daar bestaan wel bewyse dat MIV baie hoog is onder heteroseksuele vroue. Dat daar geen deeglike epidemiologiese navorsing in hierdie verband onder ‘n steekproef van die totale bevolking gedoen is nie, is opsigself ‘n mediese raaisel. Tweedens, sal ons hopelik nou begin besef dat die stand van beriggewing en joernalistiek in hierdie land, in ‘n kwaliteits- en geloofwaardigheidskrisis verkeer. Derdens, dat versteurde mense ‘n grootse opskudding kan veroorsaak as ons aan hulle ‘n platform daarvoor gee en dat ons gevolglik nie ons ore moet uitleen aan mense wat duidelik aan grootheidswaan ly nie. Vierdens moet die punt van bloedoortappings nie uit die oog verloor word nie, nl. dit gaan daaroor om mense se lewens te red. Die regte van die ontvanger behoort dus voorkeur te geniet.

Vlad du Plessis

boontoe