wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

of plaas 'n mening op ons gespreksforum

                                                               

Naspers is die Afrikaner se Matrix

In sy brief oor plaasmoorde wys Buks van Rensburg tereg oor Afrikaners: “….miskien is dit sielkundig nog nie moontlik om die implikasies van die 1994 transformasie werklik te verstaan en aanvaar nie.” Stellig stem ek saam dat die sielkunde hierby van groot belang is. Ek dink daar is verskeie redes daarvoor. Dit is natuurlik ten eerste baie ongemaklik om aan jouself en diegene om jou te erken dat die ‘wonderwerk’ van 1994 eintlik ‘n nasionale tragedie is waarin jou leiers en volk politieke selfmoord gepleeg het. 

Dit is selfs meer vreesaanjaend om te erken dat die verslegtende situasie net sal vererger. Om te erken dat jou lotsbestemming oorgelaat is aan mense met ‘n minderwaardige kulturele ontwikkelingspeil is doodgewoon skrikwekkend. Dat die Naspers/Broederbond-establishment die nuwe orde besing is geheel en al te verstane. Daardie stratum verteenwoordig Afrikaner-Grootkapitaal en trou aan die kapitalistiese tradisie sal hulle enige regime, ongeag hoe ongenaakbaar, die lof toeswaai. Die groot kapitalis is op met korttermynwinsbejag ingestel. Hulle hoogste morele waarde is wins. Die groot kapitalis bedink niks op langtermyn nie; amper soos die mees primitiewe kulture soek hy onmiddellike bevrediging. Hy sal dus enige bewind gelukkig hou om kontrakte, goedgunstigheid en diesmeer in te win. 

Mense soos Ton Vosloo van Naspers is ‘n klassieke voorbeeld van hierdie spesie. Die enorme gevaar wat hulle inhou is dat hulle deur hul beheer van die media dan ook die openbare Afrikanermening beďnvloed. Hulle bedwelm as't ware die mense om beswymend, selfs eufories, te glo dat alles reg is: Die springbokke speel internasionaal, ons neem deel aan verkiesings, ens. Mense glo graag hierdie valse waarheid want dit sit baie gemakliker op die gemoed as om jou te bekommer oor wat vir jou en jou kinders nou en in die toekoms lę en wag. 

Soos in die filmtrilogie The Matrix is dit die valse węreld wat oor ons oë getrek word waar ons dan slaafs uitgebuit word om ‘n reuse parasiet aan die lewe te hou. In ons geval voorsien ons daardie lewe deur ons belastings, plase en werksgeleenthede wat onteien word, ens. Hoewel ander strukture soos die SABC, tesame met ander koerante, ook help om hierdie valse węreldbeeld te skep kan mens amper sę dat Naspers die Afrikaner se Matrix is. Soos in die filmtrilogie, sal die massa nie op een slag bevry word nie. Eers het ‘n klein groepie vanuit hierdie beswyming ontwaak. So moet hulle dan ook ‘n amper verbete stryd voer om die massa se oë te laat oopgaan en terselfdertyd die Masjienwreld (die ANC), wat die parasiet agter die Matrix is, se aanslae te oorleef. 

In ons geval is die Ton Vosloos en Tim du Plessis die agente Smith van die Afrikaner se Matrix. Hulle bevorder die Masjienwęreld (die ANC) se doelwitte deur te dikteer wat polities korrek is, wie se menings tel en wie nie, wat ons moet glo, weet, ens. Tog, uiteindelik misbruik hulle die Masjienwęreld om hulle eie selfsugtige en destruktiewe doelwitte na te jaag. So kan mens maar aanneem dat Vosloo dit vir wins doen, terwyl du Plessis dit vir bevordering en erkenning doen. 

Om die mense uit hierdie verstandelike gevangenskap te bevry is ‘n moeilike taak. Tog is sodanige bevryding onafwendbaar, hetsy deur insig of tragedie. Soos wat die bevrydingsbeweging organisasie en momentum verkry, sal dit hulle oog begin vang. Dan sal hulle besef dat daar ook ‘n ander węreld is wat die werklikheid verteenwoordig. Hierdie is die aaklige en onsmaaklike węreld wat hulle eers moet aanskou voordat hulle ten volle bevry kan word van die Masjienwęreld (die parasiet). Alternatiewelik kan hulle wakker geskok woord wanneer iets afgrysliks teen hulle gepleeg word. Mens hoop egter van harte dat ons almal dit gespaar sal bly.

Vlad du Plessis

boontoe