wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

of plaas 'n mening op ons gespreksforum

                                                               

Vir François: Ek is jou Boeddha-spieël

François, soos wat jy nie kan onthou dat jy die leë wynboks voor die Bohemian op straat neergegooi het nie, kan ek nie onthou dat ek in `n parkeerterrein gepis het nie. So kom ons lewe maar elkeen met sy eie herinneringe.

Ek het in in vorige SêNet-brief geskryf dat ek en jy lekker in Johannesburg gekuier het, alhoewel ons soms oor dinge gestry het en sommige van die kuiersessies nogal uithouvermoë geverg het. Ek moes byvoorbeeld gereeld die volgende dag werk, maar het drie aande in 'n ry uitgegaan om jou as gas 'n breë gleuf van Johannesburg te wys.

Ek het daardie Vrydagaand toe ons in my ou Merc in Norwoord gesit en 'n bottel wodka-likeur uitgedrink het aan jou gesê ek dink jou skrywes op SêNet vryf mense verkeerd op omdat jy eenogig slegs swart en wit raaksien en beskryf, en geen skakerings van grys nie. As Brittanje se minister van buitelandse sake, Jack Straw, se stem oor die radio kom, sal jy byvoorbeeld sonder om eers mooi na hom te luister dadelik uitvaar teen hom en sy baas Tony Blair se uitbuiting van oud-kolonies. Ek sal weer sê ja, dalk praat hy strooi, maar Jack Straw sê wat hy sê so mooi; luister bietjie na sy diep stem en pragtige Engelse aksent.

Of jy sal op SêNet skryf jy't nog nooit 'n dom swartmens teëgekom nie. Huh? Ek het al dommes onder alle rassegroepe raakgeloop. By jou is daar 'n blindelingse verheerliking van wat swart is en 'n uit-die-heup-afskiet van alles wat wit is. Alle Afrikaners is koolkoppe, ensovoort. Jy't ook geskryf dat demokrasie deur die ANC-bevrydingsbeweging na Suid-Afrika gebring is. Toegegee, die blankes in Suid-Afrika het demokrasie van die swart meerderheid weerhou, maar die begrip demokrasie, die woord demokrasie, die konsep van stemreg en 'n staat kom alles van Europa.

Natuurlik het die Europeërs nie in isolasie hulle beskawing ontwikkel nie. Daar was beweging tussen gebiede, hetsy meegebring deur oorloë, handeldryf, migrasie. Drieduisend jaar gelede was die Midde-Ooste, Asië en Europa in flux. Idees en ontdekkings is nie weggesluit nie, maar het elders posgevat. Griekeland en die Romeinse Ryk het, ten spyte van hulle foute, ook wonderlike hoogtepunte bereik. Edgar Allan Poe: "The glory that was Greece, the grandeur that was Rome!"

In Johannesburg het ek jou obsessie met drank en vrouens gadegeslaan. Toe ek byvoorbeeld voorstel dat ons by die Ant Café in Sewende Straat, Melville, moes inloer, het jy die plek een kyk gegee en gesê nee, 'n plek wat nie mooi kelnerinne of vroulike klante het nie staan jou nie aan nie. Toe gaan suip ons maar in die Bohemian. Jy was die hele tyd op die uitkyk vir vrouens. Dis seker jou goeie reg, maar ek het gekriewel as jy telkens 'n vreemdeling nader om haar telefoonnommer te kry en jou visite-kaartjie uit te deel. Soms was jy suksesvol, maar meestal nie. Jy het 'n obsessie om kelnerinne op te chat. Dit het my laat cringe, ek het anderpad gekyk. Ek het ook die indruk gekry jy wou heeltyd van my weet, "waar`s die djol? waar`s die djol?", en dat ek en Johannesburg tekort geskiet het, dat daar nie genoeg aksie op 'n skinkbord vir jou was nie.

François, jou gepraat bestaan basies uit drie elemente: hoe jy vrouens regsien (naai), mans regsien (bliksem), kroeë regsien (leeg drink). Voeg daarby jou ophemeling van swartes en Boeddhiste, en jou afkraak (met stywe mondjie) van witmense en Christene.

Jy is 'n sterk individu met 'n unieke voorkoms. Dis goed so, ek waardeer dit dat jy nie so vaal soos Arnold Geerdts of Naas Botha lyk nie. Jou blaf is baie erger as jou byt; as mens jou eers ken kan jy lekker gesels en is jy minder foutvinderig. Jy is ook vrygewig, jy't my petrol help betaal en geskenkies aan Lungi, Jomo en myself gegee voor jy terug is China toe.

François, ek sê dit met deernis: Met die eerste oogopslag lyk jy na 'n frats. Nee, moenie skrik nie, laat ek verduidelik. Ek is jou Boeddha-spieël. Jy dra veelkleurige blokkiesleer-skerppuntstewels. Jou ronde kop is kaalgeskeer, behalwe vir 'n klossie poniestert-hare. Jy dra 'n frokkie sonder moue. Jou dikkerige arms steek kaal uit, wat jou soos 'n Orosmannetjie op steroïede laat lyk. Of soos 'n Mongool. Ek bedoel dit as 'n kompliment: Jou lang verblyf in die Ooste het jou waarlik getransformeer om soos 'n inwoner van Mongolië te lyk. Dis hoekom, soos jy sê, jy moeiteloos vrouens in die Ooste op straat kan opchat, hulle foonnommers kan kry, later met hulle kontak kan maak en hulle moontlik bykom. Maar hier in Suid-Afrika skrik vrouens vir jou, hulle is nie gewoond aan Mongole nie!

 

Jy dra ook 'n langbroek wat laag om jou heupe hang, veral agter. Wanneer jy vooroor sit, steek die bokant van jou bleek boude uit. En dan sien mens die G-string wat jy dra. François, dis grillerig! Hoekom dra jy nie 'n stewige Jockey-onderbroek nie?

 

En dan is daar 'n gewoonte, moontlik Chinees, wat op jou afgevryf het. Telkens wanneer ons in my ou Merc aan die beweeg was, het ek uit die hoek van my linkeroog gesien hoe jou linker-wysvinger jou neusgate skoonmaak. Jy't seker gedink ek sien dit nie. Daarna het jy sulke vinnige frommelende bewegings met jou vingers gemaak asof jy klam bruin bolletjies afskud. Ag, maar dis nou lankal reeds onskadelike droë stof in die tapyt, moenie daaroor worry nie.

 

Terloops, ek hoop saam met jou die Cheetahs doen aanstaande jaar beter in die Super-14-kompetisie. Naas die Bulle is hulle my gunstelingspan.

 

En François, jy't hierdie vraag aan Johan X gestel: Waarheen gaan 'jy'? Die Afrikaanse digter Bartho Smit het dertig jaar of meer gelede reeds die antwoord gegee: Ek kom van my moer en ek gaan na my moer.


Kleinboer

 

boontoe